Lieflike weer vandag, nie waar nie?

Augustus 25, 2009 at 5 : 27 51 Kommentaar

Daar was ‘n tyd dat dit onvergeeflik sou wees om ander mense se privaatsake te gesels.  Dit was onbeskof en vulgêr om na iemand se persoonlike lewe uit te vra.  Selfs al was julle familie of selfs goeie vriende.  Kuns en die weer was veilige onderwerpe en verder kon daar geskinder word.  Waar is die dae?  Ek sweer ek verlang terug al was dit lank voor my tyd.

Dit is geen geheim dat ek van filosofiese gesprekke hou nie.  Ek skram ook nie juis weg van politiek, geloof, wetenskap of sport nie.  Ek hou van musiek en sal die heeldag daaroor praat.  Ek dink ek myself met ‘n wye reeks onderwerpe handaf.  As jy regtig oor niks anders kan praat nie, die weer is nog steeds ‘n veilige onderwerp.  Al is dit vervelig. 

As daar nou een ding is wat my teen die mure kan uitdryf, is dit:  “Wanneer trou jy nou?”.  Dit word soms afgewissel met:  “Wanneer ontmoet jy nou ‘n oulike outjie.” Of selfs:  “Hoe gaan dit met jou liefdeslewe?”  Wat kan ‘n mens nou anders doen as niksseggend antwoord?  Die volgende vraag is dan omtrent altyd:  “Wil jy dan nie trou nie?”  Dit is om van te kots.  Boonop ag die mense dit hulle plig om dit vir jou te vra elke keer as hulle jou raak loop.

Wat verwag hulle nou eintlik van jou?  Punt is – liefde in my lewe het nog nie gebeur nie.  Geen groot raaisel nie.  Ek het nog nie ‘n oulike outjie raak geloop nie en voordat dit gebeur kan ek nie juis aan my troue beplan nie.  Hoe blerrie moeilik kan dit wees om dit vir jouself uit te werk.  Ek het niks teen ‘n verhouding nie, maar ek gaan my nie in een laat boelie net omdat jy dink ek moet getroud kom nie.  Dit het slot van sake net mooi niks met jou te doen nie.

Hierdie verbrande siele dink soms dat dit hulle plig is om al die afvlekvoëltjies vir jou aan te sleep.  Liewe ouers!  Hulle vergeet duidelik dat ek net dom lyk, maar ek is eintlik ver van dom af.  As hulle eers met die snot-en-trane storie kom van die geskeide man, die gestremde man of die hulpelose man, kan ek wragtig tot geweld gedryf word.  Die bedoeling is so duidelik.  Hierdie mans sal nie ‘n “gewone” meisie kan kry nie.  Hulle moet vir die freaks soos jy gaan anders gaan hulle alleen oud word. 

Die beste van alles is dat hulle dan gewoonlik verskriklik verontwaardig voel as jy deur hulle plan sien en dit vroeg-vroeg nekomdraai.  So al asof jy hulle te na gekom het.   

Dit pla my nie dat ek enkellopend is nie.  As dit jou pla, moet dit nie my probeem maak nie. 

Skuus!  Waaroor het ons gepraat?  Dit is regte dieretuinweer.  Die lig is reg vir foto’s, maar dit is koel genoeg vir die diere om ‘n bietjie aktief te wees.  Ek wil dieretuin toe gaan!

Blogvraag:  Op watter Jane Austen verhaal is Bridget Jones:  Edge of Reason gegrond?

Blogantwoord:  Max was reg met Ed Kowalczyk.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Suikerklontjies Deaf awareness week (31 Aug – 5 Sept)

51 Kommentaar Add your own

  • 1. Sonkind  |  Augustus 25, 2009 om 7 : 34

    Ek sal maar nie weer iets se van my seun nie😆 😆

  • 2. Sonkind  |  Augustus 25, 2009 om 7 : 34

    WoW! Ek is sowaar eerste!

  • 3. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 7 : 49

    Son

    Wil jy vir arme Sonseun n veelwyfer maak? Jy wil elke girl op die blogs vir hom werf!😆

    Hier is nog n paar kandidate. Willes, Nats, Girlvandiesuburbs . . . .

  • 4. coyote  |  Augustus 25, 2009 om 7 : 59

    Loda ek ken daai gevoel almal vra dieselfde hier of ken iemand wat hulle ken wat alleen is dink hulle mens is so pateties en kan nie jou eie dates reel nie

  • 5. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 04

    Son

    Ek het van Coyote vergeet! Nog een vir Sonseun se harem.

  • 6. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 07

    Hey Coyote!

    Party mense beter die stront baie laat staan. Of ek spel vir hulle goed uit wat hulle eerder wil vergeet.

  • 7. maxie  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 19

    Naandse

    Persuasion

  • 8. coyote  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 20

    A3 party hou hulle goed doof my ma try even om vir my dates te reel en raak dan de duiwel in as ek se nee dankie wanneer gat sy leer dat di 2 mannetjies in my lewe genoeg is

  • 9. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 33

    Coyote

    Dalk moet ons begin om in hulle lewens in te meng.

    Naand Max!

    Ek neem aan die Engelse kind is te jonk vir n harem – al skeer hy.😉

  • 10. Sonkind  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 35

    Ag man, ek sal tog so ‘n goeie skoonma wees. Ek sal nooit inmeng nie en ek sal altyd my skoondogter se kant vat. ALTYD! Ek belowe.😆 En hy is darem ook nou nie onaansienlik nie, hoor. EN hy is intelligent!

  • 11. maxie  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 41

    Adrie
    Hande af! Hy’s lank en aantreklik maar slegs 15!!😉
    Hmmm… jy’s 12..

    Maar ernstig: jy’s nou onnodig moeilik…
    Ek ken juis iemand aan wie ek jou wil voorstel.
    JA hy’s 35 en JA hy en sy 4 kinders bly nog by sy ma en JA hy val maar so bietjie rond tussen werke maar nogtans…
    Julle sal mooi kinders maak, hy se hy wil nog minstens 5 he.
    *KOES*

  • 12. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 41

    Son

    Die probleem is net: Watter skoondogter se kant gaan jy vat?:mrgreen:

  • 13. coyote  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 44

    A3 hulle het seker boggerol anders om te doen weet jy dit kan dalk werk🙂

  • 14. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 45

    Fiela! Maxine! Bessie! 👿 Ek dog ek gese julle moet die kat van die blog afhou! Sa!!! Daarsy, die swart kat.

  • 15. coyote  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 46

    So van die os op die jas wats die planne vir SWB die jaar?

  • 16. coyote  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 48

    Son onthou A3 hou net van babetjies sy sal sy 4 kinders se nekke stomp by hulle sterre af draai🙂

  • 17. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 50

    Die enigste plan sover, is dat ek dit nie reel nie. Ek is daar as iemand anders gatte gaan lek.

  • 18. coyote  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 53

    Maar beplanning is wat jy die beste doen wat hoor jy van Tilla

  • 19. maxie  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 53

    Maxine, nogal !
    Roep maar, ek krap hul oe uit voor hulle my kan gryp👿

  • 20. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 56

    Coyote

    TL is nog steeds in die hospitaal, maar dit gaan beter. Hulle wag vir uitslae.

  • 21. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 00

    Max! 😡 you are a dead cat walking! Wag net tot my tweeling hoor wat jy met haar Great Dane wil doen. Jy behoort ge-eerd te voel. Miaau jou laaste serenade. Van jou gaan net n bloedkol bly, teen die blog se mure.

  • 22. coyote  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 04

    Doen dit eerder buite ons wil nie die mure vuil he nie eks seker jou 2ling se great dane kan klaar speel met die kat buite

  • 23. maxie  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 05

    Gmf.
    Julle het duidelik nog nie my naels gesien nie.

  • 24. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 08

    Coyote

    n Spatseltjie rooi sal wondere aan die vertrek doen. Dit sal ook sommer as n waarskuwing dien dat mense hulle neuse nie moet indruk waar dit nie hoort nie.

  • 25. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 10

    Snork! Ek het vergeet dat die brakke kleurblind is! Hulle dink seker die kat is Matewis. Grrr!

  • 26. maxie  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 13

    H I S S ….
    K R A P …
    M I A A U ….
    Spatseltjie rooi, nogal….
    Sies!
    Wip ek nou my stert in ‘n krul.
    Ek is hoogs verhewe bo hierdie banale kruheid…..

  • 27. coyote  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 14

    Maar hulle ken mos al Matewis se reuk

  • 28. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 16

    Dankie tog! Die boodskap is deur! En hier dog ek nogal katte is dom.😈

  • 29. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 18

    Waar was ons? Ek sien daar is n koue front weer oppad.😆

  • 30. coyote  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 21

    Ag nee man ek is rerig gatvol vir die koue weer😦

  • 31. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 21

    Coyote

    Fiela en Maxine is nog babas. Weet nog nie van luister nie. Bessie is n uitstekende waghond. Wag heeldag vir kos. SUG!

  • 32. maxie  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 23

    Grrrr….

    Katte, dom???😉

    Nou groet ek. M hou my besig per sms en Engelse kind se broodjies wag.
    Hou ons op hoogte van TL se vordering, asb.

  • 33. maxie  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 24

    Nag, julle.
    Lekker slaap.

  • 34. coyote  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 27

    Okay nou is ek sommer nie meer lus nie ek gaan nou slaap

  • 35. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 28

    Nag Faders!

  • 36. coyote  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 29

    Nag Maxi lekke doeks

  • 37. coyote  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 32

    A3 as ek nie nou afsit nie gaan S nie slaap nie di wetter is nog steeds wakker hy se hello

  • 38. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 41

    Hi, S! Night, S!

  • 39. coyote  |  Augustus 26, 2009 om 7 : 42

    More almal lieflike dag is dit nie

  • 40. Wheelbarrow Jack  |  Augustus 26, 2009 om 7 : 45

    Dagse. Wie wou vir jou man gee? Wha ha ha ha. Jy moes boe in sy gesig geskree het.

  • 41. Beeld  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 35

    Magdel Fourie en Retha Grobbelaar

    Johannesburg – Wat ’n oorwinningsviering vir die Suid-Afrikaanse atletiekspan moes wees, het gister in ’n rasse-herrie ontaard.

    Die span het gisteroggend van die Wêreldbyeenkoms in Berlyn by die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park aangekom.

    “Waar is die wit Suid-Afrikaners om haar te verwelkom?” het mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, met verwysing na Caster Semenya, 800 m-wêreldkampioen, gesê.

    “As dit rugby is, is hulle hier. Al wittes wat hier is, is joernaliste. Hoekom is ons nog verdeeld? Ons moet almal feesvier.”

    Die omstredenheid rondom Semenya se geslag het die atlete se prestasies oorskadu. Mbulaeni Mulaudzi se 800 m-sege en Khotso Mokoena se silwermedalje in verspring het min erkenning gekry.

    Politici en sportlui het die storm om Semenya se kop aan onder meer rassisme toegeskryf.

    Leonard Chuene, president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), het opnuut gesê die bespiegelinge oor Semenya se geslag het in Suid-Afrika begin.

    “Ek het bewyse daarvan. Ons moenie dat ander mense die agenda opstel nie. Ons sal nie toelaat dat Europeërs ons kinders beskryf nie. Dis ons kinders.”

    Hy sal eerder haar ouers oor haar geslag glo as “wetenskaplikes van dom universiteite”.

    Malema het gesê swart én wit mense moet trots op haar wees. “Hoekom vier ons nie fees oor een van ons eie nie? Is dit omdat sy ’n Afrikaan is? Ons sal nooit toestem tot enige neiging om vroue te ondermyn of tot rassisme nie.”

    Winnie Madikizela-Mandela, ANC-parlementslid, het haar by Malema geskaar en gesê hy het die “tragedie van Suid-Afrika” opgesom. Sy het ook teen die plaaslike media uitgevaar.

    “Ons wens ons het meer ondersteuning van ons eie gehad. Ons weet julle (die media se) verantwoordelikheid is om in te lig, maar julle kan dit patrioties doen sonder om een ons eie af te kraak.

    “Ons het julle vryheid van die pers gegee. Julle moet dit verantwoordelik gebruik.”

    Sy het geslagstoetse op Semenya verwerp. “Moenie aan ons raak nie. Moet dit nie waag nie.”

    Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) het ook deurgeloop.

    Noluthando Mayende-Sibiya, minister van vroue, kinders en gestremdes, het op die verhoog geskree: “Weg met die IAAF!”

    Die burgerregte-inisiatief AfriForum het Malema in ’n verklaring daarvan beskuldig dat hy ’n “rasse-ideoloog is wat selfs bereid is om puik prestasies deur Suid-Afrikaanse atlete te misbruik om verdeeldheid in die land te saai”.)

  • 42. Beeld  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 36

    Cobus Claassen

    ’n Pretoriase vrou was op moedverloor se vlakte oor ’n “huwelik” met ’n man wat sy nooit ontmoet het nie.

    Sy kon ook nie sommer net dié vals “huwelik” beëindig nie.

    Me. Elize Wagener (28) het in Maart verlede jaar, toe ’n vriendin inligting op die departement van binnelandse sake se webblad nagegaan het, tot haar groot skok uitgevind sy is volgens die staat al in 2004 in Johannesburg getroud.

    Volgens die departement is
    Wagener op 22 Maart 2004 met ene mnr. Afzal Hussian in die eg verbind.

    Sy het ’n bedrogsaak by die polisie aanhangig gemaak en die “fout” by binnelandse sake aangemeld.

    “Die polisie het my in ’n stadium gebel om te sê hulle kry nie samewerking by binnelandse sake nie, asof ek iets daaraan moes doen.

    “Ek het eers gedink dit is nie so erg nie en dit is iets wat ek maklik sou oplos.

    “Jy besef nie watter impak dit op jou lewe het nie.

    “Ek kan nie eens belastinggeld terugeis nie.”

    Wagener sê sy het onder meer probleme gehad om ’n nuwe paspoort te kry nadat binnelandse sake haar meegedeel het sy het vals inligting oor haar huwelikstatus verskaf.

    “Ek kan geen vorm invul of vir niks aansoek doen nie, want dan verskaf ek vals inligting as ek aandui ek is ongetroud.”

    Sy het sonder sukses probeer om haar onbekende “huweliksmaat” afgeskud te kry.

    Binnelandse sake het haar verlede week aangeraai om van Hussian te skei.

    “Volgens my prokureur gaan dit moeilik wees om ’n onwettige huwelik te laat ontbind.

    “Ek het onder meer sy (Hussian se) handtekening daarvoor nodig.”

    Wagener vermoed sy is die slagoffer van ongerymdhede in binnelandse sake.

    Dié departement het gister gesê hy het die saak ondersoek nadat Beeld navraag gedoen het en “besluit om die huwelik van die bevolkingsregister te skrap”.

    Me. Cleo Mosana, woordvoerder, het gesê dit beteken Wagener is nou weer ’n ongetroude vrou.

    – Beeld

  • 43. Beeld  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 38

    Jean Marié Versluis

    Nadat mnr. Larry Burt Phillips (51) na bewering sy vrou met ’n mes doodgesteek het, het hy glo “half windgat” aan sy dogter gesê: “Ek het jou ma gewaarsku.”

    Dít blyk uit getuienis wat gister deur Phillips se dogter, Leigh, in die hooggeregshof in Pretoria gelewer is.

    Me. Phillips het getuig in haar pa se verhoor op ses aanklagte, waaronder een van moord. Sy was 23 toe haar pa glo haar ma, Henriëtte, die aand van 24 November 2008 doodgesteek het.

    Me. Phillips het hardop gehuil en haar skouers het geruk toe sy gister ingeroep is om te getuig.

    Mnr. Phillips is in aanhouding.

    Luidens getuienis het hy sowat twee weke voor mev. Phillips se dood nie meer by sy gesin in hul woonstel in Alpineweg in Lynnwood, Pretoria, gewoon nie.

    Me. Phillips het getuig haar ouers was vervreem van mekaar. Daar is ’n paar dae voor die voorval by hul woonstel ingebreek.

    “Ons het vermoed dis my pa.”

    Haar ma en broer, Howard, sou die aand van 24 November by hul bure, mnr. Pieter en me. Petro Korb, in die woonstel langsaan gaan slaap het. Sy (me. Phillips) sou by haar vriend oornag.

    Sy het saam met haar ma en mnr. Korb na hul eie woonstel gestap sodat haar ma nagklere kon kry. “Ek en Pieter het by die gang gewag vir haar dat sy pajamas kon kry.”

    Haar ma het toe “f*k” geskree en in die gang afgehardloop.

    “Ek het nie geweet hoekom nie.”

    Volgens me. Phillips het sy weens haar ma se optrede geskrik en uit die woonstel gehardloop na die motorhuise wat hoër as die woonstelle geleë is.

    Sy het van daar gesien hoe haar pa haar ma met ’n mes in die rug steek.

    “My boetie en Pieter het hom (haar pa) op die grond neergedruk.”

    Haar ma het in die portaal van die Korbs se woonstel gelê.

    Nadat mnr. Korb haar pa “laat gaan het”, het haar pa “net daar rondgeloop” en ’n sigaret opgesteek.

    “Ek het hom gevra: ‘Wat het jy gedoen?’,” het sy getuig.

    Haar pa het “toe so half windgat” gesê: “Ek het jou ma gewaarsku.”

    Me. Phillips het getuig sy was “kwaad, hartseer en geskok”.

    Sy het in kruisondervraging getuig die laaste paar jaar voor die voorval “was nie aangenaam nie”.

    “Daar was altyd ’n gevoel in die huis.”

    Sy het getuig mnr. Phillips was ’n goeie pa. Nadat hy uit die huis getrek het, het sy steeds kontak met hom gehad. Hul verhouding was goed, maar nie so goed soos sy dit wou hê nie.

    Haar pa was lief vir sy vrou en kinders.

    Prof. Gert Saayman, Pretoriase forensiese patoloog, het getuig die steekwond waaraan mev. Phillips dood is, moes met aansienlike geweld toegedien gewees het.

    Die verhoor duur voort.

    – Beeld

  • 44. Nats  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 55

    Hello hello!!

    Jip, en sodra jy getroud is kom die vrae – wanneer kom die kinders!?!?!?

    Ek word nou nog vertel van oulike mans… al weet almal eks in ‘n verhouding – my een tannie wil my net op dates stuur!!

  • 45. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 28

    Tweeling

    Ek hoop nie jy gee om nie, maar ek het jou vir Sonseun se harem aanbeveel.

    Sy ma wil so graag skoonma wees, sy gee nie om hoeveel skoondogters sy het nie.

  • 46. Plaasjuppie  |  Augustus 26, 2009 om 10 : 09

    Simpatie ou girl. Ons het tot die familie se groot verligting uiteindelik tot trou gekom, maar nou word daar natuurlik uitgevra oor wanneer die baba(s) dan nou kom. Ons standaard antwoord is deesdae “sou hoe is julle sekslewe?” Dit vat die wind gewoonlik heeltemal uit hulle seile uit.

  • 47. coyote  |  Augustus 26, 2009 om 10 : 15

    Nats gelukkig vra hulle dit ni meer vir my nie, of as die eerste een daar is wanneer kom nommer 2

  • 48. Sebastiaan  |  Augustus 26, 2009 om 12 : 53

    Lyk of jaco nou agv varkgriep pleks van voelgriep di aftog geblaas het. Di matriekseuns loop seke nou met hande vol hare rond.

  • 49. Seekat  |  Augustus 26, 2009 om 1 : 41

    Adrie

    Will jy weer trou of is dit trou weer of mooi weer?

  • 50. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 4 : 47

    Skuus, Domkrag

    Ek moes vinnig waai, voordat ek jou kon antwoord. Ek is iets wat ek baie gereeld gevra word. Die een mens hou net nie op daarmee nie. Ek moet my tong byt – ek wil haar net vertel dat ek op 18 matriek gedoen het, nie pajamadril nie.

    Juppie

    Party mense moet ‘n bietjie in die bek geruk word.

    Seekat

    No comment.

  • 51. Die Week in ‘n Neutedop « Demoerin se Wêreld  |  Augustus 28, 2009 om 7 : 03

    […] dit net laat gaan nie. (Miskien sal dit veiliger wees om hom te verbied om enigiets anders as die WEER te bespreek) Ons is deel van die IAAF, wil hulle hê Suid-Afrika moet weer uitgeskop word? Ons is […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: