Feed a cold and starve a fever?

Augustus 5, 2009 at 5 : 48 79 Kommentaar

Hulle sê verkoming is beter as genesing.  Dit raak amper ‘n voltydse werk die tyd van die jaar.  Niemand wil deur ‘n trein getrap word en boonop te ellendig voel om daaroor om te gee.  Jy weet nie lekker of jy bang is jy gaan dood of bang is jy gaan NIE dood NIE.  Boonop kan jy nie veel anders doen as om te hoop jou bedstraf waai so gou as moontlik oor nie.  Verkieslik sonder verdere komplikasies nie.

Ek praat nou van die ou vyande, verkoue en griep.  Wat op hulle beurt weer met ou vriende bronchitus, longontsteking of self sinusitus kuier.  Gesellig op jou ellende.  Elke jaar word daar vir oorlog voorberei.  Hulle verander so effens aan hulleself, sodat hulle vir jou onverhoeds pens in pootjies in die bed kan kry.  Jy probeer ook jou uiterste bes om hulle te keer.  Jy sluk jou vitamienes, vermy winkelsentrums en hoop vir die beste.  As jy net wil begin bly word, het die wetters jou.  Wat dan gemaak?  Boonop is sinusitus ‘n kroeker.  Jy kan dit kry van allergieë wat nie so maklik gestuit kan word nie.

So, hoe sorg jy dat die skale in jou guns bly?  As jy aanneem dat verkoues deur enige een van van oor ‘n 100 virusse veroorsaak kan word.  Jy kan wel ‘n inenting teen griep kry, maar dit bied geen beskerming teen verkoue of ‘n nuwe Influenza serotipe nie.  Blykbaar is mense wat meer as 8 ure ‘n nag slaap minder vatbaar vir verkoues.  Die volgende stap is om jou hande gereeld te was en nie aan jou oë, neus of mond te karring nie. 

Alhoewel griep se simptome heelwat erger as verkoue is, stem baie van die simptome ooreen.  Griep het heelwat erger koors en neem langer om van gesond te raak.  Die mens hou nogal daarvan om kwaai te oordryf.  As hulle verkoue het, vertel hulle dit is griep.  Griep word verkondig as brochitus en ware bronchitus is kastig longontsteking.

Wat gemaak as jy wel die stryd verloor?  Medlemon is beslis nie geskik vir menslike gebruik nie.  As jy hondsiek is, tel jy seker nie meer as ‘n mens nie.  Die ou mense het geglo dat jy moet vas as jy koorsig is en moet eet vir ‘n wen en ‘n plek as jy ‘n verkoue het.  Ek is glad nie so seker of dit werk nie.  Die professioneles reken weer jy moet in die bed bly tot jy weer die wêreld in die oë kan kyk.  Ander gereelde raad/mites is dat jy hoendersop moet drink, lemoene moet eet, suiwel moet vermy en en en.

Wat werk regtig?  Is van die mites dalk feite?  Hoe raak jy weer so gou as moontlik mens?

Blogvraag:  Wie het in die 18de eeu geredeneer dat verkoue deur die lug oorgedra word van mens tot mens?  Die teorie is 150 jaar later bewys

Blogantwoord:  Willes was reg met “wil jy”.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Verkeerde voet uit die bed uit Ag wat, dit is net ‘n grap

79 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 6 : 27

    Om n verkoue self gesond te dokter vat 7 dae , en as jy die dokter sien vat jy n week om gesond te word

  • 2. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 6 : 35

    Die dokters wat so baie pasiente sien , dit lyk nie vir my hulle word siek nie ( miskien weet hulle iets wat ons en die mediese fondse nie weet nie)

    Een ou gaan Mexico toe en kom met vark griep terug , al die mense steek aan, maar jy hoor nooit van n dokter wat lepel in die dak steek a.g.v varkgriep nie

  • 3. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 6 : 37

    Al die rooflesers is ou bloggers wat bekeer is en nie meer blog nie , maar skelm koekeloer waaroor die mense blog

  • 4. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 6 : 38

    Of hulle is mensies wat rondloop met stywe kuite , oor iets wat iemand gese het

  • 5. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 6 : 42

    Wat is op die menu vannaand ?

  • 6. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 6 : 43

    Geniet aandete , en slaap lekker warm

  • 7. Salomè  |  Augustus 5, 2009 om 6 : 46

    HALLO KLIPPE!!!!
    Dis lekker om jou hier te kry

  • 8. Salomè  |  Augustus 5, 2009 om 6 : 47

    Goeie Naand aan al die rooflesers
    en naand aan al die familie

  • 9. Salomè  |  Augustus 5, 2009 om 6 : 47

    en dan wil ek natuurlik ok my man bedank
    en my kinders
    en my wonderlike ouers

  • 10. Salomè  |  Augustus 5, 2009 om 6 : 48

    en dankie aan almal wat hierdie blog vir roofleser moontlik gemaak het
    en aan die mense van WordPress wat ons soms laat skel

  • 11. Salomè  |  Augustus 5, 2009 om 6 : 50

    en dan natuurlik laaste maar nie die minste

    Dankie dat julle nie met my gesels nie, want nou hoef ek nie langer hier voor die kompie te sit en small talk maak nie,
    maar kan ek liewer onder Liefie se blad gaan inkruip

  • 12. Salomè  |  Augustus 5, 2009 om 6 : 53

    O ja, die “Feed the cold, starve a fever” storie werk vir Liefie.
    Jy moet net aanhou gesond eet en genoeg eet. Jy sal nie die verkoue vry spring nie, maar jy sal baie gouer gesond word

  • 13. Girl van die Suburbs  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 01

    Allo Allo

    Seg ek met my tjoklit bek!

  • 14. Adrie  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 08

    Hallo hallo hallo

    whahahahahahahahaha

  • 15. Adrie  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 09

    Ek kom nou eers by die huis.

  • 16. Girl van die Suburbs  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 10

    Wahahahahah ????

    Ek sit op die bank en niks doen.

  • 17. Girl van die Suburbs  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 11

    Maar my ogies gaan nou-nou toeval. Ek het 1 uur wakker geword en ek kon weer nie slaap nie (Gisteraand).

  • 18. Adrie  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 12

    Ek kyk hoe hard ek kan nies.

  • 19. Adrie  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 15

    Die honde van die buurt kla dat ek maak dat hulle nie hulle self kan hoor blaf nie.

  • 20. Girl van die Suburbs  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 15

    Moet net nie ‘n aar pop nie seblief.

    Hoe onproduktief was jou dag toe gewees?

  • 21. Adrie  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 17

    Ek self is nie van die varsste nie. Ek moet eintlik soveel as moontlik slaap.

  • 22. Girl van die Suburbs  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 18

    Ek OOK! Ek love my slaap. Ek raak moerig as ek te min slaap.

  • 23. Adrie  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 18

    Baie!

  • 24. Girl van die Suburbs  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 20

    LOL… Jy OOK!?

  • 25. Adrie  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 21

    Self, maar ek kan my oe nie oophou nie. Ek moes maar die vuurhoutjies inspan. My ore is bottoe! kan niks hoor nie.

  • 26. Girl van die Suburbs  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 22

    Sjame… voel jy nie lekker nie?!

    ACC 200!!!!! week soos ‘n bom vir snot siekte

  • 27. Girl van die Suburbs  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 26

    A3… ek gaan groet… Ek wil bietjie in die bad spring en aan my nuwe boek begin lees…

  • 28. Adrie  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 27

    Hopenlik is dit besig om te draai! Ek stel 6 mil virusse elke 10 sekondes vry.

  • 29. Adrie  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 30

    Tata

  • 30. maxie  |  Augustus 5, 2009 om 9 : 50

    Adrie
    Nies asseblief tog net anderkant toe!

    Iemand het eenkeer gese sy’t dubbele longontsteking, dus is sy dubbeld so siek😆
    Moes maar mooi verduidelik dit beteken bloot beide die longe is aangetas.
    Ai toggie.

    Die Engelsman word bitter selde siek (noudat ek daaroor dink, slegs 2 maal die afgelope 19 jaar!).
    SUPERMAN???
    Laaste keer was hy dokter toe vir griep, kom uitgestrompel… foei…
    Prysloos: “It’s so bad, they had to prescribe ANTIBIOTICS!”

  • 31. maxie  |  Augustus 5, 2009 om 10 : 02

    Benjamin Franklin

  • 32. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 8 : 25

    more more

  • 33. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 8 : 33

    More

  • 34. Beeld  |  Augustus 6, 2009 om 8 : 38

    Gloria Edwards

    Die bevelvoerder van ’n Oos-Randse polisiekantoor wat sak en pak by sy kantoor ingetrek het, is gister summier verplaas en sy huisinhoud is uit sy kantoor verwyder.

    Beeld het Maandag berig sr.supt. David Matlaola, bevelvoerder van die Ratanda-polisiekantoor naby Heidelberg, woon in sy kantoor nadat die polisie opgehou het om sowat R8 000 per maand vir sy verblyf in ’n plaaslike gastehuis te betaal.

    Personeel by die polisiekantoor moes die laaste ruk toekyk hoe Matlaola homself soggens in die kombuis was. Hy het glo sommige oggende vergaderings in sy slaapklere gehou en beamptes gestuur om vir hom te gaan middagete koop. Hy gebruik glo ’n staatsvoertuig terwyl hy ook ’n motortoelae kry.

    Mnr. Johan Bester, voorsitter van die Heidelberg-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het vroeër aan Beeld vertel werkers kon twee weke lank glo nie by fotostaatmasjiene en faksmasjiene uitkom nie omdat Matlaola met siekverlof, maar in sy kantoor was.

    Matlaola is glo in 2002 as bevelvoerder van die Heidelberg-polisiekantoor geskors nadat ’n klag van seksuele teistering teen hom ondersoek is.

    Hy het suksesvol teen die skorsing geappelleer, waarna die pos in Ratanda vir hom aangebied is. Hy het op ’n staatshuis aangedring waarvoor hy nie kwalifiseer nie. Toe die polisie ophou om vir die gastehuis te betaal, het hy summier met al sy besittings in sy kantoor ingetrek.

    Volgens ’n betroubare bron daar het senior provinsiale polisiebeamptes gisteroggend daar opgedaag en al Matlaola se persoonlike besittings uit sy kantoor verwyder. “Hulle het alles in ’n ongemerkte polisievoertuig gelaai en aan hom gesê om na die provinsiale kantoor te gaan.”

    Supt. Eugene Opperman, provinsiale polisiewoordvoerder, wou nie bevestig waarheen Matlaola verplaas is nie. “Dit is ’n interne aangeleentheid.”

  • 35. Beeld  |  Augustus 6, 2009 om 8 : 41

    Gloria Edwards

    ’n Man van Brakpan wat 43 keer met ’n mes gesteek en meer as ’n uur lank deur huisrowers gemartel is terwyl sy huiswerker glo toegekyk het, meen dis “ ’n wonderwerk dat ek leef”.

    Mnr. Herman Smit (49) se huiswerker het eergister in die plaaslike landdroshof verskyn weens betrokkenheid by dié huisroof en poging tot moord.

    Mev. Bettie Sindane (51), wat sowat 18 maande vir Smit gewerk het, is Vrydag in hegtenis geneem nadat Smit haar gekonfronteer het. Sy is in polisie-aanhouding.

    Smit het gister aan Beeld vertel hoe “ongelooflik dankbaar ek is dat die Here my lewe gered het”. “Ek was nie ’n vreeslike gelowige mens nie, maar nou is ek.”

    Hy is verlede Woensdag in sy huis in Huilboomstraat, Dalpark, oorval nadat Sindane na bewering vier rowers ingelaat en Smit uit sy geslote kamer gelok het. Dít nadat sy glo eers sy vierjarige Doberman, Shakira, vergiftig het.

    Smit vertel hy het “ ’n gut feel gehad” iets gaan gebeur omdat Sindane “haar roetine skielik verander het”. “Ek wou laat slaap en het my kamerdeur gesluit. Net ná 08:00 het ek gehoor my klein hondjie, Lulu (’n vierjarige Foxterrier-kruis) blaf vreeslik, maar ek het gedink sy jaag iets. Ek’t gesien die deurhandvatsel word afgedruk en toe klop Bettie en sê daar’s iets fout met Kira (die Doberman).”

    Hy vertel bewoë hy het eers later uitgevind sy kampioen-teelhond is vergiftig. Intussen het die rowers Lulu in beddegoed toegedraai en in die wasgoedmandjie gedruk.

    “Toe ek die deur oopsluit, toe’s hulle op my. Hulle het my hande styf agter my rug aan my voete vasgebind en kleefband om my mond en neus gedraai. Ek het my tong uitgesteek sodat ek langs die kante gapings het om asem te haal.”

    Smit, ’n pa van vier, se vrou, Della, en jongste seun, Karel (16), was onderskeidelik by die werk en skool.

    Hy is geskop en geslaan en in die rug met ’n mes gesteek terwyl Sindane glo toegekyk het. “My voortande, neus en ’n paar ribbes is in die proses gebreek. Maar ek het absoluut geen pyn beleef nie.”

    Hy is drie keer van sy slaapkamer na die motorhuis aan sy hare gesleep terwyl die rowers geld geëis het.

    “Hulle wou my met die strykyster brand, maar die krag het wonderbaarlik ge-trip.”

    Die rowers het die gesin se persoonlike besittings in Smit se Audi gelaai en hom in ’n kas toegemaak voordat hulle gevlug het. Hy het uit die kas gerol en Sindane was skielik daar met “haar hande ligtelik vasgebind”.

    “Sy het my voete losgemaak, ek het na die agterdeur gehardloop en die bure se tuinier gevind wat die rowers sien vlug en kom help het. Hy het my bure, die Swanepoels en Labuschagne’s, ingelig en hulle het die polisie, wat binne minute hier was, ontbied. Almal was fantasties. Dis ’n wonderwerk dat ek so lig hiervan afgekom het.”

    Die Audi is ’n halfuur later in Duduza teruggevind.

  • 36. Beeld  |  Augustus 6, 2009 om 8 : 44

    Elise Tempelhoff

    Een van Werk vir Water (WvW) se spanne het onlangs ’n groep Transvaalse boekenhoutbome buite Rustenburg uitgeroei toe hulle lantanas met gif bespuit het.

    Dit kom enkele maande nadat ’n WvW-span 150 Outeniekwa-geelhout en opregte geelhout, twee beskermde spesies, in die Drakensberg met swart wattels verwar en uitgeroei het.

    Dr. Christo Marais, hoof van operasies by die departement van waterwese se afdeling vir natuurlike hulpbronbestuursprogramme, het gister gesê WvW is jammer oor “die verkeerde bome” wat (in die verlede) uitgeroei is, maar “ongelukkig moet ons erken dat in enige ontwikkelingsplan (soos WvW) waar ons op die gemarginaliseerde groepe in die gemeenskap fokus, foute sal insluip”.

    “Ons het 25 000 mense wat aan hierdie program deelneem.”

    In albei gevalle is die kontrakteurs wat by die projekte betrokke was afgedank.

    Marais het gesê WvW is jammer oor albei voorvalle en het maatreëls ingestel om ’n herhaling te probeer keer.

    “Een boom wat verkeerd afgekap is, is een te veel.”

    Die Drakenberg-voorval kan volgens hom waarskynlik aan “tekortkominge in die opleiding van die kontrakteur en haar werkers” toegeskryf word.

    Hy meen die kontrakteur het regtig nie die verskil tussen swart wattels en die twee spesies geelhoutbome geken nie, hoewel sy reeds ses jaar lank vir WvW gewerk het.

    Sy is ná ’n ondersoek afgedank.

    “Ons het besluit om haar nie strafregtelik te vervolg nie omdat dit teenproduktief sou wees. Sy het tog nie diefstal gepleeg nie. As sy ’n boete opgelê is, hoe sou ons die geld uit haar kry? Sy is arm.”

    Kort nadat dit bekend geword het dat die vrou en haar span die geelhoutbome uitgeroei het, het amptenare by die KwaZulu-Natalse bewaringsdiens Ezemvelo uitgevind sy is reeds vir die werk betaal. Hulle het die voorval as “ ’n ramp” bestempel.

    Volgens Marais was die bestuur van die Drakensberg Sun, waar die geelhoutbome uitgeroei is, tevrede met die ondersoek. Jong geelhoutboompies (jaarlinge) is intussen in die kloof aangeplant in ’n poging om “die saak reg te stel”.

    Opknappingskursusse vir al die kontrakteurs wat WvW se spanne in KZN lei, het volgens Marais gister begin.

    Die dodelike gif wat WvW gebruik om lantanas mee uit te roei, is “per ongeluk” ook op Transvaalse boekenhoutbome buite Rustenburg gespuit.

    Hy kon nie sê hoeveel van dié bome gevrek het nie. Dit gaan ook nie help om die bome te probeer terugplant nie. Die lote van die “dooie” bome sal hopelik oor 40 of 50 jaar weer begin uitloop.

  • 37. Salomè  |  Augustus 6, 2009 om 8 : 46

    GOEIEMORE SUID AFRIKA!!!

  • 38. Beeld  |  Augustus 6, 2009 om 8 : 48

    Fanie van Rooyen

    Die “Houdini van C-Max”, Annanias Mathe, word tans dag en nag deur byna 20 beamptes van die polisie en die departement van korrektiewe dienste (DKD) se taakspanne by ’n hospitaal in Pretoria bewaak nadat hy eergister geopereer is.

    Mnr. Manelisi Wolela, DKD-woordvoerder, het gister bevestig Mathe, wat in Junie vanjaar in die Suid-Gautengse hooggeregshof op 64 aanklagte skuldig bevind is, is Maandag in die hospitaal opgeneem en eergister geopereer.

    “Ons kan weens veiligheidsredes nie meer as dit bekendmaak nie,” het Wolela gesê.

    “Die publiek kan gerus wees die DKD en die polisie is heeltemal in beheer van Mathe se bewaking.”

    Mathe het in April 2005 uit ’n tronk in Johannesburg ontsnap. Hy het in November 2006 weer uit C-Max in Pretoria ontsnap, maar is sowat ’n maand later weer aangekeer.

    In 2008 het Mathe weer probeer ontsnap – uit die Pretoria-Lokaal-gevangenis.

    ’n Bron in die DKD het gister aan Beeld gesê Mathe is geopereer om ’n kolostomie-sakkie, waarmee hy al lank rondloop, te verwyder.

    “Hy word baie goed bewaak en as hy weer enigiets gaan probeer, gaan sy bewakers hom ongetwyfeld morsdood skiet,” het die bron gesê.

  • 39. Beeld  |  Augustus 6, 2009 om 8 : 49

    Hilda Fourie

    ’n Bejaarde vrou wat net met ’n loopraam oor die weg kan kom, het ure lank tussen haar huis en dié van die bure geloop om hulp te kry nadat haar man in ’n aanval dood is.

    Twee jong mans het mnr. Julius Kettle (83) Vrydag omstreeks 11:00 oorval.

    Hy het vermoedelik versmoor weens ’n lap wat hulle in sy mond gedruk het of is aan ’n hartaanval dood.

    Kettle het in sy kwekery op sy kleinhoewe by Byenespoort buite Cullinan gewerk toe hy aangeval is.

    Die kleinhoewe is sowat 4 km van waar mnr. Piet van den Berg (64) verlede maand in sy huis doodgeskiet is. Nadat Van den Berg geskiet is, het die misdadigers die huis met hom daarbinne aan die brand gesteek.

    Mnr. Julius Kettle jr. (40) het gesê die misdadigers het sy pa se hande en voete met draad vasgebind en ’n lap in sy mond gesit. ’n Lykskouing het getoon dat sy pa ook ’n hartaanval gehad het.

    “Ek is net dankbaar teenoor God my pa is nie aangerand nie en dat my ma nie seergemaak is nie.”

    Volgens Kettle jr. het die misdadigers ná sy pa se dood by die huis ingegaan en sy ma, Marie (80), gekry waar sy in die sitkamer gesit en lees het.

    Mev. Kettle is volgens haar seun ’n “semi-invalide” en kan net met ’n loopraam loop.

    Die mans het haar in die sitkamer gelos, koeldrank in die kombuis gedrink en die huis geplunder.

    “In ’n stadium het my ma gehoor dit word stil. Sy het probeer om weg te kom, maar die mans het haar gesien,” het Kettle jr. gesê.

    “Hulle het haar op die vloer neergesit en haar hande met selfoonherlaaierdrade vasgemaak.

    “In ’n stadium het sy gehoor hoe iets by die kombuis ingesleep word. My ma het vir nogal ’n lang ruk daar gelê voordat sy probeer opstaan het. Dit het haar ’n uur geneem om op te staan.

    “Sy het toe kombuis toe geloop en my pa op die vloer gesien lê. Hy was reeds dood.”

    Volgens Kettle jr. het sy ma toe haar loopraam geneem en die sowat 120 m na die bure se heining geloop. Dit het haar sowat ’n uur geneem.

    Die bure was nie tuis nie.

    Vir die res van die middag het mev. Kettle op en af in die pad tussen haar huis en die bure se heining geloop.

    Teen omstreeks 17:00 het die bure by die huis gekom en is die polisie na die toneel ontbied.

    Mnr. Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het gesê die mans het met die egpaar se selfone, van hul huisware en ’n vuurwapen gevlug.

    Kettle sr. is gisteroggend in Krugersdorp begrawe.

    Buiten vir sy vrou en seun laat hy ook sy dogters, Maud (54) en Lynn (45), nege kleinkinders en ses agterkleinkinders agter.

  • 40. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 8 : 50

    En dit was die nuus

  • 41. Adrie  |  Augustus 6, 2009 om 8 : 51

    Met trots geborg deur beeld.

  • 42. Freek  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 14

    Polisieman wat in sy kantoov woon. Wvw kontrakteur wat nie bome ken nie. Tog was sy betaal om bome uit te roei. Mens in beheer se daar gaan geen bome aan geplant word nie. Die bome sal oor 40 of 50 jaar weer uitloop. Polisieman se huisvrou gan laai kinders by die skool af met n gemerkte voertuig. Kliniek susters gaan doen shopping by die mol van 11vm tot 15 nm met die mobiele kliniek. Mg voertuig sit nuwe bande op kar waar nuwe bande afgehaal woord en in die kar gebere word. Polisiemanne verkrag of besoedel aangehoudenes in die selle. Polisie lede roof die bank. Polisie konfiskeer dwelms en verkoop dit. En so voorts en so voorts. Dit kan net swart mense wees. Viva suid afrika. Swart bemagtiging is wonderlik.

  • 43. Freek  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 16

    Kan ek my as n swart mens laat herklassifiseer?

  • 44. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 27

    Viva Freek !

  • 45. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 30

    Net vanoggend weer is daar ‘n ongeluk oppad werk toe, ry maar slakkepas aan soos ons toegelaat word – kom daar met ‘n gejuig van voor af ‘n polisie bakkie (wat by die toneel was) – flitsende ligte en al want mammie is mos nou seker laat vir werk – nie een van die 2 volwassenes het ‘n veiligheidsgordel aan nie en daar STAAN ‘n kind van seker so 3 jaar oud op die sitplek tussen hulle ! Ai dis lekker in die polisie deesdae !

  • 46. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 53

    Hello hello julle!!

    Ek was in die laaste twee jaar (as dit nie meer is nie) net ‘n halwe dag af siek! Vroeg huis toe gewees.

    ‘n Ander oggend laat ingekom – so 10uur… maar dit was alles slegte druiwe se skuld😉

    Ek vermy die Dr. sover as wat ek kan… en as ek wel gaan dan het ek sommer 10 goed wat ek hom / haar wil vra!

    Wat help? Om by die huis te bly! Dis ‘n feit, slaap dit uit en ek drink vitamins (veral C) of eet lemoene – ek vermy antibiotika (spelling). Help nie jy gaan siek werk toe!

    Hoendersop werk!! Het just about alles in! En maak jou kalm, dan kan jy rus en gesond word.

  • 47. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 58

    Nats

    Ek was net een jaar so siek sodat ek afgeboek moes word en dit was die enigste jaar wat ek die griep-inspuiting gehad het (by force not by choice), het wel al by die huis gebly van ander kwale maar nie griep nie

  • 48. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 9 : 59

    Ek is ook glad nie big op antibiotika nie, vermy dit self met die kinders ook. Ek bel gewoonlik my dokter en sê vir hom ek soek ‘n voorskrif vir dit en dat (hy ken my goed genoeg om te weet ek weet wat vir my of my kinders die beste sal wees), dan gaan laai ek dit net op

  • 49. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 10 : 02

    *M*

    Snaaks genoeg het ek die laaste twee jaar die griep inspuiting gehad! Maar ook nie uit eie keuse uit nie🙂

    My neus het so paar keer vir my weg geloop en bietjie keel seer gehad, maar niks ernstig dat ek by die huis moet bly nie.

    Ons ex-business partner se dogter (sy is ek dink 12) het vark griep gekry!!

  • 50. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 10 : 05

    Ons het omtrent glad nie antibiotika gekry as kinders nie… my ma het nie in dit geglo nie. Moet se ons was baie min siek.

    Is dit nie oneties as ‘n Dr. voorskrifte skryf sonder om die pasient te sien nie?

  • 51. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 10 : 11

    Hy mag nie antibiotika of hoë skedules medisyne voorskryf sonder om ‘n pasiënt te sien nie.

    Waar was sy dat sy varkgriep gekry het ?

  • 52. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 11 : 03

    WP HAK VAS!!!!!!!

  • 53. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 11 : 09

    *M*
    Skies… WP speel op AVBOB se stoep!
    I see! Geen idee oor ‘n Dr. se moets en moenies.

    Ek het geen idee waar sy was nie – glo nie sy het uit die land gegaan nie…. dis nou al twee weke. Ek sal bietjie uitvind oor hoe dit nou met haar gaan. Het nie juis meer met hulle kontak nie.

  • 54. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 11 : 14

    Sjoe, die varkgriep is nou nog even meer scary vandat iemand aaraan dood is

  • 55. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 11 : 20

    ‘d’aaraan

  • 56. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 11 : 23

    Dit raak nou ‘n “real” Toe dit in Mexico was was dit nuus… nou is dit hier by ons!

    Het jy gehoor van daai plaag? Maak dood binne 24uur!! Dis net so erg!! Kan nie nou onthou in watter land nie.

  • 57. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 11 : 31

    Nee, ek het nog nie van daai een gehoor nie

  • 58. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 11 : 31

    Dis weird hoe die siektes, kieme en virusse net al hoe meer potent raak

  • 59. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 11 : 33

    EK KAN DIT NIE GLO NIE!!!!!!

    JACO PRETORIUS wat nou onlgas geskiet is – Ek het hom geken!!!!! En ek ken sy vrou Karen!!!!!

    Dis verskriklik!!!!!!!!!!
    Ek het gehoor hulle praat van hom, maar ek kon hom nie plaas nie.
    😥😥😥
    Sy kinders is nog so jonk!!!!!!!! En hy was ook!!

  • 60. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 11 : 37

    More More!!!

    @ Freek

    Ek dink ek staan ‘n beter kans as jy

  • 61. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 11 : 37

    Ek is nou sommer ontsteld… Jaco was ‘n moerse nice ou!

    Ek kan nie glo hy is dood nie!

  • 62. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 11 : 37

    Nats

    Ek is alweer nie by nie – wanneer het hulle daarvan gepraat

  • 63. Wille Kjind Q  |  Augustus 6, 2009 om 11 : 39

    Hiert!!!!!! Daas ek toe nou somme my 3ling se 2ling :FOK:

  • 64. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 11 : 48

    Willes

  • 65. Wille Kjind Q  |  Augustus 6, 2009 om 12 : 25

    GGGRRR!!!!!!!! TET4KKINTING

  • 66. Wille Kjind Q  |  Augustus 6, 2009 om 12 : 28

    Jitte tog!

  • 67. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 12 : 29

    *M*
    Dit was gister heeldag op die nuus. Hiers die artikel in News 24. Daar is ook ‘n foto van hom.

    Shock at security boss’s death
    2009-08-06 09:51

    Jaco Pretorius

    Security boss shot by robber

    Pretoria – Colleagues and friends have expressed shock and sadness, after the managing director of Protea Coin Security’s armed response division was fatally shot while trying to help apprehend a robber on Wednesday.

    Jaco Pretorius, known as “a legend in the fight against crime”, tried to help a security guard at Irene Village Mall to apprehend a suspect at the Nellmapius off-ramp.

    Pretorius was a detective at Krugersdorp police station in the late-1990s before joining the special investigations unit (which looked at serious crimes such as cash-in-transit heists) in Pretoria. He joined Protea Coin about 10 years ago.

    National police spokesperson Sally de Beer said Pretorius was en route to a meeting with a colleague in his Toyota Prado when he spotted the suspect. He tried to help the security guard by obstructing the suspect’s path.

    Botched robbery

    “The suspect fired a shot into the vehicle through the open rear passenger window, hitting Jaco in the upper body. Jaco drove away, reportedly to drive to hospital on realising that he was wounded. On the R21 he passed away from his injuries and his vehicle came to a standstill,” she said.

    He was hit in the chest.

    A colleague who was in the car with Pretorius was uninjured and received trauma counselling.

    De Beer said the shooting happened after a botched attempted robbery on Sterns at the shopping mall.

    Three robbers hit the jewellers at 09:00 and held up staff. They had started to gather together the jewellery when a security guard on patrol frightened them off.

    Jorg Ferreira, CEO of Mvelaserve Limited, of which Protea Coin is a subsidiary, said Pretorius was a “legend in the fight against crime and his death was huge loss for South Africa”.

    Assitant Commissioner Bushie Engelbrecht of the Gauteng police said Pretorius’s actions on Wednesday were typical of him.

    “He always wanted to help, and one would expect no less of him. My heart is broken and I feel sorry for his children and wife. Jaco was an outstanding investigating officer.”

    ‘It’s really shocking’

    “I always called him my ‘boy’ because he was so mischievous. We’ve come a long way since 1996 when he became part of my unit, and we stayed in contact,” said Engelbrecht.

    Engelbrecht added that Pretorius’s father, Johan, was also a well-known “Brixton murder-and-robbery man”.

    Director Piet Byleveld said on Wednesday that his heart was broken. “He grew up in front of me. It’s really shocking.”

    Pretorius is survived by his wife Karen, and children Ricardo, 8, and Marco, 3.

  • 68. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 12 : 44

    Mooi man gewees ! Dis baie sad, en daai seuns is nog so jonk

  • 69. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 1 : 04

    *M*
    Dan moet jy die seuns sien!! Weet nie regtig hoe Marco nou lyk nie, maar Ricardo is ‘n stunning mannetjie!

  • 70. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 2 : 22

    Met so ‘n pa – wat verwag jy ?

  • 71. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 3 : 20

    Sjoe – ons een groot trok het in die modder vasgeval (hy weeg 50 ton), trek hom uit en daar val die Manitou in die modder vas tot op sy diff (hy weeg maar 1 ton) – what a day !

  • 72. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 3 : 32

    *M*
    Ai tog!
    Hoe is die weer da by julle?
    Ek was spyt ek het ‘n trui aan getrek… dis warm!!🙂

  • 73. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 3 : 33

    Heel lekker, dis so 21°C – ek kan nie wag vir die somer nie ! Ek trek elke dag so aan dat ek wel kan uittrek as dit warm word

  • 74. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 3 : 37

    Dit is die probleem waarmee ek sit! Kannie uit trek nie.
    Sal my leer!

  • 75. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 3 : 45

    Moet nou nie weer more daai fout maak nie

  • 76. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 3 : 57

    Beslis nie!!

    Jy is seker oppad huis toe!?

  • 77. *Mathilda*  |  Augustus 6, 2009 om 3 : 58

    Jip – dis ek wat nou daar gaan

  • 78. Nats  |  Augustus 6, 2009 om 4 : 01

    Unfair!!

    Maar jy moet jou middag geniet… en mooi ry en sommer alles wat mooi is!!
    🙂

  • 79. Salomè  |  Augustus 6, 2009 om 5 : 53

    helou

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: