Tafelmaniere

Julie 23, 2009 at 6 : 19 133 Kommentaar

Al is baie van ons sondaareters (maw, ons eet voor die televisie) het ons ‘n redelik goeie idee oor wat aanvaarbare tafel etiket is.  Etiket wat verkieslik ook gebruik word wanneer die tafel afwesig is, maar daar nog steeds geëet geword.  Daar is waarskynlik ook ‘n paar gewoontes wat ons almal rooi onder die kraag maak.  Praat met ‘n mond vol kos en eet met ‘n oop mond is maar net twee van die irritasies.

Almal het seker al gesien hoe eet Amerikaners op die televisie.  Grap is, hulle eet net so erg in die regte lewe.  Groot was my verbasing toe ek oor tafelmaniere oplees en agterkom hulle het meer geskrewe tafelreëls as die Engelse.  Ironies genoeg is praat met ‘n mond vol kos ook vir hulle taboe.  Een van die vreemste gewoontes van die Amerikaners is die manier hoe hulle vurke gebruik.  Die onstaan is blykbaar die gevolg dat vurke ‘n mode item in Europa geraak het, in die tyd nadat die Amerikaners gekolonaliseer het.  Hulle was dus langer gewoon daaraan om met ‘n mes en lepel te eet.

Amerikaners hou soos ons ook hulle vurk links en mes regs.  Die kos word dan met die vurk vas gedruk en in ‘n happie grote gesny.  Daarna word die mes netjies neergelê, die vurk oorgeskuif na die regter hand om verder te eet.  Hulle (wel, daar is van hulle wat kontinentaal – soos ons – eet) hou dus nie altwee stukke gereedskap vas terwyl hulle eet nie.

Verskillende lande en kulture het elk hulle eie aanvaarbare reëls.  In die Oosterse lande word die oudste in ‘n geselskap altyd eerste bedien.  Daar is groot moeilikheid as jy iemand ouer as jouself te na kom.  Al is dit per ongeluk.  Dit word ook soms as ongeskik beskou om iets dadelik te aanvaar as dit vir jou aangebied word.  Jy moet dit ten minste eers 3 keer weier.  In Tanzanië en Filipyne is dit goeie maniere om 15 – 30 minute laat te wees vir ete.  In Japan word dit aangemoedig om te slurp tydens etes.

Ek dink baie van ons sal so effens geintimideerd voel as ons by ‘n tafel aansit waar daar ‘n hele weermag vurke en messe op ons wag.  Ons sal ook saggies bid dat ons reg onthou dat ‘n mens van buite na binne eet.  Dit is egter hartseer dat die arbeiders dikwels ‘n ete in ‘n restaurant as ‘n straf beskou.  Juis omdat hulle nooit geleer is om met ‘n vurk te eet nie en nie dom wil lyk nie. 

Die vraag is egter of hulle enigsins dom hoef te voel?  Baie kulture verkies om met hulle hande te eet.  Grens die verpligte gebruik van ‘n vurk nie aan diktasie nie?

Watse slegte eet gewoontes kry julle onder?

Blogvraag:  Hoekom was die Katolieke Kerk oorspronklik teen die gebruik van ‘n vurk gewees?

Blogantwoord:  Freek was reg met Tony Micelli.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Bediende frustrasies Fases van die lewe

133 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 6 : 20

    Eerste

  • 2. Klip  |  Julie 23, 2009 om 6 : 25

    Ek het al biltong met n mes en vurk try eet , maar dit wil nie werk nie , en pap smaak baie lekkerder as dit met jou vingers in die mond geprop word

  • 3. Klip  |  Julie 23, 2009 om 6 : 26

    Daar is kulture wat net met hulle regterhand eet , want hulle vee hulle boude met die linker hand af.

  • 4. Girl van die Suburbs  |  Julie 23, 2009 om 6 : 26

    Gmmmfff… derdeste

  • 5. Klip  |  Julie 23, 2009 om 6 : 27

    Hallo Girlie , hoe was jou dag sover?

  • 6. Klip  |  Julie 23, 2009 om 6 : 28

    Almal in my huis vreet van hulle skote af

  • 7. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 6 : 28

    Nou gaan ek eers eet

  • 8. Girl van die Suburbs  |  Julie 23, 2009 om 6 : 29

    Lekker dankie en jou Klippie?

    IS ALLES REG GESPEL??? Xena?

  • 9. Klip  |  Julie 23, 2009 om 6 : 30

    Ek kry tennis elmboog as ek by n tafel moet sit

  • 10. Klip  |  Julie 23, 2009 om 6 : 31

    Nog n dag is besig om aan sy einde te kom , en nou sien ek net uit dat die volgende drie dae ook vinnig verby gaan.

    Mathilda wats op die spyskaart??

  • 11. Klip  |  Julie 23, 2009 om 6 : 32

    Xena ……. undercover❓

  • 12. Girl van die Suburbs  |  Julie 23, 2009 om 6 : 32

    Roman Catholic Church expressly disapproved of its use, seeing it as “excessive delicacy”

    Moet ek vertaal?

  • 13. Girl van die Suburbs  |  Julie 23, 2009 om 6 : 32

    Begin jy nou uitsien Klip?

  • 14. Girl van die Suburbs  |  Julie 23, 2009 om 6 : 34

    Ja.. Xena… warrior princess👿

  • 15. Klip  |  Julie 23, 2009 om 6 : 36

    Ek ruik al die see, of is dit nou my voete?

  • 16. Klip  |  Julie 23, 2009 om 6 : 37

    Wat is n delicasey vir die romeine?

  • 17. Klip  |  Julie 23, 2009 om 6 : 39

    Ek het al n hele paar papmasjiene gesien wat sulke snytjies op hulle gesigte het , toe het ek altyd gewonder of dit was toe hulle geleer het om met n vurk te eet, maar dis blykbaar om die bose geeste uit die lyf te kry of so iets

  • 18. Girl van die Suburbs  |  Julie 23, 2009 om 6 : 40

    Your guess is as good as mine Klippertjie… NO idea?!

  • 19. Klip  |  Julie 23, 2009 om 6 : 40

    Hier kom my aflos , ek sien julle klomp rose weer more

    @`~~~~~

  • 20. Klip  |  Julie 23, 2009 om 6 : 42

    Hoop julle almal slaap lekker warm vannag, en droom net mooi nagmerries

    Tot more dan

  • 21. Girl van die Suburbs  |  Julie 23, 2009 om 6 : 42

    Cheers – Cheers!

  • 22. Adrie  |  Julie 23, 2009 om 7 : 01

    Natuurlik moet jy vertaal. Dit is n Afrikaanse blog laas toe ek gekyk het.👿 Die tweede deel ook.

  • 23. Xena  |  Julie 23, 2009 om 10 : 13

    Ek wil nie snaaks wees nie, maar wie eet tjips met n mes en n vurk?

  • 24. Xena  |  Julie 23, 2009 om 10 : 15

    Ek dink ook dat die beste idee nog is dat hulle die regte eetgerei gee soos hulle die dis bedien.

  • 25. Xena  |  Julie 23, 2009 om 10 : 17

    Nell, jy proeflees soos jou stert! Gereedskap is n gruwelike anglisisme vir eetgerei.

  • 26. Xena  |  Julie 23, 2009 om 10 : 20

    Ek pes dit as jy voor jou siel weet dit is die verkeerde woord, maar jy kan nie die regte woord onthou nie.

  • 27. Xena  |  Julie 23, 2009 om 10 : 21

    Wel, tot more aand. Miskien.

  • 28. maxie  |  Julie 23, 2009 om 10 : 29

    #23:

    Xena, ek ken iemand wat selfs ‘n pizza met ‘n mes en vurk eet 😯

  • 29. maxie  |  Julie 23, 2009 om 10 : 39

    Hmmm… lyk asof almal vroeg gaan inkruip het.
    Die Engelse kind het ‘n Sjinese vriend wat vreeslik oopmond kou (gril ek nou tot in my kleintoontjie)..
    Dan smak hy die lippe, gril…
    Ons gaan vir ete saam met die hele gesin, almal maak so.
    Toe leer ons dat dit vir hulle goeie tafelmaniere is, om te wys die kos is besonder smaaklik.

  • 30. Sebastiaan  |  Julie 23, 2009 om 11 : 54

    Die katolieke kerk het gevoel dat God men van n vurk sy vingers voorsien het. Daarom was die gebruik van ‘n kunsmatige vurk n belediging teen God.

  • 31. boervrou  |  Julie 24, 2009 om 7 : 50

    Ek haat slegte maniere!

  • 32. Klip  |  Julie 24, 2009 om 8 : 22

    Goeie more almal

    Hoe gaan dit boervrou?

  • 33. Klip  |  Julie 24, 2009 om 8 : 23

    Boervrou , slegte maniere ? soos in………?

  • 34. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 8 : 32

    More more

  • 35. Klip  |  Julie 24, 2009 om 8 : 32

    Slowly but steadily… We are making it towards payday. I am so broke – I had to push my car to the bottle store yesterday …

  • 36. Klip  |  Julie 24, 2009 om 8 : 34

    Hallo Mathilda, sjoe maak bietjie daai yskas deur wat jy oopgelos het toe asb

  • 37. Klip  |  Julie 24, 2009 om 8 : 35

    Die steenkool hier by ons is spierwit van die ryp

  • 38. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 8 : 44

    Sover as wat ek gery het werk toe vanoggend was al die dammetjies ge-ys, my arme hond se waterbak ook, moes dit uitgooi en vir hom louerige water ingooi

  • 39. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 8 : 45

    I am so broke – I can’t even pay attention

  • 40. Klip  |  Julie 24, 2009 om 8 : 51

    My pay hou van die einde van die maand tot die einde van aand

  • 41. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 8 : 53

    Ek weet persoonlik nie van iemand wat se pay hou tot na die volgende payday nie

  • 42. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 8 : 56

    Klip – dit bewys net ons kan met geld werk !

  • 43. Nats  |  Julie 24, 2009 om 9 : 11

    Goeie more!

    Tweeling die volgende maak nie sin nie.

    Amerikaners hou soos ons ook hulle vurk regs en mes links. Die kos word dan met die vurk vas gedruk en in ‘n happie grote gesny. Daarna word die mes netjies neergelê, die vurk oorgeskuif na die regter hand om verder te eet.

    Die vurk is dan kla in die regter hand?

    En ek eet met my vurk aan die linker hand!

  • 44. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 9 : 36

    Hallo Nats

  • 45. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 9 : 43

    Ek gaan gou die post lees

  • 46. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 9 : 59

    Iemand wat chappies kou dat dit so klap irriteer die wit waks uit my uit

  • 47. boervrou  |  Julie 24, 2009 om 10 : 03

    SOrry klip hallo. Enige slegte maniere.

  • 48. boervrou  |  Julie 24, 2009 om 10 : 04

    klip hoekom is jou avvie nooit dieselfde nie?? o ek sien die volstruis het die muskiet geeet..

  • 49. Adrie  |  Julie 24, 2009 om 10 : 08

    Hallo Almal

    Dankie tweeling, ek het dit gou reggemaak.

  • 50. boervrou  |  Julie 24, 2009 om 10 : 09

    Hoekom kruip jule vir my weg?😦 Eks kla nie lekker vandag nie, nou hardloop my blog maikies ook nog weg. ‘n Sad dag vir my.

  • 51. boervrou  |  Julie 24, 2009 om 10 : 12

    Ag dem ek loop maar…..

  • 52. Klip  |  Julie 24, 2009 om 10 : 31

    Boervrou , ek het so n paar avatars wat ek gebruik. Maar ek is seker die muskiet sal weer sy verskyning maak.

    Die enigste slegte manier wat ek ten alle tye verda , is wannner n mooi vrou lelik sit

  • 53. Wille Kjind Q  |  Julie 24, 2009 om 10 : 39

    Yis! Yis!

    Ek eet met my vurk inni linker hand (punt af) en mes inni regter hand. Die ook net wanne ek saam anne mense eet. Byri huis eet ek net met ‘n vurk.

  • 54. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 10 : 49

    Hallo kloon en willes en buurvrou

    Buurvrou – wats fout – hoekom is dit ‘n sad dag ? En wat kan ons doen om dit vir jou beter te maak ?

  • 55. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 10 : 50

    Ek eet met my vurk in my regterhand

  • 56. Wille Kjind Q  |  Julie 24, 2009 om 11 : 40

    Ek beskyt myself vandag! Ek het so mooi gewig verloor en besluit toe om ‘n broek aan te trek wat my jare laas gepas het. Anyway……….. Ek buk af om iets op te tel en skeer my broek! GMPF!!! Gelukkig nie naat langs nie maar hier bolangs.

    Dank die Vader dis koud vandag en ek hoef NIE my baadjie uit te trek nie!

  • 57. Klip  |  Julie 24, 2009 om 11 : 41

    My vrou voer my nog met n teelepel

  • 58. Klip  |  Julie 24, 2009 om 11 : 42

    Boervrou , drink n redbull en n dubbel vodka , Red bul gee jou wings , en die vodka vat die hoogte vrees weg

  • 59. Klip  |  Julie 24, 2009 om 11 : 43

    WK jy moet oppas vir n trek ……….

  • 60. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 11 : 45

    Klip, sit sy vir jou ‘n borslappie ook aan ?

  • 61. Klip  |  Julie 24, 2009 om 11 : 45

    Ek was so honger , toe bestel ek kos en ek maak ook sommer vir myself nog kos , hoender en rys op bestelling , en wat ek self gemaak het is pap gebraaide uie en tamaties en n lekker stukkie wors, maar dit gaan my nou nog sommer hou tot more toe

  • 62. Klip  |  Julie 24, 2009 om 11 : 48

    Mathilda , ja so n oulike eenetjie (sp) , maar net as sy my hande vas geboei het

  • 63. Klip  |  Julie 24, 2009 om 11 : 49

    En as ek nie mooi eet nie slaan sy my met so n ding wat n mens gewoonlik n perd mee slaan

  • 64. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 11 : 55

    Klip – dit klink darem maar alte lekker – gelukkig gaan ons netnou klub toe vir iemand se afskeid (en ons kry kos ook daar)

  • 65. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 11 : 56

    Whahahaha – ek kan daai picture sien

  • 66. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 00

    Hoop hulle gee vir julle iets om te drink ook , jy moet gerus daai redbul en vodka try

  • 67. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 01

    Al die kantoor mense hier by ons loop nou 12uur, hopelik sal dit darem nou stiller wees hier by ons

  • 68. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 03

    Jaaaaa, open bar !

  • 69. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 05

    Mathilda , jy is absoluut bevooreg , daai persoon wie se afskeid julle vier gaan seker baaaaaie ver weg ?

  • 70. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 08

    Al open bar wat ek ken is my coolerbox

  • 71. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 08

    Nee darem nie – maar hy gaan op pensioen !

  • 72. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 09

    En dan maak jy hom seker ook net oop as mev klip sê dis reg ?

  • 73. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 12

    Ek het eintlik twee coolerbokse , een wat mev Klip onder oe hou en een wat ek “operate” waar niemand my sien nie

  • 74. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 15

    Ek het my mooi gedra die afgelope week so ek het heelwat free minutes by mev klip gekry , wat ek volgende week op verlof gaan opgebruik😆

  • 75. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 17

    Hoe laat is julle funksie Mathilda?

  • 76. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 19

    2 uur

    ha ha – free minutes !

  • 77. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 19

    Is die kos n vinger lunch?? Ai dis altyd lekker om met iemand anders se vingers te eet ….dis nou as hulle skoon is

  • 78. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 20

    Hoe lank gaan jy met verlof klip ?

  • 79. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 21

    Ai hoe ver is 7uur vanaand nie………

  • 80. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 22

    Net vir so n week , van Maandag tot Sondag

    Gaan so n bietjie kyk hoe lyk die see en die mense daar by Annamansetoti

  • 81. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 23

    Nope – ‘n braai – en glo my die ou wat daar braai MAG maar !

  • 82. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 25

    O ok – ek wou jou juis waarsku om nie al jou free minutes die eerste week al op te gebruik nie, maar siende dat jy net vir ‘n week gaan is dit okay

    Ek love Amanzimtoti, dis ‘n lekker strand en als vir die kiddies ook

  • 83. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 26

    Dit klink of die wind nou lekker waai daar by die see, ek hoop maar volgende week is bietjie beter

  • 84. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 27

    Dis vir my ook baie sentraal , n mens kan na sommer baie plekke toe ry daar naby

  • 85. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 28

    Hulle sê hierdie aaklige weer is tot so Woensdag volgende week

  • 86. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 30

    Ja nee kyk as n mens KAN braai dan KAN jy . Party mense het net die touch om dit te perfek. Ek is gewoonlik gaarder as die vleis wanneer ek moet braai

  • 87. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 31

    As die weer nie te lekker is nie dan drentel ons maar in al daai groot shopping malls rond

  • 88. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 33

    Met die aaklige weer het die sardientjies ook nog nie hulle opwagting gemaak nie

  • 89. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 35

    Xena het seker haar leer outfit aan vandag, in hierdie koue.

  • 90. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 36

    Mans hou van vrouens wat leer klere dra , dit ruik mos net soos n nuwe kar

  • 91. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 36

    Meeste mans is gaarder as die vleis en dan moet die kinders gewoonlik brood eet

  • 92. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 38

    Dis hoekem ek my kinders al van kleins af geleer het om self te braai.😆

  • 93. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 41

    Nou verkies hulle eerder KFC…..bederf se ek vir jou !

  • 94. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 42

    Weet jy van daai nuwe mall daar in Toti ?

  • 95. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 44

    Gaan daar kiddies saam julle of net jy en mev klip ?

  • 96. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 47

    Ek het gehoor van die mall , ons was laas by daai ander groot mall as jy van die N3 afklim op die N2

    Mev klip vat haar ma saam en my meisiekind gaan saam

  • 97. Nats  |  Julie 24, 2009 om 12 : 49

    Hello hello!!

    Sjoe *M* jy en Kip mag maar praat!! Sien dis ook al lewe hierso😯

    Xena Warrior woman het van daai Red Bull gedrink – gaan seker nooit terug kom aarde toe nie!

  • 98. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 51

    Pavillion ?

    Die een is nogal lekker groot, jy kan hom ook nie juis mis nie, waar jy afdraai by Moss Kolnik draai jy bo op die brug regs en volg net die bordjies, jy sien hom aan jou regterkant voor jy afdraai

  • 99. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 52

    Toe ons die verlof beplan het sou daai ander twee kiddies en hulle pa ook saamgegaan het , maar nou ja dis water onder die brug deur

  • 100. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 52

    Nats ! Bly om te sien jy is ook nog hier

  • 101. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 53

    Ek gaan beslis daar n draai maak .

  • 102. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 53

    Hallo Nats , hoe laat tjaila jy ?

  • 103. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 54

    Ag julle moet dit gaan geniet – ek is nou skoon jaloers ! (ons gaan darem middel November)

  • 104. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 54

    Pavillion dis die mall se naam

    Die een by Amanzimtoti was ek nog nie by nie maar daar gaan ek ook draai

  • 105. Nats  |  Julie 24, 2009 om 12 : 55

    *M*
    Nog altyd! Net bietjie besig, weet mos dis Vrydag!

    Klip
    Eers 5pm… dit voel nog so vêr!!!

  • 106. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 56

    7 uur vanaand is nog so n bietjie verder vir my , maar iemand moet dit doen

  • 107. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 57

    Daar is nogal nice restaurante ook daar (en 2 lekker groot baba winkels Baby Boom en Toys-R-us – so jou dogter gaan lekker shop vir die pienkvoet)

  • 108. Nats  |  Julie 24, 2009 om 12 : 57

    Klip
    Gateway is baie beter!!
    Maar ek hoor ook daai nuwe mall is nice! En dis nader – so what a bargan!

  • 109. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 12 : 58

    En ‘n Pick n Pay Hyper

  • 110. Klip  |  Julie 24, 2009 om 12 : 59

    Dankie Mathilda , hoop net die weer speel saam.

  • 111. Klip  |  Julie 24, 2009 om 1 : 00

    OOPS nou is ek deur mekaar , Gateway is die een waar ek al was , en Pavillion moet ek nog gaan uit kyk

  • 112. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 1 : 00

    Laasjaar Desember toe ons daar was was al die shops nog nie eers oop nie

  • 113. Klip  |  Julie 24, 2009 om 1 : 02

    Sy was weer vandag by die roofkyker , hy is baie tevrede , en het blykbaar n mooi foto geneem.

    Ja-nee kyk , as ek ook nou in n mall is dan is dit net ooo en aaa kyk net hier , kyk net daar , dis so fraai …..

  • 114. Klip  |  Julie 24, 2009 om 1 : 03

    Ek hoop ook nie die ekonomiese situasie het van die winkels laat toemaak nie , maar daar is genoeg “indians” om enige winkel vol te maak , en natuurlik chinese ook

  • 115. Klip  |  Julie 24, 2009 om 1 : 04

    As ek vir drie dae lank nie in n shopping mall was nie dan kry ek ontrekking simptome

  • 116. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 1 : 05

    Dan is Baby Boom ‘n moet ! Ek het ‘n paar goeie specials gekry daar. Ek is bly alles werk so goed uit vir haar en dat hulle altwee gesond is

  • 117. Nats  |  Julie 24, 2009 om 1 : 05

    Klip
    Ag lekker!! Jy het seker al al die detail vertel, maar jy weet mos dans ek hier… lees bietjie daar!

    Wanneer is haar due date en is dit ‘n dogtertjie of seuntjie?

  • 118. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 1 : 06

    Ha ha – weird coming from a man !

  • 119. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 1 : 06

    Nats

    1 Oktober en dis ‘n PIENK voetjie !

  • 120. Klip  |  Julie 24, 2009 om 1 : 07

    Dis nou net die lank wag , maar ek is seker jy kan my alles daarvan vertel. Ek kan nog so vaagweg onthou met my kinders se geboorte dat daai laaste paar dae baie lank is

  • 121. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 1 : 09

    Ook maar net oor mens so ongemaklik is – jy weet nie of jy moet sit staan of lê nie ! Gelukkig loop sy nie op haar einde in die somer nie – dis nag !

  • 122. Nats  |  Julie 24, 2009 om 1 : 09

    *M*
    Thx!!🙂

    Klip
    Ons soek fotos!!!! *M* se wag was seker die langste – TL was al beroemd voor sy gebore was!!

  • 123. Klip  |  Julie 24, 2009 om 1 : 09

    Net soos Mathilda se , laas maand het die gyno gese die 1ste , volgens vandag se ondersoek is dit die 3de , so n mens beplan dan sommer maar vir die hele week …..

  • 124. Klip  |  Julie 24, 2009 om 1 : 11

    Nats ,ek sal seker maak daar is fotos.

    Mathilda maar daai klein TL van jou is ook seker n handvol

  • 125. Klip  |  Julie 24, 2009 om 1 : 12

    Mathilda , dan moet ek ook se, as ek in n mall is dan is die mense wat daar rond shop vir my meer interresant as dit wat in die vensters is

  • 126. Klip  |  Julie 24, 2009 om 1 : 13

    As ek in n mall is dan hoef ek nie gras te sny nie , of iets dergliks te doen nie😆

  • 127. Klip  |  Julie 24, 2009 om 1 : 21

    Ek hoop net die kinders het n toekoms in hierdie land

  • 128. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 1 : 21

    Sy is nogal besig – maar ek geniet haar vreeslik – sy raak nou te ougat

  • 129. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 1 : 22

    Nou ja, dis ons wat daar oppak om te gaan party, klip, as ek jou nie weer hier sien voor jy op verlof gaan nie – geniet dit en ry veilig !

  • 130. Klip  |  Julie 24, 2009 om 1 : 23

    Mathilda , as TL groot is dan moet jy haar vertel van hoe geliefd sy was op hierdie blog ( en natuurlik in die werklike lewe) , en nou wonder ek waarmee die kinders gaan chat as hulle so oud soos die meeste van ons is , hulle gaan ook seker lag as n mens van n blog praat ………….

  • 131. Klip  |  Julie 24, 2009 om 1 : 24

    Baie dankie Mathilda , geniet ook jou naweek , en kom veilig tuis

  • 132. *Mathilda*  |  Julie 24, 2009 om 1 : 25

    Ja seker – hulle gaan seker ‘n ‘knoppie’ in die lug druk en met enigeiemand praat !

    Daar is darem baie evidence vir TL van al die goed

  • 133. vis  |  Desember 4, 2009 om 5 : 01

    ekt gehoor somige asians eet hulle eie kak en drink hulle eie pis om geld te spaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: