Sêrrie

Augustus 9, 2009 at 6 : 51 65 Kommentaar

Ek het noudie dag vir Nell belowe om te vertel wat Sêrrie is.  Met die kappie op die regte plek het sy seker geen verdere verduideliking nodig nie.  Sêrrie is afgelei van serenade, soos wanneer ‘n jong man op ‘n volmaan onder ‘n meisie met sy kitaar kom sit.  Dit is die idee daaragter, behalwe dat dit in groepe geskiet.  Waar die mense onder mans of meisies kan wees.

Serenade kan baie ernstig en selfs groot kompetisie wees, maar dit is baie pret -by Tuks in elk geval.  Sêrrie kan ‘n skimp vir koffie laat Sondagaand of vroeg Maandag oggend wees.  Jy gaan sing by al die koshuise van wie jy hou.  Jy staan ook soms op as ‘n manskoshuis vir jou kom sing.  Sêrrie is ‘n groot kompetisie onder die koshuise in die eerste semester.  Hiervan later meer.  ‘n Mens kry ook geestelike sêrries wat gewoonlik Christelike liedjies om ‘n groot vuur beteken.  Laaste maar nie die minste nie, is sêr, ‘n groot nasionale kompetisie onder die land se koshuise.  Dit is die meer ernstige groep, met die nagtegaal stemme wat suiwer oor musiek gaan.

Ek wil vandag oor Sêrrie, die kompetisie gaan.  Jy kan wen of “wen”.  Die eerste is as jy die beoordelaars beindruk en eerste in die kompetisie kom.  Die tweede is om die ouens (of girls) so te beindruk dat daar nog vir jare daarna nog daarvan gepraat word.  Die boerpot is natuurlik om altwee reg te kry. 

In ons eerste jaar het ons die tweede reg gekry, met onderskeiding.  Daar word blykbaar nou nog daaroor gepraat en vir die res van my varsity dae moes ons dit sing.  As trouvrouens was dit vir ons ontdenkbaar om sletterig te wees.  Tog is daar nog sexy en daardie jaar het ons gesing wat die mans wou hoor sonder om ons reputasies te verwoes.  ‘n Baie fyn lyn, veral as ‘n mens in agneem wat ons gesing het.  Net suf dansbewegings het ons gered.

Ons het gestoom.  Die beoordeelaars het ons tweede geplaas maar die liedjie, eintlik meer die koor word nog steeds aan die nuwelinge geleer.  Ons het in my tyd in die koshuis twee keer sêrrie gewen.  Maar Stoom het altyd, oral oor in aanvraag gebly.

Blogvraag:  ‘n Outoklaaf is in 1879 deur Charles Chamberland uitgevind.  Wat is ‘n outoklaaf?

Blogantwoord:  Drie pikkewyne – Jakkie Louw (Olga); Stoom – Amanda Strydom (Olga); Gatswaai – Suzanne en Snotkop (Olga).

Bonuspunte:  Wikkel jou boude – Worsie Visser (Maxie/Olga), Skud jou biscuit – Pieter Koen (Maxie); Silvermaan – Dihan – Joanna Fields (Maxie); In die Middel – Thys die Bosveldklong (Olga);

Foto:  Bad moon rising – CCR (Maxie), Blue Moon – Frank Sinatra (Maxie);  White Moon – The White Stripes (Maxie); The man on the moon – R.E.M / Ballyhoo (Maxie/Maxie); The whole of the moon – Waterboys (Maxie); Fly me to the moon – Nat King Cole (Maxie); Moonlight Serenade – Mahattan Transfer (Olga); Amore – Dean Martin (Olga); To the moon and back – Savage Garden (Olga), Moonriver – Audrey Hepburn (Olga); Man op die maan – Pieter Smith (Olga); Moonlight – Kamelot (Maxie); Moonlight Shadow – Mike Oldfield (Maxie); Can’t fight the moonlight – Leanne Rimes (Maxie).

Entry filed under: Bogpraatjies. Tags: .

Barn Dance Listige truuks

65 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 7 : 34

    Eerste!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 7 : 35

    Cool! Ek kan enige antwoord kies wat ek wil want die vraag is blênk

  • 3. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 7 : 36

    Of dis invisible ink

  • 4. Adrie  |  Augustus 9, 2009 om 7 : 43

    😳

  • 5. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 01

    Word gebruik om voorwerpe of toerusting te steriliseer m.b.v. hoëdruk stoom van 121 grade C of meer.

  • 6. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 05

    DÊMMIT!!!!! Ek het geweet ek moet hie bly

  • 7. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 07

    Jitte Max…….. Jy het my nou vir ‘n oomblik laat kopkrap met jou m b v

  • 8. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 15

    Hi Willes!!
    Gaan dit goed?
    Met behulp van, lol.

  • 9. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 15

    Willes
    Skies ek’t jou nou voorgespring met die blogvraag, was maar net op die regte plek op die regte tyd…

  • 10. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 18

    Dankie tog!!!!!

    Want ek gaan binnekort ‘n Serrie aand bywoon en het nie ‘n idee waarna ek heen gaan nie…..

  • 11. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 19

    Hi Nell

  • 12. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 23

    Hi Maxie

    Hoe ganit?

  • 13. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 24

    Altyd goed, dankie, jy? Lekker naweek gehad?

  • 14. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 26

    Heel lekker dankie! Kan nie glo ek is nou honger nie. Dis amper slaaptyd!

  • 15. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 29

    Lol! Dit gebeur gereeld met my, alhoewel ek baie later gaan slaap.
    Dan eet ek maar ‘n piesang of appel.

  • 16. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 37

    Lekker slaap, Nell.

  • 17. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 38

    Skies, ek is hier!!!!!!

    Net gou gaan popcorn maak!

  • 18. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 42

    Oh my soul, so ek gaan sit en koor luister! Gmf….👿

  • 19. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 47

    Gou kom loer, dog jy slaap al.
    Popcorn darem lekker?

  • 20. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 49

    Ek is BAIE lief vir popcorn. En koffie. Nou sit ek met beide. Ek het weer ‘n middag slapie ingewerk en nou is ek so wakker soos ‘n akker. Ek het vanoggend vir ouma gevat vir shopping… en ek was so gedaan daarna!

  • 21. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 50

    Het jy nie ‘n blog nie Max?

  • 22. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 51

    Lo da!

    Max

    Dis ma die ou reel wat tel…….. You snooze , you loose😉

  • 23. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 52

    Yes-Yes WQ!

  • 24. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 53

    Yis yis my china:mrgreen:

  • 25. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 53

    Jy gaan mos NOOIT slaap as jy nou koffie drink nie….
    Ons was vandag by ouma (skoonma)… ai, so lief soos mens hul het, dit bly maar uitputtend.
    Myne kwetter aanhoudend…. arme kop.

  • 26. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 55

    Ek het my laaste boek nou begin lees en eks moer spyt dat ek nie nuwes gat kry hetti. Die plek is Maandae toe wa ek my boeke kry

  • 27. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 56

    My een ouma is mal. Soos in regtig! Maar sy weet dit nie so sy is happy as can be!

    Hierdie ouma is weer baie helder van verstand maar raak blind. Dit is hartverskeurend want sy wil nog!

  • 28. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 57

    Nell
    Nee, ek’s te lui vir ‘n eie blog.
    En het te veel om te se, dus bly ek eerder stil. En kyk maar net.

  • 29. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 58

    Oud word is ‘n bitch

  • 30. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 9 : 59

    Willes
    Watse laaste boek?

  • 31. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 00

    Ek is baie lief vir lees maar kom nie daarby uit nie!

  • 32. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 00

    Max

    As ek my eie blog gehad sou da wragtag net 1 keer ‘n jaar ‘n post gewees het

  • 33. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 01

    Willes
    Oudword is relatief. Grrrr.

  • 34. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 01

    Shadowfires – Dean R Koontz

  • 35. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 03

    Ek sal vrek as ek die dag moet ophou lees. Ek sweer ek sal iemand betaal om vi my te lees as ek blind word

  • 36. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 04

    Willes
    Ek stem!

  • 37. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 04

    Nwt

  • 38. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 07

    Trug! Gou wyn en koekies gat haal

  • 39. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 08

    En ek sien ekt niks gemis

  • 40. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 08

    Absoluut 4kkol

  • 41. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 09

    Willes
    Wat is nwt?

  • 42. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 09

    LOL… Ek soek so bietjie rond op die net. Ek wil begin fiets ry! Ek wik en weeg al lank,

  • 43. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 09

    Poke my as julle wil praat. Ek lees gou ‘n hoofstuk of 10

  • 44. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 10

    O daas julle!

    nwt- Nou Wee Trug

  • 45. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 11

    En wee weg

  • 46. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 12

    Nell

    Kry vi jou 1 wat jy oppi stoep kan ry

  • 47. maxie  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 13

    Nell
    Lekker fietsry…

    Willes
    Lekker lees…

    Albei
    Lekker slaap…

  • 48. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 14

    Nee ek wil buite ry Willes. Hier waar ek bly is vrek mooi en ek kan op die golf karretjies se padjie ry! Very Scenic.

  • 49. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 14

    Nee ek wil buite ry Willes. Hier waar ek bly is vrek mooi en ek kan op die golf karretjies se padjie ry! Very Scenic. Ek wil nie fiks word nie, ek wil bietjie maer word.

  • 50. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 15

    Nighty Night Max😡

  • 51. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 16

    Oe jammer, verkeerde mannetjie.

  • 52. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 17

    Nag Max

    Nell

    Jyt meer guts as ek

  • 53. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 19

    Ma jy is so klein om mee te begin…😀

  • 54. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 24

    Klein!!? BWHUWHAHAHAHAHAHHA!!!!!!!!!!

  • 55. Girl van die Suburbs  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 28

    Jip. Jou tipe doen dit vir fiks word!

  • 56. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 29

    Eish! As jy so sê……….

  • 57. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 10 : 32

    Nous ek hommer

  • 58. Wille Kjind Q  |  Augustus 9, 2009 om 11 : 55

    Joh! Is dit al sooooo laat❓

  • 59. Wille Kjind Q  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 37

    More more!

  • 60. Wille Kjind Q  |  Augustus 10, 2009 om 10 : 38

    Mind you………. Dis al amper mirrag

  • 61. Wille Kjind Q  |  Augustus 10, 2009 om 11 : 46

    Moet ek nou wragtag vi julle kom sing voorlat julle opstaan😕

  • 62. Wille Kjind Q  |  Augustus 10, 2009 om 2 : 23

    Twee mypros gepop en lê inni bed…………. Heavan

  • 63. Wille Kjind Q  |  Augustus 10, 2009 om 5 : 27

    Wat ‘n lekka 40 winks. Almal is seke wee besig met allerhanne snaakse goed….. Die dat hulle so skaars is

  • 64. Freek  |  Augustus 10, 2009 om 6 : 42

    Wha ha ha ha ha. Ek het wanneer laas gehoor dat nonne pikewynne genoem word. Het nogal lekker gelag toe ek saterdag die 3 pikkewyne raak gelees het. Nogal gedink not likely.

  • 65. Freek  |  Augustus 10, 2009 om 6 : 44

    Nou weet ek dit was nie net in my familie dat die benaming gebruik was nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: