Museums

Julie 29, 2009 at 5 : 47 77 Kommentaar

Fokker het vir my die onderwerp gegee.

Een van die grootste griewe wat baie mense het teen die binneland is dat ‘n mens vir alle tydverdrywe moet betaal.  Hulle is in ‘n groot mate reg, benewens ‘n paar parke moet jy altyd ‘n toegangsfooi betaal.  Vir nagklubs, reservate, vlooimarke, skoue, damme, monumente ens.  Toegang tot die see is meestal gratis – dit is nou as jy die fooitjie vir die karwag buite rekening laat.  Jy kan altyd strand toe loop.  Daar is dus, volgens die redenasie, altyd iets om te doen.

Binnelanders het nie daardie luukse nie.  Wat gewoonlik vir die meeste gesinne beteken bly by die huis en nooi ‘n paar mense om te braai.  Tog wil ‘n mens ook soms jou kennis verbreed.  Dit is ook elke ouer se plig om self sy kind van sy herkoms te leer.  Op skool word daar meer ek meer gefokus op die apartheidswandade.  Daar was egter ook gevalle waar die Boere slagoffers was en daar is beslis dele in ons geskiedenis waarop ons kan trots wees.

Na my mening is museums en monumente nie net daar om oudhede te bewaar nie.  Dit speel ook ‘n belangrike opvoedingsrol.  Met die verandering van regerings, is baie die Afrikaner erflatings geprivatiseer.  Die doel was om seker te maak dat dit nie gesluit of vernietig word nie.  Die groepe verseker ook dat die plekke nie so agteruitgaan dat dit onherstelbaar is nie.  Alles teen ‘n prys.  ‘n Prys 3 of 4 keer hoër as die staatsmuseume.

Ek het nie ‘n idee wat die heersende kaartjiepryse by die staat of die private instellings is nie.  Dit is wel ‘n feit dat mense 2 keer dink oor iets wanneer hulle moet begin betaal.  Al is jy mal oor Geskiedenis, gaan jy nie sommer twee keer die Voortrekkermonument in ‘n jaar besoek as jy R50 daarvoor moes betaal het nie.  Veral as jy die Geskiedenis ken en eintlik net weens nostalgia wil gaan kyk.  ‘n Jong mens sal eers bereken hoeveel drankies hy of sy sal moet inboet en dan besluit wat weeg die swaarste.  Die drank sal waarskynlik.  R50 per persoon raak ook ‘n stywe bedraggie as dit kom vir toegang vir ‘n gesin.

Ek weet, die geld is nodig vir instandhouding.  Tog as die pryse meer redelik is, sal meer mense moeite doen om die plekke te besoek.  As ek die weer die Voortrekkermonument as ‘n voorbeeld kan neem.  As die toegang bv R10 is, sal ek sonder om twee keer te dink die monument op ‘n mooi dag besoek vir geen ander rede as om foto’s te neem nie.  Op hierdie oomblik is hulle egter nie verleë vir voete nie, daar is genoeg toeriste wat nie omgee om te betaal nie.  Vraag is egter wie se erfenis is dit?  Die plaaslike mense of die toeriste s’n?

Ek voel regtig dat die privaat instellings bietjie buitensporig is met hulle pryse.  As hulle meer “gewone” mense kan trek, sal meer mense weer trots raak op hulle herkoms.  Die geskiedenis moet eie wees aan almal, nie net die fanatiese geskiedenis liefhebbers nie.

Van die os op die jas.  Ek het al genoem dat Paul Kruger nie my gunsteling mens in die Geskiedenis is nie.  Tog pyn my hart elke keer wat ek verby die Krugerhuis ry – wat toevallig ‘n gewilde bestemming vir Toeriste is.  Dit raak by die dag meer vervalle.  Is dit nie die plig van die erfenis eienaars om na hulle “goed” te kyk nie?  Ek voel soms lus om self die Krugerhuis te gaan verf.  Dit is op die oomblik nog staatseiendom.

Blogvraag:  Wat is die simboliek van die vrou- en kinderbeeld by die Voortrekkermonument?

Blogantwoord:  Nell was reg met die ontdekking van die HIV virus.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

‘n Glipsie genaamd Viagra Hiëragiese Gemors

77 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Julie 29, 2009 om 6 : 06

    Eerste

  • 2. Adrie  |  Julie 29, 2009 om 7 : 25

    Brrr!

    Ek wil nog baie graag na die mummie in die African Window museum gekyk. Ek skuld ook nog die Polisie museum n kuier. Om van die wetenskap museum nie te praat nie.

  • 3. Adrie  |  Julie 29, 2009 om 7 : 27

    Eintlik moet ek die middestad eendag invaar en toeris speel.

  • 4. Adrie  |  Julie 29, 2009 om 7 : 29

    Die Scientia museum by TUKS is n moet en dit is – glo dit of nie – gratis.

  • 5. Adrie  |  Julie 29, 2009 om 7 : 30

    Weet iemand dalk hou werk die stad se busroetes? Of hoe ek kan uitvind hoe dit werk nie?

  • 6. Adrie  |  Julie 29, 2009 om 7 : 33

    Dalk moet ek die trein na pta toe neem. Hoe maklik verdwaal n mens met n trein?

  • 7. Girl van die Suburbs  |  Julie 29, 2009 om 7 : 35

    Het die buie gesak?

  • 8. Girl van die Suburbs  |  Julie 29, 2009 om 7 : 36

    Vrou-en-kinderbeeld: Hierdie beeld is simbolies van die kultuur en Christendom wat deur die vroue op die Groot Trek gehandhaaf en uitgebou is.

  • 9. Adrie  |  Julie 29, 2009 om 7 : 43

    Nee, hier het nie een druppel reen geval nie.

    Hallo Nell

  • 10. Girl van die Suburbs  |  Julie 29, 2009 om 7 : 47

    Let me refrase… het die gemoedere al gedaal?

  • 11. Adrie  |  Julie 29, 2009 om 7 : 51

    Soek jy n eerlike antwoord?👿

  • 12. Xena  |  Julie 29, 2009 om 7 : 52

    Hallo almal. Ek sien iemand raak weer te groot vir haar skoene.

  • 13. Girl van die Suburbs  |  Julie 29, 2009 om 7 : 52

    Jip…

  • 14. Xena  |  Julie 29, 2009 om 7 : 58

    Ek is mal oor die swartlandse bry. Dit is so cute.

  • 15. Girl van die Suburbs  |  Julie 29, 2009 om 8 : 14

    Ek kan nie se ek ken iemand van die swartland af nie…

  • 16. Girl van die Suburbs  |  Julie 29, 2009 om 8 : 17

    Ek hou van die Kiroe bry

  • 17. Girl van die Suburbs  |  Julie 29, 2009 om 8 : 29

    Nee, lyk my hier gaan ek boggerol uitgerig kry.

    Cheers

  • 18. Xena  |  Julie 29, 2009 om 8 : 38

    Dammit. Grrr! Mens kan ook nie jou rug vir n oomblik draai nie, dan dros almal.

  • 19. Salomè  |  Julie 29, 2009 om 10 : 36

    *sjuut, ek sluip maar soos ‘n dief in die nag hier in. Was so lanklaas hier dat ek nie meer weet waar wat is nie.*

    NOU WIE HET DIE KOFFIEMASJIEN HIER IN DIE MIDDEL VAN DIE VLOER GESKUIF. EK SAL MOS MY NEK BREEK . . . TSK!!

  • 20. Salomè  |  Julie 29, 2009 om 10 : 37

    Nou is die Wortelkoek ok gesmash . . .

    Hallo julle vreemdelinge. Ek het darem nie van julle vergeet nie. Was regtig net baie dol besig. Sal vir julle almal duifies stuur met inligting oor my nuwe projek. Julle beter solank julle se breinaalde gaan uit krap. Hiers groot dinge aan die broei!!

  • 21. Salomè  |  Julie 29, 2009 om 10 : 40

    Rustige nag vir almal. Hopelik kry ek more tyd om weer hier in te loer.

  • 22. boervrou  |  Julie 30, 2009 om 6 : 22

    Ek ♥ museums, kom net min in PTA om dit te ervaar

  • 23. fokker  |  Julie 30, 2009 om 6 : 44

    wat my suur maak van museums is wane j by di plek se heke in ry en da word j n boek gegee dat j mut in teken en dan by elke afdeeling wat j gan dan suk di onbeskofte fokkers 25 rand p/p en da 6 afdelings so om di hele museum deur te gan sal my R 150 kos

  • 24. fokker  |  Julie 30, 2009 om 6 : 48

    dit is dan ok seke geen wonder dat da so min mense na suke museums toe gan ni wand wie wil nou so baie betaal net om n klyn bq van j land se geskiedenis te leer

  • 25. Xena  |  Julie 30, 2009 om 7 : 00

    More almal

    BV, is daar geen museums by julle nie?

    Fokker, eish! waar was dit? dit is belaglik! duur soos die voortrekkermonument is, sluit dit die hele terrein in.

  • 26. boervrou  |  Julie 30, 2009 om 7 : 04

    More Xena. Boggerol is het darem die wildtuin maar dis 100km hier vandaan en tel seker nie!

  • 27. Xena  |  Julie 30, 2009 om 7 : 05

    Die hele terrein sluit die monument, die fort, die botaniese tuin, museums en die reservaat in. Wat my vies maak is die verpligte parkering wat jy bo-op jou toegang moet betaal. R15. As jy egter net die terrein wil geniet, dus die kultuur deel wil skip, betaal jy darem minder.

  • 28. Xena  |  Julie 30, 2009 om 7 : 08

    Boervrou, het Polokwane ook niks?

    Jy is seker bly die kinders is weer by die skool.

  • 29. Xena  |  Julie 30, 2009 om 7 : 11

    Nee, hel! Ek sal in my lewe nie R150 betaal vir n besoek aan 1 museum nie. Dit is ROOF! Gooi R20 by en 6 mense kan n volle dag in die dieretuin deurbring, parkering ingesluit.

  • 30. boervrou  |  Julie 30, 2009 om 7 : 12

    Hulle het so halfhartige museum gehad, was seker 9 jaar terug daar. Dis ook 100km ver! Gaan net soontoe(Polokwane) as ons regtig moet. Was Dinsdag daar. Om swiets te koop vir die jongste een was Saterdag verjaar, stuur pakkies skool toe dan is die gemors die juffer se probleem!

    Ek is bly die skool het begin, dan is die huis in ‘n amper normale toestand en ek kan myself darem hoor dink. Aan die anderkat ek moet elke dag inry dorp toe en die sport en dinge begin. o ja en vroeg opstaan

  • 31. boervrou  |  Julie 30, 2009 om 7 : 14

    Ag shame en boeta mis sy 3 sussies

  • 32. boervrou  |  Julie 30, 2009 om 7 : 25

    Xena waaaas jy nou???

  • 33. Xena  |  Julie 30, 2009 om 7 : 39

    Skuus BV. Moes gou opstaan en aantrek. Hoe kom die kids by di skool?

  • 34. Beeld  |  Julie 30, 2009 om 8 : 36

    Sarel van der Walt
    Mnr. Bheki Cele, Suid-Afrika se nuwe polisiehoof, gaan misdadigers geen genade betoon nie.

    “Jy moet taai wees, want jy (die polisie) werk met moeilike kalante,” het Cele by die presidentsgastehuis in Pretoria gesê kort nadat pres. Jacob Zuma hom as nasionale polisiekommissaris aangewys het.

    Cele is tans die KwaZulu-Natalse LUR vir gemeenskapsveiligheid en -skakeling.

    Opposisiepartye het Cele se noue bande met Zuma, asook enkele omstrede voorvalle uit sy ampstermyn, voorgehou as die vernaamste redes hoekom hy nie geskik is as polisiehoof nie.

    Cele sal op 2 Augustus sy nuwe pos aanvaar.

    Hy neem oor by komm. Jackie Selebi, wat sowat anderhalfjaar lank met spesiale verlof is hangende ’n strafsaak teen hom.

    Selebi se kontrak verstryk môre.

    Talle buitelandse joernaliste en diplomate, sowel as die bestuurspan van die polisie, was ook teenwoordig toe Zuma die aankondiging gedoen het.

    Toe Cele gevra is of hy sy “cowboy- en kwasterige persoonlikheid” met hom gaan saambring na sy nuwe pos, het hy geantwoord: “Wel, cowboys huil nie.”

    As dit nodig is om misdaad op dié wyse die stryd aan te sê voorsien hy nie probleme daarmee nie, het Cele gesê.

    “Jy kan nie as ‘sag’ gesien word . . . of as iemand wat rondgaan en ‘misdaad soen’ nie.”

    Hy meen ook steeds dat polisielede nie moet skroom om te skiet as hul lewens bedreig word nie omdat dit binne die wet is.

    Zuma het gesê Cele het hom sedert 1994 in verskeie rolle in KwaZulu-Natal onderskei en het ’n groot rol gespeel om taxikonflik daar vreedsaam by te lê. Hy was ook suksesvol met teenmisdaad- én padveiligheidsveldtogte in dié provinsie.

    Die nuwe polisiehoof het dus baie ervaring op die gebied van misdaadbestryding en sal maklik by die polisie inskakel, het Zuma gesê. Cele se aanstelling vorm deel van die regering se plan om misdaad te takel en die strafregstelsel oor die volgende vyf jaar te hersien.

    Zuma het Selebi vir sy “doeltreffende rol” in die polisie bedank, sowel as komm. Tim Williams, waarnemende polisiehoof. Zuma het gesê daar sal voortaan meer fokus op sigbaarheid en misdaadvoorkoming wees.

    Dit sluit in die vermeerdering van die aantal polisielede van 180 000 tot “meer as 200 000” oor die volgende drie jaar en die opleiding van 12 000 nuwe speurders.

    “Die invloed van die Valke (die polisie se nuwe gespesialiseerde misdaadeenheid) word reeds gevoel,” het Zuma gesê.

  • 35. *Mathilda*  |  Julie 30, 2009 om 8 : 41

    More more

  • 36. Beeld  |  Julie 30, 2009 om 8 : 50

    Dries Liebenberg

    Durban. – Sy het nie kans gesien vir haar 90ste verjaardag nie. Toe neem sy haar lewe.

    Dié vrou van die KwaZulu-Natalse suidkus wat aan ’n rolstoel gekluister was, het by ’n venster uitgekruip en twee verdiepings ver na haar dood geval.

    Een van die versorgers van die Village of Happiness se sorgeenheid vir verswaktes by Margate het eergister omstreeks 13:30 op die lyk van mev. Borbalam Hraval afgekom, het supt. Zandra Wiid, polisiewoordvoerder, gesê.

    Hraval sou sewe dae later – op 5 Augustus – 90 jaar oud geword het.

    Die polisie het ’n selfmoordnota in haar kamer gekry. Geen gemene spel word vermoed nie.

    In die brief het sy aangedui sy is moeg vir die lewe.

    Mnr. John Webster, uitvoerende hoofbeampte van Hibiscus Retirement Villages, waaronder Village of Happiness val, het gesê mev. Hraval en haar man het in 1996 in die oord ingetrek.

    Hulle was van Tsjeggo-Slowaakse afkoms.

    Mev. Hraval se man is twee jaar gelede in die ouderdom van 83 oorlede en sy het ’n jaar gelede na die sorgeenheid vir verswaktes getrek.

    Volgens Webster het mev. Hraval aan spierverswakking in haar onderlyf gelei wat haar aan ’n rolstoel gekluister het.

    “Sy wou nie 90 word nie. So sy het toe planne gemaak, haar sake agtermekaar gekry, vir my ’n brief geskryf en by die venster uitgekruip.”

  • 37. Beeld  |  Julie 30, 2009 om 8 : 54

    Frans Coetzee

    ’n Man wat hom in Kimberley as ’n polisiewerwingsbeampte voorgedoen het en na bewering “gunsies” by vroulike aansoekers wou hê, is vasgetrek.

    Kapt. Cherelle Ehlers van die polisie sê die 40-jarige verdagte was glo ’n vriend van ’n werknemer by die polisie se plaaslike werwingskantoor. Hy het haar na bewering dikwels besoek.

    Die verdagte het glo ongemagtige toegang tot aansoekvorms verkry.

    Die vermeende “werwingsbeampte” het na bewering met verskeie vroulike aansoekers in verbinding getree.

    Die aansoekers is glo werk belowe indien hulle hom die “gunsies” sou bewys.

    Lede van die eenheid teen georganiseerde misdaad het die verdagte eergister aangekeer nadat ’n klaagster hulle gebel het.

    Aanklagte van diefstal van staatseiendom en korrupsie word ondersoek. Nog aanklagte kan bygevoeg word en hy word aangehou.

    Mnr. Sello Matsi, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het gistermiddag bevestig dieselfde man is na bewering in 2005 as munisipale werker afgedank nadat hy onwelvoeglike voorstelle aan vroulike aansoekers om werk gedoen het.

    Ehlers het gesê ’n interne ondersoek sal na verwagting ingestel word na die beweerde ongemagtigde toegang tot die aansoekvorms by die polisie se werwingskantoor.

  • 38. Beeld  |  Julie 30, 2009 om 8 : 58

    ’n Onderwyser van die Hoërskool Pretoria-Wes is eergisteraand weens die besit van dagga by sy huis gearresteer.

    Die polisie van die Hercules-speurtak het mnr. Louis Niewenhuis (42) by sy huis in Booysens gearresteer terwyl hy besig was om aandete te eet.

    Hy het gister in die Pretoriase landdroshof verskyn, waarna hy op borgtog van R1 000 vrygelaat is. Hy verskyn weer later vandeesmaand in die hof.

    Luidens die klagstaat is op 962 g dagga in sy besit beslag gelê.

    Mev. Rita Coetsee, hoof van die skool, het by navraag gesê die skool is bewus van die saak. Sy het gesê daar is verskillende weergawes oor wat aangaan en die saak moet sy verloop neem.

    Niewenhuis sal vandag weer op sy pos wees.

    Die gebeure is onder die aandag van die onderwysdepartement en die skoolgemeenskap gebring, het Coetsee gesê.

    Sy het gesê Niewenhuis is “ ’n uitstekende onderwyser wat ’n baie goeie verhouding met leerlinge handhaaf”.

    “Hy het nog altyd net ’n goeie voorbeeld gestel en die aantygings teen hom val vreemd op. Die reg moet nou sy verloop neem.” – Alet Rademeyer

  • 39. Beeld  |  Julie 30, 2009 om 9 : 07

    Rozanne Els

    Kaapstad. – ’n Vrou wat na bewering geteer het op die hartseer van ’n ma wie se drie dae oue baba 12 jaar gelede ontvoer is, is gister op borgtog vrygelaat.

    Me. Glenda Doubell (50) het op ’n aanklag van afpersing in die Bellville-landdroshof in die noordelike voorstede hier verskyn.

    Die staat voer aan Doubell het me. Celeste Nurse en haar man, Morné, op 17 Julie gebel en R500 000 van dié ouerpaar geëis in ruil vir inligting oor waar hul kind, wat nou 12 jaar oud is, haar bevind.

    Zephany, die Nurse-egpaar se dogter, het op 30 April 1997 uit die kraamafdeling van die Groote Schuur-hospitaal verdwyn en is steeds soek.

    Doubell is glo ’n familievriendin. Toe sy gister in die hof verskyn het, het sy glimlaggend vir familielede in die hofgalery gewaai en telkens omgekyk terwyl die staatsaanklaer, mnr. Marco Chandler, sy saak gestel het.

    Doubell se regsverteenwoordiger, mnr. Colin Jeffreys van die Regshulpraad, het gevra dat borgtog op R1 000 vasgestel word, maar die staat het R5 000 voorgestel.

    “Wat sy gedoen het, kan nie gekwantifiseer word nie,” het Chandler betoog.

    Volgens Jeffreys verdien sy kliënt slegs sowat R1 500 per maand as tuisversorger en is werk nie altyd geredelik beskikbaar nie.

    Doubell, van Delft, het geen vorige veroordelings of hangende sake teen haar nie. Landdros Dawid Appelgryn het borgtog van R2 000 toegestaan.

    Appelgryn het gelas dat syhaar een keer per week by die Bellville-Suid-polisiekantoor aanmeld en vir die duur van die hofverrigtinge by haar ma in Bellville-Suid woon.

    Sy mag ook geen kontak met die Nurse-gesin maak nie. Die saak is vir verdere ondersoek tot 15 September uitgestel. Volgens Chandler is onder meer die selfoonstate nog uitstaande.

  • 40. Freek  |  Julie 30, 2009 om 9 : 08

    Die reg moet sy loop neem. Weet die mense nog nie dat as jy nie die reg aan sy hand neem en hom die pad wys, hy nie vanself die pad sal vind nie? Dit kom my voor die skoolhoof glo nie die onderwyser is tot dagga smous in staat nie.

  • 41. *Mathilda*  |  Julie 30, 2009 om 9 : 17

    Freek

    Dalk dink sy dis vir sy eie gebruik. Ek weet nie of ek so gemaklik sal wees daarmee as ek weet een van my kinders se onderwysers is gevang met so iets nie.

  • 42. Beeld  |  Julie 30, 2009 om 9 : 30

    Plain City (VSA). – Die polisie in die Amerikaanse deelstaat Utah sê ’n sewejarige seun het beamptes op ’n jaagtog geneem toe hy nie kerk toe wou gaan nie.

    Die polisie het Sondagoggend inligting ontvang dat ’n kind roekeloos bestuur. Volgens kapt. Klint Anderson het twee beamptes die Dodge Intrepid-motor ingehaal en vergeefs probeer aftrek. Die seun het tot 64 km/h gery voordat hy by ’n oprit ingetrek en in ’n huis verdwyn het. Toe die kind se pa hom aanpraat, het hy gesê hy wou nie kerk toe gaan nie. Die polisie het die pa gemaan om sy motorsleutels beter op te pas. – Sapa-AP

  • 43. *Mathilda*  |  Julie 30, 2009 om 9 : 38

    #42 WTF ???

  • 44. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 9 : 59

    Goeie more almal!!

  • 45. *Mathilda*  |  Julie 30, 2009 om 10 : 50

    Saloom !!!

  • 46. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 11 : 02

    YIS! YIS! Julle my dam gemis? Ons het maandeinde gehad en met die koue en af skouer was/is ek permanent gedrug.

  • 47. *Mathilda*  |  Julie 30, 2009 om 11 : 05

    Het jy daai onnie se dagga beetgekry willes ?

  • 48. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 11 : 32

    @ *M*

    Huh!? Zolle!!!??? WA!!!???

  • 49. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 2 : 34

    Willes!! Hoekom is die skouer af. Jislaaik, mens kan ok nie jou rug draai hier nie, dan verwoes julle mekaar.

  • 50. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 3 : 08

    Nou waaaaaar is almal!!!

  • 51. Salomè  |  Julie 30, 2009 om 3 : 56

    Haai oooo! noudat ek kom kuier is julle almal besig.

  • 52. Nats  |  Julie 30, 2009 om 4 : 04

    Helllloooooooooo!!!!

    Ek LOVE museums en veral ou geboue en kastele ens!!
    So ek kan nie wag om Engeland toe te gaan Des nie – daar is die huise ver oor die 100 jaar oud en meer!!!

    Flippen cool!!!

  • 53. Nats  |  Julie 30, 2009 om 4 : 07

    Ooooooo come on girl!

    Hey pretty baby with the high heels on!!!!

    Just kiss me baby and tell me twice!!!

    ♪♪♪♪♪♪♪♪♪♪♪

  • 54. Wille Kjind Q  |  Julie 30, 2009 om 4 : 15

    Saloom!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 55. Xena  |  Julie 30, 2009 om 4 : 24

    HHHHHAAAAALLLLLLLLLLOOOO

  • 56. Xena  |  Julie 30, 2009 om 4 : 25

    Tweeling

    Ek hoop jy weet dat daardie toeriste goed in Europa eers duur is.

  • 57. Nats  |  Julie 30, 2009 om 4 : 26

    Wille Q
    Kan jy nie vir my tannie ‘n pajero reel nie?? Sy soek ‘n twee deur?

  • 58. Nats  |  Julie 30, 2009 om 4 : 29

    Tweeling
    I know… klaar gehoor hoeveel ek moet spaar!!!! Dis belaglik!!!!
    Ek wil graag die wax museum doen!

  • 59. Xena  |  Julie 30, 2009 om 4 : 35

    Ek ook

    Nats, kan ek saam kom?

  • 60. Adrie  |  Julie 30, 2009 om 4 : 38

    Saloom

    Ek hoop nie jy verkeer onder die illussie dat ek gaan brei nie. Dan is jy geslis dronk.

  • 61. Adrie  |  Julie 30, 2009 om 4 : 42

    Ek weet, indien moontlik, nog minder van hekel af.

  • 62. Nats  |  Julie 30, 2009 om 4 : 43

    Natuurlik Tweeling!

    Salome
    Ek is saam my Tweeling in daai een… nie ‘n kat se kans dat ek gaan brei nie. Ek sal eerder poppies koop! Maar kan ek die kleure besluit?

  • 63. Wipneus!  |  Julie 30, 2009 om 4 : 43

    Hello Almal
    Jip Adrie ek stem saam hulle moet die ingangs gelde redelik hou, tye is swaar!

    Ek het klaar vir Saloom gesê ek weet niks van brei af nie!!! Ek sal koffie aandra!! :mrgreen:

  • 64. Adrie  |  Julie 30, 2009 om 4 : 46

    Het Saloom al die posduif gestuur?

    Ek sal dit moet gaan soek, niks in my gewone eposse gekry nie.

  • 65. Adrie  |  Julie 30, 2009 om 4 : 47

    😉 Ek sal foto’s neem.

  • 66. Nats  |  Julie 30, 2009 om 4 : 49

    Watse bier drink Zoekoe? Windhoek?

  • 67. Adrie  |  Julie 30, 2009 om 4 : 49

    Om een of ander rede, as ek terug dink aan toe ek klein was, onthou ek my ma met ‘n boek op die skoot, breinaalde in die hand en die radio op die agtergrond.

  • 68. Adrie  |  Julie 30, 2009 om 4 : 50

    Heineken, nie waar nie?

    Onder watter bank kry hy weg?

  • 69. Nats  |  Julie 30, 2009 om 4 : 51

    My ma lees ook boek – maar die vet weet ek het haar nog nooit sien brei nie!!

    My ouma brei nou baba kombersies dat dit by haar ore uitkom – my niggie (haar favourite) is mos swanger!

  • 70. Wipneus!  |  Julie 30, 2009 om 4 : 52

    Sy het die duifie gestuur, dis sulke oulike goedjies wat jy moet brei Adrie!!

  • 71. Nats  |  Julie 30, 2009 om 4 : 53

    Ek moet gaan !!

    Sien later!!!!

  • 72. Wipneus!  |  Julie 30, 2009 om 4 : 54

    bye Nats

  • 73. Adrie  |  Julie 30, 2009 om 4 : 56

    Wip

    Ek brei die dag wat die hel oorvries. Nie ‘n dag vroeer nie’

  • 74. Adrie  |  Julie 30, 2009 om 4 : 56

    Tata Tweeling

    Soet wees.

  • 75. Wipneus!  |  Julie 30, 2009 om 4 : 59

    Sies Adrie

  • 76. Adrie  |  Julie 30, 2009 om 5 : 06

    Wat nou?

  • 77. Adrie  |  Julie 30, 2009 om 5 : 08

    Ek doen net mooi niks nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: