Bakoond

Augustus 17, 2009 at 6 : 13 56 Kommentaar

Almal dra seker noual van die bakoond storie in Ermelo kennis.  In kort, die onderwyser het blykbaar ‘n seun vasgedruk, sodat sy spanmaats en onderwyser hom vir ‘n tydjie oor die boude kon raps.  Die seun was “gestraf” omdat hy ‘n klip gegooi het.  Die kersie op die koek is dat dit nou blyk dat hy onskuldig was.  Die ma het ‘n saak teen die onderwyser gemaak en sy het foto’s wat die merke op haar kind se boude duidelik wys.

Op die oomblik is die hele Ermelo gemeenskap teen haar.  Almal blyk aan die onderwyser se kant te wees.  Ek het natuurlik my bedenkinge oor enige man wat ‘n 11 jarige seun vas pen.  My dunk van so man het ‘n negatiewe waarde as hy die kind neergepen het om geboelie te word.

Die skool verweer dat die seun maar net gebakoond is.  Duidelik het ek nog al die jare bakoond verkeerd verstaan.  Ons was dikwels in karate gebakoond vir straf.  In my dae het almal in ‘n lang ry gestaan, met wydsbene.  Die skuldige moes dan so gou as moontlik deur kruip terwyl almal sy/haar boude geslaan het.  Hoe vinniger jy deur gekruip het, hoe vinniger was jou straf verby.

Dit het almal op een of ander stadium getref.  Dit was eintlik ‘n ligte straf gewees.  Vet pret eintlik, almal – selfs die slagoffer – het gewoonlik daaroor gelag.  Niemand het ooit seergekry nie en van merke was daar nie sprake nie.  Ek weet seker mense sal nog terug dink aan ‘n tekkie parade (voor my tyd).  Dieselfde beginsel, net die houe word met ‘n tekkie gegee.

Bakoond was nog altyd ‘n groepstraf.  Ek kan my nie indink dat ‘n gesagsfiguur aan ‘n bakoond (soos ek dit ken) sou deel neem nie.  Hy of sy sal gewoonlik eenkant staan en seker maak dinge ruk nie hand uit nie.  Nie self deelneem nie en beslis nie die slagoffer vasdruk nie.

Dit was natuurlik in die ou dae.  Dinge het duidelik verander.  Persoonlik keer ek nie die Ermelo manier van bakoond goed nie.  Dit is boelie punt.  Ek kan nie onthou dat ons bakoond ooit met protes aanvaar is nie.  Ek weet nie.  Dalk was die slagoffer ook ‘n slagoffer van groepsdruk.  Dalk was ons almal net boelies.

Hoe voel julle daaroor?

Blogvraag:  Waarvoor het Joe Pesci ‘n Oscar gekry vir die beste ondersteunende rol?

Blogantwoord:  Maxie was reg met Jesse Garon.

Entry filed under: In die media. Tags: .

Tewerasie Effentjies-Mens

56 Kommentaar Add your own

  • 1. boendoe  |  Augustus 17, 2009 om 6 : 26

    Ek dink dis vieslik, vieslik, vieslik wat met die kind gebeur het en nou met die hele gesin. Barbaars.

  • 2. boendoe  |  Augustus 17, 2009 om 6 : 26

    Oeps.

    EERSTE!

  • 3. Wille Kjind Q  |  Augustus 17, 2009 om 7 : 08

    Tweedeste!!!!

  • 4. Wille Kjind Q  |  Augustus 17, 2009 om 7 : 08

    Best supporting role – Goodfellas

  • 5. Wille Kjind Q  |  Augustus 17, 2009 om 7 : 09

    Dis nou as ek my vried Google kan vertrou……….

  • 6. Salome  |  Augustus 17, 2009 om 7 : 14

    Goeie naand Nagskof!

  • 7. Salome  |  Augustus 17, 2009 om 7 : 15

    Het iemand koffie gebring? ek het Kaas skons . . .

  • 8. Wille Kjind Q  |  Augustus 17, 2009 om 7 : 17

    Boendoe……….. Jys reg! Barbaars! A nee a! Hulle sallit nooit waag met my kjinners nie. Gmpf! Ek sal daai onni nooi na ‘n blogjol dan kan ons hom wys hoe dit gedoen word👿

  • 9. Wille Kjind Q  |  Augustus 17, 2009 om 7 : 18

    Saloom

  • 10. Salome  |  Augustus 17, 2009 om 7 : 20

    Willes!!
    Ek wil asb ok by daai blogjol wees!!
    Sal julle groooooottt asb vir sebastiaan ok nooi?

  • 11. Wille Kjind Q  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 18

    Salami

    Oppi oomblik is oom Se Baas Jan kort ses agter die onni😈

  • 12. Wille Kjind Q  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 20

    Toedels. Moet gat. M is vrek siek en klou vir eerste plek aan ma

  • 13. Salome  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 25

    Baai Willes!!
    Sterkte met die siekes. So siek kind maak mens lam en put jou uit, maar gelukkig word hulle weer gesond

  • 14. Wille Kjind Q  |  Augustus 18, 2009 om 5 : 11

    More *GGGRRR* More

  • 15. Wille Kjind Q  |  Augustus 18, 2009 om 5 : 14

    M het heelnag gehoes. Ek wens en kon ook soos hy vandag byri huis bly en slaaaaaap

  • 16. Wille Kjind Q  |  Augustus 18, 2009 om 5 : 16

    Ek moet seke ma uit die vere spring en kla maak. Anners is ek wee in my se moer in laat

  • 17. Wille Kjind Q  |  Augustus 18, 2009 om 5 : 20

    1 2 3!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Agge nee man. Die bed is baja lekkerrder

  • 18. Wille Kjind Q  |  Augustus 18, 2009 om 5 : 21

    Check julle later

  • 19. Salome  |  Augustus 18, 2009 om 6 : 55

    Goeie more almal
    Koffie en vars beskuit?

    Lekker dag

  • 20. Salome  |  Augustus 18, 2009 om 6 : 56

    Ja, ja Willes – jou koffie het vanmore ‘n knertsie in. net so dat jy onder die aanvaarbare limit bly, maar darem sal kans sien vir die dag

  • 21. White Knight  |  Augustus 18, 2009 om 7 : 25

    Dagse Dorings en Rose

    Wie het nou ooit die stelling gemaak dat die lewe spesiaal vir sissies geskep is.😀👿

    Groete

  • 22. *Mathilda*  |  Augustus 18, 2009 om 8 : 15

    More more

  • 23. *Mathilda*  |  Augustus 18, 2009 om 8 : 16

    White knight – long time no see – hoe gaan dit ?

  • 24. *Mathilda*  |  Augustus 18, 2009 om 8 : 20

    Beeld ?

  • 25. Nats  |  Augustus 18, 2009 om 9 : 02

    Goeie more julle mensies… *GAAP*

    Weer sport gekyk gisteraand… sjoe wee daai atlete is vinning!!!!

  • 26. *Mathilda*  |  Augustus 18, 2009 om 9 : 06

    Hallo Nats

  • 27. Beeld  |  Augustus 18, 2009 om 9 : 13

    ‘Toe sien ek my man in die pad lê’
    Aug 18 2009 12:21:08:653AM – (SA)

    Hilda Fourie

    Sy het besluit om op te hou fietsry nadat sy in Januarie deur ’n vragmotor omgery is.

    Eergisteroggend is haar man in ’n fietsongeluk dood.

    Maj. Estelle de Bruyn (35) van die leërhoofkwartier in Pretoria het dieselfde oggend aan haar man, Gerhard (39), gesê sy oorweeg dit om weer te begin fietsry.

    ’n Paar uur later het sy hom langs die pad buite Rayton gekry nadat hy deur ’n motor getref is wat ’n ander voertuig verbygesteek het.

    Mnr. De Bruyn en ’n vriendin, me. Anke Zenker (32), het vir ’n oefenrit Cullinan toe gery. Maj. De Bruyn het hulle in Cullinan vir koffie ontmoet.

    Op pad terug, omstreeks 12:00, het sy agter hulle aangery, maar in Rayton stilgehou om water te koop.

    “Hulle het nog verby my gery,” het sy gister in trane gesê.

    “Hulle het agter mekaar op die skouer van die pad gery. Hulle was op die veiligste deel van die pad waar hulle kon wees. Ek het net weer weggetrek toe sien ek hulle lê in die pad. Ek het geskree, want ek het geweet dis my man.

    “Ek kon sien hy het verskriklik seergekry. Toe ek aan hom vat, kon ek voel al sy ribbes is gebreek. Ek het nog nooit in my lewe so baie gebid nie.”

    Mnr. Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het gesê ’n vrou het na bewering ’n motor verbygesteek. Toe sy terug in haar baan kom, het sy De Bruyn en Zenker getref. Sy het hulle glo nie gesien nie.

    Zenker is per helikopter na die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem.

    Haar pa, mnr. Jochen Zenker, het gesê sy is steeds onder sterk verdowing.

    Mnr. De Bruyn is na die Wilgers-hospitaal in Pretoria geneem. Hy is later na 1 Militêre Hospitaal in Thaba Tshwane (Voortrekkerhoogte) oorgeplaas waar hy omstreeks 16:00 aan sy beserings beswyk het.

    Hy het ernstige hoofbeserings opgedoen en sy ribbes, regterskouer en regterelmboog was gebreek.

    Net ná haar eie ongeluk in Januarie op die R21-hoofweg in Pretoria het maj. De Bruyn haar voorgeneem om nooit weer op ’n fiets te klim nie.

    Sy moes gister steke uit haar hande laat haal ná ’n operasie wat nodig was omdat sy vier maande lank op krukke moes deurbring.

    “Ek sal nooit weer fietsry nie. Ek het dié oggend seker 30 keer vir hom gesê hy moet versigtig wees,” het sy gesê.

    “Sy laaste drukkie was nie genoeg nie. Ek is so lief vir hom.”

    Mnr. De Bruyn het sy eie vloer-onderneming bedryf.

  • 28. Beeld  |  Augustus 18, 2009 om 9 : 14

    WP steek hand diep in die koffers vir Habana
    Aug 18 2009 12:21:08:217AM – (SA)

    Stephen Nell

    Kaapstad. – Die Westelike Provinsie gaan ’n reuse-aanbod doen om die dienste van die Springbok-vleuel en Blou Bul-held Bryan Habana te bekom.

    Rassie Erasmus, senior professionele afrigter van die WP, het gister met Habana en sy pa, Bernie, vergader.

    “Ek het met Bryan vergader oor wat sy rol hier sal wees. Die volgende stap is nou om ’n aanbod te doen. Ons kans sal seker maar net so goed soos die ander provinsies s’n wees,” het Erasmus gesê.

    “Bryan is ’n aanwins vir enige span. Hy is die beste vleuel ter wêreld en ons benodig ’n buite-agterspeler van wêreldgehalte ten einde welslae in die Super14-reeks te behaal.

    “Hy is ’n huidige Springbok en kan ’n jong speler soos JJ Engelbrecht baie help. Ons het nie baie diepte op vleuel nie. Bryan sal perfek in die prentjie inpas.

    “Ons het natuurlik geen waarborg dat hy sal kom nie.”

    Habana se kontrak met die Blou Bulle verstryk aan die einde van Oktober.

    Daar is uit Pretoria verneem dat Habana ook gisteraand met die Bulle se breier, Frans Ludeke, sou vergader.

    Nietemin bied die Streeptruie tans groot geld gaan. Daar is onlangs ook gepoog om Wynand Olivier, die Ligbloues se Bok-binnesenter, Kaap toe te lok.

    Sport24 het verneem die aanbod was in die omgewing van R2,8 miljoen vir die seisoen, maar Olivier het besluit om vir minder geld sy kontrak met die Bulle te verleng.

    Mnr. Ian Schwartz, die Bulle se sakebestuurder, het gister gesê hulle wil Habana graag behou, maar sal nie buitensporige geld aanbied nie.

    “Bryan se kontrak verstryk aan die einde van die jaar en enige provinsie of klub is geregtig om met hom te praat. As jy dit nie doen nie, weet jy nie wat talent is nie,” het Schwartz gesê.

    “Die eerste prys vir ons is om hom te behou, want ons ag hom die beste in die wêreld.

    “Ek weet nie wat die WP hom aanbied nie, maar ons kan net binne ons geldelike riglyne werk. Dis ’n regverdige struktuur wat op alle spelers van toepassing is. Die oomblik dat jy dit nie doen nie, verwring jy die mark.”

  • 29. Beeld  |  Augustus 18, 2009 om 9 : 24

    ‘Haantjies almal vergas’
    Aug 18 2009 12:21:20:187AM – (SA)

    Elise Tempelhoff

    Hy is onskuldig. Hy het niks verkeerd gedoen nie. Sy manlike kuikens is almal vergas.

    “Die hele storie oor die kuikens wat (lewend) in die sementdam gegooi is om van honger en dors dood te gaan is ’n strik wat ’n voormalige ontevrede werknemer gestel het (om hom in ’n slegte lig te stel),” het mnr. George Gibbens, regsverteenwoordiger van mnr. Jan Serfontein, eienaar van Boskop Layer Chicks, gister gesê. Serfontein, voormalige LUR vir landbou, bewaring en omgewingsake in Noordwes, het hom volgens Gibbens nog nooit aan enige vorm van dieremishandeling skuldig gemaak nie.

    Intussen het Serfontein en sy seun, ook Jan, gister voor ’n ondersoekspan van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) verskyn.

    “Ons is besig met ’n voorlopige ondersoek en sal ons bevindings later vandeesweek bekend maak,” het mnr. Kevin Lovell, uitvoerende hoof van die SAPV, gesê.

    Volgens Gibbens ontken Serfontein sr. hy het sy werknemers ooit opdrag gegee om lewendige dag oue haantjies in ’n sementdam op sy plaas te gooi om dood te gaan.

    Mnr. Kobus van Zyl, voormalige werknemer van die Serfonteins, hou egter vol die videomateriaal wat hy aan Carte Blanche en Beeld beskikbaar gestel het, is eg en dat hy dit wou ontbloot.

    Hy beweer die Serfonteins het weekliks tot 70 000 dag oue haantjies in die sementdam gegooi waar hulle “meestal eers ná vyf dae dood is”.

    Volgens Gibbens is Serfontein belaster en gaan hy siviele eise teen “almal” betrokke instel.

    Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het die plaas onlangs besoek en nege aanklagte van dieremishandeling teen die Serfonteins aanhangig gemaak, berig Sapa.

    Volgens Gibbens sal Serfontein sr. skuld ontken op alle aanklagte wat met dieremishandeling verband hou.

    Gibbens het gesê Serfontein het die kuikens laat vergas en die dooie haantjies daarna as voer aan ’n leeuboer gegee.

    Die NDBV gaan die hof volgens ’n woordvoerder vra om te gelas dat die Serfonteins nooit weer diere mag aanhou nie.

  • 30. Beeld  |  Augustus 18, 2009 om 9 : 25

    R200 000 oor ‘Dutchman’
    Aug 18 2009 12:21:13:827AM – (SA)

    Jeanne-Marié Versluis

    ’nRaadslid van Nissan SA wil sy naam in die hooggeregshof in Pretoria “skoon kry” nadat hy buite ’n Pretoriase gholfklubhuis ’n “typical f**king Dutch-man” en ’n “f**king Vlok” genoem is.

    Mnr. Johan Paul Kleynhans eis R200 000 weens beweerde laster deur mnr. Brian Read.

    Albei woon op die Woodhill-gholflandgoed in Pretoria-Oos.

    Dit is gemene saak dat Read dié woorde teenoor Kleynhans buite die landgoed se klubhuis geuiter het.

    Read het aan Kleynhans gevra: “Are you going to wash my feet as well?”

    Read se verweer is die woorde was geregverdig.

    Read het ook gesê: “You are a f**king c**t.”

    Read het ’n teeneis van R250 000 teen Kleynhans ingestel.

    Hy beweer Kleynhans het hom ’n “k**ferboetie” en ’n “soutie” genoem.

    Read eis skadevergoeding vir die beweerde inbreukmaking op sy privaatheid en aantasting van sy reputasie en geestelike welstand.

    Kleynhans het getuig hy het Sondag 29 Oktober 2006 aan die laaste vierbal op ’n gholfdag hier deelgeneem.

    Hy was toe uitvoerende hoof van Nissan-finansies.

    Hy was die laaste speler wat die klubhuis verlaat het, en het die rekening van R2 000 vereffen. Dit het ’n R200-fooi vir mnr. Maestro Morake, ’n kelner, ingesluit.

    In die parkeerterrein het Morake vir hom ’n handsak gebring wat iemand in die klubhuis vergeet het.

    Read was by Morake. Read wou hê Morake moes ’n fooitjie kry vir die handsak se aandra.

    Volgens Kleynhans het hy toe gesê hy het reeds ’n fooi aan Morake gegee.

    Read het toe volgens hom dié “rassistiese” woorde geuiter.

    “Ek het gedink hy gaan my aanrand. Maestro moes hom terughou.”

    Kleynhans was met sy seun se maatskappymotor by die klubhuis.

    Hy het getuig Read het die motor se agterdeur verder oopgemaak as wat dit behoort te gaan en skade aangerig. Hiervoor eis Kleynhans R2 508.

    Read erken die motorskade in sy hofstukke, maar voer aan dit was ’n ongeluk.

    Kleynhans het ontken dat hy Read ’n “k**ferboetie” en “soutie” genoem het.

    “Ek het niks gesê nie.”

    Hy was “heeltemal” verras dat so ’n voorval op ’n Sondagmiddag kon plaasvind.

    “Ek het letterlik gebewe.”

    Vanweë sy posisie by Nissan het hy oop kaarte met sy se?niors gespeel en die voorval met hulle bespreek.

    Kleynhans het getuig hy probeer sy eer verdedig.

    Hy probeer sy weergawe van die storie bewys. “Dit is baie, baie belangrik om my naam skoon te maak.”

    Morake het getuig hy het toe aan Read gesê hy het reeds ’n fooi ontvang.

    Hy het getuig Read het aan Kleynhans gesê: “You Dutch-men are all the same.”

    Kleynhans het Read gevra om te kalmeer.

    Read “het aggressief geword” en gesê: “I’ll moer you”, het Morake getuig.

    Read het “Vlok, Vlok, something” gesê, het Morake getuig.

    Die saak duur voort.

  • 31. Beeld  |  Augustus 18, 2009 om 9 : 27

    Enkelma in kop geskiet
    Aug 18 2009 12:21:18:873AM – (SA)

    Magdel Fourie

    Die Johannesburgse enkelma van ’n sewejarige seuntjie is tuis van agter in die kop geskiet terwyl sy vermoedelik van rowers probeer weghardloop het.

    Me. Tracy-Leigh Frankish (33) is eergisteroggend omstreeks 02:00 dood op die vloer in haar slaapkamer in ’n gehuurde tuinwoonstel op die Chartwell-kleinhoewes naby Fourways gevind, het mnr. Jacques Fourie, haar vriend van twee jaar, emosioneel aan Beeld vertel.

    Haar seuntjie, Taidg, het dié aand by sy ouma en oupa – mnr. Fred en mev. Helen Britz – in Bryanston oornag.

    “Hy (Taidg) verstaan net glad nie dat sy ma dood is nie,” het Fourie gesê.

    Frankish het Taidg Saterdagmiddag by haar ouers agtergelaat nadat hulle by sy nefie, Mika (3), se verjaardagpartytjie in Craighall Park was.

    “Taidg het dikwels by ons agtergebly. Hy het baie keer sommer net vir sy ma gesê hy wil nou na sy ouma en oupa toe kom,” het mnr. Britz huilend gesê.

    Fourie het vertel Frankish het grieperig gevoel en die partytjie laatmiddag alleen verlaat.

    “Ek het toe met haar oor die telefoon gepraat terwyl sy op pad was huis toe.”

    Hy het nie geweet dit sou hul laaste gesprek ooit wees nie. Om 22:15 het hy ’n laaste SMS aan haar gestuur, maar niks terugontvang nie.

    Veiligheidswagte het op Frankish afgekom nadat die woonstel se alarm afgegaan het.

    Hulle het Fourie gekontak en hy het haar daarna by die kamerdeur met ’n skietwond in die agterkop gekry, het hy gesê.

    “Weens die manier wat sy gelê het, vermoed ons sy het vir die rowers weggehardloop en toe het hulle haar geskiet.”

    Nadat hy die slegte tyding ontvang het, het hy mnr. Britz dadelik gekontak. By Frankish se woning gekom, het die twee mans mekaar ontsteld omhels.

    “Ek is absoluut stukkend. Geen woorde kan beskryf wat ek nou voel nie,” het Fourie gesê.

    Dir. Jenny Naidoo, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie soek na twee of drie rowers en klagte van moord en roof word ondersoek.

    Klein huishoudelike items word uit die woonstel vermis. Volgens Fourie is dit onder meer ’n televisie, ’n hoëtroustelsel en van Frankish se klere.

    Intussen is Taidg in die sorg van die Britz-egpaar totdat mnr. Martin Frankish, sy pa, wat reeds van Engeland op pad is, hier aankom.

  • 32. Beeld  |  Augustus 18, 2009 om 9 : 29

    Medalje wink vir Semenya
    Aug 17 2009 10:35:10:807PM – (SA)

    WILHELM DE SWARDT
    PRETORIA

    Dit is amptelik: Suid-Afrika het weer ’n vroue-atleet wat die wêreld se bestes kan klop!

    Die 18-jarige Caster Semenya het gisteraand op die Wêreldbyeenkoms in Berlyn die vinnigste tyd in die halfeindronde-wedlope van die 800 aangeteken en haar aanspraak op ’n medalje lewendig gehou.

    Wat haar oorwinning nog meer opwindend maak, is die feit dat sy gisteraand die tweede keer in drie weke die 800 in minder as twee minute afgeblits het.

    Haar wentyd gisteraand was ’n haastige 1:58.66, wat beteken sy spog nou met die twee vinnigste tye ooit in die 800 in Suid-Afrikaanse vroue-atletiek.

    Michael Seme, haar afrigter, sê dat hy gisteroggend hard met Semenya moes praat.

    “Sy het my gebel en gekla dat haar voet seer is. Ek het vir haar gesê jy kan nie nou bekostig om jouself oor pyne te bekommer nie en dat dit alles in haar kop is.

    “Ek het gesê al waaroor sy haar moet bekommer, is oor hoe vinnig sy kan hardloop.”

    Semenya het geluister.

    Toe die afsitterspistool gisteraand klap, het Semenya dadelik begin ooplê en voor begin hardloop.

    Die uitdaging aan die wêreld se bestes was vang my as julle kan.

    Ironies genoeg was dit Kenia se Janeth Jepkosgei Busienei wat vir die grootste deel van die wedloop op die Suid-Afrikaner se hakke was.

    Dié twee atlete het Sondag in die eerste uitdun groot nuus gemaak toe hul bene verstrengel geraak het.

    Dit het daartoe gelei dat Busienei, die verdedigende kampioen, neergeploeg het.

    Jennifer Meadow van Brittanje was tweede in 1:59.45 en Busienei derde in 1:59.47.

    Peter van der Westhuizen het in die halfeindronde van die 1 500 sy bes gedoen om tot die eindronde deur te dring.

    Hy het besef daar is net een manier waarop hy kan deurdring en dit is om van meet af aan voor te hardloop en vir die beste te hoop. Hy was dan ook tot sowat 200 m van die einde af voor, maar toe raak sy stoom op en eindig hy tiende in 3:40.00.

    Die groot skok gisteraand was dat Rusland se Elena Isinbaeva, die Olimpiese paalspringkampioen en wêreldrekordhouer, in die eindronde op geen hoogte kon slaag nie.

    Die Suid-Afrikaanse rekordhouer in die 3 000-hindernis, Ruben Ramolefi, is die enigste Suid-Afrikaanse atleet wat vanaand (19:50) in ’n eindronde in aksie is.

    Die kans dat Ramolefi ’n medalje sal wen, is skraal, maar weet maar hy sal sy uiterste bes doen.

    Nico van Heerden, afrigter, sê daar is nie ’n maklike antwoord oor waarom LJ van Zyl nie tot vanaand se eindronde van die 400-hekkies deurgedring het nie.

    Thuso Mpuang is vanoggend om 10:53 in die uitdunne van die 200 betrokke. Pieter Smith neem om 11:40 aan die uitdunne vir die 400 deel.

  • 33. Beeld  |  Augustus 18, 2009 om 9 : 31

    Laaste lid van brand-gesin dood
    Aug 18 2009 12:21:09:107AM – (SA)

    André Damons

    Twee weke nadat hulle in hul klein kothuis in Blairgowrie, Johannesburg, aan die brand gesteek is, het ’n 14 maande oue tweeling en hul ouers almal aan hul wonde beswyk.

    Die babaseun was die laaste slagoffer van dié brand wat in die hospitaal gesterf het. Hy het omstreeks 20:00 eergisteraand in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal aan sy wonde beswyk – twee dae nadat sy pa in die Charlotte Maxeke- hospitaal dood is.

    Die babameisie is Woensdagaand in dieselfde hospitaal as haar boetie dood en hul ma verlede Sondag, ook in die Charlotte Maxeke-hospitaal.

    Volgens mnr. Mandla Sidu, woordvoerder van die Gautengse gesondheidsdepartement, het al vier pasiënte weens erge brandwonde en rookinaseming gesterf.

    “Vandat hulle in die hospitale opgeneem is, het hulle nooit herstel nie. Hulle was regdeur almal in ’n kritieke toestand,” het Sidu gesê.

    Die vrou het 80% brandwonde opgedoen, die babas tussen 30% en 35% en hul pa 60%, het mnr. Nick Dollman, Netcare 911-woordvoerder, vroeër gesê.

    Die polisie het gesê hulle vermoed die brand spruit uit ’n liefdesdriehoektwis.

    Volgens supt. Eugene Opperman, polisiewoordvoerder, gaan die ondersoek steeds voort, hoewel die dood van die ouers dit nou sal bemoeilik.

  • 34. Beeld  |  Augustus 18, 2009 om 9 : 40

    Oudste laerskoolleerling sterf
    Aug 18 2009 12:21:14:420AM – (SA)

    Die wêreld se oudste laerskoolleerling het sy stryd teen kanker verloor voordat een van sy lewenslange drome verwesenlik kon word: om oudpres. Nelson Mandela te ontmoet.

    Mnr. Kimani Maruge, ’n veteraan van Kenia se Mau-Mau-opstand in die 1950’s, het oornag beroemd geword toe hy in 2004 as 84-jarige vir die eerste keer laerskool toe is.

    Sy naam is in die Guinness World Records opgeneem en Maruge het ook na die VSA gereis waar hy aan duisende mense vertel het ’n mens is nooit te oud om te leer nie.

    ’n Hollywood-rolprent oor sy lewe, getiteld The First Grader, sou in Suid-Afrika verfilm word, het Kenia se Daily Nation vroeër vanjaar berig.

    Maruge is Vrydag in Nairobi aan maagkanker oorlede.

    Hoewel hy geen geboortesertifikaat gehad het nie, is geglo hy is in 1920 gebore. By Maruge se dood was hy ’n gr. 5-leerling aan die Kariobangi-laerskool in Nairobi nadat hy vroeër weens geweld rondom Desember 2007 se presidentsverkiesing in Kenia van sy ou skool moes skuif. Elf mense is op 31 Desember 2007 langs sy huis by Eldoret vermoor.

    Maruge was ’n wewenaar en oupagrootjie. Twee van sy 30 kleinkinders het dieselfde skool as hy bygewoon. – Dominic Chimhavi

  • 35. Beeld  |  Augustus 18, 2009 om 9 : 43

    Blitsige Bolt is ’n nar én perfeksionis
    Aug 17 2009 10:35:11:230PM – (SA)

    WILHELM DE SWARDT
    PRETORIA

    Die wêreld se volmaakte sportman is ’n titel waarop Usain Bolt van Jamaika kan aanspraak maak nadat hy die 100 meter op die Wêreld-atletiekbyeenkoms in Berlyn in ’n wêreldrekordtyd van 9.58 sekondes gewen het.

    In vandag se haastige wêreld met sy daaglikse krisisse en tragedies raak die behoefte na ontvlugting en vermaak al groter.

    Bolt is een van die min atlete wat dit oënskynlik besef. Gholf mag wel Tiger Woods hê, fietsry vir Lance Armstrong, swem vir Michael Phelps en tennis vir Roger Federer, maar in vergelyking met Bolt, is hulle maar erg eensydige perfeksioniste.

    Wie kan onthou wanneer, en indien ooit, Woods, Armstrong, Phelps of Federer tyd vir ’n grappie – laat staan nog ’n glimlag – gehad het sekondes voor ’n reg of weg-oomblik in hul onderskeie sportloopbane?

    Dit is eerder ’n geval van stroewe emosielose gesigte of gepynigde uitdrukkings. Maar elke keer wanneer Bolt die wêreld se atletiekbane betree, slaag hy daarin om die rol van die nar en perfeksionis te kombineer.

    Kyk maar net na sy vertonings die afgelope naweek in die kwarteindronde, halfeindronde en eindronde van die 100.

    Dit het voorgekom of Bolt elke oomblik geniet en dit vir hom belangrik was dat almal – die toeskouers en selfs sy teenstanders – die “vinnige lewe” saam met hom moet geniet.

    In Saterdag se wedloop in die kwarteindronde het Bolt vaart verminder en begin rondkyk die oomblik toe hy besef het hy gaan deurdring.

    Die volgende oomblik het hy sy oefenmaat Daniel Bailey langs hom gewaar en begin glimlag. Dit was aansteeklik, want Bailey het ook geglimlag.

    En met vaart het dié twee “advertensie-modelle vir tandepaste” oor die eindstreep geblits.

    Toe die Brit Tyrone Edgar in die halfeindronde gediskwalifiseer is omdat hy te vroeg weggespring het, het Bolt met sy vinger voor sy lippe en ’n groot glimlag aan die skare gewys hulle moet stil raak.

    Dan is daar nog die denkbeeldige pyl wat hy voor elke wedloop die lug in lanseer en sy kenmerkende danspassie nadat hy gewen het. Bolt het vooraf belowe hy sal ’n nuwe danspassie uitvoer as hy Sondag sou wen en hy het woord gehou.

    Sekondes nadat hy gewen het, het hy sy landgenoot Asafa Powell, wat derde geëindig het, oortuig om saam te dans.

    En Powell het dit met ’n groot glimlag gedoen.

    Die groot vraag is hoe ver gaan Bolt nog die wêreldrekord in die 100 verbeter?

    Aanvanklik was sy antwoord dat hy dink dit sal by 9.40 ophou, want dit is waar “die wêreld stop”.

    Maar ná Sondag se blitstyd is Bolt self nie meer seker nie. “Ek dink enigiets is moontlik.”

    Bolt is versigtig om oor ’n wêreldrekord in die 200 te praat. “Ek sal maar moet sien. Dit is nie vir my ’n obsessie om dit te verbeter nie. Ek wil dit net geniet.”

    In ’n sportsoort waar dwelmmisbruik hoogty vier, blyk dit dat die enigste ding waaraan Bolt regtig verslaaf is, is gebraaide hoenderhappies (nuggets).

    Hy vertel dat hy voor elke groot wedloop seker maak dat hy ’n hoenderhappie of twee verorber.

  • 36. Beeld  |  Augustus 18, 2009 om 9 : 44

    Varkgriep kan tot 30% Suid-Afrikaners besmet
    Aug 18 2009 12:21:20:983AM – (SA)

    Antoinette Pienaar

    Varkgriep kan tot 30% van Suid-Afrikaners besmet, dubbel soveel as seisoenale griep.

    Volgens dr. Lucille Blumberg, ’n epidemioloog van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), kry sowat 15% van die bevolking elke jaar seisoenale griep.

    Wetenskaplikes weet nog nie genoeg van die pandemiese (H1N1) 2009-virus om presiese voorspellings te doen nie, maar raam tot 30% van mense kan dit kry.

    Dit is omdat mense gewoonlik geen immuniteit teen pandemiese griepsoorte het nie.

    Nios het gister bevestig sy laboratoriums het reeds 3 485 varkgriepgevalle in die land bevestig en ses mense is daaraan dood.

    Die meeste mense word nie ernstig siek nie en die sterftesyfer is in dié stadium baie laag in vergelyking met vorige grieppandemies soos die Spaanse Griep (1918).

    Volgens Wikipedia is meer as 2,5% van siekes in die Spaanse Griep dood en sterf minder as 0,05% van lyers aan seisoenale griep.

    Die 238 717 varkgriepgevalle en 2 256 sterftes wat wêreldwyd bevestig is, toon minder as 0,01% van mense sterf aan dié siekte en die totale aantal gevalle is boonop ’n onderskatting omdat baie lande nie mense met matige simptome toets nie.

    Volgens Nios is daar nou gevestigde gemeenskapsoordrag in Suid-Afrika.

    Dit beteken mense kry dit sonder dat hulle noodwendig weet by wie hulle aangesteek het, soos met seisoenale griep en verkoue.

    Vier van die oorledenes in Suid-Afrika het geen onderliggende siektetoestande gehad nie. Die ander twee was swanger vroue. Een van dié vroue was ’n diabeet.

    Intussen het Mpumalanga se departement van gesondheid ’n lys vrae en antwoorde oor varkgriep beskikbaar gestel waarin hy verduidelik swanger vroue is dalk meer vatbaar vir varkgriepkomplikasies omdat hul immuunstelsel tydens swangerskap onderdruk word.

    Hulle behoort hul kans om besmet te raak te verklein deur van onnodige byeenkomste van mense weg te bly.

    Vroue kan antivirale medisyne (soos Tamiflu) tydens swangerskap neem.

    Varkgriep moet ook nie ma’s keer om hul babas te borsvoed nie.

    Dit bied waarskynlik beskerming omdat die ma se siekte-teenliggaampies deur borsvoeding aan die baba oorgedra word.

  • 37. Nats  |  Augustus 18, 2009 om 9 : 45

    Hello *M*!!!

  • 38. Nats  |  Augustus 18, 2009 om 9 : 47

    😯

    Usain Bolt word nou die 21ste Aug maar eers 23!!!!
    En dit vir iemand wat ‘n wêreld record hou wat wetenskaplikes gesê het onmoontlik is!!

    En die beste van alles is dat hy NOG vinniger kan hardloop!!
    😯

  • 39. Nats  |  Augustus 18, 2009 om 10 : 51

    Man kom huilend by ‘n dominee aan.
    Dominee: Hoekom so hartseer broer?
    Man: My hond is dood. Sal Dominee hom begrawe asseblief?
    Dominee: Nee broer, ons begrawe nie diere nie. Probeer die AGS oorkant die straat.
    Man: Goed, dink u hulle sal ‘n donasie van R50 000 aanvaar?
    Dominee: My magtig broer, kom sit, pleks jy sê dis ‘n NG hondjie!

  • 40. Nats  |  Augustus 18, 2009 om 10 : 51

    Ha-ha-ha!!

    Die vrou stap die boekwinkel in en vra vir die assistent:  “Dame, het julle dalk die boek ‘Die Man, die Hoof van die huis’ ”?

    Die vrou kyk so oor haar brilletjie en sê:   “Mevrou, gaan loer maar daar by die Fee-verhale-afdeling”.

  • 41. *Mathilda*  |  Augustus 18, 2009 om 10 : 55

    Whuhahaha nats

  • 42. Salome  |  Augustus 18, 2009 om 11 : 41

    Nou waar is julle almal vanmore?
    Ek het tee gemaak.
    Ja okay Adriana Magrieta Swanepoel – hot choklit vir jou . . .

  • 43. *Mathilda*  |  Augustus 18, 2009 om 11 : 42

    Saloom !

  • 44. coytee  |  Augustus 18, 2009 om 12 : 19

    Hi daar almal hoop dit gat goed met julle. Tilla het jy toe daai tert probeer?

  • 45. *Mathilda*  |  Augustus 18, 2009 om 12 : 26

    Eish Coyote – wat het met die naam verkeerd gegaan ? Ek gaan hom die naweek probeer

  • 46. *Mathilda*  |  Augustus 18, 2009 om 1 : 03

    Sjoe – plig is ook sopas getoets vir varkgriep !

  • 47. meermin  |  Augustus 18, 2009 om 1 : 20

    Mens ek sukkel om op te vang, het vir ‘n tyd lank nie die lus gehad om te blog of blogs te lees nie, en nou suffer ek om op te vang, dit is maande se inskrywings …. gelukkig het die blog gogga my weer intussen gebyt!

  • 48. *Mathilda*  |  Augustus 18, 2009 om 1 : 31

    hallo meermin – welkom terug !

  • 49. Coyote  |  Augustus 18, 2009 om 1 : 34

    Hi Tilla,

    Nee jong ek weet nie sukkel met Opera mini.
    Ek het S by die dr weer gister gehad hy het 2 weke terug begin met mangelontsteking en nog nie daar oor gekom nie het bloed toetse gedoen en gelukkig is die niks ernstigs nie maar as hy beter word haal ek die mangels uit.

    Tilla sterkte met plig ek hoop dis nie so erg nie

  • 50. Coyote  |  Augustus 18, 2009 om 1 : 35

    en nou is my prettjie ok weer terug

  • 51. *Mathilda*  |  Augustus 18, 2009 om 1 : 38

    Plig was ook so 2 weke terug afgeboek vir die week met amper longontsteking en nou is dit weer sulke tyd – hoë koors en ‘n bors wat vir niks skrik nie – so ja, ons kan nou net wag – die uitslae sal eers Vrydag terug wees

  • 52. Coyote  |  Augustus 18, 2009 om 1 : 51

    Ons dink aan haar, hoekom so lank vir die uitslae om terug te kom?

  • 53. *Mathilda*  |  Augustus 18, 2009 om 2 : 02

    Seker maar oor ons aan die gatkant van die aardbol is of dalk moet dit ook eers gekweek word – ek is nie seker nie

  • 54. Wille Kjind Q  |  Augustus 18, 2009 om 2 : 59

    EK WAS BEROOF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 55. coyote  |  Augustus 18, 2009 om 3 : 07

    no wat het gebeur duh ek weet jys beroof is jy ok

  • 56. *Mathilda*  |  Augustus 18, 2009 om 3 : 54

    Willes ! Waar ? Wanneer ? Hoekom ?

    Is jy ok ? Waarvan is jy beroof ?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: