Die brein se raklewe

Julie 3, 2009 at 5 : 39 86 Kommentaar

Nou die dag toe ek in die koue sit en wonder hoekom ‘n mens nie kan hiberneer nie, besef ek toe dat die mens se brein net ‘n sekere rakleeftyd het.  Dit was oorspronklik so om en by 30 jaar gewees.  Die mens was toe bang hy mis iets en het met allerhande planne vorendag gekom om langer rond te hang.  Die brein moes byhou en die heelal het gereeld nuwe uitdagings voor die brein gegooi.  Dit het meegebring dat die oorspronklike raklewe stelselmatig langer en langer geword het.

Eers was dit ‘n free for all gewees.  Mans kon met soveel vroue trou as waarvoor hy kans gesien het.  Hy kon self byvroue neem vir ekstra plesier.  Kinders by dosyne was nie as ‘n grap bedoel nie, dit was sy lewenstaak.  Natuurlik moes hy hulle almal se name onthou het en onthou het wie is hulle ma’s.  Die ma’s moes mekaar seker onthou het en mekaar uitgehelp het om die kinders te beheer.  Al die kinders moes mekaar se name onthou het en moes onthou waar wie verklik moes word.  Na 50 jaar was die dood seker ‘n verlosing gewees.

Die mens het besef dat dit uitputtend is.  Eers is die vroue verminder, tot daar meestal net een was en later die kinders ook.  50 jaar het skielik so min gelyk.  Daar is soveel om te ontdek, insluitende vyande.  Jy moes onthou met wie baklei jy en hoekom baklei jy met hulle.  Met wie het jy vrede gemaak en wie is jou bondgenote.  Van waar elkeen is en wie hulle goed of kwaad gesind is.  Hoe jy iemand kan bevark, sonder om self uitgvang te word.  Die brein se raklewe is verleng tot 60 jaar.

Die mens het egter besef dat dit lekkerder is om te drink as om in die koue te gaan baklei.  Dit was nie net genoeg om jou vriende te onthou nie, maar jy moes ook onthou waar om hulle te kry en al die mense aan wie hulle verbind was.  Jy moes hulle verjaarsdae en uitnodigings onthou.  Jy moes hulle voorkeure en afkeure leer ken het.  Dit het nie die brein te veel oefening gegee nie.  Die heelal het Alexander Bell met ‘n idee laat wakkerskrik.  Almal het telefone gekry.  Jy moes eerstens jou eie lui onthou het en dan moes jy onthou het om ander te bel.  Later moes jy ‘n string nommers onthou het.  Dit het die raklewe van die brein na 75 jaar verleng.

Die mens het sy gerief weer onthou.  Hy kon die nommers neerskryf en automatiese sentrales ontwikkel.  Later het hy die telefoon in sy sak rond gedra, met al sy bruikbare nommers daarop.  Dit kon self verjaarsdae onthou het.  Die brein kan egter nie agteruit nie.  Dit moes nog ‘n hindernis oorkom.  Die koms van wagwoorde, PINS en kodes.  Alles goed wat nie (wel, nie veronderstel is) neergeskryf kan word nie.  ‘n Kode om die huis/kantoor te verlaat of binne te gaan.  ‘n Wagwoord om toegang tot jou eie rekenaar / epos / rekening te kry.  ‘n Kode om deure oop te maak, ‘n kode om jou eie selfoon aan te sit, ‘n PIN om jou eie geld te kry.  Daarmee is die brein se raklewe tot 90 verleng.

Volgende?  Ons sal maar moet wag en sien.

Blogvraag:  Waar (bank, dorp, land) was die eerste elektroniese ATM op geinstalleer?

Blogantwoord:  Tilla was reg met Caleb Bradham.

Entry filed under: Bogpraatjies. Tags: .

Kokaiene en Kaffiene Popquiz kuns

86 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Julie 3, 2009 om 6 : 00

    eerste.

  • 2. Olga  |  Julie 3, 2009 om 6 : 07

    dankie. 1967 barclays enfield engeland.

  • 3. Olga  |  Julie 3, 2009 om 6 : 08

    ag skuus gedink jy vra ook wanneer.

  • 4. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 7 : 24

    Tweedeste!!! *GAAP*

  • 5. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 7 : 39

    Howzit?

  • 6. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 7 : 46

    B4. Julle kan dit sms.

  • 7. Sis Dudu  |  Julie 3, 2009 om 7 : 52

    Auk bakietie. Mens kan hom nie konfoes die atm met die mechanical cash dispenser wat in 1939 in new york by die city benk van new york gasit het nie.

  • 8. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 7 : 52

    Life is a cabaret. Versteekte wysie natuurlik.

  • 9. Sis Dudu  |  Julie 3, 2009 om 7 : 53

    Niemand het gabruik hom die dispensing masjien nie.

  • 10. *Mathilda*  |  Julie 3, 2009 om 7 : 53

    Kloon, duidelik kyk jy noot vir noot

  • 11. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 7 : 54

    Dudu

    Daar is n verskil tussen meganies en elektronies.😉

  • 12. Sis Dudu  |  Julie 3, 2009 om 7 : 55

    Al3 gaan jy nie dans hom vanand nie?

  • 13. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 7 : 55

    Tilla

    Jip! Dit is mos vrydag.

  • 14. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 7 : 56

    Netnou, Dudu.

  • 15. Sis Dudu  |  Julie 3, 2009 om 7 : 57

    So het ek ok gadenl hom al3. Maar hier es mense wat nie vorstan darie deng van defrans nie.

  • 16. Sis Dudu  |  Julie 3, 2009 om 7 : 58

    Jy gaan hom later dans? Auk bakietjie. Jy gaan kry hom vakoue in jou moue.

  • 17. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 7 : 59

    2 mans en 2 vrouens in Brotherhood of men. En ook eurovision . . . Glas.

  • 18. Sis Dudu  |  Julie 3, 2009 om 7 : 59

    Auk. Ek galop hom daso by my kaia.

  • 19. Sis Dudu  |  Julie 3, 2009 om 8 : 00

    Lala kahle al3.

  • 20. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 01

    Save your kisses for me . . . So duidelik lank voordat al die liedjies rondom seks gedraai het.

  • 21. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 01

    Holla holla

  • 22. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 01

    Hamba Kahle, Dudu

  • 23. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 02

    Seks!?😯 yêbatoe!!!!!

  • 24. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 03

    Genade

  • 25. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 04

    Nous ek skielik wakker

  • 26. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 04

    En almal is weg

  • 27. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 05

    Ek moet nog n predikant ontmoet wat nie kan sing nie. Hulle het die lekkerste liedjies vanaand. En Olga gaan haar nou bevuil.

  • 28. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 05

    Ja swaer. Ek wonner wa mev dominee is as dominee so lostrek met ‘n noot

  • 29. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 06

    He! He!

  • 30. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 06

    Sing vals in die koor.

  • 31. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 09

    Hy is so nie Freddie se ou skoene werd nie.

  • 32. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 10

    O gonna!! My arme ore!!

  • 33. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 10

    Goeie entertainer, maar moet eerder van die moffies se goed wegbly.

  • 34. *Mathilda*  |  Julie 3, 2009 om 8 : 11

    Ore én oë !

  • 35. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 12

    Meneer Maarschalk. Spelling verkeerd, ek weet.

  • 36. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 12

    Ek dinki Lola het al ooit so geklinki

  • 37. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 14

    Neuk hy my winding road liederlik op

  • 38. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 14

    Kan eerder Barry Manilow gaan kloon. Regtig, wat laat hom dink hy is Mercury materiaal?

  • 39. *Mathilda*  |  Julie 3, 2009 om 8 : 14

    Dis nou beslis nie my idee van entertainment nie

  • 40. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 15

    Ten minste sing hy nie ABBA nie.

  • 41. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 16

    Ek pas nou al my se nief klere aan en nou ekkiti uit trekki

  • 42. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 17

    Wag, na deeglike oorweging dink ek hy moet net Queen sing. Dit sal Freddy in sy graf laat omdraai. D2

  • 43. *Mathilda*  |  Julie 3, 2009 om 8 : 19

    O hel nee, spaar ons dit

  • 44. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 20

    Dankie tog dit wassi Wacko Jacko nie!!!!!

  • 45. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 21

    As Freddy in sy graf omdraai, is Wacko se comeback gestuit.

  • 46. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 24

    Nevermaaind van vloek op n openbare blog. Wat van vloek op nasionale TV?

  • 47. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 24

    Pik ‘n traan

  • 48. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 26

    Wiet gevloek😯

  • 49. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 26

    Geelbaksteenpad

  • 50. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 27

    Kan jy nou meer……..

  • 51. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 28

    Rochelle. Toe sy verkeeerd was met hasie het n f-woordjie uitgeglip. Julle moes lippe gelees het.

  • 52. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 28

    Iemand hetti yskas wee oop gelos

  • 53. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 29

    Hie hie hie

    Daar gee SABC al vanaand se antwoorde.

  • 54. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 30

    Ek was te besig om te myself inni spieel te kyk

  • 55. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 31

    Miskien probeer hulle browny points score

  • 56. Adrie  |  Julie 3, 2009 om 8 : 33

    Wat gaan dit hulle help?

  • 57. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 33

    Nou moet ek groet. Iemand probeer my bel ma my foun bly beset oorlat ek oppi internet rond hang. Check julle op mxit

  • 58. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 om 8 : 35

    Dit gat hulle nokkol helpi. Hulle kruip gat of het ‘n nief stjoepid wat da werk

  • 59. Beeld  |  Julie 4, 2009 om 12 : 24

    Hilda Fourie

    Hy het gedink sy vrou is ontvoer, maar toe kry die polisie haar (in haar nagklere) by ’n ander man.

    Dié Pretoriase vrou en haar minnaar is eergisteraand weens beweerde regsverydeling in hegtenis geneem.

    Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou het haar man gebel en gesê sy is op pad huis toe van Johannesburg af.

    Sowat ’n halfuur later het dié man van Jan Niemandpark ’n SMS ontvang wat lui hy moenie na sy vrou soek nie en ook nie die polisie kontak nie.

    Die man het dit by die Villieria-polisiekantoor aangemeld.

    Volgens Weilbach het die polisie dadelik aan die werk gespring en ekstra mense gekry om na die vrou te help soek.

    Die opsporingstelsel wat die vrou in haar Toyota Yaris het, het die polisie na ’n adres in Dunnottar, naby Springs, gelei.

    Meer as tien polisiebeamptes is na dié adres, ’n woonstelgebou.

    Die Yaris het in die parkeerterrein gestaan.

    Inwoners het aan die polisielede gesê die bestuurder van dié motor, ’n vrou, word gereeld daar gesien. Die polisie is na ’n woonstel wat deur die inwoners aan hulle uitgewys is.

    Toe niemand die deur oopmaak nie, het die polisie dit oopgebreek en die vrou in haar nagklere by ’n ander man gekry. Albei is op ’n klag van regsverydeling in hegtenis geneem.

    Weilbach het gesê die vrou sal vir die koste van die vier uur lange soektog na haar verantwoordelik gehou word.

  • 60. Beeld  |  Julie 4, 2009 om 12 : 26

    Hilda Fourie

    ’n Pretoriase huiswerker het ’n vroulike huisrower gister eers met ’n glasbottel oor die kop geslaan en haar toe met ’n mes in die rug gesteek.

    Me. Maggie Bilankulu (33) was omstreeks 12:00 in haar werkgewer se huis in Sinoville besig toe sy twee vroue in die kombuis opmerk. Die hek langs die huis en die kombuis se veiligheidshek was oop.

    Bilankulu het hulle gevra wat hulle in die huis maak.

    Een van die vroue het haar op die mond geslaan en die ander een het haar van agter om haar middel gegryp.

    Die vrou wat Bilankulu op die mond geslaan het, het by die huis ingegaan terwyl sy en die ander vrou geworstel het.

    “Ons het begin veg en ek het ’n glasbottel wat op die vensterbank gestaan het, gegryp en haar oor die kop geslaan,” het Bilankulu gesê.

    Terwyl die bakleiery aan die gang was, het Bilankulu aan Crystal Martin, die sesjarige meisie wat sy opgepas het, geskree om die polisie te bel.

    Crystal se boetie Nathan (17 maande) het in sy bedjie gelê en slaap.

    Sy het die polisie in trane gebel, maar hulle kon haar nie hoor nie omdat die telefoon se gehoorstuk gebreek was.

    Bilankulu het toe vir Crystal gesê om haarself in die kamer te gaan toesluit.

    Sy en die vrou het tydens die geveg in die gang inbeweeg.

    Daar het Bilankulu die vrou se hemp van haar lyf afgeruk.

    Hulle is weer terug in die kombuis in waar Bilankulu ’n kombuismes uit die laai gehaal en die vrou in die rug gesteek het.

    Iewers tydens die struweling is Bilankulu met die mes in haar vinger gesteek.

    Albei die vroue, een met net ’n bra aan, het uitgehardloop, in ’n motor wat buite in die straat gestaan het, geklim en weggery.

    “Ek was so bang vir die kinders se onthalwe,” het Bilankulu gesê.

    “Ek het nie geweet wat om te doen nie. Ek het vir hulle gesê om te gaan, maar het agtergekom hulle is hier om te veg.”

    Me. Mirna von Benecke, polisiewoordvoerder, het gesê dit is nog nie duidelik of die rowers met iets weggekom het nie.

  • 61. Beeld  |  Julie 4, 2009 om 12 : 27

    Cobus Coetzee

    ’n Vrou is verlede week herhaaldelik op ’n trein in Roodepoort in die gesig geskop en geslaan.

    Me. Tanya Nothnagel (44) was verlede Donderdag op pad van Johannesburg na Randfontein, waar sy woon, toe ’n middeljarige man haar aangerand het. Hy het ’n uniform van ’n bekende supermarkgroep aangehad.

    Die trein het net ná 17:00 van Parkstasie in die middestad vertrek. Die man het Nothnagel ’n driekwartier later tussen die Horison- en Princess-stasies aangeval.

    “Hy en sy vriendin het na drank geruik en die hele sitplek volgesit. Ek het hulle gevra om op te skuif en toe het hy op my begin skreeu en slaan.

    “Hy het op die bank geklim en my in die gesig geskop.”

    Niemand het haar gehelp nie, maar net toegekyk, het Nothnagel, ’n bankklerk, gister gesê.

    “Die trein was propvol. Daar was mans orals, maar niemand wou my help nie. Later, lank ná die aanval, het ’n man en vrou my gehelp.”

    Nothnagel het by die Home Lake-stasie buite Randfontein afgeklim, maar haar aanvaller het op die trein bly sit.

    Haar wange en oogbanke is ’n week ná die voorval steeds blou en geswel. Sy gebruik egter steeds elke dag die trein om werk toe te ry. “Ek sal nie geïntimideer word nie.”

    Volgens haar is veiligheid op treine ’n groot probleem. “Daar is nie veiligheidswagte op treine nie, net op die stasies.”

    Nothnagel het ’n klag van aanranding by die Randfontein-polisiekantoor ingedien.

    Die polisie ondersoek so ’n saak, het kapt. Appel Ernst, woordvoerder, gister bevestig. Die saak is intussen na die Roodepoort-polisiekantoor oorgeplaas.

    Mnr. Sibusiso Ngomane, Metrorail-woordvoerder, het gesê hulle doen soveel hulle kan om treine te beveilig. “Ons kan dit egter nie bekostig om ’n veiligheidswag op elke treinwa te sit nie,” het hy gesê.

  • 62. Beeld  |  Julie 4, 2009 om 12 : 29

    Die Afrikaanse liefdesverhaalskrywer Nickey van Schalkwyk is gisteraand in die ouderdom van 84 dood.

    Sy het onlangs geval en haar kop seergemaak. Sy moes daarna ’n breinoperasie ondergaan.

    Sy het sedert dié operasie sowat ’n week gelede in die Little Company of Mary-hospitaal in Pretoria nie weer haar bewussyn herwin nie, het haar man, die Sake24-joernalis Bert Ferreira, gisteraand gesê.

    Hulle was sedert 1956 getroud en het twee kinders en vier kleinkinders. Die egpaar het lank in Johannesburg gewoon, maar onlangs Pretoria toe getrek.

    Altesame 124 boeke het uit Van Schalkwyk se pen verskyn, het Ferreira gesê.

    Reëlings vir die begrafnis moet nog getref word.

  • 63. Beeld  |  Julie 4, 2009 om 12 : 34

    Hilda Fourie

    Vyf jaar nadat die nuwe Vuurwapenwet in werking getree het, het dit nog geen impak op die vermindering van geweldmisdade gehad nie.

    Dit blyk uit ’n verslag wat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasse-aangeleenthede (SAIRR) gister uitgereik het.

    Ondanks die algehele afname in gewapende rooftogte het huisrooftogte met 50% en sakerooftogte met 200% toegeneem sedert die wet van krag geword het.

    Kapings het ook toegeneem, lui die verslag.

    Daarenteen het die getal moorde van 66 voorvalle per 100 000 mense in 1994 tot 40 per 100 000 in 2004 (toe die wet ingestel is) gedaal. Dié syfer het sedertdien verder tot 38 per 100 000 afgeneem.

    Gewapende rooftogte het van 218 per 100 000 mense in 1994 tot 272 per 100 000 in 2004 toegeneem. Dit het sedertdien weer tot 247 per 100 000 mense afgeneem.

    Mnr. Frans Cronjé, adjunk- uitvoerende hoof van die SAIRR, het gesê die afname kan nie aan die instelling van die Vuurwapenwet toegeskryf word nie omdat dit nie bekend is watter wapens in die misdade gebruik is nie.

    Die afname kan eerder aan polisiëring toegeskryf word.

    Die hooggeregshof in Pretoria het die instelling van die wet verlede week opgeskort hangende ’n aansoek van die Suid-Afrikaanse Jagters-en-Wildbewaringsvereniging (SAJWV) om sekere bepalings daarvan ongrond- wetlik te laat verklaar.

    Dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS), het gesê hy glo dit sal nog jare duur voordat die impak van die nuwe Vuurwapenwet gesien kan word.

    Hy meen te veel onwettige vuurwapens is in omloop om ’n impak op die afname van geweldmisdaad te hê.

    Volgens Burger is die doel van die Vuurwapenwet nie om mense te ontwapen nie, maar om van oorbodige vuurwapens ontslae te raak en die poel van wettige wapens te verminder.

    Dit sal dit moeiliker vir misdadigers, veral huisrowers, maak om vuurwapens te bekom omdat mense nie meer so baie vuurwapens in hul huise sal hê nie.

    Burger het gesê dit gaan jare duur om die hele poel onwettige vuurwapens op te spoor en daarop beslag te lê. Hy meen dié poel sal nooit uitgewis word nie.

    Volgens Burger sal die polisie ’n toegewyde eenheid, soortgelyk aan die destydse vuurwapenopsporingseenheid, op die been moet bring om juis onwettige vuurwapens op te spoor, anders sal die Vuurwapenwet glad nie ’n impak hê nie.

    Mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, het vandeesweek in die parlement erken sekere spesialiseenhede moet heringestel word.

    Almal oor een kam geskeer

    Daar is geen statistieke oor watter vuurwapens in misdade gebruik word nie. Nou het die polisie besluit om alle vuurwapeneienaars oor dieselfde kam te skeer.

    So lui ’n verslag deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasse-aangeleenthede (SAIRR) oor die impak van die Vuurwapenwet sedert dit in 2004 van krag geword het.

    In die verslag word voorgestel dat onderskeid getref word tussen vuurwapens wat in misdade gebruik word en dié wat nie in misdade gebruik word nie.

    Volgens mnr. Frans Cronjé, adjunk- uitvoerende hoof van die SAIRR, is daar geen statistieke oor hoeveel mense met watter vuurwapens doodgeskiet is nie. Volgens hom het die wet geen impak op die afname van geweldsmisdade gehad nie. En misdadigers doen nie aansoek om vuurwapen?lisensies nie.

    Cronjé het gesê daar moet op ’n manier wat minder administrasie vir die polisie sal beteken, met vuurwapens gehandel word. – Hilda Fourie

  • 64. Beeld  |  Julie 4, 2009 om 12 : 42

    Marida Fitzpatrick

    Oud is nie ’n woord wat ’n mens oor, om of vir Sandra Prinsloo gebruik nie. Nooit nie.

    ’n Mens weet dit net. Instinktief. Oud is nie Sandra nie en Sandra is nie oud nie. Klaar.

    Daarom was dit so vreemd om haar die afgelope week in Die Naaimasjien te sien. Byna onherkenbaar skuifel-skuifel sy as bejaarde vrou op die verhoog: hare grys, rug krom, maag opgestop. ’n Afgetakelde ou tannie.

    Die totaal teenoorgestelde van wat Sandra Prinsloo is. “Wel,” lag sy, “op die oomblik.”

    By die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) het Die Naaimasjien skoonskip met die Kanna-toekennings gemaak. Sandra is met ’n Kanna bekroon vir die beste vroulike kunstenaar. “Dit was baie lekker, ja,” sê sy en glimlag verleë.

    Nou is Die Naaimasjien by die Innibos-fees in Nelspruit op die planke. ’n Hele 15 jaar ná haar laaste rol in ’n eenvrouvertoning (Koffer in die kas van Jeanne Goosen) keer Sandra toe terug na die soloverhoog.

    Sy het Die Naaimasjien se draaiboek (deur Rachelle Greeff) op ’n vlug van Kaapstad na Johannesburg gelees.

    “Toe tjank ek so. Die geweldige seer en broosheid van die vrou . . .”

    Die ouderdom is ’n landskap wat vir haar bekend begin word het, sê Sandra. Voordat ’n mens kan begin vermoed sy praat van haarself of van háár ouderdom, voeg sy by: “. . . namate my ouers ouer geword het.”

    Haar ma is twee jaar gelede in die ouderdom van 91 oorlede. Haar pa is nou 95.

    “Dis ’n geweldige . . .” Sy frons. “Ek wil nie sê hartseer plek nie, maar dis ’n moeilike plek om te verstaan . . . hoe oumense lewe, hoe hulle in hul koppe lewe.”

    Tydens haar besoeke aan die ouetehuis het sy dié landskap al hoe beter leer ken. “Ek was baie by die ouetehuis. ’n Mens sien hoe hulle agteruitgaan en die ongelooflike braafheid. My ma het nog hakkies gedra.”

    Met haar duim en wysvinger ’n entjie uitmekaar beduie sy hoe hoog. Ingedagte, hartseer: “Hakkies op 90.”

    Dán bid jy

    Terug na die ánder oumense, dié wat sy met haar besoeke aan haar ouers in die ouetehuis sien: “Die vroue . . . hulle hare is gedoen, hulle sit lipstick aan, hul juweeltjies . . . Jy weet, daar is vir my iets fantasties daaraan.”

    Sandra is nou 61. Dis nou haar amptelike ouderdom, as ’n mens dit volgens datums en getalle uitreken. Maar vra jy haar, glimlag sy ’n rukkie lank woordeloos, geheimsinnig, en sê dan net. “Ek het op 60 besluit ek gaan nie ouer word nie. Vir wat moet ’n mens ouer word? Nee, dis nou genoeg. Come on!”

    Ons gesels in die voorportaal van die hotel waar sy oorbly in Nelspruit. Haar hare en grimering is perfek. ’n Statige madame.

    Op “60” voel sy fabulous. Lyk dit ook. Klink dit ook. Van ver, van naby, van alle kante. “Ek sien dit nie!” roep sy uit. “As ek in die spieël kyk, is dit: ‘Aaa, alles val uit mekaar!’ ”

    Die resep is die gewone: oefen, eet, kry jou kop reg. Veral oefening moet ’n mens nie onderskat nie. ’n Potloodwenkbrou omhoog: “Jou liggaam verswak as jy nie oefen nie. Ek gaan gym toe elke dag en stap met my honde, roei . . .”

    Al stry sy met mag en mening teen die ouderdom, maak dit haar nie bang om die rol van ’n vereensaamde bejaarde te vertolk nie. “Ek verwar nooit my rolle met my lewe nie. Jy moet neutraal staan teenoor jou karakters.”

    Om daardie magdom woorde te leer, was ’n hengse werk. Die vertoning is ’n uur en tien minute en sy babbel aanmekaar, sê sy.

    ’n Blank het sy ook al geslaan. “Daai wat jy dink: ‘O hel . . .’ Dan bid jy en dan kom die woorde terug.”

    Daai woorde teister haar. Hulle wemel en raas in haar kop in die nag. “O, die paniek as jy deurmekaar raak. Jissie, ek het al nagmerries gehad.

    “Ek droom ek kom op ’n verhoog en dis ’n stuk waarin ek nog nooit was nie. Daai plek is die alleenste plek ter wêreld. Daai vyf sekondes wat jy dink: ‘Wat de hel sê ek nou?’ ”

    Sy strek haar lyf, trek haar ballerina-skouers terug. Die senuwees begin haar nou kou. “Ek voel dit altyd eerste aan my skouers.”

    Nog nooit weer nie

    Want die kolligding kom nie maklik vir haar nie. As kind was klein Sandra stil, skaam. Gewone kinderjare in gewone Pretoria. “Ag,” sê sy en klink amper teleurgesteld, “ek moet sê dit was uiters ontraumaties. Ag nee, ek dink ons was ’n happy family.”

    ’n Man loer oor ons tafel, sê: “Sandra, jy lyk fabulous, hoor.” Sy lig haar kop, glimlag asof hy ’n ou vriend is, en sê: “Ag dankie, my dier.”

    Nee, lag sy verleë toe die man weg is, sy het nie ’n idee wie dit was nie. “It comes with the job, regtigwaar. En op my ouderdom is mens dankbaar as hulle so iets sê.”

    Maar ja, hervat sy haar storie, sy was ’n skaam kind. “Ek het gedans en in dans hoef jy mos nie te praat nie. Jy tel net.”

    Op vyf het sy met ballet begin. “My ma het my basies gestuur omdat ek ’n hol rug gehad het. Sy’t gedink ek loop lelik. Op vyf. Jissie, siestog.”

    Drama was ’n natuurlike studierigting ná al die jare se dans en so beland sy toe met ’n Tuks-honneursgraad by die destydse Truk. Dit was die laat 1960’s. “En toe raak ek skoon verslaaf.”

    Hier kom die heimwee, kan ’n mens sien, want Sandra se blou oë kyk ver. “Dit was so ’n geweldig wonderlike geselskap. Ons het Francois Swart gehad, visioenêre regisseur. Die tyd toe PG du Plessis begin het en ons Siener gedoen het . . .”

    Gedemp, met haar hande gevou, voeg sy by: “Dit was nog nooit weer so nie.”

    Daar’s “fantastiese” goed wat haar bybly. “My eerste ernstige hoofrol was in . . .”

    Dan skud sy haar kop en lag die nostalgie weg. “Ag nee, geen mens gaan eens weet waarvan ek praat nie!”

    Oukei, gee sy toe, “dit was Kringloop van die liefde. Met Marius Weyers”.

    En sy onthou toe sy gevra is om ’n oudisie vir Cleopatra te gaan doen. Sy’s genooi vir ’n reading. “Ek dog ’n reading beteken jy moet lees. Francois Swart (destydse artistieke direkteur by Truk) sê toe vir my: ‘Darling, a reading is an audition. You must know it.’ Ek het deur die nag geleer.”

    Sy glimlag bly, asof sy wéér die nuus kry: “En toe sê hulle ja. Ek was 27, toe’s ek Cleopatra.”

    Dit was die tyd van groter as lewensgroot akteurs. Mense soos Patrick Mynhardt, Anna Neetlingh-Pohl, James Norval.

    “Almal was flambojant en crazy en wonderlik.” Haar gesig val. “En nou is almal so doodgewoon.” ’n Laggie. “Ek sluit myself daarby in.”

    Met deeltekens

    Eers het sy twee huise gehad: in Johannesburg en die Kaap, maar nou het sy Melville vir altyd gegroet en word elke dag wakker met ’n uitsig oor die see. Saam met Willem van Riet, haar “groot romance”.

    Nie haar man nie, nie haar vriend nie, haar life partner, sê sy. Want trou is nie iets waarin Sandra glo nie. Ten minste nie vir háár nie.

    “Ek het nog nooit die sin in trou gesien nie. Vir wat?” Sy vou haar arms. “Ek wou nie kinders hê nie. Daar was niemand met wie ek kinders wou hê nie. Ons is gelukkig soos ons is. Waarvoor moet ons trou?”

    Haar verhouding met Willem het drie jaar terug hoofopskrifte gehaal toe sy vrou ’n eis teen Sandra ingestel het as ’n derde party in hul huweliksverbrokkeling. Die eis is laat vaar toe Willem en sy eksvrou geskik het.

    “Ag, dit was nie lekker nie, maar ag jong wat, mens gaan maar net aan met jou lewe, wat kan jy doen?” Sy lag die ongemak weg.

    “Willem was wonderlik. Hy het ’n wonderlike sin vir humor. Hy’t net (na die koerantplakkate op die lamppale gewys en) gesê: ‘O, jy’s op die paal.’ ” Sy skater.

    Die kinders-ding was maar ’n besluit: óf kinders of ’n loopbaan

    Spyt? Nee. “Ek wens nie die verlede weg of anders nie. Dis reg soos dit nou is.”

    Tog . . . Sy dink ’n rukkie na. “Mens hét altyd klein spytjies. Dit, dat of die ander.”

    In die toekoms sien sy vir haar baie reise: na Mongolië, Sirië, Patagonië en allerhande ander lande wat met deeltekens eindig.

    Aftree eindig nie met ’n deelteken nie. “Nee, vir wat?” roep sy uit. En dan sag, maar nadruklik: “Aktrises tree nie af nie. Hulle gaan net dood.”

  • 65. Wille Kjind Q  |  Julie 4, 2009 om 6 : 17

    @ #61

    Dis glad nie snaaks om te lees van ‘n vrou wat aangerand word tussen ‘n spul mense en niemand help haar nie. Ek het al my voortand verloor omdat ek ‘n vrou gehelp het wat deur ha man gebliksem was. Maar kom ek vertel julle een ding. Dit was lekker om vir ‘n medemens op te staan EN die man se neus stukkend te skop toe ek hom in my woede van sy voete afgestamp het en hy sy balans verloor het. Die medics het hom da gekry wa ek hom disnis geskop het.

  • 66. Wille Kjind Q  |  Julie 4, 2009 om 6 : 23

    En daai vrou van #59 moet vi ha lekka kry. Ek hoop sy betaal tot in lente van dae!!! As jy nie mee met jou man of vrou wil wees nie dan moet jy net so sê. Agterbakse skelm streke sal jou anyway inni kak drop.

    Pleks die koei net vir ha man sê sy vat ha pie en waai. Maar soos VodaDOM sê………. Are you free or are you DOM

  • 67. Wille Kjind Q  |  Julie 4, 2009 om 6 : 26

    O ja………… More! More!

    Vigeeet ek skoon my maniere

  • 68. Wille Kjind Q  |  Julie 4, 2009 om 7 : 59

    Eks hommer

  • 69. *Mathilda*  |  Julie 4, 2009 om 8 : 01

    More more – beeld was vroeg uit !
    Ek is ok hommer, het darem nou koffie gekry

  • 70. Olga  |  Julie 4, 2009 om 8 : 34

    more, more. net 61?

  • 71. Wille Kjind Q  |  Julie 4, 2009 om 9 : 13

    Olga

    Huh? Wat van 61? Issit oorlat ek hommer is dat ek wee dom is😉

  • 72. Olga  |  Julie 4, 2009 om 10 : 34

    het jy nou al jou mond gevoer wk? ek wonder of sandra p net 61 is? sy lyk goed, ek weet. (tjk. jealous grrrr) maar ek het haar minstens 5 jr ouer geskat.

  • 73. Olga  |  Julie 4, 2009 om 10 : 35

    en dit was nie omdat ek jealous was nie.

  • 74. Wille Kjind Q  |  Julie 4, 2009 om 11 : 47

    Halie! Halie! Halie!👿 Ek het my linker skouer eina gemaak en ons gat more op ‘n breakfast run. But not to worry😈 ……… Al moet ek met net 1 hand vashou…… My naam is gat want ek gat saam:mrgreen:

  • 75. Wille Kjind Q  |  Julie 4, 2009 om 11 : 50

    Olga

    Ek het somme 1 van daai mcmuffin goeters gechow. Doodgaan vanni hommer was nog nooit 1 van my goeie qualities nie

  • 76. Wille Kjind Q  |  Julie 4, 2009 om 3 : 01

    *GAAAAAAAAAAAAAP*

  • 77. Wille Kjind Q  |  Julie 4, 2009 om 3 : 02

    Wasgud was issi gud👿

  • 78. Olga  |  Julie 4, 2009 om 3 : 04

    hoekom nie? mens kry gelukkig nie wasgoed skouer nie.

  • 79. Wille Kjind Q  |  Julie 4, 2009 om 3 : 32

    Olga

    Dis vriesend koud hie by ons vandag. Wasgud was was nog nooit lekka nie😥

  • 80. Wille Kjind Q  |  Julie 4, 2009 om 3 : 58

    My 3ling

    Moeti nou die nuwe blog op sitti. Eks gou besig by ‘Laura Lee’

  • 81. Olga  |  Julie 4, 2009 om 4 : 53

    wasgoed was kan nog gaan. ek pes dit om te stryk. maar soms speel jakaranda n nice liedjie, dan doen ek di strykplank boogie of die kreukelgatswaai. dit maak sommer korte mette met n bondel strykgoed.

  • 82. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 4 : 56

    Hallo Almal

  • 83. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 4 : 57

    Dit is piskoud

    Selfs OBS wil nie help nie.

  • 84. Wille Kjind Q  |  Julie 4, 2009 om 5 : 58

    GGGRRR!!!!!! Die krag is af en dis BBBRRR koud

  • 85. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 5 : 59

    Daardie Dancing Queen scene bly n treffer. Ek is ga-ga daaroor.

  • 86. Adrie  |  Julie 4, 2009 om 6 : 00

    Die rede hoekom ek nie n verwarmer het nie. Koud is erg, maar koud en donker is erg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: