Boerekos

Junie 22, 2009 at 6 : 27 302 Kommentaar

Wanneer mense eers met hulle lekker boerekos spog, kry ek sommer rillings  teen my ruggraat af.  Ek probeer my dan so klein as moontlik maak, voordat ek genooi word om saam te kom eet.  Die meeste mense se idee van lekker boerekos is niks om oor trots te wees nie.

Die groot boerekos aanhangers glo dat daar net sout en miskien pepper op hulle kos kan kom.  As hulle die dag nog avontuurlustig is, word alles vol botter gegooi.  Dit is ‘n wonder dat hulle nie voor die einde van die week aan ‘n hartaanval omkom nie.  Die vleis is drooggebak en verbeeldingloos.  Meeste van die tyd is dit ‘n skaap/lamsboud.  Geel rys is ook altyd op die spyskaart, meestal sonder rosyne.  Die sous is sonder uitsondering Bistro.  Die ergste is die groente, pap en val gekook in water wat afgegooi word. 

Kan iemand regtig daaroor opgewonde word?  Dit is seker nie die alfa en omega van boerekos nie.  Daar is ander wat vir jou trots afval, lewer of niere sal opdien.  Met die geykte belofte jy sal mal wees oor my lewer/niertjies/afval.  Ek kon my nog altyd uit so ‘n situasie uitwikkel.

Tog kan ek ook wel opgewonde raak oor boerekos.  Dit is nou wanneer die mense verder dink as wat hulle neuse lank is.  Of dalk moet ek sê wanneer hulle jou nie probeer dwing om iets teen jou sin te eet nie of nie probeer uithang nie.  Daar is op die aarde net mooi niks verkeerd met ‘n melktert nie.  Behalwe as daar klonte in is of jy dit elke dag vir ‘n maand kry. 

Ek sal nooit nee dankie sê vir ‘n lekker bredie nie.  Ek het nog nooit waterblommetjiebredie geëet nie, maar dit lyk altyd so lekker.  Het julle al frikkadelle in koolblare geëet?  Breyanni, rotti, bobotie is ook altyd ‘n treffer.  Ek weet dit het ‘n oosterse geurtjie, maar ek het al gehoor die Hollanders kon nie kook nie.  Ons Suid-Afrikaanse disse kom meestal van die Maleiers af.  Van hulle gepraat, ek is gek oor vetkoeke en koeksisters (deurskynend van die stroop).

Ek kan in ‘n wip gevang word met ‘n soetigheidjie uit die oond uit.  Asynpoeding, Paddaeiers (sago) en moet net nie van malvapoeding of lekkerbekpoeding vergeet nie.  Amper vergeet ek om fudge of ystervarkies te noem.  Verstaan julle my punt?  Dit is kos wat ‘n mens in enige taal liries maak.

Hou jy van boerekos?  Eet jy afval?  Hoe voel jy oor tradisionele kos?

Blogvraag:  Wat is die koshoofstad van Suid-Afrika?

Blogantwoord:  Olga was reg met Iran.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Liggaam smouse Hulp en misdaad

302 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Junie 23, 2009 om 6 : 01

    ek bak altyd beskuit. maar weet nie wanneer laas ek beskuit geeet het nie.

  • 2. Olga  |  Junie 23, 2009 om 6 : 01

    dis nou 300+.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: