Die verandering van tye

Julie 12, 2009 at 4 : 58 139 Kommentaar

Gisteroggend vaar ek elke boekwinkel binne bereik binne opsoek na ‘n boek.  Ek merk op dat die volgende Ena Murray omnibus verskyn het.  Lag, maar ek kan die skrywersnota nie ignoreer nie.  Dit gee nogal die storie agter die storie van die 3 boeke in die omnibus.  Omnibus 21 bevat Señor die Seerower, Junior in Saal 7 en Kaalvoet Katryntjie.  Die omnibus wat Murray self die lag-omnibus noem.  Al drie boeke wat ek al meer as een keer gelees het en nie sal omgee dat dit op my boekrak kom nie.  (Helaas, dit is nog nie daar nie).

Kaalvoet Katryntjie is ‘n prettige boek, een waarvoor jy nie kan help om hardop te lag nie.  ‘n Hubare jong man, wat dink hy is die voog van ‘n jong tiener meisie.  Sy verseker hom dat sy klaar is met skool, hy aanvaar dat sy darem al 16 is – al lyk sy jonger.  Intussen het sy skool en haar verpleegstersopleiding voltooi.  Dan is daar Poens; ‘n rooikop, sproetgesig laaitie met ‘n baie vuil mond.  ‘n Mens moes nog altyd raai wat hy sê, in plaas van biep – word net die eerste letter gegee en dot dot dot. 

In die skrywersnota verklaar Murray dat sy destyds bang was wat haar predikantstante daarvan sou sê.  Selfs met die dat sy die woorde moes raai.  Met die uitgawe het sy egter besluit om die woorde uit te skryf.  Woorde soos donder, bliksem, vloekskater en maaifoerie.  Woorde wat ek al by ‘n predikant gehoor, terwyl hy preek.  :lol:  Min mense sal die bohaai vandag daaroor verstaan, maar destyds het hulle dit uit die boek gesny. 

So dikwels word daar geskimp dat die wêreld heeltemaal moreel agteruit gaan.  As ek mens die skrywersnota in ag neem, blyk dit wel die geval te wees.  Nou die dag vertel iemand my hoe het die taalgebruik in Dis ek, Anna en Pieternella van die Kaap haar geskok het.  Die grap was, dat die persoon elke paar minute woorde erger as in enige een van die boeke gebruik.  ‘n Geval van die pot wat die ketel verwyt. 

Ek dink dikwels dat die wêreld net meer eerlik in sy omgang geword het.  Goed wat destyds weggesteek is, word nou oop en bloot vertoon.  Mense het nog altyd gevloek, die werklikheid sypel nou eers in fiksie in.  Mense het altyd om die hoekie gedrink en gerook, nou doen hulle dit openlik.  Dekades terug was daar in ‘n kar stoom gemaak, vandag slaap mense oor en te duiwel met wie weet.  ‘n Vrou wat verkrag was, was op ‘n stadium ‘n flerrie wat gekry het wat sy toekom.  Vandag is sy die slagoffer wat die verkragter kan laat boet (dit word elke dag ‘n bietjie beter). 

Goed word nie meer toegesmeer nie.  Is dit dan nog steeds morele verval?

Blogvraag:  Waar het Ena Murray haar verpleegstersopleiding gedoen?

Blogantwoord:  Poison – Alice Cooper (Maxie); She works hard for her money – Donna Summer (Max); Addicted – Enrique Iglesias (Verslaaf).  Bonuspunte: Winds of change – Lifehouse (Max); Chances – Air Supply (Max); Tt the end of the rainbow – Hammerfall (Max); Money – Michael Jackson (Max); What’s a girl to do? – Sister 2 Sister (Max); The last one – Cary Brothers (Max); True – Spandau Ballet (Max); Some people – Cliff Richards (Max); Believe – Cher (Max); The root of all evil – Beautiful South (Max); Karma – Alicia Keys (Olga); Bankrobber – The Clash (Olga); Personally – Karla Bonoff (Olga); Hard to find – Squeeze (Olga); Recession – Joung Jeezy (Olga); A little extra – Linkin Park (Max); Thank you – Christina Aguilera (Max); Dishonest – Jim Brooks (Max) en Murder – Coldplay (Max).

Kripties:  Money’s too tight to mention – Simply Red (Olga)  Bonuspunt:  Ma Baker – Boney M (Max)

NS:  Dit is die 500ste skrywe wat op Dorings geplaas word.

Entry filed under: Filosofie. Tags: .

Geldpraatjies Liegstories

139 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Julie 12, 2009 om 5 : 20

    eerste. as die seim hou.

  • 2. Oom Nico  |  Julie 12, 2009 om 5 : 29

    Geluk met die mylpaal!

  • 3. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 5 : 32

    Nico!!!

    Long time, no see! Hou jy lekker vakansie?

  • 4. Oom Nico  |  Julie 12, 2009 om 5 : 33

    Oor toesmeer of meer eerlik wees – ek wonder dikwels wie het besluit dat die f-woord ‘n vloekwoord is, of die k-woord… ek bedoel, mens kan van ekskreta praat wat presies dieselfde is, as mens dan moet, maar dis fine… weird. Ek dink mense het net te veel issues en/of tyd as hulle wil valstande sluk ook die skewe woord hier en/of daar.

  • 5. Oom Nico  |  Julie 12, 2009 om 5 : 35

    Lekker dankie! Was bietjie weg vir die eerste keer in lank, voel weer soos ‘n mens!

  • 6. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 5 : 37

    Laat ek raai, jy het gaan duik?

  • 7. Oom Nico  |  Julie 12, 2009 om 5 : 38

    Nee, maar ek was see toe🙂 Maphelana, daar naby St. Lucia, so ek is daar deur jou hometown😉

  • 8. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 5 : 40

    Ek het myself n blaas gebrand. Vet weet hoe en wanneer. Op my maermerrie! GRRR!!

  • 9. Oom Nico  |  Julie 12, 2009 om 5 : 42

    Dis regtig ‘n weird plek vir ‘n blaas!

  • 10. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 5 : 44

    Olga

    Nico was op n stadium een van my blogbure. Hy en Willes het diep sake gepraat (of was dit baklei?).

    Olga is die plaaslike duiwel hier rond. Sy is ook bekend met my hometown.

  • 11. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 5 : 45

    Jip, ek wonder wat het ek gedoen toe ek moes geslaap het.

  • 12. Oom Nico  |  Julie 12, 2009 om 5 : 47

    Skelm gerook in jou slaap – HA HA HA!

  • 13. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 5 : 49

    I dont think so.😀

  • 14. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 5 : 50

    Ek is oppad kerk toe. Tot later dan.

  • 15. Oom Nico  |  Julie 12, 2009 om 5 : 51

    Trots op jou, hoor. Ek het ook intussen daai kankerstokkies gelos.

  • 16. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 5 : 53

    Geluk. Het genoeg mense jou opdraende gegee? Hoe lank al?

  • 17. Olga  |  Julie 12, 2009 om 5 : 54

    seke victoria wes.

  • 18. Olga  |  Julie 12, 2009 om 5 : 56

    oom nico, baie geluk. dit is n groot prestasie om op te hou rook. hope sterkte hoor.

  • 19. Olga  |  Julie 12, 2009 om 5 : 57

    ekskuus, aangename kennis oom nico.

  • 20. Oom Nico  |  Julie 12, 2009 om 7 : 04

    Hallo, Olga! Aangename kennis my naam is Dennis – lol! En baie dankie. A3, nou al langer as ‘n maand en dit gaan voor die wind; ek begin darem al sentimente deel dat mense wat rook stink, want nou ruik ek dit ook!

  • 21. Olga  |  Julie 12, 2009 om 7 : 58

    lmga. 1 van die dae gaan jy ook se hoe selfsugtig rokers is, oom nico. die wereld kan maar rook, maki saki. as my sus egter 1 van dari lang dun menthol sigarette opsteek, dan vind ek dat ek harder moet briek hoor. en ek het 9 en n half jaar gelede opgehou rook.

  • 22. Olga  |  Julie 12, 2009 om 8 : 05

    o, ja, juf annie. veels geluk met jou 500ste inskrywing.

  • 23. Olga  |  Julie 12, 2009 om 8 : 09

    dit het my nog altyd gekielie dat die engelse skrywers nie geaarsel het 6 die vloekwoorde mildelik te gebruik nie. dit het my nog altyd as agterbaks voorgekom wanneer afrikaanse skrywers dit toegesmeer het met dot, dot, dot. of #%§+¤¢

  • 24. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 8 : 14

    En toe kom Tannie Dalene met Saul wat elke tweede woord Bliksem. Veral as hy kwaad is.

  • 25. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 8 : 16

    Al 500 was nie uit my pen nie.

  • 26. Olga  |  Julie 12, 2009 om 8 : 42

    en met silas miggel wat se “Mirjam, wat is kak in engels?”

  • 27. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 8 : 48

    Kringe was eenste

  • 28. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 8 : 52

    Truth to be told – Skip Wessel hulle het seker lank voor Saul gevloek.

  • 29. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 8 : 53

    Ek hoor die meer moderne skrywers vloek meer as wat hulle n storie vertel.

  • 30. Oom Nico  |  Julie 12, 2009 om 9 : 00

    Maar ‘n Koos Kombuis storie sonder kru taal deug ook net nie…

  • 31. Wille Kjind Q  |  Julie 12, 2009 om 9 : 10

    Oom Nico!!!! Mwah! Mwah! Mwah!

    *Kug* Naand almal👿

  • 32. Oom Nico  |  Julie 12, 2009 om 9 : 15

    Willie!!! My aarde my skat! Goed en jy!!!

  • 33. Wille Kjind Q  |  Julie 12, 2009 om 9 : 16

    Die meeste mense wat ‘n scene maak oor anner se gevloekery vloek self soos matrose

  • 34. Wille Kjind Q  |  Julie 12, 2009 om 9 : 17

    Dit ga punt inni wind dankie. Eks trots op jou met die gerokery. Ek wens ek kon ophou

  • 35. Wille Kjind Q  |  Julie 12, 2009 om 9 : 21

    As ek vi 1 dag nie gerook hetti dan vloek EK soos ‘n patroos

  • 36. Oom Nico  |  Julie 12, 2009 om 9 : 21

    Dankie, jy! Snaakse ding is ek het net ewe skielik besluit, en dit was dit… ek dink mens kom net skielik eendag op daai punt. Jy’s skaars op Vleisbroek, jong!

  • 37. Wille Kjind Q  |  Julie 12, 2009 om 9 : 23

    Mind you….. Ek rook net 2 sigarette ‘n dag en oor naweke amper nooit

  • 38. Oom Nico  |  Julie 12, 2009 om 9 : 26

    Hmmm… ja, dis omtrent niks…

  • 39. Wille Kjind Q  |  Julie 12, 2009 om 9 : 26

    My nief foun willi comment op gevreetboek nie. Ek kan wel lees ma die stjoepid willi comment nie. Ek kry my upgrade eers Okt dan sal ek wee kan gesels

  • 40. Wille Kjind Q  |  Julie 12, 2009 om 9 : 29

    Miskien moet ek my foun eendag vi ‘n 11 jarige gee om uit te figure hoe die ding werk. Dis 1 van daai chatterbox goeters

  • 41. Wille Kjind Q  |  Julie 13, 2009 om 4 : 52

    More more

  • 42. Klip  |  Julie 13, 2009 om 6 : 18

    More WK , en al die ander dorings en rose

    Hoop julle het n voorspoedige week , en dat die Maandag nie te blou is nie
    Aangesien ek klaar vir Maandag gewerk het is ek nou op “naweek”

  • 43. Olga  |  Julie 13, 2009 om 7 : 09

    more, more.

  • 44. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 7 : 51

    Hallo

  • 45. Beeld  |  Julie 13, 2009 om 7 : 52

    Sarietha Engelbrecht
    Kaapstad. – ’n Sokkerjoernalis vir die dagblad Guardian in Brittanje het groot reaksie in die kuberruim ontlok met haar kritiek teenoor Suid-Afrika as gasheerland vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

    Sy meen Egipte sou ’n beter gasheerland gewees het, “want as Egiptenare die piramides kon bou, kan hulle sekerlik ’n Wêreldbeker aanbied”.

    Louise Taylor het verlede Dinsdag in ’n blog op die koerant se webwerf geskryf hoekom sy angsbevange is om in 2010 na Suid-Afrika te kom. Sy spreek daarin haar kommer uit oor misdaad, asook MIV en ’n tekort aan openbare vervoer.

    “Sulke vrese spruit gewoonlik meer uit persepsies as statistieke, maar ongelukkig bevestig die statistieke – om nie te praat van die anekdotiese bewyse nie – dat sokker-aanhangers soos ek rede het om meer as ’n bietjie angstig te wees,” skryf sy.

    Teen laat gisteraand het meer as 470 mense op Taylor se blog kommentaar gelewer. Die meeste mense het van haar verskil en met haar die gek geskeer, maar sy het ook onder kwaai beledigings deurgeloop.

    Ene Surfermoon skryf Suid-Afrikaners is in die gesig gevat deur die “swak nagevorste en opruiende artikel”. “Kwalifiseer die suksesvolle aanbieding van die Wêreldbekerkrieket- en -rugbytoernooi, wat nog te sê van die Indiese Premierliga, Leeus-toer en Konfederasiebeker, ons nie?”

    Slosh skryf: “Ek sou ook nie Londen toe gaan nie, ek hoor daar is boewe oral en bomme op busse. Hierdie is sensasionele snert wat ondersteun word deur statistieke wat aangepas kan word om enige land te laat sleg lyk.”

    “Ek sou twee keer dink oor of ek moet gaan as ek jy is,” skryf Lichinga. “Enigiemand wat so ’n duidelike gebrek aan gesonde verstand of goeie oordeel het, moet nooit hul huis verlaat nie. Laat ek jou die guns doen om daardie kaartjies van jou hande af te neem . . .”

    Volgens Greenstreetrebel behoort die Wêreldbekertoernooi dan ook nie in Australië aangebied te word nie, “want dit is vol spinnekoppe en slange (om nie eers te praat van die Australiërs nie) . . . Ek dink me. Taylor praat imperialistiese snert.”

  • 46. Beeld  |  Julie 13, 2009 om 7 : 53

    Marietie Louw-Carstens

    Polokwane (Pietersburg). – ’n Sakeman van dié stad gaan regstappe teen die munisipaliteit doen nadat hy miljoene rand verloor het omdat die pad voor sy onderneming onbegaanbaar is vir klante terwyl dit opgekap en verbreed word vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi volgende jaar.

    Mnr. Angelo Skordi, wat News Café in Biccardstraat besit het, moes sy onderneming se deure meer as ’n maand lank toemaak omdat die straat voor die perseel omgedolwe en van voor af opgebou is. Die pad was onbegaanbaar en gesluit vir motoriste.

    Skordi het gesê hy het sy News Café-konsessie verloor omdat hy noodgedwonge die deure sowat ’n maand lank moes sluit. Volgens hom het die munisipaliteit nie behoorlik met hom gekonsulteer voordat met die padwerk begin is nie.

    “Een oggend was daar skielik werkers en ’n gat van ’n meter diep voor my onderneming,” het ’n ontstoke Skordi gesê.

    Hy het nou die Raging Bull-kuierplek in Biccardstraat geopen. Die straat was verlede week steeds vir verkeer gesluit. Gedeeltes van die straat, wat ook voor die ANC se kantore is, is wel vir motoriste oopgestel, maar die sypaadjies is steeds omgedolwe.

    Mnr. Simon Mokoatedi, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê hulle het ’n gesprek met Skordi gehad waarin hy sy ontevredenheid uitgespreek het. “Al die verbeterings op paaie is tot voordeel van die stad en al die inwoners. Ons weet mense moet opofferings maak, maar dit alles is positief vir Polokwane,” het Mokoatedi gesê.

    Verskeie strate soos Hospitaal-, Marshall-, Rissik-, Devenish, Outspan en Biccardstraat, is al etlike maande onder konstruksie.

    ’n Verkeersirkel na die ingang van die stad, op die N1-hoofweg vanaf Mokopane (Potgietersrus), is gistermiddag verlede week ná maande se werk amptelik oopgestel. Die projek moes reeds op 19 Junie voltooi gewees het.

    Mnr. Mokone du Preez, president van die stad se sakekamer, het gesê hy verstaan hoekom inwoners gefrustreerd is oor die padwerke, maar die verbeterings is goed vir die stad se vooruitgang.

    Mokoatedi het gesê al die verbeterings aan paaie en sypaadjies in die stad sal teen einde vandeesmaand voltooi wees.

    Inwoners kla ook oor die horde hawelose mense wat op verskeie straathoeke, soos op die hoek van Websterstraat en Potgieterlaan, saamdrom. Du Preez het gesê die sakekamer werk saam met die munisipaliteit om die probleem op te los.

    Verskeie haweloses woon ook in haglike toestande op die hoek van Excelsior- en Hans van Rensburgstraat. Die mense slaap hier, maak vuur vir hitte en kos, was hul klere en hang dit teen onder meer die geboumure van die departement van onderwys. Die plek is met rommel besaai en mense urineer ook hier.

    Tydens Beeld se besoek omstreeks 10:00 was baie van die mense skynbaar ook onder die invloed van drank.

  • 47. Beeld  |  Julie 13, 2009 om 7 : 54

    Daniëlla du Plooy

    ’n Johannesburgse babaseuntjie het nog sowat R90 000 nodig om sy lewe te help red nadat akute limfoblastiese leukemie (ALL) in Februarie vanjaar op die ouderdom van vyf maande by hom gediagnoseer is.

    Reef Carneson (10 maande) is sedertdien in die hospitaal en sy grootste operasie, ’n beenmurgoorplanting, lê nog voor. Hy is in die pediatriese eenheid van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se Donald Gordon- mediese sentrum waar hy chemoterapie kry.

    Volgens Reef se ma, me. Lydia Carneson, is haar seun ’n “ongelooflike vegtertjie”.

    “Deur alles glimlag hy gedurig. Hy is ’n ligstraal en vreugde vir almal in sy lewe.”

    Volgens haar het sy en haar man, Ryan, deur middel van verskeie geldinsamelingsprojekte en hulp al sowat R260 000 ingesamel, maar die soektog na ’n geskikte beenmurgskenker kos ongeveer R350 000.

    Carneson slaap sedert Februarie saans ook in die hospitaal om naby haar kind te wees, terwyl haar man by ’n vriend naby die hospitaal tuisgaan.

    “Dis geweldig moeilik om te sien hoe ’n mens se baba soveel pyn moet deurmaak. Chemoterapie en die uitwerking wat dit op sy lyfie het, is érg.

    “Ons geloof en die wonderlike ondersteuning wat ons by mense kry, is wat ons hierdeur dra,” het Carneson gesê. “As ander kla oor die wêreld en sê daar is nie meer goeie mense oor nie, wéét ek nou dit is nie waar nie. Soveel mense wat Reef nie eers ken nie, het gegee wat hulle kon.”

    Reef het pas klaargemaak met ’n paar dae se chemoterapie en begin vandag met die volgende sessie.

    “Daarna moet getoets word of die kanker tydelik in remissie is, want slegs dán kan ons voortgaan met die beenmurgoorplanting, mits ’n geskikte skenker gevind word,” sê Carneson. “Ek wéét egter my seuntjie sy pyn is nie verniet nie. Net die reuse-aantal mense wat danksy hom as beenmurgskenkers geregistreer het, is ’n bewys daarvan.”

    Vir meer inligting besoek: http://www.savebabyreef.com of die Facebook-groep 1 000 candles for Baby Reef.

  • 48. Beeld  |  Julie 13, 2009 om 7 : 55

    Philip de Bruin

    “Kurt Darren is nou sonder twyfel die topfenomeen van Afrikaanse popmusiek.”

    Dit was gister die reaksie van Tinus Esterhuizen, musiekkenner, -samesteller en -keurder wat die afgelope 45 jaar in die uitsaaiwese werk, op die bekendmaking dat Darren tans twee CD’s op die amptelike lys van top-CD-verkopers in die land het.

    Dié lys – die enigste amptelike lys volgens CD-verkope – word saamgestel uit verkoopsyfers wat handelaars oor die land heen beskikbaar stel en word Saterdae op RSG bekend gemaak.

    Saterdag was Darren se jongste CD’s, Smiling Back at Me en Uit die diepte van my hart, albei onder die 20-topverkopers.

    Esterhuizen het gesê dit is ’n besondere prestasie vir enige kunstenaar om net een CD op die lys te hê, “laat staan nog twee van hulle gelyk”.

    Wat die prestasie nog merkwaardiger maak, is dat Smiling Back at Me nog net twee weke in die winkels beskikbaar is en reeds platinumstatus (verkope van meer as 40 000) behaal het.

    “Uit die diepte van my hart is reeds ’n ongelooflike agt maande en drie weke op die top 20-lys en raak-raak aan vier keer platinumstatus met verkope van meer as 150 000.

    “Daar is net geen einde aan Kurt nie. Daar is tans nie iemand wat die kroon van top-popsanger in Afrikaans by hom kan afneem nie,” het Esterhuizen gesê.

    Wat totale CD-verkope betref, trek Darren al by sowat 1,2 miljoen. Steve Hofmeyr is die enigste Afrikaanse sanger wat al meer as dit verkoop het. Die topverkopers van alle tye bly egter steeds Gé Korsten en Bles Bridges, wat albei reeds oorlede is.

    Darren het gister gesê dis “ongelooflik”.

    “Ek is innig dankbaar teenoor die publiek. Soos ek nou met jou praat, is ek ’n bietjie senuagtig-opgewonde omdat my eerste radio-uitsending van Jacaranda-Jukebox oor ’n paar uur begin. Dankie, Suid-Afrika!”

  • 49. Beeld  |  Julie 13, 2009 om 7 : 59

    Philip de Bruin

    Me. Ptrue Bothma van Pretoria, wat beweer sy is 39 jaar gelede deur ’n huisvriend van haar ouers verkrag, het ’n eis van R3,7 miljoen teen haar beweerde verkragter ingestel.

    Dit blyk uit die betooghoofde wat mnr. Petrus Els, ’n sakeman van Kimberley en die vermeende verkragter, by hoofregter Pius Langa ingedien het.

    Bothma is tans 53 en Els 76.

    Sy voer aan dat sy eers enkele jare gelede, terwyl sy tronkstraf weens bedrog uitgedien het, besef het watter skade Els haar aangedoen het en dat sy ná haar vrylating eers ’n klag by die polisie ingedien het.

    Die nasionale vervolgingsgesag het geweier om te vervolg en Bothma het met ’n private vervolging begin. Die hooggeregshof het, op Els se versoek, egter besluit dat Els ernstig in sy verhoor benadeel sal word weens die lang tydsverloop ná die beweerde verkragting. Botha is gevolglik permanent verbied om met die vervolging voort te gaan.

    Sy het aansoek om verlof tot appèl teen dié bevel by Langa gedoen. Die konstitusionele hof hoor vroeg aanstaande maand ’n mondelinge betoog aan.

    Els sê in sy betooghoofde Bothma se argument dat sy ook weens die lang verloop van tyd in haar beoogde private vervolging benadeel sal word, “is van geen belang nie”.

    Die Grondwet beskerm die aangeklaagde se reg op ’n regverdige en billike verhoor.

    Els sê verskeie van sy getuies is reeds dood, dokumente is vernietig en niemand kan van hom verwag om presies te onthou wat hy op ’n bepaalde dag byna 40 jaar gelede gedoen het nie.

  • 50. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 8 : 01

    Eintlik is daar geen nuus nie, net ‘n spul stront om die bladsye vol te maak.

  • 51. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 8 : 04

    As julle vandag wakker is, behaal ons dalk nog twee mylpale op die blog vandag.

  • 52. Jaco  |  Julie 13, 2009 om 8 : 12

    More Maaitjies

  • 53. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 9 : 24

    Lekker naweek gehad, Jaco?

  • 54. Jaco  |  Julie 13, 2009 om 9 : 37

    Baie lekker A3

    , piekniek gehou by Botaniese tuine Sondag

  • 55. Salomè  |  Julie 13, 2009 om 9 : 57

    dit is dan nou ‘n baie spesiale geleentheid dat ek nou hieer moet draai. “Geluk met jou 500ste skrywe!!”

    More al die ander bekendes!!!

  • 56. Salomè  |  Julie 13, 2009 om 9 : 58

    Julle moet net weet, ek skeep niemand af nie, maar ek het ernstige kompetisie vir tyd by die rekenaar met die seuns by die huis. Dan kom daar nog maats en kinners wat ek moet “babysit”, so . . . julle kan seker my dilemma verstaan.

  • 57. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 9 : 59

    More julle oulike goeters

  • 58. Salomè  |  Julie 13, 2009 om 9 : 59

    Ek sal maar gaan koek bak om die spesiale skrywe te vier en op te maak vir al die verlore comments

  • 59. Salomè  |  Julie 13, 2009 om 10 : 00

    More Mathilda
    Het jy reg gekom op die 2 sites wat ek jou gegee het?

  • 60. Salomè  |  Julie 13, 2009 om 10 : 04

    Oor die vraag rakende morele verval – ek dink dis meer ‘n geval van respek vir iemand anders he om nie ‘n ding so oop en bloot te doen nie. Ek weet van iemand wat al jare rook, maar sal nooit ooit voor haar ouers rook nie. Almal weet sy rook, maar sy se dat dit nie nodig is dat almal dit moet sien nie. So voel ek oor al die ander sedelose goete ook. Dis nie nodig dat almal dit sien nie.

  • 61. Salomè  |  Julie 13, 2009 om 10 : 05

    tsk! . . . nou praat ek ok alweer met myself. Ek sal nou maar vir die 7 rooflesers gaan koffie maak.

  • 62. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 10 : 19

    Hi Saloom

  • 63. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 10 : 21

    😉 Ek het nooit daaraan gedink dat respek gelykstaande aan skynheiligheid is nie.

  • 64. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 10 : 25

    Sorry Saloom, saarkie het eers gou (not) skoongemaak, wat was die ander ene nou weer, ek onthou die hrcity ene ma het biki die anner ene se naampie gevergeet

  • 65. Olga  |  Julie 13, 2009 om 10 : 26

    ai, is bothma ernstig? r3.7 miljoen? netso min as wat els kan bewys hy het haar nie verkrag nie, net so min kan sy bewys hy het. moet hy nou betaal omdat sy in die tronk was. almal bejeen hom nou met agterdog. dink sy regtig geld gaan wraak wees?

  • 66. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 10 : 27

    Jis, ek het jare terug daai Suster in saal 7 gelees

  • 67. Olga  |  Julie 13, 2009 om 10 : 30

    kom ek wed julle as els tronk toe gestuur word vir die verkragting en bothma kry nie geld nie, dan gaan sy meer bitterbek wees. as sy n prys noem, gaan dit om die geld nie om die daad nie. tog, ek het gehoor n prossie vra maar r250. seker rente by.

  • 68. Nats  |  Julie 13, 2009 om 10 : 34

    Goeie more julle!!

    Sekere vloekwoorde pla my nou weer nie… so ek geen nie om om dit te lees nie. Dit sal my pla as dit elke 2de woord is ja, maar nou en dan een in slip – so what!

    Daar is ook flieks waar die ouens moet vloek, ander klink dit net nie reg nie!😆 Maar ek het al flieks gekry wat elke 2de woord ‘n vloekwoord is, en op daai stadium was die “language” af so ons kon nie juis die fliek volg nie want sodra jy begin uitfigure wat die ou sê kom die Bleep… bleep… bleep.. so ja dan kom jy eintlik agter hoe baie hulle regtig vloek!

  • 69. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 10 : 36

    Junior in saal 7 is oulik, maar Katryn is beter.

  • 70. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 10 : 37

    Olga

    Sy kan net n siviele eis teen hom stel omdat die misdaad al verjaar het.

  • 71. Olga  |  Julie 13, 2009 om 10 : 42

    kaalvoet katryntjie is enige dag beter as junior in saal 7. was die storie van die ontluikende 2ling, n vrou vir pappa, dink ek, nie ook n ena murray storie nie? of was dit ettie buurman sn?

  • 72. Olga  |  Julie 13, 2009 om 10 : 43

    misdaad verjaar nooit nie, juf annie. of doen dit? wat se die nuwe grondwet?

  • 73. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 10 : 46

    Ek het hom seker ook al gelees maar kan nie nou onthou nie

  • 74. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 10 : 47

    Ja, dit doen. Behalwe moord. Van nog altyd af, ek dink na 5 jaar.

  • 75. Olga  |  Julie 13, 2009 om 10 : 47

    madonna het glo gedink dat mj n absolute genius is.

  • 76. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 10 : 48

    Olga

    Ettie Bierman wens sy het dit geskryf. Dit was Eensaam op Wegdraai.

  • 77. Olga  |  Julie 13, 2009 om 10 : 50

    mense is dalkies maar nou net meer verdraagsaam teenoor die menslike indiskressies. kyk maar hoeveer akteurs, skilders, skrywers ens kom nou uit die kas met hulle gayheid.

  • 78. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 10 : 52

    Ek bedoel die boek van die tweeling, wat sommer self vir hulle n ma gaan soek het deur hulle pa in n hoekie vir eensames te sit, was Eensaam op Wegdraai. Dit was skreeusnaaks. Die Meisner kliniek ook. Albei deur Murray.

  • 79. Olga  |  Julie 13, 2009 om 10 : 53

    ja, dis reg. 1saam op wegdraai die advertensie in die landbouweekblad of hoekie vir 1sames. wie het rooikop te koop geskryf? was dit ettie bierman sn? sy was mos n rooikop fan.

  • 80. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 10 : 54

    Junior in Saal 7 gaan oor n verpleegster wat n foto steel en almal vertel dit is haar kerel. Dan is die kerel die nuwe professor in chirurgie. Heeltemaal onbewus dat hy n meisie het.

  • 81. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 10 : 56

    Rooikop te koop was Bierman. Jennie se honde het ook dieselfde name gehad as Bierman se honde.

  • 82. Olga  |  Julie 13, 2009 om 10 : 59

    1 ding het my nog altyd gekielie oor ena murray se naam. almal praat van enna maar die spelling se tog (e)ena. dit nogal 1 van afrikaans se groot skryfsters.

  • 83. Olga  |  Julie 13, 2009 om 11 : 01

    blykbaar moet mens deesdae gay wees om keuring te kry om medies te swot.

  • 84. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 11 : 03

    Shame. Sy het opgehou skryf oor artritis in haar hande. Ek sal graag wou sien wat gebeur die dag wat Poens vrou vat. Sal nogal daarvan hou om Tannie Ena met die hand te groet. Ek dink sy is n nice mens.

  • 85. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 11 : 05

    Murray het nie kinders nie. Ek dink amper Bierman ook nie.

  • 86. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 11 : 06

    Olga

    Het jy dan nie geweet dat net gay mense intelligent kan wees nie?

  • 87. Olga  |  Julie 13, 2009 om 11 : 06

    gaan kuier vir haar in mosselbaai wanneer jy weer kaap toe gaan. dan diktee sy poena se grootmens storie en jy tik. dalk sal festus vir poens pa staan as sy oudste gedoop word.

  • 88. Olga  |  Julie 13, 2009 om 11 : 08

    re 86. wind waai seker die windbukse beter skoon. alle domheid weg.

  • 89. Olga  |  Julie 13, 2009 om 11 : 10

    mina dink my noolste nolie het baie maer geword in die 6 weke wat sy hom nie gesien het nie. ek moet dalk ook limpopo toe om in n kleiner tent te kan kom. kleiner tente is darem goedkoper.

  • 90. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 11 : 11

    Hoeveel Mosterts is daar in Mosselbaai? Dit klink na n plan.😡 Behalwe die tik deel, sy kan n sekretaresse gaan huur.

  • 91. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 11 : 12

    A nun, badly needing to use the restroom, walked into a local Hooters.

    The place was hopping with music and loud conversation and every once in a while “the lights would turn off.”
    Each time the lights would go out, the place would erupt into cheers.
    However, when the revelers saw the nun, the room went dead silent.

    She walked up to the bartender, and asked, “May I please use the restroom?
    The bartender replied, “OK, but I should warn you that there is a statue of a naked man in there wearing only a fig leaf.”

    “Well, in that case, I’ll just look the other way,” said the nun.
    So the bartender showed the nun to the back of the restaurant.

    After a few minutes, she came back out, and the whole place stopped just long enough to give the nun a loud round of applause!
    She went to the bartender and said, “Sir, I don’t understand. Why did they applaud for me just because I went to the restroom?”

    “Well, now they know you’re one of us,” said the bartender, “Would you like a drink?”
    No thank you, but, I still don’t understand,” said the puzzled nun.

    “You see,” laughed the bartender, “every time someone lifts the fig leaf on that statue, the lights go out.

    Now, how about that drink?”

  • 92. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 11 : 13

    Mens sweet jou seker maer in Limpopo

  • 93. Olga  |  Julie 13, 2009 om 11 : 17

    hulle het hulle die winter maer gebewe. hy het die eerste keer in die 3 jaar dat hy daar is, warm klere gedra. en toe was al sy langbroeke hier. behalwe sy werkrbroeke. slim het sy baas gevang.

  • 94. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 11 : 38

    Ek het die naweek n boek gelees van hoe n hele gemeenskap vermoed n meisie se pa verkrag haar. Haar ma het ook verkies om nie te weet nie. Hopenlik kom die dag gou dat mense hulle nie aan familie sake steur nie en knoop wat geknoop moet word.

  • 95. Nats  |  Julie 13, 2009 om 11 : 44

    O ja ek het vergeet…

    BAIE GELUK AAN 500ste POST!!!!!!!

    En dis nogal cool, want dis op Mnr se verjaardag ook nog!!

  • 96. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 11 : 48

    Tweeling

    Ek het vir I en J n bottel sjampanje op die dak weggesteek. Ons kan maar on the house drink.

  • 97. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 11 : 49

    Hoera

    Pinky is terug!

  • 98. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 12 : 00

    Wie’s Pinky

  • 99. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 12 : 02

    Nats

  • 100. Nats  |  Julie 13, 2009 om 12 : 02

    Adrie
    Ek kon nou eers my prentjie sien… toe dog ek die draak doen dit nie – toe verander ek dit terug na pinky… maar ek sien net die draak!

    Cool!!!! Is dit peach? Dis lekker!!

  • 101. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 12 : 07

    Ek het geen idee wat dit is nie. Ongemerkte bottels wat ek uit Checkers gesteel het.

  • 102. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 12 : 08

    😯 So dit was al die pad ‘n draak. En ek vind dit nou eers uit.

  • 103. Nats  |  Julie 13, 2009 om 12 : 21

    Jip dit was ‘n draak!
    Nie geweet julle kon dit sien nie, want ek kon nie!

    Cool – daai “odd bins” gaan ‘n eerste wees vir my!

  • 104. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 12 : 27

    Ons kon ‘n blouerige patroon sien.

  • 105. Nats  |  Julie 13, 2009 om 12 : 36

    Ek soek eintlik ‘n ander prentjie… bietjie moeg vir die pinky!

  • 106. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 12 : 38

    Kry ‘n ander Pinky

  • 107. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 12 : 47

    Ek sou seker geweet het as ek net die prentjies kon sien, maar al prentjies wat ek sien is Maxie en Olga sn en o ja sis dudu sn

  • 108. Nats  |  Julie 13, 2009 om 12 : 48

    Ok ander pinky!

    Kan jy hom sien?

  • 109. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 12 : 50

    Nope

    Nog nie. Laat ek van my sel af probeer.

  • 110. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 12 : 51

    Shame Tweeling

    Is jy nie bang jou tande hak iewers vas nie?

  • 111. Nats  |  Julie 13, 2009 om 1 : 05

    Nie juis nie, maar dis die naaste aan ‘n look alike wat ek kon kry😆

  • 112. Matahari  |  Julie 13, 2009 om 1 : 07

    Die wind waai regtig kwaai vandag. Ek klim nie n hel in die dubbledecker bus vandag nie.

  • 113. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 1 : 08

    Die wind dink vandag dis Augustus soos hy hier waai

  • 114. Matahari  |  Julie 13, 2009 om 1 : 13

    Ooh, ek wil nie eers dink hoe gaan die wind volgende maan d wees nie.

  • 115. Matahari  |  Julie 13, 2009 om 1 : 15

    Toe ek gisteraand van die werk af gekom het het die gemors wat in die flat gewoon het darem wegeloop. Good riddance ook.

  • 116. Matahari  |  Julie 13, 2009 om 1 : 17

    Die quarter past bus is darem nie vandag n double decker nie. Bye.

  • 117. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 1 : 37

    Die wind is darem maar net ‘n briesie hier.

  • 118. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 1 : 46

    Ons bly seker nie verniet naby Windbank nie

  • 119. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 1 : 50

    Hoekom is Witbank nog nie Bruin / Swart bank nie. Ek laat my nie vertel dat die bank nog Wit lyk nie. Ja, ek weet die naam het verander.

  • 120. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 2 : 06

    eMalahleni

  • 121. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 2 : 11

    Dit is op party plekke baie wit – van die plastieksakke wat daar rondlê !

  • 122. Olga  |  Julie 13, 2009 om 2 : 26

    Ai, die wind het opera skoon uit haar mini gewaai.

  • 123. Olga  |  Julie 13, 2009 om 2 : 28

    Gelukkig was daar vanjaar voorbrande gemaak. Ek loop vir die eerste keer vandat ons hier woon nie snuif snuif van venster na venster om vir rook te loer nie.

  • 124. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 2 : 30

    Julle het gelukkig al die wind vir vandag gekry.

  • 125. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 2 : 31

    Olga

    Dink jy dat dit genoeg gaan wees?

  • 126. Olga  |  Julie 13, 2009 om 2 : 35

    Brandstigter tussen die bome in die plantasie en ons was gewees. Onder die bome le minstens n dekade se afval en smeek vir n vuurhoudjie. Die laaste skoon plantasie wat ek gesien het, was 12+ jare gelede. Toe daar nog hl&h plantasies was.

  • 127. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 3 : 04

    Brandstigters hoort self op ‘n brandstapel.

  • 128. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 3 : 41

    GRRRR

    Daar hak al weer vas

  • 129. Nats  |  Julie 13, 2009 om 3 : 45

    Terug
    Kan ek nou asb huis toe gaan!!!

    Ek is moeg…

  • 130. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 3 : 57

    4 uur. Dalk tyd vir n laat middagete?

  • 131. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 4 : 18

    En da hak ek vas… seker my tande!!😆

  • 132. Nats  |  Julie 13, 2009 om 4 : 19

    En da is ek sommer my Tweeling!!!

    Solly Tweeling…

  • 133. Olga  |  Julie 13, 2009 om 4 : 33

    ek dink die wind het almal en alles om en dom gewaai.

  • 134. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 4 : 38

    Ek wou nou net se, daar is NIKS fout met my tande nie

  • 135. Olga  |  Julie 13, 2009 om 6 : 07

    het jy ook kleintyd baie mensvleis of dan boetievleis tussen jou tande gehad?

  • 136. *Mathilda*  |  Julie 13, 2009 om 6 : 24

    Olga, ek sien daai advertensie sê nou R199 of as jy versekering het KAN dit gratis wees, sê steeds niks van jou outbonus wat geaffekteer word nie

  • 137. Adrie  |  Julie 13, 2009 om 6 : 32

    Olga

    Ek het mense wat kan getuig my byt is erger as my blaf. 25 jaar na die insident.

  • 138. Beenkop  |  Julie 14, 2009 om 2 : 23

    hey adrie ek sien jy ken baie van die ouer musiek, ken jy hierdie een?

  • 139. Adrie  |  Julie 14, 2009 om 6 : 44

    Hi Beenkop

    Nee, ken die een nie. Weet wel van Buddy Holly.

    The night the music die (American Pie)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: