Diere op die pad

Junie 24, 2009 at 6 : 29 89 Kommentaar

Noem my ‘n ou softie, maar ek hou niks daarvan om diere dood te ry nie.  Nie ‘n padda nie, nie ‘n slang nie, nie eers ‘n rot nie.  Dit is nie eers diere wat my kar sal beskadig nie.  Ek voel nog erger oor diere wat van my ‘n voetganger sal maak, dit wil nou sê as ‘n botsing met hulle my nie in ‘n hospitaal laat beland nie.

Ek was al in so ‘n ongeluk gewees, darem as ‘n passasier.  Die dame saam met wie ek gery het, het tydens sonsonder teen ‘n bees gebots.  Sy het relatief stadig gery, stadiger as wat die spoedgrens is.  Nogtans is die bees oor die motor en sy ‘n paar weke in die hospitaal.  Daardie dag moes daardie bees geskiet word om haar van haar lyding te verlos.  Die ander beeste wat saam gewei het is ook almal van kant gemaak, om verder ongelukke te voorkom. 

In die dag kan ‘n mens nog tande kners en diep asem haal.  Dit is egter nie so maklik om die diere in die nag, of erger in die mis, raak te sien nie.  Ek kry gereeld diere soos ape, bobbejane, beeste en bokke langs die pad.  Die primate is darem beskaaf genoeg om langs die pad te wag.  Meeste van die tyd.  Die plaasdiere is ‘n perd van ‘n hele ander kleur.

Ek is een van die bestuurders wat nogal rondkyk terwyl ek bestuur.  Ek het eendag met die pas tussen Pelgrimsrus en Graskop gery, toe die sonde my redding was.  Die volgende oomblik kom ‘n bul van die helling af gehardloop.  Ek het hom betyds gesien en kon rem.  Net betyds ook, die volgende oomblik is hy kort voor my verby.  Die pad is te smal vir fietsryers en voetgangers, maar glo my, ‘n hele trop beeste en / of bokke kan langs dit wei.  Jy moet maar net geduldig wag vir hulle om vir jou plek te maak.

Ek het een dag  tydens sonop deur Lydenburg gery.  Die son was op daardie punt reg van voor gewees.  Ek kon nie juis voor my sien nie, maar kon darem so met die strepe oordeel waar die pad is – aan die begin van Long Tom Pas.  Ek sien die skaduwee aan die kant van die pad.  Dit was nogal besonders vroeg vir die stalletjies om oop te wees, dus kyk ek toe weer.  ‘n Uitgegroeide Kudu bul.  Sou ‘n ongelooflike foto gewees het, die bul en alles om hom oranje van die son.  2 m van die pad af – gelukkig.

Daar is ek van die pad – bedoel punt – af.  Diere op die pad kan lewensgevaarlik wees.  Ek het geen gewetensbeswaar as hulle daar geskiet word nie.  Ek voel amper dat die eienaars van poging van moord aan gekla moet word.  Ek is teen dierewreedheid, maar glo dat ‘n mens se lewe belangriker is. 

Hoe voel julle hieroor?  Hoe dikwels kry julle diere langs die pad?

Ek lees vanoggend dat ‘n man ‘n leeu langs die pad gekry het.  As dit ooit met my gebeur, moet my kamera asseblief net nie in die kattebak wees nie.  Ek weet, dubbel standaarde.

Blogvraag:  Van waar het Brahmaan beeste hulle naam te danke?

Blogantwoord:  Olga was reg met Ananias Mathe.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Hulp en misdaad Love and marriage

89 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Junie 24, 2009 om 6 : 32

    Eerste.

  • 2. Wille Kjind Q  |  Junie 24, 2009 om 7 : 05

    Tweede

  • 3. Wille Kjind Q  |  Junie 24, 2009 om 7 : 05

    Ek dink dis Hindu

  • 4. Wille Kjind Q  |  Junie 24, 2009 om 7 : 06

    Hel! Eks te lui om te google

  • 5. Olga  |  Junie 24, 2009 om 7 : 06

    Hulle is genoem na die heilige koeie van hinduisme. wat my nogal bietjie kielie. hulle was dan in amerika geteel.

  • 6. Olga  |  Junie 24, 2009 om 7 : 07

    heilige koei.

  • 7. Olga  |  Junie 24, 2009 om 7 : 20

    onr was n paar jaar gelede oppad huis toe na oueraand by die skool. dit was mistig. mense wie die mis om carolina ken sal nou weet waarvan ek praat. volgende oomblik vibreer die kar met helse knalle. homer stop,toe ruk en pluk die kar eers. en die moes begin. n klomp swart beeste in die pad. glo my dit is n vreesaanjaende ondervinding. die bakkie kon nog ry, maar glo my dit het sleg gelyk. en natuurlik die eienaar het ontken dat enige van sy beeste oor die pad gehardloop het. al het die streep dooie bollie blertse oor die pad n eie storie vertel.

  • 8. Adrie  |  Junie 24, 2009 om 7 : 21

    Olga, ek sien al hoe skiet sommige mense hulle stoet dood.

    Brahmane kom oorspronklike van Indie af.

  • 9. Olga  |  Junie 24, 2009 om 8 : 02

    nou toe nou. en dan se wikipedia nog dat die ras in amerika ontwikkel is. het die naam vreemd gevind vir amerikaans.

  • 10. Adrie  |  Junie 24, 2009 om 8 : 09

    Dit is piepiekoud vanaand

  • 11. Olga  |  Junie 24, 2009 om 10 : 44

    nie regtig koud nie. en die wind is nou stil. maar was sterk laasnag. huise in die dorp se dakke afgewaai.

  • 12. Wille Kjind Q  |  Junie 25, 2009 om 6 : 39

    More more

  • 13. Wille Kjind Q  |  Junie 25, 2009 om 6 : 41

    Gisteraand was koud. Vandag is leeu koud. Vir dies wat nog inni huis is…….. BLY DA!!!!!😈

  • 14. Ogies  |  Junie 25, 2009 om 8 : 16

    Ek stem saam dat diere nie naby die pad moet wees nie. Het ook geen probleem daarmee as hul geskiet word langs die pad nie. Ek het 2 kinders. As ek ‘n bees tref en my kinders kom iets oor; ek wil nie eers daaraan dink nie; gaan die poephol wie se diere dit was my kinders vir my kan terug bring???

  • 15. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 8 : 42

    More almal

  • 16. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 8 : 42

    Presies, Ogies

  • 17. Olga  |  Junie 25, 2009 om 8 : 43

    More, more. die poephol wie se beeste dit is, het nooit n bees kort nie. dan was dit altyd iemand anders sn.

  • 18. Olga  |  Junie 25, 2009 om 8 : 46

    al het niemand anders in die omgewing beeste nie.

  • 19. Beeld  |  Junie 25, 2009 om 8 : 49

    ’n Man van Johannesburg sê hy het ’n kaper se “keel halfpad afgesny” en nog ’n aanvaller twee keer met ’n mes in die linkeroog gesteek nadat hy verlede Woensdag in Midrand gekaap is.

    Die kapers is egter nog skoonveld.

    Mnr. Ray Samp-son (34) van Orange Grove sê sy kennis van taktiese vegkuns het sy lewe gered.

    Sampson sê sy kennis van Ghamgitsu, ’n Oosterse vegkuns wat onder inwoners van die Kaapse Vlakte bekend is, en Krav Maga, ’n Israelse vegkuns, het die deurslag gegee toe hy ná sy kaping sy aanvallers aangedurf het.

    Sampson, ’n verkoopsbeampte, sê hy is omstreeks 12:00 die betrokke dag in Olifantsfonteinweg oorval toe hy met sy Subaru Forester stilgehou en uitgeklim het om ses koeldranke vir ’n bedelaarvrou en haar kind te gaan gee.

    Twee gewapende mans het hom oorval en in sy motor gedwing. Een het voor langs hom gesit en die ander agter. Hy is aangesê om na Diepsloot te ry.

    Daar het nog twee mans bygekom en hy is in sy motor se bagasieruim gedwing. Die kapers het in die rigting van die Hartbeespoortdam gery.

    Hy is op ’n verlate grondpad naby ’n brug uit die motor gedwing, van alle kante toegetakel en van waardevolle items gestroop.

    Sampson sê hy het die tegnieke wat hy jare gelede oorsee geleer het, toegepas en sy voorarms na sy bors toe getrek en sy rug gebuig om sy belangrikste organe te beskerm.

    “Ek het net bly wonder hoe de hel gaan ek uit hierdie ding kom,” het Sampson gister vertel.

    Die kapers het Sampson glo verskeie kere probeer skiet, maar die wapen wou nie afgaan nie. “Toe wil hulle my met pepersproei en ’n mes takel.”

    Sampson het sy liggaam inmekaargetrek en gemaak of hy ’n hartaanval kry.

    “Terwyl ek my borskas vasgeklem het, kon ek my Cult Steel Spike-mes in die hande kry uit die harnas wat onder my arm versteek was.”

    Hy het sywaarts in die stof begin rol en sy aanvallers woes begin steek.

    ’n Aanvaller wat hom van agter om die nek vasgegryp het, het weggehardloop nadat Sampson “sy keel halfpad afgesny” het. ’n Ander wat hom van voor wou takel, het hy twee keer in die linkeroog gesteek. Die res het hy “rond en bont met wilde messteke verwilder”.

    Sampson sê hy kon daarin slaag om met sy eie voertuig weg te jaag. – Amanda Roestoff

  • 20. Beeld  |  Junie 25, 2009 om 8 : 52

    Daniëlla du Plooy

    Die motorbestuurder wat aangekla is van die aanranding op mnr. Joe Duffy (82), wat tydens ’n beweerde padwoede-aanval in Mei 2006 “pimpel en pers” geslaan is, het gister ’n vry man uit die hof gestap.

    Mnr. André Dirker is gister in die Albertonse landdroshof onskuldig bevind weens ’n gebrek aan bewyse teen hom.

    Mnr. Dave Adams, Duffy se skoonseun, het buite die hof gesê hulle is teleurgesteld oor die uitspraak, maar “het dit verwag”.

    “Die eerste ondersoekbeampte in die saak het drooggemaak en bewyse verlore laat raak. Dirker moet maar die res van sy lewe met sy gewete saamleef.”

    Dirker het in Oktober verlede jaar ’n skulderkenningsboete van R1 000 betaal, maar die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het egter daarna besluit om hom weer aan te kla.

    Ondanks die boete het hy skuld ontken dat hy Duffy aangerand het en gesê hy het dit (die boete) net betaal om die saak “oor en verby te kry”.

    Duffy, ’n pensioentrekker van Alberton, is in September 2006 in die Unie-hospitaal in Alberton dood nadat sy algemene gesondheidstoestand volgens sy familie weens die voorval verswak het.

    Dirker (38), ’n verkoopsbestuurder van Johannesburg, het Duffy, ’n veteraan van die Tweede Wêreldoorlog, in Mei 2006 in Brackenhurst aan die Oos-Rand na bewering aangeval nadat dié van agter in sy motor vasgery het. Dirker se kinders was saam met hom en sy vrou in sy voertuig.

    Mnr. Brandon Botes, die enigste ooggetuie in die saak, het vroeër die maand voor landdros Joe Martini getuig hy het gesien hoe Dirker ná die ongeluk Duffy deur die oop venster van sy motor “verskeie kere geslaan het”.

    Botes het Dirker glo van Duffy se voertuig weggetrek.

    Mnr. Jannie Kruger, Dirker se prokureur, het gesê Botes is nie ’n geloofwaardige getuie nie en dat hy “getuig wat hy gedink het hy gesien het”.

    Dirker het gister getuig hy het Duffy nie geslaan nie, maar by sy motor ingeleun om die sleutel uit die aanskakelaar te haal.

    “Duffy het my arm gegryp, waarna ek hom bloot met my ander hand teruggedruk het teen sy sitplek. Ek het ook nie gesien dit is so ’n ou man nie. Dit was donker.”

    Dr. Heidi Liversage, wat Duffy se rekonstruktiewe chirurgie gedoen het, het vroeër getuig sy kan nie met sekerheid sê of Duffy se beserings (’n gebreekte neus, kakebeen en wangbene) deur die ongeluk of ’n aanranding veroorsaak is nie.

    Martini het gesê die saak is “baie emosioneel en tragies”.

    “Die hof moet egter nie staatmaak op emosie nie, maar bewyse. Ons sit hier met twee teenstellende weergawes van wat gebeur het,” het hy gesê. “Dirker se weergawe het deurgaans dieselfde gebly en daar is ’n moontlikheid dat dit waar is. Die staat kon nie bewys hy het Duffy geslaan nie.”

  • 21. Beeld  |  Junie 25, 2009 om 8 : 53

    Linda de Beer

    Potchefstroom. – ’n Verhaal van seks en drank by ’n plaaslike hoërskool het gister in die streekhof hier ontvou waar ’n onderwyser op ’n aanklag van verkragting verskyn het.

    Mnr. Reginald Hendricks (55) ontken skuld op die aanklag van verkragting van ’n 14-jarige meisie in September 2007 in ’n klaskamer by die skool.

    ’n 21-jarige vrou het wel gister getuig sy het destyds as 19-jarige leerling op die dag van die beweerde verkragting twee keer met Hendricks seks gehad. Hulle was na bewering reg om vir ’n derde keer omgang te hê toe die polisie by die klaskamer aangekom en sy die kondoom “by die venster uitgegooi het”.

    Me. Georgina Snyders het volgens haar getuienis egter vergeet van die twee gebruikte kondome wat nog in die vertrek was.

    Dit was op die dag wat die skole vir die September-vakansie gesluit het.

    Hendricks het glo drank gekoop wat hy en die meisies in die klaskamer gedrink het.

    Snyders het getuig sy was Hendricks se meisie, maar hy het die verhouding verbreek nadat sy aanvanklik ’n verklaring afgelê het wat hom glo by die beweerde verkragting van die 14-jarige betrek. Sy sê nou dit was ’n valse verklaring.

    Martin Legodi, destydse opsigter by die skool, het vroeër skuld beken op ’n aanklag van statutêre verkragting van die 14-jarige.

    Hy is nou staatsgetuie in die saak teen Hendricks. Hy het getuig hy het op ’n asdrom geklim om deur die onderwyser se klaskamervenster te loer. Hendricks en die klaagster was glo besig om seks te hê.

    Hendricks se verhoor gaan op 7 Julie voort. Daar kon teen druktyd nie vasgestel word of hy nog ’n onderwyser by die skool of in die diens van Noordwes se onderwysdepartement is nie. Hy het die hof in ’n rolstoel binnegekom nadat hy glo sy been in ’n motorongeluk gebreek het.

  • 22. Beeld  |  Junie 25, 2009 om 8 : 57

    Vyf jaar ná haar laaste verskyning op Wimbledon het Amanda Coetzer vandeesweek geboorte aan ’n seuntjie gegee.

    Dié voormalige Suid-Afrikaanse tenniskoningin en Arnon Milchan, haar Hollywoodse rolprentvervaardiger-man, se eersteling, Shimon, is Maandag gebore.

    Coetzer (37) was swanger by haar besoek in Desember op Keurboomstrand.

    Sy was in 1997 volgens die WTA-ranglys die derde beste vrouespeler ter wêreld nadat sy in daardie jaar drie keer (Melbourne, Berlyn, Parys) met Steffi Graf afgereken het. Coetzer het die spel ná 16 jaar as beroepspeler in Junie 2004 laat vaar.

    Coetzer en Milchan (64) is in 2006 getroud.

    Dié miljardêr-rolprentvervaardiger is die uitvoerende vervaardiger van talle bekende Hollywood-rolprente. – Johann de Jager

  • 23. Nats  |  Junie 25, 2009 om 9 : 16

    Goeie more julle!!

    Ek hou glad nie van diere langs die pad nie. Ons het een aand laat Sun City toe gery, daar het ‘n donkie regs langs die pad gestaan – dis ‘n wonder ons het nie die donkie getref nie. Daai pad het vir lank geen draad nie, so ons sal nie sommer weer in die aand soontoe ry nie.

    En al die katte wat mens altyd sie, ek het al gesien hoe hardloop hulle oor die pad voor die motors verby – hulle vra vir moeilikheid!

    Ek het eendag ‘n duifie dood gery, maar bygesê die het onder die motor in gevlieg – voel nou nog aaklig daaroor!

  • 24. Nats  |  Junie 25, 2009 om 9 : 17

    O ja ek het goeie nuus gelees in die Citizen gister!!!!

    Helen Zille het weer my vertroue in haar party gekry!!!! Well done!!!

  • 25. Nats  |  Junie 25, 2009 om 9 : 56

    Brrrrrrr vir die koue
    Grrrrrrr vir persoon wie koffee moes maak!

    But not too worry – ek sal gou die pot aan sit!

  • 26. Salome  |  Junie 25, 2009 om 10 : 21

  • 27. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 10 : 21

    Nats

    Ek hoop jy sit ‘n groot pot op.

  • 28. Salome  |  Junie 25, 2009 om 10 : 22

    Nats. Ek het koffie gemaak, maar dit was nog te koud om hier oor die straat te loop daar na jou toe.

    More Almal!!

  • 29. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 10 : 22

    Spookskrif??

  • 30. *Mathilda*  |  Junie 25, 2009 om 10 : 24

    Hallo mede maters – my gemis ?

  • 31. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 10 : 25

    GRRRRRRRRRRR

  • 32. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 10 : 25

    KLOON

    Waar val jy uit?

  • 33. Salome  |  Junie 25, 2009 om 10 : 29

    Toemaar Adrie, Blou-oog sit op ma se skoot en druk alweer al die knoppies hier om my.
    Ai tog, laat ek hom nou net eers besig kry met iets anders

  • 34. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 10 : 30

    Leer hom om te blog.

  • 35. *Mathilda*  |  Junie 25, 2009 om 10 : 34

    Was op kursus gister en toe ek klaar is het ek vir plig by die koshuis gaan haal en vir een of ander duistere rede kon ek die blog lees van opera af maar glad nie comment nie

  • 36. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 10 : 41

    Dit is baie frusterend.

  • 37. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 10 : 43

    Watse kursus was dit?

  • 38. *Mathilda*  |  Junie 25, 2009 om 10 : 55

    SAP – ek werk al van Augustus laasjaar af op dit maar dis die eerste kursus wat ek doen

  • 39. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 11 : 22

    Tipies

    Is jy dan nie al volleerd daarmee nie?

  • 40. *Mathilda*  |  Junie 25, 2009 om 11 : 34

    Dit was ‘n absolute waste of make-up

  • 41. *Mathilda*  |  Junie 25, 2009 om 11 : 35

    Ek kon hulle ‘n ding of twee wys wat hulle nie geweet het nie

  • 42. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 11 : 52

    Whahahahahaha

    Word jy darem vir jou make-up vergoed?

  • 43. Sis Dudu  |  Junie 25, 2009 om 12 : 09

    Sanibonani. Ek like hom die dier langs die pad. Sos hy het hom gadot, ons stop met die teksie sny af sy boude. Des hon nca vleis.

  • 44. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 12 : 32

    Dudu

    Is dit nie vol wurms nie? 😯

  • 45. Beeld  |  Junie 25, 2009 om 1 : 02

    Sonja van Buul

    Vanderbijlpark. – ’n Jong ma het gister hier koponderstebo by die plek gestaan waar sy vroegoggend glo die lykie van haar vier maande oue babaseun aan die brand gesteek het.

    Me. Wilhelmina Johanna Kraft (23) van die Stefanopark-kleinhoewes het na bewering eers haar seuntjie, Daniël, verwurg en selfs ’n vragmotor oor hom laat ry.

    Sy is ná ondervraging gister, op haar verjaardag, deur die polisie in hegtenis geneem.

    Nadat sy hom glo verwurg het, het sy die lykie vroegoggend na bewering op Barrage-weg neergesit waar ’n niksvermoedende vragmotorbestuurder vermoedelik oor hom gery het.

    Die babaseuntjie is daarna glo in ’n babakombersie toegedraai en sy lykie is in die lang, droë gras langs die pad tussen ’n bos turksvye aan die brand gesteek.

    Insp. Thinus Oosthuizen van die Vanderbijlpark-polisie het Kraft in Sasolburg opgespoor nadat hy gisteroggend gehoor het van ’n motordiefstal op die perseel van waar ’n ma en haar seuntjie “ook weg is”.

    “Ek het nie geweet of die verdwyning verband hou met die motordiefstal nie, maar het besluit dit is vir eers belangriker om Kraft en Daniël te vind.”

    Oosthuizen se speurwerk het hom by Kraft uitgebring kort nadat sy deur ’n padstaleienaar by die dorp se poskantoor afgelaai is.

    Die padstaleienaar, mev. Anesia Meyer (39), het gesê Kraft het agter haar gestaan toe sy die winkel oopsluit.

    “Sy het gesê sy is die vorige aand uit die huis gesluit en het heelnag hier in die koue onder my padstal se afdak geskuil,” het Meyer gister aan Beeld gesê.

    Meyer sê Kraft het vertel Daniël jr. is by sy pa, mnr. Daniël Labuschagne (22), se ma in Vanderbijlpark.

    Kraft en Labuschagne is, volgens Meyer, al jare ’n paartjie en gereelde klante by die padstal oorkant hul huis.

    “Ons het sowat ’n uur gesels, koffie gedrink en ’n paar sigaretjies gerook voordat ek haar op haar versoek by die Sasolburg-poskantoor gaan aflaai het.”

    Kraft wou glo na haar ma, wat in dié dorp woon, toe gaan. “Dis moeilik om hier te staan en te dink aan die moedelose hopie ma wat laasnag hier met haar baba onder my afdak geskuil het. Daniël was so ’n mooi seuntjie,” het sy gesê.

    Na verneem word, het Kraft en Labuschagne nog ’n kind, wat nie meer in hul sorg is nie. Sy verskyn môre (Vrydag) in die landdroshof op Vanderbijlpark.

  • 46. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 1 : 06

    Ek bied my kar aan om ‘n paar keer oor Kraft te ry.

  • 47. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 1 : 07

    For that matter, ek sal self ‘n paar keer oor haar ry.

  • 48. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 1 : 10

    Met ‘n glimlag

  • 49. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 1 : 11

    En daarna nog skop om te kyk of sy nog lewe

  • 50. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 1 : 11

    Sulke mense bring die sadis in my uit.

  • 51. Nats  |  Junie 25, 2009 om 1 : 32

    😯

    Waar in jou lewe!!!!!! Dis skokkend dat sulke mense tussen is – sy is siek siek siek verby!!!!
    😥

  • 52. Nats  |  Junie 25, 2009 om 1 : 33

    moet wees – tussen ons is – tussen ons lewe!

  • 53. Nats  |  Junie 25, 2009 om 1 : 40

    Vier maande oud!!! Nee kyk, ek weet nie hoe iemand eers daaraan kan dink nie, wat nog van dit gaan staan en doen!

    Ek is nou sommer omgekrap…

  • 54. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 1 : 46

    Vet weet wat haar besiel het.

  • 55. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 1 : 53

    GRRRRR

    Hoekom kry ek nooit SA goed op die net nie.

  • 56. Olga  |  Junie 25, 2009 om 1 : 57

    dis a.g.v haar knhee wat sy nie teen mekaar kan hou nie. easy come, easy go.

  • 57. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 1 : 59

    Ipi Ntombi en Sis Duda se ma wat getrou het. Kultuurskatte, maar boggerol op die net.

    Skandalig.

  • 58. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 02

    Wow. Dit is glo Ipi Tombi

  • 59. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 02

    En dit is al.

    Ipi Tombi (also produced as Ipi N’tombi, both corrupted transliterations of the Zulu iphi intombi, or “where is the girl?”) is a 1974 musical by South African writers Bertha Egnos Godfrey and her daughter Gail Lakier, telling the story of a young black man leaving his village and young wife to work in the mines of Johannesburg. The show, originally called The Warrior, uses pastiches of a variety of South African indigenous musical styles.

    The show, which starred Margaret Singana, enjoyed success in South Africa, and toured Europe, the United States and Canada.

  • 60. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 03

    As hulle Ipi Tombi opvoer sal ek dit beslis gaan kyk

  • 61. Olga  |  Junie 25, 2009 om 2 : 04

    die blog is ook deesdae in n resessie. hoe tragies.

  • 62. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 05

    Die blog het nie gesterwe nie, dit was sommer maar net dood.

  • 63. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 08

    Tonight’s tonight’s the wedding feast
    The men arrive with the slaughtered beast
    A wail, a chant soon fills the air
    For miles around the people hear

    Mama Tembu’s getting married here tonight
    All the spirits looking, shouting their delight
    Mama Tembu’s getting married here tonight
    The bones are thrown and love is happy, shining bright

    Ela chle ghala chle thalakalela paja
    Ela chle ghala chle thalakalela paja
    Ela chle ghala chle thalakalela paja
    Ela chle ghala chle thalakalela paja

    The neighbours kneel and kiss the bride
    The warrior waits, he’s filled with pride
    The drummer starts to pound the drum
    For miles around they hear the sound

    Mama Tembu’s getting married here tonight
    All the spirits looking, shouting their delight
    Mama Tembu’s getting married here tonight
    The bones are thrown and love is happy, shining bright

    Ela chle ghala chle thalakalela paja
    Ela chle ghala chle thalakalela paja
    Ela chle ghala chle thalakalela paja
    Ela chle ghala chle thalakalela paja

    And I sighed and I called in the deep of the night
    Because never before have I seen such a sight
    As the bride Mama Tembu walks out through the door
    And the valleys still echoes the sound of the roar

    Mama Tembu’s getting married here tonight
    All the spirits looking, shouting their delight
    Mama Tembu’s getting married here tonight
    The bones are thrown and love is happy, shining bright

    Ela chle ghala chle thalakalela paja
    Ela chle ghala chle thalakalela paja
    Ela chle ghala chle thalakalela paja
    Ela chle ghala chle thalakalela paja
    Ela chle ghala chle thalakalela paja
    Ela chle ghala chle thalakalela paja
    Ela chle ghala chle thalakalela paja
    Ela chle ghala chle thalakalela paja

  • 64. *Mathilda*  |  Junie 25, 2009 om 2 : 12

    Ja nee kyk – as my kloon eers begin sing !

  • 65. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 15

    Dit is ‘n baie oulike liedjie, ek is mal daaroor.

  • 66. *Mathilda*  |  Junie 25, 2009 om 2 : 17

    Ek probeer soveel moontlik werk gedoen kry voor more – ek moet vroeg loop om vir plig en al haar mapatla by die koshuis te gaan kry !

  • 67. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 22

    Ek sal die heeldag daardie liedjie sing.

  • 68. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 23

    Voordat Olga met haar weergawe kom

  • 69. Olga  |  Junie 25, 2009 om 2 : 35

    los my uit. ek het jou niks gedoen nie.👿

  • 70. Olga  |  Junie 25, 2009 om 2 : 38

    en daar kry eskom 31.8% verhoging. maar natuurlik die armstes a.j.a. die swartes sal hulp kry. not 2 worry. dit maak my bommies, njannies.

  • 71. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 38

    Olga

    Ek het glad nie aan jou geraak nie.

    Sal jy graag Ipi Tombi wil sien?

  • 72. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 39

    Moet my net nie se jy HET Ipi Tombi al gesien nie.

  • 73. Olga  |  Junie 25, 2009 om 2 : 40

    ek wonder of my oumensies ook kwalifiseer.

  • 74. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 40

    Ek sal seker die skok van my lewe kry die dag wat ek elektrisiteit moet betaal.

  • 75. Olga  |  Junie 25, 2009 om 2 : 41

    ek het ipi tombi al gehnor. moet ek dit vir jou sing?

  • 76. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 41

    Skielik is ek glad nie meer lus om huis te koop nie.

  • 77. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 42

    Sing?

  • 78. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 43

    Kry ‘n mens so ‘n woord soos ‘n andropoloog?

  • 79. Olga  |  Junie 25, 2009 om 2 : 44

    en nou meen ek nie mama thembo s wedding nie.

  • 80. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 45

    Waaruit kom die liedjie?

    Margaret Singana
    We are growing
    Ayeyeyeyeye, ye
    Aye, ayo, oh
    Ayeyeyeyeye, oyo
    Ayoyo, oh, oyo

    Ayeyeyeyeye, ye
    Ayeyeyeyeye, ye
    Ayoyo, oh, oyo

    Be a man of greatness now
    A man so tall, a man so kind
    Be a man of wisdome now
    A man of mind, a man of blind

    Be a man of kindness now
    A man so big and strong in mind
    Be a man so humble now
    A man of man, now let it shine

    This is what you are
    This is how it was planned now
    This is what to be
    Every kind of man now

    This is what to say
    With the kind of meaning
    This is what to feel
    With the kind of feeling

    We are growing
    Growing higher and higher
    We are growing
    Growing higher and higher

    He is growing
    Growing higher and higher
    We are growing
    Growing higher and higher

    Hear the children, hear the children
    They are talking to you
    Hear the wind blow, hear the wind blow
    It is blowing for you

    See the grass grow, see the grass grow
    It whispers his name
    See the fire blow, see the fire blow
    His heart’s in the flame

    Ayete, gossy
    Ayete, gossy
    Ayete, gossy
    Ayete, gossy

    We are growing
    Growing higher and higher
    We are growing
    Growing higher and higher

    He is growing
    Growing higher and higher
    We are growing
    Growing higher and higher

    Hear the children, hear the children
    They are talking to you
    Hear the wind blow, hear the wind blow
    It is blowing for you

    See the grass grow, see the grass grow
    It whispers his name
    See the fire blow, see the fire blow
    His heart in the flame

    Ayete, gossy
    Ayete, gossy

    We are growing
    Growing higher and higher
    We are growing
    Growing higher and higher

    He is growing
    Growing higher and higher
    We are growing
    Growing higher and higher

    Ayete, gossy
    Ayete, gossy

    We are growing
    Growing higher and higher
    We are growing
    Growing higher and higher

    We are growing
    Growing higher and higher
    We are growing
    Growing higher and higher

    (Growing
    Higher
    Growing
    Higher)

  • 81. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 45

    Olga

    Sing, ek kan dit nou glad nie onthou nie

  • 82. Olga  |  Junie 25, 2009 om 2 : 46

    spoil sport.

  • 83. Olga  |  Junie 25, 2009 om 2 : 50

    Antropologie of te wel gedragswetenskaplike.

  • 84. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 2 : 56

    Jip, dit is die een.

    Waar is jou liedjie, Olga. Ek wag in spanning.

  • 85. Adrie  |  Junie 25, 2009 om 3 : 47

    Ai tog. Kan ek maar die post vir ‘n week lank oplos?

  • 86. Olga  |  Junie 25, 2009 om 5 : 31

    Sal my glad nie pla nie.

  • 87. Wille Kjind Q  |  Junie 25, 2009 om 5 : 35

    Haloe haloe!!!!!

    Jaar einde is verby en ek kan nou relax

  • 88. Wille Kjind Q  |  Junie 25, 2009 om 5 : 36

    Ek willi nog deuri comments leesi. Sal van more af wee op my pos wees. Ek hoop………..

  • 89. Matahari  |  Junie 25, 2009 om 5 : 54

    Diere op die pad is een ding. By ons kom die blerrie blerrie honde in jou yard en skeer ales uitmekar. Hond, kat, vulis sake mens øk as hulle jou kry. Dis te terrible.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: