Your money or your life

Augustus 3, 2009 at 6 : 35 97 Kommentaar

Goed.  My kop is dolleeg en ek kan nou nie aan een oorspronklike gedagte vir ‘n blog dink nie.  In elk geval niks wat my nie wil laat kots nie.  So ek gaan skaamteloos Sonkind se grief steel en daaroor praat asof ek dit self uitgedink het. 

Met die misdaad in die land soos dit is, het ons tot ‘n mate tot ‘n vergelyk met misdadigers gekom.  Doen wat julle wil, moet ons net nie seer maak nie.  Neem alles waarvoor ons gewerk het, breek alles af wat ons opgebou het, betree ons private ruimte, bemors wat vir ons heilig is.  Enige iets, moet ons net nie aanrand, verkrag of vermoor nie.

Ek het al dikwels van misdadigers gehoor wat beleef is.  Asof hulle jou klient is, hulle betaal net nie vir wat hulle neem nie.  Hulle groet en praat op ‘n beskaafde manier met hulle slagoffers.  Paai en waarsku, sonder om hardhandig op te tree.  Daarvoor verwag hulle ‘n dankie.  Wat hulle ook dikwels kry.

Ons is ook al so gewoond dat mense seer of doodgemaak word in rowe, dat ons dit al as die norm aanvaar.  Wanneer jy dan self gespaar word, beskou jy dit as ‘n guns.  Iets om voor dankbaar te wees.  Uit dankbaarheid vergeet jy sommer van die kwaad wat jou wel aangedoen is.  Jy HET ‘n reg om te lewe.  Net so HET jy die reg om jouself met jou besittings te omring.  Jy HET daarvoor gewerk, dit IS JOUNE.  Jou regte is van jou ontneem, jy HET dus die reg om kwaad te word.

Waarvoor is ons dus dankbaar?  Dat ons gelaat is met iets wat in die eerste plek ons toe kom?

Goed, ek weet.  ‘n Mens haal die goeie uit ‘n slegte situasie uit om nie deur die negatiewe oorweldig te word nie.  Every dark cloud has a silver lining.  Dit help ons om die slegte te verwerk en nie hoop te verloor nie.  Dalk is dit tyd om nie net op oorlewing te fokus nie.  Dalk moet ons op ons regte, al ons regte aandring.

Iemand het my eendag vertel ‘n vergelyking is ‘n ooreenkoms waarby altwee partye verloor.  Nie een van hulle kry hulle sin nie en altwee moet ‘n bietjie inboet.  ‘n Goeie vergelyking is waar altwee partye hulle sin kry.  ‘n Vergelyking het egter nooit een wenner en een verloorder nie.

Blogvraag:  Wat het Vincent van Gogh met die stukkie oor gedoen wat hy afgesny het?

Blogantwoord:  Willes was reg met Coca Cola.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Vleis, brood en melk Verkeerde voet uit die bed uit

97 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 7 : 47

    EERSTE!!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 7 : 48

    Ek weet!!! Hyt dit in ‘n stuk koerant toegedraai en vir ‘n prostituut gegee. Ha naam was Rachel. Ek onthou die naam oorlat ek my maaikie lekka gespot het dat sy ‘n prozzi naam het!!!

  • 3. Adrie  |  Augustus 3, 2009 om 7 : 50

    Woef! Woef!

  • 4. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 7 : 51

    Ha! En dis met die vriendelikke samewerking van my std9 onnie wat dit in ons gedril het. Thanx Mrs Dickson😈

  • 5. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 7 : 53

    Huh!? Wat blaf jy so❓

  • 6. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 7 : 54

    Ek moet seke gou die post lees

  • 7. Adrie  |  Augustus 3, 2009 om 7 : 56

    Willes

    Kan jy die afr sonnet onthou wat oor Van Gogh gaan.

  • 8. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 7 : 58

    True

  • 9. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 7 : 59

    Uhm………… Nee

  • 10. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 8 : 00

    Het al gehoor van dit maar nee…. Kanni onthou nie. Ek was mos in ‘n rooinek skool

  • 11. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 8 : 01

    Meeste vanni goed wat ek in Afr ken het ek myself geleer😉

  • 12. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 8 : 03

    My linker skouer is vandag seerder assi regter een. Weird!

  • 13. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 8 : 03

    Praat ek vandag met myself?

  • 14. Adrie  |  Augustus 3, 2009 om 8 : 15

    Skuus, ek moes gou ry.

  • 15. Adrie  |  Augustus 3, 2009 om 8 : 16

    En my battery is pap.

  • 16. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 8 : 19

    Gmpf!😡

  • 17. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 8 : 21

    Tsk! En da steek jou bêttery myne aan😯

  • 18. Girl van die Suburbs  |  Augustus 3, 2009 om 9 : 03

    Allo!

  • 19. Girl van die Suburbs  |  Augustus 3, 2009 om 9 : 19

    ‘k baaaaaaiiiiiii dan!

  • 20. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 9 : 36

    Nell!!!!!!!!!!!! Tsk! Hoekom het jy nie harder geskree nie👿

  • 21. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 5 : 16

    GGGRRR!!!!!!

  • 22. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 38

    More

  • 23. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 7 : 41

    Willes – en as jy so vroeg in die oggend al GGRRRRR ?

  • 24. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 8 : 22

    Alweer geen koerant nie

  • 25. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 8 : 48

    Daar is NIKS, wat nog te sê van die koerant !

  • 26. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 09

    Skoot eis meisie; was nie aspris, hoor hof
    Aug 03 2009 09:50:42:390PM – (SA)

    Magdel Fourie

    Die kopskoot wat Cassandré van Rooyen (17), ’n matriekleerling aandie Hoërskool Bekker buite Magaliesburg, verlede jaar gedood het, het per ongeluk afgegaan.

    So het die twee tieners wat aanvanklik van haar moord aangekla is, gister in hul pleitverduideliking gesê nadat een van hulle skuld beken het op aanklag van strafbare manslag.

    Ken Maree (19), ’n lid van die hoewegesin waarby Cassandré sedert die begin van verlede jaar in Tarlton buite Krugersdorp geloseer het, en die 16-jarige seun wat saam met hom tereggestaan het, het albei ontken hulle het haar vermoor.

    Die seun het skuld beken op aanklag van strafbare manslag en Maree op aanklag van begunstiger tot strafbare manslag.

    Cassandré se lyk is in Februarie verlede jaar op die Garlic Growers-kleinhoewe gevind nadat sy twee dae lank vermis was.

    Sy het met ’n koeëlwond in die kop agter ’n betonplaasdam gelê wat vir besproeiing gebruik word.

    Adv. Rosemari Duvenhage, namens Maree en die seun, het gisteroggend aan die hof voorgehou Cassandré en die seun was op 18 Februarie buite die Maree-gesin se huis op die kleinhoewe.

    Sy het daar in die tuin na haar klein hondjie gesoek.

    Maree was intussen in die huis besig om te kook.

    Die seun het op dié tydstip ’n vuurwapen (van onbekende kaliber) – wat hy rondom die tyd van haar dood in die pad opgetel het – in sy broeksak gehad, het Duvenhage gesê.

    Hy het dit uitgehaal om seker te maak die veiligheidsknip is op.

    ’n Skoot het toe afgegaan en Cassandré in die agterkop getref, het sy gesê.

    Sy het agteroor geval.

    Die seun het Maree toe geroep en hulle het haar saam na die betondam gesleep.

    Hulle het daar haar lyk met gras en blare bedek, het die pleitverduideliking gelui.

    Voorts het hulle erken hulle het haar as vermis aangemeld, selfs al was dit onwaar.

    Hulle het ook die bloed buite die huis met emmers vol water afgewas om enige teken van die voorval te verdoesel, het sy gesê.

    Daarna het die seun die vuurwapen – wat tot vandag nog nie gevind is nie – weer in die pad gegooi.

    Adv. Marilé van Heerden, staatsaanklaer, het daarop geantwoord die staat aanvaar hul pleit, waarna waarnemende regter Caroline Nichols hulle sodanig skuldig bevind het.

    Die 16-jarige seun is ook skuldig bevind aan regsverydeling en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

    Me. Maria van Rooyen, Cassandré se ma, het egter daarna aan Beeld gesê sy is glad nie gelukkig met die verloop van sake nie.

    “Ek sal nie rus totdat reg geskied het nie. Ek glo dit was ’n beplande moord. Ek soek die hóógste straf vir hulle,” het sy emosioneel gesê.

    Na haar mening het die twee haar “vermoor” weens jaloesie.

    Sy het gesê Maree was lief vir Cassandré, “maar sy het hom nie terug liefgehad nie”.

    “Ek soek net berusting. Hulle het my lewe verniel.

    “Hulle het my verander van ’n sterk vrou na een wat totaal gebreek is.”

    Mnr. Carl van Rooyen, Cassandré se pa, het met sy eks-vrou saamgestem. “Wat hulle sê het gebeur, klink net nie reg nie. Ek glo nie dis wat werklik gebeur het nie.”

    Vonnisprosedure sal na verwagting op 2 November begin.

  • 27. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 10

    Varkgriep eis Matie
    Alicestine October

    Die eerste Suid-Afrikaner wat weens varkgriep gesterf het, ’n 22-jarige student van Stellenbosch, is opeenvolgend deur drie dokters behandel.

    Mnr. Ruan Müller (22), ’n vierdejaarstudent in polimeerwetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch (US), is drie keer behandel voordat hy in ’n hospitaal opgeneem is.

    Die pandemiese H1N1 2009 is nadoods by hom gediagnoseer. Müller is verlede Dinsdag oorlede en is Vrydag begrawe.

    Sy emosionele ma, me. Wilma Batt, het gister gesê: “My kind het geleef met ’n bang, en nou is hy dood met ’n bang. Hy was ’n vrye gees. Ek weet hy sal daar bo ook ’n vrye gees wees.”

    Volgens Batt het die familie eers gister gehoor varkgriep is as doodsoorsaak bevestig.

    “Ek verstaan nie mooi die bohaai nie. Al wat ek weet, is dat my kind nie meer hier is nie. Ek het hom al begrawe.

    “Ek wil nie hoor van varkgriep nie. Dit is nie hoe ek my seun wil onthou nie.”

    Müller het die US se kampusgesondheidsdienste op 20 Julie besoek waar hy vir seisoenale griepsimptome behandel is.

    Op 24 Julie is hy na sy ouerhuis waarna nog ’n dokter hom ondersoek het. Hy is op 26 Julie verwys na ’n spesialis en is daarna in die hospitaal opgeneem.

    Muller is met antibiotika behandel, maar sy toestand het so versleg dat hy op 27 Julie na die hoësorgeenheid van die Durbanville Medi-Clinic oorgeplaas is.

    Hy is die volgende dag oorlede.

    Dit was twee dae ná sy 22ste verjaardag en enkele dae ná sy musiekgroep se eerste optrede voor ’n gehoor. Müller was die tromspeler.

    Die oorsaak van sy dood is as longontsteking aangedui.

    Toetsmonsters vir varkgriep is na die departement van gesondheid aangestuur en vir verwysing na die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, wat dit gister bevestig het.

    Varkgriep is reeds by 42 mense in die Wes-Kaap gediagnoseer en die landwye syfer is meer as 500.

    Prof. Wolfgang Preiser, ’n viroloog aan die US se Sentrum vir Infeksiesiektes, het gesê dié getal kan aansienlik meer wees omdat nie almal getoets word nie.

    Dr. Keith Househam, hoof van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het die publiek verseker die oorgrote meerderheid van mense wat varkgriepsimptome openbaar, is matige gevalle.

    “Daar is sekere groepe mense wat ’n groter risiko loop. Swanger vroue, jong kinders en bejaardes is meer uitgelewer aan komplikasies weens varkgriep.”

    Dr. Pierre Viviers van die kampusgesondheidsdienste het bevestig dat Müller “ ’n gesonde jong man” was.

    Prof. Russel Botman, die US-rektor, het gister gesê die universiteit doen alles in sy vermoë om die nodige gesondheidsdienste aan alle studente te voorsien.

  • 28. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 11

    Weermaglede in sop oor ‘onbehoorlike posisie’ in voertuig

    Erika Gibson

    ’n Vrouekapelaan in die weermag en ’n sersantmajoor is aangekla nadat hulle glo in ’n ongemaklike posisie in ’n militêre voertuig betrap is.

    Die kapelaan se bostukknope was glo los, terwyl die sersantmajoor se gulp glo oop was.

    Hulle het gister in die militêre hof in Thaba Tshwane op aanklagte wat verband hou met skandalige gedrag of gedrag tot nadeel van militêre dissipline verskyn.

    Kpln. Mariëtte Jolene Frantz en adj.off. Desmond Christian Meyer ontken skuld op al drie aanklagte teen hulle.

    Die verdediging het aangevoer dat hulle verlede jaar Jeugdagvieringe gereël het toe Meyer van die pad afgetrek het om ’n selfoonoproep te beantwoord.

    Luidens die klagstaat was die twee op 15 Mei verlede jaar naby Radio Uitkyk aan die buitewyke van Thaba Tshwane gedurende werkure in ’n militêre voertuig.

    Die voertuig was glo op ’n ou en afgeleë teerpad geparkeer toe twee medesoldate op hulle afgekom het.

    Frantz het glo oor Meyer se skoot geleun. Luidens die een aanklag word hulle aangekla omdat hul optrede neerkom op seksuele praktyke wat tot nadeel van die goeie orde in die weermag strek. Dit kan ook agterdog verwek dat ’n seksuele daad moontlik plaasgevind het.

    Die derde aanklag is dat hulle met hul beweerde daad die moraal van ander ondermyn het en dat dit die publiek sal ontstig.

    Albei die aangeklaagdes is by die weermag se garnisoen-steunbasis in Pretoria werksaam.

    Die verdediging het dit gister op die hofrekord laat plaas dat die twee se regte nie behoorlik aan hulle voorgehou is toe daar verlede jaar by hulle verklarings afgeneem is nie.

    Hulle was nie daarvan bewus dat hulle tóé reeds die beskuldigdes in die saak was nie en was onder die indruk dat daar nog net ’n ondersoek onderweg is.

    Volgens die verdediging was daar ook sekere inligting aan hulle voorgesê om in die verklarings te skryf. Daarom verskil die datum van die gebeure in die twee verklarings.

    Die staat se verweer was dat daar nie inmenging in die saak was nie, maar dat brig.genl. Fanie van Schalkwyk, hul bevelvoerder, bloot probeer uitvind het wat met die saak aangaan.

    Van Schalkwyk sal voorts as getuie geroep word om oor dié bewering te getuig.

  • 29. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 11

    Laaste drie oonde breek; g’n verassing meer in Pta.
    Aug 03 2009 09:50:58:983PM – (SA)
    Corné van Zyl

    Die laaste drie werkende oonde by die enigste krematorium in Pretoria, die Tshwane-munisipaliteit s’n in Rebeccastraat, het verlede week finaal gebreek.

    Pretoriase begrafnisondernemers moet nou so ver as Krugersdorp en Randfontein ry om lyke te laat veras.

    “My broer se laaste wens was om veras te word sodat die familie sy as oor die see kan gaan uitgooi,” het ’n Pretoriase vrou gesê. Haar broer is op 14 Junie vermoor en sy roudiens is op 26 Junie gehou. “Dit was reeds vir ons ’n groot skok om sy dood te aanvaar. Nou word ons rouproses net uitgerek,” het sy gesê.

    “Ek het die begrafnisondernemers verlede week gebel om te hoor wanneer ons my broer se as gaan ontvang toe ek in kennis gestel is dat hy steeds nie veras is nie as gevolg van die oonde wat nie werk nie.

    “Ons moet nou sowat R350 meer betaal om my broer in Randfontein te laat veras. Dit gaan nie oor die geld nie, maar oor die feit dat dit sy laaste wens was om veras te word.”

    Volgens me. Antoinette Mostert, woordvoerder van die Tshwane-metroraad, was drie van die vier oonde sedert 2007 in werking. Sedert Januarie vanjaar het slegs twee van dié oonde gewerk, terwyl die derde oond herbou is. “Al drie oonde is tans buite werking nadat die laaste oond op 24 Julie ingegee het.”

    Die oonde, wat van die VSA ingevoer is, hou volgens haar nie weens die hoë temperature waaraan hulle blootgestel word.

    “Een van die oonde kan moontlik binne twee weke weer in werking wees, afhangend van ’n veiligheidsinspeksie, asook herstelwerk.”

  • 30. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 16

    Aanvaller skiet vrou waar sy op grond lê
    Aug 03 2009 09:50:53:190PM – (SA)

    Martiens van Bart

    Vyf gewapende rowers het ’n ma van drie jong meisies Vrydagaand in haar huis in Midrand aangeval en geskiet waar sy plat op die grond gelê het.

    Die koeël het dwarsdeur me. Gillian Lindsell (42), ’n dosent aan die Damelin-kollege, se lyf getrek, in die kombuisvloer vasgeslaan, terug deur haar maag getrek en toe weer by haar rug uitgekom.

    Volgens me. Tracey Brits, ’n vriendin, het een van die aanvallers haar in die rug geskiet waar sy weerloos op haar maag gelê het. Die rowers het haar en haar huiswerker vroeër met vuurwapens gedwing om op die kombuisvloer te lê.

    “Sy het juis doodstil gelê om hulle nie kwaad te maak nie,” het Brits gesê.

    ’n Stuk van die koeël het in haar ingewande afgebreek en vasgesteek. Sy het heelwat bloed verloor voordat sy in die Charlotte Maxeke-staatshospitaal (voorheen die Johannesburgse Algemene Hospitaal) gestabiliseer kon word.

    Sy is per helikopter na dié hospitaal geneem en is tans in ’n bedenklike, maar bestendige toestand. Haar organe was aanvanklik so erg verrinneweer dat die wonde nie toegewerk kon word nie.

    Die aanvallers het ’n vriendin, wat ook in die huis was, in haar kamer aangeval. Sy is nie beseer nie. Een van die aanvallers het glo gesê: “Jou vriendin is geskiet.”

    Die huiswerker is ook ongedeerd. Die vroue is van hul besittings, waaronder juweliersware, geld en selfone, beroof.

    Lindsell se gewese man het hul drie dogters kort voor die voorval kom oplaai. Hy was skaars weg toe die aanvallers die huis binnegestorm en die vroue aangeval het, het Brits gesê. Lindsell se pa, mnr. Doug Campbell (72), het gesê dis aaklig om “net nóg ’n statistiek te word”.

    “Wat gebeur het is vreeslik en het nie net Gillian se lewe nie, maar ook dié van haar hele gesin verwoes.

    “Sy is ’n enkelma en het nie ’n mediese fonds nie. Boonop sukkel die dogters vreeslik om te probeer verstaan wat gebeur het.” Volgens Campbell het dokters gister aan hom gesê dit sal minstens agt weke neem voordat Lindsell ontslaan kan word.

    “Gelukkig het die koeël nie haar ruggraat getref nie. Sy het ernstige inwendige beserings. Haar longe en hart is darem nie beskadig nie, maar haar maag en niere wel. Was dit nie vir paramedici se flink optrede nie, het my dogter nie vandag meer gelewe nie.”

    Konst. Neria Malefetse, polisiewoordvoerder, het gister gesê sy is nie bewus van die voorval nie en het onderneem om ondersoek in te stel.

  • 31. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 17

    Oeps! 150 beskermde bome per abuis uitgeroei
    Aug 03 2009 09:51:05:733PM – (SA)
    Elise Tempelhoff

    Sowat 150 geelhoutbome is in ’n kloof in die Drakensberg uitgeroei omdat hulle glo met swart wattels verwar is.

    Beeld verneem die bome van twee spesies, die Outeniekwa-geelhout (Podocarpus falcatus) en die opregte geelhout (Podocarpus latifolius), is begin Maart deur ’n span van die regeringsinisiatief Werk vir Water (WvW) uitgekap en vergiftig. Geelhout is ’n beskermde spesie.

    In ’n verslag wat in Beeld se besit is, het mnr. Allan Howells, gewese bewaringsbestuurder by die KwaZulu-Natalse natuurbewaringsdiens Ezemvelo, geskryf hy het die Drakensberg Sun buite Winterton vroeg in Maart besoek en gesien hoe werkers geelhoutstompe deursaag en bospaaie daarmee uitlê.

    Van die stompe was tot 48 cm in deursnee.

    Volgens ’n kundige was die bome enigiets tussen 50 en 100 jaar oud.

    In ’n ondersoek deur Howells het dit aan die lig gekom ’n kontrakteur wat glo al ses jaar vir WvW werk en haar span het die bome uitgeroei omdat hulle gedink het dit is swart wattels.

    Howells het later verneem die kontrakteur het reeds betaling vir haar werk ontvang, waarskynlik van die departement van arbeid.

    Beeld het betroubaar verneem die kontrakteur is gewaarsku en haar kontrak is beëindig.

    Geen strafregtelike klagte is teen haar aanhangig gemaak nie.

    Dr. Guy Preston, nasionale hoof van WvW, het gesê hy sal later kommentaar lewer.

  • 32. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 17

    Britte nie meer so vrygewig met hul paspoorte
    Aug 03 2009 09:07:41:310PM – (SA)

    Anesca Smith

    Londen. – Die Britse regering het gister ’n rits nuwe vereistes vir burgerskap voorgestel en gewaarsku ’n Britse paspoort sal nie meer “outomaties” ná vyf jaar se verblyf in Brittanje uitgereik word nie.

    Aansoekers sal vir waardevolle vaardighede beloon word, maar vir swak gedrag “beboet” word op ’n punteskaal soortgelyk aan die een waaraan tydelike werkers en studente sedert einde verlede jaar gemeet word.

    Mnr. Alan Johnson, minister van binnelandse sake, het aan die Britse media gesê dit kan nou so lank as tien jaar neem voordat ’n paspoort goedgekeur word.

    Aansoekers sal vyf jaar as tydelike inwoners in Brittanje moet deurbring voordat die puntestelsel in werking tree en hulle vir tussen een en vyf jaar “proefburgers” sal wees.

    In dié tydperk sal hulle punte vir onder meer beroepsvaardighede, die bemeestering van Engels en enige vrywillige diens in hul gemeenskappe verdien.

    Johnson het gesê dis nie genoeg dat mense net die wet gehoorsaam as hulle burgers wil word nie.

    Hulle moet ook toewyding tot die land betoon.

    “Die VSA doen dit, Frank?ryk doen dit en talle ander lande – ek dink ons moet dieselfde doen.”

    Die Konserwatiewe Party meen die planne is ’n desperate poging van die regerende Arbeidersparty om dit voor volgende jaar se algemene verkiesing te laat lyk of immigrasie onder beheer is.

    Mnr. Damian Green, immigrasiewoordvoerder van die Tories, het aan die BBC gesê ’n “outomatiese” reg op burgerskap ná vyf jaar se verblyf het nog nooit bestaan nie.

    “Die eenvoudige waarheid is dat die regering elke vyf minute links en regs paspoorte aan mense uitgereik het.

    “Dit is ’n desperate stap deur ’n regering wat weet hy het immigrasie meer as ’n dekade lank onbeheersd laat plaasvind.”

  • 33. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 19

    ‘Ons gaan nice wees met jou,’ sê kaper
    Aug 03 2009 09:51:15:110PM – (SA)

    Cobus Claassen

    ‘Ons gaan nice wees met jou,” het ’n kaper aan ’n Tshwane-raadslid gesê voordat hy sy selfoon se SIM-kaart aan hom teruggegee en hom beveel het om weg te ry.

    Mnr. Frik van Wyk, VF+-raadslid, het Vrydagaand gaan ondersoek instel nadat sakelui in Capital Park, Pretoria, kommer uitgespreek het oor die groot aantal mense wat daar op sypaadjies slaap.

    Die potensiële gevaar van die sluipslapers is een van die gemeenskap se groot kopsorge.

    Van Wyk het gesê twee mans het kort ná 22:00 in sy motor gespring toe sy enjin op die hoek van H.F. Verwoerd-rylaan en Adcockstraat gestaak het.

    “Ek het per ongeluk my deure oopgesluit toe ek my noodligte wou aansit. Die volgende oomblik was hulle saam met my in die motor.”

    Hy kon uit hul aksente aflei hulle is nie Suid-Afrikaners nie. Hulle het hom beveel om Sunnyside toe te ry waar hy by ’n deurry-kitsbank R200 moes trek.

    Sy nagmerrie het Saterdagoggend vroeg eers geëindig toe die twee uit sy motor gespring en hom beveel het om weg te ry, het Van Wyk gesê.

    Hulle het sy skootrekenaar, selfoon, bankkaart en trouring gebuit.

    “Ek kon nie glo hulle het nie my motor gevat nie. Die dankbaarheid wat ek ervaar het toe ek lewend daar wegry, is onbeskryflik.”

    Die voorval bevestig volgens hom misdadigers skuil tussen die dakloses.

    Beeld kry gereeld klagtes oor groepe sluipslapers wat oral in die stad op sypaadjies en veral in oop stukke veld slaap.

    Mnr. Douw Reynders, eienaar van die Wakis-meubelwinkel in Voortrekkersweg, naby waar Van Wyk gekaap is, het gesê die mense wat saans “op die sypaadjies ingeryg lê” is ’n reuse-probleem.

    “Die mense wat hier in woonstelle bly kan dit ná sononder nie buite waag nie.”

    Die eienaar van ’n ander onderneming in dié straat wat anoniem wil bly, het gesê die reuk van urine “heet my kliënte elke oggend welkom”.

    Van Wyk het gesê die metroraad sal dringend ’n ander heenkome vir die dakloses probeer vind.

  • 34. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 20

    Polisielid by ongeluk doodgery
    Aug 03 2009 09:51:14:440PM – (SA)

    Hilda Fourie

    ’nSpeurder van Middelburg het glo ’n polisiefotograaf op ’n ongeluktoneel op die N4-hoofweg buite Pretoria doodgery.

    Die ongeluk het kort ná ’n ander ongeluk plaasgevind waarin mnr. Norman Louw (62) langs sy bakkie doodgery is.

    Mnr. Flippie van Vreden (36) het gister vertel sy ma, mev. Roa Louw (60), het sy stiefpa se bakkie eergistermiddag Silverton toe gesleep nadat dit gebreek het.

    Kort ná die Diamond Hill-tolhek, in die rigting van Pretoria, het die tou tussen die twee voertuie gebreek.

    Mnr. Louw het by sy bakkie langs die pad gebly terwyl sy vrou terug na hul huis by Kleinfontein, buite Rayton, gery het om ’n ander tou te gaan haal. Die egpaar was besig om Silverton toe te trek.

    Toe mev. Louw omstreeks 17:00 terugkom het sy agter haar man geparkeer.

    Mnr. Louw, wat buite sy bakkie in die pad gestaan het, het aan haar gesê sy moet terug in haar motor klim, want dis koud.

    Mev. Louw was net terug in haar motor toe ’n man van agter kom, haar motor se deur en toe mnr. Louw tref. “Met die slag wat my ma se deur afgery is, het sy op die passasiersitplek geval,” het Van Vreden gesê.

    “Sy het gedink oom Norman het terug in sy bakkie geklim.

    “Toe sy uit haar motor klim, het sy gesien oom Norman lê voor sy bakkie. Hy was reeds dood.”

    Sers. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het gesê polisielede was besig om die toneel te ondersoek toe die volgende ongeluk omstreeks 19:30 gebeur het.

    Insp. Moketi Lempe (35) van die polisie se plaaslike misdaadrekordsentrum was besig om foto’s van die toneel te neem toe ’n speurder van Middelburg wat vermoedelik onder die invloed van alkohol bestuur het, hom getref het.

    Van Vreden het gesê Lempe het nagenoeg op die plek gestaan waar sy stiefpa doodgery is.

    Die speurder, ’n inspekteur en nog twee polisiebeamptes, onderskeidelik van die Durban-Sentraal-polisiekantoor en die eenheid teen georganiseerde misdaad in Polokwane, was op pad van Middelburg na die speurakademie in Hammanskraal, noord van Pretoria.

    Volgens Stoltz het die speurder (43), wat van diens af was, “deur die afgesperde toneel gery”.

    In ’n poging om nie ’n ambulans en verkeersvoertuig wat in die pad gestaan het te tref nie, het die speurder uitgeswaai, beheer oor sy motor verloor en Lempe, wat reeds van die pad af was, getref.

    Die speurder is op die toneel gearresteer en sal vandag in die landdroshof in Cullinan verskyn. Tugstappe sal ook teen hom gedoen word.

    Stoltz het gesê die man wat Louw glo doodgery het, het van die toneel weggehardloop.

    Die polisie is besig om leidrade op te volg en sal die man binnekort arresteer.

    Twee klagte van strafbare manslag en ’n klag van bestuur onder die invloed van alkohol word ondersoek.

  • 35. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 21

    Paniek onnodig, al is daar 121 afwesiges van skool, sê hoof
    Aug 03 2009 09:50:48:140PM – (SA)

    Alet Rademeyer

    Terwyl 121 leerlinge gister by die Hoërskool Uitsig in Centurion afwesig was, is daar steeds geen rede om paniekerig oor griep te raak nie.

    Mnr. Jannie Raath, hoof van dié skool, het gister by navraag gesê dit lyk of dit klaar beter met die leerlinge gaan.

    Verlede week het hy, met toestemming van die Gautengse onderwysdepartement, die skool Donderdag en Vrydag gesluit nadat altesame 261 van die 974 leerlinge én agt onderwysers afwesig was.

    Hy het gesê dit lyk of die vier dae wat hulle aaneenlopend kon rus en herstel, gehelp het aangesien daar gister net 121 afwesiges was.

    Raath het gesê net een onderwyser is positief vir varkgriep getoets.

    Volgens ’n woordvoerder van die Gautengse onderwysersdepartement dui mediese verslae daarop dat ’n onderwyser en leerling positief by dié skool vir varkgriep getoets is.

    Navrae aan omliggende skole soos Sutherland High School en die hoërskole Eldoraigne en Centurion het getoon dat daar geen sprake van ’n griep-uitbreking by dié skole is nie.

    Mnr. Frank Roos, hoof van die Hoërskool Eldoraigne, het gesê daar is nie vanjaar meer leerlinge afwesig as gewoonlik tydens die winterseisoen nie.

    By die ander skole is daar ook nie ’n toename in afwesige leerlinge nie.

    Dr. Marie Landman van die Medipark-sentrum in Centurion het gesê dit wil voorkom of daar op die oomblik baie siek kinders is – meer hoërskool- as laerskoolleerlinge.

    Sy het egter gewaarsku dat mense nie paniekerig moet raak nie.

    “Alle griep is ernstig, maar wat ons nou sien is nie meer dodelik nie.”

    Volgens haar wil dit egter tog voorkom of griep vanjaar vinniger versprei as vorige jare. Sy het ’n beroep op kwesbare mense soos dié met immuniteitsprobleme en ander onderliggende siektes gedoen om egter steeds ekstra versigtig te wees en mediese sorg te soek as hulle siek is.

  • 36. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 22

    Tref kok in kop toe hy mik op tarentale
    Aug 03 2009 09:51:06:280PM – (SA)

    Linda de Beer

    ’n Jong toesighouer van ’n diamantdelwery buite Schweizer-Reneke in Noordwes is op borgtog van R10 000 vrygelaat nadat hy glo die delwers se kok per abuis doodgeskiet het.

    Mnr. Cornelius (Corrie) Alfonso van Wyk (21) het gister weens moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen in die plaaslike landdroshof verskyn.

    Hy het mnr. Tshokolo Frans Modise (39) na bewering Saterdag noodlottig getref terwyl hy (Van Wyk) met ’n .22-geweer na tarentale in ’n mielieland geskiet het.

    Modise is in die kop getref toe hy glo voor Van Wyk ingeloop het net toe laasgenoemde die sneller getrek het, het kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

    Van Wyk en die delwers was ná ete omstreeks 14:20 nog by die diamant?sorteerhuisie, wat agter op ’n sleepwa is, toe die voorval gebeur het.

    Modise was besig om skottelgoed bymekaar te maak.

    Hy het van agter die sorteerhuisie te voorskyn gekom toe hy getref is, het Myburgh gesê.

    Hy is op die toneel dood.

    Die geweer, wat glo aan Van Wyk se oorlede pa behoort het, is na bewering nie in sy naam gelisensieer nie.

    Sowat 20 Cosatu-lede het gisteroggend by die hof teen borgtog vir Van Wyk betoog.

    Mnr. Solly Phetoe, provinsiale sekretaris van die vakverbond, het gesê hy is nie gelukkig met die manier waarop die borgtogaansoek gehanteer is nie. Volgens hom moes die staat borgtog teengestaan het. Hy beweer ook die redes vir die borgtog is nie aan Modise se familie verduidelik nie.

    Phetoe is omstrede om sy uitlatings dat “rassistiese wit boere” verantwoordelik is vir voorvalle van geweld teen plaaswerkers en -bewoners.

    ’n Provinsiale taakspan, wat glo gemik is op beter verhoudings tussen al die rolspelers op plase, is onlangs ná ’n vergadering tussen Cosatu en die Menseregtekommissie gestig.

    Mnr. Howard Yawa, LUR vir openbare veiligheid in Noordwes, het gesê hy is bekommerd oor geweldsmisdade waarby wit boere en hul meestal swart werkers betrokke is omdat dit “ongegronde rassespanning” in gemeenskappe verhoog.

    Van Wyk verskyn weer op 2 September in die hof.

  • 37. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 23

    Moenie vir Tony Leon huil nie, Argentinië
    Aug 03 2009 09:50:59:690PM – (SA)

    Sarel van der Walt

    Mnr. Tony Leon, voormalige DA-leier, sê sy waarskynlike aanstelling as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Argentinië is ’n “nuwe fase in my lewe waarna ek met groot opgewondenheid uitsien”.

    “Voordat ek as LP uitgetree het, het ek gesê ek wil iets buite partypolitieke verband doen. Ek het my 50ste verjaardag in Argentinië gevier en dit is ’n wonderlike land,” het hy gister aan Beeld gesê.

    Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het vroeër die dag bevestig Leon en dr. Zola Skweyiya en mnr. Ngconde Balfour, twee voormalige kabinetslede, het in Pretoria met ’n diplomatieke oriënteringskursus begin om hulle op “toekomstige ontplooiings in die diplomatieke korps” voor te berei.

    Die departement wou nie sê waarheen die drie uitgeplaas gaan word nie omdat diplomatieke protokol vereis die land waarheen die betrokke gesant gestuur word, moet die betrokke gesant eers amptelik aanvaar.

    Dié proses is nog aan die gang.

    “Dit sê baie dat mense uit opposisiegeledere nog gevra word om Suid-Afrika op diplomatieke vlak oorsee te verteenwoordig,” het Leon gesê.

    “Ek bly ’n DA-lid.”

    Skweyiya, oudminister van maatskaplike ontwikkeling, en Balfour, oudminister van korrektiewe dienste, sal Suid-Afrika volgens gerugte onderskeidelik in Brittanje en Botswana verteenwoordig.

    Ambassadeurs van Statebondslande staan in ander sulke lande as hoë kommissarisse bekend.

    Skweyiya se vrou, me. Thuthukile Mazibuko-Skweyiya, is ’n voormalige ambassadeur in Frankryk.

    Me. Lindiwe Mabuza (71) is die afgelope agt jaar hoë kommissaris in Londen en tree binnekort af.

    Die departement het egter niks in sy verklaring gesê oor of ’n diplomatieke paspoort ook binnekort aan dr. Pallo Jordan, oudminister van kuns en kultuur, uitgereik sal word nie. Daar word bespiegel hy sal die nuwe ambassadeur by die Verenigde Nasies in New York word.

    ’n Woordvoerder het by navraag gesê Jordan se aanstelling is in dié stadium bespiegeling.

    ’n Wolk hang intussen nog oor Balfour se kop nadat dit onlangs aan die lig gekom het adv. Thozama Mqobi-Balfour, sy vrou en Gautengse kommissaris van korrektiewe dienste, en me. Xoliswa Sibeko, nasionale kommissaris, woon op staatskoste in huise op die Pretoriase gholflandgoed Woodhill en hul ampswonings staan leeg.

    Die DA het ná dié onthulling gesê daar moet vasgestel word of mnr. Balfour as minister toestemming gegee het dat sy vrou nie in haar ampswoning hoef te bly nie.

  • 38. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 23

    Skurke skiet polisieman in nek, skouer toe hy op rooftog afkom
    Aug 03 2009 09:50:41:360PM – (SA)

    Linda de Beer

    ’n Polisieman van Klerksdorp is in die skouer en nek gewond toe hy en ’n kollega eergisteraand niksvermoedend op ’n gewapende rooftog by ’n supermark afgekom het.

    Drie gewapende mans het tussen 20:00 en 21:00 by die Freemanville-supermark aangekom, het kapt. Adéle Myburgh, Noordwes-polisiewoordvoerder, gesê.

    “Die eienaar is met ’n vuurwapen aangehou. Hy is ook tussen die bene geskop. ’n Onbekende bedrag kontant is uit die kasregister en Lottomasjien gevat.”

    Myburgh het gesê die twee polisielede het in ’n patrollievoertuig buite die winkel stilgehou toe die drie rowers uit die gebou gehardloop en op hulle afgestorm het. Die mans het die voorste passasiersdeur oopgeruk en die een polisieman uitgepluk.

    “Hy is in die skouer geskiet en die koeël het sy nek ook getref.”

    Die ander polisieman het ’n ent weggehardloop vir skuiling voordat ’n skietery tussen hom en die rowers ontstaan het.

    Die gewonde polisieman, wie se naam om veiligheidsredes weerhou word, is in ’n bestendige toestand in ’n plaaslike hospitaal.

  • 39. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 24

    ‘Egte vriende word ál minder’
    Aug 03 2009 09:07:41:997PM – (SA)

    Londen. – Facebook en ander sosiale netwerke ondermyn die sluit van ware vriendskappe, meen aartsbiskop Vincent Nichols, hoof van die Rooms-Katolieke Kerk in Engeland.

    Volgens Nichols plaas dié netwerke waarde op jong mense se die getal vriendskappe pleks van die gehalte daarvan.

    Hy het aan die Daily Telegraph gesê dít, e-pos en SMS’e bedreig die tradisionele gemeenskapslewe.

    “Vriendskap is nie ’n ruilmiddel nie. Dit is iets waaraan hard gewerk moet word en wat langdurig is as dit reg beoefen word.” Volgens Nichols is vaardighede soos die lees van mense se liggaamstaal aan die taan weens die oormatige gebruik van SMS’e en e-pos. – Korrespondent

  • 40. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 24

    Wie nie hoor nie moet voel, reken metroraad
    Aug 03 2009 09:51:00:360PM – (SA)

    Mia Willemse

    Die Tshwane-metroraad het gister tande gewys teen onwettige aanbouings deur te begin om groot dele van ’n huis in Faerie Glen in die ooste van Pretoria te sloop.

    Daar is glo al in 1981 met die beweerde onwettige aanbouings begin. Sowat 80% van die huis en buitegeboue is onwettig aangebring.

    Strukture wat gister reeds afgebreek is en vandag onder die stootskrapers gaan deurloop, sluit in Wendy-huisies in die agterplaas, die huis se staalstrukture in die dak, ’n aangeboude kamer bo-op die motorhuis en selfs die dubbelmotorhuis. Die huiswerker van die eienaar, mev. Gerda Beukes, en haar man, Carl, het hulle gebel met nuus oor die sloping.

    Mev. Beukes werk by die Universiteit van Pretoria se biblioteek. Sy en haar man was in die Vrystaat toe die huiswerker gebel het en was gister op pad terug na Pretoria.

    Die slopers het eers die meubels uit die huis en twee motors uit die motorhuis verwyder voordat hulle met die sloping begin het. “Die wet is baie duidelik as dit kom by onwettige aanbouings en die gevaarrisiko wat dit vir mense kan inhou,” het mnr. Oupa Nkoane, strategiese uitvoerende direkteur vir stadsbeplanning, ontwikkeling en streekdienste, gister gesê.

    Volgens Nkoane is daar al in 2006 ’n hofbevel teen die eienaar van Vermontstraat 502, mev. Beukes, ingedien om al die onwettige aanbouings op haar erf te sloop. Sy het egter volgens hom sedert die hof?bevel al die raad se waarskuwings in dié verband verontagsaam en was dit gister “D-dag” om die onwettige aanbouings en strukture te sloop.

    “Ons (die metroraad) gee mense die opsie om daaraan te voldoen, maar as hulle ons waarskuwings ignoreer, soos wat dié eienaar gedoen het, laat hulle ons met geen ander keuse as om hul eiendom te kom sloop nie,” het Nkoane gesê.

    Mnr. Martin van Niekerk, bestuurder van ontwikkelingbeheer by die metroraad, sê dit is tyd dat die publiek die metroraad se waarskuwings ernstig begin opneem.

    Werknemers van die metroraad het saam met ’n kontrakteur die sloping behartig nadat die plaaslike Dierebeskermingsvereniging die vier honde op die perseel verwyder het.

    Lede van die polisie en die plaaslike balju, ingenieurs en die metroraad se boubeheerbeamptes was ook teenwoordig.

    Mnr. Johan Jacobs, ’n bou-inspekteur, het gesê sowat 80% van die aanbouings en strukture op die perseel is onwettig gebou. “Daar woon mense onwettig op die perseel en dit is so duidelik soos daglig dat die huis se strukture nie veilig gebou is nie,” het Jacobs gesê.

    Mnr. Beukes het egter per telefoon ontken dat enigiemand onwettig op die perseel woon.

    “Ek en my vrou, my ma, ons bediende, ons tuinier en my twee handlangers woon alleen op die perseel,” het mnr. Beukes gesê.

  • 41. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 25

    VN-joernalis wil dié wet verander ná arrestasie oor langbroek
    Aug 03 2009 09:07:40:823PM – (SA)

    Khartoem. – Sy sal 40 000 houe vat om haar land se streng wette te verander.

    So het Loebna Ahmed al-Hoesein, ’n Soedanse joernalis, gesê aan die vooraand van die uitspraak waarin sy tot 40 houe kan kry omdat sy ’n langbroek in die openbaar gedra het.

    Al-Hoesein werk vir die media-afdeling van die Verenigde Nasies (VN) in Soedan. Sy sal vandag hoor wat haar lot is nadat sy afstand gedoen het van haar VN-immuniteit teen vervolging.

    Sy word vervolg ingevolge art. 152 van die Soedanse wetgewing wat 40 houe as straf het vir enigiemand “wat ’n onwelvoeglike daad pleeg wat openbare moraal oortree of onwelvoeglike klere dra”.

    Al-Hoesein is in haar 30’s. Sy het in ’n telefoononderhoud gesê: “Ek is gereed vir enigiets. Ek is nie bang vir die uitspraak nie.”

    Al-Hoesein en 12 ander vroue is op 3 Julie in hegtenis geneem toe hulle langbroeke in ’n Khartoemse restaurant gedra het. Twee dae later het tien van die vroue ’n straf van tien houe aanvaar, maar Al-Hoesein is onversetlik om die wet te verander.

    Die ander twee vroue is ook aangekla.

    “As ek gevonnis word tot houe of enigiets anders, sal ek appèl aanteken. Ek sal aanhou – tot in die konstitusionele hof as dit moet,” het sy gesê.

    “En as die konstitusionele hof sê die wet is konstitusioneel, is ek gereed om nie 40 nie, maar 40 000 houe te kry,” het sy gesê.

    Sy het talle joernaliste na haar hofverskyning genooi verlede Woensdag waar sy dieselfde klere gedra het waarin sy gearresteer is: ’n groen langbroek met ’n losserige blombloes en groen kopdoek. Honderde mense, onder wie talle vroue wat ook langbroeke gedra het, het die hof volgepak. “My grootste doelwit is om van art. 152 ontslae te raak,” het Al-Hoesein gesê.

    “Die wet is teen die grondwet en die sjaria,” het sy gesê.

    Die sjaria is die wetgewing wat in die noorde van Soedan geld.

    “As mense na die sjaria verwys om te regverdig dat vroue geslaan word, wil ek hê hulle moet my die Koran-verse wys wat so sê, ek het dit nog nie gekry nie,” het sy gesê. – AFP

  • 42. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 25

    Jon Hooper is YFM se nuwe stem
    Aug 03 2009 09:50:49:877PM – (SA)

    Kaapstad. – Van ’n bakker tot radio-omroeper.

    Die 22-jarige Jon Hooper van Pretoria is die nuwe omroeper wat deur die radiostasie YFM aangestel is.

    Die radiostasie het in Junie in ’n veelbesproke veldtog gesê daar word gesoek na ’n wit man omdat die Gautengse jeugradiostasie met ’n luisteraarstal van 1,4 miljoen mense, oorwegend swart, in “regstellende aksie” glo.

    Hooper, wat vlot Tswana praat, het YFM-luisteraars glo gaande gehad en sy stem word amptelik van Vrydag af op die radiostasie gehoor.

    “Ons het die persoon gekies met die oorspronklikste persoonlikheid. Jon is beslis daardie individu en hy is waarlik verteenwoordigend van die YFM-handelsmerk,” het mnr. Tumelo Diaho-Monaheng, programbestuurder van YFM, gister gesê.

    Hooper het gesê hy het grootgeword saam met die jong swart kinders wat rondom hom gebly het.

    Soos hierdie vriendskappe geblom het, het hy begin om hul taal te leer, tot waar hy homself “as ’n volledige lid van die swart gemeenskap sien”.

  • 43. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 26

    18m. kyk op YouTube hoe hy tromme speel
    Aug 03 2009 09:50:49:377PM – (SA)

    A.J. Opperman

    Port Elizabeth. – Hy wou ’n ingenieur word, maar met sy tromspeelvernuf het hy so gewild geword dat sy studie eers ’n musiekloopbaan najaag.

    Cobus Potgieter (22) van Humansdorp speel al van 16 jaar af tromme.

    In 2006 het hy “net vir die interessantheid” ’n video van homself op YouTube geplaas.

    Min kon hy voorsien dat daar so ’n groot aanvraag na sy video’s sou wees.

    Meer as drie jaar later het hy reeds vyf videoreekse opgelaai en kyk duisende mense daagliks na sy musiekvideo’s, sê mnr. Jason Mark, projekbestuurder by SMG Africa, wat deesdae verantwoordelik is vir die ontwerp van Potgieter se video’s.

    Tot op hede was daar al amper 18 miljoen mense van oor die wêreld heen wat sy video’s gesien het.

    Potgieter behartig ook self die vervaardiging van sy video’s – die beligting, klank en redigering.

    Op die oomblik is sy enigste bron van inkomste videoredigeringsprojekte vir ondernemings en kerke.

    Hy woon tans in Bloemfontein, waar hy die meeste van sy tyd by die plaaslike SAUK-ateljee aan die vervaardiging van sy eerste DVD bestee.

  • 44. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 26

    ‘Polisie het reeds baie wye skietmagte’
    Aug 03 2009 09:50:40:750PM – (SA)
    Philip de Bruin

    Komm. Bheki Cele, polisiehoof, mors sy tyd en jaag emosies op met dreigemente dat hy wyer skietmagte vir die polisie wil verkry.

    “As hy en die res van sy bestuur eerder net hul tyd en geld daaraan bestee om polisielede behoorlik op te lei in die bestaande regsposisie, sal hulle agterkom dat die polisie reeds baie wye magte het om misdadigers te skiet – en dood te skiet,” het dr. Llewellyn Curlewis, dosent in die reg aan Tukkies, en ander regslui gister gesê.

    Cele het die naweek aan die Cape Argus gesê hy gaan die parlement versoek om art. 49 van die Strafproseswet te verander sodat polisiemanne vinniger en beter van gewelddadige misdadigers ontslae kan raak.

    Curlewis het gesê nadat die konstitusionele hof dele van art. 49 onkonstitusioneel bevind het, het dié deel wat behoue gebly het “die volmaakte balans tussen die regte van die polisie, die publiek en verdagtes geskep”. Die hof het onder meer bevind dat polisiebeamptes nie die reg het om na willekeur die doodstraf toe te pas nie.

    “Art. 49 is in werklikheid niks anders nie as ’n glorified weergawe van die aanvaarde beginsel van noodweer nie.

    “Wat dus van ’n polisiebeampte verwag word, is om redelikerwys te glo dat ’n verdagte iemand kan of gaan doodmaak, hetsy dit die polisiebeampte of ’n lid van die publiek is.

    “In sulke gevalle mag die polisiebeampte doodsgeweld gebruik om homself en die publiek te beskerm.

    “Die probleem is dat die polisie nie hul jongelinge behoorlik oplei nie. Ek sukkel dan om die begrip in die koppe van senior LL.B.-studente te kry – hoeveel te meer tyd moet die polisie dan nie aan die opleiding van jong polisierekrute gee nie?”

    Prof. Marinus Wiechers, oudhoogleraar in die reg aan Unisa, stem saam en het gesê Cele moet daarteen waak om polisiebeamptes so te verwar dat hulle hul op misdaadtonele aan “rampokkery” skuldig maak.

    Ook prof. Tom Coetzee, oudhoogleraar in die reg aan die Noordwes-Universiteit, het gesê polisiebeamptes het reeds voldoende skietmagte.

  • 45. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 27

    Boet en skurk se lyk saam vervoer
    Aug 03 2009 09:51:04:483PM – (SA)

    Fanie van Rooyen

    “Ek het hom aangehou blaas totdat my pistool leeg was.”

    So het ’n erg emosionele en bebloede mnr. Faizel Joosub (57) van Laudium in die weste van Pretoria gister gesê nadat ’n rower sy broer voor hom doodgeskiet het. Hy het toe die rower doodgeskiet.

    Joosub se broer, Yusuf (56), is een keer in die maag getref.

    Hy het sowat ’n uur later gesterf toe die staatsambulans steeds nie opgedaag het nie.

    “Hy het nog opgestaan, met sy ma en sy broer gepraat en op ’n stoel gaan sit,” het supt. Johan Britz, stasiebevelvoerder van die Laudium-polisiekantoor, gister op die toneel gesê.

    “As die paramedici vroeër daar was, is ek seker daarvan hulle sou sy lewe kon red.”

    ’n Huiswerker van mev. Zubeida Joosub (78), die broers se ma, het twee rowers vermoedelik by die agterdeur ingelaat van die huis wat die drie Joosubs in Crimsonstraat gedeel het.

    Die huiswerker en die tweede rower het gister ná die skietvoorval van die toneel gevlug.

    Faizel Joosub het gister omstreeks 08:00 in die sitkamer TV gekyk.

    Die huiswerker het vermoedelik die staalhek aan die kant van die huis en die agterdeur vir die rowers oopgesluit.

    “Ek het in die sitkamer gesit en gehoor hoe die huiswerker by die agterdeur inkom,” het Faizel Joosub vertel.

    “Die volgende oomblik was daar twee mans langs my en een het gevra: ‘Waar is jou broer?’

    “Ek het gesê my broer is in sy kamer.”

    Die een rower het ’n rewolwer en die ander ’n pistool uitgepluk en hulle het die gang af na Yusuf Joosub se slaapkamer gestap. Een van die rowers het mev. Joosub uit haar kamer gaan haal, ’n lap in haar mond gedruk en haar in die sitkamer langs haar seun sit gemaak.

    Daarna het die rower Faizel Joosub beveel om in die gang op die grond te gaan lê en hom met ’n pistool oor die kop geslaan.

    Hy kon hoor hoe die ander rower sy broer in die slaapkamer geld vra.

    “My broer het gesê sy geld is in sy kas en hy het dit gaan uithaal. Toe ek sien die ander rower is nie meer agter my nie, toe haal ek my pistool uit my belt.”

    Die rower wat in sy broer se slaapkamer was, het sy rug na die oop slaapkamerdeur gehad.

    “Daar het ’n skoot geklap en toe begin ek net skiet. Ek het nie opgehou skiet voordat die magasyn leeg was nie.”

    Die dooie rower is deur polisie as mnr. Sandileli Lali (26) geïdentifiseer.

    Omdat slegs een polisielyk- wa beskikbaar was, moes die lyke van Yusuf Joosub en Lali saam weggery word.

    • Enigeen met inligting wat die polisie kan help, kan insp. Riaan Colyn van die polisie se triotaakspan kontak by 082 335 2390.

  • 46. Beeld  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 28

    Man loop met sy binnegoed in hande ná aanval
    Aug 03 2009 09:50:48:780PM – (SA)

    Herman Scholtz

    ’n Voormalige skoonmaker by ’n motorfabriek in Rosslyn, Pretoria, is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis omdat hy ’n man se maag oopgesny en dié se ingewande uitgeval het.

    “Nie een van ons sal weet hoe dit voel om met jou ingewande in jou hande te loop nadat jy oopgesny is nie,” het streeklanddros Pieter Nel gesê voordat hy Andrew Koba (31) gevonnis het.

    Koba is vroeër in die Pretoria-Noord-streekhof skuldig bevind op aanklag van poging tot moord op mnr. Hendry Britz (58).

    Britz het as ’n monteur by die August Läpple-aanleg gewerk en Koba was ’n skoonmaker vir ’n maatskappy wat die aanleg skoongemaak het.

    Die hof het gehoor Koba het op ’n dag in Junie 2007 ’n tuisgemaakte mes werk toe geneem, dit laat skerpmaak en Britz sonder rede aangeval.

    Britz se buikarea is met ’n “byna sirkelvormige beweging” met die lang mes oopgesny.

    Nel het gesê Koba het klaarblyklik geen berou oor die misdaad nie aangesien hy nog teenoor die proefbeampte ontken het dat hy die misdaad gepleeg het.

    Die enigste moontlike motief vir die aanval, het Britz in ’n voorvonnisverslag vermeld, is dat hy sowat ses maande voor die aanval ’n interne klag teen Koba ingedien het omdat hy glo nie behoorlik skoongemaak het nie.

    “Die aanval was barbaars en onnodig,” het Nel bevind.

    Britz het ná die aanval vir sy lewe gevlug totdat ’n kollega hom bygestaan en ’n ambulans ontbied het.

    Hy is per helikopter na ’n hospitaal geneem waar Britz ’n noodoperasie ondergaan het.

    Hy het sedertdien reeds vyf groot operasies ondergaan en sal nóg prosedures moet verduur.

    Britz was in ’n koma, het in ’n stadium nie beheer oor sy blaas gehad nie, moes agt skroewe in sy rug laat inplant en sy ingewande moes met ’n spesiale net vasgebind word. Verder ly hy aan posttraumatiese stres en ervaar steeds chroniese pyn.

    Britz het ná die vonnis gesê hy het weens mediese ongeskiktheid opgehou werk. “Die vonnis van 12 jaar is te min. Ek het dan die doodstraf gekry.”

  • 47. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 9 : 51

    Dankie beeld – nou weet ons ook wat in die wêreld aangaan

  • 48. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 10 : 12

    dis nie te sê jy moet nou weer verdwyn nie

  • 49. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 10 : 23

    #39

    Ek kan dit nie 4kin glo nie!!!!!!! 99% vanni huise inni townships is sonner bouplanne gebou. Gat die Metro nou wragtag ‘n voorbeeld maak van witmense? Ek beskyt myself biekies biekies as ek daaraan dink. Hierie is ‘n ras issue en niemand, maar niemand sal my kan oortuig dis nie so nie.

    Dit gee my sommer ‘n kramp inni hol oorlat ek weet wat reg en verkeerd is wat aanbouing aanbetref. My pa het bouplanne opgetrek en ek weet biekie meer assi kiepie oppi straat van aanbouings. Drolle!!!!!!!! Hulle kan dit seke nie verdra dat witmense ook ‘mens’ issi.😡

  • 50. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 10 : 25

    Lo Tilla

  • 51. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 10 : 25

    Willes !!!

  • 52. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 10 : 26

    Jy nou al afgekoel ?

  • 53. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 10 : 30

    Baai Tilla

  • 54. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 10 : 31

    TILLA!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 55. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 10 : 33

    Dêmmit!!!!!!!!

  • 56. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 10 : 36

    Hey wenna !

  • 57. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 10 : 40

    Willes – kom terug !!!

  • 58. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 10 : 51

    EKS HIE!!!!!!

  • 59. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 11 : 05

    Nou sê iets

  • 60. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 11 : 34

    Iets

  • 61. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 11 : 38

    Dankie tog ! Sy is after all nie met stomheid geslaan nie !

  • 62. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 11 : 47

    Tsk!

  • 63. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 11 : 47

    Raai wie was by my vandag

  • 64. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 11 : 59

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( ( T I L L A ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) ) ) )

  • 65. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 00

    Raai nou!

  • 66. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 02

    Eish!

  • 67. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 03

    Uhm – is dit iemand wat ek ken ?

  • 68. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 12

    Die dominee se ma oor jy in die kerk geslaap het ?

    My kloon ?

    Ha 2 ling ?

    Die duiwel ?

    Dit was nie ek nie – dis al wat ek weet

  • 69. Nats  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 12

    Hello julle!!!!

    Ja nee, geweld – diefstal, moord en alles wat daarmee saam gaan ruk nou al jare lank hand uit! Vandag is mens net dankbaar as hulle jou nie dood maak nie… maar in baie gevalle moor hulle en loop weg met ‘n cell foon.

    DIS WAT MY MOERIG MAAK!
    My lewe is baie meer werd as dit! En ek net soos jy het die reg om te lewe – wie of wat is jy wat dit kan weg vat… en dit vir simpel goed…👿

  • 70. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 15

    Nats !!!

  • 71. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 16

    Dis ‘n connection van my evil twin……………..

  • 72. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 20

    Ek ken mos nie jou evil twin se connections nie – toe spoeg uit – wie was dit ?

  • 73. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 29

    Moet ek dit nou wragtig uit jou uit trek ?

  • 74. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 30

    Onthou jy dat my tweeling verloof geraak het???

  • 75. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 31

    My evil twin se verloofde wat NIEMAND is…………….

  • 76. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 31

    En hy kom volgende week WEER trug!!

  • 77. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 31

    Die een in die Kaap ?

  • 78. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 32

    Hey wenna!!! Ek praat

  • 79. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 32

    Is julle diens so bad dat hy moet terugkom ? Of kom hy terug vir plesier ?

  • 80. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 33

    Nou praat jou hart uit – ek luister !

  • 81. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 35

    6 rooflesers ! Eish !

  • 82. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 44

    Hy kom virri brieke wat hulle nie wou doen nie

  • 83. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 12 : 48

    Nou hoekom is hulle so lelik met hom ?

  • 84. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 1 : 45

    Wa jy nou al weer ?

  • 85. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 2 : 27

    Want ons het hulle ‘n quote gegee toe sêg hulle lossit. Ekke biekie besig jong

  • 86. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 2 : 55

    Hulle betaal seker nog daai troue

  • 87. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 3 : 00

    Ek is nou moeg !

  • 88. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 3 : 02

    Kom ons gaan huistoe

  • 89. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 3 : 14

    Eish – hier het 8 treintrokke ontspoor hier by ons laasnag !

  • 90. Salomè  |  Augustus 4, 2009 om 3 : 34

    Middag almal!!!

  • 91. Salomè  |  Augustus 4, 2009 om 3 : 39

    Matilda, gaan jy nou wragtag tjaaila sonder om vir my koffie aan te bied.

  • 92. Salomè  |  Augustus 4, 2009 om 3 : 40

    Ek is so ontstel dat ek nie eens kan spel nie . . . tsk!

  • 93. Salomè  |  Augustus 4, 2009 om 3 : 41

    julle 6 rooflesers loose tog uit op tjoklit koek
    ♪ ♫ wela kapela ♫ ♪

  • 94. Salomè  |  Augustus 4, 2009 om 3 : 42

    haaaaa . . . . 10 VAN JULLE !!!
    en niemand het iets te sê nie.

  • 95. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 3 : 53

    Jip, maar ek sal vir jou maak sodra ek by die huis kom – okay !

  • 96. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2009 om 3 : 55

    12 rooflesers – dis die meeste wat ek nog gesien het !

  • 97. Wille Kjind Q  |  Augustus 4, 2009 om 4 : 15

    Halie! Halie! Halie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: