Liegstories

Julie 13, 2009 at 6 : 40 107 Kommentaar

As ons vandag blatant eerlik wil wees, moet ons erken dat daar elke dag vir ons gelieg word.  Vandag wil ek fokus op die leuns wat ons elke dag moet sluk terwyl ons besigheid doen.  Ek bedoel nou nie noodwendig terwyl ons werk nie.  Sommer die gewone goed wat ons as verbruikers teëkom.

Eerstens moet ek erken dat daar leuens is wat noodsaaklik is.  Soos dat jou bloed vir toetse weggeraak nie.  Die kanse is so te sê nul dat dit kan gebeur.  Wat waarskynlik gebeur het is dat die toets ‘n uitslag getoon het waarmee die dokter nie gemaklik is nie.  Daar is ‘n moontlikheid dat dit ‘n vals positief is.  Die toets wys dat jy een of ander verskriklike siekte het, maar dit wys dit verkeerdelik.  In plaas om jou saam met die dokter te laat stress, vat die arme ontvangsdame die skuld om nog bloed te kry net om seker te maak.  Voordat jy bv met HIV gediagnoseer word, word die uitslag twee keer bevestig.  Dit is ‘n frustrasie, maar eerder dit as om verniet jou testament in orde te kry.

Die eerste een is seker dat ‘n maatskappy vir hulle kliente omgee.  Ha ha – hulle gee ten minste 90% net vir hulleself om.  Hulle is daar om geld te maak, op een manier of op ‘n ander.  As jy glo hulle gee om en hulle boonop nog vertrou, is dit net nog makliker om geld uit jou te kry.

Hulle sal nooit hulle eie kele afsny om vir jou die beste moontlike aanbod te maak nie.  Dit beteken eintlik net dat hulle nie kan glo hoe ver jy hulle afgestry het nie.  Hardbiddende dat jy hulle woord sal aanvaar, want netnou kry jy bloed uit ‘n klip getap.  Selfs dan sal hulle nog ‘n wins toon. 

Jou oproep of klagte is nie belangrik nie.  Hulle sou baie bly gewees het as jy nie getraak het nie.  Jy sal dit besef as jy kan hoor wat hulle sê wanneer jy buite hoor afstand is.

Ons beleid / stelsel laat ons nie toe om x te doen nie.  Wat hulle eintlik sê is dat jy nie ‘n groot genoeg lawaai maak om die moeite regverdig nie.  Dit klink ook beter as om te erken dat hulle ‘n veer voel.  Die waarheid is dat hulle weier om jou te gemoed te kom.

Die grootste lieg van alles is seker dat “Ons sal u bel.”  Ha Ha.  Hulle bel nooit nie.

Dit is my top 5 leuens.  Kan jy daarop uitbrei?  Is dit ‘n akkurate lys?

Blogvraag:  Wat beteken die woord Pinocchio?

Blogantwoord:  Ena Murray het haar opleiding in Bloemfontein gedoen.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die verandering van tye Banksake

107 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 6 : 43

    Pine nut

  • 2. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 6 : 44

    O ja, eerste

  • 3. Olga  |  Julie 13, 2009 om 6 : 44

    eerste. pine nut

  • 4. Olga  |  Julie 13, 2009 om 6 : 45

    toe nie.

  • 5. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 6 : 46

    Hallo olga

  • 6. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 6 : 46

    Die vraag was hopeloos te maklik.

  • 7. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 6 : 50

    Nie iets wat ek geweet het nie

  • 8. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 6 : 52

    Ag ok – moenie met my praat nie

  • 9. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 6 : 52

    😉

    Tilla, het die blou fee jou die antwoord gegee?

  • 10. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 6 : 53

    Nee my vriend

  • 11. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 6 : 54

    GROSSS

    Ek het gou vinnig na my epos gekyk. Iemand het my foto’s gestuur van hoe word iemand geslag. Siek.

  • 12. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 6 : 55

    Jy het vriende? 😯:mrgreen:

  • 13. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 6 : 56

    Eish – stuur vir my ook – wil vir paar van my vyande wys wat hul voorland is

  • 14. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 6 : 58

    Gedelete. Dadelik.

  • 15. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 6 : 58

    Jip – regte vriende wat nie bevooroordeeld is nie en ook nie fyngevoelig of kinderagtig is nie

  • 16. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 7 : 02

    Hmmm

    Laat ek kyk . . .

    Kinderagtig – check
    Bevooroordeeld – check.
    Fyngevoelig – nie juis nie.

  • 17. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 7 : 03

    Ek gesels weer later.

  • 18. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 7 : 04

    Baai kloon

  • 19. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 7 : 06

    Dan gaan ek ook maar

  • 20. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 7 : 12

    Heel laaste!

  • 21. Olga  |  Julie 13, 2009 om 7 : 51

    toe ek n kinders was, was die sanlam advertensie 2 mans hande wat n blou bal vasgehou het. onderaan was geskryf, en ek haal aan “die man van sanlam staan by u en u gesin.” die bliksem het so by homer en sy gesin gestaan, dat hulle r150 000 van sy pensioen weggestaan het. as mens nou die rente bysit wat dit in die 7 jaar kon verdien het, wat het hy afgestaan? die man van sanlam het meer op sy stokperdjie wat was om hout vir meulens aan te ry as om die werking van die kliente se geld wat hulle, sanlam, namens hom bele het.

  • 22. Olga  |  Julie 13, 2009 om 7 : 54

    wat van die verslankings foefie lieg “deur top universiteite getoets.” maar die universiteite se uitslae word nooit gepubliseer nie.

  • 23. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 7 : 57

    Ek onthou die Sanlam hande. Toe ek n kinders was het die hande met die bal klei gespeel.

  • 24. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 7 : 59

    Nog n lieg is goeie diens.

  • 25. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 38

    Olga

    Die grootste liegbekke is daai klomp wat verslankinsmiddels verzool. Ja nee kyk!! Ons is almal tenminste 1keer stjoepid genoeg om hulle te glo. En as hulle jou geld trug waarborg dan moet jy somme kla weet hulle praat stront met ‘n hoofletter S! Die probleem is die mense wat so vas glo dat hulle gewig sal verloor dat hulle honnerde rande spend oppi foefies. Ai tog! As ek mense so kyk wat elke dag ‘n tjoklit eet ma ‘n handvol pille sluk dan wil ek somme aan de giggel gaan en skree ‘kry vi jou!’

  • 26. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 40

    Nou gat ek my eie liegstorie glo en maak of ek slaap ………… Omlat ek moeg is😯

  • 27. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 8 : 43

    Allo, Allo

  • 28. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 46

    Nell!!!!!

  • 29. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 47

    Kom trug!!! Ek het gelieg oori gat slapery:mrgreen:

  • 30. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 47

    Dêmmit!!

  • 31. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 8 : 48

    LOL, jy le met jou een oog oop en loer…. Hoe ganit?

  • 32. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 48

    Sien jy nou!? Dit kom nou van lieg. TSK!!!

  • 33. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 49

    Sjoe! Amper dog ek jy jou paai gevat. Dit ga oraait dankq en da?

  • 34. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 8 : 50

    Lekker onder die kombers met my heatertjie voor my. Die kat slaap my net van die bank af!

  • 35. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 50

    Ek het al gesien hoe sit ek vinger al1 hie in cyberspace

  • 36. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 8 : 51

    Nee, my connection is net S-T-A-D-I-G!!!!!

  • 37. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 52

    Heater!😯 In DIE hitte👿

  • 38. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 53

    Nee wag!! Dis my warmwater sak wat my so lekka snoesig warm maak😉

  • 39. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 54

    Kry vi jou ‘n anne connection🙄

  • 40. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 8 : 54

    Ja, my nuwe gasheater… hy werk vreeslik lekker!

  • 41. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 8 : 54

    Dis die opvangs hier… my foon is ook dooi!

  • 42. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 54

    Halie! Halie! Halie!

  • 43. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 8 : 54

    My tone wil afvries.

  • 44. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 55

    Soek ‘n anne blyplek. So kanniti aangaan nie

  • 45. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 8 : 56

    Wat beteken Halie! Halie! Halie! ?

  • 46. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 8 : 56

    Ek sweer sein kan ook vries.

  • 47. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 56

    Soek vi jou anne tone…….. Of ‘n gasheater

  • 48. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 8 : 56

    LOL WK… eintlik oorweeg ek dit nogal🙂

  • 49. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 8 : 57

    Hi A3

  • 50. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 57

    Nell

    Ek sal jou 1dag oor ‘n glas wyn vertel

  • 51. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 8 : 57

    Of n ander blyplek

  • 52. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 8 : 58

    Of n vat OBS.

  • 53. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 58

    Ons gat more pis vanni koue

  • 54. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 59

    Obs is deesdae overated

  • 55. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 8 : 59

    Nous ek hommer

  • 56. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 8 : 59

    Ek hoor julle ken nie glase wyn nie,…. dit sal ‘n BOTTEL moet wees🙂

  • 57. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 9 : 01

    Ek het spaar tone as jy wil hê. Spar het ‘n uitverkoping gehad

  • 58. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 9 : 02

    Solank dit nie van spier is nie, is ek in.

  • 59. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 9 : 02

    He! He!😳

  • 60. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 9 : 03

    Oeg! Ma dis lekka cozy in my se bedjie

  • 61. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 9 : 05

    Koffie? Met double thick cream natuurlik….. En ‘n knertsie

  • 62. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 9 : 05

    Watse knertsie?

  • 63. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 9 : 07

    Nie van oom oubaas se knertsie nie

  • 64. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 9 : 08

    Of Hilda nie……….

  • 65. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 9 : 09

    Wat van skip die koffie en maak dit ‘n KNERTS!!

  • 66. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 9 : 12

    Eish!! Wil jy hê ons moet met ‘n babalas opstaan more? Wat sal mev Dominee davan sê😯

  • 67. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 9 : 15

    Ek moet groet. M het sy vinger inni deur toegeknyp en dis trane vi mama Afrika. Ma gat gou troos. Nag

  • 68. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 9 : 15

    Ken jy ‘n mevrou Dominee?

  • 69. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 9 : 19

    Dit is hoekom ek Katoliek is

    Daar is geen Mev Dominee nie. En bogger die predikant. Gooi.

  • 70. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 9 : 21

    Ek kort net nog 49 hits.

  • 71. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 9 : 23

    Wat word die man genoem as sy vrou ‘n dominee is?

  • 72. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 9 : 24

    49 hits vir wat?

    Meneer dominee?

    Jy regtig katoliek?

  • 73. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 9 : 26

    Vir ‘n kwart miljoen, ongelukkig nie in geld nie.

    Om een of ander rede is hy ook gewoonlik ‘n dominee.

    En ja, ek is regtig ‘n katoliek.

  • 74. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 9 : 29

    Kwart miljoen wat?

    Interessant re Katoliek!

  • 75. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 9 : 34

    Hits

    Maar dink nie ek gaan dit vanaand regkry nie.

  • 76. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 9 : 37

    Hoe meet jy dit?

  • 77. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 9 : 38

    WordPress meet dit vir jou.

    Kyk by jou stats, dit word daar opgesom.

  • 78. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 9 : 42

    Wil nou nie soos ‘n totale idioot klink nie, maar ek weet ek doen… waar kyk jy?

  • 79. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 9 : 44

    Nell

    Het jy al ooit jou passwords gekry?

  • 80. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 9 : 46

    Ek kan op my wordpress deel kom… maar het geen idee hoe alles werk nie.

  • 81. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 9 : 48

    Dis die website self wat nou ‘n probleem is.😦

  • 82. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 9 : 49

    Op jou dashboard, gaan na blog stats en kyk heel onder op die bladsy links.

  • 83. Girl van die Suburbs  |  Julie 13, 2009 om 9 : 54

    Nee, nie hier by my nie hoor… ppppffffffffff

  • 84. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 10 : 00

    Daar moet iewers iets wees van blog stats.

  • 85. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 10 : 04

    Dellie is die blog juffrou. Vra haar, ek is seker sy sal kan help.

  • 86. Olga  |  Julie 13, 2009 om 10 : 36

    Grrrr. Ai, gelukkig is dit n demokrasie. John vlismas beter asseblief tog net gou sy ry kry ayj akaranda. Dit is die KAKSTE show met die KAKSTE musiek. Hoekom de hel het jakaranda gedink die pispot vol stront gaan beter as die lovezone wees? Kots. Spoeg.

  • 87. Olga  |  Julie 14, 2009 om 7 : 05

    more, more.

  • 88. Adrie  |  Julie 14, 2009 om 8 : 10

    More

  • 89. Nats  |  Julie 14, 2009 om 9 : 04

    Goeie more julle!

  • 90. Nats  |  Julie 14, 2009 om 9 : 36

    Sjoe maar julle is omtrent stil vanoggend!!😯

    En dis nie ‘n lieg storie nie😆

  • 91. Olga  |  Julie 14, 2009 om 10 : 01

    Ek wonder hoekom? nie eers 1 koerantberig nie. die base is dalk omgekrap vandag nou maak almal of hulle werk.

  • 92. Adrie  |  Julie 14, 2009 om 11 : 42

    Hallo Hallo Hallo

    Whahahahahahhaha

  • 93. Beeld  |  Julie 14, 2009 om 11 : 43

    Fanie van Rooyen

    ’n Blinde eerstejaar-Tukkie het gisteraand in die Klaradyn-koshuis in Hatfield, Pretoria, in ’n hysbakskag afgeval nadat sy niksvermoedend deur die oop deur geloop het.

    “My kind kon vanaand (gisteraand) haar laaste asem uitgeblaas het; sy is gelukkig sy het net van die eerste verdieping af geval, anders sou sy sekerlik dood gewees het,” het me. Jessica Sedibeng, ma van me. Ma?shooda Sedibeng (19), gisteraand by die Little Company of Mary-hospitaal in Groenkloof gesê.

    Sedibeng, wat sportwetenskap studeer, het ’n diep sny in haar linkerknie opgedoen en haar skouer is erg gekneus.

    Me. Jameela Sedibeng (24), Mashooda se suster, het gesê toe sy haar suster eergister teruggeneem het koshuis toe, was die hysbak steeds stukkend nadat dit glo lank reeds probleme gegee het.

    “Die hysbak was stukkend, maar daar was geen bord of kennisgewing op om mense te waarsku nie,” het sy gesê.

    “Dit is onaanvaarbaar. Ons oorweeg ernstig regstappe, want die universiteit is geensins blindvriendelik nie en studente kla al maande lank oor daardie hysbak,” het mnr. Aboo Chouglay, Ma?shooda se voog, gisteraand gesê.

    “Al wat hulle vir ons gesê het, is dat Mashooda op die eerste verdieping die knoppie vir die hysbak gedruk het, dat die deur oopgegaan het, maar dat die vloer van die hysbak nie meer daar was nie,” het Chouglay gesê.

    “Sy het blykbaar vyf minute lank in pyn daar gelê en skreeu voordat iemand haar kom help het.”

    Me. Stella du Plessis, woordvoerder van die Universiteit van Pretoria (UP), het gisteraand gesê die universiteit is “uiters spyt oor wat gebeur het”.

    Sy het gesê sy kan nog nie kommentaar lewer op die bewering dat die hysbak al lank probleme gee nie.

    “ ’n Intensiewe ondersoek is reeds begin om die oorsaak van die ongeluk vas te stel,” het sy gesê.

  • 94. Beeld  |  Julie 14, 2009 om 11 : 49

    Elise Tempelhoff

    ‘Die Krugerwildtuin het ontaard in ’n soort supermark wat in diere handel dryf om net nog meer geld te maak.”

    Dit het tyd geword dat Sanparke se raad bedank omdat hulle “misluk” in hul taak om die land se wild en spesifiek renosters behoorlik te beskerm en te bewaar.

    Dié striemende aanval op Sanparke het gister gekom van organisasies wat hulle vir dierewelsyn bewyer nadat minstens 10 van die 200 witrenosters wat onlangs op ’n veiling verkoop is, glo reeds gevrek het.

    Die organisasies is ook woedend daaroor dat ’n renoster wat ’n Vrystaatse wildteler Vrydag by die wildtuin gekoop het, op die N4 tussen Witbank en Middelburg van ’n sleepwa afgeval het. Die sleepwa se band het glo gebars en dit het met renoster en al omgeslaan. Die dier het verskrik in die omgewing rondgehardloop voordat dit gevang en weer op die sleepwa gelaai is.

    “Die voorval bring talle etiese en morele kwessies ter sprake,” het me. Louise Joubert, eienaar van SanWild, ’n rehabilitasiesentrum en natuurreservaat naby Gravelotte in Limpopo, gister gesê.

    Joubert het gesê dit is nié hoe ’n dier van meer as 3 ton vervoer moet word nie. Sy het die wildtuinbestuur beskuldig dat hulle nie omgee oor die lotgevalle van die diere waarmee hulle “handel dryf nie”.

    ’n Wildtuinwoordvoerder het gesê die kwessie is “nou baie sensitief” omdat die veiling “baie stof opgeskop het”.

    Hy het wel gesê sodra die diere nuwe eienaars het, het die wildtuin geen beheer oor hul toekoms nie.

    Joubert het hierop gesê dit is presies wat sy bedoel.

    Luidens ’n verklaring deur die organisasies hou die kommersiële handel in witrenosters ’n groter gevaar vir die diere, wat tot onlangs nog ernstig bedreig was, se voortbestaan in as stropery.

    Altesame 58 renosters is die afgelope 18 maande in die wildtuin vir hul horings gestroop.

    Sanparke wou gister geen vrae beantwoord nie en het gesê ’n dringende mediakonferensie sal vandag by sy hoofkantoor in Pretoria gehou word.

    Mnr. Steve Smith van Animal Rights Africa (ARA) het die naweek die departement van waterwese en omgewingsake gevra om ’n moratorium te plaas op die verkoop van alle witrenosters.

    Die organisasies het gesê die wildtuin se renosters behoort aan die mense van Suid-Afrika en dat hulle geraadpleeg moet word oor dié diere se toekoms voordat hulle “voor die voet verkoop word”.

    Me. Michelle Pickover, ook van ARA, het gisteraand gesê die wildtuin se raad moet bedank en ’n kommissie van ondersoek aangestel word om onder meer die wanbestuur van natuurlike hulpbronne te ondersoek.

    Joubert het gesê van die organisasies gaan nou begin met veldtogte om voornemende toeriste wat die land tydens die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi gaan besoek, te vra om die wildtuin te boikot.

  • 95. Beeld  |  Julie 14, 2009 om 11 : 52

    Daniëlla du Plooy

    ’n Ingenieur van Vodacom en sy makker het glo miljoene gemaak deur banktransaksie-SMS’e te onderskep en geld uit mense se bankrekeninge te onttrek.

    Lede van die polisie se handelsmisdaadeenheid het die ingenieur Donderdag by VodaWorld in Midrand in hegtenis geneem en die ander man Vrydag in ’n lokval vasgetrek. Hy was glo op pad om geld by ’n vulstasie in Midrand te trek.

    Die Vodacom-werknemer het ’n B.Sc.-graad in ingenieurswese, het kapt. Hendrick Mokonyane van die polisie volgens The Citizen gesê.

    Die twee mans het glo vanuit die Hilton-hotel in Sandton gewerk en meer as R2,4 miljoen uit die bedrogspul gemaak.

    Volgens Mokonyane is SMS’e wat van banke na gebruikers gestuur is, geblokkeer en vertraag.

    Die Vodacom-werknemer het glo die SMS-boodskappe na sy eie selfoon herlei.

    “Dit is hoe hulle toegang tot onder meer jou rekeningnommer en bedrag geld in die bank kry.”

    Hy het gesê die twee mans het nie in huise gewoon nie, maar in ’n hotel en met duur motors rondgerits. “Ons vermoed hulle het hulp van personeel by die banke gehad wat hulle uitgewys het watter rekeninge om te teiken.”

    Vodacom is volgens me. Dot Field, woordvoerder, ongelukkig daaroor dat ’n werknemer van die maatskappy bedrog kon pleeg.

    Al die slagoffers van die sindikaat was Vodacom-kliënte.

    “Ons het nou ook bykomende veiligheidsmaatreëls ingestel om te verhinder dat dié soort bedrog weer plaasvind,” het Field gesê. “Ons werk saam met die polisie en Sabric (die Suid-Afrikaanse bankrisiko-en-inligtingsentrum) daarvoor.

    “Bankkliënte word weer daaraan herinner om hul besonderhede nie met enige derde party te deel nie, veral wat internettransaksies betref.”

    Volgens Mokonyane het die verdagtes gister vlugtig in die Johannesburgse handelshof verskyn. Hulle het nie gepleit nie en die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

    Hulle bly in aanhouding.

  • 96. Beeld  |  Julie 14, 2009 om 11 : 56

    Antoinette Pienaar

    ’n Britse meisie, wat as tweejarige ’n “abbahart” in ’n oorplanting ontvang het weens hartversaking, het so herstel dat die skenkerhart ’n dekade later verwyder is.

    Die mediese joernaal The Lancet berig vandag oor Hannah Clark, wat in 1995 ’n probleem met haar hartspier gehad het.

    Dit was ’n toestand wat by net sowat een tot twee uit elke 100 000 kinders gediagnoseer word en die prognose is gewoonlik sleg.

    Hannah was net twee jaar oud toe sy by die Harefield-hospitaal in Brittanje ’n hartoorplanting gekry het.

    Pleks van haar siek hart te verwyder het chirurge die skenkerhart langs hare ingeplant. Die nuwe hart het die grootste deel van haar hart se funksie oorgeneem en haar hart het kans gekry om te herstel.

    Sowat vier tot vyf jaar later het albei die harte normaal gefunksioneer, maar die dokters het besluit om eers te wag met die verwydering van die tweede hart.

    Die skenkerhart het egter vereis dat sy middels neem om haar immuunstelsel te onderdruk.

    Een van die newe-effekte is ’n soort kanker wat deur die Eppstein-Barr-virus veroorsaak word en Hannah het daaraan gely.

    Toe sy agt jaar oud was, het die kanker versprei en die simptome al hoe ernstiger geword. Dokters het die kanker met chemoterapie en medisyne so onderdruk dat die kanker in remissie gegaan het. In Januarie 2003 het die simptome egter teruggekeer en is sy nog twee jaar lank behandel.

    Teen 2005 het toetse egter getoon die skenkerhart begin sy funksie verloor, maar Hannah se eie hart klop sterk. Solank sy die medisyne geneem het wat haar immuunstelsel onderdruk, was haar kanker egter ongeneeslik.

    Dokters het besluit om die medisyne te onttrek en hulle het die skenkerhart in die Great Ormond Street-hospitaal in Londen in Februarie 2006 verwyder.

    Dit was die eerste keer dat so iets gedoen is.

    Hannah het heeltemal herstel en is nou blakend gesond.

    Die tienerjarige Hannah het gesê danksy die operasie lei sy nou ’n normale lewe nes al haar vriende.

    “Ek het pas my GCSE-eksamen geskryf en het ’n Saterdagwerk waar ek diere versorg, iets wat ek nie voorheen kon doen nie. Ek is so bly ek hoef nie meer al die medisyne te neem nie.”

  • 97. Beeld  |  Julie 14, 2009 om 11 : 58

    Londen. – Het jy pyn? Vloek.

    Luidens ’n studie wat in die joernaal NeuroReport gepubliseer is, kan vloek veroorsaak dat pyn afneem.

    Dr. Richard Stephens en mnre. John Atkins en Andrew King-ston van die skool vir psigologie aan die Keele-universiteit in Brittanje wou bepaal of daar ’n verband tussen vloek en fisieke pyn is.

    “Vloek bestaan al eeue lank en is ’n amper universele menslike taalverskynsel,” het Stephens gesê.

    “Dit put uit die emosionele breinsentrum en dit kom voor asof dit dan in die regterbrein opduik, terwyl die meeste taalproduksie in die linker-serebrale hemisfeer van die brein plaasvind.

    “Ons navorsing wys een potensiële rede hoekom vloek ontwikkel het en hoekom dit bly voortbestaan.”

    Die navorsers het 64 vrywilligers gevra om hul hande so lank moontlik in yswater te hou terwyl hulle ’n vloekwoord van hul keuse herhaal.

    Daarna het hulle die eksperiment herhaal met die gebruik van ’n meer algemene woord wat die vrywilligers sou gebruik om ’n tafel mee te beskryf.

    Die navorsers het bevind die vrywilligers kon hul hande langer in die yswater hou terwyl hulle vloek, wat beteken daar is ’n verband tussen vloek en ’n toename in die vermoë om pyn te verduur.

    Stephens het gesê dis nie duidelik hoe of hoekom die verband bestaan nie, maar dit kan wees omdat vloek aggressie verhoog.

    “Wat duidelik is, is dat vloek nie net ’n emosionele reaksie veroorsaak nie, maar ook ’n fisieke een, wat kan verduidelik hoekom die eeue oue gebruik van vloek ontwikkel het en vandag nog bestaan.” – Reuters

  • 98. Beeld  |  Julie 14, 2009 om 12 : 03

    Retha Grobbelaar

    Net sowat ’n derde van Suid-Afrika se kinders woon saam met albei hul ouers.

    Altesame 40% van kinders bly by hul ma’s, 3% by hul pa’s en 23% woon nie by een van hul ouers nie.

    Dít is van die bevindings van ’n verslag van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) wat gister bekendgestel is.

    Die verslag is van April af saamgestel en is op die jongste beskikbare syfers gegrond.

    Dit vergelyk meestal die omstandighede van Suid-Afrikaanse gesinne in 2007 met dié in 2002.

    Dit het aan die lig gebring dat al hoe minder kinders in ’n “tradisionele” huishouding – met albei hul ouers teenwoordig – grootgemaak word.

    Volgens me. Gail Eddy, navorser by die instituut, kan die gebrek aan huishoudings met twee ouers ’n invloed hê op ander probleme soos die misdaad.

    “Daar is ’n algemene verval in ons samelewing. Die familie is ’n instelling waar waardes oorgedra word. Dalk begin van dié maatskaplike probleme by die familie. Ons ervaar ook nou van die langtermyngevolge van apartheid wat die familiestrukture afgebreek het,” het sy gesê. Volgens haar speel die hoë voorkoms van MIV/vigs ook ’n rol in die gebrek aan huishoudings waar kinders deur albei hul ouers grootgemaak word.

    Meer as die helfte van kinders in Gauteng (55%) en die Wes-Kaap (51%) het in 2007 by albei hul ouers gewoon.

    Sowat ’n kwart van kinders in Limpopo (25%) en die Oos-Kaap (26%) het toe saam met albei hul ouers gewoon.

    Meer as agt uit elke tien (82%) van Indiër-kinders het in 2007 by albei ouers gewoon. Altesame 80% van wit kinders, 52% van bruin kinders en 29% van swart kinders is in 2007 só grootgemaak.

    Meer as ’n kwart (26%) van swart kinders het in 2007 nie saam met een van hul ouers gewoon nie.

    Altesame 11% van bruin kinders, 5% van Indiër-kinders en 2% van wit kinders het nie toe saam met een van hul ouers gewoon nie.

    In stedelike gebiede was meer as die helfte van swart ouers (52%) in 2007 enkelouers. Drie uit elke tien bruin ouers, 24% van wit ouers en 7% van Indiër-ouers het kinders alleen grootgemaak.

    Die meeste enkelouers onder alle rasse in stede is vroue.

    Sowat een uit elke agt vroue het in hul tienerjare geboorte gegee, toon navorsing van 2003. Dié syfers verskil baie in die verskillende provinsies.

    In Limpopo was 17% van alle meisies tussen 15 en 19 jaar oud in 2003 ma’s of swanger. Net 2% van vroue in dieselfde ouderdomsgroep in KwaZulu-Natal was swanger of ma’s.

  • 99. Adrie  |  Julie 14, 2009 om 12 : 21

    96 is regtig ‘n cool storie.

  • 100. Adrie  |  Julie 14, 2009 om 12 : 22

    100 ste

  • 101. Adrie  |  Julie 14, 2009 om 12 : 29

    Ek kan nie glo die mense boikot die blog en vertel my nie eers dat ek kan saam boikot nie.

  • 102. Olga  |  Julie 14, 2009 om 12 : 47

    hulle is dalk bang jy doen ook aa aanstellings. mag die 4kers wat dit doen kry wat hulle toekom.

  • 103. Adrie  |  Julie 14, 2009 om 1 : 16

    Uh-uh

    Die blog is nie vir Alkoholiste anoniem nie. Wel, nog nie.

  • 104. Adrie  |  Julie 14, 2009 om 1 : 34

    Jong

    Is dit al so laat?

  • 105. Olga  |  Julie 14, 2009 om 4 : 47

    n liegstorie het darem maar n manier om jou bloots te ry ne.

  • 106. *Mathilda*  |  Julie 14, 2009 om 5 : 20

    Hello

  • 107. Beenkop  |  Julie 15, 2009 om 12 : 42

    dagsê, wat gebeur hierso vandag?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: