Effentjies-Mens

Augustus 18, 2009 at 5 : 30 28 Kommentaar

Pieter en sy vriende het hulle gratis minute by hulle gades verdien en kan die aand gaan kele natmaak.  Dit gaan lekker daar waar geen vroulief ‘n ogie kan hou nie.  Hulle voel vry, hulle voel man.  ‘n Man het behoeftes en daar is ‘n vrou alleen in die parkeerarea.  Net wat hulle nodig het om die aandjie af te rond.  Pieter is egter nie so seker nie.  Hy waarsku die ouens dat iemand die polisie kan bel.  Dadelik word hy as ‘n slapgat gemerk. 

Goed, ek het ‘n baie kras voorbeeld gebruik, maar ook ‘n baie geldige een.  Daar is soveel ander voorbeelde:  Die seuntjie wat sy ma gaan vertel sy maatjies maak vuur.  ‘n Ma wat van haar kind ‘n slapgat maak omdat sy nie toelaat dat hy geboelie word nie.  Die mens wat opstaan vir wat reg is ongeag van wat die res dink.

‘n  Bosbokram en ‘n effentjiesman is dieselfde.  Loop altyd agter die ooi.

Die bogenoemde aanhaling kom uit Kringe in ‘n Bos van Dalene Matthee.  Die verklaring vir die metafoor is duidelik.  ‘n Effentjies man / vrou / MENS is ‘n lafaard.  ‘n Ruggraatlose bangbroek slapgat suurstofdief.  Ook bekend as ‘n pissie of ‘n sissie.  Iemand wat almal verag en niemand ‘n goeie woord oor te sê het nie.

 Dit is die sinonieme, maar WAT is ‘n effentjies-mens nou eintlik?  En hoekom gebruik groepe effentjies-mense dikwels die afpersing dat die onskuldige ‘n papbroek is as hy of sy nie saam speel nie? 

Vir my is dit iemand wat in die eerste plek nie verantwoordelikheid kan neem vir hulle eie dade nie.  Die oortreffende trap is iemand wat ‘n ander onskuldig tot ‘n val bring deur nie verantwoordelikheid te neem nie.  Wat nie omgee om iemand te vernietig nie, solank hy/sy sonder ‘n merkie anderkant uitkom.  Na my mening is die meerderheid mense hieraan skuldig.

Tweedens is dit iemand wat hulle monde sal hou oor ‘n onreg.  Uit vrees dat hulle aansien gaan daal of  omdat hulle “nie betrokke” wil raak nie.  Dit is dalk eerder ‘n voorbeeld van nie dapper wees nie.  Is dapper die teenoorgesteelde van sissie wees?  Is daar iets tussen in?  Iets waar ‘n mens met integriteit welkom sal wees?

Iewers moet iemand dalk ‘n Effentjies-Mens anoniem gaan stig.  Die eerste stap tot genesing is erkenning.  Wie het in die geval die guts om te erken?

Blogvraag:  Wat was die ou man se naam wat Saul geleer het om ‘n meubelmaker te wees?

Blogantwoord:  Willes was reg met Goodfellas.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Bakoond Wreedheid

28 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Augustus 18, 2009 om 6 : 31

    EERSTE!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Augustus 18, 2009 om 6 : 32

    Oom Abraham Steyn

  • 3. Wille Kjind Q  |  Augustus 18, 2009 om 6 : 32

    Ek dink……….

  • 4. *Mathilda*  |  Augustus 18, 2009 om 7 : 04

    Willes

  • 5. Wille Kjind Q  |  Augustus 19, 2009 om 5 : 23

    😡👿

  • 6. Adrie  |  Augustus 19, 2009 om 7 : 02

    Grrr

  • 7. Beeld  |  Augustus 19, 2009 om 8 : 07

    Jan de Lange

    Die manier waarop regstellende aksie in die staatsdiens toegepas word, het in die arbeidshof ’n bloedneus gekry.

    In ’n skikking voor die hof is vier polisiebeamptes, wat vyf jaar gelede bevordering ontsê is, met terugwerkende krag gelyk gegee op al die punte van hul beswaar.

    Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die skikking inderhaas en onverwags aangebied en sodoende gekeer dat regspraak ontwikkel oor kritieke aspekte van regstellende aksie. Die geding van die vier beamptes was die belangrikste toetssaak nóg oor regstellende aksie in die staatsdiens.

    Die saak, wat deur vier forensiese wetenskaplikes aanhangig gemaak is, is eergister geskik deur alle eise toe te staan waarom hulle reeds in November 2004 gevra het: onmiddellike bevordering wat destyds geweier is weens hul velkleur, asook volle terugwerkende vergoeding asof hulle destyds reeds bevorder is.

    In dié saak het die SAPD besluit om kernposte vakant te laat eerder as om wit kandidate aan te stel.

    Die wit aansoekers wat geweier is, was ten volle vir dié hoogs kundige poste gekwalifiseer – met formele opleiding en jare lange ervaring.

    Dié gebruik om poste eerder vakant te los wanneer gekleurde kandidate nie daarvoor gevind kan word nie, is algemene praktyk – nie net in die SAPD nie, maar regdeur die staatsdiens, het twee onafhanklike staatsdiensvakbonde gister gesê.

    Solidariteit het die saak namens die vier forensiese wetenskaplikes, inspp. Lionel de Jager, Corlett van Ham, Hannes Geustyn en H. Ueckermann, gevoer. ’n Vertroulikheidsklousule in die skikking het die vakbond en die vier beamptes die mond gesnoer.

    “Ons kan niks meer daaroor sê as dat ons tevrede is nie,” het mnr. Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, gister gesê.

    ’n Skriftelike regsmening wat vir die saak aangevra is van adv. John Grogan SC, een van die top-arbeidsregspraktisyns in die land, lui dat regstellende aksie “iets moet bereik, verkieslik dat dit voorheen benadeeldes moet beskerm of help”.

    “Hoe kan aangevoer word dat dit enige voorheen benadeelde kandidaat help of beskerm deur ’n pos vakant te laat bly?” het Grogan in sy pleitstuk gevra.

    Die SAPD het die dienste van die staatsprokureur beëindig en prokureurs van Bowman Gilfillan, een van die land se grootste regsfirmas, vir die saak gehuur.

    ’n Skikking is onlangs aangegaan en is eergister ’n bevel van die hof gemaak. Dit is nou ’n openbare dokument.

    De Jager en Van Ham is albei chemiese ontleders in die SAPD se forensiese laboratorium in Pretoria met nagraadse kwalifikasies in chemie en onderskeidelik 12 en sewe jaar ondervinding.

    Hulle is in September verlede jaar in elk geval van inspekteurs tot kapteins bevorder, maar kry nou terugwerkende vergoeding asof hulle reeds in Desember 2004 kapteins was toe hul bevordering weens hul velkleur geweier is.

    Geustyn, ’n forensiese ondersoeker, word onmiddellik tot ’n kaptein bevorder en kry ook volle terugwerkende vergoeding.

    Ueckermann, ’n mineraloog met ’n M.Sc.-graad in chemie en 12 jaar ondervinding in fisiese en chemiese ontledings, het weens perke op sy loopbaan geëmigreer.

    Mnr. Neal Truter, adjunkpresident van die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu), het gister gesê dié vakbond is op die oomblik in verskeie dispute gewikkel waarin bevordering aan wit polisie-lede geweier word ondanks die feit dat geen gekleurde kandidate gevind kan word nie.

  • 8. Beeld  |  Augustus 19, 2009 om 8 : 09

    Frans Coetzee

    Bloemfontein. – Twee skoolmeisies se hande is blykbaar in kookolie gebrand nadat hulle glo kaaskrulle in ’n winkel gesteel het.

    Die twee 12-jariges was eergisteraand in ’n snoepwinkel in die woonbuurt Mandela Square in Prieska. Hulle het glo kaaskrulle en ander lekkergoed vasgelê.

    Die winkeleienaar het hulle glo betrap en hul hande na bewering in warm kookolie gedruk.

    Een van die meisies is glo ook in die ribbes geskop.

    Kapt. Cherelle Ehlers van die polisie het gesê die meisies is later die aand met brandwonde in ’n huis aangetref.

    Die polisie het die tieners na ’n hospitaal geneem vir behandeling, waar hulle steeds versorg word.

    ’n Verdagte (32) is in hegtenis geneem op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

    Hy verskyn eersdaags in die landdroshof.

    Mnr. Deon Pieterse, hoof van die Primêre Skool Prieska, het gesê een van die slagoffers is ’n gr. 6-leerling in sy skool.

    Volgens Pieterse is dié “onmenslike optrede” ’n simptoom van die geweldkultuur in die Prieska-gemeenskap.

    Die ander meisie is ’n leerling in gr. 7 aan die Primêre Skool R.D. Williams op die dorp.

    Volgens Pieterse kom die meisies uit behoeftige gesinne.

    “Ek het hulle in die hospitaal besoek. Die letsels sal die res van hul lewe aanwesig wees.

    “Die hande waarmee hulle eendag moet werk, is nou geskend,” het hy gesê.

  • 9. Adrie  |  Augustus 19, 2009 om 8 : 11

    Nog ‘n effentjies-mens

    Ek wil sy goed met kookolie brand.

  • 10. Beeld  |  Augustus 19, 2009 om 8 : 11

    Hilda Fourie
    Haar sagte, benoude miaaus en haar eienaar se vasberadenheid het gekeer dat ’n Pretoriase kat al nege haar lewens toegebou tussen ’n bad en bakstene moes prysgee.

    Dit het alles by ’n lekkende bad en die nuuskierigheid van Francine, ’n Persiese kat, begin.

    Me. Liezel Meyer (34) van The Wilds in die ooste van Pretoria het al meer as ’n week lank probleme met ’n lekkende bad.

    ’n Loodgieter het die probleem vroeër vandeesweek herstel. Hy moes twee teëls afhaal en bakstene uitbreek om onder die bad in te kom. Francine se nuuskierigheid het haar in dié oop gat ingelok.

    Sonder om dit te besef het die loodgieter die gat eergister omstreeks 14:00 toegebou.

    Toe Meyer omstreeks 17:00 by die huis aankom het sy onraad vermoed “omdat Fran-cine nie ’n katjie is wat rondloop nie”.

    Meyer en mnr. Heinrich Prinsloo, haar vriend, het oral na Francine gesoek, maar vergeefs.

    Teen 20:00 het Meyer ’n laaste keer deur haar huis gegaan om Francine te soek.

    “Toe ek in die badkamer kom, het ek ’n benoude gemiaau gehoor.

    “Haar miaau was uitsonderlik, benoud op sy beste.

    “Ek het vroeër gewonder of sy nie miskien daarbinne is nie, maar wat is die kans? Toe ek haar hoor, het ek net geweet.”

    Meyer het ’n skroewedraaier gegryp en die teëls se pleister uitgekrap. Sy het op haar boude gaan sit en die bakstene uitgeskop en ’n verskrikte Francine aan haar pote by die gat uitgetrek.

    Francine het heeltyd in ’n klein spasie tussen die muur en ronding van die bad gesit.

    “Sy was vol nat sement en modder.

    “Ons het toe seker ’n uur se badsessie gehad om al die vuilgoed uit haar hare te kry,” het Meyer gesê.

  • 11. Wille Kjind Q  |  Augustus 19, 2009 om 8 : 12

    GGGRRR!!!!!!!!!!

  • 12. *Mathilda*  |  Augustus 19, 2009 om 8 : 16

    Willes ?
    Adrie ?

    Wat grrrr julle so vroeg ?

  • 13. Beeld  |  Augustus 19, 2009 om 8 : 16

    Jeanne-Marié Versluis

    As jy sê jy haat ’n spesifieke klas van mense, is dit rassisme.

    So het regter Lionel Sapire gister in die hooggeregshof in Pretoria aan mnr. Brian Read, ’n inwoner van die Woodhill-gholflandgoed in die ooste van dié stad, gesê.

    Hy het ’n mede-inwoner glo ’n “typical f***ing Dutchman” en ’n “f***ing Vlok” genoem.

    Read en mnr. Johan Paul Kleynhans, ’n raadslid van Nissan SA, het skadevergoedingseise teen mekaar in dié hof ingestel ná ’n voorval op 29 Oktober 2006 buite die landgoed se gholfklubhuis.

    Dit is gemene saak tussen die partye dat Read onder meer aan Kleynhans gesê het: “I hate all of you Dutchmen. You are all the f***ing same.”

    Read voer aan die woorde was geregverdig. Hy beweer Kleynhans het hom weer ’n “k*****boetie” en ’n “soutie” genoem. Kleynhans ontken dié aantygings.

    Read, ’n konsultant wat sy eie onderneming besit, het gister getuig hy het die dag van die voorval drie dubbel-Jack Daniels-drankies met sodawater gedrink.

    Kleynhans het op die stoep saam met ’n groepie mense gekuier. Read het getuig mnr. Maestro Morake, ’n kelner, het met ’n sak verbygestap wat iemand in die klubhuis vergeet het.

    Volgens Read het hy aan Morake gesê dié moet die sak vir die eienaar daarvan neem en ’n fooitjie vra vir sy eerlikheid. Morake is toe agter Kleynhans aan na die parkeerterrein.

    Read het getuig “skynbaar” het Kleynhans aan Morake gesê dit is nie sy (Kleynhans se) sak nie en Morake moet daarmee “f*** off”.

    Hy (Read) het uit die klubhuis ge-stap, in Kleynhans “vasgeloop” en gesê hy moet ’n fooitjie betaal vir die vind van die sak. Kleynhans het gesê hy het reeds vroeër ’n R200-fooi aan Morake gegee. Volgens Read het Kleynhans hom toe ’n “k*****boetie” en “soutie” genoem. Read het daarna getuig hy is “trots” daarop om “soutie” genoem te word, maar het erg aanstoot geneem oor die “k*****boetie”.

    Read het erken hy het Kleynhans se motordeur se skarniere beskadig toe hy die deur te ver oopgemaak het, maar sê dit was ’n ongeluk.

    Read het getuig hy het aan Kleynhans gesê: “You are all the same” omdat “hulle almal Afrikaans praat”.

    Hy het gesê Kleynhans is ’n “f***ing c**t” omdat hy bedoel het Kleynhans is ’n “idioot”, het hy getuig.

    Die woord “c**t” word algemeen in Suid-Afrika gebruik en hy dink nie mense sal noodwendig beledig voel daardeur nie, het Read getuig.

    Kleynhans eis R200 000 weens beweerde laster en skade aan sy reputasie en waardigheid.

    Read eis R250 000 weens beweerde inbreukmaking op sy privaatheid en skade aan sy reputasie en geestelike welstand. Kleynhans eis ookR2 508 weens motorskade.

    Sapire het die partye gister aangeraai om te skik, maar dit het nie gebeur nie.

    Hy het uitspraak voorbehou.

  • 14. Beeld  |  Augustus 19, 2009 om 8 : 21

    Antoinette Pienaar
    Terwyl die ANC mediese skemas van ondoeltreffendheid beskuldig, pak dié fondse die skuld op diensverskaffers, veral spesialiste.

    Me. Jessie Duarte, ANC-woordvoerder, het gister in ’n verklaring gesê die “volgehoue krisis” in die mediesefondsbedryf kwel die ANC.

    Mediese premies skiet die hoogte in met lede wat tussen R12 000 en R80 000 per jaar opdok, maar hul voordele is voor die einde van die jaar uitgeput, het sy gesê.

    Volgens die ANC is baie mense onderverseker.

    “Hulle behoort tot ’n skema, maar moet vooraf baie betaal vir mediese dienste of beperkte voordele verduur. Dit ondermyn fondse se nut.”

    Die ANC het fondse ook daarvan beskuldig dat werkgewers tot R13 miljard aan uitspattige administrasiekoste soos bemarking, reuse-salarisse aan uitvoerende hoofde, makelaarsgeld, bonusse en winste bestee.

    Mnr. Abrie Spies van Pinnacle Healthcare-makelaars het gister gesê dié stellings is onakkuraat en lyk soos politieke voorbrand vir die nasionale gesondheidsversekeringsplan (NGV).

    Mediese skemas mag nie wins maak nie, net die maatskappye wat hulle administreer, het hy gesê.

    Skemas kan ook nie die skuld kry vir die stygende mediese besteding nie, maar eerder diensverskaffers, veral spesialiste.

    Duarte het gesê die ANC “deel die siening dat die mediesefondsbedryf voortdurend misluk om gesondheidsorg se koste te beheer en nie die vermoë het om doeltreffendheid in die private sektor te bewerkstellig nie”.

    “Met wie deel hulle dié siening?” wou Spies weet.

    “Pleks dat hulle diensverskaffers en spesialiste vasvat oor hul reuse-koste en -prysstygings.”

    Volgens die ANC is dit dalk nodig om fondse verder te reguleer om in die behoeftes van 40 miljoen Suid-Afrikaners te voorsien wat nie aan fondse behoort nie, asook die miljoene “wat onderverseker is”.

    Die party het gesê dit is weens die “probleme by mediese fondse” dat die ANC begin het om ’n NGV-plan op te stel waarmee hy Suid-Afrikaners van “omvattende gratis gehalte-gesondheidsdiens” wil voorsien.

    “Wie gaan hul diensverskaffers wees, die staatshospitale?” wou Spies weet.

    “Mediese fondse hét tekortkominge, maar dit is ’n bietjie wyd om net hulle die skuld te gee vir die hoë koste van mediese sorg.”

    Die departement van gesondheid het nie gister op medianavrae oor die regering se NGV-plan gereageer nie.

  • 15. Wille Kjind Q  |  Augustus 19, 2009 om 8 : 32

    GGGGRRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 16. Wille Kjind Q  |  Augustus 19, 2009 om 8 : 36

    @ *M*

    More *aageplakte smile solat my maaikie nie sien eks moerig nie*

  • 17. Salome  |  Augustus 19, 2009 om 9 : 10

    ag sorry Willes, ek weet ek is bietjie laat met die getoorde koffie maar noudat almal terug skool en werk toe is moet ek 6 plase manage . . . kan ek ok maar GRRRRR…..

  • 18. Salome  |  Augustus 19, 2009 om 9 : 15

    More almal!!!
    Oooh tog, daar roep Blou-oog ok nou. Hy het ten minste kans gekry om bietjie laat te slaap.

  • 19. *Mathilda*  |  Augustus 19, 2009 om 9 : 17

    Hallo Saloom !

    Willes – ek is mos jou maaikie – jy hoef nie moerigheid vir my weg te steek nie !

  • 20. *Mathilda*  |  Augustus 19, 2009 om 9 : 36

    Saloom

    Wat eet ons ?

  • 21. *Mathilda*  |  Augustus 19, 2009 om 10 : 48

    Ek wil nou huistoe gaan – wie kom saam

  • 22. Nats  |  Augustus 19, 2009 om 11 : 29

    Kom ons probeer weer…

    Halllooooo!!

  • 23. *Mathilda*  |  Augustus 19, 2009 om 11 : 31

    Hallo nats

  • 24. *Mathilda*  |  Augustus 19, 2009 om 12 : 46

    ‘SEX FROGS’

    Only R20 each!
    Comes with ‘complete’ instructions

    The girl excitedly looks around to see if anybody’s watching her. She whispers softly to the man behind the counter, ‘I’ll TAKE one!’

    As the man packages the frog, he quietly says to her, ‘Just follow the instructions!’

    The blonde nods, grabs the box, and is quickly on her way home.

    As soon as she closes the door to her apartment, she opens the instructions and reads them very carefully. She does EXACTLY what is specified:

    1. Take a shower.
    2. Splash on some nice perfume.
    3. Slip into a very sexy nightie.
    4. Crawl into bed and place the frog down beside you, and allow the frog to do what he has been trained to do.

    She then quickly gets into bed with the frog and to her surprise . .. . NOTHING happens! The blonde is very disappointed and quite upset at this point. She re-reads the instructions and notices at the bottom of the paper it says, ‘If you have any problems or questions . please call the pet store.’

    So, she calls the pet store. The man says, ‘I’ll be right over.’ Within minutes, the man is ringing her doorbell. The blonde welcomes him in and says, ‘See, I’ve done everything according to the instructions. The damn frog just SITS there!’

    The man . . looking very concerned, picks up the frog, stares ‘directly into its eyes’ and STERNLY says:

    ‘LISTEN TO ME!!
    I’m only going to show you how to do this
    ONE … MORE … TIME!!!’

  • 25. *Mathilda*  |  Augustus 19, 2009 om 1 : 44

    Waar kruip almal vandag weer weg ?

  • 26. *Mathilda*  |  Augustus 19, 2009 om 5 : 25

    Waar is die dae wat ons teen 11uur die oggend al oor 300 comments gehad het

  • 27. Sebastiaan  |  Augustus 19, 2009 om 6 : 44

    As die skreiwes en geselskap better was, kon mense dalk lis gewees het om te praat.

  • 28. Salome  |  Augustus 20, 2009 om 7 : 29

    Sebastiaan – aaaaggg sjarrap!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: