Mensliefde

Junie 27, 2009 at 5 : 55 98 Kommentaar

Die wêreld is in oproer oor die hereniging van ‘n leeu met 2 mans wat hom opgepas het.  Dekades terug.  Oprah het ‘n paar trane gestort en almal agter haar aan.  Dit is ongelooflik dat ‘n leeu sy oppassers kon onthou en boonop kon groet.  Die mens is by wese uiters selfsugtig en sal nie na soveel jare liefde kan terugbetaal nie.  Daarom glo baie mense is dit beter om jou liefde op diere uit te stort.

Hulle het seker ‘n punt beet.  Tog voel ek dat liefde ‘n onselfsugtige daad moet wees, iets wat jy gee sonder om iets in ruil te ontvang.  Ek het toe ek nog op laerskool was, ‘n brief in die Huisgenoot gelees, wat my een van die mooiste stories omtrent liefde is.  Dit is namens ‘n pa deur sy dogter geskryf.  Verskoon as ek nie al die besonderhede kan onthou nie, dit was jare terug gewees.

In die tweede Wêreld Oorlog was daar Suid Afrikaanse troepe in Italië gestasioneer.   Haar pa was een van die troepe gewees.  Hulle het baie rond getrek en op een van die togte het hulle op ‘n Italiaanse weeskind afgekom.  Sy was ‘n jong meisie, as ek reg onthou was sy maar 4.  Daar was niemand wat haar kon inneem nie en toe het die boerseun, seker self niks ouer as 19, haar onder sy vlerk geneem.

Hy het sy rantsoen met haar gedeel en saans het hulle saam in sy slaapsak geslaap.  Daar het waarskynlik koeëls om hulle gefluit en daar was seker heelnag lank gebombadeer.  Dit was vir die meeste jong soldate ‘n verskrikte ervaring, wat nog as jy 4 is, saam met mense wat jy nie ken of verstaan nie.  Hulle het etlike maande so saam getrek, tot hy haar aan die owerhede moes oorhandig het.  ‘n Paar vlindersoentjies was seker sy enigste beloning.  50 jaar later het hy haar nog steeds in liefde aan haar gedink, sy was vir verlore klein sussie.

En sy?  As sy vandag nog lewe, is sy al ‘n ou vrou.  Onthou sy hom?  Dink sy ook aan liefde daaraan terug en vertel haar kinders en kleinkinders daarvan?  Niemand kan haar blameer as sy vergeet het nie.  Sy was maar ‘n baba in ‘n baie traumatiese tyd.

Mensliefde is ook orals, selfs in die aakligste tye.  Van die os op die jas.  Julle ken die foto van ‘n dogtertjie wat voor die atoombomontploffing hardloop, met haar klere afgeskroei?  Het julle geweet sy en die vlieënier wat die bom op Hirosjima het ontmoet en dat sy hom vergewe het?  Sy was toe al in haar 50’s.

Soms dink ek die mens verkies om te haat, totdat ellende hulle van alles behalwe liefde stroop.

Blogvraag:  Identifiseer die liedjies.

Blogantwoord:  Olga was reg met John Forsythe.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Hendrik se Katte Vrygespreek in ‘n hof

98 Kommentaar Add your own

  • 1. maxie  |  Junie 27, 2009 om 5 : 57

    butterfly kisses – bob carlisle

  • 2. Girl van die Suburbs  |  Junie 27, 2009 om 5 : 58

    Hallo….. Hallo…..

  • 3. maxie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 00

    Hi Nell

    love story = taylor swift

  • 4. Girl van die Suburbs  |  Junie 27, 2009 om 6 : 02

    The Lion Sleeps tonight – Paul Campbell

    Hi Max🙂

  • 5. maxie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 06

    little sister – elvis presley

  • 6. Girl van die Suburbs  |  Junie 27, 2009 om 6 : 06

    Vergeet Om My Te Vergeet – Laurika Rauch

  • 7. maxie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 10

    do you remember me – jermaine jackson

  • 8. olga  |  Junie 27, 2009 om 6 : 11

    young girl gary pucket. elo maxie. hoe gaan dit?

  • 9. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 11

    Nell,
    😆 Jy sit wilde raaiskote in.

  • 10. Girl van die Suburbs  |  Junie 27, 2009 om 6 : 12

    Enola Gay – OMD

  • 11. maxie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 13

    hi Olga
    Goed dankie, jy?

  • 12. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 14

    BRRRRRRR

  • 13. maxie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 16

    hiroshima – sandra
    Hi Adrie

  • 14. olga  |  Junie 27, 2009 om 6 : 17

    Goed dankie maxie.

  • 15. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 17

    Maxie, ek dink ons gaan ons gatte afsukkel as jy ooit die speletjie moet opstel.

  • 16. Girl van die Suburbs  |  Junie 27, 2009 om 6 : 19

    War Baby – Tom Robinson?

  • 17. maxie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 19

    😆 @ Adrie

    Dis puik geskryf, regtig. Elke week beter.

  • 18. olga  |  Junie 27, 2009 om 6 : 20

    unselfish love gerry raffety

  • 19. maxie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 24

    cry me a river (die sinnetjie oor Oprah). Grap net…

  • 20. olga  |  Junie 27, 2009 om 6 : 25

    All night long lional richey

  • 21. maxie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 26

    2 decades ago – ice cube

  • 22. olga  |  Junie 27, 2009 om 6 : 32

    Ek vra nie leidrade nie. Soek ons liedjies van “hy het sy randsoen met haar gdeel tot traumatiese tyd!e” of van die eerste tot die laaste woord?

  • 23. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 34

    Maxie

    Hierdie is ‘n storie wat ek al lankal wou deel, net nog nooit ‘n geleendheid gehad nie.

  • 24. Girl van die Suburbs  |  Junie 27, 2009 om 6 : 34

    Only you – The platters

  • 25. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 38

    Olga

    Waar val jy van die bus af met leidrade?

  • 26. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 42

    Ek dink ek moet ekonomie swot. Wat het ek gister van Jackson se comeback gese^?

  • 27. olga  |  Junie 27, 2009 om 6 : 44

    By die bus stop. Van waar tot waar kan oonoliedjies soek. Wil jy nie dalk die veld waar ons moet soeu met *Merk nie?*

  • 28. Girl van die Suburbs  |  Junie 27, 2009 om 6 : 47

    I will always love you – Witney Huston

  • 29. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 47

    Skies, lees soos my gat.

    Van die eerste woord tot die laaste woord voor Blogvraag.

    Die moet ‘n direkte vertaling wees, in dieselfde volgorde wat dit in die stuk is. Onthou, ek behou die reg voor om met homofone en homonieme te speel.

  • 30. Girl van die Suburbs  |  Junie 27, 2009 om 6 : 49

    Ek het ook al gevra Olga… It ain’t gonna happen

  • 31. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 53

    Dus van:

    Die wêreld is in oproer oor die hereniging van ‘n leeu met 2 mans wat hom opgepas het.

    Tot

    Soms dink ek die mens verkies om te haat, totdat ellende hulle van alles behalwe liefde stroop.

  • 32. maxie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 55

    19 – paul hardcastle.

    Adrie – wat bedoel jy by nr 19? Het nie gister gelees nie.

  • 33. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 55

    Nell

    Ek sal nooit die leidrade nommer nie.

  • 34. Sis Dudu  |  Junie 27, 2009 om 6 : 55

    Auk. Bakietie, bakietie! Die koptisjen! Kan ek wen hom die kar- die hummer se kar?

  • 35. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 57

    Gister, net nadat Willes ons ingelig het van Wacko se dood het ek gese dat hy nooit so groot comeback lewendig sou kon maak as in sy dood nie. Ek dink al die Michael Jackson se goed is al opgekoop.

  • 36. maxie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 57

    Adrie

    Skies, ek bedoel nr 26

  • 37. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 58

    Max

    As jy nou my opmerking by 26 bedoel het.

  • 38. maxie  |  Junie 27, 2009 om 6 : 59

    O, ek sien. Ja dis waar.

    Tata julle, het ‘n siek seun wat hope simpatie en kos soek.

  • 39. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 7 : 01

    Tata Max, lekker aand

  • 40. maxie  |  Junie 27, 2009 om 7 : 03

    Voor ek gaan, wil ek net byvoeg hy’s tjoepstil, maar sodra ek by sy kamer verbyloop, hoes en kug en hyg hy na asem.😆😆
    Mans!!

  • 41. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 7 : 03

    Hallo Dudu

    Kan jy koffie maak?

  • 42. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 7 : 05

    Tipies

    MOet dan nie verby sy kamer loop nie.

  • 43. maxie  |  Junie 27, 2009 om 7 : 30

    😆😆

  • 44. Wille Kjind Q  |  Junie 27, 2009 om 7 : 48

    Heel laaste!

  • 45. *Mathilda*  |  Junie 27, 2009 om 8 : 24

    Hallo julle

  • 46. *Mathilda*  |  Junie 27, 2009 om 8 : 30

    En sommer tatta ook

  • 47. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 9 : 16

    Wat dink julle van die storie

  • 48. Wille Kjind Q  |  Junie 27, 2009 om 9 : 57

    Tilla

    Wa gat jy?

    3ling

    Waai storie?:mrgreen:

  • 49. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 10 : 00

    Die een wat jy nie gelees het nie.

  • 50. Wille Kjind Q  |  Junie 27, 2009 om 10 : 02

    Gat nou more wee JHB toe

  • 51. Olga  |  Junie 27, 2009 om 10 : 02

    Hoe weet jy sy het nie gelees nie?

  • 52. Olga  |  Junie 27, 2009 om 10 : 03

    jhb of soweto toe?

  • 53. Wille Kjind Q  |  Junie 27, 2009 om 10 : 04

    Snaaks genoeg het ek die storie gelees EN geniet

  • 54. Wille Kjind Q  |  Junie 27, 2009 om 10 : 05

    Jhb en kerk toe van alle plekke😯

  • 55. Wille Kjind Q  |  Junie 27, 2009 om 10 : 07

    Die Soweto storie was vir ‘n bike en motor show wat hulle gehad het

  • 56. Olga  |  Junie 27, 2009 om 10 : 07

    hoe het jy vandag in soweto opgeeiedig?

  • 57. Wille Kjind Q  |  Junie 27, 2009 om 10 : 08

    Testing

  • 58. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 10 : 09

    Olga

    Sommer geraai.

    Willes😯

    Kerk toe? en dit is nie jou begrafnis nie? Wat is sy naam?

  • 59. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 10 : 10

    Sy het haar lyf gaan bemarker hou.:mrgreen:

  • 60. Wille Kjind Q  |  Junie 27, 2009 om 10 : 10

    Gggrrr!!!!!!

  • 61. Wille Kjind Q  |  Junie 27, 2009 om 10 : 12

    GMPF! Nogal wats sy naam. Sjuip jy?

  • 62. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 10 : 14

    Wat is haar naam?

  • 63. Wille Kjind Q  |  Junie 27, 2009 om 10 : 16

    Ek beter nou gat dux want ek moet more oggend half 8 al ry en issi lus om so vroeg op te staan nie

  • 64. Adrie  |  Junie 27, 2009 om 10 : 18

    Lekka dux. Ek hoop nie dit is n 3 ure diens nie.

  • 65. Wille Kjind Q  |  Junie 27, 2009 om 10 : 18

    Ek sal mos nooit kiss en tell nie. Hoes jou hart dan nou?

  • 66. Wille Kjind Q  |  Junie 27, 2009 om 10 : 19

    Ek gooi die dominee met ‘n R5 as hy teveel praat

  • 67. Wille Kjind Q  |  Junie 27, 2009 om 10 : 21

    He! He! Dink net wat mev sal sê!

  • 68. Wille Kjind Q  |  Junie 28, 2009 om 5 : 59

    More more!

  • 69. *Mathilda*  |  Junie 28, 2009 om 7 : 07

    Sjoe willes – jys omtrent vroeg uit die vere

  • 70. *Mathilda*  |  Junie 28, 2009 om 7 : 09

    Jy moet mooi luister ini kerk hoor

  • 71. Olga  |  Junie 28, 2009 om 7 : 30

    More, more.

  • 72. Olga  |  Junie 28, 2009 om 7 : 32

    Gaan shake rattle and roll in die kerk vandag. dis eina koud.

  • 73. Olga  |  Junie 28, 2009 om 8 : 15

    die ryp kamp nog spierwit in die skadu van elke boom. brrrr….. sterkte in sowete wk.

  • 74. Olga  |  Junie 28, 2009 om 8 : 16

    soweto

  • 75. Rapport  |  Junie 28, 2009 om 10 : 14

    Kaapstad

    Ná sy dood Donderdag in Los Angeles geniet Michael Jackson nou die kommersiële herlewing wat hom die laaste jare van sy lewe ontwyk het.

    Ure nadat dit bekend geword het die Koning van Pop is dood, het sy albumverkope wêreldwyd die hoogte ingeskiet.

    Hy beklee nou die eerste 15 plekke vir beste albumverkope op die aanlynverkoper Amazon.com se webtuiste.

    Die no. 1-plek behoort aan sy 1982-trefferalbum, Thriller, die grootste verkoper in die geskiedenis met 50 miljoen eksemplare.

    Van die ander albums op die lys sluit ook werk in wat hy saam met sy broers as die Jackson 5 gedoen het.

    Intussen is die verslag van die lykskouing nog nie bekend gemaak nie, maar Jackson se familie glo ’n oordosis van die narkotiese pynmiddel Demerol is vir sy dood verantwoordelik.

    Daar is ook beweringe dat die popster aan nóg ’n pynmiddel, Oxycontin, verslaaf was en daagliks ook ander sterk voorskrifmiddels gebruik het.

    Mnr. Brian Oxman, woordvoerder van die Jackson-familie, het aan CBS gesê hy was bekommerd oor die hoeveelheid voorskrifmedisyne wat Jackson gebruik het vir beserings wat hy op die verhoog opgedoen het.

    “Ek wil nie vingers na enigiemand wys nie, maar dis ’n feit dat Michael te alle tye toegang tot medikasie gehad het,” sê hy.

    • Jackson, wat in die Guinness World Records opgeteken is as “die suksesvolste kunstenaar van alle tye”, het meer as 750 miljoen albums wêreldwyd verkoop.

    Voor sy dood was hy besig om te repeteer vir sy This Is It-toer, wat sy terugkeer na die verhoog sou wees.

    Kaartjies vir dié 50 konserte, wat van 13 Julie vanjaar tot 6 Maart 2010 in Londen sou plaasvind, was weke gelede reeds uitverkoop.

    Die eerste 10 konserte alleen sou £50 miljoen in sy sak beteken het.

    Daar word druk bespiegel oor wie toesig oor Jackson se drie kinders gaan kry. Sy tweede vrou, Debbie Rowe, sal waarskynlik toesig kry oor hul twee kinders, Prince Michael (12) en Paris (11). Hulle was van 1996 tot 1999 getroud.

    Die ma van Prince Michael II (7) se naam is nooit bekend gemaak nie. Sy het as surrogaatma opgetree.

    Jackson was ook twee jaar lank met Lisa Marie Presley getroud.

  • 76. Rapport  |  Junie 28, 2009 om 10 : 16

    Pretoria

    Die tyd is ryp vir ingryping in die land se skolestelsel wat ’n verskil kan maak.

    Só sê mnr. Graeme Bloch, onderwysspesialis van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika.

    Hy het die afgelope week op ’n seminaar by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) oor die sogenaamde padkaart vir die onderwys gesê hy is nou meer optimisties as wat hy die afgelope dekade was.

    Hy het onder meer verwys na hoe streng daar onlangs in Gauteng gepraat is met onderwysers wat as lede van die onderwysvakbond Sadou gestaak en moeilikheid gemaak het.

    “Umshini wami (die lied wat met pres. Jacob Zuma verbind word) kry dit reg om onderwysers terug te stuur klas toe op ’n manier wat (oudpres.) Thabo Mbeki nooit kon doen nie.”

    Bloch het dit verwelkom dat me. Barbara Creecy, LUR vir onderwys in Gauteng, in haar sterk standpunt hieroor ondersteun is deur die Gautengse premier, me. Nomvula Mokonyane, en die LUR vir gemeenskapsveiligheid, mnr. Khabisi Mosunkutu.

    Volgens hom is dit duidelik dat Sadou op nasionale vlak terselfdertyd sekere grense neergelê het oor onderwysers se gedrag, maar hy voorspel dat dit nog voortdurend binne die vakbond betwis gaan word.

    Bloch sê wel onderwysers het sekere regmatige arbeidsverwante klagtes.

    Verder moet ’n mens simpatie hê met wat “Bantoe-onderwys” aan die swart middelklas gedoen het en hoe dit opleiding van huidige onderwysers geraak het.

    Dit is egter nodig om te praat oor wat vakbonde se rol moet wees om probleme in skole reg te stel.

  • 77. Rapport  |  Junie 28, 2009 om 10 : 19

    Pretoria

    Borsvoedingkenners en bekende ma’s is saam met ’n Johannesburgse ma ontsteld oor sy glo onlangs gevra is om nie in ’n restaurant te borsvoed nie.

    Me. Bronwyn Millar het in die media en op Facebook in die groep “Hey Facebook, breastfeeding is not obscene! ” beweer die eienaar van ’n restaurant in Parkhurst, Johannesburg, het gesê sy het met haar bors ontbloot gesit terwyl haar dogter, Ruby, “nie eens vir 10 tot 15 minute gedrink het nie”.

    Millar het binne ure talle boodskappe van ondersteuning van regoor die wêreld gekry.

    Margit Meyer-Rödenbeck, oftewel Dowwe Dolla, sê sy het nie ’n probleem met ma’s wat in restaurante borsvoed nie. Dié ma van die maand oue Luca sê dit hang af van die soort restaurant en die manier waarop jy dit doen. “Jy moet net nie jou hele bors ontbloot nie.” Sy sal egter nie sommer in ’n “fine dining restaurant” borsvoed nie.

    Sy weet daar’s nie altyd spesiale geriewe vir ma’s in restaurante nie. “Moet jy nou elke drie uur groet en huis toe ry of vir maande nooit uitgaan nie?”

    Melanie du Bois, oftewel Felicity van 7de Laan, het ook geen probleem met ma’s wat in die openbaar borsvoed nie. “As die restaurant-eienaars ’n probleem daarmee het, moet hulle behoorlike geriewe hê waar dit gedoen kan word. Borsvoeding is ’n wonderlike, pragtige ding.”

    Me. Christine Klynhans van die Sister Lillian-sentrum vir swanger-en-ouerskap sê borsvoeding is natuurlik. “Deur vroue nie hierin te ondersteun nie, beroof ons eintlik babas van dié voorreg deur dit onmoontlik te maak om eksklusiewe borsvoeding te bestuur.

    “Ek het nog nooit ’n vrou gesien wat opstaan, almal se aandag daarop vestig dat sy nou gaan borsvoed, haar klere oopruk, haar borste aan al wat leef en beef ontbloot en dan begin voed nie.”

    Sy glo ’n mens sal meer borsgleufies op straat sien as by ’n ma wat borsvoed.

    Me. Carla Edgar, eienaar van die restaurant waar Millar glo gevra is om haar borste te bedek, sê intussen sy is geensins “anti-borsvoeding” nie. “Ek is wel gekant teen ’n melkerige, lekkende bors wat vir 20 minute ontbloot word.”

  • 78. Rapport  |  Junie 28, 2009 om 10 : 23

    Johannesburg

    Die ontkleedanseres wat die voormalige Springbokkaptein Joost van der Westhuizen se stertvere geknip het as omroeper by SuperSport, het die manne gaande by ’n ontkleeklub in Johannesburg.

    Marilize van Emmenis (24) het die afgelope week haar eerste vertoning ná haar “bekering” onder groot toejuiging by Teazers in Rivonia, in die noorde van Johannesburg, gehou.

    Rapport was die enigste koerant wat eksklusief genooi is. En Marilize het haar hertoetrede tot die ontkleeverhoog in ’n Springboktrui met ’n no. 9 agterop aangedurf – Joost se destydse speelnommer.

    Sy het van meet af aan die bul by die horings gepak en nie geskroom om haar vietse lyfie en vergrote borste aan die rasende mans te wys nie.

    Marilize het onlangs ’n borsvergrotingsoperasie ondergaan en is nou bolangs heelwat stewiger bedeeld as toe Joost haar van nader leer ken het.

    Mnr. Lolly Jackson, eienaar van Teazers, het vooraf op die verhoog geklim om aan te kondig dat “ ’n baie bekende” nuwe danseres by die klub aangesluit het.

    Toe van die mans Marilize herken as die vrou wat Joost by wyse van spreke laat struikel het, was die gort gaar.

    “Dis ou Joost se meisie!” het een onder groot gelag uitgeroep.

    Jackson sê hy is opgewonde om nou oor Marilize se dienste te beskik.

    “Sy sal die meeste van die tyd net as gasvrou optree, maar sal wel op spesiale versoek en wanneer sy daarna voel vir die manne dans.”

    Marilize het onlangs bekend gemaak dat sy haar bekeer het en voortaan volgens ’n streng etiese kode gaan leef.

    Sy meen nie haar nuwe betrekking is noodwendig in stryd met haar “nuwe lewe” nie.

    “Lolly se plekke is nie sleazy nie. Almal weet dit. Voorts is my werklike loopbaan dié van model – iets waarvoor ek die afgelope tyd nogal kwaai in aanvraag is.”

    Die seksvideo waarin Joost gemasseer en geliefkoos word, is nou “heeltemal uit haar gestel” en vergete. Ook die Cat wat hulle voor die kaperjolle saamgesnuif het.

    “Ek sal nooit weer so iets doen nie. Ek probeer my bes om daardie petalje uit my kop te kry. Ek het dit selfs al oorweeg om my hare te kleur en die gaping tussen my voortande kleiner te laat maak sodat mense my nie so maklik sal herken nie.”

    Maar dat sy al heelwat roem en sukses gesmaak het ná die Joost-eskapade is gewis.

    Sy gee toe haar modelloopbaan het ’n hupstoot gekry en is nou besonder goed op dreef.

    “Ek het selfs onlangs ’n voltydse agent aangestel wat al my sake behartig.”

    Haar pa is ’n predikant en sý was al die onderwerp van sy preke oor die sonde. Haar pa se naam wil sy nie bekend maak nie.

    Marilize sê dis sommer ’n simpel grappie wat mense maak wanneer hulle sê haar verhoognaam is “Josie”.

    “Nee, so skerp is ek darem nie. Ek het tans nie eens ’n verhoognaam nie.”

    Rapport het Joost die afgelope week twee keer gebel om te hoor hoe sy lewe ná die drama met Marilize verloop.

    Hy het albei keer gesê hy is in ’n vergadering en sal terugbel, maar het dit nooit gedoen nie.

  • 79. Olga  |  Junie 28, 2009 om 11 : 28

    kan jy die vrou se vermetelheid glo?

  • 80. *Mathilda*  |  Junie 28, 2009 om 1 : 08

    Willes – het jy dit oorleef ?

  • 81. Wille Kjind Q  |  Junie 28, 2009 om 3 : 20

    Tilla
    :mrgreen:

  • 82. *Mathilda*  |  Junie 28, 2009 om 3 : 22

    Ganit willes

  • 83. Wille Kjind Q  |  Junie 28, 2009 om 3 : 24

    Dominee se ma is baja nice

  • 84. Wille Kjind Q  |  Junie 28, 2009 om 3 : 25

    Tilla!!!!! Gud en jy?

  • 85. *Mathilda*  |  Junie 28, 2009 om 3 : 26

    Gud dankie

  • 86. *Mathilda*  |  Junie 28, 2009 om 3 : 27

    Ek is al die heeldag besig met wasgoed

  • 87. Wille Kjind Q  |  Junie 28, 2009 om 3 : 30

    Ek het nou sopas my eerste bonnel inni matjien gesit👿

  • 88. Wille Kjind Q  |  Junie 28, 2009 om 3 : 31

    Dood moeg. Het gister eers na 10 byri huis aangekom en vandag 6uur opgestaan

  • 89. *Mathilda*  |  Junie 28, 2009 om 3 : 31

    As ek nou eers begin het sou ek nooit klaargekry het nie

  • 90. *Mathilda*  |  Junie 28, 2009 om 3 : 33

    Wa was jy so laat

  • 91. Wille Kjind Q  |  Junie 28, 2009 om 3 : 35

    Ek was byri motorbike show in Soweto van alle plekke. Gelukkig was ek saam ‘n spul mense enni plek is inne hoofstraat gewees so ek sou nie maklik verdwaal hetti

  • 92. Wille Kjind Q  |  Junie 28, 2009 om 3 : 36

    My was gud sal eers 7uur se kant kla wees. Gebruik dam 2 matjiene selle tyd

  • 93. Wille Kjind Q  |  Junie 28, 2009 om 3 : 37

    Nwt

  • 94. *Mathilda*  |  Junie 28, 2009 om 3 : 45

    Die was is nie so groot probleem nie, die droogkry is

  • 95. Wille Kjind Q  |  Junie 28, 2009 om 4 : 49

    Trug

  • 96. Wille Kjind Q  |  Junie 28, 2009 om 4 : 51

    Myne hang ek inni waskamer. Alles pas net mooi da in

  • 97. Sebastiaan  |  Junie 28, 2009 om 4 : 55

    Die gang beklei ook. Maar as ek die storie reg lees is dit eerder (ek is ‘n vrou, ‘n ma) kan alles en almal regdoner matilda wat nie daarvan hou om verkeerd te wees nie. Die antwoord waaroor die twis gegaan het het nie eers na reg gelyk nie. Maar dis seker omdat sy so goed kan sien soos wat haar eetmense ruik dat sy suurbek geraak het.

  • 98. Wille Kjind Q  |  Junie 28, 2009 om 5 : 02

    Sjoe! Hierie week future ekki eens inni weeklikse suurknol vuur spoeg Oom Se Baas Jan se comment nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: