Listige truuks

Augustus 10, 2009 at 8 : 45 57 Kommentaar

In een van die onlangse episodes van Desperate Housewives (SABC 3) ontbloot Lynette haar borste om ‘n man oortuig om ‘n sekere vorm te teken.  Dit is opsig self niks ongewoons nie, soortgelyke tonele word dikwels in flieks en op televisie gebruik.

Die beginsel is eintlik baie eenvoudig.  ‘n Man word makliker deur sy oë bereik as deur sy ore.  Of altans dit is wat die algemene opvatting is.  ‘n Vrou het seker bates wat hulle graag wil sien.  Wanneer dit wel sigbaar is, verdof ‘n deeltjie van die brein genoemd rede.  Die vrou het dan al die toutjies in haar hande om mee te doen wat sy wil.

Dit hals kan dalk effens verder gesak wees as wat regtig nodig is.  Dit help natuurlik vir die mans wat nooit besef het ‘n vrou se oë sit in haar kop nie.  ‘n Kort rompie is weer die wapen as haar bene of boude die werk moet doen.  Ander vertoon graag hulle onderklere of selfs hulle gebrek aan onderklere.  Daar is self diegene wat verkies om met dwalende hande die praatwerk te doen. 

Goed, vandag is dit eintlik ‘n biegblog.  Wie het al met hulle liggame hulle sin probeer kry?  Het jy al ooit ‘n knoppie ekstra losgemaak wanneer jy deur ‘n verkeersbeampte afgetrek word?  Het jy al ooit met jou kortste romp ‘n dosent gaan spreek as jou punte nie te waffers was nie?  Miskien het jy al sonder onderklere aan jou baas gaan pols vir ‘n verhoging?

As jy ‘n man is, het jy (sal jy) vir die beloftes val?  Wetende dat dit waarskynlik leë beloftes is?  Kan ‘n stukkie vleis regtig jou brein so benewel?

Hoe voel julle oor die algemeen oor die benadering?  Kan ‘n man dit ook beproef?

Ek?  Nee, ek het nooit nie en sal nooit nie.  Ek is glad nie gemaklik daarmee nie.

Blogvraag:  Felicity Huffman het ‘n Oscar benoeming gekry vir Transamerica.  Wat was haar karakter, Bree Osbourne, se vorige naam (as man) gewees?

Blogantwoord:  Maxie was reg met stoom steriliseerder.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Sêrrie Padwerk jou hier, padwerk jou daar

57 Kommentaar Add your own

  • 1. maxie  |  Augustus 10, 2009 om 9 : 24

    Stanley Schupak

  • 2. maxie  |  Augustus 10, 2009 om 9 : 47

    Adrie
    Gister se blogantwoord?

    Onderwerp:
    Nee nooit. Wat ek bereik moet wees m.b.v. my intellek en ander vaardighede.

  • 3. Freek  |  Augustus 10, 2009 om 9 : 53

    Vroue oor die algemeen belowe nie net nie. Hulle deliver ook. Soms heel agressief.

  • 4. Girl van die Suburbs  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 00

    Alloahhhhhhh!!!!!

    Ek sal ook amper enige iets doen om uit die moeilikheid te kom!😉

  • 5. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 00

    Sorry Max

  • 6. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 02

    Hallo almal

    Ek blameer Nell. Sy het my aandag van my blog afgetrek.

  • 7. Girl van die Suburbs  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 03

    Bawhahaha… Ja sorry. Ek moes my syphilis medikasie met iemand bespreek.😀

  • 8. Girl van die Suburbs  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 08

    Ok, laat ek net clarity gee.. grappie die kant maar julle sal nou nie weet nie. Ek het antibiotika gekry en toe lees ek in die pamphlet hulle gee dit vir mense met syphilis ook. Toe verduidelik dokter Adrie net vir my hoe dit werk.. okay???😉

  • 9. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 10

    Wie gaan julle glo?

    Vir my of Nell?

  • 10. Girl van die Suburbs  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 11

    Bwhahahahahhaha

    Ag fokkit….😀😀😀

  • 11. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 14

    Nell

    Ek hoop jy weet as jy meer as net belowe, gaan dit backfire. Sekere siektes word nie genoem nie.

  • 12. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 15

    Liewe ouers

    Nell gaan my skiet. Ek grawe ‘n gat wat nooit weer sal kan toe nie

  • 13. Girl van die Suburbs  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 19

    Njejejejejejjeeeee😉

    Dit is nogals skrikwekkend dat jy een pilletjie kry wat die volgende treat… en gesond maak en hulle het niks met mekaar uit te waai nie

    Upper and lower respiratory tract infections:
    Sinusitis, pharyngitis, Mycoplasma pneumonia, psittacosis and chronic bronchitis.syphilis and gonorrhoea (in cases of penicillin allergy), Acne, Cholera, Whipple’s disease and tropical sprue.

  • 14. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 22

    O VREK!!!!

    Syphilis en gonorrhea?

    Nell, is jy seke jy soek nog man?

  • 15. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 24

    Somethings you share and somethings you don’t

  • 16. Girl van die Suburbs  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 24

    JA~! ‘n ryk een daarby om al my medical expenses te cover!

  • 17. Girl van die Suburbs  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 25

    Jip, my eie lat hier gepluk. Die res het nou so geskrik hulle rooflees nou net!

  • 18. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 28

    Dit is die minste van jou probleme. Daar is goed daar wat dodelik is. Ek kom haal jou uit as jy my longontsteking, bronchitus of iets gee.

    Hou jou kieme vir jou self.

  • 19. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 28

    😆 😆 😆

  • 20. Girl van die Suburbs  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 33

    Okay, Okay… ek het kroep. Dit het net nie cool genoeg geklink nie!

  • 21. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 33

    SNORK!!!! :mrgreen:

  • 22. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 34

    Kroep is darem beter as puisies. Dit tel darem as ‘n siekte. 😆

  • 23. Girl van die Suburbs  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 35

    My word jy is snaaks. Jy sal laat ek verstik aan my eie popcorn!

  • 24. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 35

    Maxie

    Ek wonder nou oor die ander vaardighede. Sommige mense beskou die vel wys ook as ‘n vaardigheid. 😉 :mrgreen:

  • 25. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 37

    Nell

    Geen wonder jy kry sulke verskriklike siektes nie. Dit is omdat jy met popcorn wil mors. 👿

  • 26. Girl van die Suburbs  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 40

    Ek en my popcorn… elke aand die tyd!😉

  • 27. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 42

    Ek moet seker gaan skuiling soek. Ek trap nou met safety boots op almal se tone. 😀 Max en Nell gaan my van die dak afpluk en ‘n voorbeeld van maak. Of altans, hulle gaan baie hard probeer.

  • 28. Girl van die Suburbs  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 42

    Ek weet nie so lekker van max nie, want sy is AWOL!

  • 29. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 42

    O ja. Ek ken dalk iemand wat jou kan help met jou fietsry planne. Sal haar more vra.

  • 30. Girl van die Suburbs  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 44

    Cool! Thanx🙂

  • 31. Adrie  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 45

    In elk geval – voordat jy my ook ‘n paar siektes gee of my jaloers maak op jou popcorn, laat ek groet. Ek moet nog ‘n paar goed vanaand doen.

  • 32. Girl van die Suburbs  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 46

    Jip… ek ook.

    Lekker doeks!

  • 33. Wille Kjind Q  |  Augustus 11, 2009 om 4 : 58

    More! More!

  • 34. Beeld  |  Augustus 11, 2009 om 8 : 18

    ’n Aanrandingsaak is teen Ian Macdonald (41), oud-Springbok-flank, aanhangig gemaak nadat hy na bewering ’n lynregter tydens ’n skolerugbywedstryd in Roodepoort met die vuiste bygedam het.

    Macdonald het mnr. Pieter Matthews, ’n vlagman in gistermiddag se wedstryd tussen die Hoërskool Noordheuwel en die Hoërskool Monument in die Coca-Cola-rugbyreeks vir skole, sowat agt vuishoue in die gesig en teen die kop gegee, het Matthews vertel.

    Dit nadat Macdonald Matthews kort voor die einde van die wedstryd toegetakel het.

    Macdonald se seun, bekend as Maccie, is ’n leerling aan die Hoërskool Noordheuwel en was tydens die voorval as flank op die veld, het Matthews gesê.

    Die Hoërskool Monument het toe 13-12 voorgeloop.

    Mnr. George Raftopoulos, skeidsregter, het ’n strafskop aan Noordheuwel toegestaan, waarna Matthews met die vlag in die hand agter die pale gaan staan en wag het.

    “Macdonald het toe hier duskant my gestaan en vir die skeidsregter geskree: ‘Maak oop jou f****n oë, jy’s pateties,’ ” het Matthews gesê.

    Matthews het toe omgedraai en aan Macdonald gesê: “Dit was ’n goeie game, dit help nie ’n mens gee altyd die skeidsregter die skuld nie,” het hy vertel.

    Macdonald het hom toe glo gevra: “Praat jy nou met my?” en Matthews het gesê: “Ja.”

    “Ek gaan jou dooddonner . . .” het Macdonald glo geskree en hom bestorm, het Matthews gesê. “Hy het my toe met sy plat hand teen die bors gestamp. Toe ek retireer het hy my een vuishou teen die kop gegee. Ek het teruggeslaan. Ons het mekaar toe seker so twee of drie houe oor-en-weer gegee.”

    Macdonald het die heelwat kleiner Matthews toe glo teen die grond gegooi, op sy bors gaan sit en die skraalgeboude lynregter se arms met sy knieë teen die grond vasgepen.

    “Hy het my toe seker so ses na agt houe teen die kop en in my gesig gegee.”

    Matthews se seun, Pieter (17), kaptein van die Noordheuwel-span, het dit toe gesien en glo Macdonald van sy pa afgestamp, waarna nog ’n ouer Pieter na bewering gegryp en met die vuiste bygedam het.

    ’n Reuse-vuisgeveg het toe tussen toeskouers, ouers en van die rugbyspelers uitgebreek, het Matthews gesê.

    Matthews het ’n klag by die Roodepoort-polisiekantoor ingedien, het kapt. Simphiwe Ndlovu, polisiewoordvoerder, bevestig. Ondanks talle oproepe, boodskappe en SMS’e kon Beeld Macdonald nie in die hande kry nie. Mnr. Manie Reyneke, uitvoerende hoof van die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU), het gesê hulle betreur die voorval en sal teen die skuldiges optree.

  • 35. Beeld  |  Augustus 11, 2009 om 8 : 19

    Die ma van die 11-jarige laerskoolleerling van Ermelo wat na bewering deur ’n onderwyser aangerand is, het gister ’n foto beskikbaar gestel om te wys hoe erg haar seun geslaan is.

    Sy het die foto gegee nadat dit aan die lig gekom het dat ’n SMS-veldtog nou in Ermelo aan die gang is ter ondersteuning van die onderwyser.

    Mnr. Laffie Human is tydelik by die Laerskool J.J. van der Merwe in Ermelo geskors hangende die onderwysdepartement se interne ondersoek na die beweerde voorval in Maart.

    Human het verlede week in die streekhof op die dorp verskyn op ’n klag van aanranding, omdat hy die seun volgens sy ma tydens ’n rugby-oefening “gegryp, oor sy skouer gegooi en vasgehou het terwyl ander kinders hom geslaan het”.

    Die onderwyser het die seun glo ook met die plathand oor die boude geslaan. “Ons is nie gekant teen ’n pak slae op sy tyd nie, maar wel teen aanranding,” het sy gesê.

    Een van die SMS’e wat nou in Ermelo rondgestuur word, lui:

    “Kom ons staan saam as ouers en ondersteun mnr. Laffie. Die aantuiging (sic) teen hom is belaglik en almal weet hy het ’n passie vir die onderwys. SMS julle positiewe insae aan Beeld . . . en stuur vir almal asb. Dis tyd dat hierdie vrou (die 11-jarige se ma) gestop word.”

    Die seun is na bewering geslaan omdat hy verdink is dat hy ’n ander kind met ’n klip gegooi het. ’n Ander leerling het egter glo erken dit was hy wat die klip gegooi het.

    Volgens die 11-jarige se ma het Human haar man dae ná die voorval gebel en verskoning gevra vir die slanery en gesê hy het gesnap.

    “Ek het niks teen die kinders nie, maar wel teen die onderwyser wat my seun vasgehou het sodat hulle hom kon slaan. Ek het nie koerant toe gehol nie. Beeld het mý om kommentaar genader.”

  • 36. Beeld  |  Augustus 11, 2009 om 8 : 22

    Moet nooit jou kind alleen by ’n hond los nie, want kinders tree dikwels onwetend geniepsig teenoor diere op en gedra hulle soos prooi.

    Dié raad kom van me. Nikki de Swardt, ’n honde-opleier van Pretoria, nadat ’n boerboelkruising ’n baba se gesig die naweek op Sasolburg in die Vaaldriehoek verskeur het.

    Beeld het gister berig hoe René Van der Merwe (een jaar en 11 maande) se pa, Renier, die dier se kake oopgedwing het om die hond van haar los te kry.

    René moes twee keer geopereer word om die skeurwonde en verskeie beenbreuke in haar gesig te heg.

    Mnr. Van der Merwe het die boerboel wat met ’n stafford-shire-terriër gekruis is, ná die aanval met ’n mes doodgesteek.

    Die hartseer van sulke voorvalle is dat die hond nie noodwendig te blameer is nie, sê De Swardt.

    “Hoewel sekere honderasse soos boerboele geneig is tot aggressie, bepaal hul omgewing en hoe hulle opgelei is, ook hoe hulle sal optree.”

    Volgens De Swardt moet ’n mens nie ’n hond aanhou as jy nie van plan is om die dier deel van die gesin te maak nie.

    “Hondjies moet van ’n jong ouderdom en voordat hulle vier maande oud is, aan soveel moontlik dinge soos kinders en geraas blootgestel word, anders sal dit hulle bang maak en kan hul vrees hulle aggressief maak.”

    De Swardt sê kinders skree, hardloop en speel dikwels geniepsig met honde.

    Dié gedrag veroorsaak dat die dier hulle as prooi sien.

    Die feit dat ’n kind ooghoogte met ’n hond is, dra by tot die prooiposisie, sê me. Patricia Ledoux, ’n boerboelteler van Cradock in die Oos-Kaap.

    Sy waarsku “toevallige” boerboelkruisings is ’n gevaarlike dobbelspel omdat boerboele reeds uit verskillende rasse geteel word.

    Besoek http://www.boerboels.co.za en http://www.psbtc.co.za vir meer inligting oor boerboele en staffordshire-terriërs.

  • 37. Beeld  |  Augustus 11, 2009 om 8 : 23

    ’n 38-jarige ma en haar twee dogters van 16 en 18 jaar oud is agter tralies nadat die polisie gisteroggend sewe daggaplante in ’n kweekhuis by hul huis in Berario, in die noordweste van Johannesburg, gekry het.

    Kapt. Julia Claassen, Gautengse polisiewoordvoerder, sê lede van die Gautengse eenheid teen georganiseerde misdaad en die Johannesburgse honde-eenheid het inligting ondersoek gaan instel nadat hulle inligting ontvang het.

    “By hul aankoms by die huis in Blancalaan is sewe daggaplante in ’n hangkas van ’n kweekhuis op die perseel gevind. Die ma en twee dogters is net daar gearresteer.”

    Die waarde van die dagga word op sowat R20 000 geraam.

    Ma en dogters het die res van hul Vrouedag in die Roodepoort-polisiekantoor se selle deurgebring. Hulle sal na verwagting vandag op aanklagte van die besit, vervaardiging en handel in dwelmmiddels in die Roodepoort-landdroshof verskyn. – Amanda Roestoff

  • 38. Beeld  |  Augustus 11, 2009 om 8 : 26

    Tuktoyaktuk (Kanada). – Die Noordpool-yskoepel gaan binnekort op sy kleinste ooit wees.

    Wetenskaplikes, wat die Noordpool met verskeie satelliete dophou, verwag die Arktiese ysbedekking sal teen September moontlik selfs kleiner wees as die vorige rekord ná die somer van 2007.

    Mnr. Eddie Gruben (89), ’n gesoute plaaslike weerwaarnemer, het oor dekades heen gesien hoe die Noordpool se somer-ys weens aardverhitting jaar ná jaar verder van die strande van dié afgeleë dorpie, in die verre noordooste van Kanada, terugtrek.

    Die afgelope naweek was die Noordpoolse ysbedekking 128 km ver van Tuktoyaktuk af. “Net 40 jaar terug was die ys in die somer net 64 km ver die see in van hier af,” het Gruben gesê.

    Tuktoyaktuk is 2 414 km noord van Seattle in die VSA.

    Wêreldwye gemiddelde temperature het die afgelope eeu met sowat 0,6 ºC gestyg.

    In Julie het die ysbedekking met ’n gemiddelde van 106 000 miljoen km² per dag gekrimp – drie keer die oppervlak van België. Dié smeltingstempo is soortgelyk aan dié van Julie 2007 toe die ysbedekking ’n rekord laagtepunt van 4,3 miljoen km² in September bereik het. – Sapa-AP

  • 39. *Mathilda*  |  Augustus 11, 2009 om 8 : 29

    More more maaikies

  • 40. Beeld  |  Augustus 11, 2009 om 8 : 29

    Durban. – Vrae het gister opnuut ontstaan oor die “terminaal siek” Schabir Shaik nadat hy hier in sy swart BMW rondgery het.

    Shaik is vyf maande gelede op mediese parool vrygelaat as iemand wat “in die laaste fase van terminale siekte” is.

    Mnr. Dean Macpherson, DA-raadslid, het hom gister in die woonbuurt Morningside agter die stuur van sy BMW opgemerk.

    Volgens Macpherson, wykraadslid vir Durban-Noord, was die 52-jarige Shaik in ’n sonbril en hemp geklee.

    Sy driejarige seun, Yasir, het op die agterste sitplek gespeel.

    In ’n stadium het Shaik ballonne vir sy kind van ’n straatsmous gekoop voordat hy na sy huis teruggery het.

    Macpherson het gesê hy het dadelik Shaik se motor herken toe hy dit om 12:53 in Musgraveweg opgemerk het.

    “Die swart 7-reeks BMW met die registrasienommer ND 9312 waarin hy elke dag by die hof tydens sy verhoor opgedaag het, sal ek nooit vergeet nie.”

    Macpherson het Shaik begin volg en het met sy Blackberry-foon ’n video-opname gemaak van hoe die BMW Shaik se erf binnery.

    “Hy (Shaik) het glad nie vir my gelyk soos iemand wat terminaal siek is nie,” het Macpherson gesê.

    Shaik, wat in 2005 15 jaar tronkstraf opgelê is weens bedrog en korrupsie waarby pres. Jacob Zuma betrek is, is in Maart op mediese parool vrygelaat nadat hy die meeste van sy twee jaar en vier maande lange aanhouding in hospitale deurgebring het.

    Shaik se broer, Yunis, het in Maart gesê sy hart is vergroot en chroniese hoë bloeddruk het sy niere en brein aangetas, terwyl hy ook sowat 50% van sy sig verloor het.

    “Daar is geen medisyne wat daardie skade kan omkeer nie,” het Yunis Shaik toe gesê.

    Die regering het tot dusver geweier om die omstrede paroolbesluit te hersien.

    Verlede maand is berig Schabir Shaik het glo sy vrou, Zuleikha, se verjaardagpartytjie in ’n Franse restaurant in Umhlanga bygewoon.

    City Press het eergister ook in “Siyahleba”, sy politieke rubriek, berig dat Schabir Shaik Vrydag in sy motor by ’n vulstasie naby sy huis opgemerk is waar hy met petroljoggies geskerts het.

    Mnr. James Selfe, DA-woordvoerder oor korrektiewe dienste, het Macpherson gevra om ’n beëdigde verklaring af te lê en die video aan hom te stuur met die oog op ’n moontlike hooggeregshofaansoek om die toestaan van Schabir Shaik se mediese parool te hersien.

    Yunis Shaik het gesê hy voel nie Macpherson se aantygings is iets waaroor hy wil kommentaar lewer nie.

  • 41. Beeld  |  Augustus 11, 2009 om 8 : 31

    Wat het warm katjies, brullende renmotors en Kurt Darren gemeen?

    ’n Nuwe Suid-Afrikaanse aksiefliek wat eersdaags in plaaslike rolprentteaters te sien sal wees.

    Darren het gister op die stel van The Race-ist, sy eerste vollengte-fliek, vertel van die “ongelooflike ondervinding” wat hy met onder meer DJ Fresh en ervare akteurs Ian Roberts en Jonathan Pienaar (van Blood Diamond-faam) deel.

    The Race-ist, wat deur regisseur Andrew Wilmot vervaardig en geskryf is, gaan oor ’n jong man, Lukas (gespeel deur Tsotsi-ster Craig Palm), wat die kwartmyl-renkampioen wil wees. Wanneer hy die voormalige afrigter van die kwartmylkampioen, “Oom Noel” (Roberts), ontmoet, besef hy sy droom is moontlik. Darren meen sy karakter, Xander van der Kloof, is “ ’n goeie sakeman”.

    “Ek speel die eienaar van die renbaan. DJ Fresh se karakter, wat sonder my medewete agterbaks optree, werk vir my.”

    Hoewel Darren nie in die fliek sing nie, gaan hy sy bewonderaars betower met sy nuutgevonde talent as akteur.

    “Ek is ’n sanger, maar geniet dit om teenoor regte akteurs te speel. Ek wil nuwe horisonne bereik.”

    Darren meen die organisasie agter die skerms is fantasties.

    “Dis very Hollywood.”

    Hy sê die tonele waarin hy is moes by sy besige skedule ingepas word en hy is bewus van die feit dat hy en DJ Fresh die fliek se groot lokettrekkers gaan wees.

    Wilmot beklemtoon The Race-ist “gaan nie oor rassisme nie”.

    “Dis juis oor die feit dat mens jou velkleur moet ignoreer om jou drome te bereik. Wat saak maak is waarheen jy gaan, nie van waar af jy kom nie.”

    ) The Race-ist begin 9 Desember landwyd draai.

  • 42. Nats  |  Augustus 11, 2009 om 8 : 48

    Goeie more julle!!

    *GAAP* Lang naweke is baie lekker… maak mens net te lui!!🙂

  • 43. *Mathilda*  |  Augustus 11, 2009 om 8 : 53

    Nats ! Hoe gaan dit ?

  • 44. Nats  |  Augustus 11, 2009 om 9 : 03

    Hello *M*
    Baie goed dankie en self??
    Lekker die naweek met Amy-Leigh gespeel! My tannie wat ek 2 jaar laas gesien het gesien… en te veel geeet!😯

    Topic
    Ek het nog nooit iets gewys om my sin te kry nie. Beslis nie vir wild vreemde mense nie! Ek was wel baie vriendelik toe ek vir my lisensie gegaan het… maar dit was seker meer stress as iets anders want ek praat oor die algemeen amper glad nie!

  • 45. *Mathilda*  |  Augustus 11, 2009 om 9 : 06

    Ek was net lui – was nie eers dorp toe nie !

  • 46. Salome  |  Augustus 11, 2009 om 9 : 23

    Nee nooit sal of wil ek iemand so verlei nie {maar dan praat ek nie graag uit die slaapkamer uit nie}

    Goeie more almal!!
    Ek hoop julle het ‘n aangename uitrus naweek gehad.

  • 47. *Mathilda*  |  Augustus 11, 2009 om 10 : 07

    Saloom

    Ek sal die koffie maak as jy vir ons iets te eet het

  • 48. Coyote  |  Augustus 11, 2009 om 11 : 02

    Hello almal ek het Sondag di slegste tert gemaak en geeet en dit het so lekker gelyk

  • 49. *Mathilda*  |  Augustus 11, 2009 om 11 : 18

    Coyote

    Watse tert was dit ?

  • 50. Emil  |  Augustus 11, 2009 om 11 : 22

    Ek het al probeer, maar my hals was nie mooi genoeg nie.

  • 51. *Mathilda*  |  Augustus 11, 2009 om 12 : 22

    Whuahahahaha Emil

  • 52. Coyote  |  Augustus 11, 2009 om 1 : 26

    Tilla dit was n kondensmelk tert ek moet se die seuns het dit geniet (Hulle hettie smaak as dit by terte kom wat ek nog nie gemaak hettie)

  • 53. *Mathilda*  |  Augustus 11, 2009 om 1 : 29

    Seuns eet anyway meeste van die tyd alles wat hulle nie eerste eet nie ! Jy moet biki vir my die resep stuur, my pa sal amper enigeiets doen vir enigeiets wat met kondensmelk te doen het !

  • 54. *Mathilda*  |  Augustus 11, 2009 om 1 : 31

    2 ou tannies stap die gang af.
    1 sê : ag nee GERTRUIDA !!, jou setpil sit dan in jou oor !!
    Ag dankie mens, sê sy, dan weet ek nou waar is my gehoortoestelletjie !!!

  • 55. *Mathilda*  |  Augustus 11, 2009 om 3 : 04

    Nog net ‘n uur !

  • 56. *Mathilda*  |  Augustus 11, 2009 om 3 : 41

    Kloon – was die naweek nou weer te lank ?

  • 57. *Mathilda*  |  Augustus 11, 2009 om 3 : 42

    Willes – sit neer daai boek !!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: