Toemaar

Augustus 12, 2009 at 6 : 53 129 Kommentaar

Ek hou van skilpaaie.  Daarmee bedoel ek die letterlikes – die vierpotige reptiele wie se liggaam in ‘n harde dop verskuil is.  Hulle is vir my net te oulik.  Veral as jy te skielik beweeg en hulle in pens en pootjies in hulle doppe verdwyn.  Hulle pootjies vorm die deure en daarmee maak hulle seker dat hulle jou nie sien nie.  Wanneer hulle dink jy weg is, word die pootjies versigtig laat sak om die water te toets.  Die koppie sal stadig volg terwyl die kraalogies die wêreld goed deur kyk.  Niks is egter stadig aan hulle wanneer hulle daardie dop bespring nie.

Elke mens het ook hulle skilpad fase.  Dit word gewoonlik voorafgegaan met die woord:  Toemaar.  Toemaar kan beteken ek het my nou vir jou vererg, dit kan beteken dat ek te veel gesê en dit nou berou of dit kan beteken ek weet ek moenie eintlik vir jou vertel nie, maar ek wil baie graag.  Die kuns is om natuurlik te besef tot watter klas die spesifieke toemaar behoort.

Bombasties en taktloos soos ek is, maak dit eintlik nie vir my saak nie.  Wanneer my nuuskierigheid geprikkel is, dan kan ek teen die mure uit as iemand my toemaar.  Daar moet tog ‘n rede wees hoekom jy die hele aangeleendheid aangeroer het.  Tensy dit jou bedoeling was om my die duiwel in te maak, want dan het jy terloops in jou doel geslaag.  Toemaar raak dan die sin wat ek die meeste haat.  Amper asof ek te gering geskat is om die probleem voluit aan te hoor. 

Ek moet seker iewers gaan leer om mense se privaatheid te respektreer.  Dit bly immers iemand se volste reg om te besin voordat hulle te veel kwyt raak.  Soms sê ‘n mens iets op ‘n onbewaakte oomblik wanneer jou mondwag gedros het.  Wanneer die wag te laat draf om te keer, kan jy niks anders doen as om te toemaar nie.  Hopende dat die veldbrand met ‘n koppie water geblus kan word.   Tog trek niks iemand se aandag soos toemaar nie.

Daar was ‘n les aan die storie gekoppel.  Toemaar, dit is nie belangrik nie.

Blogvraag:  Volgens die Guiness World Book of Records, watter skilpad (eienaam) het die rekord vir die skilpad wat die langste gelewe het?

Blogantwoord:  Willes was reg met Sibsiso Joel Ndebele.

Entry filed under: Filosofie. Tags: .

Padwerk jou hier, padwerk jou daar Stigma

129 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 8 : 05

    EERSTE!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 8 : 06

    Tui Malili……… Of so iets

  • 3. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 8 : 08

    Malila??…….

  • 4. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 8 : 17

    Vyf rooflesers en almal met ‘n bek vol tanne😕

  • 5. maxie  |  Augustus 12, 2009 om 9 : 05

    Ons skilpaaie is al mooi mak, trek glad nie die koppies terug nie.
    En hulle kom dadelik na my toe as hulle die hek hoor oopgaan, weet ek bring lekker kos.
    Die beste van alles is dat hulle… ag toemaar…

  • 6. Adrie  |  Augustus 12, 2009 om 9 : 44

    Max. . . .

    Ek sal vir jou toemaar dat jy soos n toemaar lyk wat getoemaar het.

  • 7. Adrie  |  Augustus 12, 2009 om 9 : 45

    😳

    Getoemaar is

  • 8. maxie  |  Augustus 12, 2009 om 9 : 49

    😆
    Kon nie anders as om bietjie jou been te trek nie…

  • 9. Adrie  |  Augustus 12, 2009 om 9 : 52

    😆

  • 10. maxie  |  Augustus 12, 2009 om 9 : 54

    Die beste van alles is dat hulle eergister ontwaak het uit hul hibernasie, die koue is dus amptelik verby.
    Nou is dit weer tyd vir ons om te begin kla oor die vervlakste hitte😆

  • 11. Adrie  |  Augustus 12, 2009 om 9 : 58

    My buurman het skilpaaie. Ek het een oggend die een in die hoek tussen die hek en muur gekry. Toe ek n paar ure later terug kom, sit die seun nog steeds daar. Ek het hom toe geneem waar hy moet wees. Nadat ek weer die skilpaaie in dieselfde dilemma gekry het, het ek my goeie vriend google geraadpleeg. Blykbaar kan hulle nie agteruit beweeg nie.

  • 12. Adrie  |  Augustus 12, 2009 om 10 : 00

    Dit is amper asof iemand die winter oor die naweek afgesit het. Moet tog kyk of my bure se skilpaaie die memo gekry het.

  • 13. maxie  |  Augustus 12, 2009 om 10 : 04

    Ja siestog, hulle sit blykbaar gereeld vas.
    Myne darem nie, daar’s nerens waar hulle KAN vassit nie.
    My skoonma het ‘n massiewe een gehad (die ma van myne).
    Ek het haar eenkeer ontdek, vasgekeer tussen voelhok en muur.
    Geen mens weet hoe lank sy daar gesit het nie.

  • 14. maxie  |  Augustus 12, 2009 om 10 : 13

    Lekker slaap…

  • 15. Adrie  |  Augustus 12, 2009 om 10 : 15

    My buurman het n plan gemaak.

    Hoeveel skilpaaie het jy en hoe groot is hulle? het jy n permit?

  • 16. Wille Kjind Q  |  Augustus 13, 2009 om 5 : 26

    More! More!

  • 17. Beeld  |  Augustus 13, 2009 om 8 : 41

    Elise Tempelhoff
    Twee groot kettingwinkels het besluit om hul bande te verbreek met mnr. Jan Serfontein (duimfoto) van Potchefstroom oor die manier waarop sy hoenderboerdery na bewering van dag oue haantjies ontslae raak.

    Woolworths en Pick n Pay het gister gesê hulle wil niks te doen hê met verskaffers wat hulle aan beweerde “wreedhede” skuldig maak nie.

    Mnr. Julian Novak, direkteur van Woolworths se kosafdeling, het gesê dit is vir dié onderneming belangrik dat alle diere “dwarsdeur die produksieproses menslik behandel word”.

    Me. Tamra Veley, woordvoerder van Pick n Pay, het by navraag gesê toe dié kettingwinkelgroep bewus geword het van die beweerde wreedhede op Serfontein se plaas buite Potchefstroom, het hulle onmiddellik hul eierverskaffers genader om te hoor by wie hulle hul lêhoenders koop.

    Novak het gesê hoewel die onderneming nie regstreeks sake doen met Serfontein se Boskop Layer Chicks nie, het hul eierverskaffers onderneem om alle bande met dié omstrede lêhoenderbedryf te breek.

    Veley het gesê kort nadat Pick n Pay sowat ’n week gelede beeldmateriaal op Carte Blanche gesien het van die manier waarop werkers van dag oue haantjies ontslae raak, eis hulle nou geskrewe ondernemings van hul eierverskaffers dat hulle lêhoenders by boerderye kry wat diere “eties” behandel.

    Beeld het gister berig werkers op die plaas van Serfontein en sy seun, Jan, het glo weekliks tot 70 000 dag oue haantjies in ’n sementdam en in die veld gegooi om van hulle ontslae te raak omdat hulle “ekonomies waardeloos” is.

    Serfontein teel lêhoenders wat hy aan die eierbedryf verkoop.

    Hy is ’n oud-LUR vir landbou, bewaring en omgewingsake in Noordwes.

    Mnr. Chris Hattingh, leier van die DA in die Noordwes-wetgewer, het gister gesê hy was geskok toe hy gehoor het van die beweerde bedrywighede op die plaas.

    Hy het ’n beroep op die Noordwes-regering gedoen om ’n dringende ondersoek daarna te doen.

    Die onthullings dat die bedrywighede moontlik “ernstige omgewingsimplikasies” ten opsigte van die besoedeling van die Mooirivier – waaruit Potchefstroom sy drinkwater kry – inhou, is vir die DA ’n ernstige bron van kommer.

    Intussen het die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) ’n klag van dieremishandeling by die polisie aanhangig gemaak.

    Supt. Nic Rautenbach van die speurtak in Potchefstroom het bevestig die polisie ondersoek die saak.

  • 18. Beeld  |  Augustus 13, 2009 om 8 : 45

    Sanri van Wyk
    Kaptein Kurt (Darren) het omtrent die “seile gespan” met vanjaar se Huisgenoot-Tempo-musiektoekennings.

    Darren het drie van dié rooi beeldjies voor ander kunstenaars se neuse weggeraap.

    Hy is as die gewildste manlike kunstenaar aangewys en het ook Tempo’s in die afdelings gewildste sokkie- of dans-album en topverkoper van Afrikaanse musiek gewen.

    Juanita du Plessis het twee Tempo’s ingeoes.

    Sy is as die gewildste vroulike kunstenaar aangewys en het ook ’n Tempo vir die gewildste liedjie vir “Tussen woorde” ontvang.

    Die geselligheid was eergisteraand by Emperors Palace in Kempton Park.

    Nadat hy die Tempo vir gewildste sokkie- of dans-album gewen het, het Darren in sy toespraak gesê: “Baie dankie. Dit is ’n groot eer.

    “Ek sal nooit skaam wees om in dié kategorie te wen nie. Toe ons nou na die finaliste van die rock-afdeling (wat op ’n groot skerm vertoon is) gekyk het, was dit soos om na die Emmys te kyk. Ek hou duim vas dat mense alle genres gaan begin ondersteun.”

    Nadat hy die topverkoper-Tempo (vir meer as 150 000 CD’s verkoop) gewen het, het Darren gesê: “Ek weet die geldjies was die laaste ruk maar min. Dankie dat julle CD’s gekoop het.”

    Hy vra altyd sy verloofde, me. Dunnay Nortjé, se mening oor sy nuwe CD’s.

    “Sy draai nie doekies om nie, maar in dié een (Uit die diepte van my hart) het sy geglo.”

    Oor haar aanwysing as gewildste vroulike kunstenaar het Du Plessis gesê: “Erkenning is vir elke kunstenaar ’n aansporing om aan te hou doen wat hy of sy doen.”

    Die toekenningsgeleentheid word binnekort op kykNET uitgesaai.

  • 19. Beeld  |  Augustus 13, 2009 om 8 : 47

    Jensen Beach (Florida). – ’n Man wat daarvan aangekla word dat hy kinderpornografie van die internet afgelaai het, pak die skuld op sy kat.

    Mnr. Keith Griffin staan tereg op tien aanklagte van die besit van kinderpornografie nadat speurders meer as 1 000 beelde op sy rekenaar gekry het.

    Luidens ’n verslag van die sheriff het Griffin aan ondersoekers gesê sy kat het op sy rekenaar se toetsbord gespring terwyl hy (Griffin) besig was om musiek af te laai. Griffin is toe uit die kamer uit en het “vreemde goed” op sy rekenaar gekry toe hy terugkom. Griffin is in die tronk van die Martin-distrik aangehou maar het $250 000-borgtog (sowat R2 miljoen) gekry. Dit is onseker of hy regsverteenwoordiging het. – Sapa-AP

  • 20. Beeld  |  Augustus 13, 2009 om 8 : 50

    Lede van die popgroep Eden skrop nou nes.

    Een het pa geword en nog een is pas getroud.

    Jay du Plessis en Johan Vorster het op eergisteraand se Huisgenoot-Tempo-musiekpryse sonder Paulo Azevedo, die derde lid, op die verhoog verskyn en gesing.

    Elma Postma, seremoniemeester en aanbieder van Boer soek ’n vrou, het gesê die rede hoekom Eden dié aand net twee lede gehad het, is omdat Azevedo pa geword het.

    Me. Theresa du Preez, eienaar van The Sixth Sense wat onder andere Eden verteenwoordig, het gister aan Beeld gesê Azevedo en sy vrou, Marlene, se seuntjie, Kai, is eergister omstreeks 11:34 in ’n Pretoriase hospitaal gebore.

    “Hy weeg 3,29 kg en is 47 cm lank.”

    Dit gaan goed met ma, pa en baba, het Du Preez gesê.

    Du Plessis en sy vriendin, me. Mia Greeff, is die naweek op ’n plaas naby Memel in die Oos-Vrystaat getroud.

    “Dit was ’n regte boeretroue,” het Du Preez gesê.

    Greeff, ’n Pretoriase eiendomsagent, en Du Plessis het op Valentynsdag in die kuierplek Presley’s in Pretoria verloof geraak.

  • 21. Wille Kjind Q  |  Augustus 13, 2009 om 9 : 38

    More tannie Beeld

  • 22. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 9 : 51

    Goeie more almal

  • 23. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 9 : 53

    20jr = mamba
    30jr =ratelslang
    40jr=skilpad
    50jr=dinosaurus

  • 24. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 9 : 56

    Die drie sussies (7, 5 & 3 jaar oud) sit op hulle hurkies in die tuin en kyk tussen hulle bene in.
    Die oudste sê: “my instink sê ek gaan eendag 4 kinders hê”.
    Die middelste enetjie kyk en sê: “my instink sê vir my ek gaan eendag 2 kinders hê.”
    Die jongste enetjie kyk en sê: “myne stink ook, maar hy kan nog nie praat nie”.

  • 25. Freek  |  Augustus 13, 2009 om 9 : 57

    Re 17. Bolle voorwaar. N boer wat le hoenders teel sal verseker braai kuikens grootmaak ook. 70 000 kuikens per week verteenwoordig n moontlike r1miljoen. Watter lehoender boer sal die potensieele inkomste miskyk. Ag mee woolies. Julle vang vis in n teelepel.

  • 26. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 9 : 57

    A woman’s husband had been slipping in and out of a coma for several months, yet she had stayed by his bedside every single day.
    One day,when he came to, he motioned for her to come nearer.
    As she sat by him, he whispered, eyes full of tears, “You know what? “You have been with me all through the bad times. When I got fired, you were there to support me. When my business failed, you were there. When I got shot, you were by my side.
    When we lost the house, you stayed right here. When my health started failing, you were still by my side… You know what?”

    “What dear?” she gently asked, smiling as her heart began to fill with warmth.

    “I think you’re bad luck… get the f..k away from me.”

  • 27. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 10 : 00

    The children began to identify the flavors by their color:

    Red…………………Cherry
    Yellow…………….Lemon
    Green………………Lime
    Orange ……………Orange

    Finally the teacher gave them all HONEY lifesavers. None
    of the children could identify the taste.

    The teacher said, ‘I will give you all a clue. It’s what your
    mother may sometimes call your father.’

    One little girl looked up in horror, spit her lifesaver out and
    yelled, ‘Oh my goodness! They’re ass-holes!

    The teacher had to leave the room!

  • 28. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 10 : 03

    Die hoender storie klink nie reg nie , n werker wat ontslae raak van n dag oud kuiken as hy by sy stroois kan rondloop, en free range ?

  • 29. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 10 : 04

    Daai sement dam loop nou oor van die klein kuikens , en hulle is almal op pad vaaldam toe

  • 30. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 10 : 16

    Dit was op Carte Blanche Sondag – dit is so, hulle het duisende kuikens daar gegooi, nog lewendig !

  • 31. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 10 : 24

    Hello julle!!!

    Ek gebruik baie daai woord – toemaar! As iemand nie die 3de keer verstaan as ek iets probeer veduidelik nie, dan sê ek eerder TOEMAAR LOS DIT!

    Wel gister aand was een van daai aande… en nou praat Mnr. nie met my nie omdat hy dink ek dink hy is stupid😆

  • 32. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 10 : 24

    Sebastiaan

    Jip – die SUPER BITCH is terug – moet my nie verkleineer om my ‘n bitch te noem nie – dis SUPER BITCH !!!

    Ek sal nooit weggaan en die kans laat verbygaan om iemand soos jy se gat te krap nie – get used to it !

  • 33. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 10 : 27

    Nats – ha ha … mans kan tog so fyngevoelig wees !

  • 34. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 10 : 31

    Re: 17
    Ja nee maak daai boer se deure toe!!!
    Dis vieslik! Ek het die fotos ens gesien – dis aaklig!!!

    Klip
    Dis soos melk boerdery – baie keer is die boere ook vies as die koei se kalfie ‘n bulletjie is. Baie van hulle word ook doodgemaak. Te duur om hulle aan te hou en groot te maak. As dit nie jou bedryf is nie, het jy geen nut vir hulle nie.

    Maar daar is altyd ‘n meer humane manier om van diertjies ontslae te raak of te verkoop of iets as om hulle in ‘n lee dam te gooi en hulle so te laat vrek!

    Dis aaklig!!!!

  • 35. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 10 : 34

    Toe die mense ingelig is dat die tv mense gaan kom kyk het hulle skielik ‘n ‘gas’ dood wat hulle mee van die goed ontslae raak – wys nogal ewe vir die mense hoe vergas hulle die goedjies – 10 minute later is hulle nog springlewendig !

  • 36. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 10 : 35

    *M* aka SUPER BITCH
    Die beste van alles is hy wil aanbou – ons het ‘n klein eetkamer, en toe sit en chat ons gister so oor die “nuwe” eetkamer en hoe ons dit gaan doen… toe verstaan ons mekaar nie en toe eindig dit met TOEMAAR!

    So ja, seker beter as ons ‘n argitek in kry om vir ons die opsies te kom wys!😉

  • 37. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 10 : 46

    *M*
    Ek het gelukkig Carte Blance gemis… Die ergste van alles is daai haantjies is skaars in die wêreld, en kan nie vir hulself sorg nie en so gaan hulle dood van die elemente en dood van die honger!

    En dit omdat hulle geen nut het vir die boer nie – nou moet hulle suffer en in pyn en leiding alleen doodgaan. Ja dis net diere en nie mense nie, maar hulle voel ook.

    Ek is sommer nou kwaad!👿

  • 38. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 10 : 58

    Ai ons mans het dit darem maar moeilik in die lewe , net om dat jy n bulletjie , of n haantjie is , Wat sing steve van maak al die bulletjies bokke.

    Ek sal daai haantjies twee weke force feed , en hulle dan aan woolies verkoop as baby chicks…..

    Dis n groter skande om te sien hoe checkers daai arme hoenders verbrand op die spit ….

  • 39. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 10 : 59

    Skenk daai hoennertjies aan die weeshuise en leer die kinders om te boer , of eintlik om vir kfc hoenners groot te maak

  • 40. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 11 : 03

    Die ekonomiese krisis opgelos…..

    Die redakteur

    Vind asseblief aangeheg my voorstelle om die Suid Afrikaanse ekonomie te herstel en gesond te hou.
    In plaas daarvan om miljoene Rande aan politici te oorhandig om te verkwansel op sinnelose partytjies, seminare, dinkskrums en internasionale reise wat bitter min of geen resultate lewer nie, stel asseblief die volgende voorstelle in werking:

    Die patriotiese aftree-plan:
    Daar is ongeveer 10 miljoen mense ouer as 50 in ons bestaande werksmag..
    Betaal elkeen van hierdie persone ‘n eenmalige R5 miljoen vroëe pensioen met die volgende voorwaardes:
    1) Hulle MOET onmiddelik aftree. Dit sal 10 miljoen werksgeleenthede skep – werkloosheid opgelos.
    2) Hulle MOET elkeen ‘n nuwe motor koop. 10 miljoen nuwe motors op bestelling – motorindustrie herstel en gesond.
    3) Hulle MOET elkeen ‘n huis of aftree eenheid koop, of bestaande verbande afbetaal – Behuisingskrisis opgelos.
    4) Hulle MOET hulle kinders skool, tegnikon of universiteit toe stuur – Misdaad probleem opgelos.
    5) Hulle MOET elkeen R250,00 per maand se drank / sigarette koop..en daar’s jou oorspronklike R50 biljoen terug waarmee hierdie plan in werking gestel is in heffings, belastings en BTW.

    Hierdie was ‘n voorstel van ‘n doodgewone burger met ‘n oop verstand – dat so brein nou moet roes???

  • 41. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 11 : 09

    Whuahahaha klip

  • 42. Boer  |  Augustus 13, 2009 om 11 : 35

    Nats en Mathilda. julle eet seker lekker aan die selfde eiers wat die boer verskaf. Dit is inderdaad nie sussies wat boer nie.

    Het een van julle al probeer boer? Ek dink nie die twee van julle weet eers wat die eerste ding is van boerdery nie

  • 43. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 11 : 48

    Boer

    Ek het op ‘n plaas grootgeword en verstaan meer van boerdery as wat jy dink – wat is jou punt nou eintlik ? Is dit oor ons teen die mishandeling van diere is of wat ?

  • 44. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 11 : 53

    Ek het geen probleem met boere oor die algemeen nie – maar wreedheid is nie deel daarvan nie – regte boere se hart sal te seer wees as hy een van sy diere aan die dood moet afstaan en sal alles in sy mag doen om ‘n siek dier deur te haal en hulle nie by die duisende in ‘n dam gooi om te vrek van die elemente nie !

    Jy is doodreg – boerdery is nie vir sissies nie – maar dan is dit ware boere en nie die tipe wat net gelad najaag nie !

  • 45. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 10

    Hies die boer wat daai kuikens doodmaak

    Ou Sara het 40 jaar op die plaas vir die oom en tannie gewerk toe hulle besluit om haar saam te vat stad toe.

    Dis die eerste keer dat sy enigsins beskawing sien en loop met ‘n oop hang bek haarself en verstaar aan alles terwyl die oom in die bank is.

    Kort kort vra sy die tannie, “Mies nou wat is dit die?”

    Tannie: “Sara, dit is ‘n Robot. Jy wag tot die mannetjie groen word dan loop jy oor die straat…” en so verduidelik sy maar vir Sara wat is wat.

    Sara sien ‘n prossie besig om te operate op die straat hoek en vra: “Mies? Nou daai ousie? Wat maak sy dan? Kyk haar bietjie klere?”

    Tannie: “Sara, dis ‘n prostituut. Sy slaap saam met die mans en dan gee hulle haar geld daarvoor.”

    Sara: Eish!!!! En die oubaas hy gee net die lamoen!….”

  • 46. Boer  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 11

    Mathilda. ‘n boer met ‘n seer en of sagte hart moet dan eerder nie boer nie. Dit sal glad nie deug nie. Kan jy jou voorstel as jy vir elke dier ‘n traan moet stort? Ek kan sien dat jy en Nats nie ‘n benul het van wat in die werklike lewe aangaan nie.

  • 47. Boer  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 13

    Ag nee man Klip. Dit was nou nie ‘n grap nie. Jy is seker ‘n kleurling wat nie sy sout werd is nie

  • 48. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 15

    JY IS ‘N BOER AS

    jou regterarm bruiner is as jou linkerarm

    jou voorarms dikker is as jou bo-arms

    jy beter kan bestuur op die grondpad as op ʼn teerpad

    4 karre in ʼn ry rowwe verkeer is

    jy versnel in plaas van rem as daar ʼn jakkals oor die pad hardloop

    – jy ʼn hek kan oop- en toemaak sonder om jou gesprek te onderbreek

    jy skaapkraal toe stap in plaas van kafee toe as die vleis op is

    hoender en vis vir jou tel onder groente

    jy die woorde pyp, pomp, gat en Klimaks in een sin kan gebruik sonder om te dink dit is suggestief

    jou honde net van pap en melk lewe

    jy meer as 1 keer per week bloei sonder om te weet hoe het dit gebeur

    jy drie stelle finansiele state aanhou. Een waarop jy amper bankrot is vir SARS, een waarop jy op die rand van miljoener is vir die bankbestuurder en een wat die waarheid is

    jy Zoeloe/Sotho beter kan praat as Engels

    jou Engelse woordeskat bestaan uit ‘yes’, ‘no’, ‘thank you’ en ‘Vat vrou! Hulle praat alweer Engels!’

    jy eerder jou hemp sal uittrek as jou hoed afhaal.

    jy alle mans met die hand groet en al die vrouens soengroet, veral vreemde mense!

    jy dink ʼn meneer gee skool en al die ander mense kan aangespreek word as ‘oom’ en ‘tannie’

    jy ingeskryf is op die Landbouweekblad en elke week uitsien na Werfbobbejaan

    jy liewer is vir jou trekker as jou skoonseun

    jy kan se watter kant toe die wind waai sonder om jou vinger nat te lek

    ‘Afrikaners wat saamstaan’ vir jou beteken die beeste is in die kraal

    jy op die 5de Julie nog ʼn kortbroek dra

    jy dink metro-man is die nuwe naam vir moffies

    jou jaarlikse dankoffer skaap, bees of graan insluit

    jou werknemers jou ‘Lanie’ noem en jy nie omgee nie
    – jy die weer beter kan voorspel as die SABC

    jou radio iewers tussen 100 en 103 staan

    jy elke keer moet gaan was en mooi aantrek as jy ʼn kar hoor aankom

    jy die woord ‘gel’ net gebruik in sinne soos ‘gel, maar dit is koud’ of ‘gel, maar nou is ek honger’

    jy naastenby enige iets kan regmaak met insolation-tape, ʼn tang en ʼn stukkie binddraad

    een of almal van die volgende goed in een of meer van jou voertuie is:

    draadtang, ʼn spuit, spuitnaalde en terramycin, ʼn paar patroon doppies (waarvan ʼn paar nog gelaai is), insolation-tape, ʼn stuk tou, ’n stuk binddraad, ʼn paar spaanders – heel moontlik ʼn 13, 17 en 19 en ʼn grip onder die seat, (as jy na ʼn bakkie se sitplekke verwys as seats en aanneem dit is Afrikaans, saam met clutch en exhaust), ʼn klomp papiere insluitend strokies, kwitansies, fakture, toiletpapier en ʼn spul ander wat al so vuil getrap is dat jy nie regtig weet wat hulle is nie, maar daar binne hou net vir ingeval jy hulle later nodig kry. En ʼn bos sleutels wat als oopsluit op die plaas.

    Jy is met ʼn boer getroud as…

    twee van die drie bondels wasgoed hoofsaaklik kakie is

    ‘voorspel’ die wedstryd is voor die springbokke speel

    jy olie, bloed, sweet en modder met die eerste slag kan uitwas

    die lande en spilpunte netjieser is as jou blomtuin

    jou blomme in netjiese “stroper” rytjies staan met ʼn aanvoor weerskante

    jy gou ʼn stukkie omgespit wil he en jy hoor die trekker start

    2 van die etes wat jy bedags maak meer as die helfte vleis is

  • 49. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 17

    Hola baas boer , nou verstaan ek ok van boer

  • 50. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 18

    Wat het kleur nou met n grappie te doen ?

  • 51. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 19

    Vir al die boere

    ‘n Bosveldboer storm die huis binne en skree: “Vrou, gee daar vir my ‘n skoon broek. Ek het my nou lelik vererg vir ‘n leeu!”

  • 52. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 20

    ´n Bufferplakker op ´n boer se bakkie:
    My hart is in die boerdery. My agterent is in die skuld.

  • 53. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 21

    Boer: “Vrou, as jy so buk is jy so breed soos ‘n stroper” Die aand soek hy ‘n knippie. Sy vrou: “Moet ek nou regtig die groot stroper start vir so ‘n klein mielietjie?”

  • 54. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 21

    Die boer se vyjarige sien vir die eerste keer hoe sy pa een van die koeie help kalf. Die boer besef dat hy nou dalk sy eerste toespraak oor die bytjies en die blommetjies sal moet hou. “Enige vrae?” vra die boer. “Net een”, sê die kind. “Hoe vinnig het daai kalf getrek toe hy die koei getref het?”

  • 55. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 22

    Wat is die verskil tussen boerdery en om stout te wees met die buurvrou?
    Daar is geen verskil nie. Jy weet jy kan dit nie bekostig nie en jy moet ophou. Maar dis te lekker nou gaan jy maar aan.

  • 56. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 22

    Filemon het ‘n hoenderplaas gekry deur die staat se grondhervorming.
    Sy buurman was ook ‘n hoenderboer en het kom kennis maak.
    “Hoenderboerdery is nie maklik nie,” verduidelik hy. “Ek sal jou 100 kuikens gee om te help begin.”
    Filemon was baie dankbaar. Die buurman kom loer weer in, so twee weke later, om te hoor hoe dit gaan.
    “Hau, nie te goed nie. Al die kuikens hy het gavrek!
    Die buurman sê: “Ek kan dit nie glo nie. Ek het nog nooit probleme gehad nie. Laat ek jou nog 100 kuikens gee.”
    Twee weke later ontmoet hulle weer, en Filemon sê weer: “Ek kan det nie verstaan nie, almal die kuikens hy het weer gavrek.”
    Verstom vra die buurman: “Wat het verkeerd gegaan? Wat het jy aan hulle gedoen?”
    Filemon: “Eish, ek weet nie eintlik nie. Miskien ek plant hulle te diep of te naby aan mekaar!

  • 57. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 23

    Boer , askies my maniere , aangename kennis! ………..waarmee boer jy ?

  • 58. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 25

    Vir al ons bok boere

    Pa slag ‘n bokkie en maak dit vir ete. Aan tafel wil kinders weet wat dit is.
    Pa: “Ek gee julle ‘n leidraad. Ma noem my soms so.”
    Sussie gil: “Boeta spoeg uit dis D@@S!”

  • 59. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 28

    Twee boere staan in die bar se toilets en handskud met hulle vrouens se beste vriende. Laat die een man mos enetjie gaan. Die ander ou miss nie ‘n beat nie en tune hom once:”Ja-nee, ‘n pee sonder ‘n poep is soos ‘n huis sonder ‘n stoep.”

  • 60. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 30

    Boer
    Ek weet baie meer van boerdery af as wat jy dink.
    Vir jare lank op ‘n plaas vakansie gaan hou waar my familie met volstuise en beeste geboer het – ja dit maak my nou nie ‘n kenner nie, maar daar is ‘n verskil tussen boer en wreedheid.

    Enige mens met ‘n halwe breinsel kan sien dat daai diere mishandeling is, en dit nie aanvaarbaar is nie. Ons is mense nie barbare nie.

    Verder ken ek ‘n boer wat met leeus geteel het, sables en sy grootse inkomste is beeste en wie weet wat nog – hy het my baie geleer – en om ‘n boer te wees is nie grappies nie. Jy moet ook nie ‘n klein hartjie hê nie – dis hoekom ek nooit ooit sal kan boer met diere nie.

    Maar ek gaan beslis nie agter daai boer staan en hom ondersteun nie – ek is teen diere mishandeling, nie teen vleis eet nie, ek geniet my steak. Maar daar is perke wanneer dit kom by diere dood maak.

    Maar wat ons wel kan doen is mense soos die boer uit besigheid sit – ons het nie mense soos hy nodig nie.

    Onthou, wreedheid begin altyd by diere – maar dit beteken nie dit eindig by diere nie.

    Jy kan maar jou snottie comments vir jouself hou. Ek weet wat in die wêreld aan gaan – soms weet ek nie hoe ek my neus by die deur uitsit nie, en wonder of ek weer my familie, huis en honde gaan sien. Ek werk vir ‘n besigheid waar ek daagliks met geweld, bedrog en ander kriminele sake werk. Ek ken van, en op die stadium hou ek baie meer van diere as van mense en daarom sal ek altyd vir diere op kom en probeer help waar ek kan.

    Maar mens kan nie in ‘n hoekie gaan weg kruip en nie lewe nie.

  • 61. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 12 : 30

    Twee seuntjies sit met hulle tottie’s in die water.
    n Boer kom verby gestap en vra: “Wat maak julle?”.
    Hulle sê vir die boer: “Ons vang d@se.”
    Die boer vra: “Kan ek ook probeer?”
    Hulle sê: “Ja. Jy moet jou broek aftrek en ook jou tottie in die water sit.”
    Na so ‘n uur vra die boer: “Hoeveel dose het julle al gevang?”
    Die twee seuntjies sê: “Oom, jy is die vyfde een vandag!”

  • 62. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 1 : 08

    Boer – jy is die een wat clueless is !

  • 63. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 1 : 10

    ‘n boer wat harteloos is is beslis ook nie in die wieg gelê om te boer dan nie !

  • 64. Boer  |  Augustus 13, 2009 om 1 : 12

    Nats. miskien is dit omdat jy meer van diere hou dat “mnr” nie met jou wil praat nie. Dit lyk vir my so asof jy saam met daai klip persoon kan toi toi net omdat jy die steak kan eet maar nie wil sien hoe hulle die steak MAAK nie

  • 65. Boer  |  Augustus 13, 2009 om 1 : 14

    mathilda. ek dink nie jy sal ooit weet hoe om te boer nie. Ek skaam my morsdood as ek sien mense wil die eiers en die steak eet maar o wee, julle wil nie sien hoe dit gemaak word nie. daar is nie ‘n fabriek waar die steak vanself groei nie

  • 66. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 1 : 17

    Whatever – kan sien jy weet minder as fokkol en los vir Nats en Klip uit – ons val nie mense persoonlik aan hier nie

  • 67. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 1 : 22

    Boer

    Jy sal jou naam moet verander – jy is beslis ook nie ‘n boer nie!!!

    O ja voor ek vergeet – FOK JOU!

  • 68. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 1 : 24

    Nats

    You took the words right out of my mouth !

  • 69. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 1 : 28

    Mens kry 2 tipes boere

    1. Die wat dit vir die liefde daarvan doen (opregte boere)

    en

    2. Die wat net wil geld maak daaruit – come what may !

    en dan is dit ‘n geval van ‘ TOEMAAR …’

  • 70. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 1 : 29

    Three elderly men are talking about their aches, pains and bodily functions. The seventy-year old man says, “I have this problem. I wake up every morning at seven and it takes me twenty minutes to tinkle.”

    The eighty-year old man says, “My case is worse. I get up at eight and I sit there and grunt and groan for half an hour before I finally have a BM.”

    The ninety-year old says, “At seven I pee like a horse, at eight I flop like a cow.”

    “So what’s your problem?” ask the others.

    “I don’t wake up until nine.”

  • 71. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 1 : 32

    *M*
    Iemand het ‘n identiteits krisis, of klein mannetjie sindroom.

  • 72. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 1 : 35

    An older gentleman had an appointment to see the urologist who shared offices with several other doctors. The waiting room was filled with patients.

    As he approached the receptionist’s desk, he noticed that the receptionist was a large unfriendly woman who looked like a Sumo Wrestler. He gave her his name.

    In a very loud voice, the receptionist said,

    “YES, I HAVE YOUR NAME HERE; YOU WANT TO SEE THE DOCTOR ABOUT IMPOTENCE, RIGHT?”

    All the patients in the waiting room snapped their heads around to look at the very embarrassed man. He recovered quickly, and in an equally loud voice replied,

    “NO, I’VE COME TO INQUIRE ABOUT A SEX CHANGE OPERATION, BUT I DON’T WANT THE SAME DOCTOR THAT DID YOURS.”

  • 73. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 1 : 39

    Klip #70 – skerp !

    Nats – jip – dit staan in hoofletters geskryf !

  • 74. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 1 : 44

    Klip😆

  • 75. Liefdevolle boer  |  Augustus 13, 2009 om 1 : 56

    ‘n Boer wat uit liefde boer sit gou-gou met sy gat in die skuld. Diere is kommersial items, nie iets wat jy lief het nie

  • 76. Boer  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 06

    ‘n dame met ‘n vuil mond sal nooit kan boer nie.

  • 77. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 08

    Mev Klip se ek is n boer!! , ek boer voor die TV

  • 78. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 11

    Nou hoe kan n boervrou nie vloek as iemand haar hoender hok se hek aspris oop los nie

  • 79. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 14

    Ek boer eintlik met White Horse en Famouse Grouse , maar ek kon nog nie wins wys nie , maar my boekhouer werk daaraan.

    Hoop net nie die SPCA sien wat ek met n White Horse doen nie

  • 80. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 15

    Ek dink dis sexy as n boervrou kan vloek , want dan weet almal presies waar hulle op die plaas moet gaan inkruip

  • 81. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 18

    My vrou het eendag in hoender stront op die stoep getrap , sy vloek toe daai hoender so, ek moes hom toe “humanely”(sp) van kant maak , want hy het beslis sielkundige skade opgedoen, kon hom ook toe nie eers eet nie want sy vleis was so saamgetrek van die stress jy kon dit nie met n mes sny nie

  • 82. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 23

    Ons het hom toemaar begrawe……..toe kom daar n volstruis op

  • 83. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 26

    Hiert jou volstruis

  • 84. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 27

    Boer
    Ha ha ha!!!!!!
    Boer wat nie vloek nie… ag please! Gewoonlik word ‘n boer gemeet aan sy boerdery se sukses – nie aan sy/haar taal nie! As ‘n jakkals al hoenders opvreet gaan jy nie sê – Opsie kadoepsie nie… jy gaan daai jakkals in ‘n ander bloed groep in vloek of die werker wat die hek oopgelos het.

    Liefdevolle Boer
    Daai boer wat uit liefde boer sit met meer as R100m waarmee hy op die geld mark mee rond speel en dit by net een bank! Hy bank by verskillende banke. Dis nie eens sy geld inni bank, plase, Sables, leeus, beeste, motors, vliegtuie en huise (hier en oorsee) nie. En glo my hy doen dit uit liefde uit, en mishandel nie ‘n dier nie. Jy kan enige dag of nag daar gaan rond loop.

    So daai storietjie van jou het sopas sy gat gesien.

  • 85. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 29

    Klip – volstruis:mrgreen:

  • 86. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 36

    *M* volstruis! se ek vir jou😆

  • 87. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 39

    Dis nie net hoenders wat volstruise word nie – muskiete ook !:mrgreen:

  • 88. Boer  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 48

    nats. ek praat van ‘n dame, nie ‘n BOER nie

  • 89. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 49

    Ek moet se ek eendag toe ek by n off road rally in Lydenburg was , gesien , of sal ek gehoor hoe boer n boer uit n bar uit

  • 90. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 51

    Boer , ek moet se dat ek dink meeste vrouens van boere boer harder as die mans

  • 91. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 53

    ‘n dame kan ‘n boer ook wees

  • 92. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 54

    Daai boer wat sondag op rapport se voorblad was stel ook nou nie juis n goeie voorbeeld nie , maar nou ja as jy jeuk dan jeuk jy

  • 93. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 55

    Klip
    Ha ha ha!!!!

    Dink jy as ek my Jack Russell begrawe dat daar ‘n Great Dane gaan opkom?

  • 94. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 2 : 56

    Boer soos vroeer gevra , met wat boer jy nou eintlik?

  • 95. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 00

    Boer
    Jou woorde… “‘n dame met ‘n vuil mond sal nooit kan boer nie.” Nou wat noem jy iemand wat boer? ‘n Boer nie waar nie – m.a.w. – as daar ‘n vrou is wat boer, en sy vloek wat dan? Word sy dan nie meer ‘n boer genoem nie? Sy boer dan klaar? Net omdat sy vloek nou sê jy sy kan nie meer boer nie?

    Jy maak nie sin nie.

    TOEMAAR!

  • 96. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 02

    Nats , as jou Jack Russel die tydelike met die ewige verwissel dan moet n mens maar probeer , daar is mos iets soos reinkarnasie .

    Hulle se ek was n vark in my vorige lewe, maar darem n goeie vark ,dis hoekom ek as mens terug gekom het

  • 97. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 07

    Ok ek is nog nie heeltemal terug nie maar ek is hier !!

  • 98. Boer  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 08

    klip. ek boer met skape en jy?

  • 99. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 12

    Klip
    Sjoe… dis seker maar ‘n kans wat ek sal moet vat😉

    Mens kry mos net goeie varke!😉

  • 100. Boer  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 16

    varke. nou da is iets waarmee julle dames moet boer

  • 101. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 17

    Boer
    Wats jou mark?

    Ek wil met honde boer!! Maar nie teel nie, net baie van hulle hê op ‘n plaas! Vir geen nut nie… so wat noem mens dit dan? Versameling?
    Ja ek wil honde versamel😉

  • 102. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 19

    Nats – ha ha … honde versamel !

  • 103. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 20

    Boer
    Eks nie bang nie – het al vark hokke skoon gemaak. Mens kry baie erger dinge. Solank ek net met hulle hoef te boer, en nie te slag nie.

    Maar ek vloek – so ek sal mos nie kan boer nie of hoe?

  • 104. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 28

    *M*
    Gepraat van honde… waars jou Kloon??

    Sy skiet my! Let me rephrase – Waar is jou pragtige, liefdevolle Kloon wat ook my stunning, slim Tweeling is?😉

  • 105. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 28

    Boer , soos ek vroeer gese het , ek boer voor die TV .

  • 106. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 33

    As n dier eers n naam gekry het dan kan n mens hom nie slag nie .

    My meisiekind het toe sy klein was by gestaan toe haar oupa n skaap keelafsny( geslag vir ons as kers geskenk)…………..sy sit nie haar mond aan skaap vleis van daai dag af nie , en ek het nooit kon dink dat dit so n uitwerking op haar gehad het nie

  • 107. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 35

    So die namakwalanders sou se , Jy boer met skaap!

  • 108. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 52

    ((((TWEEEEEEEEEEELING)))

  • 109. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 56

    Nee jong – net sy sal weet ! Sy hou mos nie meer van ons nie – wil nie in ons geselskap gesien word nie !

  • 110. *Mathilda*  |  Augustus 13, 2009 om 3 : 56

    Willes het ook verdwynpille gedrink vandag

  • 111. Adrie  |  Augustus 13, 2009 om 4 : 39

    Hallo Hallo

  • 112. Adrie  |  Augustus 13, 2009 om 4 : 40

    Sekere mense se dae van heeldag blog is vir eers verby.

  • 113. Nats  |  Augustus 13, 2009 om 4 : 41

    Tweeling!!!!!

    Ek soen jou sommer! Ek sal nie, maar verdwyn weer so lank!!😈

  • 114. Adrie  |  Augustus 13, 2009 om 4 : 42

    TTTTTTTTTTWWWWWWWWWWWEEEEEEEEEEEELLLLLLLLLLLLLLLIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIINNNNNNNNNNNNNNNNGGGGGGGGGGG

  • 115. Adrie  |  Augustus 13, 2009 om 4 : 44

    Tweeling

    Ek gee jou sommer ‘n drukkie

  • 116. Boer  |  Augustus 13, 2009 om 4 : 52

    En die baas van die plaas is hier sien ek

  • 117. Boer  |  Augustus 13, 2009 om 4 : 53

    ‘n boervrou gee nie drukkies nie

  • 118. Adrie  |  Augustus 13, 2009 om 4 : 56

    Jip

    Ek boer nie. Ek sien nie kans om diere lewende te brand of om sonder verdowing te opereer nie.

  • 119. Adrie  |  Augustus 13, 2009 om 4 : 57

    As iemand die ousie sien, se tog vir haar dat sy my moet bel.

  • 120. Boer  |  Augustus 13, 2009 om 5 : 06

    Wie is die ousie?

  • 121. Boer  |  Augustus 13, 2009 om 5 : 07

    is dit dalk klip se skelm?

  • 122. Adrie  |  Augustus 13, 2009 om 5 : 10

    😯

    Het Klip al ‘n skelmpie?

  • 123. Adrie  |  Augustus 13, 2009 om 5 : 15

    Mens sal goeie kompos met al die bloed kan maak.

  • 124. Klip  |  Augustus 13, 2009 om 5 : 46

    Wishfull thinking , ek het net n paar skelmpies in my drome

    Hier is my aflos , en nou kan ek nie dadelik huistoe gaan nie , moet eers wag dat my comrades ook aflos kry

    Geniet julle aand

  • 125. gina  |  Augustus 29, 2009 om 11 : 50

    HI ALMAL VIR DIE COMMENTS VAN DIE NOORDWES BOER. DIT IS IN TEENDEEL DIE WAARHEID EK HET OOK AFLOS GEDOEN OP DAAI PLAAS. GLO MY VRY DAAR WAS VAN DIE DAGOUE KUIKENTJIES OP N WREDE MANIER ONTSLAE GERAAK. MY MAN WAS DIE HATCHERY BESTUURDER DAAR EN KAN EK JULLE NIOG IETS VERTEL. HULLE WERK NET SO LELIK MET HULLE WERKERS. MENS KAN NIE MET SULKE MENSE REDENEER NIE. GELD IS TE BELANGRIK DAAR. DAAR IS SOVEEL ARM MENSE IN ONS LAND. DIE MENSE SOU TOU GESTAAN HET OM VAN DIE KLEIN HOENDERTJIES TE VAT. HULLE MAAK BAIE GOEIE SKROP HOENDERS UIT. DIT IS NET JAMMER DAT DAAR NOU IEMAND SONDER WERK SIT OMDAT HY DIE FLUITJIE GEBLAAS HET. DAAR WORD EERDER MILJOEN RAND SE KAR GEKOOP VOORDAT DIE REGTE MASJIENERIE GEKOOP WORD OM VAN DIE ARME HOENDERTJEIS OP N MENSLIKE MANIER ONTSLAE TE RAAK. WAS DIT NOU EK OF DIE GEWONE MAN IN DIE STRAAT WAT SO VAN N KUIKEN ONTSLAE GERAAK HET. WAS EK VANDAG AL GEVONNIS EN SLEUTEL WAS WEGGEGOOI.

  • 126. gina  |  Augustus 29, 2009 om 11 : 54

    IS DAAR DALK IEMAND WAT MY WIL ANTWOORD OP MY COMMENT.

  • 127. Adrie  |  Augustus 30, 2009 om 9 : 34

    Gina

    Jy het ‘n punt beet. Ek weet egter nie hoekom die haantjies nie as braaihoenders byvoorbeeld groot gemaak kan word nie. Dit is darem ‘n paar sent ekstra inkomste.

    Geld is ‘n euwel

  • 128. gina  |  Augustus 30, 2009 om 10 : 23

    Adrie ek is bly dat daar darem mense is wat ook dink aan die diere. Die probleem is sulke mense sal nie vir iemand hulle afval produk gee nie, hulle is te bang dat jy gaan dalk net so ryk word soos hulle. Vir hulle is dit n probleem as iemand anders voordeel uittrek uit hulle afval produk. Ek se gewoonlik God het die wereld gemaak en aan ons die ottoriteit gegee om na Sy goed om te sien. Die lewe en asem wat ons inasem kan enige tyd weggevat word van ons. Maar hou maar vir Carte Blanche fyn dop. Daar gaan nog baie dinge uitbroei onder daardie henne. Ongelukkig kan ek nie veel se nie. Maar in die koerant se Mev Serfontein God het hulle dai besigheid gegee want hulle het daarvoor gebid. Een ding wat ek weet jy kan bid God gee vir jou wat jy vra. Maar n mens moet versigtig wees, om nie God te gebruik en dan bybedoelings te he nie. Dit is seker lekker om geld te he. Maar hoe bekom jy dit. As jy tussen die lyne kan lees wat ek bedoel. Die tipe hoenders groei nou wel nie so vinnig soos braaikuikens nie. Maar soos ek se dit maak fantastiese werf hoenders uit. Dit kan darem n paar mense se monde gevoed het. Vernaam met die ekonomie soos dit nou is. Van daardie weggooi hoenders het my man probeer red van n wrede dood. Nou hoor ons hy is n dief. Maar nou ja iemand moet seker die skuld kry. Daar is inteendeel n oplossing vir die hele petalje. Ek en my man is besig om daaraan te werk. Alhoewel dit n goeie klompie geld gekos het en nog gaan kos. So tussen die hofsake en dit wat nog gaan gebeur sal ons aanhou om aan die oplossing te werk. Jy is reg geld is die duiwel se oorkussing.

  • 129. antonie  |  Oktober 30, 2009 om 4 : 04

    Wie gaan daai duisende braaikuikens grootmaak. En wie het hulle bestel en nie gaan haal? Ek boer self met le en braai hoenders. dit kos beplanning-geld-en baie werk om net 1 duisendf se kos en blyplek gereed te kry. As iemand my vandag n duisend kuuikens wil skenk kan ek daar niks mee doen, Niemand gaan duisende eiers uitbroei net om 1 die eiers te verloor en dan die kuikens te vermoor. NIEMAND het nog gevra waarom die oorskot daar was. Terloops, hane en henne maak ewe goeie braaikuikens

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: