Daardie kite gaan nie vlieg nie

Augustus 23, 2009 at 3 : 48 21 Kommentaar

Daar was nog altyd ‘n ding omtrent ‘n vlieër gewees.  ‘n Helderkleurige diamant figuur met ‘n veelkleurige stert wat deur die lug klief.  Dit is nou die maand Augustus, winderigste, winderigste maand.  Perfek vir vlieërs – mits jy natuurlik een kan bou.

Adriana Magrieta Swanepoel kan nie.  Ek was seker so 4 of 5 jaar oud toe ek en die bure se seuntjie vlieër wou vlieg.  Vir die rekord, hy kon ook nie ‘n vlieër bou nie.  Jare daarna kon ek dit nog steeds nie regkry nie.  Toegegee, ek het seker op laerskool laas probeer en ek begin te wonder of ek dit nie weer moet probeer nie.  Opgee was nog nooit vir my ‘n opsie nie.  Daardie tyd het ek nog nie internet gehad nie en nou het ek. 

Hoe moeilik kan dit nou wees?  (Baie, vra my).  Volgens die boeke wat ek gehad het, kan elke snotkop ‘n vlieër maak en vlieg.  So maklik soos val uit ‘n boom uit.  Ek is duidelik nie ‘n snotkop nie en ek kan nie onthou dat ek al ooit uit ‘n boom geval het nie.   Ek het my aantal jare in bome deurgebring en sal nou nog ‘n boom met rede klim.  Daardie vlieër het my net ontwyk.

Die ontwerp lyk so maklik.  Jy neem twee stokke en maak ‘n kruis daarvan.  Dan span jy die tou reg om die punte om ‘n diamant te vorm.  Die storie word dan met papier oorgetrek.  Jy moet ‘n stert aansit sodat die vlieër beheerbaar in die lug bly.  As jy ‘n optimis is, maar jy ‘n lang tou aan die die kern van die basis vas.  Die kuns is glo om die vlieër so lig as moontlik te hou.  Iemand moet dan die vlieër vir jou vashou en jy moet hardloop om die vlieër momentum te gee.  Die ander persoon los dan en daar gaan jou vlieër in die lug op.  Reg? 

Dit het nooit vir my gewerk nie.  My ma het gesê my vlieër/s is nie lig genoeg nie en sy kan nie ‘n vlieër bou nie.  My pa sou eendag vir my ‘n vlieër bou, maar dit het ook nie gewerk nie.  Dit was dalk die persoon wat dit moes vashou se skuld.  Dalk is dit die Suid-Afrikaanse winde se skuld.  Wie weet, dalk is dit geneties.  Dit wou nie werk nie.

Die naaste wat ek en Pieta aan vlieër vlieg gekom het, was plastiese sakke.  Jy neem ‘n gewone inkopiesak, bind ‘n tou (of wol soos ons het) vas en laat die wind dit skep.  Dit vlieg hoog en dit is baie minder moeite.

Kan jy ‘n vlieër bou of vlieg?  Hoe doen jy dit?

Blogvraag:  In Priscilla, Queen of the Desert,  maak Adam ‘n vlieër van ‘n pop.  Wanneer hulp opdaag, laat hy die vlieër los.  Waar land die vlieër op die einde?

Blogantwoord:  Finally – Ce Ce Peniston (Uiteindelik), Brand new key – Melanie (Olga), Set me free – Jacques Terreblanche (Stel my vry).

Bonuspunte:  Maxie:  Saved – Bob Dylan; no, no, no – destiny’s child; time – pink floyd; ride – cary brothers; someone – red hot chilie peppers; always – bon jovi.

Olga:  serious by Alice Cooper/ Duffy; There is a place – The Beatles, No other choice – Tye Tribbett; Manipulation – Fear Factory; elease me – Agnes

Foto:  Going to the Chapel / Chapel of love – Chrystals / Dixie Cups / Bette Milder (Willes); Go to church – Ice Cube (Willes); Crying in the chapel – Elvis (Willes); Greystone Chapel – Johnny Cash (Willes); Death at the Chapel – The Horrors; Haunting the chapel – Slayer.

Baie geluk aan Maxie wat vandag (23 Augustus) verjaar.  Sy verseker my dat sy 16 is.  Ons hoop dat sy lekker verjaar het en nog vir baie lank 16 gaan voel.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Sleutels met voete Suikerklontjies

21 Kommentaar Add your own

  • 1. maxie  |  Augustus 23, 2009 om 9 : 38

    Baie dankie, Adrie…

    As ek reg onthou – in ‘n klooster ?

  • 2. Olga  |  Augustus 23, 2009 om 9 : 48

    Chinese monastry garden.

  • 3. Beeld  |  Augustus 24, 2009 om 7 : 55

    Antoinette Pienaar

    Johannesburg – ’n Baba moes sowat tien weke te vroeg in KwaZulu-Natal met ’n keisersnee in die lewe gebring word om hom te red kort voordat sy ma aan varkgriep dood is.

    Jessica Dunne (née Olivier, 23) van Winterton is die naweek, skaars twee dae ná baba Joshua se geboorte, aan pandemiese (H1N1) 2009-virus dood.

    Louis Joubert, hospitaalbestuurder, het aan The Witness bevestig dat die keisersnee Donderdag uitgevoer is en dat die baba steeds in die hospitaal is, maar wou niks verder sê nie.

    Dunne, wat volgens The Witness vir die Drakensberg-seunskoor gewerk het, was 29 weke swanger.

    Dokters by die Netcare St. Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg het die afgelope drie weke glo vergeefs probeer om Dunne te red nadat sy vroeër vandeesmaand siek geword het.

    Joshua lê steeds in die hospitaal se neonatale waaksaal.

    Sy ma is minstens die vierde swanger vrou wat die laaste paar weke in Suid-Afrika aan varkgriep beswyk het.

    Die ander was ’n 27-jarige en ’n 38-jarige van die Oos-Kaap en ’n 23-jarige van Durban.

    Na wat verneem word, is daar nog ’n vrou wat ernstig siek is in ’n Pretoriase private hospitaal nadat sy haar baba verloor het.

    Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes werk hul varkgriepstatistieke later vandag by en kon nie teen druktyd die sterfte bevestig nie.

    Dunne is glo deur ’n private patoloog getoets.

    Teen gistermiddag was daar reeds 442 mense wat aangesluit het by die Jessica Dunne-gedenk-en-bidgroep op Facebook, asook etlike boodskappe deur vriende en familie wat Dunne onthou vir haar vrolike geaardheid en “aansteeklike lag”. Uit haar Facebook-profiel, waar sy pryk op ’n foto saam met haar man, Shaun, is meer as 460 vriende gelys.

    Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het onlangs gewaarsku dat swanger vroue wat met varkgriep besmet word so vroeg moontlik antivirale medisyne kry.

    Dit is ongeag die erns van haar simptome. Dit help ook nie om eers te wag totdat laboratoriumtoetse varkgriep bevestig nie.

    Middels soos Tamiflu werk die beste wanneer dit binne 48 uur ná die eerste griepsimptome toegedien word en selfs voorkeurtoetse in Suid-Afrika duur minstens ’n dag.

    The Lancet het onlangs berig oor ’n studie wat bevind het swanger vroue word vier keer meer weens varkgriep gehospitaliseer.

    Die VSA se sentrums vir siektebeheer (CDC) het na 34 swanger vroue gekyk wat tussen 18 Maart en 15 April met varkgriep besmet is.

    Sowat ’n derde is hospitaal toe – meer as vier keer soveel as lede van die algemene bevolking.

    Ses van die 45 varkgriepsterftes wat tussen 15 April en 16 Junie in die VSA aangemeld is, was swanger vroue. Een van dié sterftes was onder die 34 vroue wat die CDC ondersoek het.

    Sommige kenners vermoed die feit dat vroue se immuunstelsels onderdruk word tydens swangerskap speel ’n rol.

    – Beeld

  • 4. Beeld  |  Augustus 24, 2009 om 7 : 56

    Johannesburg – ‘n Man (40) van die Oos-Kaap is die naweek glo deur ‘n 18-jarige meisie oor ‘n sigaret doodgesteek.

    Dit is een van twee aparte insidente in Ngcobo en Tsolo waarin mans doodgesteek is, het die Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.

    Volgens supt. Muzukisi Fatyela is die 40-jarige man Saterdagaand om 21:30 gesteek.

    “Hulle was by ‘n kroeg en daar was ‘n rusie oor ‘n sigaret. Hulle het buitentoe gegaan, en toe haal sy ‘n mes uit en steek hom.”

    In ‘n tweede voorval is die liggaam van ‘n 50-jarige man Sondag langs die pad in Tsolo gevind.

    “Verbygangers het die man se liggaam langs die pad gevind. Hy is verskeie kere gesteek. Ons glo dit was dalk ‘n roofaanval, want die man het geen kosbare besittings by hom gehad nie.”

    Die tienermeisie is in hegtenis geneem, terwyl die moordenaars van die 50-jarige man steeds op vrye voet is.

    – Sapa

  • 5. Beeld  |  Augustus 24, 2009 om 7 : 58

    ’n Suid-Afrikaanse skeepskaptein word saam met sy bemanning in die Filippyne aangehou nadat daar op 15 kratte aanvalsgewere op hul skip beslag gelê is.

    Kapt. John Lawrence Burne, die Suid-Afrikaner, en sy 13 Georgiese bemanningslede het boonop nie seevaarderspermitte gehad nie.

    Enige kommersiële skeepsbemanningslid het so ’n permit nodig aangesien dit soos ’n visum gebruik word wanneer hawens aangedoen word.

    Die skip het op pad van Turkye onder meer Georgië, Ghana en Kaapstad aangedoen voordat dit koers gekies het na Suidoos-Asië.

    Burne het boonop onder verdagte omstandighede die kapteinskap van die skip Captain Ufuk oorgeneem nadat hy met sy voorganger, ’n Brit genaamd Bruce James, op die oop see plekke geruil het.

    Die Filippynse maritieme owerheid het wêreldwyd ’n versoek aan maritieme owerhede uitgestuur om op die uitkyk vir James te wees.

    Die skip, wat deur ’n Filippynse maatskappy besit word, is in Panama geregistreer.

    Luidens ’n verklaring deur die Filippynse kuswag het gesamentlike spanne van dié land se doeane-owerheid en die kuswag die skip deurgesoek nadat dit glo digby die hawe van Mariveles, noordwes van Manila, die hoofstad, aangedoen het.

    Burne se naam en van word in van die regeringsverklarings ook aangedui as “Laurence John” en “John Lawrence”.

    Die skip het die Filippynse gebiedswaters binnegekom sonder om enige van die nodige maritieme owerhede in kennis te stel of magtiging te bekom.

    Dit het laasgenoemde lont laat ruik. Vyf kratte vol Pindad SS1-aanvalsgewere wat in Indonesië vervaardig is, patrone en ander militêre toerusting was aan boord, terwyl tien kratte reeds leeg was.

    Die vermoede bestaan dat die leë kratte se wapens reeds elders afgelewer is. Die vragskip van 2?400?t het hoeka Indonesië aangedoen net voordat dit Filippyne toe is.

    Volgens die Filippynse Sun Star het Burne verlede Saterdag op die lughawe in Manila as ’n toeris die land binnegekom. Hy is direk na ’n nabygeleë seiljagklub, waar ’n onbekende buitelander hom na die oop see vervoer het. Daar het hy met James plekke geruil. Die Britse kaptein het die skip vir ’n onbekende bestemming verlaat.

    Burne en sy bemanning word nou by Kamp Bagong Diwa, ’n aanhoudingskamp vir immigrante, aangehou terwyl daar moontlik deportasiebevele vir die hele bemanning uitgereik gaan word.

    Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking was gister bewus van die voorval. Die Filippynse owerheid het egter nog nie die Suid-Afrikaanse regering daaroor ingelig nie.

    Pogings is ook aan die gang om te bepaal of Burne werklik ’n Suid-Afrikaner is.

    Die Filippyne word reeds dekades lank deur ’n verskeidenheid gewapende rebellegroepe, waaronder die Abu Sayyaf, geteister. Callie en Monique Strydom, ’n Suid-Afrikaanse egpaar, is in 2000 127 dae lank daar op die Filippynse eiland Jolo deur dié groep in opdrag van Osama bin Laden aangehou.

    – Beeld

  • 6. Beeld  |  Augustus 24, 2009 om 8 : 08

    WILHELM DE SWARDT

    Khotso Mokoena is Suid-Afrika se atleet vir die groot oomblik.

    Dít kan niemand betwis nie nadat hy Saterdag op die Wêreldbyeenkoms in Berlyn ’n silwermedalje in die verspring gewen het.

    Dwight Phillips van die VSA het dié nommer met ’n afstand van 8.54 m gewen.

    Mokoena was tweede met ’n sprong van 8.47 m , wat net drie sentimeter minder as sy Suid-Afrikaanse rekord is.

    Michael Watt van Australië was derde met ’n afstand van 8.37??m.

    Mokoena het die afgelope twee jaar ’n medalje op al drie die groot internasionale byeenkomste gewen.

    Hy is die binnenshuise wêreldkampioen, het ’n silwermedalje op verlede jaar se Olimpiese Spele in Beijing gewen en nou weer silwer.

    “Weer ’n silwermedalje?.?.?.? ek moet seker nie kla nie, maar ek spring om te wen,” het Mokoena gesê.

    Hy was erg teleurgesteld oor sy eerste sprong toe hy oorgetrap het. “Dit was regtig ’n grote. Ek moes hard met myself praat ná die geen-sprong.

    “Ek het vir myself gesê dit sal nie help om té versigtig te raak nie. Dit is ’n Wêreldbyeenkoms. Daarom is dit belangrik dat ek alles met elke sprong gee. Eintlik het dit neergekom op alles of niks.”

    Mokoena se aggressiewe benadering het gewerk, want met sy volgende sprong het hy 8.47?m gespring. Met sy derde sprong het hy die maatband tot 8.31?m laat rek; sy vierde sprong was 8.19?m. Hy het met sy laaste twee spronge oorgetrap.

    Mbulaeni Mulaudzi het gistermiddag Suid-Afrika se tweede goue medalje in die 800 gewen. Sy wentyd was 1:45.29.

    Maar daar moet gevra word waarom daar nog moeite gedoen word om Suid-Afrikaanse marathon-atlete na Wêreldbyeenkomste en die Olimpiese Spele te stuur. Norman Dlomo was Saterdag die beste van Suid-Afrika se marathon-atlete. Hy was 12de in ’n tyd van 2 uur 14 minute en 39 sekondes, wat amper agt minute stadiger as die wentyd (2:06:54) van Abel Kirui van Kenia is. Johannes Kekana was 17de in 2:15:28 en Coolboy Nqamole 22ste in 2:16:20.

    Tannith Maxwell was nog swakker. Sy het gister in die marathon vir vroue 45ste geëindig in ’n tyd van 2:41:48.

    – Beeld

  • 7. Salome  |  Augustus 24, 2009 om 8 : 20

    Haai ooooh!

    Ek gaan los koffie by die anner kuierplek, en intussen is julle hier.

    Wel hier die koffie en beskuit.
    Hoop julle het ‘n Lieflike dag!!

  • 8. Salome  |  Augustus 24, 2009 om 8 : 26

    O ja, oor die onderwerp. S is mos die groooot eksperimenteerder in die huis. Hy het al ‘n hele paar vliëers gebou met swart sak en inkopie sakke. Die het altyd gewerk totdat die ding die grond tref en die effense raamwerk in stukke breek. Hy het die raamwerk al suksesvol met strooitjies ok gebou. Dit hou egter ook nie baie lank nie. Nou word daar sommer een van die R20 vlieers by Crazy store gekoop – dit hou ok nie baie lank nie. Dis dalk omdat oudste ‘n “kamakazi pilot” is.

  • 9. Adrie  |  Augustus 24, 2009 om 8 : 39

    More Saloom

  • 10. Adrie  |  Augustus 24, 2009 om 8 : 40

    Saloom

    Vertel my ‘n bietjie meer van die ander kuierplek?

    Aan die anderkant is ek seker nie veronderstel om te weet nie. Cool! Ek neem kennis van hoe die wind waai.

  • 11. Nats  |  Augustus 24, 2009 om 9 : 08

    Goeie more julle!!!

    Nog nooit ‘n ‘n vliëer probeer bou nie… en baie min met een gespeel. Ek sien deesdae daai groot vliëers op die strand wat mens rond trek en dan kan jy selfs op die branders gaan rond baljaar – lyk na baie fun!

  • 12. Wille Kjind Q  |  Augustus 24, 2009 om 9 : 28

    More! More! More is payday!:mrgreen:

  • 13. Wille Kjind Q  |  Augustus 24, 2009 om 10 : 52

    Vlieg almal nou saami Checkers sakkies😕

  • 14. Nats  |  Augustus 24, 2009 om 11 : 47

    O ja voor ek vergeet…

    Baie geluk Maxie!!!
    Hiep hiep hoora!!! ♪♫♪♫♪♫♪♫♪♫

    *M*
    Sterkte daar by julle vriendin, glo alles sal fine wees!

  • 15. Wille Kjind Q  |  Augustus 24, 2009 om 2 : 12

    Tra la la la la ♪♫♪♫♪♫♪♫♪♫♪♫♪♫♪♫♪♫♪♫

  • 16. Adrie  |  Augustus 24, 2009 om 4 : 31

    Hallo

    Iemand tuis?

  • 17. Wille Kjind Q  |  Augustus 24, 2009 om 4 : 56

    Hand op

  • 18. Adrie  |  Augustus 24, 2009 om 5 : 01

    Hoe gaan dit? Kan jy ‘n kite maak?

  • 19. Wille Kjind Q  |  Augustus 24, 2009 om 5 : 13

    Natuurlik kan ek ‘n kite bou

  • 20. ADRIANA  |  Augustus 24, 2009 om 5 : 40

    Wys ons

  • 21. maxie  |  Augustus 24, 2009 om 8 : 00

    Dankie, julle!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: