Suikerklontjies

Augustus 24, 2009 at 6 : 14 37 Kommentaar

Het dit hele al ooit opgeval hoe min mense is werklik lief vir die lewe?  Daar is die wat vir 2 dae uit 7 dae leef.  Die 5 dae wat hulle moet werk word omgewens of sommer vervloek.  71% van hulle lewe word dus gesien as ‘n straf, nie as tyd waarvan jy die beste moet maak nie.  Tyd wat vermors is kan nooit weer herwin word nie. 

Dit is ook so maklik om deur die negatiewe in die werklikheid verswelg te word.  Ek praat van die ons daaglikse koerant.  Goeie nuus verkoop nie.  Slegte nuus word van die hoogste dakke af geskree.  Dit is moord, ongelukke, pandemies, verkragtings, ekonomie, korrupsie, politiek – niks wat juis ‘n huppel in jou stap sit nie.  Loop ook maar enige plek ‘n draai.  Kanse is dat jy op iemand gaan afkom wat honger of desperaat is.

Dit is seker ‘n wonderwerk dat nie meer mense hulle polse wil afkou nie.  Dit is so maklik om in depressie (lw ek praat nou nie van kliniese depressie nie) of selfbejammering te verval.  Geen wonder daar word gefluister dat mense nie meer lag nie.  Geen wonder die meeste mense lieg as hulle sê dit gaan goed nie.

Daar is nie juis veel om oor opgewonde te raak oor ‘n suikerpot nie.  Die half deursigtige kristalle wat in massas wit vertoon kan ‘n mens net so lank vermaak.  Tog is daar soms daardie onverwagse klontjie suiker.  ‘n Mens gebruik nie ‘n klontjie nie, jy eet dit.  Dit is soos ‘n lekkertjie wat net daar vir jou gewag het.  Grap is, as jy die dag ‘n suikerklontjie soek, gaan jy dit kry.  Sonder ‘n groot gesukkel, dit is altyd maar iewers in die pot. 

Is dit dalk nie die geheim van die lewe nie?  Om elke dag jou daaglikse klontjie te kry nie?  Daardie iets spesiaal wat jou laat opspring elke oggend met ‘n lied in jou hart.  Wat jou saans met ‘n glimlag van genoeg doening gaan laat slaap.  Wat elke dag die moeite werd maak om te leef?

Vandag wil ek weet wat is vir jou suikerklontjies?

P1040420

Ek is mal oor suikerklontjies, letterlik en figuurlik.  Ek kan vreugde uit die kleinste, onbelangrike goed put.  Ek weet nie eers waar om met my voorbeelde te begin nie.  Daardie onverwagte ou gunsteling lied op die radio.  Die woordkuns van iemand wat ‘n gedagte beter as ‘n prentjie saamvat.  Die raakloop van ‘n vriend wat ‘n mens lanklaas gesien het.  Die sms wat jou hardop laat lag.  Die sonsak wat die aarde in goud tooi.  Die lag van kinders wat uitbundig speel.  ‘n Kodak oomblik terwyl jou kamera naby genoeg is om dit vas te vang.  Die vermoë om iemand te kan help.  Al is dit net om hulle te laat lag.  Die oplos van ‘n raaisel of ‘n probleem.

Genoeg van my klontjies, ek wil graag van julle klontjie hoor.

Blogvraag:  Wie is die hoofsanger van Live?

Blogantwoord:  Olga was reg met ‘n klooster in China.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Daardie kite gaan nie vlieg nie Lieflike weer vandag, nie waar nie?

37 Kommentaar Add your own

  • 1. maxie  |  Augustus 24, 2009 om 8 : 05

    Ed Kowalczyk

  • 2. maxie  |  Augustus 24, 2009 om 8 : 15

    ‘n Onverwagse drukkie van ‘n moeilike tiener.
    Kwevoëls.
    Katte se kaperjolle.
    Die reuk van lente.
    ‘n Goeie boek.
    ‘n Persoonlike “ek mis jou so” sms van ‘n vriendin wat ver is.

  • 3. Adrie  |  Augustus 24, 2009 om 8 : 32

    Hallo Max

    n Goeie boek bly n treffer.

  • 4. Adrie  |  Augustus 24, 2009 om 8 : 44

    Tillie-Lief is in die hospitaal opgeneem. Hulle doen nog toetse om vas te stel wat fout is. Sy is siek en koorsig, maar kan enige iets wees. Met Plig wat positief getoets het is varkgriep nie uitgesluit nie.

  • 5. maxie  |  Augustus 24, 2009 om 8 : 50

    Ag nee.
    Sterkte Tilla en gesin.
    En Adrie.

  • 6. Adrie  |  Augustus 24, 2009 om 8 : 57

    😉 Max

    Jy moet ons nog vertel jou van jou verveldag, jou geskenke en natuurlik wanneer ons koek kan verwag.

  • 7. maxie  |  Augustus 24, 2009 om 9 : 07

    Was heerlik dankie, heelnaweek vervel, het dit Saterdag gevier saam met die skoonfamilie in Centurion en gister met my mense by ons huis.
    Gawe geskenke gekry…
    Jong, ek doen nie koek nie, maar vir julle sal ek ‘n uitsondering maak: hoe klink wortelkoek?
    Of ‘n sjokolade-karamel ringkoek?

  • 8. Adrie  |  Augustus 24, 2009 om 9 : 14

    Hand op vir wortelkoek. Maak net gou – ek hou nie van deel nie. Hmmm! Damn – daar mis ek my kans om n papparazzo te speel.

  • 9. maxie  |  Augustus 24, 2009 om 9 : 21

    😆😆 So naby en tog so ver…. of dalk nie? Wie weet?

    Toemaar, dis ‘n groot koek, kry vir jou.

  • 10. Adrie  |  Augustus 24, 2009 om 9 : 44

    *Adrie vat brom die koek en gaan sit in die sterretjieskombuis waar sy en die dom heks die koek alleen opvreet.

  • 11. *Mathilda*  |  Augustus 24, 2009 om 11 : 09

    Dankie julle. Tillie Lief sal okay wees, behalwe van die geskree om die drup in te kry en bloed te trek is sy heel trots op haar drup-armpie !

  • 12. *Mathilda*  |  Augustus 24, 2009 om 11 : 14

    # n mail van my vriendin in Australië die dag wat ek dit die nodigste het
    # die gelag van n kind
    # die eerste ding wat tl in die oggend sê as sy wakker word – myne mammetjie
    # n feel good song
    # n nice boek
    # die eerste bloeisels na die winter

  • 13. *Mathilda*  |  Augustus 25, 2009 om 2 : 34

    Om te kan slaap kan ook n suikerklontjie wees

  • 14. *Mathilda*  |  Augustus 25, 2009 om 6 : 52

    More

  • 15. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 06

    More More

  • 16. Beeld  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 10

    Virginia Keppler

    ’n Pretoriase man is wreed in sy huis vermoor voordat hy sy plan kon uitvoer om ’n alarmstelsel te laat installeer ná ’n vlaag van inbrake.

    Vermoedelik voormalige werknemers het die man by sy huis met messe gesteek en met ’n geweerkolf en ’n vol whiskybottel doodgeslaan.

    Dit kom nadat mnr. Willie Andries Pretorius (64) van Poortsigstraat in Bergtuin in die noordooste van die stad in Januarie tydens ’n gewapende huisrooftog op sy bed vasgemaak is.

    Daar was boonop in die afgelope ses weke minstens vier inbrake by sy huis, het mnr. Brett Jooste (33), sy skoonseun, gister gesê.

    Pretorius het hom Donderdag die ADT-veiligheidsmaatskappy se telefoonnommer gevra omdat hy ’n alarmstelsel wou laat installeer.

    “Maar dit was te laat.”

    Pretorius, ’n afgetrede dak-kontrakteur, is tussen Vrydagaand en Saterdagoggend vermoor.

    “Dit was ’n haataanval,” het sy seun, Arno (33), gesê.

    “My pa het met hulle gestoei, want daar is bloedspatsels teen die mure, in die gang en in van die slaapkamers.”

    Jooste en sy vrou, Izelle (34), het onraad vermoed toe hulle haar pa sedert eergisteroggend nie per telefoon in die hande kon kry nie. Hulle het om 19:00 na Pretorius sr. se huis gery, waar hulle gesien het ’n ruit is netjies uitgehaal. Dit was dieselfde ruit wat onlangs tydens ’n inbraak gebreek is.

    “Die stopverf was nog nat en hulle het dit net weer afgehaal en die ruit uitgehaal.”

    Hulle het ’n polisievriend gebel, wat die deur oopgeskop en op die lyk onder komberse op sy bed afgekom het. Sy hande was met ’n das voor teen sy keel vasgebind.

    Pretorius jr. het gesê die polisie het ’n knipmes, ’n kombuismes en bebloede stukke van ’n whiskybottel in die huis gekry.

    “My pa se .303-geweer is naby sy lyk gekry en die kolf is stukkend, wat daarop dui dat hulle hom dalk ook daarmee teen die kop geslaan het.”

    Die rowers het vleis uit die vrieskas, ’n TV en ’n voertuig gesteel, het Pretorius jr. gesê.

    Volgens hom is daar ’n sterk vermoede dat twee voormalige werknemers van sy pa vir sy dood verantwoordelik is.

    “My pa het die een weggejaag toe hy hom gevang het dat hy steel. Die ander een, wat 13 jaar vir my pa gewerk het, was kwaad vir my pa omdat my pa hom nie geld wou leen vir sy kind se begrafnis nie,” het hy gesê.

    Pretorius jr. het gesê hulle is hartseer en kwaad.

    “Die doodstraf moet teruggebring word.”

    Pretorius sr. was geskei en het alleen gebly. Hy word ook deur nog ’n dogter, me. Tannya Symons (36), oorleef.

    Me. Aveline Hardaker, polisiewoordvoerder, het gesê die moordenaars het ook Pretorius se blou Daewoo-motor met die registrasienommer MJK?586?GP gesteel.

    Hardaker het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om die polisie by 0?08600?10111 te bel.

  • 17. Beeld  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 11

    Los Angeles – Michael Jackson se dood is ‘n geval van manslag veroorsaak deur ‘n dwelmkelkie, het ‘n polisiebeampte aan die Associated Press gesê.

    Volgens die polisiebeampte het forensiese toetse groot hoeveelhede van die verdowingsmiddel Propofol, sowel as ten minste twee ander verdowingsmiddels, in Jackson se bloed gevind.

    Die beampte wou anoniem bly aangesien die bevindinge nog nie amptelik bekend is nie.

    Gebaseer op dié toetse het die Los Angeles-lykskouer bevind dat Jackson vermoor is, het die persoon gesê.

    Die lykskouers se beslissing beteken nie noodwendig dat ‘n misdaad tydens Jackson se dood gepleeg is nie.

    Die bevindinge verhoog egter die moontlikheid dat ‘n klag van kriminele oortreding teen Dr. Conrad Murray gelê kan word.

    Jackson was in dié Las Vegas kardioloog se sorg toe hy op 25 Junie dood is.

    – Sapa-AP

  • 18. Beeld  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 12

    Gloria Edwards

    ‘n Vrou is in die hospitaal nadat sy glo deur ’n metropolisielid aangerand is en haar pa is in die hof nadat hý glo die metropolisielid aangerand het.

    Sr.supt. Juan André Dawson (47), ’n polisielid van Germiston aan die Oos-Rand, het gister in die Kempton Parkse landdroshof verskyn.

    Sy dogter is glo aangerand omdat sy nie omkoopgeld van R50 aan die Ekurhuleni-metropolisielid wou betaal nie.

    Beeld het gister berig Dawson is Sondag in hegtenis geneem nadat ’n metrobeampte, me. Mapule Podile (42), beweer het hy het haar deur die gesig geklap. Die voorval het glo gebeur toe sy ’n boetekaartjie vir ’n gekraakte motorvoorruit aan Dawson se dogter uitgereik het.

    Podile het gister aan Beeld vertel hoe sy ’n silwergrys Hyundai Atos op die hoek van Stegmannlaan en Oranjerivierweg in Terenure, Kempton Park, afgetrek het nadat die bestuurder ’n stopteken verontagsaam het.

    Toe sy ’n boetekaartjie wou uitreik vir die gekraakte ruit, het Dawson se dogter, me. Angelique van Greuning (30), haar glo “?’n swart teef” genoem, haar in die gesig geklap en gesê haar pa is ’n polisielid. Podile beweer Dawson het hierna “met blou ligte en sirenes” in ’n ongemerkte voertuig opgedaag en haar “in die gesig geklap”.

    Sy het glo toe haar kollegas ontbied, wat Dawson gearresteer het.

    Mev. Francine Dawson, sy vrou, het gesê Podile se weergawe “is loutere snert”. Sy het gesê haar dogter is in die Edenvale-hospitaal met beserings aan haar arms en nek omdat Podile háár glo aangerand het toe sy (Van Greuning) nie omkoopgeld wou betaal nie.

    Die gesin was gistermiddag besig om klagte van aanranding, foutiewe arrestasie, die rig van ’n vuurwapen, crimen injuria, diefstal van staatseiendom en saakbeskadiging in te dien. Die twee kinders van mnr. Jaco Rutman, Van Greuning se vriend, was glo “erg getraumatiseer” toe hulle sien hoe Van Greuning “se kop teen die motor geslaan word”.

    “My man het niemand aangerand nie. Hulle (die metropolisie) verdraai die feite,” het mev. Dawson gesê. Sy beweer ook metrobeamptes het later na haar huis gekom op soek na Rutman en “ons vir sowat ’n uur met vuurwapens gedreig”.

    “Hulle het tot gedreig om ons hond te skiet,” het me. Dawson gesê.

    Mnr. Dawson verskyn weer op 29?September in die hof. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel.

    Dawson het gesê hy gaan siviele stappe doen.

  • 19. Beeld  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 13

    Jy het nooit nodig gehad om by ’n wit boer te bedel vir enigiets nie. Ek sal nié toelaat dat my mense by jou moet kom bedel vir enigiets nie.

    “Jy is ’n manipuleerder, jou rassis! Hierdie rassisme sal onmiddellik staak.”

    Dié woorde vorm die kern van een van die aanklagte teen ’n generaal in die weermag wat van rassisme en die mishandeling van ’n ondergeskikte aangekla word.

    Brig.genl. Abel Nelwamondo, aangewese militêre attaché in China en generale bevelvoerder van die leër se opleidingsformasie, ontken al die aanklagte teen hom.

    Nelwamondo se verhoor het gister in die militêre hof in Thaba Tshwane begin.

    As hy skuldig bevind word, kan dit sy aanstelling as attaché beïnvloed.

    Nelwamondo het die woorde na bewering geuiter toe hy en kol. P.K. Smit, die personeel-offisier, in 2005 in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) by Operasie Teutonic betrokke was.

    Dié operasie was die gevolg van ’n ooreenkoms tussen die Kongolese en Suid-Afrikaanse weermagte om met die integrasie van rebelle- en konvensionele magte in een gesamentlike weermag in die DRK te help.

    Nelwamondo was die missiebevelvoerder.

    Smit het ’n stelsel begin waarvolgens die lede van die Suid-Afrikaanse span op die dag wat hul buitelandse toelae uitbetaal is, hul eie lugtyd vir hul amptelike selfone sou koop. Die bewyse daarvoor kon hulle vir Smit bring en dan het hy hulle daarvoor vergoed.

    Van die lede was egter nie geneë met die reëling om eers hul eie geld te gebruik nie en het by Nelwamondo gekla hulle wou nie vir die toelaag gaan “bedel” nie.

    Kol. Arthur Neale, die sielkundige in beheer van die samesnoeringspan tydens die operasie, het gister getuig daar was vroeër reeds krapperigheid tussen Nelwamondo en Smit.

    Die betrokke dag was Nelwamondo egter woedend. Volgens Neale was hy geskok toe hy (Nelwamondo) Smit in die teenwoordigheid van die groep uitgetrap het en hy (Neale) het dit as ’n geweldige vernedering beleef.

    Smit het probeer verduidelik die selfoonreëling was bloot om die administratiewe proses makliker vir almal – wit, swart, junior en senior – te maak, maar Nelwamondo wou glo nie na rede luister nie.

    Die aanklag van mishandeling hou verband met ’n voorval enkele weke later toe Nelwamondo na bewering een Saterdagaand ná 23:00 lt.kol. Sanli Chinner, ’n militêre sielkundige, uit die hotel laat gooi het waar die groep in Kinshasa tuisgegaan het.

    Die saak gaan vandag voort.

    – Beeld

  • 20. Beeld  |  Augustus 25, 2009 om 8 : 17

    Anesca Smith

    Londen. – Mnr. Kenny MacAskill, Skotse minister van justisie, moes gister sy hoogs omstrede besluit om die Lockerbie-bomaanvaller vry te laat in die Skotse parlement verdedig.

    Dít te midde van beskuldigings dat die land se internasionale status in flarde is.

    MacAskill se besluit het woede en skerp kritiek in die VSA ontlok met dreigemente om Britse goedere te boikot.

    Die meeste van die 270 slagoffers wat op 21 Desember 1988 gesterf het, was Amerikaners.

    MacAskill het gister volgehou hy het hom aan die letter van die wet gehou en dat Abdul
    Baset Ali al-Megrahi se vrylating gegrond was op deernis en nie op politieke, ekonomiese of internasionale oorwegings nie.

    Hy het besware uit die VSA erken en beklemtoon hy het vergader met al die betrokke partye, onder wie naasbestaandes van die slagoffers in die VSA en Brittanje.

    “Geregtigheid verdwyn nie in die aangesig van genade nie. Ek staan by my besluit en glo dat ek die waardes waarna Skotland streef, omhoog gehou het.”

    Intussen word berig dat Al-Megrahi (57), wat verlede Donderdag vrygelaat is, sy outobiografie skryf. Hierin maak hy glo nuwe inligting bekend rondom die terreurdaad waarvoor hy minstens 27 jaar moes uitdien.

    Kanker is in September verlede jaar hy hom gediagnoseer.

    Opposisiepartye in Skotland wou gister weet hoe MacAskill, van die Skotse Nasionale Party, beoog om Skotland se internasionale status te herstel wat volgens hulle nou aan flarde is.

    Hulle het ook aangedring dat hy bekend maak wat agter die skerms plaasgevind het in aanloop tot die besluit.

    Mnr. Iain Gray, leier van die Arbeidersparty in Skotland, het gesê Skotland is in “skaamte” gedompel toe Skotse vlae Donderdag in Libië omhoog gehou is om Al-Megrahi “soos ’n held” terug te verwelkom. “Dit was die verkeerde besluit,” het hy gesê.

    Van MacAskill se medekabinetslede het gesê hulle begryp mense se ontsteltenis, maar dat die regte besluit ingevolge die Skotse regstelsel geneem is.

    Ook mnr. Gordon Brown, Britse premier, was gister onder skoot weens sy stilte te midde van die storm nadat dit aan die lig gekom het hy het die kwessie sowat ses weke gelede met kol. Moeammar Ghaddafi, die Libiese leier, bespreek.

    Pres. Barack Obama van die VSA en me. Hillary Rodham Clinton, sy minister van buitelandse sake, het die besluit gekritiseer, terwyl mnr. Robert Mueller, FBI-hoof, die stap beskryf het as ’n “bespotting van geregtigheid” wat “terroriste wêreldwyd gerusstel”.

    – Beeld

  • 21. Nats  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 03

    Goeie more julle!!

    *M*
    Baie sterkte daai kant… glo alles sal goed veloop en dat Tillie Lief sommer gou weer by die huis gaan wees!🙂

    * My honde wanneer hulle my sien
    * ‘n Mooi boodskappie (sms / e-pos)
    * ‘n Mooi liedtjie
    * Amy-Leigh wanneer sy lag, gesels en jou probeer skrik maak
    * Die natuur, water, wilde diere en die aand met maan en sterre

    Sjoe daar is so baie goed wat my gelukkig maak!!

  • 22. Nelba  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 08

    Ek dink jy het hier die geheim van gelukkig wees saamgevat. Dis nie eintlik ingewikkeld nie, maar so min mense wil dit aanvaar.

    Vir my is die “suikerklontjies” blou lug as ek gedink het dit gaan bewolk wees, kinderlaggies, ‘n lekker filosofiese gesprek met iemand, mooi musiek – veral as ek ry en met onverdeelde aandag kan luister, om by my mense te kuier, koffie en beskuit en om te sien hoe ‘n tuin of ‘n dier of ‘n kind blom van aandag.

  • 23. Wille Kjind Q  |  Augustus 25, 2009 om 11 : 41

    Eerste!!!!!!

  • 24. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 11 : 52

    Tweeling

    Ek wens ek kan dit sien. Hoe sy mensie probeer skrik maak. Dit moet te cute wees.

    Nelba

    Dit is nogal waar. Wanneer jy baie moeite met iets gedoen het en jy pluk die vrugte is dit ‘n instant high. Seker maar hoekom werk ‘n Goddelike opdrag is.

  • 25. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 11 : 53

    Ek is mal oor filosofie. Regtig.

  • 26. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 11 : 54

    Willes

    Waar is jou klontjies?

  • 27. Nelba  |  Augustus 25, 2009 om 12 : 07

    Hey, ek sien ek het maxi se verjaarsdag gemis. Baie geluk!

  • 28. Nats  |  Augustus 25, 2009 om 12 : 31

    Adrie
    Te cute!! Jy moet dit sien! Sy kan nie sê BOO nie so sy sê HOO… en jy moet skrik hoor!
    Sy raak nou regtig oulik, haar hare moet net begin groei!🙂

  • 29. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 12 : 48

    Ag sweetie pie.

    Sy gaan seker vinnig praat.

  • 30. Nats  |  Augustus 25, 2009 om 1 : 07

    Geen idee, maar as mens haar taal net kon verstaan want sy bubble omtrent!

    Sy hou glad nie daarvan om op haar maag te wees nie, so weet nie wanneer sy gaan kruip nie! Maar sy wil staan, so wie weet dalk loop sy voor sy kruip😛

    Ons sal plan maak, dan kom wys ek haar vir jou eendag… en dan stick ek jou vir ‘n Beker en Boontjie coffie!

  • 31. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 1 : 08

    SNORK

    Ek steel haar dalk

  • 32. Nats  |  Augustus 25, 2009 om 1 : 24

    Ek het dit ook al oorweeg…

    Ek was net nou gou Midrand toe – joh! Daai Allendale is nou ‘n gemors gewees – al die verkeersligte was uit!!

  • 33. Adrie  |  Augustus 25, 2009 om 1 : 55

    Allandale is deesdae altyd ‘n nagmerrie

  • 34. Nats  |  Augustus 25, 2009 om 3 : 31

    TERUG!

    Moes dringend ons CA toe ry… eish darem het my baas gesê hy sal my fines betaal! He he!
    Het Baby Storm inni rooi gerduk!😯

    Nou is ek moeg… en lus vir niks doen!

    Adrie
    Jip, die pad het nou al bumper tot bumper gestaan toe ek terug kom van Melrose af! En dit was voor 3pm! Seker so 5/8km voor Allendale se afrit!

  • 35. maxie  |  Augustus 25, 2009 om 9 : 56

    Baie dankie, Vygie!

  • 36. wonderwerk eetplan  |  Mei 17, 2015 om 3 : 34

    Thanks for finally writing about >Suikerklontjies | Dorings en soms
    Rose <Liked it!

  • 37. quality dance  |  Augustus 22, 2016 om 2 : 28

    quality dance

    Suikerklontjies | Dorings en soms Rose

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: