‘n Glipsie genaamd Viagra

Julie 28, 2009 at 7 : 08 58 Kommentaar

Ja, ek praat van die blou pilletjie wat dit vlees net so gewillig as die gees maak.   Die onderwerp van baie grappe en nog vele meer spam epos.   Almal beskou dit as ‘n grap.  Tog, as ‘n mens dieper as die oppervlak krap, is daar ‘n baie interessante storie en ‘n belangrike les verskuil.  Waaroor die vervaardigers lag, al die pad bank toe.

Robert F. Furchgott word as die vader van Viagra beskou.  Hy het die aanvanklike navorsing gedoen wat tot die onstaan van Viagra gelei het.  In 1978 het ‘n die Endothelium-derived Relaxing Factor (EDRF) ontdek, wat die bloedvate laat ontspan het.  Hy die volgende aantal jare daaraan gewy om die meganisme van die EDRF te verstaan.  So ontdek hy dat die EDRF eintlik net Nitrietoksied (NO) is.  Nitrietoksied speel ‘n belangrike rol in hart fisiologie.  Furchgott is in 1998 met ‘n Nobel Prys vir Fisiologie of Medisyne beloon vir die werk.

Met die inligting het ‘n groep chemici van Phizer Sildenafil ontwikkel.  Die doel was om ‘n middel te kry wat werk vir hoë bloeddruk en Angina (hartpyn weens ‘n te kort aan bloed – dus suurstoftekort).  Tydens die eerste fase kliniese toetse het Ian Osterloh egter ontdek dat die middel nie juis help vir Angina nie.  Die middel het sigbare ereksies veroorsaak.  Met die gevolg dat dit verder ontwikkel is vir ooms wat ‘n bietjie hulp nodig het wanneer hulle ‘n jong blaartjie wil beindruk.  Viagra was die eerste pil wat vir erektiele probleme deur die FDA goedgekeur is.

Wie sou nou ooit kon raai dat daar ‘n Nobel prys agter Viagra skuil?  Of dat die vader van Viagra eintlik niks te maak het met die ontwikkeling van die blou pilletjie nie?

In vandag se lewe gryp almal mos na ‘n selfhelp boek om te leer hoe ‘n mens moet lewe.  So dikwels word daar verkondig dat ‘n mens jou oog oop die doel moet hou.  Dit is seker oor die algemeen ‘n baie goeie beginsel.  Tog moet ‘n mens oopkop genoeg bly om nuwe geleendhede te kan eien.  Dit is soms nodig om jou doel so ‘n bietjie aan te pas.  Daar was immers ander bloeddruk en Angina middels op die mark gewees.  Die eerste kliniese fase kon so maklik as ‘n mislukking beskou geword het.  Dit was egter die opening na ‘n heel nuwe produk en ‘n heel nuwe veld. 

Blogvraag:  Waarvoor was Françoise Barré-Sinoussi en Luc Montagnier met ‘n Nobelprys in 2008 vereer?

Blogantwoord:  Tilla was reg met Suidelike.

Entry filed under: Waardelose Inligting. Tags: .

Dit is hoe dit is Museums

58 Kommentaar Add your own

  • 1. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 8 : 10

    Bwahahah… Eerste? Kan dit wees?

  • 2. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 8 : 12

    discovery of the retrovirus that causes AIDS.

  • 3. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 8 : 13

    “human immunodeficiency virus”

  • 4. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 8 : 29

    Hi Nell

    Hoe gaan dit vandag?

  • 5. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 8 : 49

    Hi A3

    Stil en stemmig… en da?

    Ek hou nie van Xena nie, block haar asseblief

  • 6. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 8 : 52

    Baie interessante inskrywing!😯

  • 7. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 8 : 53

    Hoekom, wat maak sy?

  • 8. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 8 : 56

    Bedonnerde entjie mens….

  • 9. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 9 : 00

    Ek ken haar nie juis. Sy verdwyn as ek naby is.

  • 10. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 9 : 03

    Jy is gelukkig!

  • 11. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 9 : 05

    Sjoe! Smile hunk luck ook soms vir my? Het die koei al ‘n aansoekvorm ingevul? Ek sien sy stir net soms hier as ek my rug draai

  • 12. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 9 : 13

    Jiiissssssss…. smile daar ‘n hunk vir jou… wa? Ek wil ook sien…

  • 13. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 9 : 16

    Weet jy, ek dink ek is ‘n bietjie dof. Dit is ‘n grillerige ou man wat gehoop het hier is gratis blou pilletjies.

    No such luck.

  • 14. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 9 : 18

    Pppfffffff… Aggenee!

    Hier is wel girls..:mrgreen:

  • 15. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 9 : 20

    Die blou pille gaan nie veel vir hulle doen nie.

  • 16. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 9 : 21

    😉 Behalwe as hulle met hoe bloeddruk sukkel. Maar selfs dan gaan ons hulle nie kan help nie.

  • 17. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 9 : 24

    bwahahaha… nee maar in plaas van pille kan hulle girls kry😆

    Jou dag beter gewees as gister?

  • 18. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 9 : 26

    Is jy lus vir n grillerige ou man? Self al poef hy goue ponde, moet hy maar aangly!

  • 19. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 9 : 31

    Nee dankie… Hy kan maar verby gly soos jy se…

  • 20. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 9 : 34

    Amper se ek nou iets wat my aan die gat sou kom byt het.

    Hoe was jou dag, Nell?

  • 21. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 9 : 37

    Hoe bedoel jy?

    Dag was erg. Wens dis ‘n week van nou af

  • 22. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 9 : 39

    Iemand was al vir n lg Nobel prys benoem nadat hulle bevind het dat viagra help vir jet lag.

  • 23. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 9 : 40

    Hoekom?😯

    Wil jy dan oud word?

  • 24. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 9 : 42

    Amper se ek nou iets wat my aan die gat sou kom byt het.?????????????????????????????????????????????????????????????

  • 25. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 9 : 46

    Ek lyk net dom, maar ek is nie regtig dom nie. Moeilik om te glo, ek weet!

  • 26. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 9 : 47

    Nee fok ek verstaan nie. Klink of jy iets wil se… maar ook nie….

  • 27. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 9 : 52

    Some things are beter left unsaid.

    Ek vat die 5th ammendmend.

  • 28. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 9 : 54

    Iets wat ek dalk moet weet?

  • 29. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 9 : 58

    Maak nie saak hoe hard ek tussen die lyne probeer lees nie… dis net so goed jy se ek moet daai liedjie raai game speel… Ek suck met dit.

  • 30. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 10 : 02

    He he he

    Daar is niks tussen die lyne nie. Ek belowe. Ek het my net betyds bedink.

  • 31. Girl van die Suburbs  |  Julie 28, 2009 om 10 : 04

    hmmmm….. For the life of me… voel al van gisteraand af of daar iets is wat ek moet weet…. Daai blerrie Xena…

    Lekker slaap.

  • 32. maxie  |  Julie 28, 2009 om 10 : 04

    Hi julle
    Kom loer net gou in.
    Nell
    Jy kort net bietjie oefening met die liedjiespeletjie, dis al. Jy suck nie.
    Adrie
    Ek dink ek weet waarna jy verwys het.

  • 33. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 10 : 06

    😳

    Nag, almal.

  • 34. maxie  |  Julie 28, 2009 om 10 : 09

    Lekker slaap julle.

  • 35. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 10 : 11

    Max

    Nou wonder ek of jy regraai? Stuur gou n posduif, asb?

  • 36. maxie  |  Julie 28, 2009 om 10 : 20

    Ek maak so!

  • 37. *Mathilda*  |  Julie 29, 2009 om 7 : 25

    More more

  • 38. Beeld  |  Julie 29, 2009 om 8 : 10

    Gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) wat die polisie se werk doen omdat hulle die polisie met hul mannekragtekort “wil help”, is ’n onding.

    So het dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS), gister gesê oor GPF’s wat toenemend self misdaad in hul woonbuurte bekamp en op slagoffers se noodkrete te reageer.

    GPF-voorsitters is dit eens dat hul patrollies en reaksie in gemerkte voertuie misdaad in hul woonbuurte laat daal het.

    Volgens Burger is daar niks wat GPF-lede verhinder om patrollies te ry nie, maar dat hulle nie iemand kan voorkeer en ondervra of ’n voertuig mag voorkeer en deursoek nie. GPF-lede wat patrollies ry, moet aan die polisie rapporteer wat hulle sien.

    “GPF’s het volgens die Polisiewet nie uitvoerende magte nie. Hulle verantwoordelikheid is om die polisie te adviseer oor die gemeenskap se prioriteite en om as waghond op te tree om te verseker dat die polisie hul werk doen, nie om self in te gryp nie,” het Burger gesê.

    Dir. Phuti Setati, nasionale polisiewoordvoerder, het beaam dat GPF-lede nie hul eie lewens in gevaar moet stel nie, maar eerder inligting oor enige misdaad aan die polisie moet deurgee sodat die polisie self kan optree.

    Setati het dit benadruk dat net polisielede “opgelei en toegerus” is om polisiewerk te doen en misdadigers aan te keer.

    Volgens Setati is die gemeenskap saam met hul GPF’s die polisie se oë en ore.

  • 39. Beeld  |  Julie 29, 2009 om 8 : 12

    ’NInwoner van ’n tehuis vir bejaardes in Noordwes het ná ’n beenamputasie in ’n staatshospitaal weke lank gelê met ’n stuk femur “so lank soos sy vinger” wat by die wond uitgesteek het.

    Dit was nadat mnr. Leon Hurter (64) van die Koster-tehuis vir bejaardes wakker was met slegs sy onderlyf verdoof terwyl sy regterbeen afgesaag is.

    “Hulle het vir my net ’n inspuiting gegee in my rug wat ontsettend seer was en gesê ek kon nie narkose kry nie omdat my are te swak was.

    “Hulle was bang ek kom nie weer by nie,” het Hurter gister vertel oor die operasie wat op 12 Mei in die Job Shimankana Tabane-hospitaal in Rustenburg gedoen is.

    Hurter, wat tevore ook sy linkerbeen weens gangreen verloor het, sê hy kon tydens die amputasie heeltyd hoor wat die dokters praat terwyl hy agter ’n skerm gelê het.

    “Toe hoor ek skielik ’n gesaag. Dit was verskriklik. Ek het net stil gelê en die Here gevra om my genadig te wees en my rustig te hou.”

    Volgens Hurter se suster, me. Ina van As, is hy op 29 Mei ontslaan en terug na die tehuis, maar skaars ’n dag later het sy femur deur die amputasiewond begin steek.

    “Wanneer ek gesit het, het die stuk been so lank soos my vinger by die vleis uitgesteek en wanneer ek dan op my bed gaan lê het, het dit teruggetrek,” het Hurter gesê.

    Volgens Van As het ’n ervare verpleegster glo gesê: “Ag Heretjie, maak tog net toe!” toe sy die wond sien.

    Die verpleegsters by die tehuis het die wond skoon gehou en Hurter is na die Koster-hospitaal, waar ’n dokter glo “sy kop geskud het” toe hy die wond sien en hom terugverwys het na Rustenburg.

    Hurter is op 11 Junie weer by Job Shimankana Tabane opgeneem en het vier dae gewag dat die verdere amputasie gedoen word.

    Toe Van As hom op 14 Junie besoek het, het sy in trane uitgebars. “Toe hy daai been oopmaak, oorval ’n naarheid my dat my kop draai. Ek wou omval,” het sy gesê.

    Die verdere amputasie is op 15 Junie gedoen en die wond is nou gesond.

    Mnr. Tebogo Lekgethwane van Noordwes se departement van gesondheid het gister gesê dis nie ongewoon om herhaalde amputasies te sien by mense met vaskulêre toestande nie. Hy het gesê die prosedure is die eerste keer “behoorlik” gedoen. Hurter is met ’n spinale blok in sy onderlyf verdoof omdat hy nie klinies geskik was vir narkose nie weens die toestand van sy longe en ouderdom.

    Volgens Lekgethwane het die stompie septies geword omdat Hurter swak sirkulasie gehad het weens die feit dat hy al 39 jaar lank rook.

  • 40. Beeld  |  Julie 29, 2009 om 8 : 15

    Terwyl die strate van die meeste dorpe in Mpumalanga gister deur stakende munisipale werkers in rommelhope omgeskep is, het ten minste een raad se topbestuur besluit om self iets aan die gemors te doen.

    Die burgemeester van die Emakhazeni-munisipaliteit in Belfast, rdl. Linkie Mohlala, en mnr. Oscar Nkosi, munisipale bestuurder, het self ingespring en eergisternag en gistermiddag die bittere koue van die Hoëveld getrotseer om saam met verskeie inwoners die strate skoon te maak.

    “Ons moet maar ’n voorbeeld stel,” het Mohlala gesê.

    In Middelburg het inwoners gisteraand ook ingespring om die dorp se strate skoon te maak, berig Aletta Otto.

    Die goeie voornemens eergister van die amptenare van die Delmas-munisipaliteit om nie aan die landwye staking deel te neem nie, het gister ná dreigoproepe soos mis voor die son verdwyn.

    ’n Klerk by die raad, wat nie geïdentifiseer wil word nie, sê dreigoproepe is gisteroggend deur ’n vakbondverteenwoordiger na die munisipale kantore gemaak.

    “Ons is met die dood gedreig omdat ons nie deelneem nie. Wat kan ons doen?

    “Ons moes die kantore verlaat.”

    In Nelspruit moes die operateurs van die N4-tolpad, Trac (Trans African Conssessions), gister self ingryp om rommel van die hoofpad waar dit deur die stad loop, te verwyder.

    Die stakers het die N4 op die kruising van Madibarylaan (R40) met asblikke en bakstene versper.

    Talle glasbottels is ook in die pad stukkend gegooi.

    In die sentrale sakegebied het die erge stank van verrottende afval wat betogers daar gegooi het, gehang.

    Die krag is steeds in groot dele van die stad af nadat betogers kragkaste en transformators gesaboteer het.

    In Sabie het die polisie met rubberkoeëls op betogers geskiet nadat stakers glo by die Simile-woonbuurt op die polisie geskiet het.

    Niemand is in die voorval beseer nie.

    Die biblioteek en ’n munisipale kantoor in die woonbuurt is ook gedeeltelik beskadig toe dit aan die brand gesteek is.

    ’n Brandweerwa van die stadsraad is ook aan die brand gesteek tydens pogings om die brand by die geboue te blus.

    Verskeie ander raadsvoertuie is ook aan die brand gesteek.

    Arisja Jacobs berig dat betogers ook in Secunda die strate met rommel besaai het.

  • 41. Beeld  |  Julie 29, 2009 om 8 : 19

    ’n Man wat hom as ’n pasiënt voorgedoen het, het die dokter wat hom wou help, geskiet.

    ’n Pasiënt van dr. Stephan Weyers, wat die skietery Saterdagmiddag by Weyers se spreekkamer in Silvertondale, Pretoria, gehoor het, het hom te hulp gesnel en hospitaal toe geneem.

    Die hospitaal wou op Weyers se versoek nie gister sê wat sy toestand is nie.

    Weyers is in die been, lies en heup geskiet. Hy is in die Wilgers-hospitaal opgeneem.

    Beeld het verneem Weyers is ’n geliefde dokter in dié omgewing en help die gemeenskappe van Eersterust en Mamelodi, in die ooste van Pretoria, al sowat 20 jaar lank.

    Kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder, het gesê ’n man het omstreeks 13:00 aan Weyers voorgegee dat hy ’n pasiënt is wat hulp benodig.

    Die man is saam met Weyers na sy spreekkamer.

    Toe Weyers hom wou behandel, het die man ’n vuurwapen op hom gerig en geld gevra.

    Volgens Sepato het Weyers, wat ook gewapen was, teruggeval en ’n skietery het tussen hulle uitgebreek.

    Weyers, wat drie keer getref is, kon nie daarin slaag om die man raak te skiet nie.

    Sepato het gesê die man het met Weyers se vuurwapen en ’n onbekende bedrag gevlug.

    ’n Saak van gewapende roof, poging tot moord en roof van ’n vuurwapen is ingedien. Die saak word deur die triotaakspan ondersoek.

    Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

  • 42. Beeld  |  Julie 29, 2009 om 8 : 24

    ’n Motoris wat glo in ’n padwoedevoorval ’n Pretoriase man doodgeskop het, is na bewering ook een van Pretoria se grootste dwelmhandelaars.

    Dié man sal vandag op ’n aanklag van moord in die hof verskyn.

    Dié padgebruiker, ’n Suid-Afrikaanse burger van Nigeriese afkoms (35), het mnr. Neville Olivier (47) na bewering aangerand nadat hy en Olivier ’n rusie gehad het in ’n straat oorkant die Menlyn Park-winkelsentrum in die ooste van Pretoria.

    Ná ’n woordewisseling het ’n bakleiery ontstaan en Olivier is herhaaldelik in die gesig geskop. Olivier se vriende het met hom hospitaal toe gejaag, waar hy by sy aankoms reeds weens veelvuldige beserings dood was.

    Verskeie lesers het Beeld gekontak met die man se naam en sy voertuig se besonderhede ná die voorval en voor sy inhegtenisneming.

    Insp. Duane Lightfoot, polisiewoordvoerder, het gesê die Brooklyn-polisiekantoor se opspooreenheid het die man gister omstreeks 10:00 in Sunnyside vasgetrek. Sy inhegtenisneming word gesien as ’n groot deurbraak omdat hy glo een van Pretoria se grootste dwelmhandelaars is.

  • 43. Beeld  |  Julie 29, 2009 om 8 : 27

    Durban. – ’n Vermeende rower is gistermiddag suid van die stad met klippe doodgegooi nadat ’n polisielid tydens ’n rooftog doodgeskiet is.

    Supt. Buhle Ngidi, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n 26-jarige konstabel van die speurtak het gister om 15:30 op ’n berig van ’n rooftog op die Magwazela-winkel in Folweni se B-seksie gereageer.

    Die rowers het hom op die toneel doodgeskiet.

    Volgens mnr. Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, is die polisieman in die bors, sy en agterkop geskiet.

    Lede van die gemeenskap het een van die vermeende rowers agternagesit en hom met klippe bestook.

    Polisiebeamptes het die man van die skare gered, maar hy het agterin die vangwa aan sy beserings beswyk. – Dries Liebenberg

  • 44. *Mathilda*  |  Julie 29, 2009 om 8 : 46

    Geweld – geweld – geweld !!!

  • 45. Adrie  |  Julie 29, 2009 om 8 : 50

    En dit was die nuus.

  • 46. Adrie  |  Julie 29, 2009 om 8 : 52

    Tilla😯

    Weet jy dan nie in watter land jy bly nie?

  • 47. Jaco  |  Julie 29, 2009 om 8 : 56

    More weereens

    @ Tilla

    Ja ek bied kursus aan buite pretoria en moet nou weer ry praat weer later.

  • 48. *Mathilda*  |  Julie 29, 2009 om 8 : 57

    Ja – maar dis asof dit net by die dag erger word

  • 49. Adrie  |  Julie 29, 2009 om 8 : 59

    Ek dink daar was net vir ‘n verandering min politiek gewees om oor te berig.

  • 50. *Mathilda*  |  Julie 29, 2009 om 9 : 00

    Hi Jaco – baai Jaco

  • 51. *Mathilda*  |  Julie 29, 2009 om 9 : 02

    En dis seker ook meer scary oor daar meer en meer daaroor berig word – ek weet hulle het mense by ons munisipaliteit ook gedreig

  • 52. *Mathilda*  |  Julie 29, 2009 om 11 : 11

    Nog niks

  • 53. *Mathilda*  |  Julie 29, 2009 om 11 : 13

    Hello, is this the South African Police?”

    “Eish-Yes. What you want?”

    “I’m calling to report my neighbour, Hendrik van der Merwe! He is hiding dagga inside his firewood.”

    “Eeeh-Yes…Thank you for your co-operasheen and informasheen in combating crime and violence, in our society suh”

    The next day, the SAP descends on Hendrik’s house. They search the braai lapa where the firewood is kept. Using axes, they chop open every piece of wood, but find no dagga. They shout and swear at Hendrik and leave.

    The phone rings at Hendrik’s house.
    “Hey, Hendrik! Did the SAP come?”

    “Ja!”

    “Did they chop your firewood for the braai tonight?”

    “…Ja….”

    “Happy Birthday Boet!”

  • 54. *Mathilda*  |  Julie 29, 2009 om 11 : 54

    HOOF VAN DIE HUIS

    ‘n Man wat voel hy het sy plek as die hoof van sy huis verloor het,
    gaan koop vir hom een van daardie selfhelpboeke met die titel “Die Hoof
    van jou huis”.

    Na hy die boek gelees het, stap hy vol vertroue by die sitkamer in.

    “Vrou, van nou af is ek die hoof van hierdie huis”, vertel hy haar
    terwyl sy sit en Egoli kyk.. “Jy gaan nou opstaan en vir ons ‘n lekker
    maaltyd voorberei, na ete gaan jy die skottelgoed was en vir my ‘n
    lekker warm bad intap. As ek uit die bad uitklim verwag ek my nagklere
    klaar uitgesit op die bed en die bed mooi netjies skoon oorgetrek.

    Môre-oggend as ek opstaan, soek ek my ontbyt en as ek klaar geëet
    het, raai wie gaan my klere aantrek en my hare vir my kam?”

    Sy kyk ongeërg op en sê: “Die mense van AVBOB?”

  • 55. *Mathilda*  |  Julie 29, 2009 om 1 : 22

    Nogsteeds niks

  • 56. Seekat  |  Julie 29, 2009 om 1 : 57

    Mathilda

    Lyk vir my jy soek iemand?

  • 57. *Mathilda*  |  Julie 29, 2009 om 2 : 01

    Seekat,

    Nee nie regtig nie – net geselskap

  • 58. *Mathilda*  |  Julie 29, 2009 om 2 : 19

    Maar dit lyk of dit nou ‘n nagskof blog geword het

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: