Skepe in die nag

Augustus 20, 2009 at 6 : 11 43 Kommentaar

Suid-Afrika se bevolking word op ongeveer 48 miljoen mense geraam.  As jy in aanmerking neem hoeveel mense jy ken, selfs van sien, gaan dit nie eers 1 % wees nie.  Kyk gerus hoeveel mense se nommers jy byvoorbeeld het en werk gerus die persentasie uit.  Niks noemenswaardig nie.  ‘n Stad soos Pretoria het blykbaar 2.345 miljoen inwoners.  Selfs al het jy 10 000 kennisse, is dit nog steeds nie 0.01 persent van die stad se bevolking nie.

My punt is, die meerderheid mense wat jy op ‘n dag gaan teëkom is mense wat jy van geen Adamskant af ken nie.  Jy gaan hulle sien, maar omtrent onmiddellik weer vergeet.  Juis omdat hulle nie regtig ‘n indruk maak nie.  Daar is net te veel ander goed wat ons aandag verg en daar is geen nut om vreemde mense te onthou nie.  Hulle kon eintlik net so wel nie bestaan het nie.  Buitendien is ‘n mens van kleinsaf geleer om nie met vreemde mense te praat nie. 

Tog kan ‘n mens nie die onbekende massas ignoreer nie.  Daar is soms tye wanneer jy wel met hulle kontak maak.  Wat hulle nie net ‘n papierpop is nie, maar ‘n mens.  Ek praat nou van daardie klein gebeurtenisse wat jy wel met iemand kontak maak, nie om iets te wen nie.  Ons is immers sosiale mense en vandag se vreemdeling is dalk more se vriend. 

Ou mense veral reik dikwels na vreemde, dikwels jonger mense uit.  Veral as hulle ‘n selfoon moet saamsleep en nie weet hoe die ding nou eintlik werk nie.  Ek het byvoorbeeld eendag gesien hoe ‘n tannie van ‘n vliegtuig klim en die eerste beste mens vra om haar selfoon aan te skakel.  Die mens in die geval was Anna Davel, maar die tannie het geen idee gehad wie sy is nie.  Davel het beleef die foon aangeskakel en sommer ‘n geselsie met die tannie aangeknoop. 

Ek moes al ‘n tannie se selfoon in die fliek op Silent sit. Deel van die pakket was om na staaltjies van haar familie, op wie sy baie trots is, te luister.  Die vreemdste was die dag wat ‘n vreemde tannie my arm by ‘n besige straat gegryp het sodat ek haar oor die pad moes help.

Parkeerareas is ook die plek vir sulke oomblikke.  Parkering is nie my sterkpunt nie, ek verkies 2 oop parkerings.  Jy ry deur die agterste een om in die voorste een perfek te parkeer.  Ek het dit in die Kersseisoen eendag gedoen, net om te sien ‘n BMW het daarvoor te wag.  In die gees van die seisoen het ek maar getru in my eie parkering in.  Die vrou was halfvies, maar toe sy sien ek word nie geintimideer nie, het sy maar net gedankie.

‘n Ander keer het ek ‘n oop parkering ‘n myl ver gesien.  Ek het daarheen gejaag, net om te sien daar is ‘n motorfiets op my parkering.  Die vrou (passasier) op die motorfiets het vir my gelag.  Sy het al ‘n geruime tyd daar gesit en gekyk hoe almal op die parkering afpyl, net om teleurgesteld verder te gaan soek.  Wat kon ek doen?  Ek moes maar saam lag.

Net ‘n paar stories.  Ek kan nog aan ‘n paar ander dink, maar ek is seker so kan julle ook.  Deel asseblief met ons.  Hoekom loop ‘n mens ook altyd iemand wat jy ken  in Menlyn, die Wildtuin en die lughawe?

Blogvraag:  Watter alleenstaande inkopiesentrum in Afrika is die grootste betreffende die huurbare oppervlakte?

Blogantwoord:  Wheelbarrow Jack was reg met Charles VII.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wreedheid Interseksualiteit

43 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 6 : 53

    Eerste

  • 2. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 30

    Tweedeste!!!

  • 3. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 31

    Ek sou sê Menlyn shopping center

  • 4. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 31

    Of miskien Canal Walk

  • 5. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 32

    Selfs dalk Maponya (spelling?) Mall in Soweto

  • 6. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 33

    Ek gee op. Sê ma

  • 7. Adrie  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 35

    Greetings

  • 8. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 38

    Haloha

  • 9. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 39

    Net gou die post gelees. Belowe……….

  • 10. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 41

    Ek sien hopeloos teveel bekende gesigte raak. Ek werk Maandag tot Vrydag met clowns en ek kanni verwag dat die klomp by hul huise bly oor ‘n naweek net solat ek nie in hulle hoef vaste loopi

  • 11. coyote  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 41

    Naand julle dis lekke koud weer vanaand ek het milo wie is lus

  • 12. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 42

    En nou gat ek my se boek lees

  • 13. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 43

    Milo😯

    TRIPPEL EEEEEUUUUUWWWWW!!!!!!!!!!

  • 14. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 44

    Dan verdra ek eerder die hot tjioklit reek wat hie rondhang as Saloom kom kuier

  • 15. Adrie  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 48

    Ek soek Milo asseblief

  • 16. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 9 : 10

    Sit solank die lig aan……… Ek kom jou nou help soek

  • 17. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 9 : 12

    Eish! Sien nou eers ek spel soos my se gat. REEK nogal ?:

  • 18. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 9 : 14

    Dan kan ek nie eens😕 Regkry nie!!!!! Dis natuurlik die milo *kots* walms se skuld

  • 19. Wille Kjind Q  |  Augustus 21, 2009 om 5 : 29

    GGGGGGRRRRRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 20. *Mathilda*  |  Augustus 21, 2009 om 7 : 37

    more

  • 21. Beeld  |  Augustus 21, 2009 om 7 : 48

    Gloria Edwards

    Meer as R100 miljoen se boetes en dagvaardings wat ingevolge die Wet op Administratiewe Beregtiging van Padverkeersmisdrywe
    (Aarto) uitgereik is, gaan dalk gekanselleer word omdat dit onwettig uitgereik is.

    Die Nasionale Forum vir Metropolisiehoofde (NHMF) het Dinsdag aanbeveel dat die minister van vervoer Aarto nie landwyd instel voordat verskeie ernstige probleme opgelos is nie.

    Boetes en dagvaardings wat ingevolge Aarto uitgereik is, oortree die Wet op die Bevordering van Administratiewe Beregtiging (WBAB).

    Luidens ’n verslag van die NHMF aan minister Sibusiso Ndebele en die padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) sal landwye instelling van Aarto “katastrofiese” gevolge hê.

    Die verslag lys skokkende probleme met Aarto, onder meer eNaTIS se ondoeltreffende hantering van betalings, wederregtelike insameling van boeteskuld en verkeerde uitreikings van dagvaardings en boetes.

    Dié probleme word al langer as ’n jaar in tegniese vergaderings bespreek, “maar bly steeds onopgelos”. Aarto is in September verlede jaar in die Tshwane- en in Februarie vanjaar in die Johannesburg-metroraadgebied as aanvoorprojekte begin om onder meer die administrasie van oortredings te hanteer, te verseker dat motoriste verkeersreëls nakom en boetes betaal word.

    Luidens die verslag het ’n ondoeltreffende Aarto tot gevolg gehad dat slegs 14% van alle boetes betaal is en dat die uitreiking van boetes met tussen 30% en 50% gedaal het.

    “Dit is moontlik dat dié probleem veroorsaak word deur die beperkings wat op spoedwetstoepassingsones geplaas is. Weens ’n geregtelike oorsig kan spoedwetstoepassing net in 60-, 100-, en 120 km/h-sones gedoen word. Wetstoepassing in 70-, 80-, 90- en 110 km/h-sones kan nie wettig gedoen word nie.”

    Geen misdrywe onder Aarto kan regtens vervolg word nie.

    Dit is ook nie moontlik om dagvaardings aan oortreders uit te reik wat gekies het om hof toe te gaan nie. “Ingevolge Aarto kan dronkbestuurders nie regtens gearresteer word mits hulle nie terselfdertyd ’n verkeersoortreding begaan het nie.”

    Volgens die NHMF kan
    eNaTIS nie alle betalings hanteer nie. Aarto moet dus data-opnames met die hand doen, wat veroorsaak het dat duisende sulke opnames agterstallig is en verkeerd uitgereik word.

    Die “korrupte” adresseringstelsel van eNaTIS het daartoe gelei dat 60% van alle oortredingskennisgewings teruggestuur word, wat tot R5 miljoen per maand verliese aan posgeld ly. Die poskantoor kan nie die volume pos hanteer nie en voldoen nie aan Aarto-vereistes nie.

    Luidens die verslag is die invordering van boetegeld vir plaaslike munisipaliteite “onmoontlik” omdat die betrokke partye verskeie wette wat munisipale geldbestuur reël, oorskry. Daar heers ook verwarring oor Aarto by die metropolisie, die polisie, die howe en die publiek.

    “Nie een van die metropolisiedienste (landwyd) kan die ingewikkelde Aarto-projek, volume en verwarrende wetgewing hanteer nie. Nasionale instelling moet eers ná volgende jaar geskied.”

    Mnr. Logan Maistry, Ndebele se woordvoerder, het gesê die minister “bekyk alle Aarto-kwessies”. “Ndebele sal die verslag vandag nagaan wanneer hy van Angola af terugkeer.”

  • 22. Beeld  |  Augustus 21, 2009 om 7 : 58

    Antoinette Pienaar

    Pretoria – Dit is nie genoeg om bloot “broek af te trek en te wys” nie.

    Geslagsbepaling is heelwat meer kompleks, het kenners gister gesê na aanleiding van die omstredenheid oor Caster Semenya, Suid-Afrika se nuwe 800 m-wêreldkampioen.

    Dr. Ross Tucker, ’n sportwetenskaplike van die Instituut vir Sportwetenskap in Kaapstad, het op sy blog geskryf die stellings wat die afgelope paar dae oor Semenya gemaak is, “verklap die feit dat daar absoluut geen begrip van die kompleksiteit van geslagstoetsing is nie”.

    Hy het onder meer verwys na haar afrigter, Michael Seme, se staaltjie oor Semenya wat aangebied het om haar broek af te trek toe mense haar wou keer om ’n vrouetoilet te gebruik.

    Prof. Jeff Wing, kliniese hoof van die mediese fakulteit van die Universiteit van die Witwatersrand, het gesê geslag word deur genetiese, ontwikkelings- en sielkundige faktore bepaal.

    “Dit kan gebeur dat iemand met ’n man se chromosome (XY) gebore word, maar dat iets in ontwikkeling skeefloop en die nodige hormone nie met die ontwikkeling van geslagsorgane soos testes help nie. Hy lyk dus soos ’n vrou, maar is geneties ’n man. Niemand sal die verskil kan sien nie.”

    Volgens Wing is sulke gevalle seldsaam en sal dié “vroue” onvrugbaar wees.

    ’n Hermafrodiet is geneties ’n man of ’n vrou wat sowel manlike as vroulike eienskappe en geslagsdele het.

    Volgens Wing kan dit ook gebeur dat ’n persoon ’n ekstra X- of Y-chromosoom het of ’n chromosoom kort – ’n sogenaamde X0-geval.

    “En dan neem ons nie eens die persoon se psigososiale ontwikkeling en gedrag, wat ook deur hormone beïnvloed word, in ag nie,” het Wing gesê.

    Tucker meen Atletiek Suid-Afrika (ASA), wat al ’n geruime tyd van klagtes oor Semenya bewus is, moes die omstredenheid voorsien het en gesorg het dat sy behoorlike toetse ondergaan om ’n krisis te voorkom.

    “Die realiteit is dat ons (Suid-Afrika) so swak vir sulke omstredenheid toegerus is dat dié situasie en die twyfel nou onvermydelik is.”

    Hy het ook verwys na uitlatings deur ASA se mediaskakelbeampte dat ASA nie ’n atleet na ’n Wêreldbyeenkoms sou stuur as hy nie “seker” van die deelnemer se geslag was nie.

    “Hoekom is Semenya dan gestuur? Hoe kan jy ‘seker’ wees sonder dat jy omvattende toetse op haar gedoen het?”

    Hy meen ASA was gretig om Semenya ongeag die gevolge te laat hardloop.

    As sy ’n geslagstoets sou “dop” en van haar medalje gestroop word, sal die gevolge “tragies” wees. Dit sou egter ook onregverdig gewees het om haar te keer om te hardloop omdat dit haar sou ontneem van die kans om ’n wêreldtitel te wen.

  • 23. Beeld  |  Augustus 21, 2009 om 8 : 00

    Wilhelm de Swardt en Sapa-AFP

    Die Suid-Afrikaanse atleet Caster Semenya kan haar 800?m-wêreldtitel behou, selfs al sou sy ’n geslagstoets dop.

    So het mnr. Nick Davies, die Internasionale Vereniging van Atletiek-federasies (IAAF) se woordvoerder, gister gesê.

    ’n Storm het om die kop van dié 18-jarige atleet losgebars nadat dit aan die lig gekom het dat die IAAF gevra het dat sy geslagstoetse ondergaan.

    Davies het gesê daar is ’n onderskeid tussen geslagsbevestiging en om betrap te word dat jy verbode middels gebruik het, aangesien eersgenoemde nie op oneerlikheid neerkom nie.

    Davies het gesê Atletiek Suid-Afrika (ASA) was ongelukkig oor die manier waarop die saak gehanteer is. “(ASA) glo dat sy niks verkeerds gedoen het nie, dat sy daarop geregtig is om te hardloop en dat ons dit daar moes laat.”

    Hy het gesê daar is weens die omstredenheid in haar eie belang deur die IAAF besluit om haar aan die mediakonferensie van die medaljewenners eergister te onttrek.

    Semenya se ouma, me. Maphuthi Sekgala (80), het aan The Times gesê die omstredenheid pla haar nie soveel nie, “want ek weet sy is ’n vrou – ek het haar self grootgemaak”.

    “Sy het my gebel (ná die uitdunne) en gesê hulle dink sy’s ’n man.

    “Wat kan ek doen wanneer hulle haar ’n man noem, want sy is regtig nie ’n man nie. Dit is God wat haar gemaak het dat sy so lyk,” het sy gesê.

    Volgens Phiwe Mlangeni-Tsholetsane, die SA spanbestuurder, verstaan Semenya nie waaroor die ophef gaan nie. “Sy glo sy het ’n Godgegewe talent en sy benut dit.”

    Die algemene gevoel op atletiekwebwerwe gister was dat die besluitnemers van ASA en IAAF die skuld moet kry vir die herrie.

    Die IAAF se beleid vereis sensitiwiteit in sulke gevalle.

    Die gevoel is dat Semenya voor miljoene mense verneder is.

    Mnr. Pierre Weiss, sekretaris-generaal van die IAAF, het aan Universal Sports gesê dit was nie die bedoeling nie en dat hulle tot drie weke gelede nie eens van Semenya geweet nie.

    “Dit is eers toe sy op die Afrika- junior byeenkoms in Mauritius die 800?m in 1:56.72 gewen het dat sy onder ons aandag gekom het.

    “Toe ons die foto’s sien wat van haar in Mauritius geneem is, het ons besluit om vas te stel of sy regtig ’n vrou is.”

    Volgens mnr. Molatelo Malehopo, uitvoerende hoof van ASA, was daar geen rede om Semenya voorheen te toets nie omdat sy ’n vrou is en niemand ooit voorheen gekla het nie.

  • 24. Beeld  |  Augustus 21, 2009 om 8 : 02

    Reuters

    Edinburg (Skotland). – ’n Gewese Libiese agent wat lewenslange tronkstraf opgelê is weens die Lockerbie-ontploffing van 1988 is vrygelaat omdat hy sterwend aan kanker is.

    Abdel Basset Al-Megrahi het minder as drie maande oor om te leef.

    “Hy is ’n sterwende man; hy is terminaal siek. Dit is my besluit dat hy huis toe gaan om te sterf,” het mnr. Kenny MacAskill, Skotse minister van justisie, op ’n mediakonferensie gesê.

    ’n Woordvoerder van die Libiese regering het gesê Al-Megrahi word saam met ’n seun van kol. Moeammar Ghaddafi huis toe gevlieg.

    TV-kameras het gewys hoe hy by die hekke van die Greenock-gevangenis in die weste van Skotland uitgeneem word met ’n klein groepie plaaslike inwoners wat die konvooi uitgejou het.

    Die VSA is gekant teen sy
    vrylating en het gesê hy is “bitter spyt” oor die besluit.

    “Ons het herhaaldelik aan amptenare van die Britse regering en Skotse owerhede oorgedra dat ons glo Al-Megrahi moet sy volle vonnis in Skotland uitdien,” het die Withuis in ’n verklaring gesê.

    Al-Megrahi (57) is die enigste mens wat skuldig bevind is aan die ontploffing op Pan Am vlug 103 oor die Skotse dorp Lockerbie waarin 270 mense gesterf het.

    Sy appèl teen sy skuldigbevinding is in 2002 verwerp, maar ’n Skotse hersiening van sy saak in 2007 het bevind dat geregtigheid dalk nie geskied het nie.

    Familielede van talle van die 189 Amerikaanse slagoffers voel Al-Megrahi moes agter tralies gebly het nadat hy skuldig bevind is aan Brittanje se dodelikste terreuraanval.

    Die families van talle van die Britse slagoffers was nooit heeltemal oortuig van sy skuld nie en glo hy moet huis toe gaan om waardig te sterf.

    Al-Megrahi sal na verwagting ’n hartlike ontvangs van Ghaddafi kry.

    Mnr. Saad Djebbar, ’n Algeriese regsverteenwoordiger in Londen, het saam met Libië aan die Lockerbie-saak gewerk en voel die vrylating het Brittanje ’n groot ekonomiese en diplomatieke guns bewys.

    “Dit sal verhoudinge versterk. Brittanje en Skotland sal groei in die oë van die Arabiese state. Ek kan jou verseker dit sal Britse belange sterk,” het hy aan die BBC gesê.

  • 25. Beeld  |  Augustus 21, 2009 om 8 : 03

    Amanda de Lange
    Die Suid-Afrikaans gebore regisseur Neill Blomkamp het Hollywood oorrompel met sy eerste vollengte-rolprent, District 9. Amanda de Lange het met hom gesels.

    Die ruimtewesens het na Suid-Afrika gekom. En hulle het gekom om te bly.

    Só goed vaar die Suid-Afrikaans gebore regisseur Neill Blomkamp se fliek, District?9 in Amerika dat fliek­gangers hulle solank gereed kan maak vir ’n opvolgfliek.

    Die draaiboek is nog nie geskryf nie en die storie vir ’n opvolg nog nie behoorlik beplan nie, maar Blomkamp is nog glad nie klaar met Johannesburg en sy ruimtewesens nie.

    “Ons weet nog nie of ons vorentoe in tyd of agtertoe sal beweeg nie. ’n Mens kan enige van die twee doen. Ek het nog nie kans gehad om behoorlik daaroor te dink nie,” het Blomkamp aan Plus gesê.

    Die waarheid is dat dié jong regisseur, wat met sy eerste vollengte-rolprent die buiteland aan die gons het, nog nie mooi kans gehad het om alles te laat insink nie.

    Sedert District 9 ’n paar weke gelede sy debuut by die Comic-Con-fees in Amerika gemaak het, kon resensente nog nie uitgepraat raak daaroor nie.
    Op Time.com is daarna verwys as “dié fantasiefliek van die (Amerikaanse) somer”. Verskeie resensente het District 9 vol-
    punte gegee en gesmeek vir ’n opvolg.

    Blomkamp erken ruiterlik hy het nie dié reaksie verwag nie. “Ek het gedink mense sal meer verdeeld wees daaroor en dat sowat 50% fliekgangers glad nie daarvan sal hou nie,” vertel hy laggend.

    Hy was 18 toe hy weg is uit Suid-Afrika en ’n nuwe lewe in Kanada gaan skep het. Toe reeds het Blomkamp geweet hy wil rolprente sy loopbaan maak. Sy loopbaan het relatief stadig aan die gang gekom as jy in ag
    neem hy het op 14 saam met sy vriend Sharlto Copley al met spesiale effekte begin eksperimenteer het. Copley vertolk die hoofrol van Wikus van der Merwe in District 9.

    Sy eerste prent was Alive in Joburg, ’n kortfliek van 6 minute oor ruimtewesens in Johannesburg, wat vervaardig is deur
    Copley. En dis juis hierdie klein rolprentjie wat die deure na groter dinge vir Blomkamp oopgemaak het en waaruit die storie vir District 9 voortgevloei het.

    ’n Vervaardiger by Universal Pictures het Alive in Joburg gesien en besluit Blomkamp is die ideale regisseur vir die fliek
    Halo – gegrond op die rekenaarspeletjies. Ná vyf maande se harde voorbereidingswerk vir dié fliek het dit letterlik oornag deur die mat geval. Peter Jackson, wat vir Lord of the Rings verantwoordelik was, en saam met Blomkamp aan Halo gewerk het, het Blomkamp aangemoedig om dadelik aan die werk te spring met iets anders. Et voilà: District 9.

    Daar is ook talle ander bekende produksies waaraan hy in animasie en spesiale effekte gewerk het soos Smallville, Dark Angel en Stargate SG (seisoen een).

    District 9 is ’n satiriese kykie na sosiaal-politieke omstandighede onder apartheid, maar Blomkamp was slim genoeg om dit nie in kykers se kele af te druk nie. Die stekies na die verlede is subtiel, maar heerlik skerp.

    En hoewel hy 11 jaar lank nie meer in Suid-Afrika woon nie, het Blomkamp gaan delf uit sy eie ervarings onder apartheid.
    “Dis nie dat ek gely het oor apartheid of daaroor sit en huil het nie. Ek het geput uit die beelde en idees wat ek as kind ervaar het. Ek was maar soos elke ander wit kind en het ’n beskermende lewe gelei. Maar ek was baie visueel ingestel en het die Caspirs en die polisie op die paaie gesien en was bewus daarvan dat wit en swart apart geleef het.”

    Hy weet buitelandse gehore gaan nie noodwendig al die plaaslike nuanses van die fliek opmerk nie. Maar in die geheel is dit nie ’n probleem nie, meen Blomkamp – en derduisende Amerikaners stem skynbaar saam.

    Blomkamp was net nie seker hoe die buitelanders sekere van die plaaslike kulturele en geestelike gewoontes sou ontvang nie.

    “Ek het gedink hulle sou negatief reageer teenoor veral die verwysings na moeti. In sy mees ekstreme vorm, sluit dit die eet van menslike liggaamsdele in en Suid-Afrikaners weet dit. Hulle hou dalk nie daarvan nie, maar hulle is bewus daarvan. Die Amerikaners dink nie dis eg nie. Hulle dink ek speel sommer rond, maar nee; dis eg.”

    Sy grootste bekommernis en uitdaging was die realisme van die ruimtewesens wat in die geheel rekenaargegenereerde beelde is.

    Dit was belangrik dat die kyker hulle as eg ervaar en meelewing met hulle ontwikkel, verduidelik hy.
    Dit het hy vir seker bereik. Stap jy by die teater uit, verwag jy nie net om ’n ruimteskip in die lug bo Johannesburg te sien hang nie, maar ook om jou in ’n prawn (soos die aardbewoners neerhalend na die ruimtewesens verwys) vas te loop!

    District 9 word aanstaande Vrydag in Suid-Afrika uitgereik.

  • 26. *Mathilda*  |  Augustus 21, 2009 om 8 : 23

    Ek wonder net – as die ‘man-vrou’ nie gewen het nie – sou daar nogsteeds toetse oor haar/sy geslag gedoen geword het ?

  • 27. *Mathilda*  |  Augustus 21, 2009 om 8 : 35

    Ek het actually die post gelees maar kan nie ‘n woord onthou van wat daar staan nie – ek sal nou wragties weer moet gaan lees !

  • 28. Nats  |  Augustus 21, 2009 om 9 : 12

    Goeie more julle!!

    Sjoe ek dink Gateway in Durban en Canal Walk in die Kaap… maar nou klink dit my gaan Menlyn die nommer een plek vat!

    Snaaks hoe ‘n mens iemand raak loop wat jy ken – as jy kyk na hoeveel mense daar is en hoeveel mense jy ken is die kanse seker skraal dat jy iemand raak loop wat jy ken – maar tog doen jy!

    Ek en Mnr het gaan huise kyk die een dag – toe loop hy vriende raak… ek meen wat is die kanse!!!???

  • 29. *Mathilda*  |  Augustus 21, 2009 om 9 : 19

    hallo nats

  • 30. Nats  |  Augustus 21, 2009 om 9 : 49

    Hi *M*!!!

  • 31. coyote  |  Augustus 21, 2009 om 9 : 59

    ek onthou jare terug was canal walk beskou as di grootse sal nie nou meer weet nie

  • 32. coyote  |  Augustus 21, 2009 om 10 : 01

    en da vergeet ek my maniere by di huis LODA ALMAL

  • 33. Salome  |  Augustus 21, 2009 om 10 : 03

    More Almal!!!
    Wat drink julle? want lyk my ek bring nooit die regte goed saam nie.

  • 34. Nats  |  Augustus 21, 2009 om 10 : 16

    Salome
    Maak dit asb ‘n dompedro… dis mos Vrydag ek mag!😉

  • 35. *Mathilda*  |  Augustus 21, 2009 om 10 : 22

    Saloom – net wat jy bring – solank daar ‘n overdraft in is !

    Coyote – howzit ?

  • 36. Salome  |  Augustus 21, 2009 om 10 : 50

    Ooh Nats – my gunsteling, maar ek moet dit ok drink as daar slaapplek naby is. Dis vir my die beste slaapmedisyne wat hulle nog kon uit dink.

    Mathilda – hoe lyk dit my julle het almal ‘n rowwe week gehad.?

    Nou nie dat myne so rustig was nie, maar ek is darem tuis

  • 37. *Mathilda*  |  Augustus 21, 2009 om 11 : 55

    Saloom

    Nogal – baie stresvol ! As ek ‘n soettand gehad het sou ek my nou al aan tjoklits oorgegee het !

  • 38. Wille Kjind Q  |  Augustus 21, 2009 om 12 : 29

    GGGRRR…………. Mirrag

  • 39. Wille Kjind Q  |  Augustus 21, 2009 om 12 : 30

    Ek dink ek moet nou ma eerder sing

  • 40. Wille Kjind Q  |  Augustus 21, 2009 om 3 : 14

    Dan sing ek maar!!!!!

    Sie ist ein Modell und sie sieht gut aus
    ich nehm sie heut gerne mit zu mir nach Haus
    Sie wirkt so kühl, an sie kommt niemand ran
    doch vor der Kamera da zeigt sie was sie kann

    Sie trinkt in Nachtclubs immer Sekt korrekt
    und hat hier schon alle Männer abgescheckt
    Im Scheinwerferlicht ihr junges Lächeln strahlt
    sie sieht gut aus und Schönheit wird bezahlt – ja

    Sie stellt sich zur Schau für das Konsumprodukt
    und wird von millionen Augen angeguckt
    Ihr neues Titelbild ist einfach fabelhaft
    ich muß sie wiedersehen, ich glaub sie hats geschafft

  • 41. Wille Kjind Q  |  Augustus 21, 2009 om 3 : 14

    Wilder Wein – vor deinem Schloss
    Wilder Wein – ich bin bereit
    man meldet Ankunft – nur für den König
    Gott steh mir bei – und öffne deine Tore
    Wilder Wein – und ganz langsam
    Wilder Wein – so warm und feucht

    Wilder Wein – vor deinem Schoss
    Wilder Wein – es steht geschrieben
    tief im Wasser – kreuzt man nicht
    doch meine Lust – verlacht die Flügel
    Wilder Wein – wie eine Taube
    Wilder Wein – so nass und heiss

    Wilder Wein – vor diesem Dunkel
    Wilder Wein – von Licht geheilt
    es bleibt verborgen – sonst könnten wir uns wehren
    ich warte auf dich – am Ende der Nacht
    Wilder Wein – nur eine Traube
    Wilder Wein – und bitter wie Schnee

    ich warte auf dich – am Ende der Nacht

  • 42. Wille Kjind Q  |  Augustus 21, 2009 om 3 : 15

    Dis Rammstein vi die watti weeti

  • 43. *Mathilda*  |  Augustus 21, 2009 om 6 : 18

    Ek weti eers wat rammstein is nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: