Tewerasie

Augustus 16, 2009 at 4 : 31 81 Kommentaar

Op versoek van Freek, kom ons praat bietjie oor die woord bitch.  Vir sommige mense is dit ‘n skuins kompliment en vir ander is dit ‘n growwe belediging.  Hoe voel jy daaroor?

Die afgelope dekade of so het bitch onder sekere kringe ‘n verskuilde kompliment geword.  Dit beteken in veral vir die jonger geslag ‘n vrou wat vir haarself kan opstaan.  Dit is iemand wat kan kry wat sy wil hê en haarself nie aan die neus laat rondlei nie.  Dit was in die gees waarmee ons vir die 2007 Sisters with Blisters onder die naam Bitches and Witches ingeskryf het.

Te veel van ‘n goeie ding is ook nie goed nie.  Dit is beslis ook die geval met bitch trek, wat ons dan bring by die ouer definisie van bitch.  ‘n Vrou wat nie omgee wat sy doen om haar sin te kry nie.  Dit is alles vir haar en de hel met die res.  Die tipe bitch wat jy nie durf vertrou nie, want vandag se vriendskap gaan môre se vyandskap word. 

Klip het noudie dag uitgewys dat bitch ‘n woord is wat graag in dirty talk gebruik word.  Om dit kras te stel.  ‘n Bitch is iemand (uit ‘n man se oogpunt) wat nie omgee om haar bene wyd oop te maak nie.

Laaste maar nie die minste, die verklaring vanuit ‘n woordeboek.  ‘n Bitch is ‘n vroulike hond.

Hier is vandag se uitdaging.  Definieer vir ons wat Bitch vir jou beteken, deur Bitch as ‘n akroniem aan te wend.  Hier is ‘n baie bekende voorbeeld.

B – Babe

I – in

T – total

C – control

H – (of) herself.

Kom ons kyk wie kan die skerpste akroniem skep.

Blogvraag:  Wat was Elvis Presley se tweeling se naam?

Blogantwoord:  Black Velvet – Allanah Myles (Tilla);  Hazard – Richard Marx (Gevaar); Insomnia – Craig Davids (Slapeloos)

Bonuspunte:  Maxie:  City lights – Jojo; Day and night – Kid Cudi; Danger – Mystikal; The first day – Beyonce; Escape – Enrique Iglesias; Stars – Simply Red; Reasons – Earth, Wind and Fire; When the sun goes down – Arctic Monkeys; Mercy – Duffy; Fear – Bon Jovi; Same story – Lisa Maxwell; Loneliness – Tomkraft

Wipneus: Sunset – Kate Bush; The disappearing sun – Chimaira; The Best Tina Turner; Grace – Gospell song; One more chance – Michael Jackson; Final Line – Pantommind; City Lights – Umbrellas; Nightshift- Commodores; Same old story- Anastasia/stevie wonder; Lonely Akon; The fear – Lily Allen; Stars and planets – Paula Cole; Fear Sarah Mc Lachlan; Blanket – Imogene

Foto:

Tilla:  Moon river – Frank Sinatra, Blue River – Elvis; River deep, mountain high – ike & Tina Turner; Cry me a River – Justin Timberlake

Maxie:  let the river run – Carly Simon; Raging river – b’z; River – Hanson

Wipneus:  The River Bruce springsteen; The River Sarah Mc Lachlan

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Nagskof Bakoond

81 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Augustus 16, 2009 om 5 : 19

    Deur n vrou geskryf

    When I stand up for myself & my beliefs they call me a bitch

    When I stand up for those I love, they call me a bitch

    When I speak my mind, think my own thoughts or do things my own way, they call me a bitch.

    Being a bitch means I won’t compromise what’s in my heart!

    It means I live my life MY way. It means I won’t allow anyone to step on me.

    When I refuse to tolerate injustice and speak against it, I am defined as a bitch.

    The same thing happens when I take time for myself instead of being everyone’s maid, or when I act a little selfish.

    It means I have the courage and the strength to allow myself to be who I truly am and won’t become anyone else’s idea of what they think I “should” be.

    I am outspoken, opinionated and determined.
    I want what I want and there is nothing wrong with that!

    So try to stomp on me, try to douse my inner flame, try to squash every ounce of beauty held within me!

    YOU WON”T SUCCEED!

    And if that makes me a bitch, so be it!
    I embrace the title and am proud to BEAR IT!

  • 2. Klip  |  Augustus 16, 2009 om 5 : 24

    Beautiful
    Intelligent
    Talented
    Creative
    Honest

  • 3. maxie  |  Augustus 16, 2009 om 8 : 00

    Jesse Garon

  • 4. Girl van die Suburbs  |  Augustus 16, 2009 om 8 : 39

    Allo Allo

  • 5. Adrie  |  Augustus 16, 2009 om 9 : 00

    Hey hey

  • 6. Adrie  |  Augustus 16, 2009 om 9 : 03

    B – Bastard
    I – in
    T – Terror
    C – caused
    H – (by) her

  • 7. Wille Kjind Q  |  Augustus 16, 2009 om 11 : 38

    Ek wil SLAAAAAAAP😡

  • 8. Wille Kjind Q  |  Augustus 17, 2009 om 5 : 08

    More more………… GGGRRR!!!!!!!!!!

  • 9. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 7 : 26

    More!

  • 10. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 7 : 31

    As jy engels is, is dit bitch , hoekom noem afrikaanse vrouens hulle dan nie self teef nie ( of verskil die konnotasie)

    Ek het die woord ge-google , en een verklaring wat ek gekry het is dat n pimp na die prostitute wat vir hom werk verwys as bitch , en dat prostitute na mekaar verwys as bitch

  • 11. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 7 : 42

    Klip – Bravo vir #1 en #2

    O ja – more almal

  • 12. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 24

    More Mathilda , dit lyk maar stil hier op die blog vanoggend , almal woon seker meetings by , myne is gelukkig klaar

  • 13. Beeld  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 25

    Cobus Claassen

    ‘Jammer, jy gaan weer vir jou rybewys getoets moet word.”

    So het die Tshwane-metroraad se lisensie-afdeling mense wat einde verlede maand hul rybewystoetse by die Waltloo-lisensiekantoor in die ooste van Pretoria geslaag het, laat weet.

    Ouers het teenoor Beeld gekla omdat hul kinders wat reeds tydelike rybewyse gekry het nou weer dié stresvolle ervaring moet deurmaak.

    ’n Pa van Pretoria-Noord het gesê sy seun is op 28 Julie getoets – ’n dag nadat die landwye munisipale staking begin het. Talle nie-stakende werkers is gedurende die staking in Pretoria geïntimideer.

    Die beampte wat sy seun deur die toets geneem het, het gesê kandidate se bestuursvernuf sal uit vrees vir intimidasie nie soos gewoonlik op ’n openbare pad getoets word nie.

    Die seun het wel ’n “mini-rybewystoets” by Waltloo afgelê en geslaag.

    Nog ’n pa, wat anoniem wil bly uit vrees dat sy seun benadeel kan word wanneer hy weer die toets moet aflê, het gesê dit is “erg onregverdig” om aan sy seun ’n tydelike rybewys uit te reik en dit dan weer terug te trek.

    “Hoekom het hulle die outjies in die eerste plek getoets?”

    Mnr. Console Tleane, woordvoerder van Tshwane se departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê ’n groot aantal mense wie se leerlingrybewyse naby hul vervaldatums was, is van 27 tot 29 Julie by Waltloo getoets.

    “Die bestuurder (by Waltloo) het besluit om die kandidate op die lisensiekantoor se toetsbaan te toets omdat die baan verkeerstekens en -kruisings soos ’n normale pad het.”

    Die bestuurder het volgens Tleane ’n “bona fide-besluit” geneem en nie geweet dis teen die wet nie.

    “Die wet vereis dat ’n kandidaat op ’n openbare pad, waar hy of sy met ware verkeersvloei moet rekening hou, getoets word.”

    Altesame 25 kandidate wat die toets geslaag het, se uitslae is daarna ongeldig verklaar, het Tleane gesê.

    “Die departement het ’n ondersoek begin om vas te stel of tugstappe teen die bestuurder gedoen moet word. Hy is soos met enige ander ondersoek onskuldig totdat die teendeel bewys word.”

  • 14. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 26

    *M* hoe was jou naweek , hoop almal het lekker gerus. Ek is hoopelik vir die volgende 7 dae op “naweek”

  • 15. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 26

    Klip – ja die beeld was nog nie eers hier nie

    Ek persoonlik dink alle meetings moet ge-ban word

  • 16. Beeld  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 27

    Francois Lötter

    Dal Josafat (Paarl). – Afrikaans, soos ander inheemse tale, gaan geleidelik as onderwystaal in Suid-Afrika uitsterf.

    Engels sal in die proses geleidelik die enigste amptelike taal in die land wees “en alle ander goeie dade en mooi woorde oor Afrikaans is nutteloos”, het prof. Ampie Coetzee, emiritus-professor in Afrikaans, in die Marie Luttig-gedenklesing gesê.

    “Tale sterf, maar ons het nooit kon dink dat dit by ons sou gebeur nie. Dit klink natuurlik pessimisties, maar ek voel daar is genoeg bewyse daarvoor.

    “Nietemin vertrou ek die optimiste wat glo dat die regering, universiteitsadministrateurs, skoolrade, onderwysers, burgemeesters en polisiehoofde alles in hulle vermoë doen om die taal te red.”

    Coetzee het gesê of die Grondwet nou gelykheid van tale daarstel of nie, ’n nasionale taal moet vir die meeste mense van ’n land verstaanbaar wees.

    “Dit moet die taal van die regering wees en die taal van administrasie.

    “Daar was ook nog geen aanduiding dat die nasionale regering wetgewing gaan maak oor die gelykheid van tale nie.

    “En uiteindelik sal Engels die taal van onderwys word: sekondêr en tersiêr. Die strewe van die owerhede sal dan wees om onderwys in Engels te standardiseer.

    “Niks verenig soos ’n taal nie.

    “Engels alleen sal hierdie land moet probeer verenig, waarskynlik as ’n gebroke taal. Maar, met leedwese, moet ek sê: ‘One lan-guage, one nation.’ ’’

  • 17. Beeld  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 28

    ’n Sewejarige seun is in ’n tref-en-trap-ongeluk in Pietermaritzburg dood.

    Volgens mnr. Chris Botha, Netcare-woordvoerder, het Philaswa Madala in die pad gelê toe nooddienswerkers eergister omstreeks 14:00 op die toneel in Edendale, Pietermaritzburg, aangekom het. “Ons het ’n uur lank probeer om hom by te bring, maar hy is dood op die toneel.”

    ’n Man (34) is kort daarna in hegtenis geneem op aanklagte van dronkbestuur en strafbare manslag, het sr.supt. Henry Budhram, polisiewoordvoerder, gesê. – Retha Grobbelaar

  • 18. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 30

    Daar kruip beeld toe wragtie by die agterdeur in !

    Klip – rustig dankie, nie veel gedoen behalwe wasgoed gewas en biki geshop en toe gery koshuis toe nie.

    Ek hoop jy het ‘n rustge 7 dae

  • 19. Beeld  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 31

    Jeanne-Marié Versluis

    Twee swanger vroue is die naweek aan pandemiese (H1N1) 2009 (varkgriep) in Suid-Afrika dood.

    Dit bring die sterfgevalle weens varkgriep in die land amptelik op vyf te staan, het mnr. Fidel Hadebe, woordvoerder van die departement van gesondheid, gister gesê.

    Die slagoffers was ’n 27-jarige Oos-Kaapse vrou wat ook diabetes gehad het en ’n 23-jarige vrou van Durban wat 30 weke swanger was.

    Dit is nie bekend hoeveel weke die 27-jarige vrou swanger was nie, het Hadebe gesê.

    Tot dusver is 2 844 varkgriepgevalle in die land aangeteken sedert die eerste geval in Junie. Hadebe het gesê die meeste aangetekende gevalle in die land het ’n matige siektetoestand. Wêreldwyd is die neiging steeds ook ’n matige siektetoestand. Matige simptome sluit ’n loop- of toe neus, koors, spierpyn en ’n gehoes in. Sulke gevalle het nie enige gespesialiseerde mediese sorg nodig nie.

    Swanger vroue, mense met chroniese hart- of longsiektes, MIV/vigs en diabetes moet dringend mediese aandag kry, selfs as hulle matige simptome het.

    Dié wat nie in die hoërisiko-groepe val nie, moet dringend mediese sorg soek as hulle erger simptome het, soos kortasem, borspyn, aanhoudende braking en diarree.

    Dit geld ook mense met ernstige simptome: ’n gesukkel om asem te haal; blou lippe, tong of ander liggaamsdele; erge lighoofdigheid of bewusteloosheid. Die toetsing vir H1N1 word op doktersaanbeveling gedoen. Dit word ook net gedoen op hoërisiko-gevalle of dié met erger of ernstige simptome.

    Dié met matige simptome moet liefs by die huis bly om aan te sterk; basiese higiëne toepas soos om gereeld hul hande met water en seep te was; in ’n sneesdoekie nies of hoes; of in die waai van hul elmboog hoes, pleks van hul hande.

    Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gesê navorsing in die VSA wat einde Julie in die joernaal The Lancet gepubliseer is, het die aandag gevestig op ’n verhoogde risiko van ernstige of dodelike siekte by swanger vroue wat met H1N1 besmet is.

    Verskeie lande wat ’n wydverspreide oordrag van die virus ervaar, het ook ’n verhoogde risiko by swanger vroue aangemeld, veral in die tweede en derde trimesters van swangerskap. ’n Verhoogde risiko van fetale sterfte of ’n miskraam by vroue met H1N1 is ook aangemeld. Die WGO het sterk aanbeveel dat swanger vroue en die klinieke wat hulle behandel op hul hoede moet wees vir griepsimptome in gebiede waar H1N1 wydverspreid is.

    Die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het Saterdag sy eerste geval van H1N1 aangeteken – ’n Suid-Afrikaanse mynbeampte wat in die DRK se mineraalryke suidweste werk, het Sapa berig.

    Volgens mnr. Prosper Kabila, die DRK se minister van gesondheid, werk die man vir ’n Amerikaanse mynmaatskappy in die Katanga-provinsie en het pas van vakansie in Suid-Afrika na die DRK teruggekeer.

    Die man word behandel en dit gaan goed met hom, het Kabila gesê.

    Teen Woensdag was daar volgens die WGO se syfers 177 457 aangetekende varkgriepgevalle wêreldwyd, onder wie 1 462 gesterf het.

    Sedert 6 Augustus het verskeie lande hul eerste varkgriepgevalle aangeteken, soos Pakistan, die Maldive-eilande, Falkland-eilande en Frans-Guinee. Die influensa A-virus is ’n nuwe virus. Dié H1N1-stam het nie voorheen onder mense versprei nie.

  • 20. Beeld  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 34

    Marietie Louw-Carstens

    Polokwane (Pietersburg). – ’n Vermeende swendelaar is die naweek in Limpopo in hegtenis geneem omdat hy etlike mense na bewering met derduisende rande ingeloop het nadat hy glo vir hulle koeldrank met ’n dwelmmiddel ingegee het.

    Die 64-jarige man het hom glo as ’n polisieman voorgedoen. Hy het glo vir mense wat geld by banke onttrek het, gesê die geld wat onttrek is, is moontlik in rooftogte gebruik.

    Die man het glo ook koeldrank, met ’n onbekende dwelmmiddel in, aan sy slagoffers gegee. Die mense het hul bewussyn verloor waarna hy en ’n makker met die geld laat spaander het.

    Supt. Mohale Ramatseba, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man is eergister in Marble Hall in hegtenis geneem toe hy nog ’n man glo met dié slenter wou vang.

    Teen druktyd is die makker nog nie in hegtenis geneem nie.

    Die mans het hulle glo as bankkliënte voorgedoen wat ’n deposito wil maak, maar eintlik dopgehou watter mense onttrek groot bedrae geld.

    Ramatseba het gesê die swendelaars het hul slagoffers buite die banke voorgekeer en hulself as polisielede voorgedoen.

    Die mans het glo gesê die geld wat die persoon onttrek het, is moontlik geld wat in ’n rooftog gebuit is.

    “Die persoon is dan gevra om die geld aan die mans te oorhandig sodat hulle ‘seker kan maak of dit geld is wat geroof is of nie’,” het Ramatseba vertel.

    Die man in aanhouding is van Hammanskraal, Pretoria, en daar is ’n hangende roofsaak teen hom. Hy verskyn na verwagting vandag op aanklagte van die besit van dwelms in die Marble Hall-landdroshof.

  • 21. Beeld  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 36

    Geen ouer wil aan ‘n seksueel oordraagbare siekte dink as hul dogter tien jaar oud is nie, maar jy kan later spyt wees, skryf Antoinette Pienaar.

    Sy het skaars haar Barbie-pop weggepak en beskou die seuntjies in haar klas as bra simpel.

    Die blote idee van seksuele aktiwiteit onder nege en 10-jarige meisies is iets waaraan haar ouers ook eerder nie dink nie.

    Dit is om dié rede dat sommige lande nou begin het om nuwe entstowwe teen die seksueel-oordraagbare menslike papilloomvirus (MPV) eerder as kankerentstof te bemark.

    MPV is dalk nie ’n tipiese onderwerp vir ’n etenstafelgesprek nie, maar ’n gevaarlike realiteit vir die meeste vroue wêreldwyd.

    Die virus is al die “stiller moordenaar” genoem omdat vroue dit vir jare lank simptoomloos kan dra. Teen die tyd dat servikale kanker by hulle gediagnoseer word, is talle reeds in hul oorgangsjare.

    Die virus veroorsaak aanvanklik abnormale selle in die serviks. Dit kan vanself weggaan of met ’n prosedure verwyder word.

    Wanneer dit kanker word, is meer ingrypende chirurgie soms nodig en as die kanker reeds na omliggende organe versprei het, is daar dikwels min wat dokters kan doen om dit te keer.

    Dit kan enigiemand raak

    Op die derde Stop Servikale Kanker in Afrika-konferensie, wat onlangs in die Wes-Kaap gehou is, is daar hoofsaaklik gefokus op die impak van MPV en servikale kanker in ontwikkelende lande, veral arm gemeenskappe, asook die bekostigbaarheid van die MPV-entstowwe vir die staat.

    Die virus is egter nie net ’n probleem in arm gemeenskappe nie.

    Die land se grootste mediese fonds, Discovery, het verlede jaar voordele uitbetaal vir meer as 1 700 Lletz-prosedures in die private sektor.

    ’n Lletz-prosedure is net een van die metodes waarmee abnormale selle van die serviks verwyder word.

    As ’n mens in ag neem dat MPV in die meeste gevalle self deur die liggaam uitgewerk word, beteken dit daar is derduisende vroue in die Suid-Afrikaanse private sektor wat met MPV besmet was, maar nie abnormale selle het nie of by wie dit nog nie met papsmere bespeur is nie.

    By talle vroue klaar die abnormale selle op sonder dat mediese prosedures nodig is.

    Een private hospitaal in ’n welgestelde deel van Pretoria het onlangs binne drie maande 42 Lletz-prosedures op vroue gedoen, het Beeld verneem.

    Discovery het verlede jaar voordele uitbetaal vir meer as 140 000 papsmere. Een van die hoofredes hoekom papsmere gedoen word, is juis om abnormale selle in die serviks as gevolg van MPV-besmetting betyds te diagnoseer.

    ’n Moeilike gesprek

    Twee farmaseutiese maatskappye, GlaxoSmithKline (GSK) en MSD, het peperduur entstowwe teen MPV geregistreer en dit is in die private sektor beskikbaar vir meisies so jonk as nege of tien.

    Netcare se Stork’s Nest-persele het reeds ’n MPV-entstof op hul jongste entstofskedule vir kinders gelys.

    Dit blyk egter dat dit ’n dilemma is om ouers daarvan bewus te maak.

    Farmaseutiese vervaardigers mag nie bylae 4-middels aan die publiek bemark nie.

    Me. Mandy Keegan, produkbestuurder van Cervarix by GSK, sê hul ervaring is dat algemene praktisyns baie van die entstof weet. Dit is egter moeilik om die inligting aan pasiënte oor te dra. “MPV en servikale kanker is nie ’n eenvoudige of maklike onderwerp nie en dit neem tyd. Wanneer hulle pasiënte sien, is hulle gewoonlik besig om aan een of ander akute toestand aandag te gee en is dit nie altyd die regte tyd om so ’n gesprek te begin nie.

    “Die probleem is egter dat die pa-siënte nie die entstof kan bekom sonder ’n doktersvoorskrif nie.”

    Volgens Keegan is ginekoloë baie bewus van MPV-infeksie. Hulle sien egter nie die entstofteikengroep nie – dit is adolessente meisies wat nog nie seksueel aktief is nie.

    Navorsing toon die entstof moet gegee word voordat ’n meisie seksueel aktief word. Dit het geen terapeutiese waarde nadat iemand reeds met MPV besmet is nie.

    Selfs vel teen vel gevaarlik

    Prof. Lynette Denny van die Universiteit van Kaapstad se eenheid vir ginekologiese kanker het op die konferensie gesê MPV word ook deur vel-tot-vel-kontak oorgedra, nie slegs deur die uitruil van liggaamsvloeistowwe soos byvoorbeeld MIV nie.

    Dit beteken tienermeisies kan met MPV besmet word deur intieme kontak nog voordat hulle seks het.

    Dit beteken ook dat kondome ’n vrou nie ten volle beskerm teen MPV nie en dat gay vroue byvoorbeeld ook besmet kan raak, veral deur seksspeelgoed.

    Denny het gesê ’n studie onder 140 studente tussen 18 en 20 jaar oud het getoon ná ’n tydperk van twee jaar was 62,4% met MPV besmet.

    Om dié redes beveel die entstofvervaardigers aan dat meisies jonk ingeënt word, nog voordat hulle begin eksperimenteer.

    Duitse deurbraak maak entstof moontlik

    Prof. Harald zur Hausen, voormalige voorsitter en wetenskapdirekteur van die Duitse kankernavorsingsentrum, het ontdek die menslike papilloomvirus (MPV) veroorsaak servikale kanker.

    Sy deurbraak is so groot geag dat hy verlede jaar die Nobelprys vir geneeskunde gedeel het met Franse professors wat ontdek het MIV is die oorsaak van vigs.

    Dit is danksy Zur Hausen dat twee entstowwe teen MPV ontwikkel kon word. Ons weet vandag:

    Daar bestaan 100 MPV’s, waarvan 40 die vrouedele kan besmet.

    Net 15 word verbind met servikale kanker.

    Meer as die helfte van vroue sal in hul leeftyd met die virus besmet raak, maar in die meeste gevalle oorkom die liggaam die virus.

    In studies is MPV by 99,7% van vroue met servikale kanker gevind.

    Die MPV-entstowwe op die mark beskerm vroue meer as 95% teen infeksie met die gevaarlikste twee, MPV 16 en MPV 18.

    Daar word voorspel dat die entstowwe die hoeveelheid chirurgie, onder meer om abnormale selle op die serviks te verwyder, drasties sal verminder by diegene wat toegang het daartoe wanneer hulle jong meisies is. Bron: http://nobelprize.org

  • 22. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 37

    Die influensa A-virus is ’n nuwe virus. Dié H1N1-stam het nie voorheen onder mense versprei nie.
    Kloon – beteken dit dat dit dan nie net H1N1 is nie maar ‘n stertjie A1 byhet ?

  • 23. Adrie  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 44

    Tilla

    Mens kry 3 tipes griep – Influenza A is een van hulle. Dit is die mees algemene griep. Hulle word almal deur die H1N1 virus veroorsaak. Soos wat ‘n mens wit mense, swart mense, rooi en geel mense kry, kry ‘n mens verskillende tipes H1N1 viruses (serotipes). Die H1N1 virus wat varkgriep gee is ‘n nuwe virus.

  • 24. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 48

    Sjoe, dis hectic – hulle het Saterdag my niggie se baba ook getoets vir die virus maar ek weet nog nie wat die uitslae is nie, hy was in Julie ‘n jaartjie oud

  • 25. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 49

    Maar wat het dan fout gegaan want hulle sê die H1N1 stam het nog nooit op mense oorgedra nie ?

  • 26. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 50

    Nou voel ek beter!

  • 27. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 51

    * M* is jou niggie se baba ok nou?

  • 28. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 51

    klip – hoekom – what happened ?

  • 29. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 54

    Klip – ek het nie ‘n clue nie – wag nog om van my tannie te hoor – sy het gesê sy sal my op hoogte hou

  • 30. Adrie  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 55

    Hulle bedoel die spesifieke H1N1 virus.

  • 31. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 57

    Die een sonder ‘n stertjie ? Maar juis – what went wrong dat die spesifieke een nooit na mense toe oorgedra het nie maar nou wel doen ?

  • 32. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 8 : 59

    Soos willes sou se , die klomp narre hier by die werk!

    Een telefoon oproep en alles wat positief is vlieg weer by die deur uit.

  • 33. Nats  |  Augustus 17, 2009 om 9 : 00

    Goeie more julle!

    Lekker naweek gehad?
    Ek het!!! Ons het beddegoed en gordyne gekry! Jipppeee na hoeveel maande!!🙂

    Topic
    ‘n Bitch is iemand wat nie terug staan nie, haar sê sê en niemand se nonsens opvreet nie.
    Ek sien Samantha (van Sex and the City) as die perfekte bitch! En vir my doen sy in in style!😉

  • 34. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 9 : 00

    More A3 !

  • 35. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 9 : 03

    More Nats , bly om te sien jy het n lekker naweek gehad.

    bitch, ho, slut word in meeste gevalle in die selfde konteks gebruik

  • 36. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 9 : 06

    Party vrouens voel oor die “B” woord dieselfde as wat mense oor die “K” woord voel

  • 37. Nats  |  Augustus 17, 2009 om 9 : 10

    More Klip
    Ek het ook BAIE rolbal gekyk – was groot pret, gekyk hoe springbokke speel! Hulle mag maar!

    O ja wie het sport gekyk gister aand? Die atlete Bolt en daai ouens wat weer wêreld rekords gebreek het?

    Dis was great!!!!!

  • 38. Adrie  |  Augustus 17, 2009 om 9 : 26

    Tilla

    Griep kan elke jaar ‘n klomp nuwe soorte virusse maak.

    Ek moet nou hol, sal later kom prentjies teken.

  • 39. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 9 : 29

    Nats

    Hallo – trots op jou oor jy eventually gordyne en goed gekry het – took a while !

  • 40. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 9 : 31

    Adrie – jy moet net daai prentjies vir my inkkleur ook hoor !

  • 41. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 9 : 32

    eish – inkleur !

  • 42. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 9 : 32

    Ek het weer ‘n oorywerige keyboard

  • 43. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 9 : 47

    En ek praat alweer met myself ook

  • 44. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 9 : 49

    B – Brave
    I – Intellegent
    T – Trustworthy
    C – Charming
    H – Happy

  • 45. Wheelbarrow Jack  |  Augustus 17, 2009 om 10 : 54

    Vroue wat ek al teegekom het wat so graag die bitch titel om hulle nekke gehang het, was net vroue oor wat tussen hulle bene en op hul borskaste sit.

  • 46. Wheelbarrow Jack  |  Augustus 17, 2009 om 11 : 10

    Juf swaardepoel, die mvp ding het nou my kop gesmokkel. Ek het dit 4 keer o or gelees en verstaan dit steeds nie. Kanker wat aansteek?

  • 47. Wheelbarrow Jack  |  Augustus 17, 2009 om 11 : 19

    In elk geval juffroutjie, ek is geskok. Diep, diep geskok. Dat jy van alke mense die bitch ding n babe noem. Babe is die engelse woord wat baby vooraf gegaan het. Baby is dus n anglisisme van babe. Bitches sien hulleself as seksueel onweerstaanbaar. Tog bring jy n babe daarby in. Dit is na my mening wat pedofilie n beskermde sport wereldwyd maak en hou. Al verskil is net die grote omdat mense soos jy n bitch n babe maak. So as 1 seksueel aanvaarbaar is, hoekom nie die ander ook nie?

  • 48. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 1 : 13

    Probeer ons polities korrek wees?

  • 49. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 1 : 14

    A3 waneer word ek ge- “unban”

  • 50. Nats  |  Augustus 17, 2009 om 1 : 16

    WBJ
    Babe beteken nie net baba nie.
    Dan sal tydskrifte nie na sexy vrouens verwys as babes nie.

    1.A baby; an infant.
    2.An innocent or naive person.
    3.Slang. A young woman.
    4.Informal. Sweetheart; dear. Used as a term of endearment.

    Sien dis nie net babas nie.

    So jy hoef nie meer “geskok” te wees nie.

  • 51. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 1 : 19

    WBJ , kan n mens darem vir jou kleinkind se , poplap , sweetie-pie kleinding , engeltjie , hartjie ens , of moet n mens net se kom hier my kleinkind?

  • 52. Sebastiaan  |  Augustus 17, 2009 om 1 : 24

    Toe ek die anderdag geprat het van n bitch het ek ni van jy geprat ni matilda. Ma wana be wat jy is het jy soma aangeneem dis jy en geantwood. Jy jouself in di titel herken. Jy het mos altyd probeer om ha te na aap. Beter te doen. Ma weet jy wat. Jy is net n mangel. Bloot n iritasieg.

  • 53. Nats  |  Augustus 17, 2009 om 1 : 25

    Klip
    Ek noem Mnr. dan sms Babe… so wat noem ek hom nou ‘n baba??

    En nee… jy moet jou kleinkind dan maar op die naam noem lyk dit my… net nou gee jy mense soos WBJ die verkeerde idee en dan word jy sommer ‘n pedofiel genoem.

    Probleem gaan wees met mense wie se naam Babe is – daar is nogal baie van hulle daar buite.

    Ek noem Amy-Leigh my bobbejaantjie😯
    Wat maak dit my?? 😆

  • 54. Sebastiaan  |  Augustus 17, 2009 om 1 : 29

    Nats jou intelek is verbaseod0. Dit moet wees omdat jou opvoeding uit tydskrifte en vao tv programe afkom. Dar om kan hulle ni verkeurd wees nie.
    Klip
    war hang jou pantofel uit? weet sy hoe horing jy op di blog openbar. Of hoe jy by di vroue jgatkruip noem jou kleinkind bitck. Ek dink ha ouma sal dit stukend smaak

  • 55. Nats  |  Augustus 17, 2009 om 1 : 29

    Sebastiaan
    As jy my Tweeling ‘n bitch genoem het… het jy *Mathilda* ‘n bitch genoem want jy sien sy is my Tweeling se kloon… so sien jy het *M* ‘n bitch genoem – maar hou in gedagte sy is ‘n super bitch.

    En dis Mev. Super Bitch vir jou.

  • 56. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 1 : 30

    Hoe sal n vrou dit ervaar as haar man of vriende haar in die geselskap van gesiene ,of kerk mense of goeie vriende of in enige openbare plek aanspreek as bitch
    Bv Haai bitch kom gou hier , in stede van Haai my skat kom gou hier.

    As n vrou na haarself as n bitch verwys behoort sy mos geen probleem te he as iemand haar so aanspreek ook nie

  • 57. Nats  |  Augustus 17, 2009 om 1 : 33

    Sebastiaan
    Wanneer laas het jy tv programme gekyk? Of altans deur die kanale gechannel hop? Daar is kanale wat jou baie leer – en ek praat nou nie van die een waarop jy vashak nie naamlik FTV nie.

    En tydskrifte… wel ja ek lees hulle maar myne het darem iets om te lees nie soos joune wat net prentjies het nie.

  • 58. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 1 : 38

    Sebastiaan , jy kan nie eers spel , wat nog van verstaan wat n naam beteken.
    As jou hart seer is omdat niemand by jou gat kruip nie , kyk in die beeld vir nrs van boudkappers , wat jou kan aanvat

  • 59. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 1 : 40

    Sebastiaan , lyk my jy praat ook net vieslik die dag as jou partner jou n knippie gee

  • 60. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 1 : 42

    Sebastiaan gaan speel met joy tottie op n treinspoor

  • 61. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 1 : 44

    Seker std 3 met vetkryt geskryf en gedop

  • 62. Seekat  |  Augustus 17, 2009 om 2 : 03

    Witch en Bitch Rym wonder hoekom.

  • 63. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 3 : 28

    Nou wat nou?

  • 64. Adrie  |  Augustus 17, 2009 om 3 : 42

    Domkrag

    Ek het die voorbeeld gebruik wat almal ken. Niks meer nie en niks minder nie.

    Die algemene siening is dat ‘n babe ‘n looker is. Dus ‘n baie mooi vrou bokant 18. Daar is homonieme ook wat ons nie moet vergeet nie.

    Babe kan natuurlik ook ‘n Vark wees. 😆

  • 65. Adrie  |  Augustus 17, 2009 om 3 : 45

    Tilla

    In kort. Griep het 2 stands DNA. Griep kan mense, varke of verskeie voels siek maak. ‘n Gasheer kan ook meer as een tipe griep virus onder lede he. Dan is dit ‘n free for all. As hulle in dieselde sel op eindig kan hulle in enige denkbare kombinasie weer vrygestel word. Gelukkig gaan die meeste gou dood. Soms kry ‘n mens dan iets nuut wat nog nie van te vore gesien is nie. Dit kan dan die oorsaak van ‘n pandemie wees.

  • 66. Nats  |  Augustus 17, 2009 om 4 : 25

    TWEEEEEEEEEELING!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 67. Adrie  |  Augustus 17, 2009 om 4 : 35

    TWWWEEEEELLLLLIIIIIIIIINNNNNNGGGGGG

  • 68. Klip  |  Augustus 17, 2009 om 4 : 35

    Na aanleiding van sponsdrol sebastiaan, het ek obvious my welcome over stay hier op die blog. As ek enigsins enige iemand aanstoot gegee het vra ek dan met hierdie inskrywing omverskoning, en as ek dan ook enige iemand se gat gekrap het of gekruip het , vergewe my dan maar

    Geniet die blog wereld , mag daar net voorspoed en vrede vir almal wees.

  • 69. Adrie  |  Augustus 17, 2009 om 4 : 35

    How goes?

  • 70. Nats  |  Augustus 17, 2009 om 4 : 38

    Weg…

  • 71. Nats  |  Augustus 17, 2009 om 4 : 38

    Da is jy!!!

  • 72. Adrie  |  Augustus 17, 2009 om 4 : 40

    HUh?

  • 73. Adrie  |  Augustus 17, 2009 om 4 : 41

    Iemand is daarop uit om die blog te vernietig

    Hy is goed oppad om dit reg te kry ook

  • 74. Seekat  |  Augustus 17, 2009 om 4 : 41

    Witch ( Women with magic powers)
    Bitch ( Sexy Babe Over 18 with magic powers)

  • 75. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 4 : 43

    Klip – jy laat jou seker nie deur ‘n wanna be soos sebastiaan (wat nie eers kan spel nie) afskrik nie ? Sy comments is so vlak dat hy dit ook kan verstaan !

  • 76. Adrie  |  Augustus 17, 2009 om 4 : 45

    Klip

    Ignoreer net.

  • 77. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 4 : 50

    Of soos in die ouer terme – stopstraat, toiletpapier en kondoom die drol in die drinkwater !

  • 78. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 4 : 52

    My niggie se baba het darem negatief getoets vir die virus

  • 79. *Mathilda*  |  Augustus 17, 2009 om 5 : 05

    Bye for now – sien julle later

  • 80. Sebastiaan  |  Augustus 17, 2009 om 6 : 02

    Ag nats meeste van ons het n skool opvoeding gehad. Sms spelling en al. Ons het ni tv kanale nodig om ons te leer nie. Jou 2ling se drieling se kloon is almal vetgatte. Ou klip gaan droog jo d00s af gebruik die nrs wat jy het.

  • 81. Salome  |  Augustus 17, 2009 om 7 : 16

    KLIPPIE!! wag!!

    Sebastiaan – Wil jy nie asb ‘n gesiggie opsit sodat ek kan sien wie ek dink die groot aap is!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: