Wintersnag

Junie 29, 2009 at 8 : 56 124 Kommentaar

My brein is gevries, my vingers is gevries en my rekenaar wil-wil vries.  Vandaar die laat, verbeeldinglose skrywe.

Hoe ontsnap jy die winter se koue?

Ek is een van die mense wat nie ‘n verwarmer besit nie.  Ek is al ongeveer 6 jaar in die arbeidsmark en kon beslis al in die eerste jaar ‘n verwarmer bekostig het.  In die begin was daar ‘n goeie skoot uitstel betrokke.  Niks soos ‘n besonderse koue nag om jou van uitstel te genees nie.  Dit laat die ander koulikes ook vinnig winkel toe hol om nog een te gaan koop.  Met die gevolg dat al die geskiktes uitverkoop was, wanneer ek reg was om een te koop.

Later van tyd het ESKOM met hulle drama gekom.  Ek is nie ‘n baie groen mens nie, maar almal moet iewers ietsie probeer doen.  Koud is erg, maar koud in die donker is baie erger.  Daar is ook ‘n kritieke tekort aan spasie in my kaia.  Met die gevolg dat ek nie ‘n elektriese verwarmer ernstig oorweeg nie.  Buitendien het ek al te veel gehoor hoe kan ‘n verEk is nie juis bang vir gas nie, maar my ruimte gebrek maak dit nie juis ‘n veilige opsie nie.  Buitendien wil ek nie nog na stroois ook ruik nie.

My raad vir ‘n Wintersnag is dus bedrus.  Neem ‘n stomende stort, trek lekker warm nagklere aan, maak ‘n warmwatersak en kruip in die bed weg.  Bedsokkies is ononderhandelbaar.  Handskoene is te beperkend.  ‘n Beker vuurwarm warm sjokolade maak hande warm en help om die koue van binne te verdryf. 

Op die oomblik oorweeg ek om daardie kombersjassies van Verimark te koop.  Tog vertrou ek Verimark net soveel as wat ek Julius Malema vertrou.  R400 is R400 te veel om te mors op iets wat nie werk nie.

Daar is seker niks so gesellig soos ‘n knetterende kaggelvuur nie.  Eendag wanneer ek groot is en in my kasteel woon, moet daar beslis ‘n kaggel of 10 wees.   Ek sal nog die hout kap, maar hopelik sal iemand anders die kaggel skoon maak.

Hoe verdryf jy die koue?

Blogvraag:  Wat is die naam van die koerant wat Eugene N. Marais besit het?

Blogantwoord:  Willes was reg met A time to Kill.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Vrygespreek in ‘n hof Kinderpartytjies

124 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Junie 29, 2009 om 8 : 59

    Eerste

  • 2. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 06

    Tweede!

  • 3. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 08

    Die Son

  • 4. Olga  |  Junie 29, 2009 om 9 : 08

    land en volk

  • 5. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 09

    Die Son!? Hoekom glo ek jou nie😕

  • 6. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 10

    Land en Volk klink beter:mrgreen:

  • 7. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 10

    Ek moes vandag vir my meisiekind n gas heater kry want hulle mag nou nie meer krag in die kantoor gebruik nie , wonder wat is volgende , seker n longdrop in die straat om water te spaar

  • 8. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 11

    Moet ek nou die post lees of kan ek later…..

  • 9. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 11

    Wie is Eugene N. Marais

  • 10. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 13

    Ek dink ek was klaar met skool toe hy beroemd geraak het

  • 11. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 13

    Klip

    Dis ‘n skande! Mag sy dam nog koffie drink byri werk?

  • 12. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 14

    Toe ek op skool was, was Dawid en Goliat die “talk of the town” gewees

  • 13. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 14

    Het jy inni voortrekker tyd skool gega Klip?

  • 14. Adrie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 14

    Klip

    Nou het ek wragtig alles gehoor.

  • 15. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 15

    Ja die wat hulle self koop , sal ook seker een van die dae die koffie water op n gas stoof moet kook

  • 16. Adrie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 16

    Waar is Olga nou weer heen?

  • 17. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 16

    Klip ken net van veldskool

  • 18. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 16

    My onderwyser was van die eerstes wat spyker skrif uitgedink het

  • 19. Adrie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 17

    Ons kry darem nog gratis toiletpapier by die werk. Koffie ook, mits ons dit self maak.

  • 20. Roer  |  Junie 29, 2009 om 9 : 17

    hi hi

  • 21. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 17

    Olga skree net eerste, antwoord dan gat speel sy met Bessie

  • 22. Adrie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 17

    Klip

    So jy was daar voor morfien?

  • 23. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 17

    Laas toe ek op veldskool was , het hulle sulke lang messe uitgehaal , en verder kan ek nie onthou nie , iets gese as ek weer sien dan is ek n man

  • 24. Adrie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 18

    TAnnie Roer!!!!

  • 25. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 18

    Hallo Roer ….. welkom

  • 26. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 18

    Tannie Roes!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 27. Chantelle  |  Junie 29, 2009 om 9 : 19

    Skuus. Roer moet haar gedra. As jy gedooi het,moet jy gedooi bly. Naand Klip, Adri, Willes.

  • 28. Chantelle  |  Junie 29, 2009 om 9 : 19

    Wat gaan aan?

  • 29. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 20

    😆 ek dink so

  • 30. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 20

    RoeS klink beter

  • 31. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 20

    Hallo Chantelle

  • 32. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 21

    Oom Klip!! Gedra vi jou. Tannie Roes is hie

  • 33. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 22

    Roes is vinniger om te tik

  • 34. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 22

    En nous sy weg

  • 35. Adrie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 23

    OOOLLLLGGGGAAAAA!!!!!!

  • 36. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 23

    Saami res

  • 37. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 23

    Of het hulle vi Olga loop soek

  • 38. Chantelle aka Roes  |  Junie 29, 2009 om 9 : 24

    Nou maar goed Willes. Stick to Roes. Oom Klip, nice mug shot.

  • 39. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 24

    Tannie Roes het ha dood geskrik vi Klip se veldskool stories

  • 40. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 24

    Skuus auntie 😳

  • 41. Adrie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 24

    Klip,

    Jy moet die blog kaggel deur die aand gestook hou, ons wil nie more oggend hier verkluim nie.

  • 42. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 25

    Tannie Roes

    Dis beter

  • 43. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 25

    Jy moet sien hoe skrik ek elke keer as ek die “scares” sien

  • 44. Adrie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 26

    😉 Oupa Klip, Tannie Chantelle

  • 45. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 26

    Dissi rooflesers wat alli koekies opeet enni deur ooplos. Die dat dit so koud is inni oggend

  • 46. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 26

    A3 ek sal seker maak dat daar altyd iets is wat brand in die kaggel

  • 47. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 27

    Roes Roes Roes Roes Roes Roes

  • 48. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 27

    Ek was vandag saam met my meisiekind by die roofkyker , toe het ek ook die babatjie gesien

  • 49. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 28

    Wa my comment?

  • 50. Adrie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 31

    Klip

    Weet julle al wat dit is?

  • 51. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 32

    Gras ingevoer van Durban brand die lekkerste laat aand langs die kaggel

  • 52. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 32

    A3 ja dis n dogtertjie

  • 53. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 32

    Halie! Halie!

  • 54. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 33

    Dogtertjies is moeilikgeid

  • 55. Adrie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 34

    En het julle al name in gedagte?

  • 56. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 37

    Ek loer later weer in om die kaggel te stook , moet ook eers n bietjie geld gaan verdien

  • 57. Klip  |  Junie 29, 2009 om 9 : 38

    Ja daar is al n paar name , hulle sal eers weer vir my moet se wat die name is ….

  • 58. Wille Kjind Q  |  Junie 29, 2009 om 9 : 42

    Nag julle. Ek gat nou (probeer) dux

  • 59. Adrie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 42

    Nag almal

  • 60. maxie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 43

    Hi almal

    Koue is goed vir ons! Jy verbruik meer kilojoules as jy koud kry😆

    Ons gebruik nie verwarmers nie want:
    Die huis is te groot, oopplan, hemelhoë plafonne, teëls regdeur.
    Die katte het wel ‘n klein verwarmer voor hul mandjies, wat ons net saans aansit om hul binne te lok😉

    Adrie
    Vergeet van daai Verimark jassies. Ek het een vir K gaan koop, dis lagwekkend. Hy’s rietskraal maar dit maak nie eens behoorlik toe nie,en kom nie eers naby sy voete nie (en hy’s lank!).
    Die materiaal is ook nie baie warm nie.
    Verimark wou dit nie terugvat nie, want dis “clothing”.🙄
    Maar ek is selfgeldend en hulle het dit toe aanvaar.

  • 61. maxie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 44

    En nag…
    Lekker warm slaap..

  • 62. Adrie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 52

    Daardie katte het beslis n koninglike lewe.

  • 63. maxie  |  Junie 29, 2009 om 9 : 58

    Jip, natuurlik het hulle, hulle is my 3 meisiekinders…😉

    Lekker slaap !

  • 64. Jo-Ann  |  Junie 29, 2009 om 10 : 05

    Hier is dit maar ook die warm bad en bed storie…. verwarmers eet geld en maak my net siek….

  • 65. Klip  |  Junie 29, 2009 om 11 : 49

    Hoe lekke le almal nou en kilojoules verbrand

  • 66. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 om 5 : 28

    More moere

  • 67. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 om 5 : 30

    😯 Die moere is natuurlik more!😳

  • 68. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 om 5 : 31

    Wag! Lat ek eerder waai en kla maak vi clownshop

  • 69. Klip  |  Junie 30, 2009 om 5 : 39

    Ok die coffee is darem reg , en k het die vuur aan die gan gehou

  • 70. Klip  |  Junie 30, 2009 om 5 : 40

    Moer maar koffie in

  • 71. Klip  |  Junie 30, 2009 om 5 : 49

    Dis lekker koud vanoggend

  • 72. Adrie  |  Junie 30, 2009 om 7 : 19

    More

  • 73. demoerin  |  Junie 30, 2009 om 7 : 36

    As iemand weet hoe om die koue te verjaag, sommer helemal weg. Laat weet my asseblief. EK SOEK SOMER. Miskien kan ek begin hiberneer, elke jaar van Mei tot Augustus.

  • 74. Olga  |  Junie 30, 2009 om 7 : 42

    more, more. as jy die hibernasie ding regkry demoerih, laat weet my ook hoe asb. die ryp le nog spierwit buite en maak prisms soos die son daarop weerkaats.

  • 75. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 8 : 13

    More more

    Willes – whuhahahaha – moere !

  • 76. Adrie  |  Junie 30, 2009 om 8 : 42

    Ek wil ook hiberneer.

    Olga

    Julle kan julle dalk verbeel dit sneeu

  • 77. Beeld  |  Junie 30, 2009 om 8 : 43

    Buks Viljoen

    ’n Deeltydse lykshuiswerker wat ’n hand en bors aan ’n “pastoor” in Acornhoek verkoop het, het glo aan die polisie erken dis die liggaamsdele van ’n Nederlandse toeris.

    Die vrou is vier weke gelede in ’n ongeluk buite Lydenburg dood. Sy en drie ander Nederlanders het skaars vier uur voor die ongeluk vir ’n vakansie in Suid-Afrika aangekom. Die trompop-botsing enkele kilometers buite Lydenburg het drie lewens geëis – twee Nederlanders en ’n Suid-Afrikaner s’n.

    Die lykshuiswerker, wat deeltyds by Doves op Lydenburg gewerk het, het Donderdag glo aan die polisie erken hy het die liggaamsdele op die ongelukstoneel met ’n tuisgemaakte mes afgesny.

    Die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad het die vermeende lykskender, mnr. Ben Mongadi (35), twee weke gelede aangekeer.

    Hy het glo liggaamsdele aan ’n selfverklaarde pastoor van Acornhoek verkoop. Hy het aan die polisie gesê hy het R800 daarvoor gekry.

    Die “pastoor”, mnr. Phillemon Baloyi (47), is in hegtenis geneem toe hy op sy beurt probeer het om die liggaamsdele vir R3 500 aan ’n toordokter te verkoop. Die toordokter het die polisie laat weet iemand wou menslike oorskot as moetie aan hom verkoop.

    Mongadi het verlede week tydens ondervraging glo vir die eerste keer beweer die liggaamsdele is dié van die Nederlandse toeris. Beeld het betroubaar vasgestel Mongadi het sedert sy erkennings selfs sekere uitwysings aan ’n polisiebeampte gedoen.

    Mnr. Danie van der Berg, streekbestuurder van Doves, het gesê die maatskappy sal eers kommentaar lewer nadat die polisie-ondersoek klaar is.

    Mongadi het gister vlugtig in die hof in Lydenburg verskyn. Nie een van die twee is gevra om te pleit nie.

    Kapt. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad, wou gister nie kommentaar op Mongadi se bewerings, óf die ondersoek na die lykskending, lewer nie.

  • 78. Beeld  |  Junie 30, 2009 om 8 : 44

    Mia Willemse

    Vier bokserhonde het ’n bejaarde man eergistermiddag in Pretoria aangeval en onder meer ’n stuk van sy kuit uitgebyt.

    Mnr. Abraham Bezuidenhout (75) het erge bytwonde aan sy regterbeen, albei arms en gesig opgedoen. Die honde het selfs ’n klos van sy hare uitgetrek, het Bezuidenhout gister in sy hospitaalbed in die Kalafong-hospitaal in Pretoria-Wes vertel.

    Hy het eergister ’n entjie gaan stap terwyl hy by sy skoondogter in Claremont in Pretoria-Wes gekuier het.

    Die honde was glo in ’n erf op die hoek van Pretoria- en Klein Bremmerstraat (’n systraatjie langs Bremmerstraat). Dis direk oorkant ’n laerskool waar daagliks kinders verbystap.

    Volgens Bezuidenhout was die erf se skuifhek op ’n skrefie oop en het een van vier bokserhonde hom bestorm.

    “Ek het geskree: ‘Voertsek, voertsek,’ maar die verdomde honde weet mos nie wat ‘voertsek’ beteken nie. Al vier het my toe bestorm en begin byt. Al wat ek kon voel, was die pyn van my vleis wat uitgeskeur word. Ek het net my gesig en nek toegehou.”

    Mnr. Tony Young (31), ’n duikklopper van die omgewing, het die honde met ’n graaf van Bezuidenhout verwilder, nadat sy sewejarige dogtertjie eerste gesien het Bezuidenhout word aangeval.

    Young het vertel hy het die “oom” op die sypaadjie gesien en dadelik na ’n graaf gegryp om die honde te verwilder.

    “Een van die honde het my en my dogtertjie ook bestorm. Ek het hom met my graaf deur sy gesig geslaan.”

    Nadat Young en ander mense die honde verwilder het, het hulle handdoeke op Bezuidenhout se wonde gesit. Hy het baie bloed verloor en is onder meer aan die polse gebyt.

    Die eienaar van die honde, wat nie sy naam wil laat publiseer nie, het gesê toe hy omstreeks 08:00 eergister by sy huis weg is, was al sy hekke gesluit en al sewe sy honde binne die erf.

    Hy het gesê hy weet nie hoe die honde uitgekom het nie en dat hulle nog nooit tevore iemand gebyt het nie. Die man het bespiegel dat iemand sy erf dalk onregmatig probeer binnekom en die hek oopgelos het.

    Me. Pam Zeiler van die Bokservereniging van Suid-Afrika, het gesê dié honde is gewoonlik nie aggressief nie en dat dit baie ongewoon is dat hulle iemand aanval.

    “Hulle is sosiale honde wat daarvan hou om deel van ’n familie te wees.”

    Me. Sophia Bezuidenhout, Bezuidenhout se skoondogter, het gesê hulle wil ’n klag by die polisie indien sodra haar skoonpa uit die hospitaal ontslaan word.

  • 79. Beeld  |  Junie 30, 2009 om 8 : 46

    Cobus Coetzee

    Duisende ontstoke inwoners van Piet Retief in Mpumalanga het gister verwoesting in die dorp gesaai deur raadslede se huise te plunder en motorbande en munisipale denne-plantasies aan die brand te steek.

    Inwoners eis me. Mary Khumalo, die Mkhondo-munisipaliteit se burgemeester en mnr. Roy Ledwaba, munisipale bestuurder, asook raadslede moet die trekpas kry.

    Dit volg op bewerings van finansiële wanbestuur en ’n memorandum wat aan mnr. David Mabuza, premier van Mpumalanga, gestuur is.

    Twee LUR’s het Sondag met inwoners van die dorp vergader om ’n oplossing vir die situasie te probeer vind. Mnr. Norman Mokoena, LUR vir koöperatiewe regering en tradisonele sake, het aan inwoners belowe ’n forensiese ondersoek sal gedoen word, maar gesê raadslede sal nie summier afgedank word nie.

    Inwoners was eergisteraand ontevrede en het motorbande aan die brand gesteek.

    “Ekstra polisielede met kundigheid in skarebeheer is ingeroep,” het supt. Abie Khoabane, polisiewoordvoerder, gesê.

    Volgens Khoabane het 2 000 mense gister in klein groepe in die dorp rondgeloop en goedere aan die brand gesteek en geplunder. Drie raadslede se huise is geplunder. Die N2-hoofweg na Pongola is met brandende motorbande afgesper, maar die polisie het dit later verwyder.

    Al die ondernemings in die dorp was gister heeldag gesluit. Denne-plantasies is gistermiddag laat aan die brand gesteek.

    “Dis munisipale plantasies aan die oostekant van die dorp, wat reg langs dié van boere is,” het mnr. Hendrik Zeelie, ’n boer en veiligheidshoof van die omgewing se landbouvereniging, gesê.

    Khoabane het gistermiddag gesê die polisie het die betoging onder beheer.

    Mpumalanga se premierskantoor het die geweld ten sterkste veroordeel.

    Volgens mnr. Andries Gamede, burgemeester van die Gert Sibande-distriksraad, kan inwoners nie eis die premier moet die raadslede afdank voordat die ondersoek nie afgehandel is nie.

    Khumalo en Ledwaba wou nie gister kommentaar lewer nie.

  • 80. Beeld  |  Junie 30, 2009 om 8 : 47

    Amanda Roestoff

    Randfontein. – ’n Sieklike pensioentrekker van die Middelvlei-hoewes buite dié dorp wat glo kaalfoto’s van minderjarige meisies geneem het, is gister in die streekhof hiér borgtog van R5 000 toegestaan.

    Mnr. Matthys Johannes Taljaard (70) staan tereg op aanklagte van die besit en vervaardiging van pornografie. Hy is op 19 Junie in hegtenis geneem. Sowat 1 000 digitale foto’s van kaal meisies, almal tussen ses en 17 jaar oud, is glo op sy rekenaar gevind.

    Supt. Heila Niemand, hoof van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) op dié dorp, het onder meer getuig dat alle foto-afdrukke nog nie getel is nie.

    Taljaard, voorheen ’n inwoner van Port Shepstone aan die KwaZulu-Natalse suidkus, word glo seksueel geprikkel deur meisies na sy hoewe te lok en te laat swem. Dis dán wanneer hy hul geslagsdele afneem.

    Landdros Archibald Mahlangeni het bevind dit is nie in belang van geregtigheid om ’n bejaarde man agter tralies te hou as hy nié ’n vlugrisiko is nie.

    Die beskuldigde, wat aan hipertensie en suikersiekte ly, kon volgens die hof “al lankal ’n oordosis van die bondel pille in sy besit geneem het as hy wou selfmoord pleeg”.

    Mahlangeni het gesê die wet maak voorsiening vir regsmiddele, soos borgtogvoorwaardes, om die staat se vrese (dat Taljaard ’n gevaar vir die gemeenskap inhou) hok te slaan.

    Taljaard moet ingevolge streng borgtogvoorwaardes al drie sy vuurwapens aan die ondersoekbeampte vir veilige bewaring oorhandig. Hy mag geen besoekers onder die ouderdom van 18 jaar ontvang nie.

    Hy mag ook nie van adres verander of enige van die ondernemings in sy verklaring en borgtogaansoek verbreek nie.

    Taljaard het teen gister laat nog nie die borgtogbedrag betaal nie en was steeds in aanhouding.

    Die saak is tot 4 Augustus uitgestel.

  • 81. Beeld  |  Junie 30, 2009 om 8 : 48

    Dries Liebenberg

    Durban. – Die sardynstormloop kan die KwaZulu-Natalse kus dalk einde vandeesweek met mening tref wanneer die gure weer wyk.

    Voordat die storms die kus eergister getref het, het ’n vlieënier van die Suid-Afrikaanse lugmag tydens die Margate-lugskou ’n groot skool sardyne sowat 4 km van die kus by Port Edward gewaar.

    Sowat 1 000 dolfyne en ’n groot groep walvisse het die vlieënier ’n voorsmakie van dié jaarlikse skouspel gegee, het mnr. Mike Anderson-Reade, adjunk- uitvoerende hoofbeampte van die Natalse Haaieraad, gesê.

    Die sardyne het waarskynlik egter in die diepsee gaan skuiling soek toe stormsterk winde en golwe van tot 7 m die kus teen eergister getref het.

    Volgens mnr. Wisani Maluleke van die Suid-Afrikaanse Weerdiens se kantoor in Durban het stormsterk winde van tot 90 km/h en golwe van tot 7 m die kus die naweek geteister.

    Die seetoestande is besig om te bedaar en behoort teen die einde van die week na normaal terug te keer.

    Dis dan wanneer die skole sardyne dalk aan die kus te voorskyn kan kom, het Anderson-Reade gesê.

  • 82. Beeld  |  Junie 30, 2009 om 8 : 51

    Los Angeles. – Die familie van Michael Jackson het gesê hulle gaan veg om toesig oor sy kinders en landgoed te kry en het weer hul kommer oor die omstandighede rondom sy dood uitgespreek.

    Die Jacksons wil toesig oor die koning van pop se drie kinders verseker en het ook nog nie sy testament onder oë gehad nie, het adv. Londell McMillan, die familie se woordvoerder, aan CNN gesê.

    Die familie hou ook die vordering van die amptelike ondersoek na sy dood dop, het hy gesê.

    Hulle het reeds ’n private patoloog gehuur om ’n tweede lykskouing te doen.

    Gister het http://www.tmz.com berig gerugte oor die haglike toestand van Jackson se lyk is vals. Volgens die webwerf is die “lykskouingsverslag” waarop die Britse koerant The Sun sy beriggewing gegrond het, vals.

    McMillan het gesê Jackson se ma, Katherine, wil toesig oor sy drie kinders hê. Sy sien na hulle om sedert Jackson se dood verlede Donderdag.

    “Hulle (die kinders) is in ’n liefdevolle omgewing. Sy is ’n baie goeie ouma. Ek kan nie aan iemand beters vir die kinders dink nie as ’n ouma soos mev. Katherine Jackson en die liefde en ondersteuning van die familie.”

    Volgens McMillan het die familie ook nog nie Jackson se testament gesien nie en dit is onduidelik of daar ooit een bestaan.

    “As daar geen testament is nie, sal sy bates ingevolge wet van die deelstaat Kalifornië aan sy naasbestaandes gaan.”

    Jackson se pa, Joe, het eergister by die BET-prysuitdeling gesê hy bly bekommerd oor die omstandighede rondom sy seun se dood nadat dr. Conrad Murray, Jackson se dokter en vermoedelik die laaste persoon wat hom lewend gesien het, ontken het hy het die voorskrifmiddels Demerol of OxyContin wat moontlik tot Jackson dood kon gelei het, vir hom gegee.

    Volgens mnr. Edward Chernoff, Murray se prokureur, was Murray by Jackson se herehuis toe hy hom in sy bed aangetref het.

    “Hy het hom toevallig in sy bed aangetref en hy het nie asemgehaal nie. Mnr. Jackson was nog warm en het nog ’n hartklop gehad,” het Chernoff gesê.

    Die dokter het volgens Chernoff onmiddellik mond-tot-mond-asemhaling begin toepas.

    Intussen sou die aktivis eerw. Al Sharpton gister met die familie vergader om gedenkdienste vir Jackson te bespreek. – Sapa-AP-AFP

  • 83. Olga  |  Junie 30, 2009 om 9 : 41

    Re #79. gaan hulle veel help om by die mp premier te klag die se slaapkamer alleen is gehermeubeleer vir r135 000 voordat hy kon intrek. dis nog nie bekend wat die hermeubelering van die res van die premiers woning gekos het nie. die premiers kantoor was ook n nuwe baadjie aangetrek.

  • 84. Nats  |  Junie 30, 2009 om 9 : 44

    Goeie more julle!!

    Brrrrrrrrrrr….

    Ek het net my warm water bottel om my warm te hou, en ‘n verwarmer (so nou en dan as dit regtig koud is sit ons dit aan)
    Ek mag nie ‘n warm komberg gehad het toe ek klein was nie, want my ouma sin het aan die brand geslaan so toe sê my pa ons kry nie!

    En nou mag ek ook nie een kry nie, want manlief se ouma se warm kombers het ook aan die brand geslaan!

    So ek dink die oumas het dit in gehad vir my!!👿

  • 85. Olga  |  Junie 30, 2009 om 9 : 44

    ek wonder of die regte pa van michael jackson se kinders nou vorendag gaan kom. dis geen biologiese jacksons dari nie.

  • 86. Nats  |  Junie 30, 2009 om 10 : 41

    Olga
    Dis ‘n moeilike een, kan wees dat dit ‘n sperm donor was… mag dalk nooit weet nie!

    Ek het die naweek gesien twee van die kinders het darem dieselfde ma, so da is net twee ma’s.

    En vanoggend gelees die seuntjie wat MJ aangekla het van molestering het gesê alles was ‘n leun sy pa het gesê hy moet dit doen… weird, wonder hoekom nou na sy dood, en kan mens die laaitjie nou glo?

  • 87. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 10 : 53

    Vir (obvious) veiligheidsredes gebruik ek glad nie ‘n warmkombers nie. Ek het wel 2 gasverwarmers, 1 in die sitkamer en een in TL se kamer, ek sit hom so 10 minute voor sy gaan bad aan en maak die kamer se deur toe, as sy klaar aangetrek is sit ek hom af en speel nog so 10 minute in die kamer rond om weer gewoond te raak aan die koue buite haar kamer, die een in die sitkamer het ek nog net een keer die winter aangehad, ek gaan klim eerder in my bed met ‘n koppie hot chocolate of warm melk en my warmwatersak (wat glad nie met water werk nie), dis een van daai jobbies wat jy in die mikrogolf warm maak, solank my voete warm is is ek ok, maar as my voete koud is kry ek koud

  • 88. Nats  |  Junie 30, 2009 om 11 : 02

    *M*
    Ek is nou weer vrek bang vir gas!! My tannie se gas bottel het gelek, en sy was ampertjies dood! My ma’le se gas bottel het aan die brand geslaan – splinter nuwe bottel!
    Nee dankie, ek kry dan eerder koud😉

    Ek soek een van daai verwarmers wat mens teen jou muur opsit, hulle sê ook mens spaar baie op krag met daai outjies. Maar ons krag proppe in die hoof slaapkamer sit agter die bed – so dit kan nie werk nie😦

  • 89. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 11 : 05

    Nats – sit hom op ‘n extension

  • 90. Nats  |  Junie 30, 2009 om 11 : 12

    *M*
    Nou dat ek daarin het ons nie ‘n muur om die ding op te sit nie!😯 Ons kamer is redelik klein. Bed staan teen die muur wa die kragproppe is, twee bedkassies… stoel in hoek… ander mure het kaste, deur, badkamper deur en stoep deure… eish! Dalk moet ek kamers ruil!

  • 91. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 11 : 28

    Of sit hom op die dak !

  • 92. Olga  |  Junie 30, 2009 om 11 : 34

    as dit die asbes soort is wat teen die muur vaskom, moet jy dalk 2 keer dink nats. dan nog n keer. asbes groei in jou longe. as dit die soort is wat met olie werk, wat jy wel kry, kan jy net sowel kry wat los staan.

  • 93. Olga  |  Junie 30, 2009 om 11 : 41

    Ek verkies n kaggelvuur. dis die geselligste ook. ons het nog nooit vandat ons in die laeveld is, kaggelvuur gemaak nhe. die olie verwarmer het my noolste nolie limpopo toe geneem. nie om teen die koue te gebruik nie, maar omdat dit die beste muf weerder is. hy gaan kollege vir 3 weke, los die vensters oop, as hy teruggaan, moet hy eers muf skoonmaak. dit lyk altyd soos die groot trek as hy hier aankom. hy bring al sy klere, al sy bedegoed saam.

  • 94. Olga  |  Junie 30, 2009 om 11 : 43

    terloops, as hy die vensters toemaak, dan slaan die muf teen teen die mure en plafon ook uit.

  • 95. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 11 : 50

    Olga,

    Sal ‘n humidifier nie beter werk vir daai doel nie ? Dit muf mos van vog ?

  • 96. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 11 : 51

    Ek is te lui vir ‘n kaggel, dis okay as hy eers brand om hom aan die brand te hou maar om hom te begin en weer skoon te maak – I don’t think so !

  • 97. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 11 : 52

    Ek sien ek moes die laaste 2 aande vir TL ook van daai Karvol op haar kussingtjie gooi, haar neusie is so toe soos ‘n kleipoppie se oor – ek moet dalk ook die humidifier biki opstart

  • 98. Nats  |  Junie 30, 2009 om 12 : 23

    Olga
    Ek is nie seker nie, sal bietjie moet kyk van wat dit gemaak word – dankie!

    *M*
    Sal dit oppi dak sit – dan kan my Tweeling en jou Kloon ook warm kry😉 Wa is sy vandag!?

  • 99. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 12 : 38

    Sy is seker maar nogsteeds in Rome

  • 100. Olga  |  Junie 30, 2009 om 12 : 40

    humidifier sal die lug net verder nat maak. die verwarmer droog dit darem uit.

  • 101. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 12 : 42

    Daai panel heaters is nie van asbes nie en hulle trek ook nie baie krag nie, ek het ook net die probleem met TL se kamer dat ek nie regtig ‘n oop plek het om hom in te sit nie, daar is orals meubels of gordyne teen die mure, dis nogal oulik daai, jy kan dit verf ook om by jou decor te pas

  • 102. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 1 : 29

    Eish, dis die verkeerde ene wat ek aan dink – daar is ‘n ding wat die lug droog maak ook en nou kan ek nie dink wat sy naam is nie.

  • 103. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 1 : 44

    Ek kan nie glo die petrol gaan alweer op vanaand nie

  • 104. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 2 : 01

    Waar het nou ‘n vliegtuig neergestort ?

  • 105. Jaco  |  Junie 30, 2009 om 2 : 02

    Praat bietjie oor iets interresant

  • 106. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 2 : 08

    Jaco

    As daar net geselskap is kan dit al help. Waaroor wil jy met ons gesels wat interessant is ?

  • 107. Jaco  |  Junie 30, 2009 om 2 : 28

    Is julle nie veronder stel om te werk nie ,ha ha

  • 108. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 2 : 31

    Jip – net soos jy !

  • 109. Jaco  |  Junie 30, 2009 om 2 : 54

    Ek like iemand met n sin vir humor.

  • 110. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 3 : 22

    Humor is goed – ek is gatvol vir dikbek lang gesigte !

  • 111. Jaco  |  Junie 30, 2009 om 3 : 27

    Sies jou vark watse CD’s luister jy. ha ha

  • 112. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 3 : 35

    Die wat ‘n smile op ‘n dial kan sit

  • 113. Olga  |  Junie 30, 2009 om 3 : 40

    ha, ha jaco. jy klink terug seun. kan jy praat of net lag. ha ha.

  • 114. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 3 : 51

    Toodles, sien julle later

  • 115. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 om 6 : 07

    Agter os kom ôk inni kraal

  • 116. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 om 6 : 25

    Tuis en hie gat nogsteeds nokkol aani

  • 117. Olga  |  Junie 30, 2009 om 6 : 36

    Ek dink iemand het elders afleiding gevind.

  • 118. Olga  |  Junie 30, 2009 om 6 : 54

    pateet laan pis my big time af. hoe lank gaan die felicity saga nog aanhou. en alweer vanessa saves the day.

  • 119. Olga  |  Junie 30, 2009 om 6 : 55

    n maand natuurlik.

  • 120. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 om 6 : 55

    Eish! Jittetjie tog. Dit lyk my die 2 coloureds gat maak of hulle iets weet van kuns af

  • 121. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 om 6 : 58

    Arme Neville

  • 122. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 om 7 : 04

    Willes !

  • 123. Olga  |  Junie 30, 2009 om 7 : 04

    arme charmaine. nee, eerder arme felicity. sy gaan n papa man kry het wie n ander vrou wil he.

  • 124. Jaco  |  Julie 1, 2009 om 9 : 16

    Olga klink my jy is een van daai ou tannies wat met haar slippers sit en wag voor die tv elke aand vir 7de ln om te begin terwyl die kinders die skottel goed moet was.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: