Bediende frustrasies

Julie 22, 2009 at 5 : 57 129 Kommentaar

Goed, ek gaan verseker vandag deur my nek praat.  Nie dat dit iets nuut is nie, ek praat maar gewoonlik snert.  My verskuilde talent.  Ek het nie ‘n bediende nie en dit lyk nie of ek in die nabye toekoms ‘n bediende gaan aanstel nie.  Daar is mense wat glo dat hulle ‘n necessary evil is en ander wat glo dat dit nie pyn nie werd is nie.  Maar, behalwe vir die paar tannies wat getrou aan die Sensasiegenoot skryf oor hulle bediende hulle beste vriendin is (as dit nie alles dieselfde tannie is nie), word almal teen die mure uitgedryf met hulle bediendes.

Een van die goed wat my die meeste pla omtrent ‘n bediende is die kwessie van privaatheid.  Hoeveel kan jy nou regtig geniet met ‘n werknemer wat toegang tot die hele huis het?  Elke bediende wat ek in my lewe teëgekom het skinder.  Weer verseker dat jou skandes nie onder jou eie dak gaan bly nie.  In uiterse gevalle kan die bediende inligting deur gee vir misdadigers.  Skrikwekkend, maar ongelukkig iets wat ‘n mens deesdae in gedagte moet hou.

Ek dink die meeste mense se frustrasies kan as volg opgesom word.  Die bediende neem omtrent geen inisiatief nie en wanneer sy wel neem, is dit met iets waaroor sy eerder moes vra.  So sal al die oopgeskeurde koeverte op die koffietafel / lessenaar netjies opgehoop word, maar die belangrike kwitansie / staat / brief weggegooi word.  Die leë toiletrolletjies sal sorgvuldig gebêre word, maar jou koekblik met sentimentele waarde sal die trekpas kry.   Die gordyne swart wees van vuilheid, maar hulle sal eerder die matte op ‘n reëndag was.

Logika blyk ook nie aldag ‘n noodsaaklikheid by huiswerkers te wees nie.  Hulle sal die vuil koffiebeker wegneem, maar nie die vuil glas wat reg langsaan staan nie.  Goed wat jou ure lank geneem het om te sorteer, sal deurmekaar gekrap word, net om te wys jou lessenaar is skoon.  Vloere sal gewas word op die tyd wat dit die waarskynlikste is dat iemand kan gly en hulle nek breek.  Daar sal opsluit gestofsuig word in die vertrek waarin jy jou bevind, terwyl hulle goed weet jy is oppad uit.

Baie van hulle blyk om aan selektiewe gehoor te ly.  Of beter gestel:  Hoor net wat hulle wil hoor.  Of die woorde geuiter is of nie.  Baie is geseën met langvingers, wat sommer vir good luck ook diens doen as bottervingers.  Hulle hou ook blykbaar daarvan om jou eie goed weg te steek.

Dit is maar die gevoel wat ek kry van ander mense se praatjies.  Word dit oordryf of is dit amper evangelie?  Deel gerus julle ondervindinge met ons.

Blogvraag:  Naam en van:  Wie was Angela Bowles se bediende?

Blogantwoord:  Tilla was reg met William Henry Clegg.

Entry filed under: Bogpraatjies. Tags: .

Staan jou vrou!!! Tafelmaniere

129 Kommentaar Add your own

  • 1. boervrou  |  Julie 22, 2009 om 6 : 33

  • 2. boervrou  |  Julie 22, 2009 om 6 : 36

    Gmf ek 1e….

  • 3. boervrou  |  Julie 22, 2009 om 6 : 36

    Myne het ek so jaar en sy maak my oken kwaad!

  • 4. boervrou  |  Julie 22, 2009 om 6 : 37

    Hoe heerlik, die stilte….. en toe was daar een.. Leke doeks A3

  • 5. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 7 : 28

    Alloa………

  • 6. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 7 : 29

    Ek het nie ‘n ousie nie… Die tantes by die laundromat stryk net so goed v baaaaaaiiiiiiiiie minder.

  • 7. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 7 : 31

    Dalk as jy vir my se wie Angela Bowles is kan ek die vraag antwoord?

  • 8. Xena  |  Julie 22, 2009 om 7 : 54

    Nell

    Jy is seker baie hoog op iets baie duur.

  • 9. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 7 : 56

    Xena x x x x

    Dalk google ek verkeer?!

  • 10. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 03

    Ek glo nie. Jy weet net nie met watter term om mee te google nie.

  • 11. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 8 : 05

    Ja ek is dom. Helemaal reg daar.

    Hoe gaan dit?

  • 12. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 07

    Ek wonder wat gaan die blogkommittee doen as hulle my hier vang?

    My fire?

    My teer en veer?

    My vloek?

    Ha Ha Ha

  • 13. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 09

    Dit is ‘n belaglik maklike vraag eintlik. Ek kan jou egter nie meer se nie. Net as die geld onder die tafel reg is.

    So R500? 😆

  • 14. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 10

    Ek voel soos Robert McBride

  • 15. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 12

    OOPS!!!!!!

    Iemand het seker laat val dat ek lus is om te moor. Nou kruip almal weg

  • 16. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 16

    Klagtes en gedagtes oor hoe onregverdig die vraag is?

    My kantoorure is net tussen 23:59:59 en 24:00:00

  • 17. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 8 : 18

    Word ek nou liederlik afgesmyt!

    Hmmm R499.95?

    Ek wonder wat die blog kommitee gaan doen aan daai ongure karakters van gisteraand?

  • 18. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 20

    R500 of geen deal nie

  • 19. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 21

    Vra die blogkommittee. Ek is van alle pligte onthef.

  • 20. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 22

    O ja.

    Ek het vergeet om te noem dat die kantoor net op 31 Februarie oop is

  • 21. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 8 : 25

    Waar is Olga deesdae?

    Okay, R500!

  • 22. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 8 : 26

    bwahahha…. See the worry!!!

  • 23. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 26

    Betaal dit by my rekening in en faks my die strokie en dan gee ek jou die volledige antwoord

  • 24. Wipneus!  |  Julie 22, 2009 om 8 : 29

    yello julle kinders!! Ek hoop julle is nog soet alhoewel dit nie vir my so lyk nie!! 😯

    Oor die Blog. Ja-nee mens sukkel, jy leer om baie geduldig te wees en te vergewe as hulle jou oumagrootjie se teepot breek!!😆

    Maar as hulle lank vir jou werk, dan gaan dit goed, my Selina het Vrydag 60 geword, en gaan nou pensioen kry maar wil nog nie ophou werk nie. Ek gee maar vir haar sagte werkies. Die ander een werk ‘n jaar hier, en gee my elke dag grys hare!!!

    Oor Selina kan ek wel sê dat sy amper soos ‘n kind is, maar sy werk al honderde jare hier. Die ander enetjie kom met al die irritasies wat jy hier genoem het Adriana!!!!

  • 25. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 8 : 31

    maar wat moet ek google?

  • 26. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 33

    Goeie ouers

    Val ek nou van die dak af. EK het nog nie soveel gedrink nie. Lyk my Nats dokter die OBS.

  • 27. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 8 : 33

    Hallo Wippie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 28. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 34

    Daar is ‘n groot eier op my kop.

    Nell,

    Die antwoord.

  • 29. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 37

    Tweeling

    Wat vang jy aan terwyl ek in die moeilikheid is?

    Een klein slukkie OBS en ek sien gedrogte. Spoke.

    Wipneus op Dorings? Never.

  • 30. Wipneus!  |  Julie 22, 2009 om 8 : 37

    Hello Girlie hoe gaan dit met jou???

  • 31. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 8 : 37

    Hoe ek graad gevang het is ‘n wonder… ek sweer….

  • 32. Wipneus!  |  Julie 22, 2009 om 8 : 38

    Nou wat is so snaaks daaraan Adriana, ek kom kyk wat hier aangaan, en Ouma is diep bewoë!! Dinge lyk nie lekker hier nie!!!😯

  • 33. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 38

    En waar is die reg? Ek het darem gedink dat ek die dom heks in julle sorg kan laat.

  • 34. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 8 : 40

    Gaan baie goed dankie Wippie.. Ek het nogal gewonder wat van jou geword het. Hoe gaan dit daar?

  • 35. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 40

    EINA!!!

    Myself blou geknyp, maar ek sien nog steeds die ouvrou met die omoboks onder die arm en die bloomer wat uitsteek. Daar is selfs ossewaens buite

  • 36. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 41

    Nell

    Sien jy ook die spook?

    As dit ‘n regte mens is, moet jou Ouma se.

  • 37. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 43

    😳

    Oor 33 – reg moet heks wees.

  • 38. Wipneus!  |  Julie 22, 2009 om 8 : 45

    @ Girlie dit gaan baie goed met my dankie, ek is net bietjie op blogcation!!!!

    Ja dis jou Ouma Adrie die dollosse is gegooi en ek is hiernatoe geroep!! Duidelik was die dollosse reg!!!
    Ouma stamp haar kierie so paar keer hard en haal haar omo boks uit en vat so slukkie, en bekyk Adriana kwaai aan!!!

  • 39. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 8 : 46

    Ek hoor en sien ja… maar ek wil die antwoord crack!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 40. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 47

    Dit was nie my skuld nie.

    Olga wou nie meer my R500 betaal nie. Blogantwoorde is duur. Ek het my standaarde.

  • 41. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 48

    Die heks is ‘n pyn in die gat, maar hou alles darem netjies en skoon. Befoeterd en dom, maar sy weet wat om te doen.

  • 42. Wipneus!  |  Julie 22, 2009 om 8 : 49

    Adriana vir wat wil jy nou blog antwoorde uitdee en dit nogal vir geldl??? Ouma raak nou baie kwaai en spring soos ‘n pyl uit ‘n boog van die stoel op!!! Adrie se oor word getrek…. Oeps!!!! Ouma pluk gou haar bloomer op en kry weer vir Adrie in die oog… A nee a… ek het jou nie so geleer nie!!!

  • 43. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 50

    Ek is soms bevrees dat sy ‘n gat in die vloer gaan vee.

    Ouma!!!!

    Vat ‘n blerrie glas!!! Hel, hier is gaste. Moet nie so uit die bottel suip nie.

  • 44. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 51

    Ouma

    Dit is resessie. ‘n Mens moet doen wat jy moet doen vir ‘n paar ekstra rande.

  • 45. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 52

    Buitendien, as niemand my wil betaal nie, gee ek die volgende dag die antwoord verniet weg.

  • 46. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 8 : 53

    Sssscchhhhwwwwzzzzzzwwwwiiinnnnnnnngggg…

    Reg oor Girl se kop!

  • 47. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 53

    R500 is kleingeld. Hulle gaan nie met my deel as hulle een of ander vasvra kompetisie met my antwoord wen nie.

  • 48. Wipneus!  |  Julie 22, 2009 om 8 : 55

    Girlie kom sit hier by Oumie op die bank dan gee ek vir jou ietsie hier uit my Omo boks, jy lyk vir my na ‘n pragtige meisiekind!!

  • 49. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 55

    Nell

    Is jy dalk ‘n bediende? Met daardie bottervingers? Jy moes vang!!!

  • 50. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 56

    Gee net daardie blerrie bottel hier, Ouma. Duidelik is daar al van voor sonop gesuip. Haar naam is Nell. Onthou nou.

  • 51. Wipneus!  |  Julie 22, 2009 om 8 : 56

    Ja Ouma ken van resessie, kinders hierdie resessie is niks, julle moes die resessie in 1933 beleef het, sware tye, julle kla met die witbrood onder die arm

  • 52. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 8 : 57

    Wat het Ouma toe gedoen vir ‘n bottel?

    Seker elke dag ‘n lappie druiwe geplant en bietjie arak gestook daarmee.

  • 53. Wipneus!  |  Julie 22, 2009 om 8 : 58

    Adriana haar naam is Girlie, Ouma het haar daai troetelnaampie gegee!!! Jy is nou net weer jaloers!! A nee a, jy weet die groen monster is ‘n lelike ding, Ouma onthou nou die vroutjiegoed wat so agter Oupa aan was voor ek nou in sy lewe gearriveer het, mens daai was vir jou ‘n groen enetjie, Oupa het so geskrik – vandag nog as hy van haar praat raak hy sommer so wit om die kiewe van vrees

  • 54. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 8 : 58

    Nee vrek oor my kop, deur my ore… so nie gevang nie.. Ja A3 op fb doen ek die quizz watse barbie ek is… ek is Servant barbie gewees… Hoe sad is dit?

    Jissie ek is so gefrustreerd…

  • 55. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 9 : 00

    Julle is moer snaaks!

  • 56. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 9 : 01

    Kyk net!!!

    Skaars terug en Ouma het al klaar die arme Nell so deurmekaar soos kots in ‘n tuimeldroeer.

    Sy is nuut.

    GRRRRRR

  • 57. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 9 : 03

    Ek is so geskok, ek sal maar rooi balletjies sjokolade moet vreet

  • 58. Wipneus!  |  Julie 22, 2009 om 9 : 04

    Girlie is glad nie nuut nie Adriana, waar val jy nou weer uit? Sy is nou al geruime tyd hier, om die waarheid te sê sy het al baie by Ouma kom kuier!!!
    Ouma staan swaar op en gaan grou in die wakis, hier kind maak vir Ouma sterk moerkoffie en aseblief laat dit goed trek ek soek nie daai skottelgoed water van laaste nie…. Ouma pluk haar bolla reg en skuif haar brilletjie mooi op die oge…. en julle mag elkeen 2 koekies kry, rantsoene is min, ons moet spaar vir die swaar dae

  • 59. Wipneus!  |  Julie 22, 2009 om 9 : 06

    Wat ……grrrrr……. so is dit jou maag Adrie???? Jou maag is ook alewig omgekrap :mrgreen:

  • 60. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 9 : 06

    Nell

    Jy het vir Ouma gehoor. Roer jou. En onthou, my koffie kom altyd met 3 koekies. Saam met ouma se 2 is dit 5.

  • 61. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 9 : 07

    👿

    GRRRRRR!!!!!!!

    :twited:

    My maag markeer NIKS!!!

  • 62. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 9 : 09

    Terwyl julle twee nou so lekker sit en koffie drink gaan girl groet. Ek wil eers bietjie opvang op lees werk!

    Koebaai en lekker slaap!

  • 63. Wipneus!  |  Julie 22, 2009 om 9 : 10

    Toedels Girlie lekker aand verder!!!

  • 64. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 9 : 10

    Nell

    Moet my nie alleen met die ou vrou los nie. Sy is seniel. Netnou gaan vertel sy weer almal dat ek haar aanrand.

  • 65. Wipneus!  |  Julie 22, 2009 om 9 : 13

    Ouma skop Adrie se maermerrie : maar my sal jy my naam so deur die modder sleep het jy geen respek vir ou mense nie!!!!! 👿
    Sê nou mooi nag vir Nell en gaan spring in jou kooi

  • 66. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 9 : 14

    NEEEEEEEEE
    😡

    Ek sal nie. En ek gaan die welsyntannie vertel ouma skop my weer.

  • 67. Wipneus!  |  Julie 22, 2009 om 9 : 16

    Ja asseblief vertel die welsyn, geen mens kan dit met jou uithou nie, hulle stuur jou binne die eerste uur terug !!

  • 68. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 9 : 20

    Hulle sal te bly wees om my te kry. Hulle gebede sal dan verhoor wees.

  • 69. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 9 : 21

    Hulle gaan kruip nie onder die bed weg as hulle in ‘n hoek vasgekeer is nie.

  • 70. Wipneus!  |  Julie 22, 2009 om 9 : 24

    Komaan ons twee moet nou kooi se kant toe staan, dis verby Ouma se slaaptyd. Ek watch vir julle, julle moet mooi speel ek trek julle velle af as julle lelik speel!!!:mrgreen:

  • 71. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 9 : 25

    Oi

    Ek moet in die gat verdwyn. Voor die blogkommittee my laat arresteer en aan my tone ophang en kielie tot ek die plafon raak piepie.

  • 72. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 9 : 28

    Ek bedoel daardie kolletjie raak piepie waar Liewe Heksie gekyk het wat gebeur as sy die lepel in die dak steek.

  • 73. Freek  |  Julie 22, 2009 om 9 : 28

    Tony marcelli of marselli. Sam wie gespeel was deur alicia milano se pa.

  • 74. Freek  |  Julie 22, 2009 om 9 : 31

    Tony danza het die rol gespeel.

  • 75. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 9 : 47

    Freek, ek is beindruk. Die vraag kan nie gegoogle word nie. Tensy jy Who’s The Boss google! Of n fan is.

  • 76. maxie  |  Julie 22, 2009 om 10 : 09

    Was Judith Light nie Angela BOWER nie?😉

  • 77. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 10 : 25

    😳

    Tikfout. Ek het wikipedia nou eers bespring en toe sien ek dat ek self verkeerd getik het.

    Sorry Nell. Was regtig n glipsie.
    😉 Meld jou klagte by die blogkom aan. Hulle kan dit in die verhoor gebruik.

  • 78. maxie  |  Julie 22, 2009 om 10 : 36

    Geen klagte van my af nie.

  • 79. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 10 : 39

    Whahahahaha
    😛 Maar jy het nie die helfte van die aand met google gesukkel nie.

  • 80. maxie  |  Julie 22, 2009 om 10 : 45

    Oor die onderwerp:
    My Millie werk al 8 jaar lank vir ons.
    Sy’t nie langvingers nie en ons is nogal erg oor mekaar.
    Sy moet die snippermandjies leegmaak maar niks anders weggooi nie.
    Die Engelse kind het wetenskapprojekte wat die hele huis volstaan, as Millie dit moet weggooi, is daar moord.
    Ek dink nogal die onus berus by die werkgewer om die werknemer goed op te lei.

  • 81. Adrie  |  Julie 22, 2009 om 10 : 50

    Ek ken iemand wat die koeverte op die vloer gooi (moet my nie vra hoekom nie) en dan tel die bediende dit mooi op en bere dit in n laai.

  • 82. Sebastiaan  |  Julie 23, 2009 om 12 : 43

    s angela bower van who’s the boss. nie bowles nie.
    Slim matilda kon nie die antwoord gegoogle het nie toe bly die jaloerse wyfie spinekop weg. Vat dit gerus van wie af dit kom slim vrou. Kak spat ja. Het jy dit agter gekom toe iemand jou geslaan het? Bulshitter. Shit het n h daarom sit ek n h in.

  • 83. Nats  |  Julie 23, 2009 om 9 : 07

    Goeie more julle!!

    Ek het baie min klagtes oor my bediende – touch wood!!

    Al stryk sy net die dag is ek hêppy!! Sy het nog net ‘n koppie gebreek (waarvan ek weet) ons blinders eendag gestamp (so R200 gekos om dele te vervang) maar dis omtrent dit – vir meer as 2 jaar!

    O ja ek dink sy het op ‘n stadium waspoeier gesteel – maar ek is nie 100% seker daarvan nie!

  • 84. Nats  |  Julie 23, 2009 om 9 : 14

    Sebastiaan
    Kruip asb terug in daai donker gat waar vandaan jy gekom het. Ons het nie jou sleg sê stories oppi blog nodig nie.

    En dis glad nie snaaks as iemand aan ‘n vrou slaan nie – jy is siek.

  • 85. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 9 : 38

    More julle

    Nats ! Ag ou Sebastiaan se woorde vat nie aan my nie – hy weet nie van beter nie – ons moet eintlik jammer voel vir hom !

  • 86. Klip  |  Julie 23, 2009 om 10 : 15

    Goeie more almal

  • 87. Klip  |  Julie 23, 2009 om 10 : 27

    A GUY SAYS TO HIS WIFE: “Darling, what would you do if I said I’ve won the lottery?”

    Wife replies: “I’d take half then leave you.”

    The Guy says: “Excellent! I had three numbers and won R20. Here’s R10…now Vok-off!

  • 88. Klip  |  Julie 23, 2009 om 10 : 29

    Never question a drunk…………………… she said………..

    I was shopping at the local supermarket where I selected the following
    A litre of milk
    A carton of eggs
    A carton of orange juice
    A 250 gram package of bacon
    A head of lettuce
    A can of coffee
    As I was unloading my items on the conveyor belt to check out, a drunk standing behind me watched as I placed the items in front of the Cashier.

    While the cashier was ringing up the purchases, the drunk calmly stated:
    “JY’SS SHEKER SINGLE.”

    I was a bit startled by this proclamation, but I was intrigued by the derelict’s intuition, since I was indeed single.
    I looked at the six items on the belt and saw nothing particularly
    unusual about my elections that could have tipped off the drunk to my marital status.
    Curiosity getting the better of me, I said: “Well, you know what, you’re absolutely right. But how on earth did you know
    that?”

    The drunk replied, “WANT JY’SS KAK LELIK.”

  • 89. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 11 : 01

    Hallo klip

  • 90. Klip  |  Julie 23, 2009 om 11 : 22

    Mathilda , waai die wind daar by julle ook so lekker ?

  • 91. Klip  |  Julie 23, 2009 om 11 : 24

    Ek is op soek na die liedjie “Baba Boogie” van Gert Potgieter , as iemand weet waar ek hom kan kry of koop sal ek baie bly wees

  • 92. Klip  |  Julie 23, 2009 om 11 : 31

    Ek hoop net hierdie klomp lug besoedeling in Wtb waai weg

  • 93. Klip  |  Julie 23, 2009 om 11 : 36

    Bediendes??

    Doen hulle die Bazanova, of die Bazafava

  • 94. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 11 : 40

    Klip – yip – mens sal sweer dis Augustus !

  • 95. Klip  |  Julie 23, 2009 om 11 : 44

    Ek self was nog nie buite nie , maar ek hoor die wind waai lekker , miskien moet ek bietjie buite toe gaan en so n bietjie sonskyn en wind gaan geniet

  • 96. Nats  |  Julie 23, 2009 om 11 : 46

    *M*
    Ek voel jammer vir hom, en almal wat hom of haar ken.
    Shame!

    Kilp
    Wha ha ha!!!! Daai lotto grappie gaan ek vannaand vir my oupa vertel!😆

  • 97. Klip  |  Julie 23, 2009 om 11 : 48

    Hier kom die pap en hoenner nou ……….DIS TYD OM TE EET!

  • 98. Klip  |  Julie 23, 2009 om 11 : 50

    Nats stuur groete vir jou oups, hoop dit sit n glimlag op sy mond

  • 99. Klip  |  Julie 23, 2009 om 11 : 53

    Daar kry ek toe nou die liedjie van Gert Potgieter op kalahari.net

  • 100. Klip  |  Julie 23, 2009 om 12 : 03

    Min ma dis in !

  • 101. Klip  |  Julie 23, 2009 om 12 : 06

    Sleg ma dis weg.

    Die pap het klonte in gehad

  • 102. Nats  |  Julie 23, 2009 om 12 : 06

    Thx Klip!
    Ek maak so!

  • 103. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 12 : 29

    Ek gaan myslef nou aan ‘n jaffel vergryp !

  • 104. Klip  |  Julie 23, 2009 om 12 : 31

    Geniet jou jaffel Mathilda !

  • 105. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 12 : 32

    Selfs pap met klonte in sal ook nou doen

  • 106. Klip  |  Julie 23, 2009 om 1 : 24

    Mathilda ek wou jou nog vra hoe het daai chocolate koek toe uitgekom??

    Ek sal moet gaan swartwoud koek iewers eet, ek kan net nie van die gedagte ontslae raak nie

  • 107. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 1 : 45

    Spar bak lekker swartwoud koeke en dis ook nie eers so duur nie – jy kan dan sommer ‘n hele een verorber!

  • 108. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 2 : 55

    Ek dink dis tyd om huis toe te gaan

  • 109. arien  |  Julie 23, 2009 om 2 : 55

    my bediende maak my soooooooo kwaad maar ek sal ok nie sonner haar kan nie!!!

  • 110. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 3 : 26

    Hallo arien – welkom hier

  • 111. Klip  |  Julie 23, 2009 om 3 : 36

    Hallo arien – welkom!

  • 112. arien  |  Julie 23, 2009 om 4 : 04

    TANX MAAR EK GAAN NOU TJAILA MOEG GEWERK EN KIDS EN OUS WAG BY DIE HUIS

  • 113. Klip  |  Julie 23, 2009 om 4 : 20

    A man went to the doctor’s office to ask for a double dose of Viagra.

    The doctor told him that he couldn’t allow him a double dose.
    “Why not?’ asked the man.
    “Because it’s not safe,’ replied the doctor..
    “But I need it really bad,’ said the man.
    “Well, why do you need it so badly?’ asked the doctor.
    The man said,
    “My girlfriend is coming into town on Friday;
    My ex-wife will be here on Saturday;
    and my wife is coming home on Sunday.
    Can’t you see?
    I must have a double dose.”
    The doctor finally relented saying,
    “Okay, I’ll give it to you,but you have to come in Monday morning so that I can check you to see if there are any side effects.”
    On Monday, the man dragged himself in; his right arm in a sling.
    The doctor asked, “What happened to you?”
    The man said,
    “No one showed up.”

  • 114. Klip  |  Julie 23, 2009 om 4 : 21

    Geniet die aand arien !

  • 115. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 5 : 53

    Whahahaha klip

  • 116. Girl van die Suburbs  |  Julie 23, 2009 om 6 : 02

    alloooooooo?

    Ek bied my dienste aan as die nuwe spelchecker…..

  • 117. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 6 : 03

    Hey nell

  • 118. Girl van die Suburbs  |  Julie 23, 2009 om 6 : 04

    Hi Tilla. Hoe gaan dit?

  • 119. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 6 : 05

    Goed dankie

  • 120. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 6 : 06

    En da ?

  • 121. Girl van die Suburbs  |  Julie 23, 2009 om 6 : 08

    Bietjie kouer as normaal weg. Dit is winderig ook!

  • 122. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 6 : 09

    Die wind het ons omtrent weggewaai vandag en more gaan ysig koud wees

  • 123. Girl van die Suburbs  |  Julie 23, 2009 om 6 : 10

    Ek is baie lief vir my nuwe gas heater. Hy werk lekker

  • 124. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 6 : 11

    Ek hoor Jhb is -3 en 12 – dan moet jy weet wat gaan dit hier by ons wees

  • 125. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 6 : 12

    Net jammer jy kan hom nie saamvat werk toe nie nê ?

  • 126. Girl van die Suburbs  |  Julie 23, 2009 om 6 : 15

    Nee, regtig? Vanaand minus3? Shit dit is KOUD

    Ek het aircon by die werk wat ek op warm stel. Lekker!

  • 127. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 6 : 17

    Ja, dis wel lekker maar dis ook wat siek maak

  • 128. *Mathilda*  |  Julie 23, 2009 om 6 : 18

    En nog kouer oor die naweek

  • 129. Girl van die Suburbs  |  Julie 23, 2009 om 6 : 21

    Jo… Winter is nog lank nie oor nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: