Popquiz kuns

Julie 4, 2009 at 6 : 03 76 Kommentaar

Vandag vier Amerika 4th of July.  Is daar ‘n 4th of July in Engeland?

As jy nee geantwoord het, is die post vir jou.  Natuurlik het Engeland, soos die res van die wêreld ‘n 4 Julie.  Al vier Engeland nie Independance Day nie.  

Dit is geen geheim dat ek mal oor vasvrae nie.  Raaisels ook, maar nie die tipe waarom speurverhale draai nie.  Ek kan nie minder omgee wie die moord gepleeg het nie.  As ek raaisels moet doen, soek ek ‘n skat as beloning.  Atlantis sal ook doen, aangesien die Kruger miljoene seker net ‘n klug is.  Ek sal ook glad nie omgee om die die raaisel omtrent die vermiste meisies op te los nie, maar nou dwaal ek van die punt af.

Die sleutel om ‘n vraag te beantwoord, of om self ‘n raaisel op te los is om die vraag of die leidraad reg te verstaan.  Om die misleidende rompslomp weg te gooi en te kyk na wat dit regtig gee of vra.  Dit is die aanduiding van hoe kleurvol jou antwoord moet wees.  Dit is natuurlik baie makliker in ‘n vraestel, die punte is ‘n goeie barometer.  Vasvra is nie so gebruikersvriendelik nie. 

Jy hoef nie een van die drie wyse manne te wees om dit reg te kry nie.  Dit is meer ‘n tegniek as waarlike wysheid, iets wat met oefening oor tyd verbeter kan word.  Hoe meer jy met die goed speel, hoe makliker raak dit.

Die tegniek is nie net belangrik om van jou ‘n flinkdinker te maak nie.  Dit help jou ook om mense te verstaan.  Om tot die kern deur te dring en jou nie met onbelangrike detail of onsinnighede te flous nie.  Dit is die geheim tussen ‘n A en ‘n C.  Die verskil tussen gemiddeld en briljant.

So, hoeveel diere het Moses by die ark ingeneem?

Blogvraag:  Identifiseer die liedjies.

Blogantwoord:  Olga was reg met Barkley’s (Bank), Engfield, Engeland.

Entry filed under: Liedjiepret. Tags: .

Die brein se raklewe Gesig van stede

76 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Julie 4, 2009 om 6 : 08

    eerste

  • 2. Olga  |  Julie 4, 2009 om 6 : 11

    wise men james blunt

  • 3. Olga  |  Julie 4, 2009 om 6 : 11

    maxie wa is jy?

  • 4. Olga  |  Julie 4, 2009 om 6 : 16

    4th of july sound garden.

  • 5. Olga  |  Julie 4, 2009 om 6 : 28

    people barbara streisand

  • 6. Olga  |  Julie 4, 2009 om 6 : 30

    Maxie! MAXIE!

  • 7. Olga  |  Julie 4, 2009 om 6 : 31

    maxie is innibos toe.

  • 8. Olga  |  Julie 4, 2009 om 6 : 36

    On secrets . angels

  • 9. Olga  |  Julie 4, 2009 om 6 : 48

    ai, dit moes angels se no secrets gewees het.

  • 10. Olga  |  Julie 4, 2009 om 6 : 53

    the core van eric clapton

  • 11. Olga  |  Julie 4, 2009 om 6 : 55

    dn dan n longshot. darling van f. r. david

  • 12. Wille Kjind Q  |  Julie 4, 2009 om 6 : 58

    He! He! Maxie maak seker dat die Innibos kunstenaars op hul pos is

  • 13. Olga  |  Julie 4, 2009 om 6 : 59

    en tom jones en frankie millar het wragtig dieselfde darlin gesing.

  • 14. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 00

    vanaand is ek nie baie vars nie. hoe was jou kuiertjie by laura lee?

  • 15. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 07

    Ek het nie geweet dat FR David iets anders as words gesing het nie.

  • 16. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 14

    Ek het mos klaar gese dat ek nie te vars is vanaand nie. daar om het ek dit gaan google en almal behalwe f. r. david gekry. maar ja. dan is my long shot darling van tom jones.

  • 17. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 16

    Baie baie longshot. Van waar afgelei?

  • 18. maxie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 17

    Hallo, hmm.. julle my gemis😉

    Colourful – parlotones

  • 19. maxie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 18

    independence day – martina mcbride ?
    kan tog nie wees?

  • 20. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 19

    Max!!!

  • 21. maxie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 21

    no secret – kylie minogue

  • 22. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 21

    Hmmm . . . . Nee, dit moet vertaal word.

  • 23. maxie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 22

    Skies Olga – nie gesien jy het ‘no secrets’ gedoen nie

  • 24. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 23

    skat.

  • 25. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 25

    ganit maxie?

  • 26. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 25

    Olga

    Soos jy gese het, n longshot.

  • 27. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 28

    ek dink al die diere was veilig en droog.

  • 28. maxie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 29

    Olga
    Gaan goed dankie, daar? Kry julle al behoorlik koud?

  • 29. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 30

    nee, dis dan daar. treasure darling, semantics.

  • 30. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 31

    Ook nie regtig nie, ek vertaal die goed buite konteks. Goed genoeg vir n bonuspunt. Goed gedink.

  • 31. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 31

    Goed dankie maxie. vandag nogal warmer as die afgelope 9 dae en by julle?

  • 32. maxie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 32

    the riddle – nik kershaw

  • 33. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 33

    Wha ha ha ha ha ha. jy wil weer he dat sekern oe moet sien wat hulle wil. lagwekkend.

  • 34. maxie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 33

    Ons bibber, Olga

  • 35. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 36

    foolishness van kristen barry.

  • 36. maxie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 39

    today – the smashing pumpkins

  • 37. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 40

    wat van couldnt care less van die naked ladies?

  • 38. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 42

    Ons bibber klink amper na n liedjie.

  • 39. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 46

    the secret van chris tomlin.

  • 40. maxie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 47

    😆 @ Adrie (38)
    Ag nee man, jy wil nie weet wat nou alles in my kop aangaan nie

  • 41. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 48

    Wk het by laura lee vas geval.

  • 42. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 49

    vertel, vertel maxie. ons hoor graag.

  • 43. maxie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 50

    Hoe streng is jy met direkte vertaling?
    (bv. raaisel vs raaisels)?

  • 44. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 51

    semantics dink ek.

  • 45. maxie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 52

    Liewers nie, Olga😉

  • 46. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 52

    Maxie

    Daar is geen perke aan my nuuskierigheid nie. Vertel.

    Niks om oor jammer te wees nie. Dit het my net opgeval as iets waarmee n mens kan speel.

  • 47. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 55

    in watter plek woon jy maxie?

  • 48. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 7 : 55

    Max

    Ek sal nie die vertalings meervoudig maak as dit enkelvoud is nie, maar met die bonuspunte kan n mens daarmee speel.

  • 49. Olga  |  Julie 4, 2009 om 7 : 57

    geniet die aand verder. goedgaan maxie. nag. leke slaap. swt dreamz.

  • 50. maxie  |  Julie 4, 2009 om 8 : 00

    Lekker slaap, Olga !

  • 51. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 8 : 04

    Lekker slaap, Olga

  • 52. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 8 : 05

    Mag ek saamspeel vir bonuspunte

  • 53. maxie  |  Julie 4, 2009 om 8 : 05

    Adrie
    Wat ek wou sê oor EK BIBBER sluit aan by wat ek ‘n rukkie terug in ‘n epos genoem het oor swak lirieke in sommige derderangse liedjies…

  • 54. maxie  |  Julie 4, 2009 om 8 : 09

    Hoekom nie? Jy weet mos watter 3 liedjies jy gekies het, jy’t nie bonusliedjies in gedagte gehad toe jy dit geskryf het nie. Buitendien is dit jou blog om te maak soos jy wil😆

  • 55. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 8 : 10

    Maxie😉 Dit is aan daardie tipe liedjies wat ek gedink het.

  • 56. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 8 : 12

    Hie Hie Hie

    Die blogmob sal my n byl in die kop gee.

  • 57. maxie  |  Julie 4, 2009 om 8 : 14

    Adrie
    Toe ek lees ‘vermiste meisies’ het ek dadelik gedink aan Hazard van Richard Marx.
    As ons ou breine bietjie meer geolie raak, wat van so iets meer kripties?
    Maar hierdie was weer eens knapgedaan, sou nooit met die blote lees daarvan kon raai daar was liedjies versteek nie.

  • 58. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 8 : 20

    Max

    Ek probeer darem om een obvious liedjie in te sit.

    As die speletjie groei, kan ons aan kripties dink. Dalk dit n aparte speletjie maak.

  • 59. maxie  |  Julie 4, 2009 om 8 : 28

    Dit sal lekker wees.
    Maar hierdie was heerlik, soos altyd !
    Lekker slaap !

  • 60. Olga  |  Julie 5, 2009 om 8 : 26

    More more.

  • 61. Adrie  |  Julie 5, 2009 om 8 : 34

    More

  • 62. Rapport  |  Julie 5, 2009 om 8 : 35

    Kaapstad

    ’n Tienermeisie wat van Duitsland af gekom het om haar pa vir die eerste keer te ontmoet is na bewering deur hom as seksslaaf in sy huis in Muizenberg aangehou.

    Sandra* (18) het volgens haar geskokte ma in Duitsland baie daarna uitgesien om haar pa, Heinz* (53), vir die eerste keer te sien.

    Maar wat vir haar ’n heuglike ontmoeting moes wees, het in ’n nagmerrie ontaard.

    Heinz staan nou tereg op aanklagte van bloedskande (wat ook aanklagte van verkragting insluit) en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

    Sandra praat weens die trauma van haar ervaring slegs vryelik met haar broer en haar berader. Sy is tans in ’n plek van veiligheid saam met haar broer, wat van Duitsland af gekom het om haar by te staan.

    Sandra se beweerde nagmerrie-ervaring aan die hand van haar biologiese pa herinner aan die geval van die Oostenrykse monster Josef Fritzl. Hý het sy dogter 24 jaar lank in ’n kelder aangehou en sewe kinders by haar verwek.

    Heinz het by navraag kortaf geweier om kommentaar te lewer. Ook sy prokureur wou nie oor die saak praat nie. Rapport weerhou Heinz se regte naam op regsadvies.

    Sandra se ontberings van byna twee maande lank het op die lappe gekom nadat sy en Heinz een aand by vriende van hom oornag het. Sy het ’n brief aan hulle geskryf en hulle het haar toe onder hul vlerk geneem en teen haar pa beskerm.

    Die donkerkop-tiener het in Februarie vanjaar van haar tuisdorp naby Heidelberg in Duitsland na Kaapstad gekom nadat sy haar pa op die internet opgespoor en met hom gekorrespondeer het.

    Die nagmerrie wat gevolg het, het Sandra met die hulp van ’n berader en haar broer in briewe en gedigte uitgestippel: gedwonge seks met haar pa tot drie keer per nag, intimidasie en aanranding. Dit is vir Rapport uit die oorspronklike Duits vertaal.

    “Ons het op sy bed gelê en na ’n DVD gekyk. Eers het hy my in sy arms gehou en my rug gestreel … maar toe begin hy oral aan my lyf vat en sê ek moet my klere uittrek,” vertel sy oor die eerste keer.

    Toe sy haar teësit, het hy volgens die brief ’n mes gevat, haar daarmee gedreig en ook haar klere van haar lyf gesny.

    Sedertdien moes sy glo elke nag by hom in die bed slaap. Sy skryf hy het “dit” minstens drie keer ’n nag met haar gedoen.

    Volgens haar was sy te bang vir haar pa om te probeer ontsnap. Sy het ook nie die stad geken of enigiemand anders wat daar woon nie.

    Sy het haar kans waargeneem die dag nadat sy en Heinz by sy vriende oornag het. Hy het haar die volgende dag alleen by hulle gelos.

    Sandra het haar nood in ’n brief aan die egpaar wie se huis dit is, uitgestippel. Hulle het die hulp van ’n berader ingeroep en ’n woedende Heinz van sy dogter af weggehou.

    Kapt. Stephen Knapp van die polisie in Muizenberg het bevestig Heinz sal op 7 Augustus vir die derde keer in die landdroshof in Muizenberg verskyn.

    Hy is nog nie gevra om op die aanklagte te pleit nie en is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

    Hy moet hom daagliks by die polisiekantoor in Muizenberg aanmeld.

    Die ondersoek, wat forensiese toetse insluit, duur voort.

    * Nie hul regte name nie.

  • 63. Rapport  |  Julie 5, 2009 om 8 : 37

    Kaapstad

    As jy as belastingbetaler wil weet of die R32 miljard wat vanjaar vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag begroot is tot gevolg het dat ons weermag gevegsgereed is, alle sterkte aan jou.

    Dr. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, wil nie sê nie.

    Die parlementêre portefeuljekomitee oor verdediging (wat ’n oog moet hou oor die begroting) weet nie, en hulle mag net uitvind as hulle belowe om niemand te vertel nie.

    Dit was Vrydag die somtotaal van die “militêre intelligensie” oor gevegsgereedheid wat in ’n witwarm parlementêre begrotingsdebat oor verdediging aan die lig gekom het.

    Mnr. David Maynier, ’n DA-LP, het ’n paar baie basiese punte gemaak.

    Die eerste is dat ’n weermag se hoofdoel is om gevegsgereed te wees en dat parlementêre oorsig beteken LP’s moet hiervan bewus wees voor hulle die begroting kan goedkeur.

    In die aanloop tot die begrotingsdebat het hy selfs mnr. Mnyami Booi, ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee, hiervan oortuig en die komitee het so ’n versoek gerig.

    Iewers uit die politieke hoogtes is die arme Booi egter beetgekry en hy het die versoek teruggetrek.

    Sisulu het gesê die weermag is bereid om die parlementariërs in te lig, maar slegs agter geslote deure, wat beteken die LP’s mag nie vir die kiesers sê waarom die weermag gevegsgereed is (of nie is nie).

    Sy het beweer die weermag is ondergefinansier, maar wou nie sê hoe of met hoeveel nie, want dit sal “nasionale sekuriteit bedreig”.

    Die ANC het dit aan die eerbiedwaardige mnr. Andrew Mlangeni oorgelaat om te beweer die rede is dat Suid-Afrika se vyande net wag vir die inligting (en blykbaar ’n inval), al het mnr. Nelson Diale, ANC-LP, in dieselfde debat beweer Suid-Afrika het nie vyande nie.

    Mnr. James Lorimer, DA-LP, het uitgewys dis ’n powere vyand wat vir die parlement moet wag om foute in gevegsgereedheid uit te wys, en Maynier het die argument dat nasionale veiligheid deur die inligting bedreig word, as ’n vyeblaar afgemaak.

    Toe het Maynier nog twee bomme gelos. Beskikbare syfers toon Suid-Afrika begroot meer vir BBP-beveiliging as vir grensbeveiliging, en daar is meer aktiewe Suid-Afrikaanse troepe in oorsese vredesoperasies as wat tuis ontplooi is.

    Hy het ook getoon die leër se soldate is merendeels in barakke, die lugmag se vliegtuie op die grond en die vloot se skepe vasgevang – volgens beskikbare inligting.

    In haar repliek het Sisulu vir Maynier uitgetrap omdat hy glo onervare is en met haar durf verskil, terwyl sy die Grondwet help skryf het.

    Maar sy vrae oor gevegsgereedheid het Sisulu nie beantwoord nie.

  • 64. Rapport  |  Julie 5, 2009 om 8 : 38

    Johannesburg

    Die Suid-Afrikaanse seksbedryf wil nie in 2010 met sy broek op sy knieë gevang word nie.

    Daarom is rolspelers hard besig met planne om te voorsien in die groter vraag wat tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi verwag word.

    Die slegte nuus vir “plaaslike kliënte” is dat hulle hul hande dieper in die sak sal moet steek vir hul plesiertjies omdat die buitelandse sokkertoeriste pryse gaan opjaag.

    Mnr. Lolly Jackson, eienaar van die Teazer-kaalbasklubs, sê hy gaan bykomende ontkleedanseresse aanstel, onder meer “gekleurde vroue”.

    “Baie toeriste hou van etniese vroue. En op die oomblik het ek baie wit vroue.”

    Gesellinklubs is besig om hul ingangsportale te herontwerp en om spesiale kamers in te rig om “ ’n vyfster-gevoel” te skep vir buitelandse besoekers. Veiligheidsmaatreëls by klubs gaan ook verskerp word.

    Blue Sky, ’n gesellinklub in Mel-rose Arch, Johannesburg, is een van die plekke waar die dekor verander word. Caz, die bestuurder van Blue Sky, sê die tariewe vir toegang en seksdienste gaan “beslis met R400 tot R1 500 styg”.

    Die Cape African Dolls-gesellin-klub in Kaapstad beplan om nóg twee klubs te open. Maar die huidige pryse van R500 tot R1 500 bly “voorlopig” dieselfde.

    Die eienaar, Anita, sê as jy ’n buitelander is, gaan ’n massering (met bykomende stoutighede) jou R2 800 kos.

    “Ons het net vroue, maar die plan is om ook twee of drie manlike prostitute aan te stel. Ons weet vroue en gay mans gaan na die sokker kom kyk en ons moet ook in húl behoeftes voorsien.”

    Die Summit Club in Hillbrow is reeds ten duurste herontwerp. Hier vra die vroue van R200 tot R600 vir hul dienste. Die eienaar, Gavin, sê die herontwerp van die klub is deel van ’n projek deur sakelui om Hillbrow van verval te red.

    Die huidige toegangsgeld van R80 gaan tydens die toernooi verhoog word. Mnr. Arthur Calamarus, eienaar van Adult World, sê net die nuutste pornografiese DVD’s en stout speelgoed gaan volgende jaar aangebied word.

    “Planne is reeds goedgekeur om vyf nuwe winkels oop te maak en nóg word beplan om in die vraag te voorsien,” sê Calamarus. Hy besit reeds 68 winkels.

    ’n Spesiale Wêreldbeker-afslag gaan ook aangebied word. “Die verwagting is dat baie mans DVD’s in ons winkels gaan koop en dit dan in die privaatheid van hul hotelkamers gaan geniet,” sê hy.

    Baie rolspelers in die seksbedryf verwag dat hul inkomste deur die vol beursies van die sokkertoeriste kan verdriedubbel.

  • 65. Rapport  |  Julie 5, 2009 om 8 : 39

    Johannesburg

    Die moordklag teen ’n man wat sy huishulp se kleinseun met ’n jaggeweer doodgeskiet het, sal waarskynlik in ’n klag van strafbare manslag verander word, het ’n regskenner Vrydag aan Rapport gesê.

    Mnr. Warren Vorster (35) het Kgopotso Ramolefe (12) Dinsdagaand glo vir ’n inbreker aangesien. Dit was nadat me. Elizabeth Ramolefe (Kgopotso se ouma) alarm gemaak en om Vorster se hulp geroep het.

    Sy het vermoed daar is ’n inbreker op haar werkgewer se erf nadat Kgopotso “vreeslik” gegil het, het me. Ramolefe Donderdag in ’n beëdigde verklaring in die Randburgse landdroshof getuig.

    Vorster wou Kgopotso glo beskerm en het sy .308-jaggeweer uit die kluis gaan haal en ’n waarskuwingskoot uit ’n gangvenster van sy huis in Parkmore, Johannesburg, geskiet.

    Kgopotso, wat in sy ouma se Wendy-huis was, is noodlottig in die voorkop getref.

    Volgens prof. Marinus Wiechers, oudrektor van Unisa en kenner van die strafreg, word die voorval benader as “ ’n doelbewuste daad om iemand dood te skiet” en daarom word Vorster van moord aangekla.

    Vorster is Donderdag op borgtog van R5 000 vrygelaat.

    “Dit sou nie verkeerd gewees het as die staatsaanklaer Vorster uit die staanspoor op ’n aanklag van strafbare manslag vervolg het nie, maar hulle gooi die net wyd,” verduidelik Wiechers.

    “Die punt bly staan dat dit ’n geval van gruwelike nalatigheid was.

    “As hulle kan bewys dat hy eintlik moes geweet het Kgopotso was eintlik sy skietteiken, sal die moordklag bly staan, maar ek dink nie daar is sprake van indirekte opset nie.”

    Mnr. Mitchell Morrison, Vorster se regsverteenwoordiger en ’n familievriend, het Vrydag gesê “dit gaan baie druk” met Vorster en sy gesin.

    “Hy het tyd nodig om dit te verwerk en sal nog baie berading moet kry.”

    Vorster en sy vrou, Caroline, en hul twee seuns het glo ’n hegte band met Kgopotso gehad.

    Me. Ramolefe het sedert die voorval teenoor die media aangedui dat sy geen kwade gevoelens jeens Vorster koester nie.

    “Hy het dit nie met opset gedoen nie. Hy wou Kgopotso net beskerm. Ek blameer myself en moes (Vorster) nooit gaan roep het nie,” het Ramolefe gesê.

  • 66. Rapport  |  Julie 5, 2009 om 8 : 44

    Stadsbeamptes van Los Angeles in Amerika is besig om hul koppe te krap oor hoe hulle Dinsdag rouklaers by die eerste openbare roudiens vir die ontslape Koning van Pop, Michael Jackson, gaan akkommodeer.

    ’n Private roudiens sal vóór die openbare diens vir familie en uitgesoekte gaste gehou word.

    Die Staples Center, waar die openbare roudiens gehou gaan word, het plek vir net 20 000 mense, terwyl daar sowat 100 000 Michael Jackson-aanhangers verwag word.

    Gratis roudienskaartjies – wat op ’n internet-lotery beskikbaar is – sal onder aanhangers versprei word om so die skare beter te kan beheer. Die webwerf waarop die lotery plaasvind, het egter etlike minute nadat dit in werking gestel is, “opgepak”. Die webwerf het glo binne die eerste twee uur 500 miljoen besoeke aangeteken.

    “As jy nie ’n kaartjie het nie, sal jy nie by die sentrum of in die gebied om die sentrum toegelaat word nie,” het mnr. Earl Paysinger, polisiehoof van Los Angeles, gesê.

    Mnr. Dennis Zine, raadslid in Los Angeles, het op ’n mediakonferensie gesê die Amerikaanse onafhanklikheidsvieringe en somervakansie bemoeilik die reëlings.

    Intussen staar die Jackson-familie ook ’n toesigstryd om Jackson se drie kinders in die gesig.

    Jackson se eksvrou, me. Deborah Rowe, het die afgelope week daarin geslaag om die toesigverhoor vir haar en Jackson se kinders uitgestel te kry.

    Sy het tydens ’n radio-onderhoud gesê sy wil toesig oor die kinders hê.

    Jackson vra in sy testament dat sy ma, Katherine, in die geval van sy dood na sy drie kinders moet omsien.

    Rowe, ’n voormalige ontvangsdame by Jackson se dermatoloog, het die afgelope week gesê haar en Jackson se verhouding het nie verder as die verwekking en geboorte van hul kinders gestrek nie.

    Sy is die biologiese ma van Jackson se twee oudste kinders, Michael Joseph jr. (12) en Paris Michael Katherine (11).

    Die ma van Jackson se jongste seun, Prince Michael II (7), is ’n ongeïdentifiseerde surrogaat.

    Die polisie het ook die afgelope week amptelik bekend gemaak dat die rol van voorskrifmedisyne in Jackson se dood noukeurig ondersoek word.

    Jackson het glo ten tyde van sy dood verskeie pyn- kalmeermiddels en antidepressante gebruik. Ondersoekbeamptes het ook Propofol, ’n sterk verdowingsmiddel, wat gewoonlik vir narkose gebruik word, in Jackson se huis gevind.

    Jackson kom nietemin gesond en energiek voor in ’n video van ’n konsertrepetisie wat verlede Dinsdag, twee dae voor sy dood, verfilm is.

    Organiseerders van Jackson se beplande This Is It-konsertreeks het dié video uitgereik om gerugte oor sy “swak” fisieke toestand die nek te slaan.

  • 67. Olga  |  Julie 5, 2009 om 9 : 21

    geen mens kan met anc logika stry nie. en wit suid afrikaners het op strepe gehardloop om van hulle skietgoed ontslae te raak. 1 van die dae gebruik hulle weer stokke om self buite die weermag geveggereed te word.

  • 68. Olga  |  Julie 5, 2009 om 9 : 24

    het julle al gewonder hoeveel van die skietgoed wat agv nuwe wetgewing ingehandig was, is onwetting ingebruik in die verkeerde hande? ek dink ons mag dalk geskok bly staan. of dalk gestok.

  • 69. Wille Kjind Q  |  Julie 5, 2009 om 2 : 58

    Holla holla!!!!!

  • 70. Wille Kjind Q  |  Julie 5, 2009 om 3 : 01

    Eks in Cresta besig om poering *eeuuww* te eet

  • 71. Olga  |  Julie 5, 2009 om 3 : 06

    ek is in die laeveld. ek gaan nou poeding eet.

  • 72. Wille Kjind Q  |  Julie 5, 2009 om 4 : 28

    Poering nou ma eenmal nie lekka vi my nie

  • 73. Wille Kjind Q  |  Julie 5, 2009 om 4 : 29

    EEEEEEUUUUUUWWWWWW!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 74. Olga  |  Julie 5, 2009 om 5 : 02

    se wie, wk?

  • 75. Salomè  |  Julie 5, 2009 om 6 : 42

    Ag nee, ek gaan nie eens probeer om hierdie Adrie doolhof uit te sort nie, my kop is hopeloos te suf.
    Naand Almal!!!
    Ek hoop julle het almal ‘n lieflike naweek gehad.

  • 76. Wille Kjind Q  |  Julie 5, 2009 om 7 : 10

    Olga

    Die klem val op vi my😉
    Eintlik is ek blêrri gelukig…….. Anners het (nogsteeds) gerol

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: