Stigma

Augustus 13, 2009 at 6 : 24 99 Kommentaar

Ek het gou vinnig ‘n woordeboek nader getrek.  Stigma is iets wat sosiaal onaanvaarbaar is. 

Dit is nogal ‘n bekvol.  Iets waaroor ek mooi sal moet dink en julle wat maar my gedagtes sal moet verteer.  Ons praat baie dikwels dat daar ‘n stigma aan iemand kleef.  Daar is dus iets aan daardie persoon wat deur ons as onaanvaarbaar beskou word.  Persoonlik dink ek dat onaanvaarbaar ‘n sterk eufenisme is.  Ek sal eerder die woord onwaardig of selfs ondergeskik gebruik.  Nie goed genoeg nie.  Benede die persoon wat die stigma aan die ander koppel. 

Kom ons neem gays as ‘n voorbeeld.  Ek beskou myself redelik oopkop, tog het ek gisteraand gegrinnik toe Pasela Jackie Nagtegaal se vrou voorstel.  ‘n Vrou met ‘n vrou is iets waaraan ek nog gewoond moet raak.  Ek sal nou nie gemeen of onbeskof met hulle wees nie.  Ek sal ook seker maak dat niemand hulle in my teenwoordigheid afkraak nie.  Tog gee ek aan hulle ‘n stigma deur die feit dat ek daardeur geamuseer word. 

Hoe gemaklik is die meerderheid van ons werklik met iemand wat HIV positief is?  Goed, ons sal probeer beskaaf wees wanneer die mens aan jou huis is.  Wat gebeur wanneer hulle om die straathoek verdwyn?  Ek sal vir julle ‘n prentjie skets wat in die meeste huise gaan gebeur.  Die gas gaan weggewens word, al die gulheid van die gasheer/vrou gaan ‘n vals aanplaksel wees.  Wanneer die persoon vertrek gaan die bank met Dettol / Domestos geskrop word.  Die koppie wat die persoon gebruik het gaan gebreek word en die toilet gaan met kook water gesteriliseer word.

Kan ‘n mens iemand dus kwalik neem as hulle nie hulle HIV status bekend wil maak nie?  Die persoon kon net sowel griep gehad het.  ‘n Siekte is ‘n siekte.  As ‘n mens in ag neem hoe maklik ‘n mens van griep kan sterf, hoekom word HIV uitgesonder?  Enige STD.  Herpes Simpleks is ‘n koorsblaar.  Jy gaan nie ongemaklik voel met ‘n persoon wat ‘n koorsblaar het nie.  Tog as jy weet die persoon het herpes van die privaat dele, gaan jy waarskynlik kriewelig voel.  Al het jy nooit planne  gehad om jou bed te deel nie.

Stigma.  Ironies genoeg is baie stigmas nie polities korrek nie, maar hulle bly daar.  Ek het maar net 2 voorbeelde genoem.  Wat nog van stigmas oor ras, geloof, gebruike ens?

Ons aanvaar meestal dat stigmas verkeerd is.  Stigma is seker in ‘n mate onregverdige diskriminasie.  Aan die anderkant, het stigmas nie wel ‘n plek nie.  Ons wil byvoorbeeld nie graag met mense meng wat ‘n ander uitsig op die lewe het as ons nie.  Dalk? 

Tog dink ek dat stigma ons beperk.  ‘n Mens is mos nie altyd wat sy omstandighede of uitsigte dikteer nie.

Hoe voel julle?

Blogvraag:  Wie was die persoon wat die langste op die FBI se 10 mees gesoekte voortvlugtiges was?

Blogantwoord:  Willes was reg met Tu’i Malila.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Toemaar Maar een Suid-Afrika

99 Kommentaar Add your own

  • 1. Girl van die Suburbs  |  Augustus 13, 2009 om 8 : 14

    Kan dit wees!

    F-I-R-S-T!!

  • 2. Girl van die Suburbs  |  Augustus 13, 2009 om 8 : 16

    Henry Randolph Mitchell

  • 3. Adrie  |  Augustus 13, 2009 om 8 : 31

    Gegroet

  • 4. Girl van die Suburbs  |  Augustus 13, 2009 om 8 : 36

    Alloah!

    Gcat is awesome! Jy kan iemand bel ook sonder visuals. Jy praat net in jou speaker… Viola!

  • 5. Adrie  |  Augustus 13, 2009 om 8 : 51

    Jy kan dit met skype ook doen. Sit net die video af.:mrgreen:

  • 6. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 5 : 23

    More more!! Dis ALWEER Vrydag!!!!

  • 7. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 5 : 24

    @ Boer en sy tjomma

    ………. Toemaar😈

  • 8. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 6 : 50

    KOM AAN SOMER!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 9. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 7 : 14

    Goeie more almal , dis VRYDAG!!! ( nie dat dit iets vir my beteken nie )

  • 10. *Mathilda*  |  Augustus 14, 2009 om 7 : 44

    more more

  • 11. *Mathilda*  |  Augustus 14, 2009 om 7 : 52

    Dis tyd dat ons braai

  • 12. Adrie  |  Augustus 14, 2009 om 8 : 14

    More

  • 13. *Mathilda*  |  Augustus 14, 2009 om 8 : 24

    KLOON !!!!!

  • 14. Beeld  |  Augustus 14, 2009 om 8 : 42

    Herman Scholtz

    ‘Hy gaan haar tref! Hy gaan haar tref!”

    Dit was die woorde van ’n ooggetuie aan haar dogter die dag toe Bernadine Kruger (16) deur ’n minibustaxi omgestamp en doodgery is.

    Me. René van Zyl het gister in die Pretoriase streekhof getuig sy en haar 11-jarige dogter het gesien hoe Bernadine “deur die lug gevlieg” het.

    Van Zyl het saam met die verkeer vorentoe beweeg, maar haar dogter het teruggekyk en gesê: “Die taxi stop nie!”

    Mnr. Percyval Matji (31) het skuld ontken op aanklag van moord op Bernadine en drie alternatiewe aanklagte van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur en onbedagsame bestuur.

    Bernadine het op 23 Februarie in Atterburyweg, Pretoria, gesterf. Sy was die oggend omstreeks 07:00 met haar bromponie op pad na die Hoërskool Garsfontein toe die taxi haar getref het. Sy is op die toneel dood.

    Van Zyl, mnr. Hugo Vermaak en me. Sanet Venter het al drie getuig ’n taxibestuurder het hard, aanhoudend en “aggressief” vir Bernadine toeter geblaas.

    Hulle het die voorval gesien terwyl hulle in die verkeer, wat in ’n westelike rigting beweeg het, vasgesit het. Volgens hulle was daar benewens die taxi en bromponie min of geen verkeer in die teenoorgestelde rigting.

    Al drie het gesê die taxibestuurder het baie vinnig gery en oënskynlik nie spoed verminder voordat sy voertuig Bernadine se bromponie getref het nie.

    Dit wou voorkom of sy na die linkerbaan wou oorgaan voordat die taxi haar eers getref en toe bo-oor haar gery het, het hulle getuig.

    Bernadine is etlike meter ver geslinger, het al drie getuig.

    Volgens Vermaak het die taxibestuurder daarna “baie ver aangery”, toe tot stilstand gekom en ’n klein entjie teruggery voordat hy stilgehou het.

    Volgens hom het Bernadine eers in die linkerbaan gery met die toetende taxi kort op haar hakke. Sy het haar flikkerlig aangesit en na regs oorbeweeg, waarna die taxi haar gevolg het.

    Toe Vermaak gevra is of daar enige rede vir die taxibestuurder was om te toet, het hy gesê daar was nie eens pendelaars langs die pad nie.

    “Dit het gelyk of hy haar uit die pad wil kry.”

    Die ooggetuies het almal gesê hulle meen Matji kon die ongeluk vermy het deur remme aan te slaan of bloot na die linkerbaan oor te gaan.

    Adv. Rendani Mufumadi het namens Matji aangevoer Bernadine het voor hom ingery, hy het vir haar getoet “toe hy besef haar tydsberekening was nie perfek nie” en haar toe per ongeluk omgery.

    Mufumadi het Vermaak gevra of hy taxibestuurders haat.

    “Ek stel dit aan u dat u verskuilde motiewe het. Dis waarom u getuig.”

    Adv. Sanet van Rensburg, staatsaanklaer, het op dié punt beswaar aangeteken wat deur streeklanddros Edmund Patterson gehandhaaf is.

    Me. Elsabé Homan, Bernadine se ma, het by tye die trane van haar wang afgevee toe die getuies haar dogter se laaste oomblikke beskryf het.

    Die saak is tot volgende week uitgestel.

  • 15. Beeld  |  Augustus 14, 2009 om 8 : 44

    Philip de Bruin

    Die sanger Jurie Els, wat in Nieu-Seeland woon, het gister toestemming gekry om sy stryd met Esmaré Weideman, redakteur van Huisgenoot, You en Drum, in die appèlhof voort te sit.

    Els het aanvanklik ’n aansoek in die Kaapse hooggeregshof ingedien waarin hy gevra het dat Weideman en Media24, eienaar van die drie tydskrifte, aan minagting van die hof skuldig bevind moet word.

    Die aansoek het gespruit uit ’n artikel in 2008 in Huisgenoot waarin die jong sanger Robbie Klay “ ’n sanger” van seksuele molestering beskuldig het.

    Els het in sy aansoek teen Weideman en Media24 aangevoer dat lesers van die artikel hom as die sanger sou kon identifiseer en dat dit daarom ’n hooggeregshofinterdik oortree.

    Regter Daniel Dlodlo het Els se aansoek verwerp, onder meer omdat Els sy aansoek in die hooggeregshof in Johannesburg moes ingedien het en nie in Kaapstad nie.

    Dlodlo het egter wel appèl na ’n volbank van drie regters van Kaapstad toegestaan.

    Els was nie daarmee tevrede nie omdat hy die appèl in die appèlhof in Bloemfontein wou laat aanhoor.

    Gister het appèlregters P. Streicher en S. Snyders Dlodlo se verwysing van die appèl na ’n volbank van drie regters in Kaapstad tersyde gestel.

    Die appèl sal waarskynlik eers volgende jaar aangehoor word omdat ’n lang proses in die appèlhof nou gaan volg voordat die appèl ter rolle geplaas sal word.

  • 16. Beeld  |  Augustus 14, 2009 om 8 : 49

    Hilda Fourie

    Sakke vol pille, hope chemiese poeier, chirurgiese maskers, mediese handskoene en valstandmodelle lê al meer as ’n week lank in ’n veld in Raslouw, Centurion, nadat dit onwettig daar gestort is.

    Mense stort al ’n geruime tyd hul afval in dié veld wat langs die Rietspruit lê. Die Rietspruit loop in die Hennopsrivier in wat na die Hartbeespoortdam loop.

    Mnr. Janho Engelbrecht, DA-raadslid, het gesê ’n inwoner wat langs dié veld in Lochnerweg woon, het Sondag deur die veld gehardloop, iets vreemds geruik en die hope mediese afval opgemerk.

    Ooggetuies het gesien hoe rommelverwyderaars die mediese afval verlede Woensdag in die veld gestort het. Die amptelike stortingsterrein is in Atteridgeville.

    Toe Engelbrecht die gebied besoek, was die afval nie gebrand nie. Iemand het dit vermoedelik eers eergister aan die brand gesteek, maar die pille en poeier het nie uitgebrand nie.

    “As dit môre reën, is al die chemikalieë in die rivier en dan het ons ’n probleem, want as dit eers in die rivier is, kan ons dit nie weer uithaal nie,” het Engelbrecht gesê.

    Mnr. Console Tleane, woordvoerder van die Tshwane-metroraad se departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê hulle beskou dié geval as gevaarlik omdat die mediese afval nie in ’n beheerde gebied gestort is nie. Dit hou ook ’n gesondheidsrisiko in.

    “Mediese afval moet in gespesifiseerde gebiede gestort en deur gekwalifiseerde mense vernietig word,” het hy gesê.

    “Uit die inligting wat ons het, lyk dit of die afval deur gewone rommelverwyderaars hanteer is en dat dit onwettig en gevaarlik is.

    “Die identiteit van die storter/s word nog ondersoek.”

    Die Tshwane-nooddienste het die saak by die Gautengse departement van gesondheid aangemeld.

    ’n Farmaseutiese vervaardiger van Hennopspark wat se verpakking in die veld gevind is, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

    Mnr. Tjaart Reinach van Reintech Laboratorium in Wierdapark wat valstande vervaardig, se pamflette en vals- tandmodelle is ook in die veld gevind.

    Reinach, wat oorkant die veld woon, het “ ’n ou langs die pad gekry” om sy bourommel te verwyder. Hy het ook ’n paar asblikke, waarin pamflette en valstandmodelle was, laat verwyder.

    “Ek het die ou gevra waarheen hy dit gaan vat en hy het gesê Atteridgeville. Toe ek later met hom praat, het hy gesê hy staan in Atteridgeville.

    “Mense moenie die ouens langs die pad gebruik nie. Hulle gooi nie die rommel by wettige stortingsterreine weg nie.”

  • 17. Nats  |  Augustus 14, 2009 om 8 : 54

    Goeie more julle!!!!

  • 18. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 8 : 55

    *M* ek stem 100% saam met die braai idee.

  • 19. *Mathilda*  |  Augustus 14, 2009 om 8 : 57

    More nats

    klip – dis mos altyd ‘n goeie idee daai !

  • 20. Beeld  |  Augustus 14, 2009 om 8 : 57

    Korrespondent
    Londen. – ’n Grimeerkunstenaar het gister gesê hy het die twee rowers wat hier £40 miljoen (sowat R529 miljoen) se juwele geroof het, se voorkoms met rubbermaskers verander.

    ’n Internasionale soektog na dié bende, wat verlede Donderdag op Graff Diamonds toegeslaan en met van hul waardevolste juwele verdwyn het, is in volle gang.

    Die polisie het Maandag ’n 50-jarige man aangekeer wat hulle gemeen het betrokke was by die beplanning van die rooftog. Hy is egter intussen vrygelaat.

    ’n Grimeerkunstenaar het gister beweer hy het die twee rowers, wat op kringtelevisie-opnames gesien kan word, se hele voorkoms Donderdagoggend verander deur maskers van vloeibare rubber te maak – min wetend wat hul planne vir later die dag was.

    “Ek was onder die indruk dat hulle in ’n musiekvideo gaan speel,” het die 29-jarige vryskutkunstenaar aan die Sun gesê. Sy identiteit word geheim gehou, maar forensiese kundiges het reeds beslag gelê op die toerusting wat hy gebruik het om die twee mans onherkenbaar te maak.

    Behalwe die rubbermaskers, het hy ook hul haar- en gelaatskleur in sy ateljee verander. Die hele sessie het £450 (sowat R6 000) elk gekos en het vier uur lank geduur.

  • 21. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 07

    More almal is dit te vroeg vir Hanepoort?

  • 22. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 09

    My probleem is as ek hier by my in die kombuis braai dan gaan die smoke detectors af en al die fire dampers maak toe.

    Anders moet ek buite gaan braai , en wel as daar nie eers n casteeltjie is nie dan sien ek dit nie heeltemal as n braai nie

  • 23. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 10

    Het ek al weer almal weggejaag?

  • 24. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 10

    More boervrou , laat waai , dit sal sommer lekker smaak dankie

  • 25. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 10

    HOEZIT!!!

    @ Klip

    Huganit met my se coloured skelmpie😉 WHUHAHAHA!!! Ons kanni eers sêg dit was by Annemansetotti nie!

  • 26. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 11

    Sien al wat ons gelukkig hou is drank😉 . More klip

  • 27. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 11

    Lo da Boervrou

    Vloek jy❓

  • 28. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 12

    Hey ta WK , kyk nou net hoe het hulle ons uitgevang 😳 , maar nou ja ons praat nie uit nie of hoe❓

  • 29. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 12

    Klip Jy moet my nou nie in die versoeking stel nie,ek moet kinders gaan haal en op en af ry musieklesse toe!

  • 30. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 13

    boervrou , ek sou ook nou op n ander plek wou wees as om hier by die werk te sit

  • 31. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 13

    Hallo wille Q. Waarvoor staan die Q?

  • 32. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 14

    boervrou , dink nou net hoe lekker gaan jy saam sing daar by die musiek lesse

  • 33. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 15

    Kom ek va eerder is jy ‘n seuntjie?🙂 , Dan het ek ‘n idee waarvoor dit is.

  • 34. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 17

    As ek oraait kon sing ja! Maar ai eks vreeslik vals. Gelukkig is ek nou by diehuis met ‘n koekie en koffie!!!!

  • 35. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 18

    Dont drink en drive , smoke and fly!!

  • 36. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 19

    Hier was gister n boerwat gese het as n vrou vloek sy nie n boer kan wees nie , wat se jy boervrou ????

  • 37. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 21

    Gi, wat se gedinges is dit? As my ref meter in die rooi is, is dit nou maar so, dan moet die wat nie wil hoor nie- hulle ore toedruk!

  • 38. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 21

    Ek moet se so n klein hanepootjie , haal nogals die rough edges van n ou se stem af, dit laat my sommer baie harder praat , en oor goed wat ek nie verstaan nie

  • 39. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 22

    Hoekom is julle so staaaadig om te reply, of het my koffie ingeskop, nou dink ek dis stadig?

  • 40. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 23

    😆

  • 41. Nats  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 24

    Skies julle ek het sopas mal besig geraak!

    Sal net nou kom chat en my 5c kom gee!

    Toodle loo!!

  • 42. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 26

    Hanepoort maak my ‘n beter danser,’n beter sanger ‘n beter kekelbek (weet nie of dit goed is nie). Dis hoekom ek verstaan hoekom sterre alkies word.
    OK, ek word nie beter nie, maar ek DINK op daai stadium eks beter!

  • 43. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 26

    bye nats

  • 44. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 26

    Jislaaik! Ek draai my rug vi 2 minute dan klets julle onner my uit.

    @ Boervrou

    Ek sit (meeste vanni tyd) en pp😈

  • 45. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 27

    ok dan sal ek nou nie weet waarvoor die Q staan nie, dog dis dalk Quintin.

  • 46. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 27

    O ja……… Die Q kom saam my van Kakaranda se blogdae. Dis veronderstel om Queen te wees.

  • 47. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 28

    ok kinky!

  • 48. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 29

    Wie het nou vir klip weggegooi?

  • 49. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 30

    Julle ons kry bietjie koud vandag hier in limpôpô.

  • 50. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 30

    Ek sê mos dis die koffie!! Jullle is staaaaaaadig

  • 51. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 32

    Ag flok dan loop ek maar as julle nie met my wil chat nie!

  • 52. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 32

    Ekke besig. Tollie

  • 53. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 34

    My koffie kort ‘n knertsie

  • 54. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 35

    ‘n Mamoerse groot knertsie

  • 55. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 35

    En nousit seke my beert om soos ‘n gek met myselwers te praat

  • 56. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 38

    Knock Knock!
    Who’s there?
    Police.
    Police who?
    Police let us in; it’s cold out here.

  • 57. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 39

    Knock Knock!
    Who’s there?
    Doris.
    Doris, who?
    Doris locked, that’s why I had to knock!

  • 58. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 39

    Knock Knock!
    Who’s there?
    Norma Lee.
    Norma Lee who?
    Normalee I don’t go around knocking on doors, but do you have some obs?

  • 59. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 40

    Knock Knock!
    Who’s there?
    Yo momma.
    Yo momma, who?
    Seriously, it’s yo momma, open the damned door!

  • 60. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 43

    Knock Knock!
    Who’s there?
    Boo.
    Boo, who?
    Don’t cry, the obs is still full

  • 61. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 46

    Knock Knock
    Who’s there?
    Agatha!
    Agatha who?
    Agatha headache. Do you have an aspirin?

  • 62. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 48

    Knock Knock
    Who’s there?
    Turnip!
    Turnip who?
    Turnip the heat it’s cold in here!

  • 63. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 9 : 59

    Ek het ook eers geselskap gehad , ek kan nie wag vir 12 uur nie , almal wil mos nou alles gedoen he voor hulle op naweek gaan

  • 64. *Mathilda*  |  Augustus 14, 2009 om 10 : 08

    Hallo boervrou – willes en almal wat ek nog nie gegroet het nie

  • 65. *Mathilda*  |  Augustus 14, 2009 om 10 : 09

    Boervrou – nou praat jy ! Daai hanepootjie sal ons biki hitte gee ! Die windjie is ysig hier by ons

  • 66. *Mathilda*  |  Augustus 14, 2009 om 10 : 15

    Klip – ten minste het jy rus en vrede na 12 !

  • 67. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 10 : 36

    Eks hommer

  • 68. *Mathilda*  |  Augustus 14, 2009 om 10 : 38

    Hallo hommer – hoe gaan dit ?

  • 69. pop  |  Augustus 14, 2009 om 10 : 56

    hello almal

    its friday!!

  • 70. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 10 : 56

    TILLLLLLLAAAAAAAAAAAAA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Sorry! Was gou besig met die Japs wat kom kuier het. Jy weet…….. die manne wat die karre bou wat ek fix

  • 71. pop  |  Augustus 14, 2009 om 10 : 57

    ek ook hommer…maar het al 2.6kg in 3 dagge verloor!!!🙂

  • 72. *Mathilda*  |  Augustus 14, 2009 om 10 : 57

    hallo pop

  • 73. pop  |  Augustus 14, 2009 om 10 : 58

    *m*

    how goes it?

  • 74. *Mathilda*  |  Augustus 14, 2009 om 10 : 59

    pop – hoekom – wie jaag jou rond ?

  • 75. *Mathilda*  |  Augustus 14, 2009 om 11 : 00

    Stil bek is ‘n heel bek

  • 76. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 11 : 01

    POP!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 77. pop  |  Augustus 14, 2009 om 11 : 02

    hello my QUEEN!!!

  • 78. pop  |  Augustus 14, 2009 om 11 : 03

    wk

    jy skuld vir my nog n kuier onthou jy?

  • 79. Pienk Zuit  |  Augustus 14, 2009 om 11 : 22

    Die sleutel om enige vooroordeel te oorkom (rassisme, seksisme, homofobie, etc), is om te besef dat jy bevooroordeeld is. Dan kan jy sorg dat dit nie jou aksies beïnvloed nie.

  • 80. *Mathilda*  |  Augustus 14, 2009 om 12 : 38

    Kan ons nie nou maar huistoe gaan nie ?

  • 81. *Mathilda*  |  Augustus 14, 2009 om 1 : 24

    Ok toodles – ek is nou officially op naweek !

  • 82. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 1 : 38

    *M* ek kan nie glo dat dit nou eers n bietjie stiller raak hier nie , dis bad om die skakelbord te wees na ure , en almal verstaan nie ons na ure nie , want watter firma sluit sy deure ook op n Vrydag 12uur?

  • 83. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 1 : 40

    *M* geniet jou naweek !

  • 84. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 2 : 56

    Die IT ouens is besig op ons piesies en dit maak die goed so starrag. Dis Gemoedsbekakkend👿

  • 85. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 3 : 43

    Hallooooo almal! Eks terug van die musiek les af en nou kan ek dai knertsie gooi!

  • 86. boervrou  |  Augustus 14, 2009 om 3 : 52

    Hoe de vlerrie is dit elke keer as ek hier is is almal goners?

  • 87. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 4 : 24

    boervrou , dis Vrydag, almal is nou besig met hulle RDP( run down period) en lyk my elke keer as ek hier kom dan moet ek n friekken telefoon antwoord.

    Ek dink jy kan maar daai hanepootjie skink , laat die naweek begin

  • 88. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 4 : 25

    boervrou , het jy darem nou al die note onder die knie , na daai musiek les?

  • 89. Sebastiaan  |  Augustus 14, 2009 om 4 : 40

    Stigmata is merke. Stigma die rekie of dan die smet. Wat my altyd pienk kielie is dat vroue uit n sekere sfeer (dis alklaar `n stigma) dit altyd as n kompliement sien om as n bitch geken te word. Toe ek n kind was daar op di plaas anderkant memel, het ek koshuis gebly en elke 2 de week huis toe gekom. Op stadium di bitch woord opgetel. My ma my gewys toe plaaswerker se hond brons was en die gevolg daarvan ons nagte lank getreiter het en gese `my kind, dit is nou n bitch`. Daarom laat dit my gril as n vrou haar self n bitch noem. Wat nog van superbitch. Het haar pa of oupa haar getou toe sy net n kleuter was. Ag nee, sies. Die soort vroue plak sommer hulle stigma self op en is nogal trots op die stigmata wat hulle gedrag oopenbaar. Vat dit ook maar van wifit kom. `n man met respel vir vroue.

  • 90. Wille Kjind Q  |  Augustus 14, 2009 om 5 : 48

    1 2 3 4 5 6 7 8 9 10………………….

    Nee……. werkie. Eks nogsteed bombefok

  • 91. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 5 : 54

    WK Probeer die ABC

  • 92. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 6 : 06

    Ok ek wil ook n eiertjie le

    Gaan neem n swak porno dvd uit en hoor hoe “degrading” praat die mans met die vroue , en watse name die vroue hulle self gee.
    bitch is een van hulle

    Ok Ok , ek het al van die goed gesien so kruisig my maar

    Maar dan aan die positiewe kant

    B – Babe
    I – In
    T – total
    C – control of
    H – herself

  • 93. Klip  |  Augustus 14, 2009 om 6 : 07

    Lekka aand vir julle almal

  • 94. Sebastiaan  |  Augustus 14, 2009 om 11 : 59

    En nes ek ou klip het jy ook vok all respek vir daai vroue in die goedkoop porno dvd wat hulle self bitches noem.
    B = boring
    I = itchy
    T = tramp
    C = carrying
    H = herpes

  • 95. Sebastiaan  |  Augustus 15, 2009 om 12 : 04

    B = BASHFULL
    I = IGNORANT
    T = TADPOLE
    C = CALLING
    H = HELP

  • 96. Freek  |  Augustus 15, 2009 om 8 : 53

    Is dit n game?

    Bimbo
    In
    Trouble
    Crying
    Helplessly

  • 97. Freek  |  Augustus 15, 2009 om 8 : 56

    Die mooiste is seker

    Bairn
    In
    Trouble
    Calling
    Home

  • 98. Freek  |  Augustus 15, 2009 om 8 : 58

    Ha ha ha ha ha. Bollie vir my. Verkeerde page.

  • 99. Wille Kjind Q  |  Augustus 15, 2009 om 9 : 12

    WHUHAHAHAHA!!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: