Leef jou eie leef

Julie 27, 2009 at 5 : 57 75 Kommentaar

Ek sit mos nou weer ‘n aansienlike tydjie in my hoek en kry nou weer tyd om die wêreld goed onder oë te neem.  Iets wat deesdae vir my kwaai uitstaan is hoe die mens sy eie onsekerheid in ‘n ander se doen en late probeer regverdig.   Die mens sal seker altyd van bemoeisiekheid oorloop.  Almal wat nie die padjie saam met hom loop nie, is verkeerd.  Sodanig moet hy/sy keuses verkleineer word, net sodat die ander beter kan voel oor hulle eie onsekere besluit.

Daar is so baie voorbeelde, ek het geen idee waar om te begin nie.  Dalk maar by die holruggeryde bly of gly argument.  Die Blyers en die Glyers moet alewig aan mekaar se kele wees.  Die Blyers sal hoon oor hensoppers wat hardloop met die eerste teken van moeilikheid en wat op een of ander stadium gaan terugkruip.  Die Glyers kan net nie uitgepraat raak oor die stiksienige dwase wat nie nie skrif aan die muur kan sien van ‘n sinkende land nie.  Wie is reg?  Niemand kan met sekerheid sê nie.  Hopenlik is altwee verkeerd.

Hoe jy jou kinders groot maak is nog ‘n groot twispunt.  As iemand nie stap vir stap doen soos jy dink hulle moet doen nie, is dit verkeerd.  Erg verkeerd, hulle kinders is demone wat vir die galg groot gemaak word.  Daar word altyd voorspel hoe die ander al hulle dae met die kinders gaan hê.  Elke misstappie van so ‘n kind word as bewysstuk ingedien.  As hulle wel op een of ander manier reg uitdraai, word die oorspronklike siening nie gewysig nie.  As die eie bloedjies verkeerd uitdraai, was hulle goed groot gemaak, maar groot sleg geword. 

Almal het ook altyd ‘n bekvol oor ‘n ander se verhoudings.  Hoekom word daar op troues meer geskinder oor die egskeiding as om die nuwe gesin te vier?  Die krakies word beklemtoon, sonder dat mense onderskei tussen die droogword krakies, die groei krakies en die moontlike verbrokkeling krakies. 

So is mense ook nooit liries omtrent hulle karre nie.  Hulle kan natuurlik elke ander kar op die mark afkraak.  Dieselfde kan gesê word van geloof, kerke, politiek ens. 

Hulle sê gedeelde smart is ‘n gehalveerde smart.  Dit is seker hoekom ons altyd so graag almal in bootjie soek.  Sink een, sink almal en dan kan niemand vir ons lag nie. 

Blogvraag:  Die woord Australië kom van die Latynse Australis af.  Wat beteken dit?

Blogantwoord:  Willes was reg met The Merchant of Venice.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Kwaad steek Dit is hoe dit is

75 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 5 : 59

    Eerste

  • 2. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 6 : 01

    Southern of Suidelik

  • 3. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 7 : 57

    Australis beteken suidelike, maar Australia beteken onbekende land van die suide… (een en die selfde ding?)

    ALLO ALLO

  • 4. Xena  |  Julie 27, 2009 om 8 : 01

    Greetings from the Warrior princess.

  • 5. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 8 : 06

    Bow down….

    alloa. hoe was jou dag?

    Wa is Olga?

  • 6. Xena  |  Julie 27, 2009 om 8 : 15

    Nell

    Goeie vraag. Roep haar, dalk hoor sy jou.

  • 7. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 8 : 19

    Fluister… leef sy nog?

  • 8. Xena  |  Julie 27, 2009 om 8 : 21

    Ja, sy lewe nog.

  • 9. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 8 : 23

    So hoe behandel die lewe jou vandag? Ai, moet ook als uit jou uittrek….😉

  • 10. Xena  |  Julie 27, 2009 om 8 : 29

    Wel, Hercules het weer sy macho nonsens kom wys, toe gly hy en val op sy gesig. Atlas het so gelag dat hy amper die aarde laat val het. Diana het hom kastig nie raak gesien nie en het oor hom geloop. Toe noem Aphrodite haar n bitch. Diana het haar amper geskiet.

  • 11. Xena  |  Julie 27, 2009 om 8 : 32

    En met jou?

  • 12. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 8 : 32

    Lekker Lekker daar op Akropolis!🙂

  • 13. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 8 : 33

    Ek is sooooo moeg dit voel of die dood intree…. verstaan nie hoekom nie. Dalk die ouderdom wat my nou bekruip!

  • 14. Xena  |  Julie 27, 2009 om 8 : 34

    Ek moet se die blog is gevrek sonder Olga. Dit moet net nog vrot. Nog net een ding wat Adrie opgemors het.

  • 15. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 8 : 36

    Nou bring die twee om die ronde tafel….

  • 16. Xena  |  Julie 27, 2009 om 8 : 37

    Rowwe dag gehad? jy het seker jou neus in te veel ander mense se sake gesteek.😛

  • 17. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 8 : 43

    Nee, ek dink nie dis dit nie…..

  • 18. Xena  |  Julie 27, 2009 om 8 : 48

    Te veel mense wat jou lewe vir jou probeer leef het? Moet ek nou alles uit jou trek?

  • 19. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 8 : 52

    Nee ook nie die probleem nie…

    Fokkit, wat is fout met jou?

  • 20. Xena  |  Julie 27, 2009 om 8 : 54

    Fout met my?

    Hierdie stukkies vel is te min om die koue uit te hou.

  • 21. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 8 : 55

    Stir daai lepel….

  • 22. Xena  |  Julie 27, 2009 om 8 : 59

    Ek het nie n lepel nie, ek het n swaard.

  • 23. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 9 : 01

    Hmmmmm…. swaai dan daai swaard van jou

  • 24. Xena  |  Julie 27, 2009 om 9 : 05

    Watse heksebrousel soek jy?

  • 25. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 9 : 07

    Ietsie wat bubble, met trouble en gooi so bietjie toil ook in.

  • 26. Xena  |  Julie 27, 2009 om 9 : 13

    Fair is foul and foul is fair.

  • 27. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 9 : 15

    All is fair in love and war…

  • 28. Xena  |  Julie 27, 2009 om 9 : 15

    Maar nou praat ons oor goed wat al die ander mense sal irriteer.😆

  • 29. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 9 : 16

    bwahahah… dan moet hulle nie lees nie?

    Jis ek dink ek trap in iets…

  • 30. Xena  |  Julie 27, 2009 om 9 : 18

    Hier is nie liefde of oorlog nie. Buitendien weet almal dat ek n fighter en nie n lover is nie.

  • 31. maxie  |  Julie 27, 2009 om 9 : 20

    Hi Xena en Nell

    When our actions do not, our fears do make us traitors.

  • 32. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 9 : 21

    Max – hallo

    Jy dalk kwaad vir iemand?

  • 33. maxie  |  Julie 27, 2009 om 9 : 22

    En dan my gunsteling Macbeth quote:

    Life’s but a walking shadow, a poor player
    That struts and frets his hour upon the stage,
    And then is heard no more. It is a tale
    Told by an idiot, full of sound and fury,
    Signifying nothing.

  • 34. maxie  |  Julie 27, 2009 om 9 : 22

    Nell
    Nooit, hoekom?

  • 35. Xena  |  Julie 27, 2009 om 9 : 24

    Hi Max!

    Baie ware woorde. 😉 dalk moet ons eendag aanhalingtennis speel.

  • 36. maxie  |  Julie 27, 2009 om 9 : 25

    Uhm… wat is aanhalingtennis?

  • 37. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 9 : 26

    nee, SORRY, ek bedoel Xena!? Ek dink sy is kwaad v iemand.

  • 38. Xena  |  Julie 27, 2009 om 9 : 26

    Macbeth is die enigste Wikkelspies wat ek gelees het. Onder dwang van matriek.

  • 39. Xena  |  Julie 27, 2009 om 9 : 29

    Max

    Een begin met n aanhaling, dan gee iemand anders n aanhaling wat daarby aansluit.

  • 40. maxie  |  Julie 27, 2009 om 9 : 30

    Xena
    Ons het ook Macbeth gedoen, ek was mal daaroor!
    Maar ek was onder die indruk die skole het elke jaar ander Wikkelspies gedoen, tog het Mo die naweek gese hulle het ook Macbeth gedoen.
    Hoe kon julle albei dit gedoen het?

  • 41. maxie  |  Julie 27, 2009 om 9 : 32

    Nell
    Als reg!
    Tussen hakies: jy’t baie goed gevaar met die liedjiespeletjie Saterdagaand, ek het Sondagaand gaan loer.
    Gaan jy weer saamspeel volgende week?

  • 42. maxie  |  Julie 27, 2009 om 9 : 33

    Xena
    Hmmm die tipe tennis kan dalk moeilik raak…

  • 43. Xena  |  Julie 27, 2009 om 9 : 35

    Max

    Ons skool het net Macbeth gedoen. Elke jaargroep. Ek dink skole het n keuse tussen To kill a mocking bird, Macbeth en Julius Ceasar.

  • 44. maxie  |  Julie 27, 2009 om 9 : 38

    Ons skole het nie so gewerk nie, daar was elke jaar ‘n nuwe een.

  • 45. Xena  |  Julie 27, 2009 om 9 : 39

    Hulle sal seker Macbeth doen tot een of ander eier besluit dit is te moeilik. Macbeth is blykbaar ook interessanter as Julius Ceaser.

  • 46. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 9 : 40

    Ek gaan probeer Max… Ek het egter nog baie oefen nodig!

    Ek het elke jaar op varsity 4 plays ‘n jaar gedoen… wonder nou nog hoe ek gepass het😉

  • 47. maxie  |  Julie 27, 2009 om 9 : 41

    Nell
    Jy nog hier?
    Xena
    Vreemde skole…

  • 48. Xena  |  Julie 27, 2009 om 9 : 41

    Julle eerste taal Brits het seker ook nog Lord of the Rings gedoen. Ons geslag se eerste taal matrikulante het ook Macbeth gedoen.

  • 49. Xena  |  Julie 27, 2009 om 9 : 44

    Snork!

    n Vreemde skool is die wat Macbeth oor 2 jaar doen. In gr 11 en 12. Ons het dit darem net in gr 12 gedoen.

  • 50. Girl van die Suburbs  |  Julie 27, 2009 om 9 : 45

    Ek gaan groet.

    Lekker slaap julle twee

  • 51. Xena  |  Julie 27, 2009 om 9 : 47

    Ek is mal oor die verdraaiing van die no man born of a woman in Macbeth.

  • 52. maxie  |  Julie 27, 2009 om 9 : 49

    Lekker slaap Nell.
    Sien jou Saterdagaand.

  • 53. Xena  |  Julie 27, 2009 om 9 : 52

    Nag Nell, lekker slaap.

    Wikkelspies het natuurlik ook so n tegniese twist gehad. n Pond vleis, maar dit kan net geneem word as geen druppel bloed vermors word nie.

  • 54. maxie  |  Julie 27, 2009 om 9 : 52

    Xena
    Wat ek bedoel met vreemde skole is skole wat dieselfde Shakespeare opdis aan twee graad 12 klasse na mekaar, by ons was dit afgewissel.

  • 55. maxie  |  Julie 27, 2009 om 9 : 58

    Lekker slaap.

  • 56. Xena  |  Julie 27, 2009 om 10 : 00

    Ironies genoeg kan ek nie onthou watter boeke ons in Afrikaans gedoen het nie. Dink amper dit was Die koning se wingerd.

  • 57. Xena  |  Julie 27, 2009 om 10 : 01

    Nag, Max. Lekker slaap!

  • 58. *Mathilda*  |  Julie 28, 2009 om 7 : 03

    More more

  • 59. *Mathilda*  |  Julie 28, 2009 om 7 : 56

    Word wakker maaikies – dis lankal dag !

  • 60. Beeld  |  Julie 28, 2009 om 8 : 17

    Die Universiteit van Pretoria (UP) het ’n nuwe rektor. Dr. Cheryl de la Rey (47) is die eerste vrou in dié pos.

    Die universiteitsraad het haar gistermiddag uit ’n uitgelese groep kandidate aangewys om die leisels by prof. Calie Pistorius oor te neem.

    De la Rey is sedert Mei verlede jaar uitvoerende hoof van die Raad op Hoër Onderwys, wat gehalteversekering van kursusse doen en universiteite oor assessering en kursusse raad gee.

    Die UP het in ’n verklaring gesê De la Rey sal op ’n later datum waarop sy en die universiteit sal ooreenkom, diens aanvaar.

    “Die UP is trots op haar akademiese prestasies en beskou haar as iemand wat brûe bou en goeie menseverhoudings handhaaf. Sy word ook bestempel as iemand wat diepgaande kennis en strategiese begrip van die tersiêre sektor het. Sy het ’n uitstekende geskiedenis as akademikus: Sy is hardwerkend en professioneel en het gesonde verhoudings met mense,” lui die verklaring.

    De la Rey het aan die destydse Universiteit van Natal in Durban gestudeer en haar doktorsgraad, met ’n tesis getiteld “Career narratives of women professors in South Africa”, aan die Universiteit van Kaapstad (UK) behaal.

    Sy was jare lank ’n onderwyser en sielkundedosent en later adjunk-visekanselier van die UK.

    Daar was aanvanklik 13 kandidate vir die rektorspos. Ander gunstelinge was proff. Derek van der Merwe, pro-visekanselier van die Universiteit van Johannesburg (UJ); Carolina Koornhof, dekaan van die fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe by die UP; en Antony Melck, adviseur tot die rektor van UP en voormalige rektor van Unisa.

    De la Rey het alle navrae na die UP verwys.

    In ’n verklaring van voorneme wat haar aansoek vir die pos vergesel het, het sy gesê om die toekoms van die UP te skep is ’n opwindende leierskapsgeleentheid.

    “Die UP is ongetwyfeld een van Suid-Afrika se top-universiteite. Met visioenêre en sterk leierskap, tesame met doeltreffende strategieë en goeie bestuur, kan dit Suid-Afrika se voorste universiteit met ’n sterk internasionale reputasie vir gehalte-onderrig, -navorsing en betrokkenheid wees,” het sy luidens dié verklaring gesê.

    Voorts is die universiteit in ’n goeie geldelike toestand. Die universiteit het ook ’n strategiese voordeel met sy ligging ten opsigte van die sakesektor, die regering en die diplomatieke spilpunt van die land.

    Onderwyskenners het by navraag gesê groot uitdagings wag op haar. Een daarvan is om uiting te gee aan die verwagting van verskeie belangegroepe vir die handhawing en uitbouing van Afrikaans as akademiese taal.

  • 61. Beeld  |  Julie 28, 2009 om 8 : 21

    Toliwe, Suid-Afrika se bekendste witrenoster, wat onder meer in ’n Cell C-advertensie te sien was, het die jongste slagoffer van stropers geword.

    Die karkas van die witrenoster is die naweek dood met ses koeëlwonde gekry. Sy horing was net halfpad afgesaag.

    Hy het die afgelope sewe jaar in Mount Savannah, ’n natuurreservaat in die Wieg van die Mensdom, gewoon.

    Mnr. Rob Dickerson, Toliwe se eienaar, het gister gesê die renoster het vermoedelik nog geleef terwyl die stropers probeer het om sy horing af te saag. Hulle het waarskynlik geskrik en weggehardloop toe ’n swaar gewonde Toliwe in ’n stadium probeer opstaan het, het Dickerson gesê.

    Volgens mnr. Willie Joubert, ’n mede-eienaar van Mount Savannah, het Toliwe, wat ’n massiewe horing gehad het, hom oor “ ’n paar dae” doodgebloei. “Dit is verskriklik. Dit is baie, baie hartseer. Ons is almal baie geskok.”

    Joubert het gesê Toliwe het as klein kalfie sewe jaar gelede uit KwaZulu-Natal op Mount Savannah aangekom en is met die hand grootgemaak. Dit is onseker wat destyds van sy ma geword het. Hy het oor die jare mak geword.

    Dickerson het gesê Toliwe is die Zoeloe-woord vir “ ’n baba wat in die veld gekry is”.

    “Toliwe was so mak dat hy nader gestap het as hy mense of voertuie gesien het. Hy het selfs toegelaat dat mense hom streel.”

    Mense wat die naweek in ’n ligte vliegtuig oor Mount Savannah gevlieg het, het Toliwe se karkas Saterdag uit die lug gesien en Joubert ingelig. Die polisie se forensiese eenheid het twee koeëls uit Toliwe se karkas gesny.

    Behalwe die wonde van dié twee koeëls, was daar nóg vier koeëlwonde. Dickerson vermoed die stropers het ’n .243-geweer met ’n klankdemper gebruik om Toliwe te skiet.

    “Ek is verpletter,” het hy gesê. Hy vrees nou ook vir die lewe van sy drie ander renosters in die reservaat.

    Toliwe is steeds te sien in episodes van die TV-program Wild at Heart, wat op die BBC-kanaal uitgesaai word.

    Kapt. Jacob Raboroko, woordvoerder van die Krugersdorp-polisiekantoor, het bevestig ’n saak ingevolge veediefstal-wetgewing is geopen. Hy het gesê die Wes-Randse veediefstal-eenheid sal die saak ondersoek.

    Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

    Dit is die tweede renoster binne ’n maand wat in die omgewing gestroop is. ’n Witrenoster is sowat ’n maand gelede in die Krugersdorp-wildtuin doodgeskiet.

    Volgens Dickerson is daar ’n groot beloning – minstens R20 000 uit sy eie sak – vir enigiemand wat inligting oor die stropers het.

  • 62. Beeld  |  Julie 28, 2009 om 8 : 32

    In die eerste 20 dae van Julie het sowat 600 meer Zimbabwiërs oor die grens na Suid-Afrika gestroom as in Junie.

    Waar daar egter so onlangs as in April vanjaar maar sewe kinders en 107 vroue saam met 291 mans die grens oorgesteek het, was dié getal in Julie 533 kinders, 276 vroue en 800 mans.

    Dit dui daarop dat mans nie meer alleen in Suid-Afrika ’n inkomste kom verdien nie, maar hul gesinne saambring, terwyl kinders ook in groot getalle haweloos op die grens agtergelaat word.

    Dié statistieke blyk uit amptelike syfers in Beeld se besit nadat die visumvereistes vir Zimbabwiërs vroeër vanjaar afgeskaf is.

    Sedertdien mag die polisie en die soldate op die grens – waar die massas veral by Beitbrug die land binnekom – nie meer Zimbabwiërs in hegtenis neem of repatrieer nie.

    Boonop is dit nie net Zimbabwiërs wat van die verlaagde visumvereistes gebruik maak nie.

    Op 15 Junie is 127 Somaliërs voorgekeer. Hulle het voorgegee hulle is Zimbabwiërs sonder identiteitsdokumente. In Mei is nog twee groepe Somaliërs van onderskeidelik 17 en 23 per groep by Musina voorgekeer, asook twee Ethiopiërs.

    Volgens dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS), is dié onbeheerde instroming van immigrante ’n groot bydraende faktor tot die huidige krisis met dienslewering in sekere gebiede.

    “Die grootste probleem wat dié mense veroorsaak is die maatskaplike las op munisipaliteite wat klaar nie die mas kan opkom nie. Ons het totaal en al beheer oor ons eie landsgrense verloor,” het Burger gister gesê.

    Nadat oudpres. Thabo Mbeki die weermag jare gelede opdrag gegee het om van die grense te onttrek en die polisie dié rol moet oorneem terwyl die kommando’s ook gesluit is, is die landelike gemeenskappe grootliks aan hulself oorgelaat vir beveiliging. Sedertdien het die weermag al sy geriewe aan die polisie oorgeteken.

    Nadat die nuwe kabinet aangestel is, het dit gelyk of Mbeki se besluite omgekeer gaan word.

    Nou sit ’n klompie polisiebeamptes steeds in die weermag se voormalige geboue en geriewe, terwyl die weermag se troepe in tente in die veld bly.

    “Suid-Afrika het nie balls soos Botswana nie. Hulle handhaaf ’n beleid van ‘geen toegang nie’ tot onwettige immigrante.

    “Dit is hoekom Botswana ’n hele bataljon soldate op sy grens met Zimbabwe het. Die immigrante word sonder seremonie gevang en in deurgangskampe geplaas voordat hulle gerepatrieer word,” het Burger gesê.

    ‘Polisie het net opgegee’

    Grenshekke wat oopstaan, grensheinings wat oopgesny is en groot gedeeltes heinings wat gesteel of platgetrap is.

    Dit is wat mnre. David Maynier en James Lorimer, die DA se woordvoerders oor onderskeidelik verdediging en militêre veterane, verlede week met ’n besoek aan die Suid-Afrikaanse grens met Zimbabwe gevind het.

    “Dit lyk of die polisie eenvoudig opgegee het om eens te probeer om die grense te beskerm.

    “Die land het dringend ’n behoorlike plan nodig om die weermag weer te ontplooi en gou ook,” het hulle gesê.

    Mnr. Thabang Makwetla, adjunkminister van verdediging en militêre veterane, het verlede week gesê soldate mag dalk “gou” weer vir grensbeheer gebruik word.

    “Dit beteken ons beweeg in die regte rigting, maar ons het doelgerigte planne nodig hóé die beheer aangepak gaan word, hoeveel soldate ingespan gaan word en wanneer dit presies gaan gebeur,” het Lorimer en Maynier gesê. – Erika Gibson

    Immigrante, sigarette

    In die eerste ses maande van vanjaar is minder as 10 000 onwettige immigrante op die Zimbabwiese grens aangekeer, vergeleke met 57 700 in 2007 en 72 400 in 2006.

    Tussen 2005 en 2007 is tussen 72 200 en 80 600 kartonne onwettige sigarette op die grens gekonfiskeer. Sedert begin vanjaar is beslag gelê op beswaarlik 4 200 kartonne.

    Die waarde van laasgenoemde is maar sowat R420 000 vergeleke met die R7,9 miljoen in 2007.

    Voertuie laai snags aan die Zimbabwiese kant minibusvragte vol vlugtelinge af.

    Tientalle jong kindertjies sit haweloos op die grens nadat hulle saam met ’n groep oorgestuur is om by hul ouers aan te sluit wat reeds in Suid-Afrika is. Dié groepe laat om ’n verskeidenheid redes die kinders soms net daar, wat veroorsaak dat hulle die Suid-Afrikaanse maatskaplike stelsel se probleem word.

  • 63. *Mathilda*  |  Julie 28, 2009 om 8 : 33

    Ag nee ! Dis wreed !

  • 64. Adrie  |  Julie 28, 2009 om 8 : 45

    More almal.

  • 65. *Mathilda*  |  Julie 28, 2009 om 8 : 50

    Hallo kloon – jy darem besluit om te ontwaak ?

  • 66. *Mathilda*  |  Julie 28, 2009 om 9 : 06

    Of weer gaan slaap

  • 67. *Mathilda*  |  Julie 28, 2009 om 10 : 17

    Dalk moet ek soos willes maak en begin sing

  • 68. *Mathilda*  |  Julie 28, 2009 om 12 : 05

    Huistoe gaan klink nou vir my na ‘n blink plan

  • 69. *Mathilda*  |  Julie 28, 2009 om 12 : 06

    Moet ek nou all by my lonesome sukkel om 100 comments te maak

  • 70. *Mathilda*  |  Julie 28, 2009 om 12 : 08

    70 ! Nog net 30 om te gaan !

  • 71. *Mathilda*  |  Julie 28, 2009 om 1 : 43

    Die Alkholis, Roker en Moffie gaan Dokter toe vir ‘n ondersoek, Dokter sê vir al drie van hulle……….
    “As julle nog een keer ingee aan julle verslawing, gaan julle sterf.”

    Hulle loop in die straat af en by die kroeg sê die Alkholis hy gaan ‘n dop drink en sterf, die roker en die Moffie loop verder aan.

    ‘n Ou ry verby en skiet ‘n stompie by die venster uit……

    Moffie sê vir die roker: “Jy besef natuurlik as jy buk om die stompie op te tel is ons altwee dood!!!”

  • 72. Seekat  |  Julie 28, 2009 om 1 : 45

    Dit is lekker om oor ander mense se sondes en dinge te skinder want dan is jou eie nie meer so erg nie. Die lekkerste is as dit iemand is wat niemand verwag dit sou doen nie. Anders sou niemand iets hê om oor te skryf nie. Hoe anders gaan ons dan die dag verby kry????

  • 73. *Mathilda*  |  Julie 28, 2009 om 2 : 42

    Hallo seekat

  • 74. *Mathilda*  |  Julie 28, 2009 om 3 : 36

    Nog net 15 minute !

  • 75. *Mathilda*  |  Julie 28, 2009 om 3 : 49

    Nou ja – die tyd om te gaan het nou gekom – I’m out of here !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: