Wreedheid

Augustus 19, 2009 at 6 : 34 60 Kommentaar

Vandag is weer een van daardie dae.  Jy blaai onskuldig deur die koerant en sien dan iets wat jou naar maak tot die krop van jou maag.  In die geval het twee 12-jarige meisies lekkergoed in ‘n snoepie gesteel.  Die eienaar het hulle gevang en besluit om self met hulle af te reken.  Hy het hulle hande in vuurwarm kookolie gedruk.

Ek gee nie ‘n duiwel om dat hulle gesteel het nie.  Hulle kon vir al wat ek omgee gemoor het ook.  Dit gaan nie eers daaroor dat hulle jong kinders is nie.  Ek kan net nie dink hoe enige iemand met ‘n normale verstand dit aan ‘n ander mens kan doen nie. 

Ek het nou die dag kookwater op myself gemors.  En myself amper bevuil, letterlik.  Agterna was daar nie eers ‘n merkie nie.  Water se temperatuur (as ek reg onthou) is laer as die van olie en koel beslis ook vinniger af.  Hoe de duiwel moet dit voel as jou hand in olie gedruk word?  Dink net hoe seer olie spat.  Dit raak maar net ‘n onsigbare deel van jou vel.  Wat nog as jou hele hand in dit gedruk word?  Daardie meisies sal in hulle lewe nooit weer hulle hande kan gebruik nie.   Eerlike hande arbeid is hulle nie beskore nie.

Wat gaan in iemand se kop aan dat hulle soveel genot in ‘n ander se pyn of leed kan put?  Is die mens nie geskep om die mooi te kan waardeer nie?  Wat is mooi aan pyn?  Selfs as ‘n mens vir ‘n oomblik blind was van woede, hoe kan jy so iets deur voer.  Ek kan net dink hoe hulle moes gestoei en gegil het.  Kon niemand hulle kon help nie?

Daar word gesê dat die mens ‘n baie dun lagie beskawing het.  Baie van ons het dalk nie meer die maag vir die tipe geweld nie, maar in ons voorgeslagte was daar beslis mense wat dit geniet? het.  Die mens is seker maar bloeddorstig, kyk met hoeveel smaak is mense op die brandstapel gebrand.  Vandag het ons dalk meer finesse, maar die wreedheid is dalk na ‘n ander vlak geneem.  Dit is immers die wonde wat nie gesien word nie wat die lankste neem om te genees.

Ek verstaan dit nie.  Kan iemand asseblief verduidelik hoe wreedheid as genot gesien word?  Weet die mense nie van beter nie?  Moet iemand hulle gaan leer wat plesier nou eintlik is?

Almal kerm oor misdaad.  Is ‘n wrede straf die antwoord?  Indien wel, leef ek wragtig eerder met die misdaad saam.  Ek steun wreedheid nie. 

Blogvraag:  Wie was die heerser van Frankryk in die tyd van Joan of Arc?

Blogantwoord:  Willes was reg met die van.  Abraham Steyn was die antwoord.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Effentjies-Mens Skepe in die nag

60 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Augustus 19, 2009 om 7 : 00

    EERSTE!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Augustus 19, 2009 om 7 : 01

    Ek weeti. Sal later google……. Net gou besig

  • 3. Wille Kjind Q  |  Augustus 19, 2009 om 7 : 02

    Sal natuurlik ook eers later die post lees

  • 4. Wille Kjind Q  |  Augustus 19, 2009 om 7 : 02

    Check julle later

  • 5. Wheelbarrow Jack  |  Augustus 19, 2009 om 7 : 40

    Joan was die militere heerser ma charles vii was die koning.

  • 6. Wille Kjind Q  |  Augustus 19, 2009 om 8 : 41

    Trug!

  • 7. Wille Kjind Q  |  Augustus 19, 2009 om 8 : 42

    Wit Baas Jack

    Wassit Charles VI?

  • 8. Wille Kjind Q  |  Augustus 19, 2009 om 8 : 44

    Eks rerig te lui om te lees. Wiki is te lank…….

  • 9. Wille Kjind Q  |  Augustus 19, 2009 om 8 : 46

    #7 moet lees ‘ wassitI’

    Aaag…… Whateva. Nou brand my oge en ek moet nog ‘n hoofstuk of 2 lees😉

  • 10. maxie  |  Augustus 19, 2009 om 9 : 55

    Adrie
    Ek het hierdie inskrywing lank en indringend gelees.
    Ek kan geen vorm van wreedheid hanteer nie, hetsy fisiek of verbaal.

    “Man is the only animal that blushes. OR NEEDS TO.”
    Mark Twain

  • 11. Adrie  |  Augustus 19, 2009 om 10 : 18

    Hallo almal

  • 12. Adrie  |  Augustus 19, 2009 om 10 : 18

    LIED VAN DIE KINDERS

    “Laat die kindertjies na My toe kom”

    Die Joodse seuntjie

    Wat sy armpies in die lug steek

    Voor die SS,

    Sy oë wyd gerek,

    Op sy mou die groot, geel Dawidster.

    “Laat die kindertjies na My toe kom”

    die Viëtnamese dogtertjie

    oumens-krom aan haar stok geklem

    op die slagveld heen en weer

    terwyl oor haar bors

    ‘n kruisie hang.

    “Laat die kindertjies na My toe kom”

    die klein vergete Ier

    op ‘n sypaadjie in Belfast

    tussen die bloed en bomme

    wat opnuut sy land vrymaak.

    Laat die kindertjies van Isreal na My kom,

    Gevang in die kruisvuur by Ma’a lot –

    Bang hasies in ‘n bos wat brand.

    Laat hulle kom, die gevreesde koningskinders van jy volk

    Wat die Romeine doodgesteek het

    Toe in ‘n stal se stank van mis en bloed,

    Ek self die Kind van Bethlehem was.

    Verhinder hulle nie

    Herodes

    Dissipels

    Soldate

    Grootmense

    Lina Spies

  • 13. maxie  |  Augustus 19, 2009 om 10 : 46

    Regtig mooi…

  • 14. Salome  |  Augustus 20, 2009 om 7 : 32

    Ai, hoe sê mens iets oor die wreedheid, veral teenoor kinners. Na Heidi se posduif, kon ek ok amper nie gisteraand ‘n oog toe maak nie. As mense mekaar wil verwoes, dan moet hulle maar, maar los die kinders uit!!!

  • 15. Salome  |  Augustus 20, 2009 om 7 : 33

    Oh ja, ek het koffie gebring!!
    en daar is my maniere ok sommer daarmee heen –
    More almal!!!

  • 16. Salome  |  Augustus 20, 2009 om 7 : 35

    Dalk is dit Blou-oog wat my dinge anders laat sien of dalk is dit maar net nie reg nie, maar ek sal ok net wonder hoe kry mense dit reg om so klein brose dingetjie te “boelie”.
    Agge nee julle, vandag se topic is te erg. My moederhart kan dit nie vat nie.
    Ek gaan daai bottel soek wat ek altyd by Wiles se koffie gooi . . .
    Sien julle later

  • 17. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 7 : 48

    More

  • 18. Nats  |  Augustus 20, 2009 om 8 : 57

    Hello julle.

    Sjoe ek het ook daai berig gelees, en weet eerlik nie wat om te sê nie. Mens kry regtig waar siek mense, en hulle loop tussen ons rond – dis baie scary!!!

    Gister aand weer ‘n fliek gekyk “My Flock” oor seks kriminele (nie seker wat mens hulle noem nie) Dis regtig siek!!

  • 19. Salome  |  Augustus 20, 2009 om 10 : 02

    dis al amper weer teetyd en hiers nog niemand . . .
    sal ek nou maar alleen hot choklit drink?

  • 20. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 10 : 39

    @ Saloom

    Hot tjoklit!!!?? EEEUUUWWW!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 21. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 10 : 49

    Ons krag het getrip en was nou vir amper 3 ure af – Saloom – ek sal so biki hot tjoklit vat dankie

  • 22. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 10 : 50

    Hallo nats en willes

    Waar is Beeld vandag ?

  • 23. Salome  |  Augustus 20, 2009 om 10 : 55

    Willes – dis getoor . . .

  • 24. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 11 : 00

    Saloom – hoe gaan dit met jou blou-oog wat se oë groen is ?

  • 25. Salome  |  Augustus 20, 2009 om 11 : 13

    ‘skuus tog dat ek so skielik hier weg is, maar dis hierdie simpel WP wat vir my sê ek comment te vinnig en toe gooi hy my sommer by die deur uit.

  • 26. Salome  |  Augustus 20, 2009 om 11 : 15

    met Groen/bruin/geel oog (die kind kan ok nie besluit watter kleur hy wil wees nie) gaan dit baie goed dankie. die goed groei mos soos kakiebos en hopelooslik te slim vir sy ouderdom

  • 27. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 11 : 47

    Dit kan jy weer sê ! Hulle word slim gebore

  • 28. Beeld  |  Augustus 20, 2009 om 12 : 36

    Van stofdorpie in Limpopo tot Goud in Berlyn
    Aug 20 2009 01:38:14:010AM – (SA)

    Maar is sy regtig ‘n vrou?

    ‘Ons hoor Caster is so goed soos Zola’

    Wilhelm de Swardt

    Die 18-jarige Caster Semenya van die Universiteit van Pretoria het gisteraand in Berlyn, Duitsland, die atletiekwêreld geskud toe sy die eindronde van die 800 m vir vroue in 1:55.45 gewen het.

    Dit is vinnigste tyd vanjaar in dié nommer en die eerste keer in ses jaar dat ’n Suid-Afrikaanse atleet ’n medalje op die Wêreldbyeenkoms kon wen.

    Een ding is gewis, daar gaan nog lank gepraat word oor Semenya se vaartversnelling oor die laaste sowat 150 m.

    Sy het vir die wêreld se bestes weggehardloop en byna 20 m voor haar naaste teenstander, Janeth Jepkosgei Busienei van Kenia, geëindig.

    Die Keniaan, die verdedigende kampioen, se tyd was 1:57.90.

    Brittanje se Jennifer Meadows was derde in 1:57.93.

    “Jamaika mag wel vir Usain Bolt hê, maar Suid-Afrika het Caster Semenya. Sy is die Bolt van vroue-middelafstandatletiek,” het ’n byna uitasem Ilze Wicksell gisteraand gesê.

    Wicksell is die eerste Suid-Afrikaanse vroue-atleet wat die 800 m in minder as 2 minute kon aflê.

    Volgens Wicksell het sy nog nooit iemand sien hardloop soos Semenya dit gisteraand gedoen het nie.

    “Daardie eerste 400 m van haar was ongelooflik. Ek weet nie waar sy die krag vandaan gekry het om ná ’n eerste rondte van 56.31 sek. oor die laaste 150 m vir almal weg te hardloop nie. Dis ongelooflik.

    “Ek het Maria Mutola, een van die 800 m-legendes, baie in aksie gesien. Toe sy op haar beste was, kon sy nie só vir almal weghardloop nie. Eintlik het ek nie woorde om Semenya se vertoning te beskryf nie.

    “Ek twyfel nie dat sy tot ’n nog baie vinniger tyd in staat is.”

    Michael Seme, afrigter, het gesê daar is geen trotser afrigter as hy nie.

    “Om ’n atleet soos Caster af te rig is ’n voorreg.”

    Seme het drie weke gelede al voorspel dat Semenya 1:55 op dié wêreldbyeenkoms sal hardloop.

    Volgens hom sal sy nie sommer vanjaar nog vinniger hardloop nie.

    “Sy moet nou eers rus en haar atletiek geniet. Ons gaan ons eers aanstaande jaar weer oor tye bekommer.”

    Volgens Seme het al Semenya se oefenmaats gisteraand in Tuks se High Performance Centre die wedloop op televisie gevolg.

    Die oomblik toe sy voor begin hardloop, het almal opgespring en hul heldin luidkeels begin aanmoedig. “Dit het Caster se oorwinning vir my nog meer besonders gemaak.”

  • 29. Beeld  |  Augustus 20, 2009 om 12 : 36

    Onnie wat lol wil weer werk
    Aug 20 2009 01:09:44:457AM – (SA)

    Alet Rademeyer

    ’n Onderwyser wat drie jaar gelede tronk toe gestuur is oor hy met minderjarige seuns gelol het, sal ’n “billike en behoorlike” kans kry om te oortuig dat hy weer vir die onderwys geskik is.

    So het mnr. Rej Brijraj, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro), gister gereageer op ’n geval van ’n veroordeelde onderwyser wat glo vanuit die tronk aansoek doen om ’n nuwe pos.

    David Jacobus Olivier (46) is in 2006 vir vyf jaar tronk toe gestuur.

    Hy het voor sy inhegtenisneming by verskeie skole in Limpopo gewerk, waaronder die Meridian Kollege in Tzaneen.

    Me. Thea Gerber, hoof van die kollege, het aan Beeld bevestig dat ’n interne ondersoek vroeër by die kollege gedoen is ná klagtes van ouers.

    Olivier is nie tydens die ondersoek aangekla nie, maar later ná ’n ondersoek deur die kinderbeskermingseenheid aangekeer.

    Gerber het Saro gekontak om Olivier se skuldigbevinding onder die raad se aandag te bring.

    Sy is na bewering meegedeel dat Saro sy eie ondersoek en verhoor moet hou voordat Olivier van die rol geskrap kan word.

    Gerber het gesê dit is onlangs onder haar aandag gebring dat Olivier tans vanuit die tronk om poste by ’n naburige skool aansoek doen.

    Sy het gesê sy wil net hê dat mense van Olivier se vorige veroordeling weet voordat hy weer toegelaat word om met kinders te werk. “Hoe is dit moontlik dat ’n onderwyser net toegelaat kan word om na die beroep terug te keer sonder dat iemand ’n oog knip oor wat hy vroeër gedoen het?” wou sy weet.

    Brijraj het gesê: “Alle klagtes van onderwysers moet deur Saro verwerk word.”

    Hy het gesê dit sal nie “sommer maklik” gebeur dat ’n onderwyser wat geskrap is weer tot die beroep toegelaat word nie.

    “Die normale prosedure is om enigiemand wat uit die tronk kom na te gaan en ’n billike en behoorlike kans te gee om te bewys dat hulle gerehabiliteer en geskik vir die onderwys is.

    “Dit is moeilik om te sê of die betrokke geval weer toegelaat sal word. My persoonlike mening is dat dit nie sal gebeur nie. Maar die raad moet die nodige prosedures volg.”

    Volgens Brijraj was daar al onderwysers wat voorheen ná ’n verhoor nié weer tot die onderwys toegelaat is nie, maar daar was ook diesulkes, soos alkoholiste, wat kon bewys dat hulle gerehabiliteer is.

    Hy het gesê daar is mense wat hul foute wil regmaak en ’n tweede kans kan kry.

  • 30. Beeld  |  Augustus 20, 2009 om 12 : 38

    ‘Sy haal toe nie 21ste verjaardag’
    Aug 20 2009 01:09:46:893AM – (SA)

    Antoinette Pienaar

    ‘My baby-dogter was toe reg, sy het nie haar 21ste verjaardag gehaal nie.”

    So het mnr. Christo Pretorius (52) van Andeon in die weste van Pretoria gister vertel nadat sy dogter Annique (20) vandeesweek aan pandemiese H1N1 2009 (varkgriep) dood is.

    Pretorius jr., die eerste bevestigde varkgriepsterfte in Gauteng, het op 8 Augustus begin siek voel.

    “Sy was naar en het lyfseer gehad. Kinders kan maar dramaties wees en ek het eers gedink sy maak haar koorspen warm, maar toe ek haar koors meet, was dit byna 40 ºC.”

    Sy is ’n dag later by die Pretoria-Wes-staatshospitaal opgeneem, waar ’n dokter varkgriep vermoed het.

    Die volgende oggend het sy glo nog slegter gevoel, maar is op 11 Augustus ontslaan.

    “Sy het vir my gesê sy sal nie op haar 21ste verjaardag op 31 Augustus tuis wees nie. Ek het nog gesê dit is onsin.”

    Pretorius het haar dieselfde aand teruggeneem hospitaal toe omdat haar koors glo nog sowat 40 ºC was en sy is die volgende dag vir varkgriep getoets.

    Pretorius jr. het Vrydag moeilik begin asemhaal en long-x-strale is geneem. “Die een lob was driekwart wit en die ander een vol kolle.

    “Sy het my 01:00 Saterdag gebel en gesê: ‘Pappa ek is baie lief vir jou’. Ek het gesê sy moet rus en het haar weer om 06:00 gebel, maar haar foon het net gelui. Ek het die saal gebel en die verpleegsters het gesê sy slaap. Ek het weer gebel en gevra hulle moet haar wakker maak. Die verpleegster het kort daarna gevra ek moet oor ’n kwartier weer bel omdat daar probleme was.”

    Pretorius sr. het hospitaal toe gejaag. “Toe ons daar kom was hulle besig om ’n pyp in haar keel te druk en toe loop daar sulke vog uit.”

    Volgens Pretorius sr. is sy dogter later die oggend na die Kalafong-hospitaal oorgeplaas en suurstof gegee. “Sy het die pype uitgetrek. Hulle het haar gestabiliseer, maar daarna het haar oë nie weer oopgegaan nie.”

    Maandag het die toetsresultate varkgriep bevestig.

    Behandeling is eergistermiddag gestaak omdat haar brein ophou funksioneer het. Haar niere en longe het ook ingegee.

    “Hierdie ding vat aan my. ’n Ou wonder hoekom was dit nie eerder een van ons ouer mense nie. Ek het vir haar ’n pienk kis laat maak en sal nou maar haar 21ste verjaardag-geld vir die begrafnis gebruik.”

    Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het gister bevestig Pretorius jr. was die eerste bevestigde varkgriepsterfte in Gauteng en die sewende in die land.

    Volgens Pretorius sr. het sy geen onderliggende siektes gehad nie.

  • 31. Beeld  |  Augustus 20, 2009 om 12 : 40

    Kuikens: Taakspan slaan toe
    Aug 20 2009 01:07:59:880AM – (SA)

    Elise Tempelhoff

    Potchefstroom. – Die Groen Skerpioene van die departement van omgewingsake het gister hier by die omstrede lêhoenderplaas Boskop Layer Chicks toegeslaan.

    Saam met hulle was verteenwoordigers van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) en ’n ondersoekspan van die polisie.

    ’n Polisiewoordvoerder het later gesê mense “staan tou” om verklarings teen mnr. Jan Serfontein sr., eienaar van die plaas, af te lê.

    Mev. Juanita Serfontein, sy vrou, het in ’n luukse wit Mercedes-Benz gery en het Beeld by die hek voorgekeer.

    Sy het gesê: “Hierdie onderneming is van God afgebid. God kyk na ons. Ons het Hom gevra om die deure toe te maak as ons iets verkeerds gedoen het.

    “Die deure het nie toegegaan nie; inteendeel, hier stap nog elke dag klante in.

    “Julle maak so ’n ophef van nietige ou haantjies. Wat van al die ander onreg in die wêreld?

    “Ons is gefrustreerd. Ons kan nie met ons werk aangaan nie. Vandag is hier weer ’n klomp mense,” het sy gesê met verwysing na die groep ondersoekers wat op die plaas toegeslaan het.

    ’n Emosionele mev. Serfontein het gesê haar familie en hul werkers wil net met hul werk voortgaan, maar hulle word dit nie gegun nie.

    “Ons en ons mense leef in onsekerheid. Hulle dink ons sal moet toemaak. Weet jy dat meer as 100 mense vir hul werk van ons afhanklik is?

    “Ons het niks verkeerd gedoen nie. Wys my een onderneming in Suid-Afrika wat nie soms ’n fout maak nie.

    “Die waarheid sal nog uitkom. Daar is mense wat kwaad stook.”

    Mnr. Serfontein sr. het vroeër vandeesweek ontken hy het sy werkers opdrag gegee om tot 70 000 dag oue haantjies in die sementdam te gooi om van hulle ontslae te raak. Hy het by monde van mnr. George Gibbens, sy prokureur, gesê Boskop Layer Chicks vergas die haantjies en begrawe dan hul karkasse of gee dit aan leeu- en varkboere as voer.

    Toe Beeld later gistermiddag sy seun, ook Jan, vra om bewys te lewer van die kwitansies van die onderneming waar hulle die gas koop, het hy geweier om te praat en die koerant na Gibbens verwys.

    Gibbens het geweier om kommentaar te lewer en gesê hulle is besig met ’n reeks siviele eise teen mense wat mnr. Serfontein sr. belaster het.

    Albei mnre. Serfontein het Beeld toegang tot hul perseel geweier en volgehou hulle het niks om weg te steek nie.

    ’n Woordvoerder van die polisie se speurtak in Potchefstroom het gesê die polisie het die hoenderhokke gister besoek en ook monsters geneem van die oorblyfsels van dooie hoenders, kuikens en eiers wat nog in die dam gelê het. “Dit sal nou forensies ondersoek word.”

    Me. Roopa Singh, woordvoerder van die departement van omgewingsake, het gesê die Groen Skerpioene het die perseel besoek om onder meer vas te stel of afvalwetgewing oortree is.

    Me. Kay Prinsloo, inspekteur van die NDBV, het gesê die ondersoek in verband met nege klagte van dieremishandeling is in ’n gevorderde stadium.

  • 32. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 12 : 52

    Nou is ek EERS gestres !

  • 33. Beeld  |  Augustus 20, 2009 om 1 : 02

    Bure mor oor man se ‘slaghuis’ by huis
    Aug 20 2009 01:07:59:237AM – (SA)

    Buks Viljoen

    Inwoners van Balfour in Mpumalanga is erg omgekrap oor ’n skaapboerdery en oënskynlik onwettige slagpale wat by ’n woonhuis hier bedryf word.

    “Die hele omgewing stink vrot en ’n vlieëplaag teister ons,” het ’n klaer, wat anoniem wil bly, gister gesê.

    Inwoners van Dyerstraat is knorrig oor die beweerde skaapslagtery van mnr. Hendrik Gloy by huis 151.

    Gloy hou ’n trop skape agter in sy erf aan en van die diere beland glo sommer daar onder die slagtersmes.

    ’n Man wat by Gloy werk, het eergister aan ’n leser bevestig hulle verkoop skape en het die diere gaan uitwys.

    Foto’s wat aan Beeld verskaf is, wys hoe vars afgeslagte skaapvelle op die grasperk in die son lê en droogbak.

    In ’n draadkampie agter in die erf wat as voerkraal gebruik word, is minstens tien skape.

    Gloy het gister aan Beeld bevestig hy hou skape op die erf aan, maar ontken hy verkoop die diere.

    “Ek slag wel skape, maar dis net vir myself en my kinders.”

    Die Dipaleseng-munisipaliteit het gister gesê Gloy het nie toestemming om skape in die buurt aan te hou nie.

    Mnr. Mohlalefi Lebotha, raadswoordvoerder, het gesê volgens die munisipale regulasies mag geen lewende hawe op ’n woonerf aangehou word nie.

    Diere mag ook nie sonder toestemming op die erf geslag word nie. Toestemming word net in uitsonderlike omstandighede (soos ’n slagting vir tradisionele doeleindes) toegestaan.

    Lebotha het gesê die raad het reeds ’n ondersoek na die klagtes begin. Omdat die munisipaliteit egter nie hul eie gesondheidsinspekteurs het nie, is die Gert Sibande-distriksmunisipaliteit se hulp met die ondersoek ingeroep.

    Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) gaan ook ’n ondersoek oor die voorval doen.

    “Dit gaan nie vir ons oor óf die diere geslag word nie, maar eerder oor die manier waarop dit gedoen word,” het me. Christine Kuch, nasionale woordvoerder van die NDBV, gesê.

  • 34. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 1 : 31

    Juffrou vra vir Gatiep om sinne te maak met ‘gewig’ en ‘ massa ‘.
    Gatiep se antwoord:
    My pa sê vir my ma, ‘Djy moet gewig veloer djou vetgat’.
    Dan sê my ma, ‘Djou massa moer!’

  • 35. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 1 : 37

    Willes !!!

  • 36. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 1 : 46

    TILLA!!!!!!!!!!!!!!!

  • 37. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 1 : 47

    My stjoepid Firefox is besig om te update en nou maakit ALLES starrag

  • 38. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 1 : 50

    Solank dit net starrag is en nie WEG nie !

  • 39. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 19

    Firefox het my maaikie ingesluk !

  • 40. Adrie  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 20

    Hallo . . . . Hallo . . . . . Hallo

    BWHAHAHAHAHAHAHAHAHAAH

  • 41. Adrie  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 27

    Hmmmm

    Sien ek word geboikot.

  • 42. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 29

    Wat het ek gemis wat snaaks was ?

    Hallo kloon

  • 43. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 32

    Wie boikot jou ?

  • 44. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 33

    Toi Toi

  • 45. Adrie  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 35

    🙄

    Ek gaan nie prentjies teken nie.

  • 46. Adrie  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 35

    Wanneer kry julle Plig se uitslae?

  • 47. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 37

    Hulle het gesê more

  • 48. Adrie  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 40

    Dit is gou. Julle kan bly wees. Ek het gehoor daar is ‘n groot agterstand by die lab.

  • 49. Adrie  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 41

    Iemand het my vandag vertel dat in Kaapstad alleen gaan elke dag meer mense dood aan taxi ongelukke as wat daar al mense aan varkgriep dood is.

  • 50. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 41

    Maar dan nou weer aan die ander kant het hulle nog ‘n toets gedoen en daai uitslae sou gister beskikbaar gewees het en ons weet nou nog niks van hom ook nie

  • 51. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 42

    Normale tye of nou met daai reën daar ?

  • 52. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 44

    Ja dit was op die nuus Dinsdag, dit vat normaalweg net ‘n dag – maar omdat daar so baie getoets moet word is hulle baie agter.
    ‘n laaitie in my sussie se seun se klas het dit

  • 53. Adrie  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 44

    Die labs het hulle hande vol. Hulle kry nie eers tyd om te gaan piepie nie

    My vriendin werk in so ‘n lab. Hulle moet vir varkgriep toets binne 5 dae en nou raak-raak dit in 8 dae. Daar is net te veel.

  • 54. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 45

    Willes – kom toi toi maar – as dit al manier is om jou hier te kry – gaan mal !

  • 55. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 48

    Jip – hulle doen die mense soos swanger vroue en so eerste op priority en dan na die ander gevalle met simptome en laaste die wat dit maar net laat doen het omdat hulle in ‘n area was waar dit voorgekom het en maar net bekommerd is

  • 56. Adrie  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 50

    Op enige normale dag

  • 57. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 3 : 57

    Wow – dis hectic !

  • 58. Adrie  |  Augustus 20, 2009 om 4 : 00

    Mense raak gewoonlik net histeries oor niks.

  • 59. Wille Kjind Q  |  Augustus 20, 2009 om 4 : 35

    TOI TOI TOI TOI TOI TOI TOI TOI TOI

  • 60. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2009 om 4 : 51

    True

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: