Poësie

Julie 15, 2009 at 5 : 52 148 Kommentaar

Ek sal huigel as ek voorgee dat digkuns een van my groot liefdes op aarde is.  Ek vind dit oor die algemeen sielsdodend om bladsye en bladsye derms te lees, gewoonlik van iemand wat te diep vir sy of haar beswil probeer wees.  Poësie liefhebbers probeer dikwels te hard om die droom te skep dat hulle bo die aarde verhewe is.  Ek is seker ook te vlak om my met hulle skandes, pyn en lyding te vereenselwig.  Hoekom gaan so bittermin gedigte oor lewenslus, lag en vreugde?  Hoekom is dit altyd ‘n gewroeg?

Moet my nie verkeerd verstaan nie.  Gedigte vertolk ‘n belangrike rol in ons kultuur.  Was dit byvoorbeeld nie vir Eugene N. Marais se Winternag nie, het ons vandag nog Afrikaans gepraat en in Hollands / Engels geskryf.  Afrikaans was so bietjie meer as 100 jaar terug gesien as ‘n prettige taal, maar nie geskik om vir letterkunde aan te wend nie.  Die eerste paar poëtiese pogings het nie juis die kritici beïndruk nie.  Juis omdat dit gebruik was om te spot.  Na Winternag was Afrikaans op koers gewees, dit het bewys dat Afrikaans ook die diepere dinge in die lewe goed kan uitdruk.  ‘n Voorgeskrewe digter het ook eendag aan my vertel dat jy nooit die Bybel ten volle sal kan waardeer as jy nie poësie kan waardeer nie.

Dit is darem nou ook nie asof ek glad nie gedigte kan uitstaan nie.  Almal wat al hier rond gekrap het weet dat ek graag gedigte aanhaal.   My voorraad gedigte is beperk, dit is alles goed wat ons op skool in ‘n poësie klas behandel het.  Toegegee, dit is dalk meer as die gemiddelde ou op straat, maar ek het ook meer skool gegaan as die gemiddelde ou op straat.  12 jaar lank op elke liewe skooldag.  Die kanse wat ek egter ‘n gedig gaan lees waarvan ek nie op een of ander stadium die rympatroon moes uit werk het nie, is maar skraal.

Was ek maar ‘n digter, sou ek dalk kon beskryf hoe die woordspellinge van sommige digters my kan betower.  Diegene wat ‘n gedagte so kan kan uitdruk dat jy dit amper kan raam.  Dalk suinig met die woordgebruik, maar die prentjie is ten volle ingekleur.  Ek dink wat my dalk van digters afsit is dat te veel die prentjie wil verduidelik, dat die towerkrag verlore gaan. 

Wat meer het jy nodig as ‘n kaalvoet gedig?  Van verlore siele in hul nood wat drome soet tot werklikhede maak?   Selfvergetend, doodveragtend in die dennebos vergeet.  Net pagters ons, van stof en dons; die werkers van die stad wat huis toe gaan.

My verskoning aan die onderskeie digters. 

Is jy ‘n liefhebber van poësie?  Dig jy self?  Wie is jou gunsteling digter of gedig?

Blogvraag:  Wie is Antjie Krog se ma?

Blogantwoord:  Olga was reg met Diners Club.

NS:  Kan julle al die gedigte met hulle digters in my gedigmorsery identifiseer?  Sommer vir die pret.

Entry filed under: Afrikaans. Tags: .

Banksake Handskrif

148 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Julie 15, 2009 om 6 : 08

    eerste

  • 2. Olga  |  Julie 15, 2009 om 6 : 13

    Nou toe nou. dot serfontein.

  • 3. Olga  |  Julie 15, 2009 om 6 : 14

    ek het n stapel van haar boeke gelees.

  • 4. Wille Kjind Q  |  Julie 15, 2009 om 6 : 44

    Tweedeste!

  • 5. Olga  |  Julie 15, 2009 om 6 : 56

    slaap van malherbe, sprokie vir n stadskind

  • 6. Olga  |  Julie 15, 2009 om 7 : 00

    hi wk.

  • 7. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 7 : 04

    Dit is piskoud.

  • 8. Olga  |  Julie 15, 2009 om 7 : 09

    dan nog skoppensboer van marais, busrit in die aand van elizabeth eybers

  • 9. Olga  |  Julie 15, 2009 om 7 : 10

    nie te koud hier nie.

  • 10. Olga  |  Julie 15, 2009 om 7 : 11

    ek is te pissie om te dig. rym, ja.

  • 11. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 7 : 12

    Te pissie?

  • 12. Olga  |  Julie 15, 2009 om 7 : 12

    gmf! moet dan nie met my praat nie. tjk.

  • 13. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 7 : 14

    Ek skryf die tipe gedigte wat ek verfoei.😉 Ek het nie die verfkwas van woorde nie.

  • 14. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 7 : 16

    Olga

    Ken jy busrit in die aand of was dit jou vriendin google?

  • 15. Olga  |  Julie 15, 2009 om 7 : 33

    het dit op skool gedoen en moes toe my gedigte boeke nader trek. gedink dis antjie daarom dat jy haar noem. maar geweet dis n digteres.

  • 16. Olga  |  Julie 15, 2009 om 7 : 34

    wat voetslaan met my vingers baie vergemaklik het.

  • 17. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 7 : 43

    Ek is beindruk. Al die gedigte was gehandpick, redelik bekend – behalwe die Eybers een. Het dit wel op skool gedoen, maar het by die een oor in en die ander uit.

  • 18. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 8 : 46

    Allo Allo

  • 19. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 8 : 57

    Greetings

  • 20. Olga  |  Julie 15, 2009 om 9 : 02

    is daar nog gdigte weggesteek

  • 21. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 9 : 04

    Hoe gaan dit?

    Ja, ek dig en ek love dit

  • 22. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 9 : 14

    Olga

    Jip, daar is. Amper alles in daardie paragraaf, behalwe n paar aanvoer woorde, kom uit gedigte.

  • 23. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 9 : 16

    Speel julle weer ‘n game?

  • 24. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 9 : 19

    Eendag, as ek groot is gaan iemand ook my posts lees.

  • 25. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 9 : 21

    OKAY!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Jammer😦

  • 26. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 9 : 23

    😉 Moes al lankal daaraan gedink het. Plaas sit ek net elke dag n vraag op. Sal my baie tyd bespaar.

  • 27. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 9 : 26

    Ek het gelees…. ek lees net nie verder as die vraag nie want Olga wen altyd!

    PS. dankie v my vrae

  • 28. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 9 : 27

    Ek verstaan ook nie hoekom ek nie kan dig wanneer dit goed gaan nie. Ek kan net dig wanneer ek my polse wil afkou.

  • 29. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 9 : 29

    :mrgreen: Dink net, dan hoef jy niks te lees nie.

  • 30. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 9 : 30

    huh?

  • 31. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 9 : 34

    Ek is mal oor Wintersnag. Daar is n gedig van totius wat ek nie op die net kan kry nie. Praat van wroeg, Totius is seker die vader van wroeg.

    Die woorde is iets soos: Ag sy het nie gesterwe nie, Sy was somar maar net dood.

  • 32. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 9 : 36

    OMS… very unpoetic! Die arme man….

  • 33. Olga  |  Julie 15, 2009 om 9 : 36

    nou gaan ek n paar spoke bed toe neem. SOOS VAN VERLORE SIELE IN HULL NOOD al dwalend, klagend wat in graf en dood nee, demmit man, as jy j.f.e cillies moes aanhaal, hoekom nie EK HOU VAN N MAN WAT SY MAN KAN STAAN

    EK HOU VAN N ARM WAT N SLAG KAN SLAAN
    N OOG WAT NIE WYK NIE, WAT N BARS KAN KYK
    EN N WIL WAT SO VAS SO VAS SOOS N KLIPSTEEN STAAN.

  • 34. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 9 : 38

    Hy het issues gehad. Sies tog, die man het maar swaar gelewe.

  • 35. Olga  |  Julie 15, 2009 om 9 : 39

    stront nel. van wanneer af wen ek altyd?

  • 36. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 9 : 40

    Olga

    Jou google lieg. Dit is not a hell Celliers nie. Sing verder.

  • 37. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 9 : 41

    Jammer Olga ek kan nie help nie. Engels is my sterk punt

  • 38. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 9 : 42

    LOL dis hoe dit voel…🙂

    Ek sien Maxie speel ook nou baie!

  • 39. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 9 : 44

    Nell, as die gedigte wat ek gegee het ken ek van skool af.

  • 40. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 9 : 46

    Ek hoor aan-een, aan-een die golwe slaan . . .

  • 41. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 9 : 50

    Ek kan nie eers ontjou wat ek gister gedoen het nie… so die goed van skooldae is ‘n blur… **poef** onthou boggerol!

  • 42. Olga  |  Julie 15, 2009 om 9 : 50

    ag sy het nie gesterwe

    ag, sy het nie gesterwe,
    maar sy was sommer dood:
    geen siekte en lange lyding:
    geen uur van voorbereiding:
    geen dr met die tyding:
    net 1, 1 onweerskoot
    en sy was dood.

    hoe het ons arme seuntjie
    gekwyn tot in die dood:
    vooraf die lange lyding,
    daarna die wrede skeiding,
    en dan, dit was my hart te groot!
    en dan sy dood.

    maar bitterder as bitter
    die plotsheid van haar nood:
    n vonkvuur blits die tyding:
    n straalpyl bring die lyding:
    n skrikroep is die skeiding:
    en – sy het nie gesterwe,
    maar sy was sommer dood.

  • 43. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 9 : 53

    Die gedig van celliers wat ek wou gebruik het, was Dis al. Daar is natuurlik die immer gewilde die osse wat stap in hul skowwe, geduldig gedienstig gedwee.

  • 44. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 9 : 54

    WoW, thanks Olga. Dit is eintli baie diep…

  • 45. Olga  |  Julie 15, 2009 om 9 : 55

    sien hoe mal maak goole my. ag, ek sal die spook maar in die kombuis los.

  • 46. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 9 : 56

    verlore siele… is dit nie van skip skop nie?

  • 47. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 9 : 56

    Olga

    Jip daardie een. Kan iets sy ontnugtering, sy skok en pyn beter vasvang as daardie eerste strowe.

  • 48. Olga  |  Julie 15, 2009 om 9 : 58

    stuur die hele namibia my alweer dieselfde sms. geen wonder ek gryp die vkeerde foon nie.

  • 49. Olga  |  Julie 15, 2009 om 10 : 00

    dink jy so neeltjie? wie het dit geskryf?

  • 50. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 10 : 01

    Ek weet, ek weet!!!

  • 51. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 10 : 03

    En nee, dit is n skip skop nie.

  • 52. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 10 : 03

    Ek dink David Kramer Olga

  • 53. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 10 : 04

    Hier is julle laaste leidraad

    Kom nag, kom reen en wind, kom oseaan.

  • 54. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 10 : 07

    Wag… is dit nie ‘n Laurika Rauch song waar uit SOOS VAN VERLORE SIELE IN HULL NOOD al dwalend, klagend wat in graf en dood kom nie?

  • 55. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 10 : 08

    Jis post ek daai nog voor ek jou leidraad lees! Hoe cool is dit

  • 56. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 10 : 09

    Wat is die naam, Nell?

  • 57. Olga  |  Julie 15, 2009 om 10 : 09

    HAAR UITVAART
    P.J. PHILANDER
    al oor my dak het hul gemaal. . .
    die voèltjies het vir haar hom haal.

    half toegevoude vuisies klein
    het ylings na die die doodsgordyn

    gegryp en dan weer moeg verslap. . . .
    die sweet het langs haar slapies afgetap.

    haar ogies sien ek duidelik nog,
    hul het vir my gesmeek om tog

    te help . . . die pyn te stil, maar ek was magteloos teen sy wil,

    en halfweg na die hospitaal
    het, asemloos, die dood ons ingehaal.

  • 58. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 10 : 10

    Ek Het ‘n Huisie By Die See

  • 59. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 10 : 11

    Nell

    As jy prof du toit se diep gedig aan David Kramer toedig, dan het ek nou alles gehoor.

  • 60. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 10 : 12

    Bwahahah,…. Dit was ‘n wille raaiskoot. Ek dink nie regtig David het dit geskryf nie.

  • 61. Olga  |  Julie 15, 2009 om 10 : 13

    hoe leke lag ek nou vir myself.

  • 62. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 10 : 14

    En wie het dit geskryf?

    Olga,

    Ek het sommer nuwe respek vir Philander gekry. Dit is briljant!

  • 63. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 10 : 15

    Nell

    Ironies, as ek reg onthou het Kramer wel skipskop geskryf.

  • 64. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 10 : 18

    uuuhhmmm… Koos Kombuis?

  • 65. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 10 : 20

    Nee Vrek! Ek het net die eerste naam genoem wat by my opgekom het… Is jy nou ernstig?

  • 66. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 10 : 24

    Natuurlik is ek ernstig.

  • 67. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 10 : 25

    Behoud van ons kultuur vir ons nageslag.😛

  • 68. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 10 : 27

    Wel wil jy nou meer… Ek was reg…..

  • 69. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 10 : 33

    Ag, sy het nie gesterwe nie is deur Prof JD du Toit geskrywe. Aka Totius. Net nadat sy dogter deur weerlig dood geslaan is.

  • 70. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 10 : 35

    Baie van sy gedigte handel oor sy kinders se dood. Soos O, die pyn gedagte en die haak en steek bos

  • 71. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 10 : 41

    Dis bad… Hoe is hy dood?

  • 72. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 10 : 46

    Wie? Totius? Seker van oumenskwale. Ek is nie seker nie. Hy was ook natuurlik een van die main konyne met die vertaal van die Bybel.

  • 73. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 10 : 54

    Wonder of die outjie nie dalk sy polse afgekou het nie.

  • 74. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 10 : 55

    Twyfel sterk.

  • 75. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 11 : 00

    Google is nie Afrikaans vriendelik nie… Ek will Totius google, maar o wee

  • 76. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 11 : 05

    Nell

    Wat het jy dan op skool geleer?😀 Probeer af.wikipedia.com

  • 77. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 11 : 08

    Ek was min by die skool en die dae wat ek daar was het ek in die klas gesit en dagdroom

  • 78. Girl van die Suburbs  |  Julie 15, 2009 om 11 : 11

    Dankie v d geselskap

    Loskop gaan nou inkruip. Die wind maak my bang😉

  • 79. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 6 : 43

    Het ek al genoem dat ek nie n oggendmens is nie?

  • 80. Klip  |  Julie 16, 2009 om 7 : 42

    More almal

    Het ek al genoem dat ek nie mens is nie ?

  • 81. Klip  |  Julie 16, 2009 om 7 : 43

    Ek voel varksig vanoggend

  • 82. Olga  |  Julie 16, 2009 om 7 : 46

    more, more.

  • 83. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 8 : 11

    More almal

  • 84. Beeld  |  Julie 16, 2009 om 8 : 13

    Sarel van der Walt

    Regstellende aksie is ’n “hoop nonsens” en Suid-Afrika het ’n nuwe “sosiale kontrak” nodig vir al sy mense.

    Daarom moet daar opnuut gekyk word na die skikking wat destyds bereik is omdat “ons toe haaks was en nie in die gemoedstemming vir onderhandeling nie”, het mnr. Trevor Tutu, seun van emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en deesdae DA-lid, gister in Centurion op Solidariteit se internasionale konferensie oor regstellende aksie gesê.

    “In dié (nuwe sosiale) kontrak moet daar staan ek én jy gaan dieselfde geleenthede in die lewe hê, sowel as dieselfde geleenthede om vorentoe toe te gaan,” het hy gesê.

    Regstellende aksie het misluk omdat daar inherente teenstrydighede is wat dit onuitvoerbaar maak.

    Dit het daartoe gelei dat sommige mense die afgelope 15 jaar bevorder is om werk te doen wat bo hul vermoëns is. Tutu het ook gesê Suid-Afrika help om kolonialisme lewend te hou deur sy jong mense “uit te voer” om oorsee as “dokters, verpleegsters, ingenieurs en ouditeure” te gaan werk.

    Dit is omdat die land nie ’n nasie bou waar hul toekoms verseker is nie, het hy gesê.

    Prof. Terence Gomez van Maleisië het gesê regstellende aksie in daardie land het misluk omdat politieke partye weens die beleid steun begin verloor het, die wêreldwye ekonomiese krisis ook ’n nadelige invloed op dié land het en talle hoogs opgeleide Maleisiërs die land verlaat het.

    Die regsgeleerde prof. Marinus Wiechers het gesê regstellende aksie soos dit tans toegepas word en “transformasie” wat daarmee gepaard gaan, het op bykans alle terreine van staatsbestuur ’n verlammende en negatiewe invloed gehad.

    “Terselfdertyd het dit die vernaamste teelaarde van rassisme en rassistiese gevoelens geword,” het Wiechers gesê.

    “Suid-Afrika het ’n stelsel van regstellende aksie nodig om van grondvlak af – en nie van bo af nie – die huidige werklikhede van armoede en nood aan te spreek.

    “En allermins ’n stelsel wat in rassisme en haatgevoelens uit die verlede ontvang en gebore is.”

  • 85. Beeld  |  Julie 16, 2009 om 8 : 14

    Erika Gibson

    Minstens 168 mense is in ’n vliegongeluk in Iran dood nadat ’n Russiese vliegtuig soortgelyk aan dié waarmee oudpres. Samora Machel in Suid-Afrika verongeluk het, neergestort het.

    Die vliegtuig het gisteroggend sowat 16 minute ná opstyging vanaf Teheran, die Iranse hoofstad, geval nadat omstanders gesien het die stert is oënskynlik aan die brand.

    Luidens Sapa-AP het dit gelyk of die vliegtuig ’n noodlanding probeer maak het toe dit in ’n bol vlamme neergestort het. Die impak het ’n reuse-krater in die grond gemaak met die wrakstukke oor sowat 200 m2 versprei.

    Daar was 153 passasiers en 15 bemanningslede aan boord. Nie een het die ongeluk oorleef nie.

    Die Tupolev-134, wat in Rusland vervaardig is, het nie ’n baie goeie geskiedenis van vliegveiligheid nie. Luidens AirDisaster.com was dié model vliegtuig sedert 1971 al in 27 vliegongelukke, waarvan die mees onlangse een in 2006.

    Tóé het die vliegtuig met sy landing op Teheran se lughawe neergestort. Altesame 29 van die 148 mense aan boord het gesterf.

    TV-beeldmateriaal het gister gewys hoe die rampvliegtuig ’n diep krater oopgeploeg het voordat dit in stukke gebreek en aan die brand geraak het. Net ’n stuk van die een vlerk was herkenbaar.

    Die vliegtuig het aan Caspian Airlines behoort en was van Teheran na Yerevan in Armenië op pad toe dit sowat 46 km noordwes van die hoofstad neergestort het.

    Die meeste van die passasiers was Armene. ’n Paar was Georgiërs en Russe.

    Geen Suid-Afrikaners was sover bekend aan boord nie.

    Agt lede van die Iranse judo-jeugspan was ook aan boord en sou in Armenië vir ’n toernooi later volgende maand in Hongarye voorberei het.

    Die Iranse regering het in die verlede die Amerikaanse boikot teen dié land die skuld gegee vir die tekort aan vliegtuigonderdele vir sy passasiersvliegtuie.

    Die Tupolev is egter in Rusland gebou en die lugdiens ’n gesamentlike vennootskap tussen Iran en Rusland.

    Kenners het gister bespiegel dat die vliegtuig se sekondêre krageenheid dalk die brand in die stert kon veroorsaak het.

    Dié eenheid verskaf krag aan die vliegtuig terwyl dit op die grond is en word afgeskakel sodra die vliegtuig opstyg.

    Dit word aangedryf met stralerbrandstof en ’n kortsluiting kon die stert aan die brand laat raak het.

    Na berig word, het die lugvaartamptenare op die toneel gister bevestig dat die bemanning ’n tegniese probleem aangemeld het voordat die vliegtuig neergestort het.

    Die straler waarmee Machel op 19 Oktober 1986 by Jozini in KwaZulu-Natal verongeluk het, was ’n ouer model van dieselfde vliegtuig.

    Machel was op pad na Maputo in Mosambiek toe die vliegtuig weens ’n verskeidenheid oordeelsfoute deur die bemanning in ’n heuwel vasgevlieg het.

    Gister se ongeluk is die derde ramp waarin ’n passasierstraler die afgelope ses weke geval het. Op 1 Junie het ’n Airbus-A330 van Air France met 228 mense aan boord in die Atlantiese Oseaan geval.

    Op 30 Junie het ’n Airbus-A310 van Yemenia Airways by die Comore in die see geval met 153 mense aan boord. ’n Meisie het die ongeluk oorleef.

  • 86. Beeld  |  Julie 16, 2009 om 8 : 18

    Daniëlla du Plooy

    Die Vodacom-ingenieur wat glo saam met ’n makker miljoene rande gemaak het deur banktransaksie-SMS’e te onderskep, moes glo deur verskeie ingewikkelde stappe gaan om geld uit kliënte se rekeninge te onttrek.

    Vodacom het gister verduidelik hoe die verdagte, mnr. Mbokodana Christopher Khoza, dalk te werk gegaan het om bedrog van meer as R7 miljoen te pleeg.

    Lede van die polisie se handelsmisdaadeenheid het hom Donderdag by VodaWorld in Midrand gearresteer en die ander man Vrydag in ’n lokval vasgetrek.

    Volgens kapt. Hendrick Mokonyane van die polisie is SMS’e wat van banke na gebruikers gestuur is, geblokkeer en vertraag. Die Vodacom-werknemer het glo die SMS’e na sy eie selfoon herlei.

    Me. Dot Field, Vodacom-woordvoerder, het gesê vir die twee mans om bedrog te kon pleeg, moes talle dinge gebeur.

    Die vermeende bedrieërs kry eerstens bankkliënte se PIN-kodes en wagwoord deur ’n proses genaamd phishing.

    Dit is wanneer iemand hom/haar op die internet of deur selfoon-transaksies voordoen as ’n betroubare entiteit en só ’n gebruiker se private inligting en selfoonnommer bekom. Hulle skep byvoorbeeld vals webblaaie.

    Die bedrieërs maak dan bankrekeninge oop en kry ’n kitsbankkaart. Hulle werk saam met ’n Vodacom-werknemer om ’n tydelike tweeledige (dual) SIM-kaart te skep en teken dan in op die kliënt se rekening.

    ’n Eenmalige PIN-kode (one time PIN of OTP ) word na die bedrieër gestuur, wat geld na die ander rekeninge oorplaas.

    Field het gesê mense hoef nie paniekerig te raak nie en SMS-banktransaksies is steeds veilig.

    “Ons het bykomende veiligheidsmaatreëls ingestel om te verhinder dat dié soort bedrog weer plaasvind.”

    Die verdagtes het Maandag in die Johannesburgse handelshof verskyn. Hulle het nie gepleit nie en die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

    Hulle bly in aanhouding.

  • 87. Beeld  |  Julie 16, 2009 om 8 : 19

    Fanie van Rooyen

    “Ek is die wet. Jy gaan lekker slaap in die tronk.”

    So het ’n vermeende polisieman, glo ’n inspekteur van die Lyttelton-polisiekantoor, Maandagaand in Centurion aan mnr. Conrad Jacobs (23) van Rooihuiskraal gesê kort voordat hy Jacobs erg aangerand het.

    “Hy was stormdronk en het gesê ek het ’n onwettige U-draai op ’n snelweg gemaak,” het Jacobs gesê. “Ek het nie ’n U- draai gemaak nie en ons was op ’n gewone pad, nie ’n snelweg nie,” het Jacobs gesê.

    Behalwe vir ’n gebreekte neus, moes Jacobs steke aan sy onderlip kry en van sy werwelkussings is gekneus omdat die vermeende polisieman hom “soos ’n hond geskop het”.

    Jacobs was omstreeks 18:30 Maandag in Panoramaweg in Rooihuiskraal saam met ’n vriend op pad om by dié vriend se meisie se huis klere te gaan haal. “Ek het nie geweet waar sy bly nie en het toe verbygery,” het Jacobs vertel.

    “My vriend het gesê ek moet omdraai, toe ry ek by ’n erf in om om te kan draai.”

    Toe hy weer weggetrek het, het hy ’n wit Toyota Hilux-bakkie van voor af sien aankom met flitsende voorligte.

    “Ek het dit geïgnoreer, want ek het niks verkeerd gedoen nie, maar ’n ent verder het die bakkie van agter af vir my ligte geflits.”

    Jacobs het toe by die huis van sy vriend se meisie, waar nog van sy vriende gestaan het, van die pad afgetrek. ’n “Erg besope” man het uitgeklim en hom begin “rondpluk”.

    “Hy het sy polisie-identifikasie voor ons rondgeswaai en gesê ek het ’n onwettige U-draai gemaak. Hy het gesê ek moet saam met hom na die Wierdabrug-polisiekantoor toe ry en ek het toe maar in sy bakkie geklim.”

    Op pad het die vermeende polisieman herhaaldelik vir Jacobs gesê: “Ek is die wet” en: “Jy gaan lekker in die tronk slaap”. Dié man het toe van die pad af getrek.

    “Hy het my op die grond gegooi en my begin slaan.”

    ’n Vriend van Jacobs, ene Calvin, wat agter die bakkie aangery het, het Jacobs se storie beaam. Jacobs het ’n klag van aanranding by die Wierdabrug-polisiekantoor ingedien.

    Polisie van die Wierdabrug- en Lyttelton-polisiekantore kon teen gistermiddag nog nie die voorval bevestig, of bevestig of die man wel ’n inspekteur is nie.

  • 88. *Mathilda*  |  Julie 16, 2009 om 8 : 20

    More more

  • 89. Beeld  |  Julie 16, 2009 om 8 : 21

    Le Roux Schoeman

    Kaapstad. – Die Vatikaan moet nou besluit of ’n man van Limpopo die eerste Suid-Afrikaner van geboorte sal wees wat ’n heilige in die Rooms-Katolieke Kerk word.

    Die aanbeveling dat mnr. Benedict Daswa tot heilige verklaar word, is ná ’n ondersoek van vyf jaar gedoen.

    Daswa, wat onder meer teen die toedien van moetie gekant was, het in 1991 op 43-jarige ouderdom ’n grudood gesterf weens sy verwerping van heksery en tradisionele godsdienstige gebruike onder veral die Venda-mense, lui ’n berig op http://www.sacbc.org.za, die webwerf van die Suid-Afrikaanse Katolieke Raad van Biskoppe (SAKRB).

    Die bisdom van Tzaneen het vandeesmaand (ná die ondersoek) ’n dokument, ’n Bisdom-ondersoek na die lewe en dood van die dienaar van God, Benedict Daswa, afgehandel. “Die afskrif en openbare kopie is geseël en sal geneem word na die Kongregasie vir die Proses van Heiligverklaring in Rome (’n departement van die Vatikaan wat uit kardinale en deskundiges bestaan),” lui die berig.

    ’n Bondige biografie op die SAKRB-webblad oor dié man tot wie gewone Katolieke dalk weldra gebede sal kan rig, lui onder meer: “ ’n Paar dae nadat hy geweier het om geld te gee vir ’n heksejag, is hy gestenig en aangerand totdat hy dood is.”

    Kanonisasie, oftewel heiligverklaring, beteken dat die Rooms-Katolieke Kerk iemand weens sy/haar voorbeeldige lewe lys as wegwyser vir ander Christene.

    Biskop Hugh Slattery, die biskop van Tzaneen, was onder die kerkleiers wat die dokumente oor Daswa se lewe en dood onderteken het.

    Volgens vader Chris Townsend, ’n SAKRB-woordvoerder, is Francis Pfanner – ’n kloosterhoof wat oorspronklik van Oostenryk is – die enigste ander persoon in Suider-Afrika wat tans ondersoek word vir heldhaftige Christelike deug.

  • 90. Beeld  |  Julie 16, 2009 om 8 : 23

    Anesca Smith

    Londen. – Die dogter van ’n Walliese rugbyspeler is gister as Brittanje se nuwe hoë kommissaris in Suid-Afrika aangewys.

    Dr. Nicola Brewer het in ’n onderhoud gesê haar regering is bereid om sy onlangse riglyne – wat ’n visum van Suid-Afrikaners vereis as hulle Brittanje wil besoek – in 2011 te heroorweeg.

    Brewer is in haar eie land bekend as ’n vurige vegter vir menseregte en geslagsgelykheid. Sy sal einde Augustus in haar nuwe pos inval en het die vooruitsig om in Suid-Afrika te werk as ’n “droom” beskryf. Trevor Brewer, haar pa, het in die 1950’s rugby vir Wallis gespeel.

    Brewer vervang mnr. Paul Boateng, wat die afgelope vier jaar hoof van die Britse hoëkommissariaat was. Hy is reeds sedert einde Mei terug in Brittanje nadat die laaste maande van sy ampstermyn in omstredenheid gehul was – sy vrou is beskuldig dat sy personeel by hul ampswonings in Kaapstad en Pretoria geboelie het.

    Brewer was tot einde April nog bestuurshoof van Brittanje se Kommissie vir Gelykheid en Menseregte en het gister aangedui sy beoog om dié ervaring en die lesse wat sy daaruit geleer het op ’n opbouende wyse in Suid-Afrika toe te pas.

    “Dit is ’n baie opwindende land en ek kan nie glo 15 jaar het reeds verbygevlieg sedert die totstandkoming van demokrasie nie. Die wonderwerk daarvan bly my steeds by. Wat fassinerend is rondom die idee van ’n reënboognasie is die begrip dat hoewel ’n bevolking soos dié van Suid-Afrika uiteenlopend is, elkeen ’n bydrae kan lewer.”

    Sy glo Suid-Afrika gaan in die komende jare ’n belangriker rol speel om vrede en veiligheid in Afrika en sy onmiddellike streek tot stand te bring.

    “Brittanje sal bitter graag ’n vennootskap met Suid-Afrika wil sluit met dié doel voor oë en ook help waar ons kan met planne om ’n ontwikkelingsagentskap te stig wat hulp in Afrika verleen.”

    Brewer ondersteun die Britse regering se standpunt dat regstreekse hulpverlening in Afrika verhoog moet word. Die Britte het die leiding geneem onder G8-lande en was die enigste wat onderneem het om teen 2013 sowat 0,7% van sy nasionale inkomste aan buitelandse hulpverlening te bestee.

    Handel tussen Suid-Afrika en Brittanje word op sowat ?7 miljard (sowat R93,8 miljard) per jaar geraam.

    Behalwe om Brittanje se rol in die verkryging van vrede en veiligheid te verhoog beoog Brewer om haar onder meer toe te spits op kwessies rondom klimaatsverandering en beter samewerking tussen internasionale instellings.

    Oor die nuwe visumriglyne wat in Maart aangekondig is, het sy gesê die besluit was deel van ’n algehele en noodsaaklike hersiening van Brittanje se riglyne in alle lande, maar dat dit weer in 2011 oorweeg sal word.

    “Tot dusver is 97% van Suid-Afrikaners se visumaansoeke goedgekeur.”

    Brewer het as ’n beroepsdiplomaat al in Indië, Mexiko en Frankryk gewerk. Mnr. Geoff Gillham, haar man, is ook ’n Britse diplomaat en die egpaar het ’n tienerdogter en -seun.

  • 91. Beeld  |  Julie 16, 2009 om 8 : 25

    Cathy Dlodlo

    Bloemfontein. – ’n Jagter van dié stad spog daarmee dat hy drie blesbokke met net een skoot doodgeskiet het.

    Mnr. Robert Stott sê hy en sewe vriende het die naweek op die Vaalboschrand-wildplaas in die Hertzogville-gebied gaan jag. Hulle het heeloggend saam met mnr. Dawie Keyzer, plaaseienaar, blesbokke geskiet.

    “Ek was die laaste jagter in die geselskap wat geskiet het en ná verskeie probeerslae het die frustrasie begin ophoop.”

    Stott sê hulle kon net sowat 300 m van die trop blesbokke kom sonder dat hulle weghardloop en die bokke het die hele tyd rondgeskarrel en kort-kort op ’n drafstappie aanbeweeg.

    “Ná ongeveer die vyfde keer dat ons weer binne skietafstand van die trop gekom het, het ek ’n ram in die trop gewaar wat redelik stilgestaan het. Ek besluit toe dis nou of nooit.”

    Hy sê hy lê toe aan met ’n .308-geweer waaraan ’n Leopold 4.5-14-teleskoop geheg was, korrel en trek ’n skoot af.

    “Eers het ons gedink twee bokke het geval. Maar toe ons nader gaan, was daar drie dooie bokke.”

    Stott sê twee van die bokke het skietwonde deur die brein en die derde een is hoog in die nek net agter die oor getref. Volgens hom was die skietafstand 201 m.

    “Ek jag al vandat ek ongeveer 12 jaar oud is. Maar dié was ’n ongelooflike skoot. Ek het al met ’n hele paar mense gepraat en op die internet rondgesoek, maar kon niemand kry wat dít reggekry het nie. Drie bokke – een kolskoot in die kop!”

    Sean Stott (10) was saam met sy pa op die jagtog. Hy sê dit was ongelooflik om te sien.

    “Ek kan nie wag om my maats by die skool te vertel wanneer die vakansie verby is nie.”

    Nog ’n jagter in die geselskap, mnr. Warren Nel, sê hy het deur sy verkyker eers net twee bokke sien val. Toe hulle egter nader gaan, was daar drie. Nel en sy pa, ’n professionele jagter, jag baie, maar hy het nog nooit so iets gesien nie.

    “As iemand my dit vertel het, sou ek dit nie geglo het nie, maar ek was daar . .

  • 92. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 8 : 26

    En dit is die nuus.

    Ek het al vir Fr Chris ‘n paar keer met die hand gegroet.

  • 93. Olga  |  Julie 16, 2009 om 8 : 32

    i love it when a plan falls apart. het ek dit al gese? ek kan dit nhe genoeg se nie. alles gaan mos oor swart bevoordeling. hulle swartes bewys op alle vlakke presies hoe poetic justice gebeur. VODACOM, DIT WAS NET DIE BEGIN.

  • 94. Olga  |  Julie 16, 2009 om 8 : 52

    ek het verder nuus ook vir solidariteit en mnr trevor tutu. ek het vir n feit gehoor dié unie se verteenwoordigers sien n unielid in moeilikheid. lees deur die mense se verklaring, wat nie in haar handskrif is nie. nie in haar woorde is nie en so bewoord is om die persoon in so swak as moontlik n lig te stel. dan se solidariteit se verteenwoordiger “hoekom het jy dit geteken?” die mense teken net om van die interrogaters af weg te kom, verdomp. julle hare sal regop staan as julle moet hoor waarmee die wit interrogaters die arme mense en veral vroue dreig. ewentwel, dan stop die unie verteenwoordiger die mens n kaartjie in die hand en sè “met so n verklaring beter jy maar gaan bedank. daar is my vrou se kaartjie. sy het n personeelwerwing agentskap. stuur haar jou cv. sy kan dalk vir jou ander werk kry.” great ne. ek dink die personeel werwing agentskappe dryf ook handel in mense. hoekom is die handel wettig, maar n pimp vir n prossie pleeg misdaad as hy uit mense geld maak?

  • 95. Sebastiaan  |  Julie 16, 2009 om 9 : 10

    Ek moet nogal toegee dit is poeeties as die bbee mense aanjaag. En daar is amper elke dag in die koerante so n saak in. Dan se ek ook kry vir julle. Julle wil mos. As mens mos n ouer foon by vodakom ingee vir regmaak dan se die indieer agter die toonbank mos vir jou die foon is te oud en te duur om reg te maak. Vat dit vir die indieer op die hoek. Eers nadat die vent die foon met cheep spares reggemaak het dan onthou n mens mos die ou foon wat te duur is om reg te maak is nog op waarborg. Hoekom kon die indieer by vodakom dit nie regmaak nie. Dan is jou foon klar met goedkoop kak uit india opgevok.

  • 96. Nats  |  Julie 16, 2009 om 9 : 11

    Goeie more julle!!

    Lekker koud vanoggend! Wind is koud!

    Ek hou van een gedig – en net as my oupa dit op sê!
    Die Ruiter van Skimmelperd Pan!

  • 97. Freek  |  Julie 16, 2009 om 9 : 45

    Die selfde het my oor gekom met die genoemde unie in witbank. Ek s^e nog altyd ek is onskuldig. Maar is daar genade? Het ek geweet dat ek ccma toe kon gaan. Maar na `n seker `n tyd kan jy nie cma toe nie. Hulle het gese 21 dae dink ek.

  • 98. *Mathilda*  |  Julie 16, 2009 om 10 : 32

    Bietjie Sielkunde ….

    ‘n Man gaan kuier saam met sy pelle. Sy vrou is woedend en sê vir die kinders om nie vir hulle pa oop te maak as hy vanaand later huistoe kom nie. So 1 uur die oggend klop hy aan die deur en vra dat sy vrou moet oopmaak, hy wil inkom.

    Vrou: “Voetsek tot waar jy vandaan kom en loop vrek daar! Jy sit nie jou pote in hierdie huis nie!!!”
    Man: “Nee my liefie, ek’s nie hier om te slaap nie, ek soek net daai R200 in my kas om nog verder te gaan kuier, dis ‘n moerse lekker party”.

    Die vrou maak die deur oop en gryp hom aan sy hemp, “Jou GAT!!!!! Jy kom NOU in hierdie huis in en klim in die bed!!!

  • 99. *Mathilda*  |  Julie 16, 2009 om 10 : 32

    Hallo Freek

    Hier is jy darem welkom – kuier gerus saam

  • 100. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 10 : 39

    Ek is terug

    Ek dink ‘n mens moet ‘n basiese regs vak op skool loop. Die wet wat almal behoort te ken.

  • 101. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 10 : 40

    Moet ek julle die gedigte gee waaruit ek my morsery gekry het?

    Daar is terloops nog 3 soek.

  • 102. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 11 : 09

    Ek neem aan dit is ‘n ja.

  • 103. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 11 : 10

    Ek begin met die’s wat gekry is al reeds.

  • 104. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 11 : 11

    HA FAGAN

    Ek het ‘n huisie by die see

    Ek het ‘n huisie by die see. Dis nag.
    Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan
    teenaan die rots waarop my huisie staan
    met al die oseaan se woeste krag.

    Ek hoor die winde huil – ‘n kreun, ‘n klag,
    soos van verlore siele in hul nood
    al dwalend, klagend, wat in grag en dood
    geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.

    My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
    Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite
    ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
    hierbinne is dit veilig, warm en dig.

    Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan –
    dit is ‘n rots waarop my huisie staan.

  • 105. *Mathilda*  |  Julie 16, 2009 om 11 : 12

    Ek het nog nie tyd gehad om te gaan lees nie

  • 106. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 11 : 13

    DF Malherbe (1881-1969)

    Slaap

    Wat is die slaap ‘n wondersoete ding!
    Sag op haar bloue oë daal die vaak
    soos maneskyn diep waterkuile raak
    om daar te droom in silwer skemering.

    Vir laas beef oor haar lippe ‘n fluistering:
    “Nag, Pappie.” Ek merk hoe langsaam hy genaak,
    wat drome soet tot werklikhede maak :
    in vaderarms rus my lieweling.
    Sluit so my oë, God, wanneer vir my
    u Engel wenk ter laaste, lange rus
    en ek van wilde woeling hier moet skei;
    dat my dan stille drome huis toe sus
    en sterke Hand deur duisternisse lei.
    Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.

  • 107. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 11 : 15

    Skoppensboer – Eugene N Marais

    I
    ‘n Druppel gal is in die soetste wyn;
    ‘n traan is op elk’ vrolik’ snaar,
    in elke lag ‘n sug van pyn,
    in elke roos ‘n dowwe blaar.

    Die een wat deur die nag
    ons pret beloer
    en laaste lag
    is Skoppensboer.

    II
    Gewis en seker is die woord:
    die skatte wat ons opvergaar,
    ondanks die sterkste slot en koord
    word net vir mot en roes bewaar.

    Net pagters ons
    van stof en dons

    om oor te voer
    aan Skoppensboer.

    III
    Die heerlikheid van vlees en bloed;
    die hare wat die sonlig vang
    en weergee in ‘n goue gloed:
    die dagbreek op elk’ sagte wang
    en oge vol van sterreprag
    is weerloos teen sy groter mag.
    Alreeds begint die rimpel sny;
    oor alles hou die wurm wag
    en stof en as is al wat bly:

    Want swart en droef,
    die hoogste troef
    oor al wat roer,
    is Skoppensboer.

    IV
    L’Envoi
    Gewis is alles net ‘n grap!
    Ons speel in die komedie mee
    geblinddoek met ‘n lamfer-lap
    wat selfs die son ‘n skadu gee.
    Wat treur ons tog?
    Viool en fluit maak nog geluid:
    en lank die nag wat voorlê nog.
    Al kan ons nooit volmaaktheid raak,
    nog blink die oog en gloei die huid
    wat heel die winter blomtyd maak.

    Dus onverlee
    lag ons maar mee
    met elke toer
    van Skoppensboer!

  • 108. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 11 : 16

    Elisabeth Eybers

    Busrit in die Aand

    Elk langs sy yl weerkaatsing in die ruit,
    sit hulle suf, met monde moeg gesluit,
    die werkers van die stad wat huis toe gaan .

    Skaduwee-skimme gly verby…Dis laat,
    en lang ligvaandels wapper oor die straat
    soos oor ‘n dam die blinkpad na die maan.

    Ons ploeg deur stormsee met ons kaperskuit:
    die stuurman voor, die passasiers die buit
    wat ons as slawe huis toe bring vanaand…

    Die vaartuig waggel afdraand, om die draai
    met skril gekners en skommelende swaai,
    en hyg en skok en snork en swoeg opdraand,

    terwyl ons, soos twee kinders opgetoë,
    mekaar toelag met glinsterende oë…
    Asof hul jammerlik hul lot kan raai,

    sit hulle suf, met monde moeg gesluit,
    elk langs sy yl weerkaatsing in die ruit,
    die werkers van die stad wat huis toe gaan.

  • 109. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 11 : 28

    Ek sal later die res op sit.

  • 110. Klip  |  Julie 16, 2009 om 12 : 20

    n Jong girl gaan op haar eerste date.Haar ouma tune haar: “Sit hier laat ek jou vertel van jong seuns.

    Die mannetjie gaan most likely traai om jou te soen, en jy gaan ditlaaik,maar moenie dat hy dit doen nie.” “Hy gaan traai om aan jou tieties te vat,en jy gaan dit laaik,maar moeniedat hy dit doen nie.”
    “En dan die belangrikste.Hy gaan traai om op jou te klim en sy way met jou te hê.
    Jy sal dit laaik maar moenie dat hy dit doen nie. Dit sal skande op diefamilie bring.

    “So gesê, so gedaan en die girl is weg op haar date.Die volgende oggend wil die orige ouma natuurlik weet hoe het dit gegaan.
    “Ek het nie skande oor die familie gebring nie Oumie,” reken die girl.

    “Toe hy sy luck traai,klim ek sommer op hom en bring skande oor SYfamilie.”

  • 111. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 12 : 25

    Whahahahahahaha

  • 112. Olga  |  Julie 16, 2009 om 12 : 28

    wha ha ha ha ha klip, dit is n goeie ene. ek hou niks van skoppensboer nie.

  • 113. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 12 : 30

    Niemand hou van die skoppensboer nie.

  • 114. Olga  |  Julie 16, 2009 om 12 : 32

    Ek moet tog onthou om 1dag my klein dogter te waarsku sy mag øk nie skande oor die mannetjie se fam bring nie.

  • 115. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 12 : 35

    Olga

    Hie Hie Hie

    Ek kan daardie een nogal sien.

  • 116. Olga  |  Julie 16, 2009 om 12 : 55

    sy is tog so n klein drama queen.

  • 117. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 1 : 01

    Ek sal graag die ouma se reaksie wou sien.

  • 118. Olga  |  Julie 16, 2009 om 1 : 04

    and harry blarry potter does it again. net gster aand het die 6 de fliek meer as r180 milloen ingebring.

  • 119. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 1 : 11

    Ek wonder wat gaan nr 7 doen

  • 120. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 1 : 22

    Die wat niemand kan sien nie.

  • 121. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 1 : 27

    Antjie Krog

    Ma

    Ma, ek skryf vir jou ‘n gedig
    sonder fênsie leesekens
    sonder woorde wat rym
    sonder bywoorde
    net sommer
    ‘n kaalvoet gedig –

    want jy maak my groot
    in jou krom klein handjies
    jy beitel my met jou swart oë
    en spits woorde
    jy draai jou leiklipkop
    jy lag en breek my tente op
    maar jy offer my elke aand
    vir jou Here God.
    jou moesie-oor is my enigste telefoon
    jou huis my enigste bybel
    jou naam my breekwater teen die lewe

    ek is so jammer ma
    dat ek nie is
    wat ek graag vir jou wil wees nie.

  • 122. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 1 : 28

    Amakeia (AG Visser)

    In die skadu van die berge,
    bos-beskut aan alle kant,
    staan alleen die hartbeeshuisie
    op die grens van Kafferland.

    Saggies neurie Amakeia
    op die wal van Kei-rivier,
    tot hy slaap, die tere wiggie
    van die blanke pionier:

    “Stil maar, stil maar, stil Babani;
    kyk hoe blink die awendster.
    Niemand sal vir kindjie slaan nie –
    stil maar, al is Mammie ver.”

    Amakeia had belowe
    toe haar nonna sterwend was,
    om die hulpelose kindjie
    tot hy groot was, op te pas.

    Liefd’ryk sorg sy vir die wit kind,
    tot vir hom die lewenslig
    straal uit aia Amakeia’s
    vrind’lik-troue swart gesig.

    Onheilspellend sien sy tekens,
    oorlog kom daar in die land:
    Snel die inval, huis en hawe
    uitgemoor en afgebrand.

    Selfvergetend, doodveragtend,
    met die wit kind op haar rug,
    na die Amatola-berge
    het sy ylings heen gevlug.

    “Stil maar, stil maar, pikanienie;
    oor die bergtop rys die maan.
    Niemand sal vir ons hier sien nie;
    môre sal ons huis toe gaan.”

    Ag, dat oë van verspieders
    ook haar skuilplaas moes ontdek!
    “Spaar hom, hy’s so klein nog,” smeek sy
    met die hande uitgestrek.

    Woedend tier die wilde bende:
    “Sterf of gee die wit kind hier!”
    “Oor my lewelose liggaam …”
    antwoord Amakeia fier.

    “My belofte aan my nonna –
    beste wat daar ooit nog was –
    waar hy gaan, moet Amakeia
    saamgaan om hom op te pas.”

    “Is jul lewend nie te skei nie,
    bly dan in die dood vereen –
    kort proses met haar, Maxosas,
    laat die blink asgaaie reën!”

    In die Amatola-klowe
    sing nog net die winterwind
    deur die riete in die maanskyn:
    “Tula – Tula – stil, my kind!”

  • 123. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 1 : 31

    Ingrid Jonker

    Bitterbessie dagbreek

    Bitterbessie dagbreek
    bitterbessie son
    ‘n spieel het gebreek
    tussen my en hom

    Soek ek na die grootpad
    om daarlangs te draf
    oral draai die paadjies
    van sy woorde af

    Dennebos herinnering
    dennebos vergeet
    het ek ook verdwaal
    trap ek in my leed

    Pappegaai- bont eggo
    kierang kierang my
    totdat ek bedroe
    weer die koggel kry

    Eggo is geen antwoord
    antwoord hy alom
    bitterbessie dagbreek
    bitterbessie son

  • 124. *Mathilda*  |  Julie 16, 2009 om 1 : 49

    Nou klink vir my na ‘n goeie tyd om huistoe te gaan

  • 125. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 2 : 05

    Ek dog jy is al die heeldag by die huis.

  • 126. *Mathilda*  |  Julie 16, 2009 om 2 : 16

    Nou wat gee jou so idee

  • 127. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 2 : 22

    Jou vinger is nog die heeldag op jou mond.

  • 128. *Mathilda*  |  Julie 16, 2009 om 2 : 51

    Nee wat, ek was biki besig en verder het ek nie veel gehad om te sê nie

  • 129. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 2 : 53

    Dit het jou nog nooit van tevore gekeer nie.

  • 130. *Mathilda*  |  Julie 16, 2009 om 2 : 59

    Tevore het niemand alles wat ek sê iets oor te sê gehad nie

  • 131. Adrie  |  Julie 16, 2009 om 3 : 01

    Wel

    Ek is nie ‘n skeidsregter nie.

  • 132. *Mathilda*  |  Julie 16, 2009 om 3 : 02

    Ek sal jou ook nie in daai situasie plaas nie

  • 133. *Mathilda*  |  Julie 16, 2009 om 3 : 07

    Mense wat inchip wanneer daar nie eers met hulle gepraat is nie – irriteer die kak uit my uit !

  • 134. *Mathilda*  |  Julie 16, 2009 om 3 : 15

    Wat is jou pva vir die naweek

  • 135. Nats  |  Julie 16, 2009 om 3 : 59

    I are back!!!

    Whats up peoples??

  • 136. mykopop  |  Julie 16, 2009 om 8 : 51

    Ek het digkuns een van my stokperdjies gemaak, ek het onlangs ‘n opname gemaak en gesien hier is so 50+ bundels, meestal oues, wat ek nog moet lees, en ek gaan. Ek self dig maar min.

    Maar wat, dis glad nie so ‘n ernstige storie nie, ja, daar is die, soos bv. Johan Myburg se bundel Kamermusiek, waaroor ek onlangs geskryf het, waar dit amper wil lyk die ou gebruik aspris so baie woorde wat vir mens onbekend is, maar aan die ander kant het ek my algemene kennis soveel verbreed deur daardie woorde in die woordeboek en op Google op te soek.

    Vir my is daar baie pret in gedigte, hier is vir jou so ‘n vrolike enetjie:

    Voortplantingsnag (amper) 1652
    Peet Neethling (Die Hemel het ‘n Agterdeur)

    Buite tjank ‘n brak, Maria
    Hoor hoe kraak die dak, Maria
    Buite loei die wind, Maria
    Hoor hoe huil die kind, Maria

    Jan, my man, ek hoor die brak
    Jan, my man, ek hoor die dak
    Jan, my man, ek hoor die wind
    Maar Jan, my man, daar is g’n kind

    Dis juis die punt, Maria
    Ons is mos gebind, Maria
    om ‘n volk te plant, Maria
    In dié Suiderland, Maria

    Glip dus uit jou kabaai, Maraai
    Dat ons..

    Jan, my man, my kop is seer

    Verdomp! Al weer?

  • 137. Nikita  |  Julie 16, 2009 om 10 : 39

    Hallo! Kop het my heerheen gestuur! Eerste keer dat ek hier uitval. Ek het ba-ie gedigte wat my favourites is, maar te veel om hier te kom neerplak…hier is twee vir jou!

    Ek dink digters is belangrik om verskeie redes. Eerstens is dit ‘n manier hoe mense van hul gevoelens (soms opgekropte gevoelens) ontslae kan raak, byna soos terapie. Jy hoef nie ‘n digter te wees om ‘n “gedig” te kan skryf nie, daar is soveel gedigvorme wat dit vir enige janrap en sy maat maklik maak om met woorde te speel en dan’s jy nie noodwendig ‘n digter nie. Ek sien ook nie digters as verhewe/spesiale mense nie. Ek dink baie mense – wat hulself in min of meer dieselfde situasie bevind – vind aanklank tot ‘n sekere digter of sy manier van skryf. Gedigte wat vir een ou besonders is, is nie noodwendig omdieselfde rede vir my besonders nie, dalk glad nie besonders nie.
    Ek sien ook gedigte as belangrik in ‘n volk se geskiedenis. Menige digter – in die verlede – se gedigte het ons al gehelp om die omstandighede te verstaan of die besef van die gebeure wat plaasgevind het, goeie voorbeeld is juis hierdie een van Totius.(Geskiedenis van die verlede word uitgebeeld). Ek het sy gedig van sy dogtertjie wat deur weerlig doodgeslaan is op my blog vertaal en ‘n besoeker aan my blog het juis so ‘n gedig gesoek vir sy vrou – wat deur iets soortgelyks gegaan het – om haar te troos en vir my ‘n boodskap gelos. Liedjies is ook maar gedigte – dit word net gesing en verskeie boodskappe word daardeur uitgedra…lief/leed…dis maar waaroor die lewe meestal gaan. Ek geniet hierdie gedig van Boerneef baie, dis net “anders” /kort en dit sê tog so baie. Dan hierdie Engelse een…this is just to say… ek hou daarvan!
    Ek kan nie my lewe sonder gedigte voorstel nie. Ek moet net ‘n paar gedigte per week lees…al is dit Engels ook, dit voel asof ek ‘n vitamien-tekort het as ek dit nie doen nie🙂
    ————————————-
    Vergewe en vergeet

    Daar het ‘n doringboompie
    vlak by die pad gestaan,
    waar lange ossespanne
    met sware vragte gaan.

    En eendag kom daarlanges
    ‘n ossewa verby,
    wat met sy sware wiele
    dwars-oor die boompie ry.

    “Jy het mos, doringstruikie,
    my ander dag gekrap;
    en daarom het my wiele
    jou kroontjie platgetrap.”

    Die ossewa verdwyn weer
    agter ‘n heuweltop,
    en langsaam buig die boompie
    sy stammetjie weer op.

    Sy skoonheid was geskonde;
    sy bassies was geskeur;
    op een plek was die stammetjie
    so amper middeldeur.

    Maar tog het daardie boompie
    weer stadig reggekom,
    want oor sy wonde druppel
    die salf van eie gom.

    Ook het die loop van jare
    die wonde weggewis –
    net een plek byl ‘n teken
    wat onuitwisbaar is.
    Die wonde word gesond weer
    as jare kom en gaan,
    maar daardie merk word groter
    en groei maar aldeur aan.
    Totius

    ++++++++
    Die berggans het ’n veer laat val
    van die hoogste krans by Woeperdal
    my hart staan tuit al meer en meer
    ek stuur vir jou die berggansveer
    mits dese wil ek vir jou sê
    hoe diep my liefde vir jou lê
    –Boerneef

    =================
    This is just to say…

    I have eaten
    the plums
    that were in
    the icebox

    and which
    you were probably
    saving
    for breakfast.

    Forgive me
    they were delicious
    so sweet
    and so cold.

    – William Carlos Williams

    ====
    Antwoord op die gedig:
    ==========

    Reply

    (crumped on her desk)

    Dear Bill: I’ve made a
    couple of sandwiches for you.
    In the ice-box you’ll find
    blue-berries–a cup of grapefruit
    a glass of cold coffee.

    On the stove is the tea-pot
    with enough tea leaves
    for you to make tea if you
    prefer–Just light the gas–
    boil the water and put it in the tea

    Plenty of bread in the bread-box
    and butter and eggs–
    I didn’t know just what to
    make for you. Several people
    called up about office hours–

    See you later. Love. Floss.

    Please switch off the telephone

  • 138. Adrie  |  Julie 17, 2009 om 9 : 38

    Mykop

    Ek het lekker geskater vir jou gedig.

    Ek besef wel die waarde van digkuns in ‘n kultuur. Ek staan skuldig dat ek te dikwels veralgemeen. ‘n Mens kry baie gedigte wat draak steek. Ek dink egter mense skryf meer as hulle af is, ek moet nog die persoon ontmoet wat broei daaroor dat hy gelukkig is.

  • 139. Adrie  |  Julie 17, 2009 om 9 : 47

    Welkom Nikita

    Ek hou ook van daardie gedig van Boerneef wat jy aangehaal het. Die enigste een van hom wat ek ken. Daardie gedig van Totius, sy was sommer net dood, is ‘n besonderse gedig. Morbied soos wat dit is.

    Dit is die een manier om my ‘n gedig in te gee, deur ‘n lied. Amper soos ‘n spoonful of sugar. 😉 Ek is nie regtig antagonisties teenoor digkuns nie. Ek het net nie ‘n besonderse liefde daarvoor nie.

    Veral as ‘n digter begin derms uitryg sommer net om ‘n gedig op papier te kry.

  • 140. mykopop  |  Julie 18, 2009 om 9 : 30

    Dis waar wat jy sê Adrie, maar ek dink die ware digter is die een wat dig oor alles wat hy of sy beleef. Maar dis goed dat jy dit sê, ek hoop ons huidige digters hoor jou. Dis seker maar ‘n lewensingesteldheid, Peet Neethling was toevallig op sy sterfbed toe hy sy enigste digbundel Die Hemel het ‘n Agterdeur geskryf het, en die meeste gedigte daarin is in daardie trant. ‘n Ander digter wat die tipe van gediggies (party baie stouterig) geskryf het, is Boerneef se broerskind, Carl Boplaas (van der Merwe). So ek dink darem iewers in die diglandskap is ‘n prentjie vir elke oog.

  • 141. Annora Eksteen  |  Julie 18, 2009 om 10 : 41

    ..beauty is in the eye of the beholder..

    Dear me, Annora Eksteen

    that walk of you
    lightfoot like a deer
    long legs
    huge paws
    big boned
    strong front legs
    it came back to me
    a forgotten chanting
    an old feeling
    of wanting…
    to start dancing
    but oh dear no…
    forget all the smiles
    I’ll get my distance
    as always
    today
    go home
    pray
    sing
    dance
    and smile
    my dearest
    deer
    *
    .

  • 142. Nikita  |  Julie 18, 2009 om 10 : 50

    Adrie, ek dink as jy as ‘n klein/jong kind die regte mense op jou pad gehad het om gedigte/digkuns vir jou “lekker” te maak, sou jy meer daarvan gehou het. My onnies het nie tot my liefde daartoe bygedra nie, meestal my ma en dan myself wat ook daardie “inherente” liefde gehad/het. Ek sê baie keer vir kinders dieselfde wat lees haat. Ek was in SA ook op ‘n stadium voltyds die biblioteek-juffrou – in my beginjare van skoolhou – en ek het baie kinders wat gesê het hulle haat lees, met die regte boek gekry om lief te raak vir lees. Onderwysers speel ‘n baie groot rol as dit kom by daardie tipe van dinge – meer/groter as ouers – en so min onnies besef dit regtig of doen regtig van hul kant af om daardie liefde te kweek/ontwikkel. Ek het baie gefrustreerd geraak as bib-onnie as ek gesien het watter geleenthede onnies gehad het – by die besoek van die Mediasentrum eerstens – om boeke aan kinders bekend te stel en die manier ens. en dit sluit gedigte in. Sommige onnies weet hoe en ander nie/of wil nie omdat hulle nie gemotiveerd vir hul vak is nie. Nie dat ek die ekspert/perfeksionis is nie, maar omdat ek liefde vir lees/boeke ens het, kon ek dit doen en wou ek dit ook doen. Jy kort net daardie “iets” om jou “daar” te kry, ek dink ek en Kop moet jou begin bearbei. hahaha…
    ======nog ‘n baie groot gunsteling van my…tesame met Bitterbessie Dagbreek.
    ————

    Dis al

    Dis die blond,
    dis die blou:
    dis die veld,
    dis die lug;
    en ‘n voël draai bowe in eensame vlug –
    dis al
    Dis n balling gekom
    oor die oseaan,
    dis n graf in die gras,
    dis n vallende traan –
    dis al

  • 143. Adrie  |  Julie 18, 2009 om 5 : 45

    Nikita

    Ek dink jy het dalk ‘n punt beet. My ma se siening van gedigte is dieselfde as myne. Die taal onderwysers was beslis ook nie passievol oor hulle vak gewees nie. Ek is van kleins af aangemoedig om te lees, wat waarskynlik die rede is hoekom ek vandag steeds lief is vir lees. Ek was 8 jaar oud toe Fiela die eerste keer in my hande gedruk is.

    Ek moet dalk noem dat Wiskunde en Wetenskap my eerste liefde is.

  • 144. Adrie  |  Julie 18, 2009 om 5 : 47

    😉 Dis Al, van Jan F.E Celliers was die eerste gedig wat ons in st 6 gedoen het.

  • 145. mykopop  |  Julie 19, 2009 om 9 : 04

    Wiskunde en Wetenskap? Dan moet jy die eerste gedig in Loftus Marias se bundel lees:

    Elementêre Fisika

    my broer skryf nie gedigte nie
    hy is ‘n fisikus
    sy skryfblok is vol somme wat hiërogliewe
    en abstrakte miro-krabbels vir my is
    daar’s een wat onserkerheid presies bepaal:

    delta p delta x >= h / 2

    en schödinger het volgens hom ‘n gemmerkat
    ongesteweld en noodlottig in algebra vertaal

    ens….

  • 146. Nikita  |  Julie 20, 2009 om 3 : 00

    Hier’s vir jou – ongelukkig Engels – ‘n Wiskunde een ..🙂

    Not living up to my name

    I have a terrible reaction
    to decimals and fractions

    The hypotenuse
    leaves me even more obtuse

    The isosceles
    brings on my allergies

    The quadratic equation
    gives me a quaking sensation

    I worry a great deal
    about my brain cells

    So any questions about Maths
    I’d rather pass

    Why on earth did my parents
    name me Pythagoras?

    –ongelukkig het ek nie die digter se naam nie!

  • 147. Nikita  |  Julie 20, 2009 om 3 : 04

    Ernst van Heerden (1916-1997)

    Mediese ondersoek

    Trek uit die maskerade-pak
    en gooi dit op die vloer!:
    ’n uniform sal knapper pas
    en die nooiens vir my loer.

    “Dokter, jou eter-hand is koud soos ys,
    jou stetoskoop is koud,
    en jy tik al oor my ribbekas
    en jy tok ook langs my boud.”

    Sy hand skryn bitter deur my vel
    en skroei so ver hy voel,
    hy teken kruisies soos hy tik:
    teikens vir die koeël.
    — Jammer dat ek jou “spam”, ek het vergeet dat ek hierdie “wetenskap”-ene ook wou plaas, die een het my laat smile!

  • 148. Adrie  |  Julie 20, 2009 om 6 : 52

    Ek sien ek gaan die een nie wen nie. :mrgreen:

    Nikita, jou Engelse gedig laat my aan een van Krog dink van wat ‘n mors skool (wiskunde) eintlik is. Ek weet die toneel is op ‘n windpomp waar sy oor skoolwerk dink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: