Geldpraatjies

Julie 11, 2009 at 5 : 57 100 Kommentaar

Geld is ‘n vloekwoord.  Veral in die ressessie.  Persoonlik is ek nou moeg vir die ressessie.  Dit was al ‘n paar maande gelede vervelig gewees.  Wanneer die winde van verandering gaan kom, ken ek ‘n paar mense wat aan geld verslaaf gaan raak.  Ek beslis ook en ek gaan beslis die laaste een wees om by Geld Anoniem aan te sluit.

Sommige mense beskou geld as die wortel van alle kwaad.  Tog het ek nog nooit gehoor dat iemand nee dankie sê vir ‘n bietjie ekstra nie.  Behalwe miskien as dit op ‘n oneerlike manier bekom word.  Dit is wel waar dat geld soos gif kan wees.  Min mense het regtig die guts om moord te pleeg, maar hulle gewetes hou op werk wanneer geld te sprake is. 

Ander mense glo nog sterk daaraan om jou geld op die water te werp.  Die filosofie is hoe meer jy uitdeel, hoe meer gaan jy terug ontvang.  Duidelik deel ek hopeloos te min uit.  Die groot probleem met die teorie is dat jy eers geld nodig het, voordat jy dit kan uitdeel.  Wat jy van iewers moet kry.

Wat staan ‘n meisie te doen?  Sy werk hard vir haar geld.  Dit bring elke maand iets in, dit betaal die huur en sit kos op die tafel.  Kanse is dat jou nie gaan ryk maak nie.  Daarvoor moet jy na die kabouter wat op sy pot goud wat aan die einde van die reenboog sit gaan soek.  En hoop dat karma ry jou nie vir die res van jou lewe nie.  Ryk trou bly ook altyd iets om te oorweeg.  Net jammer hulle is so moelik om op te spoor.  Jy kan ook jou geluk met die lotto beproef, ongelukkig het jy ‘n groter kans om deur weerlig raak geslaan te word.

Verskoon my asseblief.  Ek gaan gou ‘n bankrower gaan soek.  Ek wil hom van sy buit beroof.

Blogvraag:  Identifiseer die liedjies.

Blogantwoord:  Olga was reg met Sally Bowles

Entry filed under: Liedjiepret. Tags: .

Boy meets girl Die verandering van tye

100 Kommentaar Add your own

  • 1. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 01

    hallo

    winds of change – lifehouse

  • 2. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 03

    poison – alice cooper

  • 3. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 04

    she works hard for the money – donna summer

  • 4. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 05

    chances – air supply

  • 5. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 06

    Olga??

  • 6. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 07

    at the end of the rainbow – hammerfall

  • 7. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 12

    money – michael jackson

  • 8. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 17

    what’s a girl to do? – sister 2 sister

  • 9. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 6 : 22

    Eerste!:mrgreen:

  • 10. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 23

    lo willes

    speel saam!

  • 11. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 24

    the last one – cary brothers

  • 12. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 26

    true – spandau ballet

  • 13. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 27

    Willes?
    Olga?

  • 14. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 28

    people – barbra streisand

  • 15. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 6 : 30

    Hey max

  • 16. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 30

    some people – cliff richards

  • 17. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 31

    Tilla !!!!!!!
    Hoe gaan dit?

  • 18. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 32

    Adrie
    Jy’t interesssante musiekkennis vir ‘n 12 jarige….

  • 19. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 6 : 34

    Goed dankie en jy ?

  • 20. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 34

    believe – cher

  • 21. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 34

    Goed dankie!

  • 22. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 6 : 34

    Jy is omtrent op n roll

  • 23. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 36

    Dis nie eintlik lekker om alleen te speel nie, maar ag wat, volgende week sit Olga my weer ore aan

  • 24. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 6 : 36

    Ek het biki vandag my kennis op faceboek gaan probeer verbreed – ma dit help niks as niemand met jou praat nie

  • 25. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 6 : 37

    Ek is mal oor poison

  • 26. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 39

    Ja, self.
    Ook mal oor True en Chances (het dit lanklaas gehoor).

  • 27. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 6 : 41

    Ken nie

  • 28. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 41

    en om mee op te som:

    money money money – abba😉

  • 29. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 6 : 42

    Sien later, ons gaan nou biki die wurms voer

  • 30. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 42

    Jy sal True herken as jy dit hoor – kry darem nog soms lugtyd

  • 31. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 43

    Tatta, geniet dit..

  • 32. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 49

    the root of all evil – beautiful south

  • 33. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 56

    Hallo

    Max, wat is so interessant aan my musieksmaak. Ek het spesiaal vir jou n kriptiese enetjie ingegooi.

  • 34. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 58

    En dit is nie so wyd as money, money, money nie.

  • 35. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 58

    Bankrower: ma baker – boney m😉

  • 36. maxie  |  Julie 11, 2009 om 6 : 59

    Hi Adrie!
    Jou musieksmaak is redelik “oud”…

  • 37. maxie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 00

    Lekker, ‘n kriptiese een… laat ek begin soek

  • 38. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 04

    Max

    Moenie kla as ek julle eendag met 2009 treffers gooi nie. Wat goed is, is goed – al is dit n 100 jaar oud.

  • 39. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 05

    Eerlik, ek dink die 80s was die musiek dekade.

  • 40. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 07

    O ja, Olga stuur haar verskonings. Sy het gaste.

  • 41. maxie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 11

    Stem, die 80s se musiek bly maar die beste!

    Gewoonlik sien ek net kriptiese goed, maar noudat ek doelbewus soek, sien ek niks. Grrr.

    Sal aanhou soek.

    Het wel aan iets gedink:

    9 to 5 – dolly parton

  • 42. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 17

    😆

    Ek kan dalk ook byvoeg dat my ma mal is oor musiek. Die radio is aan vandat sy haar oe oop het tot sy haar oe sluit. Daarby het sy n wye musiek smaak, van country tot queen en kurt van heerden. Sy het ook baie compilations.

  • 43. maxie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 28

    Sjoe, omtrent wye musieksmaak.
    Ek was altyd baie lief vir musiek, meestal rock en popmusiek, maar deesdae gaan ek deur stadiums, wil soms vir weke aaneen nie eens die radio aanhe nie.

  • 44. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 30

    Max

    Lyk my jy moet dokter toe. Jy klink vir my siek.

  • 45. maxie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 31

    Nee wat, ek gee op met die kriptiese een.
    Laat weet tog wat dit was, asb.
    Dankie, dit was lekker!
    Hoop Olga is volgende keer hier.

  • 46. maxie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 33

    Haai hoe het jy geweet ek het ‘n hoofpyn ?😉
    Nee, ek hou net baie van stilte, sommige tye meer as ander.

  • 47. KEAGAN  |  Julie 11, 2009 om 7 : 34

    HI

  • 48. KEAGAN  |  Julie 11, 2009 om 7 : 37

    HI I am erna son

  • 49. maxie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 38

    verkeerde spelling

  • 50. KEAGAN  |  Julie 11, 2009 om 7 : 38

    KEAGAN

  • 51. boervrou  |  Julie 11, 2009 om 7 : 43

    hello almal

  • 52. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 7 : 43

    Terug

  • 53. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 7 : 44

    Hallo Keagan

  • 54. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 44

    Hi Keagan

    How are you?

  • 55. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 7 : 45

    Hallo boerin

  • 56. boervrou  |  Julie 11, 2009 om 7 : 45

    word ek nie gegroet vanaand nie?

  • 57. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 45

    Hi Buurvrou.

  • 58. boervrou  |  Julie 11, 2009 om 7 : 46

    hi M

  • 59. boervrou  |  Julie 11, 2009 om 7 : 46

    Hi A3

  • 60. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 7 : 47

    How goes

  • 61. boervrou  |  Julie 11, 2009 om 7 : 47

    Is nog iemand siek?

  • 62. boervrou  |  Julie 11, 2009 om 7 : 48

    Jakob my getroue vriend laat my nie eers beter voel nie

  • 63. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 7 : 48

    Net siek viri koue

  • 64. boervrou  |  Julie 11, 2009 om 7 : 50

    Dit ook nog, was eintlik vandag warm hier.

  • 65. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 52

    Nope! Beter dinge om te doen as om siek te word.

    Max, posduif is oppad

  • 66. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 7 : 52

    Dit was eintlik n lekker dag maar ons gaan more boet daarvoor

  • 67. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 7 : 52

    Hallo kloon

  • 68. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 7 : 55

    Keagan – where did you go

  • 69. boervrou  |  Julie 11, 2009 om 7 : 55

    bye julle lekker aand

  • 70. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 56

    Sy ma het seker haar selfoon afgevat.

  • 71. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 7 : 56

    Bye boerin – hoop jy voel gou beter

  • 72. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 7 : 56

    Dit is nou wat ek noem hit en run.

  • 73. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 8 : 02

    Dan waai ek ook maar

  • 74. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 8 : 03

    Dis nie asof hier geselskap is nie

  • 75. Olga  |  Julie 11, 2009 om 10 : 15

    karma van alicia keys

  • 76. Olga  |  Julie 11, 2009 om 10 : 18

    bankrobber van the clash

  • 77. Olga  |  Julie 11, 2009 om 10 : 20

    personally van karla bonoff

  • 78. Olga  |  Julie 11, 2009 om 11 : 03

    longshot van die week, money’s too tight to mention van simpley red

  • 79. Olga  |  Julie 11, 2009 om 11 : 05

    hard to find van squeeze

  • 80. Olga  |  Julie 12, 2009 om 7 : 41

    more, more.

  • 81. Olga  |  Julie 12, 2009 om 8 : 24

    Max, ek sien juf annie het darem my verskoning oorgedra. ek hdt gster n rowwe dag gehad. kerkraad vergadering 10.30 begin en aangehou tot 3 uur. en ons alles te kroon, nee wag, hoe minder ek kla hoe gouer sal dit pas.

  • 82. Wille Kjind Q  |  Julie 12, 2009 om 9 : 09

    More more!!!

  • 83. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 9 : 10

    More almal

  • 84. Rapport  |  Julie 12, 2009 om 9 : 11

    Johannesburg

    Dis weer Broedertwis.

    Dekades oue geheime, wrokke en vetes dreig om op die lappe te kom vanweë ’n onthullende nuwe boek, Die Afrikaner-Broederbond , waarin die teoloog dr. Nico Smith verklap wat in dié geheime organisasie aangegaan het.

    Dit is die eerste sodanige exposé wat deur ’n lid van die binnekring geskryf is.

    Smith, wat van 1963 tot 1973 lid van die Broederbond was, onthul wat in die organisasie se binnepolitiek gebeur het, beskryf hoe byeenkomste verloop het en verduidelik selfs die geheime handdruk (“deur die hand stewig na regs te draai wanneer jy iemand groet”).

    Die Afrikanerbond (soos die organisasie deesdae bekendstaan) het lede vandeesweek teen dié komende “smeerboek” gewaarsku. Luidens ’n kennisgewing aan lede is Smith se boek, wat binne weke op die rakke sal wees, op “bitterheid en venyn” eerder as feite gebaseer.

    Smith is veral bekend vanweë sy kritiek op kerklike apartheid en sy besluit om in die vroeë 1980’s by die NG Kerk in Afrika aan te sluit en in Mamelodi te woon.

    Hy het al destyds aan sy Broeder-memoire begin skryf, maar het glo eers besluit om dit te publiseer nadat hy onlangs ’n artikel gelees het waarin prof. Piérre Theron, Afrikanerbond-voorsitter, die organisasie se lof besing.

    Van die geraamtes wat Smith uit die Bond-kas grawe, sluit in hoe teologiestudente met versteekte bandopnemers afgevaardig is om op die Pretoriase teoloog prof. Ben Marais te spioeneer; hoe die Bond uit bewerings van seksuele wangedrag teen die Stellenbosse rektor prof. Jannie de Villiers voordeel getrek het; en hoe Smith self in sy aanstelling as Matie-dosent deur sy Bond-konneksies bevoordeel is. Smith onthul ook dat dr. Murray Janson, bekende teoloog en berader, in ’n stadium die fluitjie wou blaas deur medepredikante in ’n ope brief aan te moedig om die Bond te verlaat. Janson se vrees vir verwerping het hom van die plan laat afsien.

    Voorts het dr. Andries Treurnicht, latere KP-leier, glo erg gewroeg oor sy besluit om by die Bond aan te sluit – ’n kollega moes hom in gebed bystaan voordat hy tot die stap oorgegaan het.

    Ook dr. Beyers Naudé loop deur oor die toegeeflike houding wat hy in sy laaste jare teenoor die Bond ingeneem het.

    “As dit nie vir die AB was nie, sou Afrikaners apartheid baie vroeër bevraagteken het,” het Smith vandeesweek in sy huis op Klipkop gesê. “Afrikaners het nooit geleer om self te dink nie, want daar was ’n geheime organisasie wat alles namens hulle besluit het.”

    Boonop het die invloed van die Bond die NG Kerk van sy ware Christelike karakter ontneem en Afrikaner-intellektuele aangemoedig om apartheid teen hul gewete te steun, meen Smith.

    Die Afrikanerbond het volgens hom geen bestaansreg meer nie. “Die Afrikanerbond verhinder Afrikaners om met ander Suid-Afrikaners saam te leef, want dit is polariserend .”

  • 85. Rapport  |  Julie 12, 2009 om 9 : 15

    Johannesburg

    Mnr. Cyril Ramaphosa, ANC-veteraan en sakeman, het ’n aanbod van die hand gewys om Anglo American se voorsitter te word.

    Die aanstelling van sir John Parker, ’n Brit, in dié pos het die afgelope week opslae gemaak omdat dit gelyk het asof Anglo nie ag slaan op die regering se versoek om ’n swart Suid-Afrikaner, soos Ramaphosa, in dié pos aan te stel nie.

    Swart sakelui en die regering het hul irritasie laat blyk jeens Anglo se oënskynlike “onwilligheid om te transformeer”.

    Ramaphosa, wat die regering se man vir dié pos was, is die pos wel aangebied, maar wou dit weens sy ander sakebelange nie aanvaar nie.

    ’n Bron in Anglo het gesê die voorsitterskap is uiters veeleisend, veral teen die agtergrond van Xstrata se vryery om met Anglo saam te smelt.

    Minstens twee direksievergaderings word jaarliks in Londen gehou en Ramaphosa het besluit dit gaan te veel van hom verg, is gesê.

    Volgens die bron is dié gesogte pos ook aan ander swart sakelui aangebied.

    Adv. Sandile Nogxina, direkteur-generaal van mynwese, het gister opnuut sy teleurstelling oor die aanstelling uitgespreek.

    “Al het ons meer as 300 jaar ervaring in die mynwese in Suid-Afrika kon ons nogtans nie iemand lewer wat aan Anglo se vereistes voldoen nie.”

    Nogxina het gesê Suid-Afrika tel onder die oudste mynbou-ekonomieë ter wêreld.

    “ ’n Mens sou verwag dat ons ’n poel geskikte leiers sou hê, maar Anglo het steeds gevoel hulle moet ’n voorsitter van buite die land kry.”

    ’n Staatsamptenaar het gesê hy weet nie waarom Ramaphosa nie die pos, wat hom ’n geleentheid sou gee om dié strategiese onderneming te transformeer, wou aanvaar nie.

    Ramaphosa kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

    Mnr. Pranill Ramchander, woordvoerder van Anglo, het gister geweier om op die aanbod aan Ramaphosa te reageer.

    “Prominente Suid-Afrikaanse kandidate was op die lys, maar kon die aanbod nie aanvaar nie weens hul verpligtinge elders,” is al wat hy wou sê.

    Nogxina het gesê Anglo beklee ’n belangrike plek in die ekonomie omdat baie van sy rykdom van Suid-Afrika se grondstowwe afkomstig is.

    Hy het Anglo daarvan beskuldig dat die maatskappy nie verbind is tot transformasie nie.

    “Selfs hul uitvoerende hoof (Cynthia Caroll) is nie ’n Suid-Afrikaner nie. Dit is mos ’n belediging, is dit nie? Dit wys jou net wat Anglo van Suid-Afrika dink.”

    Volgens Nogxina het hy “gerugte gehoor” dat Ramaphosa die aanbod van die hand gewys het, maar hy het bygevoeg dat Ramaphosa nie die enigste geskikte kandidaat is nie.

    “Dit beteken mos nie as een persoon dit van die hand gewys het dit ander swart Suid-Afrikaners diskwalifiseer nie.”

    Volgens hom moet Anglo nou ten minste ’n swart adjunkvoorsitter aanstel.

    Die kwessie sou hom nie soveel gepla het as Anglo net nóg ’n onderneming was wat geld maak in die land nie, het Nogxina gesê.

    “Maar ons praat hier van minerale wat die erfenis van alle Suid-Afrikaners is.”

  • 86. Rapport  |  Julie 12, 2009 om 9 : 25

    Kaapstad

    Rapport se eksklusiewe onthullings verlede Sondag oor “Suid-Afrika se eie Fritzl” het groot belangstelling in die internasionale media ontlok.

    “South African Fritzl: Girl, 18, who tracked down father on internet was kidnapped and kept as sex slave,” het die Britse Daily Mail dit uitgebasuin.

    “South African Fritzl ‘raped’ long lost daughter,” het die meer bedeesde First Post in Brittanje berig.

    Veral die Duitse media (die beskuldigde is ’n Duitse burger, hoewel hy in Kaapstad woon) het die tragiese verhaal van Heinz* se beweerde seksuele misdade teen sy dogter, Sandra*, sterk opgevolg.

    “Mein Vater hielt mich als Sex-Sklavin,” (My pa het my as seksslaaf aangehou) lui die Duitse poniekoerant Bild se hoofopskrif. Hul berig begin met “Unglaublich!” (ongelooflik!).

    En “Schockierender Inzest-fall” (skokkende bloedskande-geval) lui die onderskrifte by Rapport se foto’s van die slagoffer, haar pa en die huis in Muizenberg waarin die beweerde verkragtings plaasgevind het.

    Die meer ernstige media-instansies soos RTL-televisie en die koerant Die Welt het glo hard probeer om onderhoude met die pa en sy beweerde slagoffer te kry, terwyl Bild en ander poniekoerante die waarheid heelwat gerek en feite plek-plek blatant verdraai het.

    Bild het verkeerdelik in ’n berig onder die opskrif “Sy sperm sal hom verklap” berig dat Heinz aangekeer is nadat forensiese toetse op Sandra se klere uitgevoer is.

    Sandra se familie hoop die internasionale dekking sal druk op die polisie en regstelsel in Suid-Afrika help plaas om die ondersoek en saak teen Heinz gou af te handel.

    Sandra en haar broer wil teen einde Julie terugkeer Duitsland toe.

    * Skuilname

  • 87. Rapport  |  Julie 12, 2009 om 9 : 29

    Kaapstad

    Die span van 50/50 hoop dat die publiek se reaksie dié gewilde natuur-en-bewaringsprogram weer eens sal red.

    Die program se laaste uitsending was op 6 Julie nadat hul jaarlikse kontrak met die nasionale uitsaaier verval het.

    Daar was beloftes van die SAUK dat die program in Oktober kan terugkeer, maar dié datum is intussen na April 2010 geskuif – sonder ’n kontrak.

    “Ek is al ’n week werkloos, maar het nog nie kans gehad om te dink wat ek nou gaan doen nie,” sê Johann Botha, uitvoerende vervaardiger.

    “Ek beantwoord nog net die hele tyd navrae van mense wat wil weet wat nou aangaan met 50/50.”

    Verskeie petisies doen die ronde om die program te probeer red en die publiek kan ook op Facebook en Twitter hul steun wys.

    50/50 is al sedert 1984 op die lug en is naas televisienuusbulletins die langslopende program in Suid-Afrika.

    Botha sê dis ’n program wat ’n geweldige impak maak, nie net oor dierestories nie, maar ook die waghondrol wat hulle speel.

    “Baie mense vra hoekom ons nie e.tv of M-Net toe gaan nie, maar persoonlik voel ek dat ons by die SAUK moet bly.

    “Ons verrig immers ’n openbare uitsaaiersrol, naamlik opvoeding, vermaak en om in te lig. 50/50 is ’n program wat ’n verskil maak!”

    Volgens Botha was die aanvanklike verstandhouding dat hul kontrak jaarliks hernu word, maar dat die program net aanhou loop.

    “Vroeër vanjaar wou SABC2 vir drie maande ’n ander program in ons tydgleuf uitsaai, dan sou 50/50 weer vroeg in Oktober terugkeer.

    “Toe skuif die datum einde Oktober toe, en nou is dit April 2010 – sonder ’n verduideliking of sonder ’n kontrak.”

    Botha sê hy moes in die koerante lees 50/50 word na April geskuif “sodat dit op die lug kan wees tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi”.

    “Die brief wat óns kry, sê dit gaan oor die finansiële krisis. Toe ek vra of ons die program in Oktober kan terugbring as ons borge kry, was die antwoord nee.”

  • 88. Rapport  |  Julie 12, 2009 om 9 : 33

    Kaapstad

    Die nasionale gesondheidsdepartement se begroting het die grootste teenstand van LP’s gekry in die jaarlikse stemming oor staatsdienste se begrotings.

    Nadat parlementslede die laaste paar weke die begrotings van die onderskeie staatsdepartemente in debatte uitgepluis het, was Woensdag die dag waarop hulle “ja” of “nee” moes stem vir elke begroting.

    Om teen ’n departementele begroting te stem, word gesien as die ergste vorm van protes oor hoe daardie begroting aangewend word.

    Die stemmery word gesien as ’n rapport vir die betrokke minister en staatsdepartement en ’n politieke party neem so ’n besluit nie ligtelik nie.

    Opposisiepartye het vanjaar gemeen dis te vroeg om die nuwe ministers in probleem-departemente soos binnelandse sake en korrektiewe dienste nou al met teenstemme te straf voor hulle kans gehad het om ’n verskil te maak.

    Van die 34 begrotingsposte was die kritiek op ses egter so erg dat LP’s wel teen die begrotings gestem het.

    Gesondheid het die meeste teenstemme getrek, ’n volle 107.

    Die DA, Cope, die IVP, VF+ en ACDP het teen die gesondheidsbegroting gestem, grootliks weens die swak bestuur van hospitale wat veral armes se lewens bedreig, die swak hantering van staatsdokters, die departement se swak ouditverslae en die ontoereikende program teen MIV/vigs.

    Polisie was die naasongewildste staatsdepartement met 69 teenstemme van die DA, ACDP en sommige Cope-lede.

    Die redes was dat Suid-Afrikaners onveilig voel, hulle tot private veiligheidsondernemings wend en dat gereelde misdaadstatistieke onbekombaar en onbetroubaar is weens korrupsie.

    Die departement van sport en ontspanning het 67 teenstemme getrek, van die DA, VF+ en sommige Cope-lede. Die redes is rasgegronde bestuur, swak ouditverslae en die toestand van boks in Suid-Afrika.

    Volgende op die lys ongewildes was die Onafhanklike Klagtedirektoraat, wat sy eie begroting het om korrupsie in die polisie te ondersoek.

    Die DA en sommige Cope-lede het weens die onderfinansiering van die direktoraat en die swak hantering van die publiek 66 stemme teen die begroting uitgebring.

    Die departemente van basiese onderwys en kommunikasie het elk 64 “nee”-stemme ontvang.

    In die geval van onderwys het die DA, VF+ en ACDP teen die begroting gestem oor die swak peil van skoolonderrig in veral arm gemeenskappe, terwyl die debakel oor die SAUK-raad die hoofrede was waarom die DA, VF+ en sommige Cope-lede teen die kommunikasiebegroting gestem het.

  • 89. Olga  |  Julie 12, 2009 om 10 : 59

    recession van youn+jeezy. ai, iets kruip weg vir my. ek kan net nie my vimme daarop lè nie.

  • 90. *Mathilda*  |  Julie 12, 2009 om 11 : 04

    More

  • 91. maxie  |  Julie 12, 2009 om 12 : 45

    a little extra – linkin park

  • 92. maxie  |  Julie 12, 2009 om 12 : 47

    thank you – christina aguilera

  • 93. maxie  |  Julie 12, 2009 om 12 : 50

    Olga
    Hemeltjie tog, wat ‘n lang vergadering…
    Jy’s goed! Ek was oortuig daarvan dat hier nie meer ‘n enkele liedjie is nie, gaan nou nog ‘n bietjie soek, hoofpyn is weg, kan helder dink

  • 94. maxie  |  Julie 12, 2009 om 12 : 54

    dishonest – jim brooks

  • 95. maxie  |  Julie 12, 2009 om 12 : 57

    murder – coldplay

  • 96. maxie  |  Julie 12, 2009 om 12 : 58

    kospotte wag, bye

  • 97. Olga  |  Julie 12, 2009 om 2 : 26

    maxie, ek kan jou nie alleen laat vet word nie. heng, ek like ook musiek kwaai.

  • 98. ADRIANA  |  Julie 12, 2009 om 4 : 18

    20 ekstra liedjies, behalwe die wat ek self in gesit het.

  • 99. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 5 : 01

    Ek moet dalk kyk of ek myself tot ‘n paragraaf of so kan beperk.

  • 100. Adrie  |  Julie 12, 2009 om 5 : 02

    He He He

    Dan gaan julle kop krap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: