Padwerk jou hier, padwerk jou daar

Augustus 11, 2009 at 5 : 42 64 Kommentaar

Kom ek sê sommer by voorbaat.  Ek weet ek moenie kerm nie.  Ek weet dit is my belasting aan die werk, iets tasbaar dat ek kan weet hoekom die regering elke maand kom bakhand staan.  Ek besef paaie kan nie instand gehou word sonder ‘n bietjie (BAIE) ongerief nie.  Ek weet ook dat beter en groter paaie onwrigting beteken.  Niks kan gewen word sonder die pyn nie.

WHATEVER!!!!

Ek is nou behoorlik gatvol vir padwerke.  Orals!!!!  Ek sweer dit agtervolg my, want ek kan dit net nie ontsnap nie.  Moet dit nou wragtig alles op een slag reggemaak word?  Op elke liewe pad in elke liewe provinsie? 

Mens kan nie eers jou hande in belasting was nie.  Sekere van die padwerke gaan seker ‘n nuwe tolhek verdien.  Nadat jou geld gebruik is om dit in die eerste plek te bou, gaan jy dit nog verder moet befonds uit wat die regering goedgunstelik vir jou oorgelos het.  Dit blyk in elk geval die geval te wees met die N1.  Hulle belowe jou ‘n beter pad met minder verkeer.  Jy moet net ‘n bietjie vasbyt en dit gaan elke oggend hemel wees.  Mits jy nie gaan omgee om jou daaglikse tol te betaal nie.  As die vervoermense hulle sin gaan kry, gaan jy in elk geval eerder op ‘n trein gegooi word.

Die finansiering laat my op die oomblik koud.  Ek sal wel daaroor kots wanneer ek daarvoor moet begin hoes.  Dit is die vertragings wat my niere op die oomblik verpletter.  Ek is gewoonlik mal oor bestuur.  Daar is egter geen plesier om langer as ‘n uur aan 15 km te ry.  Veral as dit ‘n stuk pad is wat gewoonlik teen 150 km / gery word.  Help egter niks jy slaak ‘n sug van verligting wanneer jy weer 100 km/h sien nie.  Om die eerste kurwe sal elke kar weer pik staan.  Dan begin die gekruipery weer van vooraf.  Teen ‘n volle 20 km per uur, wat sekerlik beter is as stilstaan of agteruit beweeg.  

Jy kan maar net op jou tande kners.  Tussen deur is jy half dankbaar dat jy stilstaan.  Jy kan dan nie per ongeluk in die helse uitgrawings land nie.  Die padbouers dink mos trappe klim is vir alle karre standaard.  Daar sal ook altyd ‘n kegel of teken in die pad land.  

Terwyl jy maar die musiek harder draai en weer tot ‘n 1000 tel, sien jy die gesig wat jou laat wonder of dit nie tyd is vir ‘n oogafspraak nie.  ‘n Boetebessie wat ‘n spoedlokval hou.  In ‘n stuk waar niemand meer as 20 km / h ry nie.  :roll:  Nee, ek weet ook nie wat sy gedink het nie.

Wanneer gaan die padwerke klaar kry?  Dit voel of dit al jare aan die gang is.  Chaos blyk die enigste uitkoms daarvan te wees.  Kan iemand asseblief vir my ‘n datum gee sodat ek die slapies kan begin tel?

Blogvraag:  Wie is die huidige Minister van Vervoer?

Blogantwoord:  Max was reg met Stanley Schupak.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Listige truuks Toemaar

64 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 6 : 46

    EERSTE!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 6 : 47

    Iemand Ndebele

  • 3. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 6 : 48

    Joel Ndebele

    *fluister* dankie Wille Ma

  • 4. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 6 : 48

    Nie so seker vanni spelling nie

  • 5. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 6 : 50

    Nou gat ek eers die post lees

  • 6. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 6 : 54

    Die datum is 3010:mrgreen:

  • 7. Adrie  |  Augustus 11, 2009 om 6 : 56

    Kan pateetlaan wragtig nog slegter?

  • 8. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 6 : 57

    Die 1 ding wat ek NIE die naweek gemis hetti wassi slakkepas oppi N4 by Bethal. Ja nee kyk……… Hulle ka vi my part daai deel vanni N4 uitknip en wegsmyt😈

  • 9. Adrie  |  Augustus 11, 2009 om 6 : 59

    Huh?

    N4 by bethal?

  • 10. Adrie  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 00

    Bedoel seker belfast

  • 11. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 00

    Ag dêmmit!!! Blameer Pateetlaan se slegte tonneelspel

  • 12. Adrie  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 01

    Ek oorweeg dit om in die vervolg na MP te vlieg.

  • 13. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 01

    Bethal…….. Belfast. Al2 begin met ‘n B

  • 14. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 02

    Dis seke oorlat ek 4 weke laas da viby gery het😳

  • 15. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 03

    Yummeeeee!!!!!!!! Spinasie!!!

  • 16. Adrie  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 04

    Tip💡

    As padwerke n stok in jou wiel druk, onthou dat dit erger kon wees. Jy kon pateetlaan gekyk het.

  • 17. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 04

    My ma maak op vi die lewer van noudie aand

  • 18. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 05

    Pateetlaan➡ *KOTS*

  • 19. Adrie  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 06

    Bethal kort beslis padwerke. Dit is nou as daar n pad was. Daar is mos net een groot slaggat.

  • 20. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 06

    Ma kyk sal ons KYK👿

  • 21. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 08

    Nous ek lus vi die slowveld

  • 22. Adrie  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 09

    Ek het 2 weke laas gekyk.

  • 23. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 09

    Wanne issi volgende langnaweek?

  • 24. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 10

    Jyt niks gemisi

  • 25. Adrie  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 10

    Met die klem op SLOW!

    Seker nou te laat om te se Bos stuur groete.

  • 26. Adrie  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 11

    September as jy n Vrydag afvat.

  • 27. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 13

    He! He!

  • 28. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 14

    Somme die eerste Vrydag sal my pas

  • 29. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 15

    Sha la la la la la
    la la la la laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa

  • 30. Adrie  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 15

    24 Sept is n vakansiedag en is op n Donderdag.

  • 31. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 19

    Yes!!!!! Ek sien ‘n blink plan💡

  • 32. Adrie  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 22

    Die skole sluit ook daar rond.

  • 33. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 24

    Alweer!?

  • 34. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 25

    Ek recover nog vanni laaste vakansie😯

  • 35. Adrie  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 27

    😉 Gaan swot saam met Nell onderwys, dan hoef jy nie jaloers te wees nie.

  • 36. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 30

    Dan ry ek eerder fiets…………

  • 37. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 34

    En ek sal baaaaaaja ver ry met daai fiets

  • 38. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 35

    Tot inni willetuin😉

  • 39. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 37

    Jislaaik! Ek wou nog gister Rietvlei toe gat.

  • 40. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 38

    Dit sou my troosprys gewees het

  • 41. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 39

    Toe slaap ek instead

  • 42. Adrie  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 39

    Wat het jou gekeer? Blerrie baie padwerke

  • 43. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 7 : 40

    En droom vanni non existing padwerke

  • 44. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 5 : 11

    More! More!

  • 45. Adrie  |  Augustus 12, 2009 om 9 : 30

    More

  • 46. Adrie  |  Augustus 12, 2009 om 9 : 31

    En al die nuus in die Beeld, was gister ook daar gewees.

  • 47. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 9 : 56

    Jy het my gejinx! Vanoggend was die pad moer besig

  • 48. Adrie  |  Augustus 12, 2009 om 10 : 11

    Dit kon erger gewees het.

  • 49. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 10 : 38

    Wats erger as 3km weg vanni werk en 1km/h ry?

  • 50. Adrie  |  Augustus 12, 2009 om 10 : 57

    Om 12 ure aan een kilometer te ry

  • 51. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 11 : 14

    @ My 3ling

    Het jy dam ‘n skaapboud gepak toe jy daai 1km gery het?

  • 52. Adrie  |  Augustus 12, 2009 om 11 : 27

    NEe

    Ek het oorweeg om te sterf van die honger

  • 53. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 11 : 43

    Jy sou nie 10 minute gelast het sonner om aan iets te knaagi

  • 54. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 11 : 44

    SHIT!!!! 😯

    Dis net I&J van gisteraand af wat hie praat! DAMN!

  • 55. Adrie  |  Augustus 12, 2009 om 12 : 02

    Ek is nog amptelik geskors. Ek mag eintlik glad nie hier wees nie

  • 56. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 12 : 03

    Wa my comment❓

  • 57. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 12 : 50

    Met anner woorde…….. Ek praat heeltyd met MYSELF😯

  • 58. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 12 : 51

    What’s new!?

  • 59. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 12 : 54

    Dan sal ek ma aanhou praat voorlat da NIKS gepraat word

  • 60. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 1 : 50

    Curse you computer!!!!!!!!!

  • 61. Nats  |  Augustus 12, 2009 om 1 : 54

    Hello julle!!

    Ek dink ek is heel gelukkig om nie baie te doen te kry met padwerke nie (touch wood)

    Ek wil eerder nie oor padwerke oppad na MP praat nie! Was laaaaank terug daar verby Middelburg en Belfast – ons moes ‘n alternatiewe pad ry omdat daar padwerke was…. nee kyk toe sien ek die grootste potholes wat ek nog ooit gesien het! 😯

  • 62. Nats  |  Augustus 12, 2009 om 1 : 56

    Sorry sien weer later – moet gou ry!!

    Toodles!

  • 63. Sebastiaan  |  Augustus 12, 2009 om 2 : 07

    Waar is die bitch van die blog vandag? hopenlik aan haar eie kak versmoor.

  • 64. Wille Kjind Q  |  Augustus 12, 2009 om 6 : 17

    Oom se Baas Jan

    Ag seke nie vêr nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: