Boy meets girl

Julie 10, 2009 at 5 : 54 99 Kommentaar

Vrydagaande is tradisioneel uitgaan aande.  Dit is al vir dekades lank al so en dit gaan seker nog die geval wees vir dekades wat kom.  Dit is dan ook gewoonlik in die tyd wat nuwe liefdes ontmoet. 

Ontmoetings is dikwels maar rampspoedig.  Die groet en voorstel deel is maklik.  Die koeitjies en kalfies wat daarop volg is ‘n perd van ‘n heeltemaal ander kleur.  Niemand is lus om oor die werk of, erger, die weer op ‘n Vrydagaand  te praat nie.  Dit laat ‘n mens met ‘n paar beleefde opmerkings oor die plek en die musiek.  Moontlik self ‘n dans.  Dit is nou as die eerste waarneming aanvaarbaar is.  Een van die redes hoekom ek uit ‘n klub uit bly is omdat ek altyd die weirdo’s kry.  Die wat pleinweg af is, nie interessant weird nie.

Eerste ontmoetings is dikwels ongemaklik.  Daar is egter die ontmoetings waar jy na ‘n paar sekondes voel dat jy ‘n ou verlore vriend raak geloop het.  Dit is gewoonlik die wat op ‘n kontakbesonderhede ruil uitloop.  Dan is daar die rampspoediges.  Die wat jy graag sal wil vergeet, maar dit nooit sal kan regkry nie.

Tipies waarnemer het ek dit al baie gesien, maar was gelukkig genoeg om dit te vermy.  Een van die klassiekes is seker om jou drankie op iemand te mors.  Veral as dit iets soos rooiwyn is wat maklik vlek.  Ek het al gesien hoe mense val terwyl hulle met iemand dans.  Erger, ‘n ou wat ‘n meisie laat val met wie hy dans.  ‘n Ondeurdagte opmerking wat iemand ernstig teen die bors stuit.

Niks kom seker daarby om as ‘n jong onervare man ‘n transvestiet van nader te leer ken nie.  Soos wat met die Kinks in die liedjie Lola gebeur het.

Het jy al so ‘n rampspoedige ontmoeting ervaring?  Ken jy dalk iemand anders se ervaring wat jy met ons kan deel?  Wat van ‘n rampspoedige ontmoeting met ‘n gelukkige einde?

Blogvraag:  Wat was die naam van Liza Minnelli se karakter in Cabaret?

Blogantwoord:  Olga was reg met Lady Godiva

Entry filed under: Bogpraatjies. Tags: .

‘n Man se plek Geldpraatjies

99 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Julie 10, 2009 om 6 : 04

    eerste.

  • 2. Olga  |  Julie 10, 2009 om 6 : 08

    sally bowles

  • 3. Coyote  |  Julie 10, 2009 om 7 : 18

    Tweeeste

  • 4. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 7 : 28

    Derdeste! Dêmmit!!!!!

  • 5. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 7 : 29

    Dit gat more piskoud wees

  • 6. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 7 : 29

    En Sondag nog kouer👿

  • 7. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 7 : 30

    Dit dan jou weer vooruitsigte virri naweek:mrgreen:

  • 8. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 7 : 37

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( ( B E S S I E ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) ) ) )

  • 9. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 7 : 39

    TSK!!!! Simpel hond kry seke te koud om te kom sing

  • 10. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 7 : 40

    Ek sien oom Se Baas Jan was laanklaas hie om sy glas suurlemoen sap te kom drink

  • 11. Olga  |  Julie 10, 2009 om 7 : 50

    hey wk. dis nie koud hier vanaand nie. tref ons altyd 3 dae later. bessie pas my noolste nolie op. seker bang hy steel sy ma.

  • 12. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 om 8 : 02

    Lo da maats

  • 13. Adrie  |  Julie 10, 2009 om 8 : 03

    Ek oorweeg dit sterk om te verkluim

  • 14. Olga  |  Julie 10, 2009 om 8 : 08

    is liz meiring aljyd so n irriterende kramp in die gat?

  • 15. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 om 8 : 08

    More kloon en oormore gaan ons bietjies bietjies piepie

  • 16. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 om 8 : 10

    Ek sit in my bed met my warmwatersak en noot vir noot kyk

  • 17. Adrie  |  Julie 10, 2009 om 8 : 12

    Ek moet my sal nog gaan maak.

  • 18. Adrie  |  Julie 10, 2009 om 8 : 13

    Hoekom is swart musikante wat pop sing altyd goed?

  • 19. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 om 8 : 13

    Myne is 1 sonder water

  • 20. Olga  |  Julie 10, 2009 om 8 : 14

    my vriendin se pa is darem nou in die teater.

  • 21. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 om 8 : 14

    O hel, gelukkig verskil smaak, dis nou beslis nie my idee van mooi nie

  • 22. Adrie  |  Julie 10, 2009 om 8 : 15

    Ek is te arm vir daardie afferes.😛

  • 23. Adrie  |  Julie 10, 2009 om 8 : 15

    Watter medies het hy?

  • 24. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 om 8 : 16

    Disi so duur nie, myne was R129 en werk so maklik

  • 25. Adrie  |  Julie 10, 2009 om 8 : 16

    Tilla, kyk net hoe geniet hulle dit!

  • 26. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 8 : 17

    Naand inni aand

  • 27. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 om 8 : 18

    Willes – wa lê jy ?

  • 28. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 8 : 19

    Ek kry so koud ek wag vir ‘amper te laat’ voor ek gat piepie

  • 29. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 8 : 20

    Tilla

    Ek lê in my se bedjie en sent vi sent kyk

  • 30. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 om 8 : 20

    Jy gan baja koud kry as jy daai amper mis

  • 31. Adrie  |  Julie 10, 2009 om 8 : 21

    Dalk moet ons vir Bessie n kan Obs om die nek knoop. As sy haar verwerdig om te kom as n mens haar roep.

  • 32. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 8 : 22

    Mhuhahahahahahha!!!!!

    Ek sal dit net net maak😉

  • 33. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 8 : 23

    Daai Marion vrou pis my af. Bigtime!

  • 34. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 8 : 24

    Sy is GLAD NIE snaaksi

  • 35. Adrie  |  Julie 10, 2009 om 8 : 24

    Olga

    Gaan ons die jaar oudisies doen?

  • 36. Adrie  |  Julie 10, 2009 om 8 : 25

    Marion is te veel.

  • 37. Olga  |  Julie 10, 2009 om 8 : 26

    bessie drink nie obs nie. ek en sy isi siek nie.

  • 38. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 8 : 27

    Die obs is juis solat jy NIE siek wordi

  • 39. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 om 8 : 29

    Wie is die Marion as sy by die huis is

  • 40. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 8 : 29

    *GAAP* Eks lekka moeg vandag

  • 41. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 8 : 31

    Ek ken nie die Marion vroumens nie

  • 42. Adrie  |  Julie 10, 2009 om 8 : 32

    Olga

    Sy moet dit net aandra, nie self suip nie.

  • 43. Adrie  |  Julie 10, 2009 om 8 : 33

    Ek wil haar ook nie ken nie.

  • 44. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 om 8 : 35

    Ek haat dit as mense so orig is net oor hulle nou op tv is

  • 45. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 om 8 : 39

    En ek gaan nou maar dudu

  • 46. Sonkind  |  Julie 10, 2009 om 9 : 22

    Marion was saam met my op skool – sy was toe al nie lekker nie. Nataniel was ook saam my op skool. Dalk was dit iets in die water. Of dalk is ons almal net te slim om gewoon te wees LOL!

    My ergste ervaring was toe ‘n ou my kom vra het om te dans en toe hy ewe galant vooroor buig om nou af te show, terwyl hy my vra, kots hy voor my voete. Fok, dit was erg!

  • 47. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 om 9 : 27

    Son
    😯 Agge nee man!! Gross!! Ek hoop jyt hom somme gebliksem💡

  • 48. Adrie  |  Julie 10, 2009 om 10 : 19

    Snaaks hoe mans die kwessie van kots benader. Die meeste van hulle aanvaar dat n girl op n date of in hulle kar gaan kots. Hulle maak maar gedwee skoon, haal haar hare uit die pad en maak seker sy is okay.

    Die meeste girls weer dink weer glad nie dat kots (van n date) snaaks is nie.

  • 49. Olga  |  Julie 11, 2009 om 12 : 07

    Ek was sommer so in die bondel voor gestel. “hei almal, dis olga. Olga, dis vriende van ons. Dis mary (n ou. Was desjare van p.e,) dis neels en dis homer.” en toe almal sit, “olga, ek dare jou, gaan sit op homer se skoot.” En olga is wie olga was, gaan plak sy toe haar gat op homer se skoot. En die voorbarige ab soen my, n vreemdeling, op my wang. Ai, tog, ek sit vandag nog op sy skoot.

  • 50. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 12 : 18

    Is hier iemand op nagskof

  • 51. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 12 : 24

    Son – eeeeuwww

  • 52. *Mathilda*  |  Julie 11, 2009 om 12 : 25

    Ek loer maar weer later in

  • 53. Olga  |  Julie 11, 2009 om 5 : 38

    More, more.

  • 54. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 8 : 09

    GGGRRR!!!!!!

  • 55. Olga  |  Julie 11, 2009 om 8 : 59

    Ai, wk, ek dink jou tande is al stomp gekners.

  • 56. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 9 : 35

    More more!

    Olga

    Ek issi ‘n oggend mensi. Dit vat my ‘n rukki om soos ‘n mens te voel😉

  • 57. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 9 : 49

    More

  • 58. Beeld  |  Julie 11, 2009 om 10 : 00

    Aletta Otto

    Middelburg. – ’n Wit?renoster het gister vir groot konsternasie gesorg toe hy uit ’n sleepwa ontsnap en langs die N4 by Middelburg gaan weiding soek het.

    Die renosterbul het uitgekom nadat die bakkie en sleepwa waarin hy vervoer is, gistermiddag omstreeks 16:00 in ’n ongeluk was.

    Die bestuurder van die bakkie het tussen die N4-tolhek en die Van Dyksdrif-afrit beheer verloor en die bakkie het gerol.

    Die sleepwa het ook gerol, in die proses oopgegaan en die renoster het uitgekom.

    Hy het oor die N4 gehardloop tot in die veld langs die hoofweg. Die renosterbul was een van twee renosters wat vanaf die Kruger Nasionale Wildtuin na Viljoenskroon in die Vrystaat vervoer moes word.

    Die renosters is in afsonderlike sleepwaens aan twee verskillende bakkies vervoer.

    Mnr. Marius Els, eienaar van die renosters, het ’n teelprojek op sy plaas, Marlo Boerdery, waarheen die renosters op pad was.

    Hy het met die een bakkie gery en mnr. André Pienaar, wat hom gehelp het om die diere te vervoer, het die bakkie bestuur wat in die ongeluk was.

    Pienaar sê hy het gevoel hoe begin die sleepwa agter hom wieg en die volgende oomblik het hy beheer verloor en die bakkie en sleepwa het gerol. Pienaar is nie in die ongeluk beseer nie. Els, wat agter Pienaar gery het, het gesien hoe die renoster oor die pad hardloop. “Ek het groot geskrik.”

    Hy het stilgehou en hulle het hulp ontbied. Talle motors het stilgehou om die petalje te aanskou. ’n Veearts is ontbied en die renoster is verdoof.

    ’n Ander sleepwa is inderhaas gereël en die dier is met toue en ’n blinddoek na die sleepwa geneem. Dit lyk nie of die renoster beseer is nie.

    Volgens mnr. Ian Lombard, inspekteur van die plaaslike Dierebeskermingsverening, was dit die eerste keer dat hy so iets aanskou het, “maar die nodige maatreëls is getref om die dier so min as moontlik te laat stres”.

    Teen gisteraand 18:00, twee uur ná die ongeluk, het die span steeds gespook om die renoster in die sleepwa te kry.

    Konst. Michael Potgieter van die Middelburg-polisiekantoor was ook op die toneel.

    “Die pad is nie gesluit nie, maar die verkeer het maar stadig gevloei met die renoster in die omtrek. Hierdie was nou ’n eerste vir my,” het hy gesê.

    Els het reëlings getref dat die renoster intussen na Pienaardam-ontspanningsoord (net buite Middelburg) geneem word en daar bly totdat hy hom kan gaan haal.

    “Ek is net bly hy het nie seergekry nie, want renosters lê my baie na aan die hart. Hulle is sulke besonderse diere.”

  • 59. Beeld  |  Julie 11, 2009 om 10 : 01

    Pamplona (Spanje). – ’n Man is gister dood nadat ’n bul hom gegaffel het terwyl hy hier aan die tradisionele Running of the Bulls-stierfees deelgeneem het, het die streeksowerhede gesê.

    Mnr. Daniel Jimeno (27) se nek is deurboor nadat die bulle van koers verander en in ’n groep feesgangers ingeploeg het, het ’n amptenaar van die Navarra-streeksregering aan verslaggewers gesê.

    TV-beelde het gewys hoe ’n bul Jimeno, geklee in ’n wit broek en gestreepte hemp, in die lug gooi en hom dan deurboor terwyl hy opgekrul op die grond lê. Mede-feesgangers het sy dood probeer keer deur die dier se stert te trek en dit met stokke te slaan.

    Nog drie feesgangers is beseer.

    Sy dood is die eerste sterfte in jare tydens die fees, wat roem verwerf het danksy Ernest Hemingway se roman The sun also rises.

    Honderde feesgangers van oor die wêreld drink elke jaar deur die nag voordat hulle in die vroeë oggendure voor die bulle in die strate hardloop. – Reuters Life!

  • 60. Beeld  |  Julie 11, 2009 om 10 : 05

    Cobus Coetzee

    Al hoekom mnr. Julius Malema, ANC-jeugligaleier, vir haatspraak, teistering en diskriminasie na die gelykheidshof gesleep is, is omdat ’n wit minderheid hom en ander swart leiers wil verneder.

    So het hy gister buite die hof in Johannesburg uitgevaar teen mnr. Mbuyiselo Botha, die klaer en raadgewer van Sonke Gender Jus?tice Network.

    Malema voer aan Botha, ’n vryheidsvegter teen apartheid, het die klag teen hom gebring omdat hy ’n front is vir ’n wit minderheid, wat swart leiers in die verleentheid wil stel.

    “Die swart gesigte in die voorgrond (van Sonke) verteenwoordig die wittes wat nie ’n swart leierskorps wil aanvaar nie,” het hy gesê terwyl sowat 20 jong mense hom toegejuig het.

    Volgens Malema is Botha en ander swart lede van Sonke nie “egte Afrikane” nie.

    Hy glo as hulle was, sou hulle hul besware met die ANC bespreek het en nie die hof genader het nie.

    “Ons sal nooit swig onder die wit minderheid nie,” het Malema gesê.

    Botha het die klag teen Malema aanhangig gemaak oor Malema se opmerkings in ’n toespraak voor studente van die Kaapse Skiereiland-universiteit van Tegnologie op 22 Januarie.

    Hy het hom uitgelaat oor die verkragtingsaanklag waarop pres. Jacob Zuma in 2006 onskuldig bevind is en na bewering gesê Khwezi (die klaer se skuilnaam) het ’n “lekker tyd” gehad.

    “As ’n vrou dit (seks) nie geniet nie, loop sy vroeg in die oggend.

    “Diegene wat dit geniet het, wag totdat die son opkom en vra ontbyt en taxigeld.

    “Dié oggend het dáái vrou ontbyt en taxigeld gevra,” het hy glo gesê. “Jy kan nie taxigeld vra van iemand wat jou verkrag het nie.”

    Sonke is ’n nie-regeringsorganisasie wat geslagsgelykheid bevorder en seksuele geweld wil voorkom.

    Botha is in die tagtigerjare tydens die bevrydingstryd in die kop geskiet en het van die motoriese gebruik van sy linkerkant verloor.

    Hy eis Malema moet om verskoning vra vir sy uitsprake en erken sy uitsprake het tot die diskriminasie teen vroue bygedra.

    “Ek sal nie verskoning vra vir hierdie Mickey Mouses nie,” het Malema gesê.

    Botha glo daar is nie meer plek in Suid-Afrika vir sulke uitsprake soos wat Malema maak nie.

    “Hy moet die inhoud van die saak teen hom aanspreek en nie die rassekaart speel nie.

    “Ek glo Malema verteenwoordig nie die ANC se oortuigings nie. Dit is tyd dat die ANC, wat wonderlike beleid rakende gender het, opstaan en sê waarvoor hulle staan.”

    Landdros Colleen Collis het die saak tot 31 Augustus uitgestel.

  • 61. Beeld  |  Julie 11, 2009 om 10 : 08

    Corné van Zyl

    Hobbit, die Nasionale Dieretuin in Pretoria se 30-jarige gorilla, is deesdae maar skaars.

    Nadat suikersiekte by hom gediagnoseer is, is daar dae wanneer hy nie meer “lus” is om sy naghok te verlaat nie.

    “Ons maak nog elke oggend sy naghok oop sodat hy in sy kamp kan rondloop, maar ons dwing hom nie om uit te kom nie. Dit is sy keuse,” het me. Carin Cloete, kurator van die primate by die dieretuin, gesê.

    “Daar is nou ook bordjies op wat aan besoekers verduidelik hoekom Hobbit nie meer elke dag in sy kamp rondloop nie. Mense moet besef dat hy nie elke dag goed voel nie.”

    Wanneer Hobbit wel sy naghok verlaat, is hy lief daarvoor om net te sit en diep te dink en soms ook ’n uiltjie te knip. “Dit beteken nie dat hy neerslagtig is nie,” het dr. Adrian Tordiffe, Hobbit se veearts, gesê.

    Hobbit volg ’n streng dieet en kry insulien-inspuitings. Aanvanklik het hulle veerpyle gebruik om Hobbit met die insulien in te spuit. Tordiffe het Hobbit egter oorreed om self vir sy inspuiting te kom stilstaan.

    “Elke oggend wanneer hy my hoor, weet hy dit is tyd vir ’n inspuiting. Hy kom staan dan geduldig met sy rug teen die tralies sodat ek hom met insulien kan inspuit. Ek glo Hobbit weet dié inspuitings laat hom beter voel.”

    ) Daar is een afspraak wat Hobbit altyd nakom. Hy kyk elke aand sy gunstelingsepie, Binnelanders.

  • 62. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 1 : 20

    Eks besig om reg te maak ommi rugby by Loftus te ga kyk😥

    EK WILLI GAAN NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 63. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 2 : 28

    Bly dan by die huis

  • 64. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 2 : 37

    Gmpf!!!!! Ek het ‘n groot bek gehad, kaartjies gekry en nous ek hier!

    Blok NN, Ry EE en seats 39-41. Dis hond warm TSK!

  • 65. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 2 : 43

    Die roomys is lekka😈

  • 66. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 2 : 50

    Dankie tog daasi dar……… Uhm mense met vuvuzelas nie. Anners het ek wragtag oppi tievie verskyn asgevolg vanni ‘op inni hol druk’ aksie

  • 67. Beeld  |  Julie 11, 2009 om 3 : 06

    Willes

    Gaan volgende jaar na die eerste bafana wedstryd. Ek dare jou.

  • 68. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 3 : 08

    O heng!!!!

  • 69. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 3 : 08

    😳

  • 70. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 3 : 14

    Beeld

    As jy da gat wees om te report dan aanvaar ek jou dare! Jy sal net by my 3ling moet hoor of sy saam gat😉

  • 71. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 3 : 20

    En hulle moet rook verban terwyl jy die game kyk. My kjinners word onner geen omstandighede bloodgestel aan rook nie. Dit pis my bigtime af as mense nie worry van dies wat om hulle sitti. Veral assit kjinners is

  • 72. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 3 : 23

    Ja ja……. Ek weet eks self ‘n roker ma ek is ‘n roker wat tenminste dink aan anne mense. As jy jou eie longe wil opfok moet jy dit doen wa jy nie anne mense sn ook opfok

  • 73. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 3 : 24

    Wat?

    Moet jy jou drieling se hand vashou om iemand hard te laat poep.

  • 74. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 3 : 27

    Ek hetti met jou gepraati. Ek ek met Beeld gepraat:mrgreen:

  • 75. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 3 : 28

    Eish! Miskien moet ek tenminste maak of my oge oppi bal is

  • 76. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 3 : 30

    M wil al huistoe gaan

  • 77. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 3 : 32

    Was ek al oppi tievie❓

  • 78. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 3 : 35

    As jy jouself by die rugby wil verveel, moet my nie daarby insleep nie.

  • 79. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 3 : 38

    Blah blah blah……… Dis al wat ek hoor

  • 80. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 3 : 40

    Saam met wie is jy daar?

  • 81. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 3 : 42

    Die oom agter my skree net PASS PASS PASS DIE FOKKEN BAL!!! En die antie langs my skree VANG DIE BLÊRRIE BAL!!!

  • 82. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 3 : 43

    Mense wat saam my werk

  • 83. Adrie  |  Julie 11, 2009 om 3 : 47

    Wat skree jy?

  • 84. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 3 : 57

    Ek skree op M met my blou bul t shirt aan

  • 85. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 3 : 59

    Die kjind hang soos ‘n aap aani stoele en skree hy wil huistoe gaan

  • 86. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 4 : 01

    Ek moes nie ‘n langmou ding aangeterek hetti. Voel of lanks die duiwel sit met die son wat my so bak

  • 87. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 4 : 04

    Half L coke is R10😯

  • 88. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 4 : 08

    O fok!!! Da score die bulle en M dink dis oordeelsdag

  • 89. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 4 : 09

    He! He! Die kjind is skoon bleek ommi kiewe

  • 90. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 4 : 17

    Hies wragtag iemand met ‘n vuvukaka

  • 91. Wille Kjind Q  |  Julie 11, 2009 om 4 : 23

    Hy sit natuurlik aani anne kant vanni veld en ek kanni sien wie dit issi. Die son wat in my oge skyn help okki veeli

  • 92. Coyote  |  Julie 11, 2009 om 6 : 01

    Loda Willes wat is die score

  • 93. beenkop  |  Julie 15, 2009 om 1 : 00

    mag ek vra, wie het hierdie inskrywing gedoen?

  • 94. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 1 : 08

    Ek het, Beenkop.

    Hoekom?

  • 95. Beenkop  |  Julie 15, 2009 om 1 : 21

    is jy nie miskien lus om saam met my night fever toe te gaan vrydagaand?

  • 96. Adrie  |  Julie 15, 2009 om 1 : 47

    Hoekom?

  • 97. Beenkop  |  Julie 15, 2009 om 11 : 04

    weet jy, ek sal terug kom na jou toe op daai een.

  • 98. Beenkop  |  Julie 15, 2009 om 11 : 05

    weet jy,ek sal terug kom na jou toe op daai een

  • 99. Beenkop  |  Julie 15, 2009 om 11 : 06

    sorry vir die duplicate, hier was een of ander error toe post hy hom twee keer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: