Babas te koop

Julie 16, 2009 at 5 : 41 79 Kommentaar

Dit is vir my verstommend na watter uiterstes sommige mense sal gaan om kinders te kry.  Ek praat nou nie van Brangelina en Madonna wat al die derde wêreld se kinders wil aanneem nie.  Daar is verseker ‘n paar morele kwessies daar te sprake, maar ek sal dit op ‘n ander dag aanroer.

Ek het seker geen reg om vingers te wys nie.  Ek smag nie na kinders nie en sal seker nog vir baie jare nie reg wees vir kinders van my eie nie.  Volgens sekere mense maak dit my dan onbevoeg om ‘n opinie oor die saak uit te spreek.  Na my mening maak dit my eerder objektief, juis omdat my siening nie met emosie bewolk word nie.  

Ek dink dat in die geval van ouerskap, ‘n kind se reg swaarder weeg as die reg tot ouerskap.  Dit is nou as ‘n mens ouerskap as ‘n reg sien.  Die smagting na ‘n kind mag nooit bokant die kind se welstand geplaas word nie.  Die moontlike kind se welstand behoort in ag geneem te word, voordat ‘n kliniek tot in vitro vrugbaarheids behandeling toestem.  Dit is immers die prosedure wat gevolg word met al die ander kanale, met die uitsondering van natuurlike bevrugting.

Watter onus rus egter op die mense wat ten alle kostes ouers wil word?  Van waar ek kom is dit selfsugtig om jou eie behoeftes te stel bo die wat direk daardeur geraak word.  Hoekom uit jou pad gaan om ‘n kind te kry, as jy weet dat dit nie vir die beswil is tot die lewe wil JY wil skep nie.  As ek ‘n nuwe kar wil koop, maak ek seker dat ek dit kan gebruik en geniet.  Ek maak seker dat ek die instandhouding, die paaiement en die versekering kan bekostig.  Ek maak seker dat ek petrol en ander verbruikartikels kan bekostig.  Dit vir ‘n stuk masjien wat ek net ‘n paar jaar lank gaan gebruik.  Hoeveel meer oorweging as jy ‘n kind in jou lewe wil hê, veral as jy vir pepperduur behandeling gaan wat ‘n lae suksessyfer het?

Is ‘n vol wiegie enige koste werd?  Ek meen, hoe hard kan jy na ‘n kind smag as jy reeds 6 ander by die huis het?  Dit is een ding as nommer 7 per ongeluk wil kom saamspeel.  Daar is egter niks per ongeluk as jy dan swanger raak met 8 kinders nie.  Veral as jy boonop al reeds van welsyn afhanklik is. 

Hoe kan jy as jy ‘n kind gaan “koop”, wel wetende dat jy hom / haar nie gaan sien groot word nie.  Niemand weet hoe lank jy die aarde gaan bewandel nie, maar wragtig op 66 weet jy dat jy tyd aan die uithardloop is.  Hoekom dan nog gaan lieg dat jy 55 is, net om te kan swanger raak?  Goed, sy het seker gehoop om ouer as 69 te word, maar durf sy die kans gevat het?  Veral siende dat mense ouer as 35 afgeraai word om swanger te raak?

Ek weet darem nie.  Eerlik is ek nie ‘n voorstaander vir in vitro behandeling nie.  Ek stem saam dat mense wat nie natuurlik kan kinders kry nie, goeie (selfs beter) ouers kan maak.  Kom ons laat nou die fisiologies / anatomies / foutiewe tools buite rekening.  Behoort iemand met bevrugtiging gehelp te word wat nie met ‘n “natuurlike” ouer vergelyk kan word nie? 

Blogvraag:  Waar was Dolly, die skaap, gekloon?

Blogantwoord:  Olga was reg met Dot Serfontein.

Entry filed under: Griewe. Tags: .

Handskrif Tot verdere kennisgewing

79 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Julie 16, 2009 om 5 : 49

    Eks te oud ek kan nie mee swanger raak nie , ek los dit nou vir my kinders

  • 2. Klip  |  Julie 16, 2009 om 6 : 01

    My pens is maar net so groot omdat ek te veel gevreet het

  • 3. Klip  |  Julie 16, 2009 om 6 : 07

    Ek gaan nou aansoek doen vir blog pensioen………..

    Bye bye , ek hoop almal het n lekker aand en n wonderlike naweek wat voorle

  • 4. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 6 : 13

    Testing . .

  • 5. Wille Kjind Q  |  Julie 16, 2009 om 6 : 14

    Skotland?

  • 6. Wille Kjind Q  |  Julie 16, 2009 om 6 : 14

    Edinburgh (spelling?)

  • 7. Wille Kjind Q  |  Julie 16, 2009 om 6 : 15

    Ek dink……….

  • 8. Wille Kjind Q  |  Julie 16, 2009 om 6 : 15

    Wat toets jy 3ling?

  • 9. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 6 : 53

    Kan ek die obvious state en julle vertel dat dit BLERRIE KOUD is? Net ingeval julle nie self kan voel nie.

  • 10. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 6 : 54

    Toets of my vingers nog kan beweeg.

  • 11. Nelba  |  Julie 16, 2009 om 7 : 42

    Om heel ander redes sou ek ook nooit persoonlik vir bv iets soos in vitro bevrugting gegaan het nie. Ek het dit sterk nagevors en besluit die suksesfaktor is te laag om my weersin in mediese prosedures te oorkom. Die gevalle wat jy hier noem is darem, glo ek, eerder die uitsondering as die reël. Ek glo die meeste mense wat die prosedure gebruik is mense wat graag wil kinders hê, hulle kan onderhou en wat uiteindelik goeie ouers is.

  • 12. Adrie  |  Julie 17, 2009 om 8 : 15

    Hallo Nelba

    My grief is teen die uitsonderings, die wat nie binne ‘n myl van ‘n bevrugtings kliniek toegelaat moet word nie. ‘n Geval wat ek vergeet het, is die kliniek wat ‘n man swanger gemaak het.

    Dit is ‘n heeltemaal ander saak vir die norm.

    Ook nie ‘n behandeling wat ek sal oorweeg nie.

  • 13. Beeld  |  Julie 17, 2009 om 8 : 15

    Mia Willemse

    Die dae van rook saam met die rugby kyk op Loftus Versfeld in Pretoria is van môre verby.

    Die besluit is finaal; nie net ’n tydelike maatreël wat tot ná die Wêreldbeker-sokkertoernooi geld nie, het mnr. Hugo Kemp, ?stadionbestuurder, gister gesê.

    Van môre mag rokers net buite die stadion, in die biertuin en op die loopvlakke wat na die verskillende verdiepings lei ’n dampie maak.

    In die stadion, by die sitplekke, die ingange na die sitplekke en die toilette is rook verbode.

    Losie-eienaars mag binne hul losies hul eie diskresie gebruik oor of mense mag rook of nie. Dit geld egter nie losie-sitplekke wat deel van die stadion se sitplekke uitmaak nie. Niemand mag in die stadion rook nie

    “Ons het Blou Bul-ondersteuners en die publiek al ’n geruime tyd daarvan bewus gemaak dat Loftus Versfeld van Julie ’n nie-rook-beleid in die stadion gaan hê.

    “Fifa het ons nie gebel en gesê ons moet dit doen nie,” het Kemp gesê.

    “Die Wysigingswet op die Beheer van Tabakprodukte wat eersdaags van krag gaan word vereis dat stadions, nes enige ander publieke gebied, ook ’n nie-rook-beleid moet volg.”

    Volgens hom is daar nie op ’n spesifieke “straf” vir oortreders besluit nie.

    Ondersteuners sal tyd kry om aan die nuwe reëls gewoon te raak. Die bestuur wil nie hê Loftus moet ’n uitgooi-stadion word nie en sal elke oortreder uniek hanteer.

  • 14. Beeld  |  Julie 17, 2009 om 8 : 22

    Corné van Zyl

    ’n Pretoriase vrou wat glo “vrot kos” aan armes verkoop het wat sy gratis van ’n verskaffer ontvang het, het glo ’n sertifikaat wat vir ’n sopkombuis aan haar ma uitgereik is daarvoor misbruik.

    Me. Madie Opperman was gister in trane toe gesondheidsinspekteurs en metropolisielede op haar huis in Danville toegeslaan, die sertifikaat afgevat en haar verbied het om met die verkope voort te gaan.

    Sy het ontken sy verkoop die kos en gesê sy gee dit weg, het mnr. Console Tleane, woordvoerder van Tshwane se departement gemeenskapsveiligheid, by die huis aan Beeld gesê.

    ’n Beeld-verslaggewer het eergister teen R20 twee inkopiesakke vol kos by Opperman se huis gekoop. Die meeste van die kos was al bederf en het sleg geruik. Daaronder was ’n spinasie-en-lensie-gebak met ’n vervaldatum van 2008, asook pizzas, vegetariese worsrolletjies en ontvriesde kaasworsies wat onderskeidelik in Maart, April en Junie vanjaar verval het.

    Talle mense het vertel hulle staan elke Dinsdag- en Donderdagmiddag in toue om die sakke kos teen R10 elk te koop. Een het beweer sy het al herhaaldelik daarvan siek geword.

    Drie vroulike metropolisielede is saam met twee gesondheidsinspekteurs na die huis in geval dit nodig sou wees om Opperman in hegtenis te neem.

    Sy het hulle ná hul aankoms agterom die huis geneem en daar met hulle gepraat.

    Die metropolisielede het van die plastieksakkies uit drie groot vullisdromme ondersoek, maar dit het geblyk daar is geen kos op die perseel nie.

    Daar is ook geen vrieskaste op die perseel nie, het Tleane gesê. Die gesondheidsinspekteurs sou Opperman kon beboet as sy gevang is terwyl sy die kos verkoop het, het hy gesê. Die fokus van die ondersoek verskuif nou volgens Tleane na die verskaffer omdat alle kos ná die vervaldatum vernietig moet word. Opperman het glo eers geweier om die naam van haar verskaffer bekend te maak, maar dit wel verklap toe sy met inhegtenisneming gedreig is.

    Tleane wou nie die naam aan Beeld bevestig nie.

    ’n Vrou wat vier jaar lank by die verskaffer gewerk het, het gesê Opperman het drie keer per week vragte kos kom oplaai.

    “Ons was almal onder die indruk dat Opperman die kos na ’n tehuis of kinderhuis neem.”

    Beeld het verneem Opperman het onwettig ’n sertifikaat wat vir nie-winsgewende organisasies bedoel is en aan haar ma uitgereik is, gebruik.

    Dit was omdat die ma, onder inwoners bekend as tannie Daisy, ’n paar jaar gelede ’n sopkombuis vanuit haar huis in Danville bedryf het.

    Volgens ’n gesondheidsinspekteur is dit ’n groot risiko om kos te eet waarvan die vervaldatum reeds verstryk het, veral wanneer die kos in die son agterop ’n oop bakkie soos Opperman s’n en nie in ’n verkoelde voertuig vervoer word nie. “Mense kan voedselvergiftiging kry as hulle die kos eet.”

  • 15. Tweelingkind  |  Julie 17, 2009 om 8 : 24

    Die nie-rokery in die stadion is al laaaankal in Durban (Abasa Stadion) ingestel.

  • 16. Tweelingkind  |  Julie 17, 2009 om 8 : 24

    *Absa

  • 17. Beeld  |  Julie 17, 2009 om 8 : 26

    Johan Brits

    Sasolburg. – ’n Man (43) is hier op pad na sy huis beroof en toe lewend aan die brand gesteek.

    Mnr. Charlie Petrus Dlamini het aan sy brandwonde beswyk.

    Me. Fikiswa Matoti, polisiewoordvoerder, sê Dlamini was glo van ’n nabygeleë snoepwinkel op pad na sy huis toe hy beroof is, waarna die verdagtes hom aan die brand gesteek het.

    “Inwoners naby die plek waar Dlamini aan die brand gesteek is, was in hul huis toe hulle iemand om hulp hoor skree het. Hulle het buitentoe gegaan en ’n man in vlamme gesien.”

    Die polisie het ’n kers, ’n bottel paraffien en ’n sak vleis op die toneel gevind.

    Speur-insp. George Motlolisi vra die gemeenskap om met inligting vorendag te kom wat die skuldiges sal help vastrek.

    Hoewel sy naam bekend is, kan die polisie nie Dlamini se familie oor die voorval in kennis stel nie omdat niemand weet waarvandaan hy kom nie.

    Hy het in huis 10 846 in die woonbuurt France, Sasolburg, gewoon.

    Enigiemand wat die polisie kan help om Dlamini se naasbestaandes op te spoor kan Motlo-lisi by 0 076 389 7177 bel.

  • 18. Beeld  |  Julie 17, 2009 om 8 : 30

    Philip de Bruin

    Die totstandkoming gister van ’n drukgroep om die omstrede regter John Hlophe tot hoofregter verkies te kry, is gister beskryf as “ongehoord en lagwekkend”.

    Dié drukgroep is gister in Johannesburg deur die organisasie Geregtigheid vir Hlophe bekend gestel deur mnr. Percy Gumbi, woordvoerder van die groep.

    Hy het volgens Sapa gesê die drukgroep is saamgestel uit “beroepsmense uit die regswêreld, die sakegemeenskap en die inligtingstegnologiebedryf”.

    Die Regterlike Dienskommissie hou in September ’n sitting waartydens kandidate vir vier vakatures in die konstitusionele hof – onder andere hoofregter Pius Langa s’n – ondervra sal word.

    Adv. Nikki de Havilland van die Sentrum vir Grondwetlike Regte het gesê die stigting van die drukgroep “is nog ’n bewys van die vasberadenheid van verbitterde mense daarbuite om van die aanstelling van ’n hoofregter ’n politieke kwessie te maak”.

    Sy het gesê Gumbi se beskrywing van Hlophe as “jonk, energiek en ’n onafhanklike denker” met “slim leierseienskappe” vloek teen haar eie opinie van Hlophe, met wie sy al saamgewerk het. “Met klagtes van growwe wangedrag en onbehoorlike inmenging by die regspraak teen hom steeds hangende, sou ek hom allermins as ’n onafhanklike denker met leierseienskappe beskryf.

    “Ek twyfel nie aan sy intellek nie, maar ek ken hom goed genoeg om te kan sê dat ek meen hy is emosioneel nog te onvolwasse om ’n hoofregter te wees.”

    Prof. Tom Coetzee, oudhoogleraar in die reg aan die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit, het gesê die stigting van ’n drukgroep om iemand te probeer aanstel as hoofregter “is ’n kwade dag vir regspleging”.

    Gumbi het geweier om te sê hoeveel mense lede van die drukgroep is.

  • 19. Beeld  |  Julie 17, 2009 om 8 : 31

    Antoinette Pienaar

    ) aapienaar@beeld.com
    ’nPretoriase spesialis het gister vir die eerste keer in Suid-Afrika ’n blindederm laparoskopies verwyder deur ’n enkele sny in ’n pasiënt se naeltjie.

    Dr. Johan van Beljon, ’n spesialis-chirurg, het die prosedure op ’n 24-jarige vrou in die Netcare-Montana-hospitaal gedoen.

    Suid-Afrikaanse chirurge is al lank in die land besig om byvoorbeeld galblase met laparoskopiese operasies te verwyder, maar gewoonlik word sowat vier snytjies in die bolyf gemaak om al die toerusting deur poorte in die lyf te kry.

    Nuwe toerusting maak dit nou moontlik om vier stukke toerusting deur een poort met vier gate in die naeltjie te stoot.

    “Die pasiënte het agterna heelwat minder pyn, is vinniger op die been en dit is kosmeties baie meer aanvaarbaar,” het Van Beljon verduidelik.

    Waar pasiënte ná blindederm?operasies gewoonlik sowat twee dae in die hospitaal bly, kan hulle ná so ’n laparoskopiese operasie dieselfde dag huis toe gaan.

    Van Beljon het gesê hy kies sy pasiënte baie versigtig vir dié prosedure en fokus eerder op nie-gekompliseerde gevalle.

    In gister se prosedure het hy ’n sny van tussen 1 cm en 2 cm in die vrou se naeltjie gemaak.

    ’n Poort met vier gaatjies is toe in die holte geplaas.

    Deur die een gaatjie is ’n pypie geplaas wat koolsuurgas in die buik gepomp het om dit op te blaas. ’n Kamera met ’n 5 mm-lens wat teen ’n 30º-hoek ’n video-opname maak, is deur die tweede gaatjie gedruk en Van Beljon se instrumente deur die laaste twee gaatjies.

    Die kamera het ’n duidelike blik van die vrou se organe gegee, byvoorbeeld haar eierstokke, lewer en baarmoeder.

    Hy het gesê die voordeel is dat ’n mens die kamera dus vir diagnostiese doeleindes tydens die laparoskopiese prosedure kan gebruik.

    “As ek rede sien om haar te verwys (weens ’n ander probleem) kan ek haar na die relevante spesialis verwys met ’n video-opname van dit wat gesien is.”

    Nadat Van Beljon die blindederm los gesny en met titaankrammetjies en gare afgebind het, is die hele poort met blindederm en al verwyder.

    Dr. Louis Wannenburg het Van Beljon bygestaan, dr. Gordon Selzer was die narkotiseur en me. Elize Huisamen die teatersuster.

    Die vrou word ontslaan met ’n litteken in haar naeltjie.

  • 20. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 8 : 56

    More more

  • 21. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 9 : 09

    More More!

    @ 13

    YIPPEE KA JEI!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! WHOO HOOOOOO!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    *SPRING OP EN AF EN KLAP MY HANDE!!*

    *fluister* eina! My skour is vrek seer

  • 22. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 9 : 13

    Two young boys walked into a pharmacy one day, picked out a box of tampons and proceeded to the checkout counter.
    The man at the counter asked the older boy, ‘Son, how old are you?’
    ‘Eight’, the boy replied.
    The man continued, ‘Do you know what these are used for?’
    The boy replied, ‘Not exactly, but they aren’t for me. They’re for him. He’s my brother. He’s four. We saw on TV that if you use these, you would be able to swim, play tennis and ride a bike.
    Right now, he can’t do none of those’.

  • 23. Nats  |  Julie 17, 2009 om 9 : 13

    Hello hello!!!

    Dis Vrydag!!!!

  • 24. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 9 : 16

    Hey willes

  • 25. Nats  |  Julie 17, 2009 om 9 : 21

    Sjoe dis moeilik… ek vir een hoop maar ek sal natuurlik swanger kan raak sonder komplikasies. Familie van Mnr. het vir baie lank gesukkel om swanger te raak en uiteindelik vir in vitro behandeling gegaan. Sy het swanger geraak met ‘n tweeling.

    Nie eens half pad deur die swangerskap nie toe kom hulle agter the een is nie “normaal” nie en sal dit nooit maak nie.

    Sy was vir 7 maande permanent siek en het deur hel gegaan, selfs suiker gekry agv skok. En al die tyd die siek babatjie gedra en gevoel. Sy het geboorte gegee 6weke te vroeg en die seuntjie was in ICU vir ‘n hele ruk.

    Maar vandag is hy gesond en sy is ‘n stunning mamma… maar ek weet nie, dis moeilik want so baie mense kon ouers geword het deur dit… maar ander mense misbruik dit – soos daai vrou wat al reeds 6 of sewe kinders gehad het en toe ‘n agtling gekry het!

  • 26. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 9 : 51

    TILLA!!!!!!

    Ek was net gou inni werkswinkel besig. Ek doen mos nou net ligte takies soos stickers plak en so aan nou dat die skouer ge4k is

  • 27. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 10 : 17

    A man and his wife receive a letter from their daughter who went to
    study overseas:

    My beloved Parents,
    I miss you so much. I don’t know when I’m coming home, but it seems
    not anytime soon. It breaks my heart to think that by the time I get
    back you’ll be too old. So enclosed you will find a bottle of a potion I
    have invented. It will make you young, so when I return you’ll be the
    same age as I left you.

    NOTE: ‘PLEASE TAKE ONLY ONE DROP’

    So they opened the envelope and in it there is a bottle with a red
    potion. The husband looks at the wife and says: ‘You go first.’
    So the wife opens the bottle and takes a drop, there after the
    husband follows. Indeed they do turn 5 years younger.

    A year passes and the daughter returns home to find her mother young
    and beautiful, carrying a baby on her back. The mother proceeds to tell
    her daughter how the potion worked and made her look young.
    The daughter is delighted and asks about her father.
    ‘Your father, my child, got so jealous that I was young and beautiful
    so he drank the whole bottle.’ ‘So where is he?’
    ‘Oh, that’s him I have on my back.’

  • 28. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 10 : 21

    TOUGH TO ARGUE WITH THIS ONE:

    Indian Chief ‘Two Eagles’ was asked by a white government official, ‘You have observed the white man for 90 years. You’ve seen his wars and his technological advances. You’ve seen his progress, and the damage he’s done.’

    The Chief nodded in agreement.

    The official continued, ‘Considering all these events, in your opinion, where did the white man go wrong?’

    The Chief stared at the government official for over a minute and then calmly replied. ‘When white man find land, Indians running it, no taxes, no debt, plenty buffalo, plenty beaver, clean water.
    Women did all the work, Medicine man free. Indian man spend all day hunting and fishing; all night having sex.’

    Then the chief leaned back and smiled. ‘Only white man dumb enough to think he could improve system like that.’

  • 29. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 10 : 46

    @ Tilla

    Gat ons nou heeldag viby mekaar praat?

  • 30. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 10 : 47

    DIS VRYDAG!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 31. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 10 : 49

    Moet ek sing of grappies vertel?

  • 32. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 10 : 50

    Juffrou vra vir Gatiep: Jou ma het 4 aartappels, julle is 9 kinders, hoeveel aartappels gaan elkeen kry?

    Gatiep: My ma’s nie ‘n poephol nie, sy maak mash!

  • 33. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 10 : 53

    Die Regter kyk vir Gammat in die oog en së: ‘Dis nou die sesde jaar na mekaar dat jy in my hof in die beskuldigdebank staan.’ ‘Djou honour,’ së Gammat, ‘djy moenie vir my kom blame omlat jy nie promotion kan kry nie.’

  • 34. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 10 : 55

    Hier is ek willes

  • 35. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 10 : 55

    Die skip land in die hawe en Meraai is soos blits teen die trapleer op. Gammat kyk haar so van onder af. “Haai meraai, djy’t dan nie underwear aan nie!” Meraai: “So what? Dra djy miskien earplugs as djy Loftus toe gaan?”

  • 36. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 11 : 00

    Dankie tog! Ek is moeg gesoek vi grappies

  • 37. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 11 : 00

    Eks ALWEER op Sanparks se site opsoek na plek inni willetuin👿

  • 38. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 11 : 14

    En ek was op die airlines opsoek na vlugte – Boe hoe hoe – en dis nie eers vir my nie – dis vir die baas

  • 39. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 11 : 31

    Tilla

    Kom ons vlieg willetuin toe!

  • 40. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 11 : 33

    Ek GAT saam

  • 41. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 11 : 34

    Scenario

    Jan vat ‘n klomp klappers, maak ‘n bom daarmee en blaas ‘n miershoop op.

    TOE Jan se gat brand. Die miershoop is in sy moer. Duisende
    miere dood.

    NOU Die Veiligheidspolisie en Dierebeskermingsgroepe word
    ingeroep en Jan word aangekla van stedelike terrorisme en
    dieremishandeling. Sy ouers word dopgehou. Jonger broers en susters word van die huis af weggevat. Hulle rekenaars word gekonfiskeer en Jan se pa word op ‘n lys van terroriste geplaas en hy kan nie verder werk kry nie. Die familie krepeer.

  • 42. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 11 : 35

    My gat brand nou rerig om wee te gaan. Was TE lanklaas da

  • 43. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 11 : 37

    Ek wil net huistoe gaan

  • 44. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 11 : 40

    Het jy nie eers ‘n dag of wat afgekry met daai skouer nie ?

  • 45. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 11 : 41

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ek HAAT dit wanne iemand sy vet neus in my sake steek ma eintlik nie ‘n FOK weet wat aangaan nie😡

  • 46. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 11 : 42

    Ek stem 100% op daai een !!!

  • 47. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 11 : 43

    @ Tilla

    Ek sal nooooooooooooooit byri huis bly gedurende SKOOL VAKANSIE nie😯

  • 48. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 11 : 45

    Die 1 clown wie se stickers geplak het kry natuurlik die skuld vi my willetuin trippie. Sy bakkie was vol vanni willetuin boeke en pampiere. Drol!

  • 49. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 11 : 47

    En natuurlik sal alli kampe VOL wees!

  • 50. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 11 : 50

    Daar is te veel skoolvakansies daarvoor willes

  • 51. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 12 : 15

    Ek wil regtig nou huistoe gaan

  • 52. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 12 : 16

    Sjoe, ek wil eintlik liewer niks sê oor die onderwerp nie

  • 53. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 12 : 27

    Ai tog! Ek het net gou gou gery om bunnychows te kom koop ma dit vat moer lank

    Tilla

    Praat suster! Hkm wil jy niks sêg nie?

  • 54. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 12 : 29

    Dit smaak my hulle bak eers die brood wa inni kerrie kom😡 TSK!!!

  • 55. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 12 : 30

    Teeni tyd wat ekki kos kry gat my lippe afgelek wees

  • 56. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 12 : 31

    Dit okki dat ek LANGS die kombuis sit en waggi

  • 57. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 12 : 32

    Magtag man! Bring my kos of ek kwyl somme op my 3ling se kloon se screen

  • 58. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 12 : 34

    Ek sal okki kan bestuur en eeti. Ek bestuur alreeds met net 1 hand

  • 59. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 12 : 35

    Of miskien kan ek byri kroeg sit en wag💡

  • 60. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 12 : 38

    #58 klink na ‘n blink plan !

  • 61. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 1 : 43

    En daar is almal al weer vreetsaam of huistoe

  • 62. Seekat  |  Julie 17, 2009 om 1 : 49

    Ek is nog hier.
    Waar is jy?

  • 63. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 2 : 14

    Ek is ook nog hier seekat

  • 64. Beenkop  |  Julie 17, 2009 om 2 : 34

    middag

  • 65. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 2 : 35

    Middag beenkop – hoe gaan dit ?

  • 66. Beenkop  |  Julie 17, 2009 om 2 : 38

    ag sit maar nog by die werk en kry koud.

  • 67. Beenkop  |  Julie 17, 2009 om 2 : 42

    ek het eenkeer gehoor by een van die mense van so vrou wat haar 2 jarige kind wou opgee vir ‘n Bmw cabriolet, sommer daai eerste gemors weergawes. dit wassomewhere in ’95

  • 68. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 2 : 45

    Dis siek !

  • 69. *Mathilda*  |  Julie 17, 2009 om 3 : 02

    Nog net ‘n uur !

  • 70. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 3 : 28

    Nog net 2 1/2 ure!!!! Yippee!!!!!!

  • 71. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 4 : 03

    TWEE URE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 72. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 4 : 41

    EEN UUR 15 MINUTE!!!!!!!!!!!!!

  • 73. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 4 : 45

    Husband Pie

    Can be prepared 20 years ahead.

    Ingredients:
    Crust:
    1 hard-skinned husband
    1 comfortable sofa

    Filling:
    1 TV remote control
    6 pack of beer
    1 packet chips (crisps)
    1 family size pizza
    1 large serve nacho
    1 melted cheese sandwich
    15 years patience
    lifetime of loving care
    1 ounce of resignation

    Method:

    Cram one thick-skinned husband into a well worn greased and comfortable sofa and leave to set (probably will take length of one sport show), remove from family room and bring to kitchen to finish filling.

    Mix TV remote control, chip packet, pizza, hotdog, nachos and cheese sandwich on a large tray. Add six pack of beer slowly (to avoid excess gas), bind with a lot of patience, loving care and resignation. Be careful to place husband and filling carefully back in front of the TV so as not to disturb the view of the screen and leave to solidify indefinitely.

    Head back to your computer and have a marvellous time chatting with your online friends UNDISTURBED!!! (Or, go SHOPPING!)

  • 74. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 4 : 59

    A very wise man once said: “You should treat your woman like your vacuum cleaner, when she stops sucking, replace the bag.”

  • 75. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 5 : 00

    At 82 years old, my husband applied for his first passport. He was told he would need a birth certificate, but his birth had never been officially registered.

    When he explained his dilemma to the passport agent, the response was less than helpful.

    “It’s all right,” the agent said. “Just bring a notarized affidavit from
    the doctor who delivered you.”

  • 76. Retha  |  Julie 17, 2009 om 7 : 16

    Jy praat van mense wat nie ‘n kind moet kry as hulle weet hulle sal hom/haar nie kan gee wat die kind nodig het nie. Hierdie is kontroversieel, maar ek glo nie dat vroue wat reeds weet hulle sal hulle kind sonder ‘n pa moet grootmaak veronderstel is om swanger te raak nie, al verlang hulle ook hoe na ‘n kind. Kinders het pa’s ook nodig.

  • 77. Wille Kjind Q  |  Julie 17, 2009 om 7 : 22

    Retha

    Da stem ekki saam jou nie. Daas minner drama om ‘n kjind al1 groot te maak. Die pappas wat WIL da wees vi die kjinners is ‘n anner saak. Assi kjind van kleins af nie bewus is van ‘n pa figuur nie dan kan die kjind niks missi

  • 78. Retha  |  Julie 19, 2009 om 10 : 00

    Ek het al met baie kinders gepraat. Hulle mis wel hulle pa’s.

  • 79. Retha  |  Julie 19, 2009 om 10 : 04

    Ek het ‘n teorie- en dit kom uit die tyd toe ek ‘n jeugwerker vir PEN in middestad Pretoria was, dat veral seuns (maar dogters ook) wat hulle pa’s mis baie meer vatbaar is vir “ooms” van buite wat gaaf voorkom, maar op die ou end eintlik in kinderlyfies belang stel. En dat meisies wat hulle pa’s mis vroeër seksueel aktief raak met seuns.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: