Staan jou vrou!!!

Julie 21, 2009 at 6 : 07 48 Kommentaar

Sondag was dit groot nuus dat Tito Mboweni wel in Augustus by die reserwe bank gaan klaar maak.  Niemand het egter polse gekou toe Gill Marcus as sy opvolger aangewys is nie.  Nie die vrymarkers nie en ook nie Cosatu nie.  Twee groepe wat nie sommer langs dieselfde vuur sit nie.  Dalk ‘n sprekende voorbeeld dat niemand onvervangbaar is nie.  Hy het sy werk goed gedoen, maar Marcus sal dit net so goed, indien nie beter doen nie.  Cosatu sal natuurlik se uittrede vier, maar gun Marcus vir eers darem ‘n kans.

Marcus is op papier nie ‘n slegte kandidaat nie.  Sy was al ‘n parlementêre lid, adjunk minister van finansies en die adjunkhoof goewerneur by die Reserwe Bank gewees.  Die afgelope paar jaar was sy die voorsitster van ABSA gewees.  (ABSA hou klaarblyklik van noue bande met die regering).  Sy is wel ‘n ANC lid, maar laat haar blykbaar nie voorskryf nie.  Sy doen wat gedoen moet word, sonder om haar aan politieke agendas te steur.

Sy tree eers in November in haar nuwe pos, maar die wittebrood was gou oor.  Eers het sy tentatief belowe dat sy bereid is om oor inflasie teikens te praat, maar die Beeld het dit sommer reguit paai genoem.  Iemand in Cosatu lees seker sy daaglikse koerant, want gisteraand was daar al reeds dreigemente gewees.  Marcus sal dit glo berou as sy nie Cosatu ernstig opneem nie.

Het ek al iets genoem van skoenmaker, hou jou by jou lees?  Cosatu, die Reserwe Bank is nie julle lees nie.  Los dit uit.  As julle die land se ekonomie gaan verwoes, gaan dit beslis nie Apartheid se skuld wees nie.  Gaan julle bereid wees om pa te staan?  Ek dink nie so nie.  Julle het (sover dit my betref) geen verantwoordeliksheid sin nie.  Gaan dit julle lede se lot verbeter as almal saam krepeer?  Ek twyfel.

Ek skel dalk verniet op Cosatu.  Vir iemand met soveel ervaring, moes Marcus iewers geleer het om haar man te staan.  Hopenlik is Gill Marcus ‘n ystervrou met hare op haar tande.  Wat haar nie gaan steur aan kritiek wat sonder waarde is nie.  Wat haar kennis van ekonomie sal aanwend sonder om dit met Cosatu kennis te bederf.  In kort, iemand wat haar nie laat intimideer nie. 

Anders beter sy ver weg bly van die reserwe bank.  Daar is nie plek vir Cosatu se lakeie nie.  Dit is erg genoeg dat hulle lakei die land regeer.  Mens moet seker vra of hy wel hulle lakei is en of hy eintlik die een is wat die toutjies trek? 

Blogvraag:  Wie was die eerste goewerneur van die Reserwe Bank?

Blogantwoord:  Tilla was reg met New York’s Catskill Mountains.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

O wat is die slaap, ‘n wondersoete ding Bediende frustrasies

48 Kommentaar Add your own

  • 1. boendoe  |  Julie 21, 2009 om 6 : 31

    Eeerste!!!!!

  • 2. boendoe  |  Julie 21, 2009 om 6 : 31

    Moes net daai een inkry. 😆

  • 3. *Mathilda*  |  Julie 21, 2009 om 6 : 46

    Hi boendoe

  • 4. *Mathilda*  |  Julie 21, 2009 om 7 : 19

    W H Clegg

  • 5. Klip  |  Julie 21, 2009 om 8 : 38

    Hallo Mathilda en boendoe

  • 6. Klip  |  Julie 21, 2009 om 9 : 14

    Dis daai “fake profile” wat die skade aangerig het

  • 7. Klip  |  Julie 22, 2009 om 1 : 04

    Ai dit moet heerlik wees in droomland

  • 8. Sebastiaan  |  Julie 22, 2009 om 3 : 34

    Wonder of ou tarentaalkop matilda nou slhm voel. shame arme tatetiese koei. met die begint van die skool kwartal verdwyn haar kronie jaco. so verweif sos 6 en met n std 5 mentaliteit. plas het hy die wyfie spinekop saan gevat.

  • 9. SeRgÉ  |  Julie 22, 2009 om 3 : 46

    Juistement tiaan. Leje blik maak die grootse lewaai. Sy tik baje maar se vokkel. Dis so tokkel tokkel matilda se fokkel. Maar as sy haar adversaries een en ander kan wegskree dan dink sy seker sy is slim. Kleinlik.

  • 10. Sebastiaan  |  Julie 22, 2009 om 3 : 50

    jy moet kyk wat jy se pora sy bliksem mans lings en regs.

  • 11. SeRgÉ  |  Julie 22, 2009 om 3 : 54

    Sy kan try china. Sy klink soos die soort wat ek sal size toe trim.

  • 12. Sebastiaan  |  Julie 22, 2009 om 3 : 59

    whahahahahahahaha. ‘n show wat ek ni wil mis nie.

  • 13. Klip  |  Julie 22, 2009 om 4 : 59

    Dis nou ongevraagde kommentaar van Sebastiaan en serge

  • 14. Klip  |  Julie 22, 2009 om 5 : 05

    Hoop almal word betyds wakker!

  • 15. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 6 : 56

    More julle

    Klip – los die idiote – ek vat dit van wie dit kom !

  • 16. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 6 : 58

    Hulle kan nie eers my naam reg spel wat voor hulle staan nie – wat verwag jy – die mentaliteit is maar bietjie laag.

    Ek het nog nooit nodig gehad om aan ‘n man te slaan nie by the way – ek slaan ook nie aan kak nie want dit spat !

  • 17. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 8 : 42

    Oh my Soul!

  • 18. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 8 : 58

    Hey Nell – hoe gaan dit ?

  • 19. Girl van die Suburbs  |  Julie 22, 2009 om 9 : 07

    Hi Tilla

    Lekker en daar? Wat op aarde gaan met die mense hier aand?

  • 20. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 9 : 18

    Ek gee op sê maar

  • 21. Nats  |  Julie 22, 2009 om 9 : 38

    Goeie more julle!!

    Ek hoop net nie vrou gooi ons as vrouens se name by die deur uit nie – ek hoop sy sal haar werk baie goed doen!! Beter as ‘n man😉😆

  • 22. Coyote  |  Julie 22, 2009 om 9 : 53

    More julle ons intermet is alweer af nou gaan ek maar hier chat ek hoop net hier is geselskap

  • 23. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 10 : 05

    Hallo Nats en Coyote

  • 24. Wille Kjind Q  |  Julie 22, 2009 om 10 : 06

    More! More! Halie! Halie!

    Oom Se Baas Jan het seke nie kliënte gehad virri uur wat die “gesprek” plaasgevind het😉

  • 25. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 10 : 06

    Ek sal met jou gesels coyote

  • 26. Wille Kjind Q  |  Julie 22, 2009 om 10 : 07

    Eintlik voel ek nou afgeskeep! Hyt lanklaas kak van my gepraat😡

  • 27. Wille Kjind Q  |  Julie 22, 2009 om 10 : 08

    Yippeeee!!!! My😡 gevreetjie lyk wee😡

  • 28. Wille Kjind Q  |  Julie 22, 2009 om 10 : 10

    :mrgreen:

  • 29. Wille Kjind Q  |  Julie 22, 2009 om 10 : 10

    TILLA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 30. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 10 : 20

    Willes !!!!!

  • 31. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 10 : 22

    Ek wonder of hy nie dalk jy bedoel het met die manne bliksem nie – ek sal my glory met jou deel net oor jy my maaikie is

  • 32. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 10 : 41

    En weg !

  • 33. Wille Kjind Q  |  Julie 22, 2009 om 10 : 49

    En trug!

    Jys ‘n maakie duisend! Dat jy jou kol lig met my deel😈

  • 34. Wille Kjind Q  |  Julie 22, 2009 om 10 : 50

    Eks effens besig met die poehols wat meer siek is hie byri werk as wat da water inni see is

  • 35. Nats  |  Julie 22, 2009 om 10 : 52

    Lo da Wille Q, *M* en Coyote!!!

  • 36. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 11 : 00

    Hoe voel die skouer willes

  • 37. Coyote  |  Julie 22, 2009 om 11 : 53

    Ek s terug moet met opera werk internet nog steeds af

  • 38. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 11 : 53

    Alweer weg

  • 39. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 11 : 54

    Welkom terug

  • 40. Coyote  |  Julie 22, 2009 om 11 : 57

    Dissie lekke sonder email nie ek is bored

  • 41. Coyote  |  Julie 22, 2009 om 12 : 20

    En niks

  • 42. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 12 : 25

    Ek hou ook nie daarvan as my goed af is nie

  • 43. Wille Kjind Q  |  Julie 22, 2009 om 1 : 04

    @ Tilla

    Ek maggi oppi blog sê hoe seer dit issi👿

  • 44. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 1 : 32

    Dan verstaan ek nou presies hoe dit voel !

  • 45. Wille Kjind Q  |  Julie 22, 2009 om 2 : 18

    😈

  • 46. Nats  |  Julie 22, 2009 om 3 : 16

    👿

    Ek was nou die laaste ruk uit die kantoor – oppi pad – oppi high way! Sal die ou wat saam my werk vir my pls call me’s stuur… stuur terug eks besig… bel hom nou om te hoor wat aan gaan… nee toemaar dis nou te laat” met ‘n hengse houding – vra hom toe as dit so dringend was hoekom bel hy my nie – nee hy het nie airtime nie – met so helse houding nou is ek die vark in die verhaal! WTF!!!! Hoekom het hy nie airtime nie?? Is da nie winkels waar hy is nie!!!!!!

    Die vet weet ek is nou sommer moerig!!!

  • 47. *Mathilda*  |  Julie 22, 2009 om 3 : 43

    Nats

    Ek sou ook gewees het

  • 48. Nats  |  Julie 22, 2009 om 3 : 54

    *M*
    No offence teen iemand wat pay as you go gebruik nie – maar waar vandag het ‘n veronderstel om te wees “besighieds” ou nie ‘n kontrak foon nie? En nie airtime op jou foon nie? Veral as jy amper 30 is, en baie op die pad is en moet kliente bel ens?!

    So wat nou moet ek my cell foon gebruik om hom te bel omdat hy te slapgat is om airtime te gaan koop!?👿

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: