Ag wat, dit is net ‘n grap

Augustus 6, 2009 at 6 : 10 75 Kommentaar

Mense wat ‘n gebrekkige humorsin het, het regtig maar ‘n vaal lewe.  Mense besef dit en sal bykans enige iets doen om die growwe beskuldiging vry te spring.   Niemand wil as ‘n suurknol aangesien word nie en niemand wil tyd met ‘n suurknol deur bring nie.  In ‘n mate het ‘n humor-gebrek in ‘n wapen geword.  Wanneer jy jou wil vererg vir ‘n onvanpaste grap of poets, dan is jy die een met die probleem.  Die een wat geen humor het nie, want dit was dan net ‘n grap.

Ek is jammer, noem my maar ‘n suurknol, maar sekere grappe en poetse stuit my teen die bors.   Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is te dikwels self skuldig.  Mense snap ook nie altyd my idee van ‘n grap nie.  Dit bly ook baie snaaks as iemand hulle humeur oor nonsens verloor.  Tog is  en moet daar ‘n lyn wees.

Daar is een van Jakaranda se gereelde poetse wat ek heeltemaal onaanvaarbaar vind.  Darren Scot steek iemand op om sy/haar aanstaande in die week van hulle troue te bel en te vertel dat hy/sy nie meer kans sien nie.  (Ek gee toe dat dit nie net hy is wat dit doen nie.  Kieno Kammies het bv op ‘n keer iemand sover gekry om haar man te vra vir ‘n egskeiding.  Dit is maar eintlik dieselfde ding).  Die stelling ontlok gewoonlik baie reaksie, van ongeloof tot blinde woede.  Dit is eers wanneer daar met moord gedreig word of die trane begin vloei dat die aanbieder tussenbeide tree en die slagoffer vertel dat dit ‘n grap is.

Na my mening, is dit ‘n uiterste siek poets om vir iemand te bak.  ‘n Mens trap nie op ‘n ander se gevoelens nie.  Of anders gestel, ‘n mens krap nie aan iets wat heilig behoort te wees nie.  Dit is nie ‘n tipe grap wat ek vinnig sal kan vergewe nie.  Ewe-eens is poetse van mense wat in ‘n ongeluk was, mense wat ontvoer is, mense wat dood is of mense wat beroof was nie snaaks nie.  As jy wil gekskeer, maak seker dat dit nie op mense se harte trap nie.

Daar is ook sekere grappe wat vir my taboe is.  Heelbo aan die lys is al die verkragting en pedofiel grappe.  Dit is iets wat geen bestaansreg het nie.  Daar is ook niks snaaks daaraan nie.  So sal enige iemand jou kan vertel wat deur so ‘n ondervinding was.  Grappe oor gestremdes is ook gewoonlik onsensitief of smaakloos.  Iets vulgêr is ook nie noodwendig snaaks nie.

Dan weer . . . Persoonlik sien ek nie juis iets verkeerds om oor ras of gay grappe nie.  Is dit ‘n geval van dubbelstandaarde of is dit elkeen na sy smaak?

Hoe voel julle?  Watter grappe / poetse vind julle aanstootlik? 

Blogvraag:  Wanneer het Radio Jakaranda (vandag Jacaranda 94.2) vir die eerste keer uitgesaai?

Blogantwoord:  Maxie was reg met Benjamin Franklin.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Feed a cold and starve a fever? Moet dowes hoor?

75 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Augustus 6, 2009 om 6 : 21

    EERSTE!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Augustus 6, 2009 om 6 : 21

    Middernag 1 Januarie 1986

  • 3. Wille Kjind Q  |  Augustus 6, 2009 om 6 : 22

    Dankie Wiki

  • 4. Wille Kjind Q  |  Augustus 6, 2009 om 6 : 32

    Ek voel ‘n grap is ‘n grap en ‘n joke is ‘n joke……… Ma jy maaki ‘n sambreel in iemand hol oopi

  • 5. Wille Kjind Q  |  Augustus 6, 2009 om 6 : 33

    Wie loer vi wie😕

  • 6. Wille Kjind Q  |  Augustus 6, 2009 om 6 : 45

    SALOOOOOOOM!!!!!!!!!!!!!!!!

    Kom help!!!!! Eks hommer en my ma het *kots* Volstruis lewer gemaak *KOTS* *KOTS* *KOTS*

  • 7. Wille Kjind Q  |  Augustus 6, 2009 om 7 : 02

    EEEEEEUUUUUUWWWWWW!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 8. Wille Kjind Q  |  Augustus 6, 2009 om 7 : 12

    Om lewer te bedien is nou my idee van ‘n siek grap!😡

  • 9. Seekat  |  Augustus 6, 2009 om 7 : 55

    aak jou eie kos dan

  • 10. Sonkind  |  Augustus 6, 2009 om 8 : 02

    Dit sal nogal ‘n k@k grap uitdraai as die ander partner maar te bly is oor die skeiery of die afgestelde troue! ek sal versigtig wees voor ek so ‘n grap maak.😆

  • 11. maxie  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 10

    Willes

    Ek sou eerder honger bly, regtig. Of blare eet.

  • 12. maxie  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 13

    ‘n Vriendin van my se man het haar gevra om sy ma te bel met die nuus dat hy dood is in ‘n karongeluk.
    Sommer vir die grap, sien.
    Nie my idee van snaaks nie…
    Dis pleinweg siek.

  • 13. Wille Kjind Q  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 19

    Ek is juis lus vi calamari………………..

    Calamari

    My kombuis het kla my kos gemaak dankie. Die KFC was ligjare beter as die lewer. Ek wet jou jy maak anyway nie jou eie kos nie. Ek sal vi mev Calamari die lewer resep stuur.

    Daas net 2 dinge oppi spyskaart in my huis……. Take it or leave it. Heel duidelik het ek besluit op Leave it😈

  • 14. Wille Kjind Q  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 22

    Max

    Ons het ons standaarde. Geen *KOTS* lewer sal oor my lippe gatti. Wie gat anyway shares koop by KFC as ekkiti gat doeni:mrgreen:

  • 15. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 36

    Willes

    Ek sou beslis ook die leave it gevat het.

    Son

    Dit sal beslis n grap en n half wees. Boontjie kry sy loontjie!

    Max

    Het sy dit toe gedoen?

  • 16. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 38

    Werk jy vanaand laat, Seekat? Snaaks dat jy altyd as kos opeindig iewers😆

  • 17. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 39

    Wie het n ou verdwaalde goeie feetjie wat hulle gou na my toe kan stuur?

  • 18. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 41

    Van grappe gepraat – ek sal maar eerder niks se oor n sogenaamde vuisslanery in Burgundys nie. Wat op mxit gebeur, bly op mxit.

  • 19. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 42

    Of van n gebytery by rietvlei nie.

  • 20. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 44

    Laat ek eerder my vinger op my mond sit. Aangesien daar nog geen goeie feetjies is nie, moet ek seker self vinger trek.

  • 21. maxie  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 53

    Adrie

    Hoekom soek jy nou ‘n feetjie?

    Nee, sy’t dit gelukkig nie gedoen nie, ook gedink dis siek. Haar skoonma sou ‘n hartaanval gekry het.
    Hemel, dis ernstig AF.

  • 22. maxie  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 59

    Willes

    Jy’t my nou so lusgemaak vir ‘n KFC famous bowl.

  • 23. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 10 : 04

    Om my vuilwerk te kom doen!😉

  • 24. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 10 : 08

    Sy het beslis niemand lus gemaak vir lewer of kots nie.

  • 25. maxie  |  Augustus 6, 2009 om 10 : 12

    Watse vuilwerk? Moet jy die vuisslanery en gebytery wat jy genoem het, gaan uitsorteer?😯

  • 26. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 10 : 23

    Ha ha ha

    Daar is dalk iets wat ek jou moet vertel . . . . . Een of ander tyd!😆

    Ek gaan die naweek weg. Ek is besig om te pak ens. Die feetjies se hulp sal opreg waardeer word. Veral as sy kan stofsuig ook.

  • 27. maxie  |  Augustus 6, 2009 om 10 : 28

    Hmmmm… nou’t jy my nuuskierig….

    Jammer, ek is self in die mark vir sulke vreeslike fitse vlytige feetjies….

  • 28. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 10 : 32

    Ek sweer die flerries kom krap my plek om as ek uit is. Dit is onmoontlik ek. Ek blameer vir Wipneus. Sy het al die feetjies in haar sak. Wag net tot ek haar kry. . .👿

  • 29. maxie  |  Augustus 6, 2009 om 10 : 40

    😆

    Lekker pak. Ons het ook sulke flerries wat alles deurmekaarkrap.

    Fitse = what was I thinking? Fikse. Sukkel maar met die Afrikaans.

  • 30. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 10 : 45

    Toemaar, jy weet mos van goeie begrypers en halwe woorde. As ek my sonde nie ontsien nie, gaan dokter ek die omo boks.

  • 31. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 10 : 48

    Weet jy wat gaan ek doen? ek gaan eendag net maak of ek gaan werk. Ek gaan dan skelmpies terugkom en die flerries op heterdaad betrap. Dan gaan ek van hulle n grap maak. Ek sal nooit weer met n deurmekaar plek sukkel nie.

  • 32. maxie  |  Augustus 6, 2009 om 10 : 52

    Lekker slaap…

  • 33. maxie  |  Augustus 6, 2009 om 10 : 54

    Probeer al hoe lank om my flerries te betrap…. hulle is uitgeslape !!

  • 34. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 11 : 03

    Maar ek is slimmer😛

  • 35. Wille Kjind Q  |  Augustus 7, 2009 om 5 : 07

    More! More!

    *Sam sing lekka*

    Dis heeerlik-ke Vrydag………..
    Die week hys viby
    Weer nooodig die naweek
    Vi jou en vi my!!!!!!

    Holla 3 hoo hoooo hoo
    Holla 3 hoo
    Holla 3 hoo hoooo hoo
    Holla 3 hoo

  • 36. Wille Kjind Q  |  Augustus 7, 2009 om 5 : 10

    En dis lang naweek!

    Ek kan eintlik nie glo dat ek 4kkol vi die naweek beplan hetti. Kan jy nou meer!😯

  • 37. Wille Kjind Q  |  Augustus 7, 2009 om 5 : 12

    3Ling

    Vra vi T om jou te wys wa die feetjies bly. Jy gat nou juis na die valley toe wa hulle vollop is😉

  • 38. Adrie  |  Augustus 7, 2009 om 8 : 03

    GAAAAAAAAAP

  • 39. Beeld  |  Augustus 7, 2009 om 8 : 16

    Gloria Edwards

    ’n Padongeluk en ’n paramedikus het ’n bok en haar ongebore lam se lewens gered.

    Die taxi waarin sy vervoer is om by ’n troue geslag te word, het onlangs in Ermeloweg, Springs, gerol.

    Mnr. Quinton Nell, wat vir Life Healthcare in Springs werk, het die bokkie op die ongeluktoneel gevind waar sy “doodstil en met haar pote vasgebind” langs die taxi gelê het.

    “Ons het gedink sy’s dood en het die agt beseerde pasiënte uit die taxi behandel. Toe sien ek sy haal asem. Ek kon sien sy’s dragtig en sy was getraumatiseer. Haar bene was vasgebind en sy het dus op verskeie plekke ligte beserings opgedoen.”

    Nell het die bok agterop ’n insleepvoertuig gelaai en haar behandel terwyl hulle met haar na die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) gejaag het.

    ’n Veearts het haar daar behandel. Volgens me. Christelle Goldsworthy, bestuurder van die Springs-DBV, het hulle gedink Quinell (sy is na Nell genoem) sal eers in September lam, maar volgens die veearts het die trauma waarskynlik veroorsaak dat sy voortydig lam.

    “Die kleintjie is verlede Sondag gebore en alles het goed verloop.”

    Nell, wat voorheen in die Laeveld gewerk het waar hy al luiperds en kameelperde behandel het, het die lammetjie Bambi gedoop.

    Goldsworthy het gesê die tydperk wat die eienaar gehad het om Quinell te kom haal, het verstryk.

    “Sy en Bambi is nou ons s’n. Hulle is nou veilig.”

  • 40. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 8 : 23

    More more

  • 41. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 8 : 27

    Die probleem is dat party mense nie weet wanneer genoeg genoeg is nie !

    Grappe oor die dood is afskuwelik en so ook enige ander grap wat mense se gevoelens kan seermaak ! Grappe oor gestremdes stuit my teen die bors – big time – daai mense kan dalk gestrem wees maar daar is met hul verstand gewoonlik niks verkeerd nie ! En selfs al is hulle verstandelik ook gestrem is dit nogsteeds siek verby !

  • 42. Beeld  |  Augustus 7, 2009 om 8 : 27

    Earl Coetzee

    Bloemfontein. – ’n Laat skoolklok het gisteroggend heel waarskynlik ’n tragedie voorkom toe ’n plafon in ’n Ladybrandse laerskoolklaskamer ingeval het.

    Die Laerskool Hermana begin gewoonlik stiptelik om 07:50. Gisteroggend het die persoon verantwoordelik vir die lui van die skoolklok ’n bietjie vergeet van tyd. Toe sy uiteindelik besef hoe laat dit is, het die plafon van ’n gr. 3-klaskamer ingeval, net voordat die leerlinge die klas sou binnestap.

    Mnr. Abraham Kouveldt, lid van die skool se beheerliggaam, het gesê dit is ’n wonderwerk dat die skool laat begin het en dat die 30 kinders in dié klas nie beseer is nie.

    “As die klok op die regte tyd gelui het, was daar probleme. Dan sou daar kinders in die klas gewees het en ek weet nie wat ons dan sou gedoen het nie.”

    Volgens ’n anonieme personeellid het die sekretaresse gisteroggend ’n brief sit en tik. Toe sy besef dit is al 07:55, het sy onmiddellik die klok gelui.

    “Net voordat die leerlinge in hul klas wou instap, het die plafon van die nuwe klaskamer ingeval,” het Kouveldt gesê.

    Dit is een van drie nuwe klaskamers wat in Januarie vanjaar in gebruik geneem is. Hy het gesê die skool is nou bang om kinders in die ander twee klasse te laat ingaan.

    Volgens Kouveldt was die kontrakteur verantwoordelik vir die bouwerk, asook verteenwoordigers van die departement van openbare werke en plattelandse ontwikkeling, gister by die skool.

  • 43. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 8 : 33

    Mens doen ook nie aan ander wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie ! Ek het my liederlik vir Darren vererg toe hulle daai ou met die Aramis kompetisie en die Rolce Royce vraag so verkleineer het en toe nog soos ‘n klom ek weet nie watsenaams nie gelag het toe hy die foon dooddruk.

    Darren is vinnig om iemand te prank maar word kwaad as iemand dit met hom doen !

  • 44. Beeld  |  Augustus 7, 2009 om 8 : 37

    Gloria Edwards

    ’n Vierjarige “sonstraaltjie” van Springs is dood nadat ’n hek ontspoor en op haar geval het.

    “Sy is nou God se engeltjie daar Bo. Hy het haar meer nodig om Sy werk te doen as ons hier op aarde,” het mev. Amanda Burger gister gesê.

    Klein Petro is Maandag in die Charlotte Maxeke-hospitaal dood.

    ’n Elektriese skuifhek agter op die erf van die Burgers se huurhuis in Retiefstraat, Geduld, het Sondag omstreeks 14:00 op ’n manier ontspoor en op Petro geval waar sy gespeel het, het mnr. Herman Bosman, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienskapelane, gesê.

    “Familie en vriende het mond-tot-mond-asemhaling op die dogtertjie gedoen totdat paramedici opgedaag het.”

    Mnr. Quinton Nell, paramedikus van Life Healthcare, het gesê Petro het ’n kritieke hoofbesering opgedoen.

    “Ons het haar na die Park-?land-kliniek geneem, van waar sy per helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal vervoer is.”

    Hy het gister bevestig Petro het Maandag aan haar wonde beswyk.

    Bosman het gesê mev. Burger en haar man, Stephen, is erg getraumatiseer en ontvang berading. Hulle het ook ’n tweejarige seuntjie, Jean-Pierre.

    Volgens mev. Burger was haar dogtertjie ’n “spontane, liefdevolle en baie intelligente kind”.

    “Almal was vir haar lief. Sy was ons sonstraaltjie en ons gaan haar baie mis. Dankie aan almal vir die ondersteuning in dié moeilike tyd.”

    Die gesin was gister nog besig om begrafnisreëlings te tref.

  • 45. Nats  |  Augustus 7, 2009 om 9 : 03

    Hello julle!

    Dis Vrydag en lang naweek!!! Whooo hooo!!

    Topic
    Ek het glad nie van Jac se prank gehou toe Jaques sy verloofde prank nie… om vir haar te se sy ex gaan troue toe kom nie! Dit was laag.

    Maar wat my meer ontstel het, was hoe sy reageer het! Deur vir hom te sê sy kon nie haar ex nooi nie so hy kan nie sy ex nooi nie – is dit tit for tat? Of kinderagtigheid?? Ek weti hoe lank daai troue gaan hou nie, maar dit klink of daar nog baie issues daar is!

    En ek het vir Jacques onmoet – hou niks van hom nie!

  • 46. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 9 : 12

    Nats

    Gelukkig het ek daai een gemis !

  • 47. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 9 : 44

    Dis ook nie ‘n grap as maaikies mens die heeldag hier alleen los nie !

  • 48. Nats  |  Augustus 7, 2009 om 9 : 59

    *M*
    Jip – en dit nie eens ‘n prank nie – dit maak dit meer scary!!

    Jacques se verloofde het eers ok gepraat, en toe begin sy vloek! Klink maar bietjie commin… veral oor die radio – haar naam gat gemaak. Ek sal sukkel om hom vir dit te vergewe.

  • 49. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 01

    Ek sal nou maklik kan huistoe gaan – en dis NIE ‘n grap nie !

  • 50. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 03

    Ek hou ook nie van die manier wat Darren nou vir Frankie ‘n chicken noem omdat hy nie in die shack wil gaan slaap nie – hy het mos nou gesê hy het committments en al het hy nie gehad nie is dit nie Darren se plek om so aan hom te karring en hom name te noem nie

  • 51. Nats  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 10

    Ja Darren raak ook maar bietjie te!

    Maar so ook daai klomp by Highveld… so na wie luister mens nou in die oggend!👿

  • 52. Nats  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 13

    Ek sien nie kans vir 5FM nie… veral nie Gareth nie.
    En hulle musiek sal enige mens mal maak… klink meer soos ‘n geskreeu meeste van die tyd!

  • 53. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 28

    Ek het nog nooit Highveld hier probeer opvang nie, my radio is maar altyd op Jakaranda maar as hulle my irriteer sit ek ‘n cd aan

  • 54. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 28

    5FM is te rof vir meeste mense – selfs die kinders luister nie regtig daarna nie – verkies ook eerder ‘n cd

  • 55. Nats  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 29

    Wha ha ha ha ha!!!!

    Clayton op Jac het vir Amor en Joost op vandag!

    Hy moet haar vra of Joost gaaitjies in sy onderbroeke het!!!
    😈

  • 56. Nats  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 31

    Naweke ek dink na 8 of 9 in die aand speel hulle house, trance ens wat ookal nog – dan luister Mnr. daarna, maar dis omtrent al wanneer ek 5FM luister.

  • 57. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 35

    O goeie grond !

    Ha ha – gaatjies in onderbroeke !!!

  • 58. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 36

    Ek weet sometime oor naweke as ons by my skoonma hulle is sit hulle oor na 702 toe dan is dit al hierdie golden oldies

  • 59. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 41

    So van Amor gepraat – Patricia se storie het heeltemal doodgeloop

  • 60. Nats  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 42

    Sex Lies and Video tapes!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    😆 😆😆😆

  • 61. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 43

    Sex Lies and Ceelphone recordings👿

  • 62. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 43

    Eish – Cellphone

  • 63. Nats  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 44

    Ha ha ha ha!!!!!

    Ja dis meer gepas – seker hoekom hulle nie vir daai opsie gegaan het nie😉

  • 64. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 46

    Hoe maak mens daai evil gevreetjie – maar een wat grin of smile – nie die dikbek lang gesig nie

  • 65. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 55

    Willes – kom gesels dadelik met ons – en nee – dis nie ‘n grap nie !

  • 66. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 56

    Kloon – jy ook – die NOG NIE naweek nie !

  • 67. ADRIANA  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 57

    twisted 😈

    evil 👿

    Dit is werk nou of daar is GEEN naweek nie

  • 68. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 58

    die = dis

  • 69. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 10 : 59

    Sien – ek het geweet iemand sal my kan help met daai gevreetjie goed – ek en daai goed verstaan mekaar verkeerd

  • 70. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 11 : 00

    Stuur aan dan help ek jou – ek is nie lus om my eie werk te doen nie !

  • 71. Nats  |  Augustus 7, 2009 om 11 : 05

    *M*
    Sorry was te laat om jou te help.

    Ek is ook glad nie lus vir werk nie – maar ek het so baie!!

    So vir eers moet ek gaan… anders het ek net ‘n gewone naweek!!😯

  • 72. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 11 : 58

    Wil een van die twee rooflesers my nie maar kom geselskap hou nie ?

  • 73. *Mathilda*  |  Augustus 7, 2009 om 1 : 23

    Yippeeeee – ons gaan 2 uur huistoe !

  • 74. Wille Kjind Q  |  Augustus 7, 2009 om 1 : 53

    Hey
    Amper Woman’s Day
    Ruk af jou bra
    Laat niks oppie aarde jou pla
    Los jou hare vuil
    Kap jou groente met ‘n byl
    Drink kleurige drankies
    Lê leeg op publieke bankies
    Trek gesig vir jou man
    Want jy kan
    Lê rond en wees sleg
    Dis jou vroulike reg
    Steek tong uit vi jou kinners
    Snuif ‘n bietjie thinners
    Rook boom
    Hou jouself geensins in toom
    Laat jou beenhare groei
    Ry op ‘n koei
    Skakel af jou kop
    Gooi nog ‘n dop
    Poep hard innie straat I like this one
    Wees ten volle on-paraat
    Eet kerrie
    Gedra jou soos ‘n flerrie
    Dis jou dag dié
    Wanne even jy innie tuin kan peee
    Druk jou irritasies ‘n pit
    Laat niemand op jou kop sit
    Vlieg hoog
    Lê laag
    Sit ‘n horrible tattoo op jou maag
    Dra rooi oorbelle
    Hang blink goeters aan die ander los velle
    Celebrate jouself as vrou
    Niemand hoef vandag van jou te hou!
    Kou ‘n chappy
    But whatever you do, JUST BE HAPPY!!!!!

  • 75. boervrou  |  Augustus 7, 2009 om 9 : 03

    EK like grappe behalwe Jesus grappe..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: