Kwaad steek

Julie 26, 2009 at 4 : 25 54 Kommentaar

As jy dom is, moet jy sukkel.  Dit was altyd die geval gewees, voor die koms van realiteits tv.  Skielik word domheid nie net beloon nie, maar dit maak sommer ryk ook.  Almal wil (so glo die TV base) kyk hoe jy in jou eie domheid stik.  Daarvoor betaal hulle goeie geld. 

Ek hoor vanoggend op die radio dat die vrou wat aan die agtling in die lewe gebring het, ‘n kontrak van $20 miljoen gesluit het.  Die gesin se daaglikse bestaan gaan verfilm word in ruil.  Vir $20 miljoen sal ek ook met 6 kinders by die huis nog 8 ekstra gaan soek teen alle kostes.  ‘n Mens kan daarmee 14 kinders gerieflik grootmaak, veral as ‘n mens in ag neem dat dit waarskynlik die begin is.

Goed, ek is seker weer bevooroordeeld.  Ek sien egter ‘n nuwe neiging ontwikkel.  Mense het nogal ‘n voorliefde ontwikkel vir realiteits televisie.  Daar is groot kompetisie onder die stasies om met iets interessanter, skokkender, meer bisaar vorendag te kom.  Die hele wêreld sal kyk, wat beteken die geld rol in.  Mense word egter deesdae te veel gestimuleer, met die gevolg dat hulle vinnig verveeld raak.  Dus is nuwe, beter (of is dit erger) idees elke dag nodig.

Die oorspronklike werklikheidsreekse het darem ‘n halwe draaiboek gehad.  Daar was beplande take en kompetisies gewees, maar dit is seker nie meer werklik genoeg nie.  Mense wil eerder soos vlieë teen die muur sit.  Nie normale mense nie, dit is te werklik vir genot.  Lyk te veel na hulle eie lewens.  Eerder goed wat geen normale mens se pad ooit sal kruis nie.  Met goeie rede, maar dit maak seker goeie kykmateriaal. 

Dus word goed wat eintlik gestraf moet word, beloon.  Dit dien ook as motivering vir iets meer skokkend.  En meer skokkend.  En skokkender.  Is daar iets wat te skokkend gewees?  Dink net, ‘n reeks van ‘n regte reeksmoordenaar wat vir die kamera moor.  Wat van ‘n program waar mense gemartel word, met die een wat die meeste pyn verduur die wenner is?  Sien my punt?

Ek oordryf seker nou, maar iewers moet daar ‘n streep getrek word.  ‘n Goeie begin sal wees om mense wat aanjaag nie met kontrakte aan te moedig nie.

Dit is egter my mening.  Wat dink julle?

Blogvraag:  Watter Shakespeare opvoering sal die volgende werklikheidsreeks inspireer?  Iemand leen ‘n bedrag geld wat hy in ‘n vasgestelde tyd moet terug betaal.  Die program sal rondom sy pogings draai om die haas onmoontlike reg te kry.  As hy nie slaag nie, sal hy met ‘n pond van sy eie vleis moet betaal. 

Blogantwoord:  Release me – Agnes (Willes), 1 2 3 4 – Plain White T’s (Nell), Everbody knows – John Legend (Almal weet). 😉 Almal 2009 treffers.

Bonuspunte:  The normal People – Boomtown rats (Willes*); Exhale – Whitney Houston (Willes); No one cares – Outbreak (Wip); Get up – Rem (Wip); Leave me alone – Michael Jackson (Wip); 1 2 3 – Gloria Estefan (Wip); Celebrate -Madonna; Stand up – Underworld (Wip); Wake up – Hillary Duff (Wip);  Under the blanket – Trevor Hall(Wip); Stand up – Ludicris (Wip); Attention – Avant (Wip); Morning person – shrek instrumental (Wip); Get Up, Stand Up – Rihanna (Nell); Breathe – Anna Nalick (Wip); Breathe – Taylor Swift (Nell).

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Adrie – Adriana konflik Leef jou eie leef

54 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Julie 26, 2009 om 4 : 52

    Eerste!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Julie 26, 2009 om 4 : 59

    Ek weeti

  • 3. Wille Kjind Q  |  Julie 26, 2009 om 5 : 00

    Merchant of Venice!!!!!

  • 4. Wille Kjind Q  |  Julie 26, 2009 om 5 : 02

    Whuhahahahahahaha!!!!!!! Feature nie eens nie!! He! He!

  • 5. Adrie  |  Julie 26, 2009 om 7 : 53

    Hallo hallo hallo

    Whahahahahahahaha

  • 6. Girl van die Suburbs  |  Julie 26, 2009 om 8 : 16

    Ai, ek is dom…. daarom sukkel ek seker so😉

  • 7. Girl van die Suburbs  |  Julie 26, 2009 om 8 : 36

    Ag, wat dan groet ek ma.

    Koebaai!

  • 8. Adrie  |  Julie 26, 2009 om 8 : 57

    Sies! Wag net tot ek my rug draai, dan kom julle uit.

  • 9. Wille Kjind Q  |  Julie 26, 2009 om 9 : 03

    Testing 1 2 3

  • 10. Wille Kjind Q  |  Julie 26, 2009 om 9 : 06

    My foun en of WP maak wee snaaks en eksi lus om te sukkel nie. Veral nie as ek blog EN lees nie👿

  • 11. Xena  |  Julie 26, 2009 om 9 : 12

    Dit sal darem snaaks wees as jy die karakters in die boek op die blog vloek.

  • 12. Wille Kjind Q  |  Julie 27, 2009 om 4 : 58

    GGGRRR!!!!!!!!!! Dis Maandag👿

  • 13. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 6 : 49

    More.

  • 14. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 6 : 50

    Ek wil nie opstaan nie.

  • 15. Beeld  |  Julie 27, 2009 om 8 : 08

    Herman Scholtz

    ’n Pretoriase man is dood nadat sy pad met dié van ’n aggressiewe padgebruiker gekruis het.

    Mnr. Neville Olivier (47) was by sy aankoms in die Pretoria-Oos-hospitaal reeds dood weens veelvuldige beserings.

    Hy en ’n paar vriende het Vrydagaand in ’n straat oorkant die Menlyn-winkelsentrum in die ooste van die stad in ’n motor gery toe Olivier en dié padgebruiker hulle klaarblyklik vir mekaar vervies het.

    Olivier het vermoedelik ’n parkeerplek gesoek in die omgewing van twee gewilde restaurante.

    Volgens insp. Duane Lightfoot, polisiewoordvoerder, het Olivier en die bestuurder van ’n BMW vir mekaar ligte begin flits.

    Daar was na bewering ook ’n vrou in die BMW.

    “Albei partye het uitgeklim en hulle het ’n woordewisseling gehad,” het Lightfoot gesê.

    ’n Bakleiery het gevolg. “Terwyl (Olivier) half knielend op die grond was, het die ander man hom glo herhaaldelik in die gesig geskop.” Een van Olivier se vriende is glo ook aangerand toe hy probeer ingryp het.

    Lightfoot het gesê Olivier se vriende het hom na die hospitaal gebring. “Die verdagte is ’n Nigeriër wat baie bekend is in die omgewing. Die polisie is optimisties dat hy gou vasgetrek sal word.”

    ’n Nabye familielid van Olivier het gister aan Beeld gesê al sy vriende en familie is nog nie van sy dood in kennis gestel nie.

    Die familielid het gesê hulle weet nie wat in die voorval gebeur het nie en is nog te geskok om met die media te praat.

  • 16. Beeld  |  Julie 27, 2009 om 8 : 13

    Hilda Fourie

    Sy dink elke keer in die bed oor hoe rowers haar en haar gesin in hul huis aangehou, met strykysters gebrand en gedreig het om haar voor haar man en kinders te verkrag.

    Meer as ’n jaar ná dié gru-ervaring in die Lubbes se huis in Hennopsrivier, Centurion, ruik mev. Rachelle Lubbe (42) steeds die mat waarin die rowers haar gesig gedruk het. Sy ervaar steeds die emosies wat sy daardie aand ervaar het toe die rowers haar met ’n strykyster op haar linkerbors, -arm en -skouer gebrand het.

    Sy het vanuit Queensland in Australië gesê wat haar die meeste van die misdaad in Suid-Afrika pla, is hoe normaal dit geword het.

    “Dit gaan nie meer net oor roof nie. Dis ’n vorm van ’n terroriste-aanval en dis wat dit genoem moet word.”

    Lubbe het gesê die aanval op hulle in Maart verlede jaar het steeds ’n invloed op haar gesin.

    Vyf rowers het die gesin oorval twee dae nadat hulle hul visums gekry het om Suid-Afrika weens die misdaad hier vir Australië te verruil. Die gesin het ’n maand later geëmigreer.

    Buiten om haar met die strykyster te brand, het die rowers ook haar man, Chris (44), ’n meganiese ingenieur, herhaaldelik op sy rug gebrand.

    Savannah (9) kry steeds terugflitse van die oomblik wat die rowers mev. Lubbe na haar kamer geneem het. Sy en haar broers, Damian (16) en die 14-jarige tweeling, Shelden en Cameron, is ook aangerand.

    “My kinders praat nog daaroor asof dit gister gebeur het.”

    Sy het gesê in Australië word die wet gerespekteer, belastingbetalers se geld werk vir hulle en skole is grotendeels gratis.

    “Die vryheid van Australië was die oorweldigendste gevoel om aan gewoond te raak. Dit is wonderlik om te sien hoe ’n land werk as almal net die regte ding doen. Daar is Suid-Afrikaners wat die regte ding doen, maar steeds tweede beste eindig. Ek is net moeg daarvoor dat die ouens wat verkeerd optree die hele tyd wen.”

  • 17. Beeld  |  Julie 27, 2009 om 8 : 16

    Alet Rademeyer

    ’n Nuwe gesprek oor armoede is nodig, sê dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van die Solidariteit se Helpende Hand-fonds.

    Volgens Langner het pres. Jacob Zuma se uitreiking na wit armes enersyds ’n politieke ruimte geskep vir die bewusmaking van die wit armoede-probleem en andersyds ’n klimaat waarin ten minste oor die onderliggende probleme gepraat kan word.

    Dit was Vrydag ’n jaar gelede dat Zuma die armoedige Bethlehem-nedersetting in die noordweste van Pretoria besoek het.

    Daar is toe vir die eerste keer mét die sowat 1 300 arm Afrikaners gepraat en nie óór hulle nie, sê Langner.

    Hy het in ’n verklaring gesê sedert die verslag oor wit armoede in Mei verlede jaar bekend gemaak is, het informele nedersettings en skuilings van die wit gemeenskap in Pretoria binne ’n jaar van 38 tot 77 toegeneem.

    “Waar dit in die verlede nodig was om twee tot drie keer per week lewensmiddele te versprei, word daar nou twee tot drie keer per dag na skuilings, nedersettings en ouetehuise gery weens die ál groter wordende kosnood.”

    Ander onrusbarende tendense is ouers wat kinderspeelgoed op straat verkoop om kos te koop.

    “Die lewensomstandighede versleg daagliks in skuilings. Kinders word blootgestel aan seksuele vergrype, misdade en prostitusie en daar is geen maatskaplike net om dit te ondervang of statutêr te takel nie,” meen hy.

    ’n Probleem wat aandag moet kry, is die onoordeelkundige toepassing van regstellende aksie wat meegebring het dat werkloosheid in die wit gemeenskap met 150% toegeneem het. Sowat 2 miljoen Afrikaners leef onder die broodlyn.

    Langner het hom uitgespreek oor die huidige benadering van “opheffing deur toelaes”. Hy sê dit is in wese niks anders as ’n instandhoudingsmodel nie.

    “Dit beteken die publiek gee uit jammerhartigheid kos, klere en ander lewensmiddele aan mense in nood, terwyl daar vir oplossings op die regering staat gemaak word.”

    Dit is krities vir die land dat groter klem op opleiding in skaars en kritiese vaardighede geplaas word, het hy gesê.

    “In ’n land waar 50% van die bevolking honger is, moet burokratiese rompslomp wat ’n struikelblok is, verfyn word.”

  • 18. Beeld  |  Julie 27, 2009 om 8 : 19

    Carina van Wyk

    Gautengse motoriste kan van Donderdag af hul voertuiglisensies by hul naaste poskantoor hernu.

    Volgens mnr. Kendridge Mathabathe, woordvoerder van die Gautengse departement van paaie en vervoer, moet motoriste die hernuwingskennisgewing saamneem wat hulle in die pos ontvang het.

    Indien jy nie so ’n kennisgewing ontvang het nie, kan jy steeeds die nodige dokumente by die poskantoor invul.

    Mnr. Bheki Nkosi, Gautengse LUR vir paaie en vervoer, het in ’n verklaring gesê die Poskantoor – met sy langer werkure – maak dienste toegankliker vir motoriste. Jy kan nou jou voertuiglisensie op ’n Saterdag en by sommige poskantore ook op ’n Sondag hernu.

    “Motoriste kan hul motorlisensies en munisipale rekeninge terselfdertyd by die poskantoor betaal,” het Nkosi gesê.

    Volgens Mathabathe sal motoriste wat hul voertuiglisensies by die poskantoor hernu, dadelik hul lisensieskyf en ’n kwitansie kry.

  • 19. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 8 : 27

    More more

  • 20. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 9 : 00

    My neus is seer.

  • 21. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 9 : 03

    Hoekom – het jy in hom gekrap ?

  • 22. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 9 : 14

    Nee

    Sinus.

  • 23. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 9 : 41

    Het willes wragtig in klip se tas geklim ?

  • 24. nats90210  |  Julie 27, 2009 om 9 : 46

    Goeie more julle!!

    Sjoe weee, dis nie so vrek koud vanoggend nie maar ek kry nog steeds koud!!

  • 25. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 9 : 55

    Hallo nats90210

    Hoe gaan dit vandag met jou behalwe koud ?

  • 26. Jaco  |  Julie 27, 2009 om 10 : 45

    Goeie more my vriendinne, het julle my dam so bietjie gemis. ?

  • 27. Wille Kjind Q  |  Julie 27, 2009 om 11 : 37

    Yis! Yis!

  • 28. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 11 : 44

    Hallo Jaco

    Hallo willes

  • 29. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 11 : 53

    Willes

    Kon jy toe nie in klip se tas pas nie ?

  • 30. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 11 : 55

    Hey Jaco – waar kruip jy weg ?

  • 31. Wille Kjind Q  |  Julie 27, 2009 om 11 : 56

    @ Tilla

    Wa jy gewees die naweek?

  • 32. Wille Kjind Q  |  Julie 27, 2009 om 11 : 57

    @ TIlla

    Ek het besluit om ma in Gangster’s Paradise te bly. IEMAND moet die clowns oppad😉

  • 33. Wille Kjind Q  |  Julie 27, 2009 om 12 : 00

    oppaS

  • 34. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 12 : 20

    By die huis rond maar – niks exiting nie

  • 35. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 1 : 02

    Willes – wat eet ons vandag ?

  • 36. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 2 : 11

    Daar is alweer algehele stilte

  • 37. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 3 : 06

    Hallllllllooooooo – anybody home ?

  • 38. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 5 : 12

    Wat ‘n dag. Dan is dit nog koud ook.

    Iemand my gemis?

  • 39. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 5 : 13

    Seker nie.

    Dit is okay, ek het julle gemis.

    Nie baie nie, net ‘n klein bietjie.

  • 40. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 5 : 14

    Goed, sien julle vanaand.

  • 41. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 5 : 24

    Hey kloon – dit was omtrent n blou maandag !
    Ek het jou gemis

  • 42. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 5 : 26

    In my geval is dit ‘n blou week.

    Potblou.

  • 43. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 5 : 27

    Hopelik gaan dit nou beter

  • 44. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 5 : 28

    So blou dit lyk eintlik swart.

  • 45. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 5 : 28

    😉

    Natuurlik. Ek skop nog al die pad

  • 46. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 5 : 30

    Verkieslik na mense.

  • 47. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 5 : 30

    Onkruid vergaan mos nie

  • 48. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 5 : 31

    Ek is egter nie onkruid nie. Eerder ‘n mycobacterium. Hulle vergaan nog moeiliker.

  • 49. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 5 : 32

    En hulle kan groot marakas veroorsaak. Ek het nog nooit iemand gesien wat onkruid vrees nie, maar mycobacterium is ‘n ander saak.

  • 50. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 5 : 35

    Watever die moeilikste vergaan – dis ons daai

  • 51. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 5 : 37

    Okay

    Hier is my besem nou en ek is oppad uit

  • 52. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 5 : 38

    Toodles

  • 53. Adrie  |  Julie 27, 2009 om 5 : 39

    Ek wil nie ‘n kakkerlak wees nie.

  • 54. *Mathilda*  |  Julie 27, 2009 om 5 : 42

    Hoekom nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: