Verkeerde voet uit die bed uit

Augustus 4, 2009 at 5 : 56 85 Kommentaar

Ek dink die uitdrukking van om met die verkeerde voet uit die bed uit te klim, is een van die simpelste uitdrukkings in Afrikaans.  Vir die doodeenvoudige rede, jy is al die duiwel in wanneer jy jou oë oop maak.  Selfs voor dit al.  Jy sal befoeterd bly al staan jy glad nie eers op nie.  Dit is net beter vir die res van die planeet se bewoners en die hele heelal dat jy eerder veilig in die bed bly.

Ongelukkig bestaan daar nog nie beneukheidsverlof nie.  Ek dink amper dat beneukheidsverlof beter is as siekverlof.  Jy gee dalk nie jou beste as jy siekerig is nie, jy steek dalk almal rondom jou aan, maar ten minste gaan jy nie brûe brand nie.  Beneukheidsverlof mag dalk keer dat jy ‘n klient vertel die son sak nie as hy gaan sit nie.  Jy kan dalk ‘n kollega vertel watse dom idioot hy is.  Jy is ook heeltemaal in staat om jou baas in sy gesig te gaan vloek.

Die wetmakers het seker gedink dat dit nie nodig is nie, aangesien dit dikwels met siekte saamval.  Hulle vergeet egter dat te veel druk en te min tyd ook ‘n reuse faktor kan wees.  In alle regverdigheid (wat maar dun gesaai is wanneer ‘n mens met die duiwel besete is), jy sal dan waarskynlik die beneukheidsverlof indruk waar die son nie skyn nie.  Met komplimente natuurlik.

Om een of ander onverklaarbare rede sal alles saamspan om jou nog meer om te krap.  Op ‘n tipies los-my-uit dag, sal ek al aanjaag voordat my oë behoorlik oop is.  Dit is dan gewoonlik wanneer ek iewers iets op ‘n blog sê, wat eerder nie gesê moes word nie.  Ek sal dan ook altyd laat wees.  My bril sal voetjies groei om te probeer ontsnap.  My sleutels sal gaan wegkruip om die spervuur te ontsnap.  Die selfoon sal ook op die laaste minuut stilletjies homself wegtoor.   Elke kar in die Suidelike Halfrond sal tussen jou en jou bestemming wees.  Almal word natuurlik bestuur met sotte wat nie eers kar kan spel nie.   Almal by die werk moet dan ook nog aan jou nerwe kom skaaf.

GRRRR!!!!!  Vandag is so ‘n dag.  Almal se gesigte gaan stukke beter lyk as dit teen ‘n muur afgestempel.  Laat nog net een iemand, NET EEN, na my kyk vandag.  Ek is dan nie verantwoordelik vir my dade nie. 

Blogvraag:  Wat beteken voulez-vouz?

Blogantwoord:  Willes was reg, hy het dit aan ‘n prostituut as ‘n geskenk gestuur.

Entry filed under: Bogpraatjies. Tags: .

Your money or your life Feed a cold and starve a fever?

85 Kommentaar Add your own

  • 1. Salome  |  Augustus 4, 2009 om 5 : 59

    Haai oooo
    Ek is wraggies eerste

  • 2. Salome  |  Augustus 4, 2009 om 6 : 02

    **sjuuutt** sluip sluip, kruip kruip
    mag ek maar vir die hoogedele skuins befoeterde dame sjokolade koek aanbied?

  • 3. Salome  |  Augustus 4, 2009 om 6 : 03

    Is die 6 rooflesers nou kamma bang vir Adriana Magrieta Swanepoel se bui?
    Jaaaa hoor!! julle weet almal haar blaf is erger as haar byt!
    so, julle kan maar iets sê hoor

  • 4. Salome  |  Augustus 4, 2009 om 6 : 04

    oooo, nee wag, nou vang ek die hele roofleser ding . . .
    dis omdat ek hier is dat niemand iets sê nie nè
    nou ja fine! dan gaan julle aan Adriana verduidelik hoekom ek ‘n paar comments kort is aan die einde van die week

  • 5. Girl van die Suburbs  |  Augustus 4, 2009 om 6 : 19

    voulez-vouz = like

    Allo Allo

  • 6. Adrie  |  Augustus 4, 2009 om 6 : 39

    Howzit?

  • 7. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 6 : 50

    Hallo howzit sanbonani

  • 8. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 6 : 51

    Nell

    Hoekom dink ek die antwoord is’wil jy met my slaap vanaand’? Eish! Eks te lui om te google

  • 9. Adrie  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 00

    Willes

    Jy dink aan n reel in lady marmalade. Jy is amper reg, maar voulez-vouz is n spesifieke frase.

  • 10. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 08

    Wil jy?

  • 11. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 09

    Nee…….. Ek gee op. Lat Nell loop google

  • 12. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 10

    Waasi antie met die koek?

  • 13. Adrie  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 12

    Sy het seker die koek vir die heelal gaan voer.

  • 14. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 15

    Ek hoop sy hou dam ‘n stukkie of 10 vi ons

  • 15. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 16

    Nwt. Gat net gou die post lees😈

  • 16. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 20

    Joh!!! Wanne het ek hierie post geskryf!?😯

  • 17. Adrie  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 21

    Seker terwyl jy en Paulo oor jou evil twin geskinder het.

  • 18. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 21

    Ek sien my 3ling het alweer die ding ge-edit en alli vloek woorde uitgehaal

  • 19. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 22

    Dit was nie hy wat da wassi. Nogminner Johan

  • 20. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 23

    Do you want ?
    Do you want to ?
    Will you ?
    Dis frans van afkoms

  • 21. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 23

    En eks bly hulle het ge rebook virri brieke😉

  • 22. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 24

    O ja – hallo

  • 23. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 24

    Tilla!!!!!!! Uitfreakineindelik!!! TSK!!!

  • 24. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 26

    Ht eers di wurms gevoer

  • 25. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 26

    Gelukkig rol my sussie nou met M oppi mat. Seke ôk net tot my skouer heel is

  • 26. Adrie  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 26

    O! Verskoon my maar. My kop is vol watte en my ooglede van lood.

  • 27. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 28

    Gepraat van voer…….. Waas daai koek😕

  • 28. Adrie  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 28

    Het julle liefde weer opgevlam? Hom weer uitgevra na die jaareindfunksie?

  • 29. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 30

    Het iemand dalk die minimum temp gesien? My oog het net die 23 max gevang

  • 30. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 31

    Ek het dit gemis

  • 31. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 32

    Moeti vi jou ko sta laf hou nie! Ek sal hom vra as hy die bakkie virri brieke bring:mrgreen:

  • 32. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 33

    Of hy kan net sy boudjies skud

  • 33. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 35

    Slukkie wyn?

  • 34. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 36

    Daar is net mooi NIKS fout met daai boudjies nie

  • 35. Adrie  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 37

    Hoesmedisyne vir iemand? Meer alkohol as wyn!

  • 36. Adrie  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 38

    Baie fout met die lengte.

  • 37. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 39

    Boudjies!? Wyn!? Eks inni hemel!!!!!

  • 38. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 40

    Vir ons werk selfs die lengte

  • 39. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 41

    Daas nog minner fout met die lengte nie. Besides………. Size does not matter! BWHUHAHAHAHA!!!!!

  • 40. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 44

    Willes – nie daai lengte nie :shy:

  • 41. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 45

    Het julle wille drome oor boudjies?

  • 42. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 45

    Of is daai gevreetjie :blush:

  • 43. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 45

    He! He!

  • 44. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 46

    Hoe bloos die gevreetjie nou weer

  • 45. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 46

    Dis😳

  • 46. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 47

    oops

  • 47. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 48

    Thanx

  • 48. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 48

    Natuurlik : voor en agter

  • 49. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 50

    Plesier………… Spier. Bedoel ou dier:mrgreen:

  • 50. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 52

    Wag lat ek loop voorlat my 3ling, oom witbaas jack en oom se baas jan my wil bliksem. Moet die kjinners inni bad druk

  • 51. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 53

    Check julle later

  • 52. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 55

    Ja ons is nou nou weer onder sensuur

  • 53. *Mathilda*  |  Augustus 5, 2009 om 7 : 29

    more more

  • 54. *Mathilda*  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 02

    Algehele stilte

  • 55. Adrie  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 11

    GRRRRR

    More

  • 56. Beeld  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 12

    Sanri van Wyk

    Die SAUK het sy lisensiegeld met 11% vir huishoudings en ondernemings verhoog.

    Mense ouer as 70 en diegene wat op maatskaplike toelae van die staat aangewese is, betaal 8% meer.

    Genl. Siphiwe Nyanda, minister van kommunikasie, het die SAUK se versoek om verhoging van TV-lisensiegeld goedgekeur, het me. Irene Charnley, voorsitter van die tussentydse SAUK-raad, gister by die nasionale persklub in Pretoria gesê.

    Die nuwe tariewe geld sedert begin vandeesmaand.

    Die jaarlikse bedrag vir handelaars, huishoudings en ondernemings styg van R225 tot R250 en dié vir bejaardes en ontvangers van maatskaplike staatstoelae van R56 tot R70.

    Dit is die derde keer in 11 jaar dat die tariewe opgestoot word.

    Charnley het gesê die drie dringendste sake waaraan die tussentydse raad moes aandag gee, is om bestendigheid in die SAUK te vestig, kragtens wetgewing op te tree en bedryfsake te takel.

    “Dinge kan nie soos gewoonlik aangaan nie. Dit is belangrik om toe te sien dat die SAUK nie voortgaan om ’n verlies te maak nie.

    “As ons uit die krisis wil kom, sal ons uitgawes streng moet sny. Ons moet by die raad begin.”

    Raadslede kry nie meer TV’s en DStv verniet nie.

    Hulle mag die skootrekenaars, 3G-kaarte en selfone wat aan hulle uitgereik word net leen en almal vlieg voortaan ekonomiese klas.

    “Alle seminare en konferensies word vir eers stopgesit,” het Charnley gesê.

    Spesiale magtiging moet ookvoortaan vir internasionale reise gegee word. Elke raadslid kry ook nie meer sy eie koerante nie, maar ’n paar word op elke verdieping afgelaai. Charnley het gesê die tussentydse raad is daartoe verbind om toe te sien dat die SAUK meer doeltreffend is en binne die wet optree.

    “Enige persoon wat geld gevat het en korrup is, sal tronk toe gaan.”

    ’n Ouditverslag van die kantoor van die ouditeur-generaal (OG) oor beweerde wanbesteding en ongerymdhede word nog afgewag.

    Oor verlede week se staking het Charnley gesê die raad het gister met die vakbonde vergader en vergader weer vandag met hulle.

    Sy is vol vertroue dat vakbonde vandag die SAUK se aanbod van ’n 10%-salarisverhoging sal aanvaar.

  • 57. Beeld  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 18

    Anesca Smith

    Londen. – Mense wat naby ’n windplaas woon het ’n groter kans om hoofpyne, paniekaanvalle en hartsiektes te kry.

    Dit is die slotsom waartoe ’n Amerikaanse pediater gekom het wat vyf jaar lank die uitwerking van windturbines op mense in Brittanje, Noord-Amerika en Italië bestudeer het.

    Dr. Nina Pierpoint, ’n genoot van die Amerikaanse Akademie vir Pediaters, glo ook windturbines kan tot nagmerries by kinders lei en die ontwikkeling van hul breine belemmer.

    Sy stel voor dat windplase nie nader as sowat 2 km van woonhuise af opgerig word nie.

    Pierpoint se boek, Wind Turbine Syndrome, word later vandeesmaand uitgereik.

    Suid-Afrika se eerste kommersiële windplaas word sedert verlede jaar by Darling in die Wes-Kaap bedryf.

    Volgens Pierpoint het die mense wat sy in haar studie gebruik het, ook gekla van lighoofdigheid, slaapversteurings, swak sig en probleme met hul geheue en konsentrasie.

    “Laat ek dit egter van meet af aan duidelik stel dat nie almal wat naby windplase woon dié simptome ontwikkel nie,” lui ’n uittreksel uit die boek. Sy glo egter dat sy wiskundig kan bewys dat mense wat voor die windplase reeds deurgeloop het onder migraine, binne-oorskade of diegene wat gewoonlik see- en karsiek word, meer geneig is om die simptome wat met turbinesindroom vereenselwig word, te hê.

    “Laefrekwensie-geraasvlakke van turbines lyk of dit die liggaam onder die indruk plaas dat dit aan die beweeg is. Navorsing die afgelope tien jaar het bewys die manier waarop ons liggame balans en beweging registreer, het ’n uitwerking op ’n ongelooflike aantal breinfunksies.

    “Ontwikkelaars sê windturbines werk stil – feitlik nie harder as ’n gewone yskas nie. Met dié (vals) aanspraak oortuig hulle maklik plaaslike regerings dat dit in die haak is om turbines naby huise op te rig.

    “Mense kontak my om te kla dat hulle nie goed slaap sedert die turbines naby hul huise opgerig is nie. Nie net oor slapeloosheid nie, maar ook ander gesondheidsprobleme,” sê sy.

  • 58. Beeld  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 26

    ’n Man wat mev. Judy Sexwale se motor in Sandton gekaap het, is gister tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

    Sexwale is die vrou van mnr. Tokyo Sexwale, minister van huisvesting.

    Streeklanddros Renier Boshoff het Mbuso Simelane (30) vroeër vandeesweek in die Wynberg-hof op aanklag van roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.

    Simelane het mev. Sexwale op 18 Julie 2007 voor St. David’s Marist Inanda aangehou en van haar BMW X5, Rolex-horlosie, kontant en selfoon beroof.

    Sy het die oggend buite dié skool vir haar seun Chris (toe 14) gewag toe sy met ’n vuurwapen aangehou en beroof is. Die motor is kort daarna teruggevind.

    Boshoff het tydens vonnisoplegging uitgewys hoe mnr. Sexwale Simelane se ma tydens die verhoor vertroos het, het Eyewitness News berig.

    ’n Familiewoordvoerder het volgens die nuusdiens gesê hulle is tevrede met die vonnis. – Magdel Fourie

  • 59. Beeld  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 29

    Wausau (Wisconsin). – ’n Vrou en haar man se minnaresse het hom glo vasgebind en sy penis aan sy maag vasgeplak.

    Luidens hofdokumente wou sy vrou, twee minnaresse en een van hulle se suster hom ’n les leer en nou kan hulle ses jaar tronkstraf opgelê word.

    “Ek is ontsteld. Ek vind dit moeilik om die lewe te hanteer, (ek is) ’n emosionele wrak,” het me. Wendy Sewell (43), een van die vroue, eergister gesê.

    “Ek kry skaam.”

    Sewell, me. Therese Ziemann (48) en me. Michelle Belliveau (43) en die man se vrou word daarvan aangekla dat hulle gehelp het om iemand teen sy wil aan te hou.

    Hulle is op borgtog van $200 (sowat R1 560) elk vrygelaat.

    Ondersoekbeamptes het gesê al die vroue behalwe Belliveau was in romantiese verhoudings met die man betrokke.

    Sy vrou se naam word weerhou omdat dit hom ook sal identifiseer en hy die slagoffer van beweerde seksuele aanranding is.

    Die vroue se wraak het verlede Donderdag by ’n motel in Stockbridge, ’n klein dorpie naby die Winnebagomeer, ontvou.

    Luidens die hofdokumente het die man ingestem om met lakens vasgebind en met ’n kussingsloop geblinddoek te word.

    Ziemann het toe glo sy onderklere met ’n skêr afgesny en die ander vroue na die kamer geroep. Sy het hom na bewering deur die gesig geklap en sy penis met sterk gom aan sy maag vas- geplak.

    Ziemann het glo aan ondersoekbeamptes gesê sy het nie ’n geweer gehad nie, maar kon moontlik aan die slagoffer gesê het: “Weet jy hoe graag ek jou wil skiet?”

    Hy het begin skreeu en die vroue het weggehardloop.

    Die man het homself bevry deur een van die lakens deur te kou.

    Hy het ’n telefoon by die motel geleen om die polisie te bel. – Sapa-AP

  • 60. Beeld  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 30

    Gloria Edwards

    Meer as 500 honde is sedert begin Januarie in die Gautengse dorp Heidelberg gif ingegee.

    Dit is net een plaaslike veearts se syfers, het mev. Debbie Seinsch, ’n inwoner, gesê. “Uit die 500 kon die veearts net 40 red.”

    Mnr. Johan Bester, voorsitter van die Heidelbergse gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het gister op ’n noodvergadering gesê Heidelberg is ’n rampgebied vir honde.

    Van die woedende inwoners het gedreig om die mense wat hul honde vergif, dood te maak.

    Die honde word met aldikarb, beter bekend as Two Step, vergiftig.

    Verskeie gemeenskapslede het by die vergadering opgedaag om antwoorde van die polisie te kry oor wat hulle as “ ’n gebrek aan optrede teen misdadigers” bestempel.

    Hulle het gedreig om eie reg te gebruik as die polisie “nie vinnig optree en ons en ons diere beskerm nie”.

    Seinsch se skoondogter, Leoni, wat in J.G. Strydomstraat in Rensburg bly, het al drie keer deurgeloop.

    “Ek het vier honde verloor en twee is gered.”

    Inwoners het gekla die bevelvoerder van die plaaslike polisiekantoor “doen niks aan die situasie nie”. Dié bevelvoerder, sr. supt. Balaraman Govindasamy, was nie by die vergadering nie.

    Seinsch het aan Beeld gesê hulle het met die laaste vergiftiging ’n beloning van R10 000 uitgeloof. In reaksie daarop het hulle ’n oproep van ’n man uit die nabygeleë Ratanda-plakkerskamp ontvang wat vir hulle inligting gegee het oor ’n “georganiseerde diefstalsindikaat wat honde vergiftig”.

    “Ons het dié inligting na die Heidelberg-speurtak geneem, maar ’n inspekteur daar het geweier om dit te aanvaar omdat dit ‘nie sy werk is nie’. Ons het die inligting na die polisie se tak teen georganiseerde misdaad geneem, maar tot nou toe het niks daarvan gekom nie.”

    Mev. Margaret Paton het ook oor die polisie se trae reaksie gekla.

    Bester het Heidelberg toe tot “rampgebied vir honde” verklaar en gesê die polisie moet “onmiddellik ’n aksieplan verskaf”.

    Supt. Michiel Olivier van die plaaslike polisiekantoor het gesê al is dit moeilik om sulke misdadigers vas te trek, sal hulle alles in hul vermoë doen om saam met die gemeenskap ’n oplossing te vind.

  • 61. *Mathilda*  |  Augustus 5, 2009 om 8 : 50

    Adrie

    What’s up ? Gister het willes so vroeg al ge GGRRRR en vanoggend jy ?

  • 62. Nats  |  Augustus 5, 2009 om 9 : 14

    Goeie more julle!!!

    Dis het die laaste ruk gevoel of ek elke twede dag met verkeerde voet uit die bed uit opgestaan het!

    Ek sit vreeslik vas met daai nuwe ou wat by ons begin het… maar hopenlik gaan hy vir 6x maande weg werk!!!

  • 63. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 9 : 18

    Goeie more Mathilda, Nats, A3 en wie ook nog rooflees

  • 64. Nats  |  Augustus 5, 2009 om 9 : 19

    More Klip!

  • 65. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 9 : 19

    Ons internet verbinding is so stadig soos die besluit oor ons salaris verhogings

  • 66. *Mathilda*  |  Augustus 5, 2009 om 9 : 26

    Klip !!!

    Nats !!!

  • 67. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 9 : 26

    PG

    Die juffrou sê die kinders moet bietjie gaan navorsing doen oor die verskillende soorte torre . Die volgende dag vra sy hulle een vir een hulle huiswerk. Jannie: “Juffrou, hierdie is ‘n vrugte tor ; hy vreet vrugte.” Kosie: “Juffrou, hierdie is ‘n groente tor ; hy vreet groente.” En toe is dit Sannie se beurt: “Juffrou, hierdie is ‘n vibra tor en my sussie sê hy vreet batterye.”

  • 68. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 9 : 31

    Just To Make You Laugh!

    Believe it or not…Men are Everywhere!
    Woman hasManin it;
    Mrs. hasMr. in it;
    Female hasMalein it;
    She has Hein it;
    Madam hasAdam in it;
    No wonder men always want to be inside women!

    Men were born between the legs of a woman, yet men spend all their life and time trying to go back betweenthelegs of a woman….
    Why?
    BECAUSE THERE IS NO PLACELIKE HOME

    Okay, Okay, it all makes sense now…..
    I never looked at it this way before:

    Ever notice how all of women’s problems start withMEN?
    MENtalillness
    MENstrualcramps
    MENtalbreakdown
    MENopause
    GUYnecologist
    AND ..
    When we have REAL trouble, it’s a
    HISterectomy.

  • 69. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 9 : 34

    This is why men dont want to answer questions

    WIFE: “What would you do if I died? Would you get married again?”

    HUSBAND: “Definitely not!

    WIFE: “Why not? Don’t you like being married?”

    HUSBAND: “Of course I do.”

    WIFE: “Then why wouldn’t you remarry?”

    HUSBAND: “Okay, okay, I’d get married again.”

    WIFE: “You would?” (with a hurt look)

    HUSBAND: (makes audible groan)

    WIFE: “Would you live in our house?”

    HUSBAND: “Sure, it’s a great house.”

    WIFE: “Would you sleep with her in our bed?”

    HUSBAND: “Where else would we sleep?”

    WIFE: “Would you let her drive my car?”

    HUSBAND: “Probably, it is almost new.”

    WIFE: “Would you replace my pictures with hers?”

    HUSBAND: “That would seem like the proper thing to do.”

    WIFE: “Would you give her my jewellery?”

    HUSBAND: “No, I’m sure she’d want her own.”

    WIFE: “Would she wear my shoes”

    HUSBAND: “No, she’s size 6.”

    WIFE: — silence —

    HUSBAND: “shit.”

  • 70. boervrou  |  Augustus 5, 2009 om 11 : 09

    Hi Klip Whahahhha

    Ek is glad nie ‘n oggend mens nie, en min slaap vererger dit nog!
    Na so 2 koppies koffie begin ek ontdooi

  • 71. *Mathilda*  |  Augustus 5, 2009 om 11 : 13

    Hey buurvrou – hoe gaan dit ? Kiddies okay ?

  • 72. *Mathilda*  |  Augustus 5, 2009 om 11 : 15

    Ek kan nie sê ek is nie ‘n oggend mens nie – watter tyd van dag of nag pla my nie regtig nie – maar ja, ek het ook al sommer net skuins opgestaan vir geen rede nie – dit gebeur darem nie baie nie

  • 73. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 12 : 30

    PMS en stingel stress bepaal meeste mense se gemoed deur die dag

  • 74. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 12 : 32

    Hormone en demone …………..

  • 75. *Mathilda*  |  Augustus 5, 2009 om 12 : 34

    True

  • 76. Nats  |  Augustus 5, 2009 om 1 : 27

    Did you know that on August 7, 2009

    At 12hr 34 minutes and 56 seconds the time and date will be

    12:34:56 07/08/09

    1 2 3 4 5 6 7 8 9

    This will never happen in our life again??!!!!

  • 77. *Mathilda*  |  Augustus 5, 2009 om 1 : 33

    Nats !

  • 78. Nats  |  Augustus 5, 2009 om 1 : 42

    Hello *M*!!!

  • 79. *Mathilda*  |  Augustus 5, 2009 om 1 : 43

    Ganit ? Is jy baie besig dat jy so skaars is ?

  • 80. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 1 : 45

    Wat is die verskil tussen roof lees en voyeurism

  • 81. Seekat  |  Augustus 5, 2009 om 1 : 56

    Klip

    Se my?????

  • 82. Nats  |  Augustus 5, 2009 om 2 : 05

    *M*
    Maand einde… so ja dit gaan maar rof!👿

    Hoe gaan dit da in jou valley?

  • 83. *Mathilda*  |  Augustus 5, 2009 om 2 : 35

    Partydae besiger as ander, maar ons gaan maar aan – ek hoop net die somer kom nou om te bly – ek is gatvol vir koue

  • 84. *Mathilda*  |  Augustus 5, 2009 om 2 : 36

    Seekat – hallo

  • 85. Klip  |  Augustus 5, 2009 om 5 : 24

    Seekat , ek dink dis maar eintlik net dieselfde ding

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: