Die dood van ‘n ikoon

Julie 8, 2009 at 6 : 08 122 Kommentaar

Hulle sê die dood is die een gelykmaker.  Die Skoppensboer steur hom nie aan geslag, ras, geloof, ouderdom of sosiale status nie.  Jy is een dood skuldig en jy het geen sê oor wanneer jy die skuld gaan vereffen nie.

Dit mog waar wees, maar wat na jou dood gebeur is heeltemaal ‘n ander storie.  Veral as nuwe grense gestel het en ‘n legende in jou eie leeftyd geword.  ‘n Huishoudelike naam, iemand wat gereeld bespreek is en wie die media ‘n ongesonde belangstelling getoon het.  Die dood mag jou vir ‘n oomblik weer mens gemaak het, maar jou begrafnis sal dan wêreldnuus wees.  Een van die hoogtepunte van die jaar, baie moontlik dalk ‘n sirkus ook – as jou naasbestaandes nie ‘n wakende ogie hou nie.

Dit is moeilik om ‘n goeie beskrywing van ‘n ikoon te kry.  My powere verduideliking is iemand wat die wêreld aan hulle voete gehad het, in so ‘n mate dat die wêreld geglo het hulle is onsterflik en wat dekades, indien nie eeue na hulle dood nog sal voortleef.  Daar is vandag nog mense wat glo dat Elvis nie dood is nie, al is hy al amper 32 jaar lank dood.  Meer onlangse gevalle is Prinses Diana, Moeder Theresa, Pous Johannes Paulus II en natuurlik Michael Jackson.  Nelson Mandela in die toekoms.

Die media en die publiek se reaksie op ‘n ikoon se dood is iets om te beskou.  Die wêreld kom tot ‘n stilstand die eerste paar ure na hulle dood.  Die doodsberig word elke paar minute uitgesaai en die huldeblyke stroom in.  Vir sekeres word die ikoon ‘n mens sonder smet of blaam.  Ander gaan weer uit hulle pad uit om te bewys dat die persoon baie geraamtes in hulle kas het.  Die publiek neem kennis, of dit nou met afsku, nuuskierigheid of rou is.  Party is werklik in sak en as, ander kan nie minder omgee nie, maar almal kyk / lees die begrafnis.

Die daaropvolgende jaar of twee is die persoon weer baie gewild.  Elke gerug rondom sy/haar dood word ondersoek en bespreek.  Stadig raak dit ou nuus of eerder waai die histerie oor.  Die nuutgewerfde en die die-hard bewonderaars herdenk getrou hulle verjaarsdae en dood.  Elke 10 jaar is daar weer ‘n oplewing, tot hulle net ‘n belangrike hoofstuk in ‘n geskiedenisboek geword het.

Ek erken dat ek na Diana, moeder Theresa en die Pous se begrafnis gekyk het.  Die eersgenoemde twee se begrafnisse moes opgeneem geword het, omdat ek gewerk het.  Rou was nie te sprake nie.  Selfs nie eers toe Dalene Matthee dood is nie, sy was regtig een van my helde.

Wie se dood het jou geruk?  Hoe voel jy oor die vereering van die sogenaamde ikone?  Het jy hulle begrafnisse gevolg?

Blogvraag:  Watter Amerikaanse aktrise is volgens ‘n stadslegende met ‘n motorongeluk onthoof 29 Junie 1967? (Sy is regtig dood, maar darem nie op so ‘n wyse nie.)

Blogantwoord:  Olga was reg met Donna Summer.

Entry filed under: Filosofie. Tags: .

Ontkleedanseresse ‘n Man se plek

122 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 om 6 : 13

    Shorty Long ?

  • 2. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 om 6 : 31

    Jok ek lekker

  • 3. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 om 6 : 34

    Jayne Mansfield

  • 4. Wille Kjind Q  |  Julie 8, 2009 om 6 : 38

    EERSTE!!!!!!!!!!

  • 5. Wille Kjind Q  |  Julie 8, 2009 om 6 : 40

    :mrgreen:

  • 6. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 om 6 : 40

    Of nie – hie hie

  • 7. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 om 6 : 40

    Ganit willes

  • 8. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 om 6 : 48

    Ok toodles

  • 9. Wille Kjind Q  |  Julie 8, 2009 om 6 : 51

    TILLA!!!!!!!!!!!! SORRY……… was besig om magies te voer

  • 10. Wille Kjind Q  |  Julie 8, 2009 om 6 : 52

    Kom trug!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 11. Olga  |  Julie 8, 2009 om 8 : 44

    ek onthou dat louwtjie weke lank gehuil het toe elvis dood is. op 16 aug 1977.

    en andre het hom kaduks gehuil toe john lennon 8 des 1980 geskiet was.

    ek moet egter erken ek het regtig gedink diana se dood was n media foefie. ek was nie n fan van haar nie. toegegee. maar die wyse waarop sy dood is was tog o, so verkeerd. moeder theresa se dood het my nogal geruk. ek het enkel weke voor haar dood n artikel oor haar lewe in n ou readers digest gelees.

  • 12. Adrie  |  Julie 8, 2009 om 8 : 52

    Olga

    Ek het nie gelewe met Lennon of Presley se dood nie. Het dit ook so baie aandag gekry as die meer onlangse dode?

  • 13. Olga  |  Julie 8, 2009 om 8 : 54

    dit het in n 7 dag wonder ontpop, so beslis.

  • 14. Adrie  |  Julie 8, 2009 om 8 : 54

    Ek onthou ek het by die sitkamer ingeloop en gehoor Diana is dood. My reaksie was: Ha Ha Ha, wie dink hulle wie flous hulle. Toe kom die bevestiging van die koningshuis. Dadelik het hulle my volle aandag gehad.

  • 15. Olga  |  Julie 8, 2009 om 8 : 56

    hulle was albei legendes. the king is dead, long live the king het n cliche geraak na elvis se dood.

  • 16. Olga  |  Julie 8, 2009 om 8 : 59

    regtig sonder die media sirkus om diana se elke beweging sou sy steeds gelewe het. haar seuns sou ook beslis nie bad boys uitgedraai het nie.

  • 17. Adrie  |  Julie 8, 2009 om 9 : 00

    Ek wonder of Monroe se dood ook n sirkus was?

  • 18. Adrie  |  Julie 8, 2009 om 9 : 03

    Diana sou vandag net n vergete has been gewees het, as sy nie vroeg gesterf het nie.

  • 19. Olga  |  Julie 8, 2009 om 9 : 05

    tot dusver is die 2 mannetjies saam nie n patch op hulle oompie andrew nie. sover lyk dit of sy oudste dogter hom dalk die stryd met sukses kan aanse.

  • 20. Olga  |  Julie 8, 2009 om 9 : 07

    nee, wat ek dink diana sou altyd die media se liefling gewees het.

  • 21. Adrie  |  Julie 8, 2009 om 9 : 12

    He he, almal wonder oor n koninglike troue in die nabye toekoms.

  • 22. Adrie  |  Julie 8, 2009 om 9 : 13

    Diana sou lelik oud geword het.

  • 23. Olga  |  Julie 8, 2009 om 9 : 14

    freddy mercury se dood op 24 nov 1991 het my so ontstel, ek het regtig groot brandende trane van leed gehuil.

  • 24. Olga  |  Julie 8, 2009 om 9 : 16

    sy sou heel waarskynlik lelik oud geword het. maar sy sou altyd die media en die wereld se prin6 van harte gewees het. eat your heart out camilla.

  • 25. Olga  |  Julie 8, 2009 om 9 : 19

    ek dink nie chelsea davis of kate middleton is prinses materiaal nie. maar dit is maar my beskeie mening.

  • 26. Adrie  |  Julie 8, 2009 om 9 : 19

    Camilla het net n perdebek.

  • 27. Adrie  |  Julie 8, 2009 om 9 : 20

    Ek kan nie onthou dat daar so groot reaksie op Freddy se dood was nie.

  • 28. Sonkind  |  Julie 8, 2009 om 9 : 22

    Ek doen nie eers famlie begrafnisse nie – watwou nog ikone. En Camilla het meer breins in haar pinkie as wat Di in haar hele lyf gehad het. Diana was mooi, maar ek het niks van haar gehou nie. Ek is seker die enigste of een van baie min wat nie van haar gehou het nie. Sy was te veel van ‘n pissie vir Charles!

  • 29. Adrie  |  Julie 8, 2009 om 9 : 23

    Maar dan was ek net st1 toe hy dood is.

  • 30. Sonkind  |  Julie 8, 2009 om 9 : 23

    O ja, en nog iets. Ek het VEEL meer van Fergie gehou (Andrew se eks) as enige een van die ander koninklikes

  • 31. Olga  |  Julie 8, 2009 om 9 : 24

    nee, daar was nie. maar dis oor sy seksualiteit. die wereld hou nie regtig van sulke dinge nie. lets face it, freddy het meer charisma in sy pinkie gehad as john lennon en elvis saam.

  • 32. Olga  |  Julie 8, 2009 om 9 : 27

    fergie is meer mens as hulle almal saam. beslis. tog het sy nie dieselfde media magic as di gehad nie. ek het reeds gese ek was gn diana fan nie.

  • 33. Adrie  |  Julie 8, 2009 om 9 : 29

    Hi Son

    Om eerlik te wees, as ek aan Camilla dink, dink ek aan daar spotprent met Harry met die swastika op die arm. Charles, met Camilla aan sy sy, vra hom toe wat maak hy met daardie lelike ding aan sy arm. Harry: ek kan jou dieselfde vra.

    Dit is baie moontlik dat Camilla meer breins as Di gehad het. Met al daardie intelery was intelligensie seker van die eerste wat gewaai het.

  • 34. Adrie  |  Julie 8, 2009 om 9 : 33

    Ek was n Diana fan, weliswaar nie n groot een nie. Ek was nou wel nie n dogtertjie-dogtertjie nie, maar ek was genoeg om van prinsesse te hou. Seker tot met st 3 of 4. Diana en Fergie het prinsesse werklik gemaak.

  • 35. Olga  |  Julie 8, 2009 om 9 : 34

    camilla is net grillerig. intelligensie kan haar wragtig nie ophelder nie.

  • 36. Adrie  |  Julie 8, 2009 om 9 : 37

    En Diana is familie van Winstom Churchill. Verlangs, maar dit is meer as wat Camilla kan se.😆

  • 37. Adrie  |  Julie 8, 2009 om 9 : 38

    Moet natuurlik Winston wees.

  • 38. Olga  |  Julie 8, 2009 om 9 : 38

    Gaan weer more nelspruit toe. nag. leke slp.

  • 39. Adrie  |  Julie 8, 2009 om 9 : 41

    Olga

    Hoekom dink jy Kate en Chelsy is nie prinses materiaal nie?

  • 40. Olga  |  Julie 8, 2009 om 9 : 54

    eerlik gesproke my liewe juf annie, hulle is cheapos. en taamlik ruggraatloos ook. as ek die prinse raad verskuldig is, sal ek aan albei se (soos menige male aan my bb) yer can bed er me boy but yer cannot wed er.

  • 41. maxie  |  Julie 8, 2009 om 9 : 59

    Ek onthou baie goed hoe my ma gehuil het met Elvis se afsterwe. Dit was ‘n week voor my verjaarsdag en al waaroor ek bekommerd was, was of sy gaan ophou huil om darem ‘n koek te bak😈

    Diana se dood was op Mo se verjaarsdag, onthou ook baie duidelik. Sy oorlede ma (my suster) was ‘n groot fan van haar. Ek juis onlangs op ‘n plakboek van Diana afgekom tussen haar bokse boeke wat nou ons voorportaal vol staan.

    Ek dink nogal Kate sal ‘n goeie prinses uitmaak. Chelsy nie.

  • 42. Wille Kjind Q  |  Julie 9, 2009 om 5 : 38

    More! More!

    @ Ouma Max

    Gee jy wragtag jou ouderdom weg op ‘n openbare blog😯
    *fluister* ek dink ek sal ‘n beterder prinses maak:mrgreen:

  • 43. Jaco  |  Julie 9, 2009 om 7 : 40

    More tjommas

  • 44. Olga  |  Julie 9, 2009 om 7 : 48

    more, more.

  • 45. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 9 : 11

    More maters – dis amper Vrydag !

  • 46. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 9 : 20

    More almal

  • 47. Beeld  |  Julie 9, 2009 om 9 : 23

    Louise Mouton
    Stilbaai. – ’n Branderryer is by Jongensfontein, naby dié Wes-Kaapse stranddorp, deur ’n witdoodshaai aangeval.

    Mnr. Paul Buckley van Claremont is gister uit ’n Mosselbaaise hospitaal ontslaan nadat hy steke gekry het in die been waar die haai hom gebyt het. Die haai het ’n gat van byna 25 cm in Buckley se branderplank gebyt.

    Haai-aanvalle is baie skaars in die Stilbaai-en-Jongensfontein-omgewing.

    Volgens Buckley het ’n witdoodshaai van by die 2,5 m lank hom uit die bloute aangeval. “Dit was alleen God se beskerming dat ek nie noodlottig beseer is nie.”

    Volgens mnr. Pieter (Boeta) de Witt, ’n ooggetuie, het hy twee branderplankryers in die water by ’n gewilde strand onder plaaslike branderplankryers gesien. Skielik het die een woes begin spartel. De Witt het besef daar is fout en strand toe gehardloop. By die strand het hy ’n man uit die see sien kom en hom te hulp gesnel toe hy om hulp roep.

    Volgens De Witt was die man se been erg beseer en kon mens duidelik sien dat hy deur iets aangeval is. ’n Gat van tussen 20 cm tot 25 cm in die branderplank was duidelik sigbaar.

    Buckley is na ’n plaaslike dokter gebring waar hy vir diep bytwonde aan sy linker-bobeen behandel is. Die bloeding is gestop en hy is na ’n Mosselbaaise hospitaal geneem. Hy sterk in Jongensfontein aan.

    Me. Lorna Scott, onderburgemeester van Hessequa, het gesê De Witt gaan ’n spesiale prys kry vir die manier waarop hy hulp verleen het.

  • 48. Nats  |  Julie 9, 2009 om 9 : 25

    Goeie more julle!!

    Ek onthou Diane se dood… my ma was baie ontsteld, ons het dit vroeg oggend voor skool gehoor, en toe dadelik tv toe!

    My ma is dieselfde ouderdom as Diane, my sus so oud soos Prince William en ek so oud soos Prince Henry of te wel Harry! Weird!

    En natuurlik Michael se dood was vir my ook hartseer… ja mense sê hy het kinders molesteer ens… maar dit wat hy gedoen het het hy goed gedoen, en ja hy was weird, maar hy het ook ‘n familie en kinders gehad – hulle het ‘n pa en broer verloor.

  • 49. Beeld  |  Julie 9, 2009 om 9 : 26

    Herman Scholtz

    Twee mans wat ’n man in Pretoria-Noord “gestamp” het sodat hy breinskade opgedoen het omdat hy glo sy vrou aangerand het, se weergawe van die gebeure is te dik vir ’n daalder.

    “Ek kan nie as redelik moontlik aanvaar dat jy ’n man se kakebeen kon breek deur hom te stamp nie,” het landdros Adriaan Bekker van die Pretoriase streekhof gesê toe hy Flippie Buys (31) en Francois Botha (36) skuldig bevind het aan aanranding met die opset om ernstig te beseer.

    Hulle het tereggestaan op aanklagte van poging tot moord en aanranding.

    Bekker het bevind die staat het nie bo redelike twyfel bewys die mans wou mnr. Emile van Wyk ná ’n kuiersessie by Die Watergat doodmaak nie.

    Buys is ook op ’n tweede aanklag van aanranding skuldig bevind omdat hy me. Daniel Visser (24), Van Wyk se dogter, in die sy geskop het toe sy hande-viervoet oor haar pa gaan staan het om hom te beskerm.

    Volgens getuienis het Botha nie uit sy bakkie geklim en aan die aanrandings meegedoen nie, maar wel vir Buys geskreeu: “Moer hom dood!”

    Albei mans is tot twee jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, en ’n boete van R10 000 gevonnis. Buys is ook ’n boete van R1 000 opgelê weens die aanranding op Visser.

    Die drama het op 4 Augustus 2007 begin toe al die partye by die kroeg gekuier het.

    Van Wyk se familie het sy verjaardag gevier.

    Die hof het gehoor die familie is huis toe nadat Visser en haar ma, me. Sophia Maria Coetzer, uitgegooi is omdat hulle op die dansbaan “gestoei” het. Hulle ontken dit en sê hulle is huis toe omdat een van hulle se skoenhak gebreek het.

    Erg teenstrydige weergawes van wat hierop gevolg het, is aan die hof voorgehou.

    Botha en Buys het beweer hulle het langs die familie by ’n rooi verkeerslig stilgestaan en gesien hoe Van Wyk vir Coetzer “aanrand”.

    Later het hulle op Coetzer afgekom op ’n ander straathoek waar sy vermoedelik afgelaai is.

    Bekker het gesê die mans het stilgehou om Coetzer te help. Volgens Buys het hulle gevra: “Tannie, is jy oukei? Kan ons jou dalk huis toe vat?”

    Van Wyk het kort hierna ook hiér, waar die mans hom bygedam het, uitgeklim. Hy het agteroor geval en met sy kop teen die teerpad geval.

    Van Wyk ondervind nog ernstige gesondheidsprobleme, totale geheueverlies en ly nou aan “uitbarstings van aggressie” weens sy breinbeserings, het die hof gehoor.

    “Die hof aanvaar die aanranding was nie beplan nie. Die tragedie is dat dit so onnodig en onbenullig was.”

  • 50. Beeld  |  Julie 9, 2009 om 9 : 27

    Kaapstad. – Die regering se besluit om nie die Krugerwildtuin aan grondeisers terug te gee nie, kan hersien word, het die minister van grondsake en landelike ontwikkeling gister laat blyk.

    Mnr. Gugile Nkwinti het op vrae gereageer nadat dié kwessie by ’n vergadering van die parlementêre komitee oor sy portefeulje ter sprake gekom het. Mnr. Blessing Mphela, hoofgrondeisekommissaris, het op die vergadering daarop gewys dat die Krugerwildtuin-grondeis ’n onopgeloste saak is wat vir ’n groot kopseer sorg.

    Dit is enersyds omdat die kabinet vroeër besluit het die eisers moet eerder ander grond of vergoeding aangebied word “omdat die wildtuin ’n nasionale ikoon is”. Andersyds het die kommissie nie die geld om die eisers die R20 miljard vir dié 400 000 ha te betaal nie.

    Nkwinti het agterna by navraag gesê: “Die vorige kabinet het ’n besluit geneem en dit bly van krag totdat die huidige kabinet anders besluit, maar dit is ’n saak wat opgelos moet word.”

    Dit is krities belangrik “dat die regering so sensitief en ontvanklik moontlik moet wees” teenoor mense se behoeftes. Indien dit nodig raak, sal ’n voorlegging dus aan die kabinet gedoen word.

    “Ons wil nie ’n nóg ’n Khutsong hê nie,” het hy gesê met verwysing na die vorige kabinet se besluit om dié dorp uit Gauteng na Noordwes te “verskuif”.

    Dit was teen die wil van die inwoners en het tot grootskaalse protesaksies gelei voordat die besluit verander is.

    “Jy kan nie wag vir die protesaksies en dan jou standpunt verander nie,” het die minister gesê.

    Mnr. Stone Sizane, komiteevoorsitter, het oor die kabinet se vroeëre Krugerwildtuin-besluit gesê: “Niemand wat nie van hul grond ontneem is, kan besluit dat regmatige grondeisers nie hul grond kan terugeis nie.”

    Hy meen ook dit is onvanpas dat die staat so ’n besluit kon neem terwyl dit die staat was wat die grond in die eerste plek onteien het.

    Die kommissie is egter verplig “om ’n aktivistiese rol namens die eisers te speel”, het hy aan Mphela gesê.

  • 51. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 9 : 27

    Willes

    Jy kan nie ‘n prinses wil wees nie – jy is dan ‘n queen !

  • 52. Wille Kjind Q  |  Julie 9, 2009 om 9 : 28

    TJOMMAS!!?? Whahahahahaha!!!!!!!!!!!!!!

  • 53. Beeld  |  Julie 9, 2009 om 9 : 31

    Korrespondent

    Londen. – Op 104 jaar is mev. Ivy Bean van Engeland die oudste mens op die sosiale webwerf Facebook en nou ook op Twitter.

    Bean het teen gister 21 954 aanhangers op Twitter gehad wat sy byna daagliks op die hoogte hou van haar bedrywighede in Bradford, York, waar sy ’n inwoner is van die Hillside Manor-tehuis vir bejaardes.

    Bean en haar skootrekenaar het verlede Augustus onder die Britse media se aandag gekom as die oudste mens op Facebook.

    Die rekord is voorheen deur ’n 97-jarige Fransman gehou, maar niemand het intussen na vore gekom om Bean om haar titel uit te daag nie.

    Haar belangstelling in Facebook is gewek toe sy werkers by Hillside oor die verskynsel hoor praat het, waarna sy besluit het om haar by die revolusie aan te sluit.

    Aan die begin het sy ’n tyd lank ’n skamele nege vriende op die netwerk gehad, maar binne ’n paar maande het dit tot duisende gegroei nadat werkers by die tehuis ’n groep genaamd “Oldest Person on Facebook” namens haar gestig het.

    In Mei vanjaar het Bean by Twitter aangesluit.

    Op 26 Junie het sy in een van haar inskrywings oor ’n artikel oor haar in die media gekla: “am in chat mag this week and i look fat”.

    Oor die algemeen handel haar inskrywings oor die daaglikse lewe in ’n tehuis: van uitstappies tot wat vir middagete voorgesit word.

    Sy meld ook dat sy ’n aanhanger is van die TV-program Deal or No Deal.

    Bean, ’n voormalige meulwerker, is op 8 September 1905 as Ivy Asquith in Bradford gebore. Sy was een van agt kinders en het op 14 jaar die skool verlaat.

    Sy het later met Harold Bean, ’n soldaat, getrou en die egpaar het een dogter, Sandra.

    Vandag is Bean ’n oumagrootjie van drie.

  • 54. Beeld  |  Julie 9, 2009 om 9 : 37

    Amanda Roestoff

    ’N vonnis van vier en ’n half jaar tronkstraf vir ’n verkragter omdat hy ’n “goed opgevoede” man met afhanklikes is, is klasdiskriminasie.

    So het me. Lisa Vetten van die Tshwaranang Legal Advocacy Centre gesê oor die vonnis in die Carletonville-streekhof aan Uria Mogoai Molefe (37) van Bekkersdal, buite Westonaria.

    Die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie gaan nou ondersoek na die vonnis instel, het The Star berig.

    Molefe het ’n vrou op 21 April verlede jaar ’n saamrygeleentheid gegee en haar toe sowat 10 km verder in Welverdiend verkrag. Hy is op dieselfde dag in Blyvooruitzicht aangekeer.

    Landdros Jan F. Steyn het Molefe op 15 Augustus verlede jaar skuldig bevind en gevonnis op aanklagte van verkragting en die besit van ’n gevaarlike wapen.

    Luidens die vonnisuitspraak is Molefe ongetroud en het hy drie afhanklikes. Hy het vantevore gewerk en het nie soortgelyke vorige oortredings begaan nie.

    Steyn het wel bevind daar is “ ’n voorgeskrewe vonnis wat opgelê moet word”, maar het “dwingende omstandighede” in ag geneem aangesien die slagoffer geen fisieke beserings opgedoen het nie.

    Omdat Molefe die mes waarmee hy sy slagoffer aangehou het “slegs te voorskyn gebring” het en dit nie gebruik het “om wonde toe te dien nie”, asook die feit dat hy “ ’n goed opgevoede man is wat afhanklikes het”, het die hof bevind “dit is noodsaaklik om hom so gou moontlik met die samelewing te herenig”.

    Vetten het gesê die ontstellendste aspek van die vonnis is dat die maksimum vonnis vir verkragting nie opgelê is nie.

    Dat die vrou nie aangerand is nie, regverdig volgens haar nie die vonnis nie.

    “Hy moes vir tien jaar tronk toe gestuur gewees het.”

    Oor die bevinding dat die slagoffer nie beseer is nie, het Vetten gesê die landdros “blyk te dink verkragting is nie ’n besering nie”. Molefe se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis het verlede maand in die hooggeregshof in Pretoria misluk. Hy het sy straf Vrydag begin uitdien.

  • 55. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 9 : 55

    En niks

  • 56. Nats  |  Julie 9, 2009 om 9 : 59

    Adrie
    Na gister se comments is almal se vingers tot op die been afgetik!😉

    Ek het baie werk wat soos torings bo my uitstaan… laat ek begin… chat weer bietjie later!!

  • 57. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 10 : 14

    Willes

    Wil jy nou ‘n cradle snatcher word?

  • 58. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 11 : 18

    Hier is ek ook weer eventually – al ons stelsels was af

  • 59. Jaco  |  Julie 9, 2009 om 11 : 21

    Mathilda

    ,eks bly om dit te hoor ek het net begin dink hier is dood in die familie ,so stil was dit

  • 60. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 11 : 24

    Gewoonlik jaag wolf mos die drie varkies.
    Maar skielik het als verander, want wolf pla nie meer die varkies nie.
    Varkies is bekommerd. Miskien is wolf siek
    Hulle klop aan sy deur & Wolf vra:”Wie’s daar?”
    Varkies: “Dus ons. Is jy oukei?”
    Wolf:”Ja ek’s oukei, Fokof net ek is bang vir varkgriep!!”

  • 61. Jaco  |  Julie 9, 2009 om 11 : 30

    En nous daar weer doodse stilta

  • 62. Olga  |  Julie 9, 2009 om 11 : 35

    Dit is leke warm in nelspruit.

  • 63. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 11 : 35

    Graf stilte

    Seker uit respekte vir die gewese ikone.

  • 64. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 11 : 36

    Dit is koud in Pretoria.

  • 65. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 11 : 37

    Mens hou net ‘n minuut lank stilte, nie ‘n hele dag nie.

  • 66. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 11 : 38

    Al by myself . . . .

  • 67. Olga  |  Julie 9, 2009 om 11 : 41

    die voortdurende grondeise is regtig belaglik verby. en r20 miljard vir 400 hektaar? hello? is 400 hektaar meer werd as halfmiljoen? o, ek sien, dis in die wildtuin. dit maak dit soveel werd. bullshit. dit was nikswerd. daarom was dit vir n wildtuin aangewend. ek laat my nie vertel dit het wettig aan die kansvatters behoort wie dit eis nie. goeie donner. die anc gooi miljoene hier en miljarde daar weg. dis staatsgeld waarvoor geen van die begunstigdes gewerk het nie.

  • 68. Olga  |  Julie 9, 2009 om 11 : 43

    sing jy all by myself? ek hoop dit is sonder n bottel wyn.

  • 69. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 11 : 44

    Sonder wyn

  • 70. Jaco  |  Julie 9, 2009 om 11 : 45

    Ja Adrie

    Dis pie pie koud vandag

  • 71. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 11 : 45

    Ek hoop hulle eis misluk weer.

    Dit gaan seker nou weer te lank goed met die wildtuin.

    As hulle daar wil gaan bly, moet dit op ‘n tradisionele manier wees. Sonder wapens.

  • 72. Olga  |  Julie 9, 2009 om 11 : 48

    ok, 400 000 ha. dit ook is nie vir n vy r20 miljard werd nie. punt. en die vorige eienaars sou dit gekoop het vir n bedrag waarop albei partye eenstemmigheid verkry het. die staat moet grondeise sien as die klug wat dit is, saamlag en huis toe gaan. dis in elk geval wat hulle die beste doen.

  • 73. Olga  |  Julie 9, 2009 om 11 : 50

    die goed vat kanse. hulle het verkoop. of geruil. hulle het die prys gestel. hulle het hulle prys gekry. hoekom huil hulle?

  • 74. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 11 : 50

    Olga

    Soos ek noudie dag vir ‘n vriendin vertel het. (Hie Hie Hie). Hulle het ook hulle plaas in ‘n grond eis verloor. Wag ‘n paar jaar en gaan eis dit terug. Haar ouma- en oupagrootjie en oupa en ouma is daar begrawe. Dit is dan mos gronde vir ‘n grond eis.

  • 75. Olga  |  Julie 9, 2009 om 11 : 59

    die fokkers gaan breek heel eerste die grafstene af. het gesien met n namibiese plaas plaas hoe die verdomme klein tateki perdry op iemand se oupa se grafsteen. 6 jaar nadat hulle oorgeneem het, het daar van n spogopstal net die fondasie en 1 stukkende muur oorgebly. hoekom het hulle die opstal afgebreek? om n donnerse paar pondokkies met die stene te bou.

  • 76. Olga  |  Julie 9, 2009 om 12 : 03

    Ek wonder of ons n grondeis kan gaan instel vir my oupa se plaas waarop n groot gedeelte van n gautengse voorsad nou gebou is. my oupa het destyds ook net n breukdeel gekry van wat die grond nou werd is.

  • 77. Olga  |  Julie 9, 2009 om 12 : 05

    donderdag, ek kan skatryk van my deel van die verskil in prys word.

  • 78. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 05

    Olga

    Gaan stel daardie eis in. Kom ons kyk wat gebeur.

  • 79. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 08

    Ek moet ook ‘n oupa grootjie gaan soek wat iewers uit sy plaas uit bevark is.

  • 80. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 12 : 08

    Ons was biki te lank in die Jik om grondeise te doen

  • 81. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 13

    Dalk moet ek in Europa gaan soek. hie Hie Hie.

  • 82. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 16

    Tilla

    Met ‘n slim prokureur is dit maar detail. Ek besit nie grond nie en is volgens die grondwet gelyk aan al die ander rasse.

  • 83. Jaco  |  Julie 9, 2009 om 12 : 20

    Ek besit baiegrond baie

  • 84. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 23

    Jaco

    Jy het seker alles nog met bloed gekoop.

    Dit herinner my . . .

  • 85. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 24

    Ek besit grond in die Reenwoud by Gods Window.

    Het ‘n mens ‘n argitek nodig vir ‘n hout hutjie?

  • 86. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 12 : 28

    Hoekom – hoe hard het jy geval ?

  • 87. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 30

    Stukkend.

  • 88. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 31

    Voluit – as jy my lengte en breedte in gedagte hou, kan ‘n mens ‘n heel skaflike hut bou. Heelbo, wat beteken dat ek ‘n killer view het.

  • 89. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 12 : 32

    Sjoe – dan het ek ook ‘n hele paar grondeise om te gaan opeis

  • 90. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 33

    Ek het weer my bril by Lisbon valle gebreek. Wat erger is. Ek kan daar verseker ‘n mansion bou.

    Laat ek my argitek gaan bel.

  • 91. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 12 : 33

    killer – hmmmmm

  • 92. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 12 : 34

    Mens kan jou ook net mooi aantrek en nêrens heen vat nie !

  • 93. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 36

    Tilla

    SJUUT. Jy wil dalk eendag by een van my huise kom koffie drink. Ek onthou dalk dan weer jou woorde.

  • 94. Jaco  |  Julie 9, 2009 om 12 : 37

    Ja Adrie

    Ek het n plaas gekoop dat die bloed so spat.

    En ek het baie grond blom potte vol grond

    En ja natuurlik het jy planne nodig

  • 95. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 42

    Gelukkig ken ek ‘n baie goeie argitek.

  • 96. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 12 : 48

    Huise ? Shacks as jy my vra

  • 97. Jaco  |  Julie 9, 2009 om 12 : 51

    Adrie

    Maar sal jou arguteck n hout shack kan teken

  • 98. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 52

    Shacks waarvoor miljoeners hulle voortande sal gee.

  • 99. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 12 : 53

    Wonder ek ook (dalk is dit dieselfde een wat die tronk se kamer teken)

  • 100. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 53

    Jip

    Ek het al baie van haar modelle gesien.

  • 101. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 12 : 54

    Het sy ons blog kaggel ook ontwerp ?

  • 102. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 54

    Whateva!!!

    My argitek, wat Tilla al ontmoet het, weet van.

  • 103. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 12 : 56

    Nee

    Nats was daarvan in beheer.

  • 104. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 1 : 24

    GRRRR

    Haat dit as ek vashak

  • 105. Olga  |  Julie 9, 2009 om 1 : 40

    maaj jou voet los en stap aan.

  • 106. Olga  |  Julie 9, 2009 om 1 : 42

    het ek al gese dat dit warm is? wat dit n baie aangename kuier by binnelandse sake maak.

  • 107. Olga  |  Julie 9, 2009 om 1 : 45

    tussen onder andere lakterende manas, ou o6s met lang grys baarde in wit rokke, en ander jonger ome in helder bedrukte rompe met krale ooral. dis heerlik by die see.

  • 108. Olga  |  Julie 9, 2009 om 1 : 46

    dit is lakterende mammas en ou ooms met lang grys baarde.

  • 109. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 1 : 54

    Olga

    Binnelandse sake is nooit ‘n aangename ervaring nie.

  • 110. Olga  |  Julie 9, 2009 om 2 : 33

    julle het al almal die belofte gehoor van as jy n chip in jou windskerm het, word dit gratis herstel. wel trok skiet vandag n klip op, chip in my kar se ruit. gaan na die glas mense. raai wat? dit kos r200 om te herstel. want as hulle gratis herstel, skuif jou geen eis bonus met 1 jaar aan. dit is nou wragtig uitstaande eerlike advertensie.

  • 111. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 2 : 39

    Olga

    Dalk moet jy ‘n voorbeeld van hulle maak – daai advertensie sê niks van betaal of nie betaal en aanskuif van non claim nie – niks in die lewe is gratis nie al sê hulle wat ! Moere !

  • 112. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 3 : 12

    Waar is al die maaikies

  • 113. Nats  |  Julie 9, 2009 om 3 : 24

    Hello hello!!

  • 114. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 3 : 29

    Nats !!!

  • 115. Adrie  |  Julie 9, 2009 om 3 : 35

    GRRRR

  • 116. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 3 : 38

    En nou kloon ?

  • 117. Nats  |  Julie 9, 2009 om 3 : 39

    Daars lewe!!!

    *M*
    Wa is almal… ek het amper begin beng raak hie op my eie!!
    Die sterretjies kombuis is nogal scary as mens lank genoeg vir die kombuis kyk!!😯

  • 118. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 3 : 47

    Ek het ook gewonder nats

    Anyways – ek is nou oppad huistoe, sien julle later

  • 119. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 om 4 : 40

    Nogsteeds niks

  • 120. boervrou  |  Julie 9, 2009 om 5 : 13

    Halloooooo

  • 121. boervrou  |  Julie 9, 2009 om 5 : 22

    Toema, ek sien julle is nou siek en sat vir my, nou ignore julle my maar! 😉

  • 122. Olga  |  Julie 9, 2009 om 5 : 58

    toe laat maak homer die chip reg vir r80. en volgens outsurance het hulle n eis verwerk. hulle moere in 1 mandjie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: