Hiëragiese Gemors

Julie 30, 2009 at 6 : 01 135 Kommentaar

Daar is sekere goed wat vir ons gewone sterflinge sommer net Grieks is.  Daar is ‘n doolhoof waarin ons onsself eerder nie wil begewe nie.  Tog is ‘n mens maar net ‘n mens en wie gee om dat nuuskierigheid die tronke vol maak?  Daar is gelukkig goed soos gladdebek prokureurs en parool.  Jy kan selfs moontlik jou pad na vryheid koop.  

Noudie dag was daar ‘n vraag op Your Question, My Question oor wat kom tussen ‘n hertog en ‘n graaf.  Ek het ook geen idee gehad nie.  Ek weet dat ‘n mens die getiteldes kry, maar wat die rangorde is, weet ek nie.  Ek is immers nie ‘n rooinek nie.  Goed, hulle raak ons nie juis in Suid-Afrika nie.  Wie weet egter hoe werk die rangordes tussen die akademici?  Of in die weermag? 

Gelukkig het ‘n ek ‘n goeie vriend, genaamd Google wat ‘n bietjie lig kan werp.  Dit sal amper ‘n dekade neem om al die besonderhede uit te stryk, dus gee ek maar net die basiese.  Peerage (wat ek seker verkeerdelik as koninglikes vertaal) is almal wat bloubloed het sonder om ‘n monarg te wees.  Hulle titels in volgorde van belangrikheid is Hertog, Markies, Graaf (Earl), Graaf (Viscount) en Baron.  Na die peerage, kom die gentry of te wel die ridderlikes.  Die volgorde en name kan ook van land tot land verskil.

Ek het op varsity altyd kop gekrap oor die lektore.  Goed, ‘n doktor is iemand wat ‘n PhD graad verwerf het, maar ‘n Professor het ook maar net ‘n PhD of 10.  Die storie verskil ook maar van land tot land.  Suid-Afrika volg hier die Engelse na.  ‘n Junior Lektor is iemand met net ‘n honneursgraad.  Lektore het ten minste ‘n meestersgraad.  Senior dosente is diegene wat al ‘n PhD behaal het.  Daarna raak hulle belangrik genoeg vir professorskap.  Ek het eendag ‘n dosent gevra hoe dit toegeken word.  Hy het gesê in die apartheidsjare moes jy aan die Broederbond behoort het, in die nuwe bedeling moet jy ‘n ANC lid wees.  In elk geval, ‘n mede-professor in intreevlak.  Daarna volg Professor, Senior Professor en Buitegewone professor.  ‘n Navorsing professor gee glad nie klas nie. 

Die administratiewe poste in ‘n universiteit is ook so ‘n storie.  Dit is die hoof van ‘n departament, program beamptes, visedekaan, dekaan, viserektor, rektor en visekansellier en kansellier.  ‘n Kansellier is eintlik net ‘n naam, ‘n eerbetoon.  Hy/Sy doen eintlik niks aan die universiteit se heil nie.

Militêre range is omtrent ‘n slagveld.  Dit verskil ook van afdeling tot afdeling, van land tot land.  Oor die algemeen is General die hoogste gesag.  In die vloot is ‘n generaal ‘n admiraal.  Die algemene offissiere in die weermag is gewoonlik:  Brigadier Generaal (soms net Brigadier), Majoor Generaal, Luitenant Generaal, Generaal.  Hulle word gevolg met die veld offisiere, naamlik Majoor, Luitenant Kolonel, Kolonel.  Die junior offisiere is Luitenant en Kaptein.  Dan kom die klein indiane van sersante en korporale.  Hierdie is egter net ‘n riglyn, ek kan nie belowe dat dit waar is vir Suid-Afrika nie.  As jy van beter weet, asseblief, deel met ons.

Dit is maar net die begin.  Ek sal seker ‘n jaar lank die verskillende rangordes moet bestudeer.  Dit is nogal ‘n mondvol.  Vet weet hoe almal nog aangespreek moet word?

Blogvraag:  Wie word tradisioneel as die Hertog van Cornwall aangewys?

Blogantwoord:  Nell was reg dat die beeld simbolies van die kultuur en Christendom wat deur die vroue op die Groot Trek gehandhaaf en uitgebou is.

Baie geluk aan Nell wat môre (31 Julie) verjaar.  Ek hoop dat jy ‘n wonderlike jaar het wat vir jou wag en dat al jou drome en ambisies werklikhede sal word.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Museums Vlerke van tyd

135 Kommentaar Add your own

  • 1. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 04

    Allo. Allo.

    Eerste

  • 2. Xena  |  Julie 30, 2009 om 6 : 05

    Howzit

  • 3. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 07

    Dit is gewoonlik die oudste (eerste) seun van die Britse Queen.

  • 4. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 07

    Hoe gaan dit Xena?

  • 5. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 09

    Ek is ook deel van die adelgesin…. Ek is ‘n drama queen:mrgreen:

  • 6. Xena  |  Julie 30, 2009 om 6 : 11

    Goed en met jou Nell?

    Watse liedjies het jy op jou blog gesit? Kan dit nie sien nie.

  • 7. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 12

    nell is erg bef*k vandag! Al die heel week. Werk…

    Slade se Believe in women en Scorpions se wind of change

  • 8. Xena  |  Julie 30, 2009 om 6 : 15

    Ek verstaan ten volle. Hoe lank is ek al in daardie bui?

  • 9. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 16

    EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 10. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 16

    Heel week ook?

  • 11. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 17

    Holla!

  • 12. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 18

    Willes, hoe ganit?

  • 13. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 18

    Wat het ek gemis?

  • 14. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 19

    Shap en jy Nell?

  • 15. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 21

    lekker dankie. Gelukkig minder koud! Op boek nommer hoeveel is jy nou?

  • 16. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 21

    Eks moeg

  • 17. Xena  |  Julie 30, 2009 om 6 : 22

    Eerder soos in die heel maand

  • 18. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 23

    Boek no 3. Hak vas by 3de boek. 1Ste 2 was baja beter as no 3. Ek lees ma lekka lang tand aani 3de 1

  • 19. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 24

    Oh, ek weet nie… ek loop maar lig hier… chat maar min!😉

    Hele MAAND… Why?

  • 20. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 24

    Heel jaar souns more like it:mrgreen:

  • 21. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 25

    jis vandat ek blog skeep ek my lees erg af😦

  • 22. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 27

    Ek het lees terwyl ek blog bemeester😈

  • 23. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 28

    Terwyl ek tievie kyk natuurlik😉

  • 24. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 29

    Xena gaan jy nou verduidelik hoekom jy die heeltyd so in raaisels praat?

  • 25. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 29

    Hulle moet slegte boeke verban

  • 26. Xena  |  Julie 30, 2009 om 6 : 29

    Willes

    My maand is maar min in vergelyking met jou hele lewe. 😉

  • 27. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 30

    en dan het jy nog twee kids! Supergirl?!

  • 28. Xena  |  Julie 30, 2009 om 6 : 30

    Raaisels?

    Ek is mal oor raaisels. Waar is die raaisels?

  • 29. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 31

    He! He!

  • 30. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 32

    My Soul… Jy praat in sirkels, nuances, raaisels… se goed wat my laat dink… wat pobeer sy nou se???? Spit it out!

  • 31. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 33

    Eks lekka mellow met die pille wat ek drink. Dit help ook dat ek gepamperlang word. Dan kan ek lekka lê en lees in my kamer

  • 32. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 34

    watse pille?

  • 33. Xena  |  Julie 30, 2009 om 6 : 34

    Spoeg, spoeg!!!!

  • 34. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 34

    Speel my 3ling alwee Ciska?

  • 35. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 35

    My pyn pille

  • 36. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 36

    Hiert jou adder!

  • 37. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 37

    Is jy in pyn?

  • 38. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 38

    Nell

    Nee……. My zolle is mos gekonviskeit

  • 39. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 40

    En my obs natuurlik😯

  • 40. Girl van die Suburbs  |  Julie 30, 2009 om 6 : 41

    Ohhhhh jaaaaaaaaaa… Die obs… hoe kon ek vergeet?
    duh!

  • 41. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 42

    Kak toneelspel van Ciska

  • 42. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 44

    Saloom is seke vort met die wyn ôk

  • 43. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 6 : 46

    Ag skuus julle!! Dag julle is op strike toe gaan maak ek maar kos.
    Maar hier is ek nou weer – Liefie is weg om huisbesoek te doen en die skottelgoed is gewas.

  • 44. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 6 : 47

    Julle kan nie vir my vertel dat julle nie brei nie – sjoe!!
    Maar julle kan seker darem almal poppies koop en verkoop.

  • 45. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 6 : 48

    Willes, Ek het net die wyn bietjie oppi ys gaan sit terwyl ds hier was. Wil nou nie hê hy moet die idee kry dat ek ‘n suiplap is nie nè

  • 46. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 51

    Saloom!!!!!!!!!!

  • 47. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 52

    Ek het net gou die karre ingetrek

  • 48. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 53

    Skink van daai wyn jong

  • 49. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 54

    Nout almal gerock off

  • 50. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 6 : 54

    Raait. Ekstra sterk?

  • 51. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 55

    Hey wennas!!!!!

  • 52. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 6 : 55

    Jy moetie so ongeduldig wees nie jong, ek het net my Tagged maatjies ok gaan hallo sê

  • 53. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 55

    Ekstra ekstra sterk asb

  • 54. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 6 : 56

    En ek moet darem gaan opcheck of die Mafia lede darem nog hulle werk doen.

  • 55. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 56

    Ja ja ja

  • 56. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 6 : 57

    Weet nie of daai XXX strong so goeie ding is saam met die pille nioe. Sal maar liewerste vir jou XXX koffie maak en ‘n knertsie daar in gooi.

  • 57. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 58

    Het jy koek?

  • 58. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 6 : 59

    Wyn en koek klink beter

  • 59. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 7 : 00

    Wortelkoek

  • 60. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 00

    Baja wyn

  • 61. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 7 : 01

    Nee man, los nou maar die wyn. Ek sal vanaand ‘n special sacrafice doen; Jy kan maar aan die prop lek.

  • 62. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 01

    Njammie!

  • 63. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 7 : 02

    Nou vertel my nou eers wat jy met al die anner Rose familie gedoen dat hulle so stil was vandag.
    Jy – af arm?
    Die anner – missing?
    Eish . . . lyk my ek het ok alweer als gemis

  • 64. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 03

    Ek soek niks minner as 10 lekkies nie

  • 65. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 06

    Testing

  • 66. Xena  |  Julie 30, 2009 om 7 : 07

    Wortelkoek? En niemand roep my nie? Sies!👿

  • 67. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 07

    Tsk!!! Wa my comment?

  • 68. Xena  |  Julie 30, 2009 om 7 : 08

    Saloom, om eerlik te wees. Ek ken van brei, ek brei net nie. PUNT.

  • 69. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 08

    Dis jou eigene skuld as jy rondloop terwyl ons koek eet😈

  • 70. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 10

    Saloom

    Eish! Ek het jou posduif soos my gat gelees😳

    Ek sal koop ma brei en ek issi tjommas nie

  • 71. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 7 : 12

    Willes, ek is seker jy het nie verkeerd gelees nie. Ek soek heel eerste ‘n klomp breiers

  • 72. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 12

    Ek kry nou skielik koud

  • 73. Adrie  |  Julie 30, 2009 om 7 : 13

    Saloom

    Jy kan n blog skryf, dan sal ek dit post. Met fotos. Dalk n bietjie meer detail?

  • 74. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 7 : 13

    Xena – hier is darem nog koek oor. Gelukkig vir jou het Willes haar so bekommer oor die prop dat sy biki vergeet het van die koek

  • 75. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 7 : 14

    Adriana MAgrieta Swanepoel!!
    Ek is nie tegnologies so gevorder dat ek eers wil begin dink aan ‘n blog skryf nie, hoekom het ek jou vir familie. eish, dat mens ok nou so moet sukkel

  • 76. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 14

    Saloom

    Sit solank die lig aan…….. Ek gat jou kom help soek😯

  • 77. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 7 : 16

    Ek het ok die verwarmers nader gesleep want Liefie is te gou weg om nog vuur te stook. Ek het tog nie lus vir die gemors nie. mens stink in elk geval soos ‘n stroois as jy moet vuur maak.

  • 78. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 17

    Wanne gat ons wee kort mou klere aantrek? Dit voel soos many moons ago wat die sonnetjie geskyn het

  • 79. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 7 : 17

    Nee, nee Willes, jy het jou se beurt gehad. Daai prop is nou MYNE!

  • 80. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 19

    Saloom

    Huh!!??

  • 81. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 21

    Arme ekke

  • 82. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 22

    My 3ling kom eet net koek en hol weg

  • 83. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 23

    Saloom het seke die omo boks gat soek

  • 84. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 7 : 23

    Uuuhhhmm – af arm – pille – dop – nie ‘n goeie idee nie. Ek wil beslis nie ‘n getoorde familielid se beswyming op my gewete hê nie. Ek sal maar vir nou ousus wees – eet jou koek!!

  • 85. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 24

    😯 Dis tyd vi ons les. Ek rol wee oppi mat vandag…..

  • 86. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 7 : 25

    Man jy verstaan nie so mooi nie, ek het ‘n Mafia empire om te bou . . . 3 hotelle en 5 Casino’s. Eish . . . ek sou kon doen met ‘n miljoen

  • 87. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 26

    Hey wenna!!! Die pille maak niks. Gat sit nou inni hoekie tot die boelie gevoel verby gaan. En jy los daai borrel wyn op daai tafel. Gmpf!

  • 88. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 7 : 28

    Check julle later.

    Saloom

    Ek hoop die rooflesers kry jou dam jammer en gooi ‘n paar miljoen zim dollers

  • 89. Adrie  |  Julie 30, 2009 om 7 : 30

    Saloom, jy het al n blog geskryf.👿 buitendien het ek nie die agtergrond nie.

  • 90. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 7 : 41

    Is reg dankie Adrie. Moet net nog al hierdie feite mooi agtermekaar kry. Jy sal maar skaaf en skuur daaraan tot dit reg is. Maar jy het omtrent al die feite op die e-pos

  • 91. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 7 : 43

    Ek weet, ek sal vir jou die artikel stuur wat ek vir die Konteks (Ons kerk se nuusblad) geskryf het. Dit behoort dalk bietjie meer te sê.

  • 92. Adrie  |  Julie 30, 2009 om 7 : 52

    Hey! jy mag nie copy en paste nie!

    Wat is nog nuus?

  • 93. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 8 : 13

    ‘skuus Adrie – moes net eers weer “die Witch” wees, want pa is mos nie hier nie, nou het die seuns weer blompotte langs die kop

  • 94. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 8 : 14

    copy en paste? ekke? neveeeerr!

  • 95. Adrie  |  Julie 30, 2009 om 8 : 18

    Ek eet vanaand vir n wen en n plek. n Mens sal sweer ek het n wurm.

  • 96. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 8 : 25

    I is back!!!!

  • 97. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 8 : 26

    Toemaar, daar is ‘n geldige verskoning – die koue.
    Mens se lyf moet darem iewers petrol kry om warm te bly

  • 98. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 8 : 27

    Yeah!! I is glad want ek sal nou vir blou-oog moet gaan bad.
    Sal beslis more weer inloer. Moet eers weer ‘n bietjie gaan poppies brei as babie uitgesort is.

  • 99. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 8 : 27

    👿 En my foun se bêtterie is pap😥

  • 100. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 8 : 28

    Rustige nag!!

  • 101. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 8 : 30

    Saloom

    Ek sal jou betaal om myne te brei😉

  • 102. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 8 : 30

    Lekka dux Salami

  • 103. *Mathilda*  |  Julie 31, 2009 om 7 : 07

    More more

  • 104. *Mathilda*  |  Julie 31, 2009 om 7 : 08

    Happy birthday to you
    Happy birthday to you
    Happy birthday dear NELL
    Happy birthday to you !

  • 105. Salomè  |  Julie 31, 2009 om 8 : 07

    Goeie more almal!!!

    Nell – Moet ons koek bak of het jy gesorg?
    Ek hoop jy het ‘n ongelooflike wonderlike dag en dat jy darem van die presente kry wat jy heel jaar oor gedroom het.

    Hahaha Willes!! is reg maatjie, ek sal maar brei . . . jy hoef my darem nie te betaal nie.

  • 106. Adrie  |  Julie 31, 2009 om 8 : 07

    More Almal

  • 107. Beeld  |  Julie 31, 2009 om 8 : 21

    Carina van Wyk

    ’n Doofstom meisie (15), wat glo op Kersdag in 2006 verkrag is, se vermeende verkragters se hofsaak is van die rol geskrap omdat daar nie ’n Afrikaanse gebaretolk beskikbaar is nie.

    Die saak, in die Germiston-streekhof aan die Oos-Rand, is die laaste jaar en tien maande minstens 12 keer weens verskillende redes uitgestel.

    Die dossier was drie keer nie by die hof nie, die kringtelevisiestelsel waarmee slagoffers in camera getuig was twee keer buite werking en ’n volledige J88 (mediese verslag) is steeds nie beskikbaar nie. Boonop kon die verhoor nie Maandag voortgaan nie omdat daar – soos vier keer vantevore – nie ’n Afrikaanse gebaretolk by die hof was nie.

    “Die saak was al verskeie kere op die rol vir verhoor. Die (reg)stelsel laat die beskuldigdes én die getuies in die steek,” het landdros S. Mosaka gesê voordat sy dit geskrap het.

    Drie van die vier beskuldigdes, wat naby die slagoffer se gesin in Tinasonke, suid van Alberton aan die Oos-Rand, woon, was ten tyde van die voorval minderjarig en nie in aanhouding nie.

    “Ek is nou nog baie upset. My hart voel hulle moet gestraf word oor wat hulle gedoen het. Ek dink net: ‘Wie is die volgende slagoffer?’ Die hof vat te lank. As dit so gaan, kan hulle my kind wéér verkrag,” het die meisie se ma aan Beeld gesê.

    Die meisie, wie se identiteit weerhou word, was 12 jaar oud toe sy omstreeks 21:00 op Kersdag winkel toe gestap het om snoek te gaan koop, het haar ma vertel. Die beskuldigdes het haar glo na ’n huis gelok wat een van hulle opgepas het en haar glo aan haar hare die huis in getrek, haar verkrag en onsedelik aangerand.

    Een van die beskuldigdes het glo aan haar suster (toe 16) gaan sê sy word verkrag, waarna dié hul ma gaan roep het.

    Hulle het by die huis ingestorm. “Kondome en my kind se onderklere het van die deur af rondgelê,” het die ma vertel.

    Haar doofstom kind het glo kaal in ’n hangkas weggekruip. Sy het by die kasdeur uitgeloer en uitgeklim toe sy haar ma en suster sien.

    Die beskuldigdes is binne twee dae ná die voorval in hegtenis geneem.

    Die saak het aanvanklik in die Albertonse landdroshof voorgekom, maar is na die Germiston-streekhof verwys.

    Luidens hofdokumente het die aanklaer minstens twee keer ’n gebaretolk by die hooftolk van die streekhof aangevra. Volgens mnr. Johann Olivier, staatsaanklaer, is dit nie net die beskuldigdes se regte wat geskend word nie.

    “Die klaer het ook die reg om ’n tolk te hê om vryelik te kan kommunikeer.”

    Hy het bygevoeg die staat het hul bes probeer om ’n volledige J88-vorm, ’n tolk en getuies by die hof te kry.

    Die saak kan weer op die rol geplaas word.

    Volgens mnr. Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, is tolke en die kringtelevisiestelsel die departement van justisie se verantwoordelikheid. Sodra die aanklaer wel ’n geskikte tolk kry, is dit sy verantwoordelikheid om te reël dat die beskuldigdes en getuies gedagvaar word en die saak hervat word, het Mhaga verduidelik.

    Die departement van justisie het teen druktyd nie kommentaar gelewer nie.

  • 108. Beeld  |  Julie 31, 2009 om 8 : 30

    Antoinette Pienaar

    “Soms glimlag sy vir ons . . .”

    Dit is al wat mnr. Phillip Blignaut van Rayton deesdae oor het van sy eens lewenslustige dogter, Sumoné (2).

    Sy is erg gestrem nadat sy breinskade in die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria opgedoen het. Dit was boonop nadat sy glo besig was om ’n stryd teen lewerkanker te wen.

    Blignaut en sy vrou, Eloise, ondersoek ’n moontlike skadevergoedingseis weens mediese nalatigheid.

    “Ons het in April verlede jaar heeltemal toevallig van die lewerkanker uitgevind.

    “ ’n Pediater het die knop tydens ’n roetine-ondersoek op haar maag gevoel. Dit was ’n gewas van ’n kilogram,” vertel mnr. Blignaut, ’n afdelingshoof by ’n bank.

    Sumoné, wat toe al kon loop en ’n bietjie praat, het kort ná haar laaste chemoterapiesessie erge koors ontwikkel en is op 22 Augustus in die waaksaal by Wilgers opgeneem.

    “ ’n Deel van haar long het ingesak en dié aand was ons bekommerd oor ’n blouerige marmeragtige uitslag op haar vel. Die verpleegsters het ons gerus gestel en ons is huis toe.”

    Vroeg die volgende oggend is die Blignauts dringend hospitaal toe ontbied.

    “Albei haar longe het platgeval, haar hart het gaan staan en haar organe het begin ingee.

    “Toe ons daar aankom, was sy op ’n ossillasieventilator. Dis ’n toestel wat ek nooit weer wil sien nie. Hy ruk en klink soos ’n trekker.”

    Daar was na bewering probleme om Sumoné geïntubeer te kry. Sy was glo minstens 20 min. lank sonder voldoende suurstof.

    Die Blignauts is meegedeel sy sou nie die aand haal nie, maar Sumoné het oorleef nadat sy weke lank aan asemhalingstoestelle gekoppel was.

    Sy kan nie loop of praat nie, kommunikeer feitlik glad nie en kon onlangs eers weer sagte kos self begin sluk.

    Sy het haar sig verloor, is erg spasties en is psigomotories erg gestrem, is bevind.

    Sumoné se lewergewas is in November verwyder en die kanker is in remissie.

    “Ons was kwaad, maar wat help kwaad? Dit is nou meer seer as kwaad,” sê Blignaut.

    ’n Hospitaalwoordvoerder het gister gesê sy sal later op navrae reageer.

    ’n Skadevergoedingseis kan jare duur en Sumoné moet binne die volgende vier jaar terapie ontvang vir ’n maksimum kans op verbetering.

    Die spesiaal aangepaste motorstoeltjie, stootwa en staanraam wat sy benodig, kos minstens R30 000.

    Blignaut se werkgewer het die Sumoné Blignaut-hulpfonds gestig: Bank: Absa Rayton; takkode: 632005; rekeningnommer: 9202353840.

  • 109. Beeld  |  Julie 31, 2009 om 8 : 44

    Arisja Jacobs

    Evander. – Twee laerskoolmeisies is hier verkrag kort nadat die skoolhoof glo die skoolhek gesluit en geweier het om hulle toe te laat toe hul skoolbus laat opgedaag het.

    Die polisie van Evander soek nou na die man wat Maandag die twee laerskoolmeisies naby hul skool verkrag het.

    Dié meisies het saam met medeleerlinge laat by die skool opgedaag. Die bus waarmee die kinders van eMbalenhle en Evander na dié skool vervoer word, het glo eers omstreeks 10:45 by die skool opgedaag.

    Volgens konst. Sibusiso Mbuli, Evander-polisiewoordvoerder, het die skoolhoof glo die hekke gesluit en die kinders weggewys omdat hulle laat was.

    Die kinders het toe gestap na die plek waar die bus hulle gewoonlik oplaai en vir die bus gewag.

    ’n Groep van ses meisies tussen 12 en 13 jaar oud het besluit om water te gaan soek.

    Die verkragter het die meisies raakgeloop en met hulle geraas en hulle daarvan beskuldig dat hulle ’n veld aan die brand gesteek het.

    “Hy het die meisies toe beveel om saam met hom te gaan sodat hy hulle verder kan ondervra,” het Mbuli gesê.

    Twee van die meisies het toe weggehardloop, maar vier van hulle het saam met die man in die veld ingegaan.

    “Die man was gewapen, maar dit is nog onduidelik watter wapen dit was. Die beskrywing klink na iets soos ’n panga.”

    Die man het twee van die vier meisies in die veld verkrag terwyl die ander moes toekyk. Die meisies was glo baie bang en kon nie hul maats help nie.

    Die meisies het hierna na die skool teruggekeer en gaan vertel wat gebeur het.

    Volgens Mbuli het ’n dokter die meisies ondersoek en is die verkragtings bevestig.

    Die vier kinders is met berading bygestaan.

  • 110. Beeld  |  Julie 31, 2009 om 8 : 54

    Herman Scholtz

    ’n Dagmoeder wie se man van verkragting van ’n minderjarige meisie aangekla word, het nog nooit enige onraad vermoed nie.

    Mev. Elsie Myburgh van Kriel, Mpumalanga, het gister in die Pretoria-Noord-streekhof in haar man, mnr. Stephanus Johannes Myburgh, se verhoor getuig.

    Hy staan tereg op twee aanklagte van onsedelike aanranding en nog twee van verkragting, maar ontken skuld.

    Die meisie (nou 15) was nié by mev. Myburgh se naskoolsentrum vir leerlinge van gr. 0 tot gr. 7 nie.

    Mev. Myburgh het getuig hulle is 27 jaar getroud en dat daar nog nooit by haar ’n vermoede was dat haar man onbehoorlike seksuele gedrag getoon het nie.

    Sy het van die aanklagte teen hom uitgevind toe hy haar gebel het om te sê die polisie soek hom.

    Die Myburghs ken die klaagster, wie se identiteit nie bekend gemaak mag word nie, en het by verskeie geleenthede saam gaan kamp of oorgeslaap. Dis by dié geleenthede waar mnr. Myburgh na bewering die meisie onder meer gesoen, betas, gebyt en verkrag het sedert sy sewe jaar oud was, hoewel die seks glo eers op 12-jarige ouderdom begin het.

    Die meisie het vroeër getuig dat een van die eerste voorvalle by die Klein Paradys-vakansieoord buite Brits plaasgevind het, waarna nóg ’n voorval by ’n dam naby Vryheid plaasgevind het.

    Mev. Myburgh het getuig sy het haar man die heeltyd gesien die dag wat die klaagster en mnr. Myburgh saam by die dam was. Op ’n vraag van adv. Cornelia Harmzen, staatsaanklaer, of dit nie moontlik was dat die twee kon wegglip nie, het sy geantwoord: “Ek dink dit was onmoontlik om tien minute alleen in haar geselskap deur te bring.”

    Mev. Myburgh het gesê sy kan nie verklaar hoe die klaagster weet mnr. Myburgh is gesteriliseer nie, want sy het dit met byna niemand bespreek nie. Sy kon ook nie aan ’n rede dink waarom die klaagster haar man valslik beskuldig nie.

    Mnr. Myburgh het ook gister tydens kruisondervraging gesê hy het ’n goeie verhouding met die klaagster gehad.

    “Ek was regtig verbaas . . .”

    Harmzen het dit aan hom gestel dat die klaagster moeite gedoen het om die saak tot in die hof te bring deur onder meer dagboek te hou van die beweerde voorvalle.

    Die saak is tot September uitgestel vir slotbetoë en uitspraak.

  • 111. Salomè  |  Julie 31, 2009 om 9 : 07

    Goeie more julle!!

    Nell
    Congrats girl!!!!
    Veels geluk liewe maatjie, omdat jy verjaar! ♪♪♪♪♪

    Ek is ook maar dom wanneer dit kom by range! Ken die polisie so so – maar dis dit! En my bloed is nie blou nie, so daai is ook grieks vir my!

  • 112. Nats  |  Julie 31, 2009 om 9 : 07

    Eish!!!!!!

    Daar is ek sommer Salome!!!!!!👿

    Jammer Salome!!

  • 113. *Mathilda*  |  Julie 31, 2009 om 10 : 29

    Nats !!!

  • 114. Salomè  |  Julie 31, 2009 om 10 : 49

    Hoezit Hoezit!!!!!!!!!!!!!!

  • 115. *Mathilda*  |  Julie 31, 2009 om 11 : 04

    Is dit nou Saloom Saloom – of Nats Saloom ?

  • 116. Salomè  |  Julie 31, 2009 om 11 : 25

    En da verdwyn ek wee!!!

  • 117. *Mathilda*  |  Julie 31, 2009 om 11 : 37

    Hoekom ???

  • 118. Wille Kjind Q  |  Julie 31, 2009 om 11 : 37

    SHIT!!!!! Daas ek wragtag Salami😯

  • 119. Wille Kjind Q  |  Julie 31, 2009 om 11 : 39

    Ek sie al hoe Salami “Hoezit!” skree. Eish…………..

  • 120. *Mathilda*  |  Julie 31, 2009 om 11 : 43

    Willes – ek het nogal gedink dis vreemd dat Salami hoezit sê, maar jy is so skaars deesdae dat ek nie gedink het dis jy wat hier loer nie

  • 121. Wille Kjind Q  |  Julie 31, 2009 om 11 : 48

    @ *M*

    Eish! My skouer is so seer en dis kak om met 1 hand te tik

  • 122. Wille Kjind Q  |  Julie 31, 2009 om 11 : 51

    Eks hommer

  • 123. Wille Kjind Q  |  Julie 31, 2009 om 11 : 53

    Baja hommer

  • 124. *Mathilda*  |  Julie 31, 2009 om 11 : 54

    Ek ook – en dan het die ander dame in die kantoor nog kfc warm gemaak ook – eish

  • 125. Wille Kjind Q  |  Julie 31, 2009 om 12 : 27

    @ *M*

    Moer ha!!

  • 126. Wille Kjind Q  |  Julie 31, 2009 om 12 : 38

    GGGRRR!!!!!!

  • 127. Nats  |  Julie 31, 2009 om 12 : 41

    WP HAK VAS!!!!

  • 128. *Mathilda*  |  Julie 31, 2009 om 1 : 17

    Ek was lus en gryp dit uit haar hande uit !

  • 129. Coyote  |  Julie 31, 2009 om 2 : 44

    Tilla eks by panaroti soek jy pizza

  • 130. *Mathilda*  |  Julie 31, 2009 om 2 : 47

    Assevreeslikebliefietog !!!

  • 131. Wille Kjind Q  |  Julie 31, 2009 om 4 : 40

    Ek sit en dop saami baas. Wat kan ek vi julle skink?

  • 132. Wille Kjind Q  |  Julie 31, 2009 om 7 : 26

    Joh!!!!! Niemand wil iets hê nie😯

  • 133. *Mathilda*  |  Julie 31, 2009 om 8 : 45

    Nite nite

  • 134. Salomè  |  Augustus 1, 2009 om 7 : 38

    My hieragiese gemors was toe nou sommer ‘n internet gemors, want ek kon gister net nie weer hier in kom nie

  • 135. Salomè  |  Augustus 1, 2009 om 7 : 38

    Daaarr sien ek nou die res van die comments . . . eish

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: