Kinderpartytjies

Junie 30, 2009 at 7 : 09 170 Kommentaar

Met Baba Jana wat more 7 word, kan ons seker vandag oor kinderpartytjies praat.  Die snotneus sal ons seker kom vertel van hoe dit nou eintlik werk.

My ma het wel vir ons partytjies gehou toe ons klein was.  Dit was tot sy uitgevind het dat Wimpy soveel minder moeite is, maar dan het ons nog steeds ‘n keuse tussen ‘n partytjie en ‘n ete in die Wimpy gehad.  Die ete in die Wimpy het glad nie beteken dat daar nie koek was nie.  Koek is net so groot deel van verjaarsdae as die geskenke self.

Van geskenke gepraat, die verjaarsdagmeisie /seun het altyd twee geskenke gekry.  ‘n Groot een en ‘n klein een.  Al die boeties en sussies het saam ‘n kleintjie gekry, net sodat daar nie ‘n bakleiery moet wees nie.  Die storie het net gehou tot ons op sakgeld aangedring het en toe self vir die verjaarsdagboetie/sussie ‘n geskenk moes koop.  Die verjaarsdagmaatjie sou jou met ‘n sny koek beloon het.

Vandag nog is die koek ‘n groot storie, of ons by die huis is of nie.  Ons is seker geseën met ‘n ma wat goed kan bak en nie omgee om aan ons grille te voldoen nie.  Ek soek nog steeds elke jaar my wortelkoek en ek kry nog elke jaar my wortelkoek.  Elkeen van ons het natuurlik hulle eie gril wat die koek betref. 

Wel, terug na die tyd waar ons haasbekke met stukkende knieë was.  Ons kon altyd ‘n paar maatjies van skool nooi.  Die ander gaste was familievriende, niggies en nefies.  Hulle was gewoonlik met ‘n uitnodiging uit ‘n skryfblok genooi gewees.  (Die skryfblok het sommer daarna as ruilpapier gedien).  Ons het twee koeke gehad.  Een temakoek en een wat ons ouderdomsgetal was.  Daar was natuurlik southappies, soethappies (het ek genoem dat my ma ‘n goeie bakster is?), lekkergoed, skyfies en springmielies gewees om die hele dorp te voed.

Ons het onsself natuurlik eers knuppeldik geëet en daarna gespeel.  Die gaste se geskenke is oopgemaak soos hulle daar geland het.  Kaartjies was baie gewild en daar het gewoonlik ‘n blou of ‘n pers noot in weggekruip.  Die dag wat dit ‘n groen noot was (soos in R10), was jy superryk gewees.  Ek het een verjaarsdag R17 so by almal gekry en dit was genoeg vir ‘n silwer hangertjie.  Speletjies was goed soos vrot eier, open-the-gate en natuurlik koljander.

Dit was natuurlik voor die dae waar almal balonne op die hek vasmaak en springkastele huur.  Hoe was jou kinderpartytjies en wat se partytjies gooi julle vir julle kinders?

Blogvraag:  Wie was die jongste Oscar wenner tot op datum?

Blogantwoord:  Olga was reg met Land en Volk.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Baba Jana.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wintersnag Robinsina Crusoe

170 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 om 1 : 33

    Hallo again willes – bye willes

  • 2. Wille Kjind Q  |  Julie 1, 2009 om 1 : 34

    Miskien moet ek wee sing……………..

  • 3. Jaco  |  Julie 1, 2009 om 1 : 37

    Ek dink nie mense tussen 20 en 30 jaar sal daarvan hou as ek lat swaai tussen hulle nie

  • 4. Adrie  |  Julie 1, 2009 om 1 : 37

    Waarheen is Tilla oppad?

  • 5. Adrie  |  Julie 1, 2009 om 1 : 38

    Kollege dus

  • 6. Adrie  |  Julie 1, 2009 om 1 : 41

    Wie het met die blog design gekarring?

  • 7. Adrie  |  Julie 1, 2009 om 1 : 45

    Nats

    Hoeveel kos jou baas se hele kar dan?

  • 8. Adrie  |  Julie 1, 2009 om 1 : 46

    My aanleg toets het mos destyds gewys ek kan enige iets onder die son gaan doen.

    Toe se die sielkundige vir my dat ek moet onthou dat mense soos ek altyd baie goeie dosente maak wat altyd in aanvraag is.

  • 9. Adrie  |  Julie 1, 2009 om 1 : 47

    Nee hel, nou is my eie comment onder moderation.

  • 10. Jaco  |  Julie 1, 2009 om 1 : 54

    Probeer Universiteit Andre

  • 11. Adrie  |  Julie 1, 2009 om 1 : 57

    Andre?

    Ekskuus Jaco.

    Baie welkom tot Dorings. Ek hoop jy gaan nog lekker saam met ons kuier.

    Onthou om asseblief die aansoekvorm by die bly te kenne bladsy in te vul.

  • 12. Olga  |  Julie 1, 2009 om 2 : 18

    ek het gedag my kjenners was op 18 al op varsity. 18 is seker die nuwe 20.

  • 13. Olga  |  Julie 1, 2009 om 2 : 20

    as ek geweet vandag gaan so n koue dag wees, sou ek gewag het tot vandag om 2koppiekoekies te bak.

  • 14. Adrie  |  Julie 1, 2009 om 3 : 24

    Vasgehak

  • 15. Adrie  |  Julie 1, 2009 om 3 : 26

    Olga

    Ek is nou honger vir koekies. Dra gou vir my koffie aan, asseblief?

  • 16. Olga  |  Julie 1, 2009 om 5 : 05

    het salome nog nie vi julle kom koffie maak nie?

  • 17. pop  |  Julie 1, 2009 om 5 : 16

    hier gat ok nooit meer iets aan nie!

  • 18. Adrie  |  Julie 1, 2009 om 5 : 24

    die blog is lelik oppie koffie

  • 19. Die Ding  |  Julie 1, 2009 om 5 : 45

    Dis nou i snaakse blog hierrie

  • 20. Jaco  |  Julie 2, 2009 om 7 : 53

    Ek het lus om oor iets kommon te praat vandag ,kom ons praat oor Olga

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: