Interseksualiteit

Augustus 21, 2009 at 7 : 07 41 Kommentaar

Almal het nou al van Caster Semenya gehoor.  Sy het onlangs goud gewen by die Wêreldbyeenkoms in die 800 m vir vroue.  Daar is in haar geval nie ‘n wolkie op die horison nie.  Eerder ‘n orkaan of 10.  Die IAAF (Internasionale Vereniging vir Atletiek Federasies) het gevra dat haar geslag bevestig word.  Die meeste mense het hulle oë gerol toe daar aangekondig is dat daar 8 – 12 weke daarvoor is.

Vir die meeste van ons is die sakie baie eenvoudig.  Soos die een parmant in Kindergarden Cop graag verkondig het.  “Boys have a penis and girls have a vagina.”  Hoekom kan Semenya nie net haar broek laat val en dan weet almal nie?  Jakanda kots nou al dae lank die oplossing.  Dit is egter nie so eenvoudig nie en dit het niks daarmee te doen om haar die verleentheid te spaar nie.  Semenya weet waarskynlik self nie dat sy nie ten volle ‘n vrou is nie.  (Met verskoning as dit iemand aanstoot gee).

Dit is wyd bekend dat ‘n vrou ‘n XX chromosoompaar het en mans XY chromosoompaar het.  Baie eenvoudig, maar dit is nie die hele storie nie.  Nie vir almal nie.  Die selle lees nie handboeke nie en sal doen wat hulle wil doen.  Ek gaan nou nie ‘n wetenskaplike skrywe skryf nie, as jy meer wil weet lees hier verder.  Daar is mense wat ‘n penis en ‘n vagina het.  Om alles te kroon kan hormone ook alles opfoeter.  Gelukkig raak dit bitter min mense.

Verskoon maar die Engels, maar ek gaan gou ‘n paar moontlikhede noem.  Congenital adrenal hyperplasia is iemand met ‘n endokrine afwyking waar die Adrenale Kliere baie vilirizing hormone produseer.  Die vrou het vroulike organe binne en buite, maar met meer spiermassa.  In sekere gevalle kan hulle as tieners nie sekshormone vervaardig nie.  Hulle ontwikkel dus nie borste of publieke hare nie.  Dit gee hulle dus ‘n manlike voorkoms.

‘n Mens kry ook ‘n XY vrou.  Dit is bekend as Swayer Sindroom.  In die eerste trimester begin die geslagsdele ontwikkel.  Dit is eers indifferential, ‘n mens kan dus nie ‘n geslag toeken nie.  Dit is dieselfde in seuns en meisies.  Die testes begin dus ontwikkel, maar weens die SRY geen wat nie reg werk nie, ontwikkel dit nie volledig nie.  Sonder die testes nie, kan daar nie die hormone geproduseer word om die fetus manlik te maak nie.  Die fetus ontwikkel dus vroulike geslagsdele, binne en buite.  Behalwe vir eierstokke.  Hulle lyk dus en tree soos meisies op tot hulle puberiteit bereik. Dan kan hulle nie verder ontwikkel nie.

Dit is net twee gevalle, maar daar is nog vele ander.  Die punt is dat dit iets is wat iemand nie oor hulle self bring nie.  Is dit dan reg om vir Semenya daaroor te penaliseer?

Blogvraag:  Wat is die sindroom waaraan iemand lei wat ‘n XO chromosoom paar  het?

Blogantwoord:  Willes was reg met Canal Walk in Kaapstad.  Gateway in Durban en Sandton City (met die Nelson Mandela anneks) is groter in oppervlakte, maar Canal Walk het meer huurbare oppervlakte.

Van die os op die jas.  Tilla Plig is positief getoets vir Varkgriep, maar daar is nie rede tot kommer nie.  Ons dink aan die gesin.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Skepe in die nag Sleutels met voete

41 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Augustus 21, 2009 om 7 : 47

    Plig, Tilla en gesin

    Baja sterkte!!!!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Augustus 21, 2009 om 7 : 48

    Ok………. Nou kan ek skree

    EERSTE!

  • 3. Wille Kjind Q  |  Augustus 21, 2009 om 7 : 48

    Turner sindroom

  • 4. Adrie  |  Augustus 21, 2009 om 7 : 50

    Hallo . . . . Hallo . . . . . Hallo

    WHAHAHAHAHAHAHAHHAHHAHA

  • 5. Wille Kjind Q  |  Augustus 21, 2009 om 7 : 54

    He! He! Jou nar

  • 6. Adrie  |  Augustus 21, 2009 om 7 : 55

    Groter Nar!!!

    Het jy darem vandag iets nuuts geleer of het jy nog nie gelees nie.

  • 7. *Mathilda*  |  Augustus 21, 2009 om 7 : 55

    Hallo julle

  • 8. *Mathilda*  |  Augustus 21, 2009 om 7 : 57

    En dankie

  • 9. Adrie  |  Augustus 21, 2009 om 8 : 03

    Ek dink dit is onregverdig om Semenya te penaliseer (sou daar wel iets bewys word) oor ‘n afwyking. Sy kan mos nie as ‘n man begin deelneem nie.

    Ek hoop TUKS het haar ‘n beurs gegee om ook te swot.

    Terloop, daar is van die Jamaika tannies wat ook maar erg butch lyk.

  • 10. *Mathilda*  |  Augustus 21, 2009 om 8 : 06

    Dis hoekom ek mos sê sou daar nogsteeds n issue gewees het as sy nie gewen het nie ?

  • 11. Adrie  |  Augustus 21, 2009 om 8 : 10

    Tilla

    Wie sal weet. Sy het darem maar ‘n baie growwe stem.

  • 12. *Mathilda*  |  Augustus 21, 2009 om 8 : 12

    Iemand het op news24 gesé nog iets om na te kyk is die adamsappel

  • 13. *Mathilda*  |  Augustus 21, 2009 om 8 : 13

    Ek het ni gehoor hoe die stem klink nie

  • 14. Adrie  |  Augustus 21, 2009 om 8 : 16

    Het sy ‘n adamsappel? Nie alle mans het ‘n prominente adamsappel nie.

  • 15. Adrie  |  Augustus 21, 2009 om 8 : 17

    Sy sal baie mans kan oortref wat ‘n growwe stem betref.

  • 16. *Mathilda*  |  Augustus 21, 2009 om 8 : 41

    Ni wat ek op daai fotos kon sien nie

  • 17. Olga  |  Augustus 22, 2009 om 12 : 18

    downs sindroom

  • 18. Wille Kjind Q  |  Augustus 22, 2009 om 1 : 32

    Olga!!!!! Vi wat sluip jy soos ‘n dief inni nag rond😯

    *fluister* ek het GEWEET ek moes gat google!:mrgreen:

  • 19. Wille Kjind Q  |  Augustus 22, 2009 om 1 : 35

    Ha! Ek het geweet jys 1 van daai rooflesers!!! Once a b(l)ogger………. Always a b(l)ogger

  • 20. Wille Kjind Q  |  Augustus 22, 2009 om 2 : 44

    Ek wil slaaaaaaaaaaaaaaaap❗

  • 21. *Mathilda*  |  Augustus 22, 2009 om 7 : 27

    More

  • 22. Beeld  |  Augustus 22, 2009 om 7 : 30

    Rassistiese Suid-Afrikaners sit agter die omstredenheid rondom die 800 m-wêreldkampioen Caster Semenya, beweer mnr. mnr. Leonard Chuene, voorsitter van Atletiek Suid-Afrika (ASA).

    “Dit gaan oor rassisme,” het hy gister gesê. “Die gerugte kom van Suid-Afrika. Hoekom het die mense aan die IAAF geskryf?”

    Die 18-jarige Semenya het Woensdag die 800 m by die Wêreldkampioen- skap in Berlyn, Duitsland, gewen.

    Die glans is van haar oortuigende sege weggeneem deur gerugte oor haar geslag, veral nadat dit aan die lig gekom het die Internasionale ­Vereniging van Atletiek-federasies (IAAF) het gevra Semenya moet geslagstoetse ondergaan.

    Die IAAF het gisteraand in ’n verklaring gesê die toetse is gedoen vanweë haar “merkwaardige verbetering die laaste paar maande”.

    “Toetse om haar geslag te bepaal is nog nie afgehandel nie. Die toetse beteken nie daar is enige vermoede van wanoptrede nie, maar word gedoen om die moontlikheid van ’n potensiële mediese toestand vas te stel wat ­Semenya ’n onregverdige voorsprong bo haar teenstanders sal gee.

    “Die IAAF weet dat dit ’n sensitiewe saak is en betreur bewerings oor die redes vir die toetse,” lui die verklaring wat in Berlyn uitgereik is.

    Mnr. Butana Komphela, voorsitter van die portefeuljekomitee oor sport en ontspanning, het gister gesê Suid-Afrika gaan ’n klag by die Verenigde Nasies se hoëkommissaris oor menseregte indien oor die manier waarop die saak gehanteer is.

    Hulle moet die “krasse en erge ondermyning van haar regte en privaatheid” ondersoek, het hy gesê.

    “Haar vernedering was seksisme deur die IAAF omdat dit die prestasies van vroue ondermyn.

    “Dit skep die indruk dat die IAAF net goeie resultate deur mans erken. Net omdat sy swart is en haar Europese mededingers geklop het, is daar nou ’n opskudding.”

    Chuene het Suid-Afrikaners verkwalik wat volgens hom briewe aan die IAAF geskryf het wat tot die ondersoek oor haar geslag gelei het. Hy het nie meer besonderhede oor die beweerde IAAF-briewe gegee nie.

    “Dit is dieselfde mense wat nie 2010 (Wêreldbeker-sokkertoernooi) wil hê nie, dieselfde mense wat swart mense wil afkraak en dieselfde mense wat weier om te glo Afrikane kan dit maak op die wêreldverhoog,” het hy gesê.

    Chuene het ontken ASA kon die omstredenheid verhinder het as hy Semenya getoets het voordat sy die hoogste sport van internasionale atletiek bereik het.

    “Die verantwoordelikheid van die federasie (ASA) is om kinders op te lei en na kampioenskappe te neem.

    “Wanneer ’n kind gebore word, neem die ouers hulle nie vir toetse om vas te stel of dit ’n seun of ’n meisie is nie, hulle kyk net.

    “Die familie sal vir ons ’n kind bring en sê hulle het vir ons ’n meisie gegee en ons aanvaar dit só,”

    het Chuene gesê.

    Chuene het ook eergister teenoor die Suid-Afrikaanse koerant The

    Times beweer Semenya wou eers nie die prysuitdeling bywoon nie.

    “Sy is nie verheug nie. Sy wou nie die medalje hê nie. Sy het gesê sy wil nie op die podium klim nie, maar ek het vir haar gesê sy moet,” het hy gesê.

  • 23. Wille Kjind Q  |  Augustus 22, 2009 om 7 : 31

    GGGRRR!!!!!!!!!!

  • 24. Beeld  |  Augustus 22, 2009 om 7 : 31

    Oris Mnisi & Bongekile Mhlanga

    Bosbokrand- Polisie in Mpumalanga het ‘n soektog geloods na ‘n reeksverkragter wat van ‘n panga gebruik maak om sy slagoffers stil te hou.

    Volgens Robert Makhuvele, polisiewoordvoerder, is daar reeds ses vroue aangeval terwyl hulle hout versamel het.

    “Die man bekruip die vroue en dreig hulle dan met ‘n panga voor hy hulle verkrag,” het Makhuvele gesê.

    Die verkragtings het in Augustus vanjaar begin en het in Islington, Songeni en Dumphries plaasgevind.

    “Dit is duidelik dat dit dieselfde man is wat al ses vroue verkrag het. Die slagoffers kon elkeen ‘n beskrywing van die man gee.”

    Makhuvele het ‘n beroep op vroue en jong meisies gedoen om nie alleen te gaan wanneer hulle hout versamel nie.

    “Die man is gewapen en uiters gevaarlik. Ons vra dat die gemeenskap ons help om hom op te spoor.”

    – African Eye

  • 25. Beeld  |  Augustus 22, 2009 om 7 : 33

    Sapa-AP

    Kuala Lumpur.?–?’n Moslem-model wat tot ses rottanghoue gevonnis is omdat sy bier gedrink het, wil haar straf in die openbaar laat voltrek.

    Kartika Sari Dewi Shukarno (32) het gesê sy wil hê ander Moslems moet uit haar straf leer. Dit lyk nie of die Maleisiese owerheid aan versoek gaan voldoen nie.

    “Ek wil die boodskap oordra dat ek werklik berou het oor wat ek gedoen het; daarom wil ek voor ander mense gestraf word,” het Kartika in ’n telefoniese onderhoud uit Pekar, haar tuisstaat in Noord-Maleisië, gesê.

    Volgens Kartika het tronkowerhede haar versoek van die hand gewys en gesê haar straf sal vroeg volgende week toegedien word sonder dat die publiek teenwoordig is. Woordvoerders van die vrouetronk kon nie vir kommentaar bereik word nie.

    Die owerheid het dit beklemtoon dat Kartika nie veel pyn sal hê nie omdat die rottang wat vir vroue gebruik word aansienlik kleiner en ligter is as dié vir mans en die doel heropvoeding eerder as straf is.

    Sommige politici en vroueregtegroepe het kritiek uitgespreek teen Kartika se straf en dit as te erg bestempel.

    Die sjaria-wet maak voorsiening vir drie jaar tronkstraf en rottanghoue vir Moslems wat gevang word as hulle drank drink, maar die meeste oortreders word beboet. Nie-Moslems mag wel drink.

    Volgens Kartika het amptenare haar beveel om van oormôre af ’n aantal dae voor haar straf in die tronk deur te bring, maar sy sal van ander gevangenes weg gehou word.

    “Ek is nie bang vir die houe nie, maar was wel bang vir die tronkomgewing. Ek is tevrede noudat hulle gesê het hulle sal my gemaklik maak.”

    Kartika het gesê sy het die kwessie aan haar dogter (5) en seun (7) verduidelik.

    “Hulle verstaan nie regtig nie, maar my dogter het gesê: ‘Jy moet sterk wees, Mamma.’ Dus het ek nou moed, maar ek voel tog jammer dat ek én my gesin gestraf word.”

  • 26. Adrie  |  Augustus 22, 2009 om 7 : 34

    Re 22

    Hy maak seker ‘n grap?

  • 27. Adrie  |  Augustus 22, 2009 om 7 : 35

    Ek meen HALLO?

    Al die Suid-Afrikaners is agter haar. Almal wil hulle self bevuil oor die storie. Wat het rassisme hiermee te doen?

  • 28. Wille Kjind Q  |  Augustus 22, 2009 om 7 : 40

    Bhuhahahahahahaha!!!!!!!!!! Ek het gewonner wanne die rassime kaart gespeel gaan word. Nee hel man! En ek dog ek het al alles gehoor en sien

  • 29. Wille Kjind Q  |  Augustus 22, 2009 om 7 : 45

    En die bier drink storie sal ek ma eerder my bek oor hou. Hulle kan bly wees dissi ekki

  • 30. Wille Kjind Q  |  Augustus 22, 2009 om 7 : 47

    O ja……….. Die panga man sal maar tevrede moet wees met ‘n hout stomp op in sy hol as hy my eendag raakloop

  • 31. Wille Kjind Q  |  Augustus 22, 2009 om 7 : 48

    Is dit nou al wat inni beeld is? Geen nuweskandes inni Vrystaat nie?

  • 32. Wille Kjind Q  |  Augustus 22, 2009 om 7 : 50

    Eish!! Wat het my besiel om so vroeg te begin wasgud was😕

  • 33. Salome  |  Augustus 22, 2009 om 8 : 19

    More Willes – toemaar ek is in jou werkspan vanmore. Liefie en die seuns is 5 uur vanoggend al Train Race toe en ek is mos so simpel om dan nie weer aan die slaap te raak nie. So ek het die huis nou al mooi omgekeer.

  • 34. Wille Kjind Q  |  Augustus 22, 2009 om 9 : 15

    Gaaaaaaaaap

    More Saloom. Eendag as ek groot is gat ek wee ‘n voltydse meidjie kry

  • 35. coyote  |  Augustus 22, 2009 om 1 : 37

    Tilla sterkte met Plig dink aan julle

  • 36. *Mathilda*  |  Augustus 22, 2009 om 2 : 03

    My man moes ok iets gaan reël by die train race – het al 4uur hier gery
    coyote – dankie

  • 37. *Mathilda*  |  Augustus 22, 2009 om 2 : 09

    Willes – wil jy nie maar my wasgoed ook kom was nie – ek het nie die krag daarvoor nie

  • 38. Wille Kjind Q  |  Augustus 22, 2009 om 2 : 19

    Tilla

    Stuur die wasgud somme met ‘n pos tor dan was ek dit tjop tjop. Dis dam nie mee so koud nie😉

  • 39. Wille Kjind Q  |  Augustus 22, 2009 om 2 : 19

    Onthou net………. Ek stryk NIKS

  • 40. coyote  |  Augustus 22, 2009 om 2 : 23

    Agge nee Willes ek dog ek kan dit vi jou stuur dis kla gewas

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: