Vleis, brood en melk

Augustus 2, 2009 at 5 : 11 76 Kommentaar

Goed, niemand spring seker op en af van opgewondenheid met die vooruitsig om te gaan inkopies doen nie.  Ek praat nou van die tipe inkopies wat die kos in die kaste kry. 

Verskillende mense het verskillende giere as dit by inkopies kom.  Sommige het ‘n rooster wat hulle slaafs navolg, elke Saterdagoggend sal jy hulle aan die pik kry tussen die rakke.  Ander gaan koop weer wanneer hulle iets nodig het.  As hulle effens meer georganiseerd is, vul hulle iets aan soos wat dit klaar is.  Anders sukkel hulle ‘n paar dae lank, voordat hulle onthou dat die tandepasta op.  Sommige mense sal hulle bes doen om die skare in die winkels te vermy en ander go with the flow.

Party mense beplan ‘n inkopie intog soos ‘n generaal ‘n oorlog sal beplan.  Eers word daar ‘n lys opgestel oor wat die dag / week / maand benodig gaan word.  Die advertensie blaadjies word nader getrek en haarfyn bestudeer van waar al die winskopies is.  Daarna word die gekose winkels een na die ander besoek om hulle winskopies op te raap en die gewone artikels se pryse noukeurig op geteken.  Nadat al die winkels besoek is, gaan hulle terug vir ‘n tweede ronde om al die res te gaan koop waar dit ookal die goedkoopste is.

Daar is mense wat altyd die winskopies in grootmaat opraap.  Hulle koop elke maand al die specials, met die hoop dat alles wat hulle een of ander tyd gaan benodig wel afgemerk sal word.  Hulle het genoeg om ‘n hele weermag uit te help as dit nodig sal wees.

Daar is mense wat verkies om alleen inkopies gaan doen en ander verkies om die hele gesin saam te sleep.  Nog ander delegeer die verantwoordelikheid aan ‘n man, kind, vrou of bediende. 

In die winkel self is daar ook sigbare verskille.  Party mense pyl af op wat hulle wil koop en probeer in ‘n rekord tyd by die kassiere uitkom.  Ander van hulle bestudeer eers elke etiket.  Blykbaar gaan tot 79% van alle mense die vervaldatum na.  Sekere mense kan net nie ‘n nuwe produk uitlos nie.  Alles moet getoets word, net nou mis hulle iets.  Nog ander wyk nie ‘n aks van die lysie af nie.  Sommige vermy die lekkergoed rakke soos pes en ander kan dit nou weer nie weerstaan nie.

Hoe werk die kruideniers inkopies in julle huis?

Blogvraag:  Watter maatskappy was eerste om koepons vir bemarking te gebruik?

Blogantwoord:  My Life – Billy Joel (Max); No Hero – Steve Hofmeyr of No Hero – Offspring (Max); Fools Rush In – UB40 / Elvis Presley of Fools Rush in – Hall and Oats (Max).

Kripties:  Bad Reputation – Joan Jett (Naam weggooi). 

Bonus:  Life Story – Angie Stone (Max); No Tomorrow – Orson (Max); Fool – Shakira (Max); Ghost – 2Pac (Willes); You’re the Inspiration – Chicago (Willes); Autobiography – Ashlee Simpson (Max), Tuesday – Yazoo (Max); If tomorrow never comes – Ronan Keating (Max); Hero – Mariah Carey (Salome*); Head over heels – Go go’s (Olga); Today – Smashing pumpkins (Olga); What does it matter – Sheryl Crow (Olga); The Narrow Path – Blu & Exile (Olga).

Foto:  Brother Bear – Phil Collins (Willes*), Teddy Bear – Elvis Presley (Max); Bear Necessity – Jungle Book (Salome); I am your Gummy bear – Christian Schneider (Salome*); Teddy Bears Picnic – Henry Hall (Salome*); Winnie the Pooh – Disney (Salome*); Care Bears – Care Bears (Adriaan); Brown Bear – Bell (Olga); Big Brown Bear – Kashmir (Olga).

Entry filed under: Bogpraatjies. Tags: .

Biografie Your money or your life

76 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Augustus 2, 2009 om 6 : 13

    EERSTE!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Augustus 2, 2009 om 6 : 18

    Asa Candler in samewerking met Coca Cola

  • 3. Wille Kjind Q  |  Augustus 2, 2009 om 6 : 25

    Ek koop bulk. Dis nie altyd goedkoper nie maar ek HAAT inkopies doen. Hoe minner ek inni ry hoef af te gaan hoe beter. Ek koop gewoonlik by winkels soos Kit-Kat, Makro of Trade centre. Die rye is breed genoeg (veral Trade centre) om somme met jou kar da deur te jaag😈

  • 4. Wille Kjind Q  |  Augustus 2, 2009 om 6 : 27

    En die kanse is groter dat iemand jou hak morsaf gat ry as jy by ‘n gewone supermark shop

  • 5. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 7 : 15

    Ek is van die wat winkel toe jaag vir suiker en terug kom met alles behalwe suiker.

  • 6. Salomè  |  Augustus 2, 2009 om 7 : 26

    Naand almal

    Ons koop graag baie van dit wat op special is, veral as dit iets is wat ons gebruik. Ek wyk nie af van sekere brands nie, so ek kyk nie sommer na pryse nie. Daar is seker goed wat ons nie bereid is om goedkoper te koop nie.
    Eindlik moet Liefie glad nie saam gaan inkopies doen nie, want hy koop al die swieties, koekies, tjips, ens, ens. Maar ons gaan doen altyd saam inkopies, behalwe as daar iets klaar is en dit net aangevul moet word.

    Snaaks genoeg het ek ok al agter gekom dat grootmaat koop nie noodwendig goedkoper is nie. Grootmaat vleis koop spaar jou egter baie. Halwe skaap per kilo kos jou amper helfte goedkoper as skaap in klaar verpakte pakkies. Naturlik sal dit nou nie vir die enkellopendes raadsaam wees nie, maar ek het ‘n klomp leeus in hierdie huis.

  • 7. Salomè  |  Augustus 2, 2009 om 7 : 27

    Toemaar Adrie, jy hoef glad nie alleen te voel nie. Liefie is ok een van daai wat winkel toe vir iets en dan met die helfte van ‘n nuwe snoepie hier aan kom en die nodige vergeet het.

  • 8. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 7 : 31

    Saloom, inkopies is nie hoog op my prioriteitslys nie. Daar is beter dinge om te doen.

  • 9. Girl van die Suburbs  |  Augustus 2, 2009 om 9 : 12

    Allo Allo

  • 10. maxie  |  Augustus 2, 2009 om 9 : 25

    Hi Nell
    Lekker verjaar?

  • 11. maxie  |  Augustus 2, 2009 om 9 : 31

    Ek verpes inkopies doen. In en uit in rekordtyd en nooit, maar nooit oor ‘n naweek of maandeinde nie.
    Ook nie op pensioners’ day nie.

    Stuur die Engelsman vir ‘n brood en hy kom huistoe met ‘n nuwe kamera (ons het klaar 3 en hy hou nie eens van foto’s neem nie) of nog iets belagliks duur wat ons nie nodig het nie.

  • 12. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 9 : 58

    Hi Nell

    Die hele naweek geparty? Ek hou daarvan!

  • 13. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 01

    Om een of ander rede doen ek meestal Vrydae aande inkopies. Waarskynlik omdat dit my gemorskos dag is en ek dit haat om te wag.

    In my ervaring is rugbytyd en 7de laan tyd die stilste.

  • 14. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 03

    Daar was gister weer nie maniere by die winkel nie. Sorry. Hallo Max.

  • 15. maxie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 22

    Hi Adrie
    Gou die Engelse kind se broodjie vir more gaan maak.
    Jy’s reg – rugbytyd is lekker stil vir inkopies.
    Is daar ooit maniere by die winkels??

  • 16. Girl van die Suburbs  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 23

    Hier’s ek weer, hier’s ek weer….

    Nell het tot 14:22 geslaap vandag! Ek is nou moeg gekuier

  • 17. maxie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 24

    Nell
    Hoe gaan jy geslaap kry vanaand?

  • 18. Girl van die Suburbs  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 27

    Ek le hier en kan nie wag om te gaan inkruip nie… Ek is nog steeds moeg. Ek het nie eers “gekuier” nie. Was 12 uur Saterdagaand in die bed.. Het 9 uur wakker geword, het ‘n boksie smarties gepolish terwyl ek le en lees het… 10 uur toe raak ek weer aan die slaap tot daai tyd. Weetie…

  • 19. maxie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 29

    Sjoe. Sal nooit soveel kan slaap nie.

  • 20. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 29

    Max

    Daar vang jy my weer lieg.😉 Selfs al was daar, sou ek nie gekoop het nie. Dit gee my darem n geldige ekskusie.

  • 21. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 31

    Nell

    Is dit wat gebeur as n mens so oud soos jy raak?😯 Moet ek al tannie Nell?

  • 22. Girl van die Suburbs  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 32

    LOL Max, dis nie ‘n alledaagse gebeurtenis nie… Ek verstaan self nie hoekom ek al weer so moeg is nie.

  • 23. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 33

    Behalwe as n mens – ek sal maar eerder nie name noem nie – n skuldige gewete het. Dan sit mens mos nie n oog op mekaar nie.😆

  • 24. maxie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 34

    Adrie😆

  • 25. Girl van die Suburbs  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 36

    Nee wat daai probleempie is my nie beskore nie.

    Hoe gaan dit me Swanepoel?

  • 26. maxie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 37

    Julle (of jul rekenaars) is te vinnig vir my. My😆 was vir Adrie se comment nr 20.
    Wie’t ‘n skuldige gewete, en hoekom?

  • 27. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 38

    Seker maar goed.😉 Met jou?

    Van die Dorings het vir jou gesing vrydagoggend.

  • 28. Girl van die Suburbs  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 39

    Nee jong Max… die vrou praat in tale!

  • 29. Girl van die Suburbs  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 41

    Ag regtig?

    Ek het dit gemis…😦😦😦

    Vrydag 11 uur toe jaag baas my huis toe. Vriendin neem my vir ete en DAAR kuier ek toe te lekker. By haar oorgeslaap. Saterdag by ‘n ander vriendin en haar ouers vasgehak… vandag bietjie me (and Oscar) time gehad…

  • 30. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 41

    My rekenaar is gebere. Ek het net 9 knoppies tot my beskikking.

    Mense wat wonder oor hoe hulle gaan slaap natuurlik. Of sukkel om te slaap. . .

  • 31. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 44

    Hie hie hie

    Ek het Vrydagmiddag gebank en gaan fliek. My life in ruins gaan kyk. Was nogal snaaks gewees.

  • 32. Girl van die Suburbs  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 45

    Wat van mense wat wonder hoe hulle gaan slaap?

  • 33. maxie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 45

    Adrie
    Jou 9 knoppies (sekerlik op jou selfoon) is vinniger as my rekenaar en lappie saam, grrr.

    As ek nie nou gaan slaap nie,gaan ek nooit moreoggend 04H00 kan opstaan nie.

    Nell
    Gee vir Oscar ‘n drukkie van my af asb….

    Lekker slaap, julle….

  • 34. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 47

    Nell

    Ek skimp-skoor in Max se rigting, maar sy wil nie die skoen aantrek nie.

  • 35. Girl van die Suburbs  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 47

    Jislaaik.. 4 uur? Dis te vroeg!

    Lekker slapies Max❤

  • 36. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 49

    Lekker slaap Max.

    Sjoe, hoekom moet jy in die middel van die nag opstaan?

  • 37. maxie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 49

    Adrie
    Wat skinp-skoor jy nou?
    Tsk.

  • 38. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 52

    *Adrie maak asof botter nie in haar mond kan smelt nie.

  • 39. Girl van die Suburbs  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 53

    Ek dink ek gaan ook inkruip… Ek mag dalk net hier op die bank begin zzzzzz

  • 40. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 55

    Soete drome, Nell

  • 41. maxie  |  Augustus 2, 2009 om 10 : 56

    Adrie behoort teen die tyd al te weet dat Max haar nie laat uitlok nie want Max is al ‘n grootmens..
    Soos water van ‘n eend se rug af…

    Lekker slaap….

  • 42. Adrie  |  Augustus 2, 2009 om 11 : 01

    Groot mens = ou mens = baie sondes = MIN SLAAP!

    I rest my case

  • 43. maxie  |  Augustus 2, 2009 om 11 : 05

    Adrie
    😆

  • 44. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 5 : 18

    More more

  • 45. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 7 : 47

    more maters

  • 46. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 8 : 14

    Ek koop goed wat op special is as dit goed is wat ek gebruik, dan koop ek sommer ‘n klomp – veral as dit goed is wat niks kan oorkom nie soos koffie en blikkieskos en dan gaan koop ek by Makro of Metro 6 packs of 12 packs en so aan van skottelgoedseep (Sunlight), tandepasta, seep, handy andy, daai tipe van goed en dan vul ek maar aan soos die goed klaar raak.

    Partydae mind ek nie om te gaan shopping doen nie, maar ander dae irriteer dit my vreeslik, dan is ek net in en uit met wat ek gesoek het, ander dae kom ek ook met alles behalwe wat ek eintlik gesoek het huistoe !

    So van vervaldatums gepraat – ek sien gister dat daar actually tot op weggooidoeke ‘n vervaldatum is !

  • 47. Nats  |  Augustus 3, 2009 om 8 : 58

    Goeie more julle!!

    Ons maak lysies, dan koop ons sekere goed in groot maat (waspoeier, longlife melk, skoonmaak goed) Gewoontlik koop ek Mr. Min 2 vir die prys van een, so daar is altyd ‘n spaar een of twee.

    Ander kruideniers koop ons maar van maand tot maand – en soos goed op raak sal ek gou by die winkel stop en koop.

    Vleis koop ons gewoontlik ook in redelike groot maat. Maar nie regtig meer nie, ons is net twee soos ons eet maar stadig en wil en kannie vleis te lank vries nie.

    O ja en ons eet altyd sommer by die Wimpy voor ons winkels toe gaan – al geleer mens kan nie op ‘n lee maag kruideniers koop nie!🙂

  • 48. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 18

    Waar is die koerant vandag ?

  • 49. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 26

    Dalk het die Beeld gaan kos koop

  • 50. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 27

    Saloom brei seker poppies

  • 51. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 28

    Dus het sy nog wol gaan koop

  • 52. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 28

    Nell slaap seker nog

  • 53. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 29

    Willes se skouer is seker nog af

  • 54. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 29

    Boervrou is seker op die lande

  • 55. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 32

    Max sal seker eers vanaand weer hier wees

  • 56. Salomè  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 34

    Hahaha
    More MAthilda – praat jy nou al met jouself.

  • 57. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 41

    By force Saloom – not by choice !

  • 58. Salomè  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 47

    Ek loop alweer draaie om die strykgoed dis hoekom ek maar liewer hier kom koffie drink

  • 59. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 50

    Nou maar laat ons koffie drink ! Ek kan niks fout sien daarin nie – wat eet ons saam met die koffie ?

  • 60. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 52

    Ek sal sewentig bondels wasgoed was voor ek een stryk !

  • 61. Salomè  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 58

    ek moet nog die koek bak. Het darem al die kakao en goed gekook. dit moet nog net afkoel. Het die kinners belowe daar sal middag koek wees.
    Hulle eet soos wurms,. maar dit is seker maar die koue weer

  • 62. Salomè  |  Augustus 3, 2009 om 10 : 59

    het nou net vir F ‘n boggerol broodjie gemaak (in skapies gesny en all) so jy kan ‘n broodjie kry as jy wil

  • 63. Salomè  |  Augustus 3, 2009 om 11 : 01

    eindlik hou ek van stryk, dis net om eers aan die gang te kom. wil ok nie elke oggend voor S moet skool toe gaan sy hemde stryk nie

  • 64. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 11 : 26

    Sekere goed mind ek nie om te stryk nie – maar dis nogsteeds nie my favourite tydverdryf nie

  • 65. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 11 : 27

    Baie van my goed hang ek so mooi op dat dit nie stryk nodig het nie – of bittermin in elk geval

  • 66. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 11 : 39

    Ek HAAAAAAAAAAT stryk. Was elke naweek 4 bonnels wasgud ma stryk is nie vi my nie!!!!!!

  • 67. Nats  |  Augustus 3, 2009 om 12 : 30

    Tweeling!!!!!!!!!!!
    ((( Een van jou liedtjies speel op JAC!!!!!! )))))

  • 68. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 1 : 52

    😯 Geen Beeld❓

  • 69. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 1 : 57

    Willes !!!

  • 70. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 1 : 58

    Ek is amper 2 ure weg gewees en hier gaan nogsteeds niks aan nie

  • 71. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 2 : 25

    @ Tilla

    Sorry!! Ek raak so besig dat ek skaars grond vat. Dis baja moeilik om te werk sonder ‘n voorman. Hys op sirkus virri week👿

  • 72. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 2 : 51

    Jy is vergewe die keer willes

  • 73. *Mathilda*  |  Augustus 3, 2009 om 3 : 36

    Ek weet nou nog nie wat in die nuus aangegaan het vandag nie

  • 74. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 6 : 20

    EERSTE!!!!!!!!!!

  • 75. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 6 : 22

    :mrgreen:

  • 76. Wille Kjind Q  |  Augustus 3, 2009 om 6 : 23

    Ek gat gou my ma PnP toe vat vir ‘n paar dingetjies wat sy benodig

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: