Liggaam smouse

Junie 21, 2009 at 4 : 33 124 Kommentaar

As ek sê dat ek skepties is oor toordokters – verskoon my, tradisionele genesers – dan stel ek dit baie lig.  Ek sal nie gemaklik voel met een van hulle in dieselfde vertrek nie.  Ek moet dalk my vooroordele laat vaar na die artikel in die Rapport.  ‘n Man het probeer om liggaamsdele aan hom te verkoop, maar hy het die polisie ingeroep en die man laat arresteer.   Volgens die smous, het hy die dele uit ‘n lykshuis gekry het, maar die polisie dink dat dit dalk ‘n leuen kan wees.

Goed, daar is mense wat glo daar is towerkragte in liggaamsdele – nie net in Afrika nie.  Tog is die paar rand wat op die manier gemaak kan word, niks in vergelyking wat lewensnoodsaaklike organe werd is nie.  Watter prys kan op lewenskwaliteit gesit word?  Daar is mense wat alles sal gee vir ‘n gesonde hart, nier, lewer ens.

In Suid-Afrika is dit onwettig om met mens weefsel handel te dryf.  Daar mag vir die verwerking, toetsing en berging geld gevra word, maar nie vir die weefsel self nie.  (Ja, die verwerking is nie goedkoop nie).  Daar is wel mense wat glo dat die wet geskrap moet word.  As jy twee gesonde niere het, hoekom nie een verkoop as jy ‘n paar duisend rand nodig het nie.  Die familie van ‘n afgesterwende het dalk ‘n paar ekstra rand nodig, hoekom behoort hulle nie vergoed te word vir sy organe nie?

Gross soos wat dit klink, is die integriteit van mense die groot hindernis.  Hoekom jou nier verkoop, as jy iemand anders se nier teen komissie kan verkoop?  Hoekom nie iemand doodmaak om al hulle organe te verkoop nie?  Die ergste is dat dit iets wat wel gebeur – hoe onwettig dit ookal is.  Dikwels ook in Suid-Afrika.

Daar is blykbaar net een land waar die verkoop van niere wettig is – vir $2000 – $4000.  Die risiko word as laag gesien, tog is daar mense wat die stap berou het.  In Pakistan (onwettig) is daar dorpies waar 40 – 50% van die inwoners een van hulle niere verkoop het.  In Indië was baie van die inwoners na die tsunami gedwonge om hulle niere te verkoop omdat hulle alles verloor het.

Dit is baie hartseer, maar vir duisende mense is dit die enigste hoop op gesondheid.  Ek sal nooit met die koop van organe saamstem nie.  Die alternatiewe is moeilik bekombaar en gewoonlik duurder.  Dit is ook nie noodwendig ‘n lesser evil as orgaan verkope nie. 

Daar is klonering – wat wonderlik sal wees as hulle die orgaan self kan kloneer.  Sover my kennis strek, is dit nog nie moontlik nie.  Ek stem glad nie saam daarmee om ‘n baba te slag om die nodige organe te kry nie.  Stamselle is ook ‘n moontlikheid, mits dit nie uit embrios ge-oes word nie.  (Dit sal ‘n baie opwindende tyd wees as hulle die dag stamselle kan kloon). 

Die laaste moontlikheid is om kunsmatige organe te maak.  Dit klink dalk na wetenskapfiksie, maar dit is nie ontmoontlik nie.  Wel baie moeilik, baie duur en nie noodwendig gebruikersvriendelik nie.  Die FDA het al ‘n kunsmatige hart goedgekeur.  Die hart is goedgekeur om iemand se lewe met omtrent 30 dae te verleng, terwyl daar nog op ‘n skenkerhart gewag word.  Die persoon kan nie die hospitaal verlaat nie en elke aand moet die hart herlaai word.  Wie weet hoe die hart oor 10 jaar sal uitsien.

Dit is ‘n sensitiewe onderwerp.  Ek kan maklik praat, want ek staan op die wal.  Hoe voel julle hieroor?

Blogvraag:  In watter land kan jy wettig ‘n nier koop?

Blogantwoord:  The lion sleeps tonight – Token (Maxie); One Man, One Woman – ABBA (Maxie); Lets do it – Ella Fitzgerald (Kom ons doen dit).  Bonuspunte:  In the beginning – Moody Blues (Maxie); The world is our playground – Babyshambles (Maxie); Snake – R. Kelly (Olga); Ambition – Iggy Pop (Olga).

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Adam en Eva Boerekos

124 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Junie 21, 2009 om 4 : 55

    Eerste. india

  • 2. Olga  |  Junie 21, 2009 om 4 : 59

    ag, ekskuus ek het iran bedoel.

  • 3. Olga  |  Junie 21, 2009 om 5 : 10

    dit is regtig n sensitiewe saak. ek dink dit is oneties van n dr om n orgaan uit n lewende mens te oes as hy, sy hulle weet dat dit verkoop is. as dit is om naby familie of n geliefde se lewe te red, dan kan mens dit insien. maar nou ja, die drs sal net redeneer dat hulle nie geweet het daar is betaling betrokke nie.

  • 4. Olga  |  Junie 21, 2009 om 5 : 11

    all yours rofie.

  • 5. *Mathilda*  |  Junie 21, 2009 om 6 : 21

    Elo

  • 6. Wille Kjind Q  |  Junie 21, 2009 om 7 : 02

    Haloha

  • 7. Adrie  |  Junie 21, 2009 om 9 : 22

    Volstruispos.

  • 8. Olga  |  Junie 21, 2009 om 11 : 12

    Ek dink almal is bang die anc wettig die soort smous ook in s.a.

  • 9. Klip  |  Junie 22, 2009 om 7 : 09

    Goeie more almal , ek hoop dat julle almal n rustige naweek gehad het

  • 10. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 7 : 42

    More klip – rustig dankie en joune ?

  • 11. Klip  |  Junie 22, 2009 om 8 : 18

    Mathilda , geen hoogtepunte die naweek nie , het darem R38 met die lotto gewen , maar n mens kan nie eers iets ordentlik koop om te drink daarmee nie

  • 12. Wille Kjind Q  |  Junie 22, 2009 om 8 : 19

    More more

  • 13. Sis dudu  |  Junie 22, 2009 om 8 : 20

    Sanibonani. Auk. Bakietie. Die mense het hom nie die blasting vir die bek gabataal nie. Auk.

  • 14. Wille Kjind Q  |  Junie 22, 2009 om 8 : 24

    Huganit Dudu & Klip

  • 15. Sis dudu  |  Junie 22, 2009 om 8 : 26

    Die kiednie vir die mens? Auk al3. Liewerste jy vat hom die kiednie van die bees. Ingomo. Jy sny hom by die slaais. Jy gooi hom die tswai, diep hom by die kykflower, braai hom mooi gaar by die pan. Dan jy maak hom die poetoe en die sheba. En met die bietroet da by. Auk, auk, auk. Is hom baija lekker.

  • 16. Sis dudu  |  Junie 22, 2009 om 8 : 29

    Sepiela welle tjend. Nathi sepiela? Jy loop hom weer nie by die skolini nie?

  • 17. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 8 : 29

    Willes

    En as jy so laat is ?

  • 18. Wheelbarrow Jack  |  Junie 22, 2009 om 8 : 38

    Dagse. Hoe gaan dit hier? Is ek te vroeg vir die koerant?

  • 19. Wheelbarrow Jack  |  Junie 22, 2009 om 8 : 40

    Sis dudu, ek glo darem nie die niere is te koop om te eet nie.

  • 20. Wheelbarrow Jack  |  Junie 22, 2009 om 8 : 43

    Ok. Ek kry die boodskap. Niemand het iets te se nie. Laat dit dan goed gaan.

  • 21. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 8 : 49

    Kruiwa – waar val jy uit ?

  • 22. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 9 : 03

    Ek sal maar die koffie maak vanoggend siende dat niemand anders dit wil doen nie !

  • 23. Wille Kjind Q  |  Junie 22, 2009 om 9 : 20

    GGGRRR!!!!!!!!!!

    Tilla

    Ek kon glad nie gister of vanoggend oppi blog OF mxit nie. Vanoggend wou my kar nie start nie en dissi tracker sisteem se skuld👿👿👿👿👿

    Ous Dudu

    Ek bank somme die hele week skool

  • 24. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 9 : 51

    So dis BLOU Maandag vir jou ?

  • 25. Wille Kjind Q  |  Junie 22, 2009 om 10 : 36

    Dis blouer as blou!

  • 26. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 10 : 45

    Lyk my nie jy is die enigste een nie – die ander het nog nie eers gesurface nie !

  • 27. Wille Kjind Q  |  Junie 22, 2009 om 10 : 46

    En ek was laat vi werk natuurlik

  • 28. Klip  |  Junie 22, 2009 om 10 : 46

    Hulle het al n gesig ook oorgeplant

    Hier loop sulke klomp bedonnerde mense hier by ons, sal laaik om party se gesigte met n vuishou oor te plant

  • 29. Klip  |  Junie 22, 2009 om 10 : 50

    My bakkie was in vir reperasies laasweek , en ek se vir jou ek sal daai mechanic se orgaan aan n toordokter verkoop , ………….nou is ek sommer weer vies

  • 30. Klip  |  Junie 22, 2009 om 10 : 51

    WK werk jy nie flexi tyd nie?

  • 31. Klip  |  Junie 22, 2009 om 10 : 52

    Jy is mos nog n kleinbaas daar by julle , of het die status al verander?

  • 32. Klip  |  Junie 22, 2009 om 10 : 53

    Mathilda almal le laag….

  • 33. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 10 : 54

    Klip ! Ek is so bly om jou te sien – ek wil nie met myself gesels nie

  • 34. Klip  |  Junie 22, 2009 om 10 : 55

    Sarie vertel dat toe sy en haar kleindogter deur ‘n tydskrif blaai en op ‘n foto afkom van ‘n skouerlose bloesie, sê die kleinding. “Ouma, jy moet vir my ook so bloesie maak sonder handvatsels.”

  • 35. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 10 : 55

    Klip – ek kom so agter – die vraag is hoekom lê hulle so laag ?

  • 36. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 10 : 57

    As jy ‘n buitengewone drang ervaar om skille te vreet,
    in kak rond te rol en in modder seks te hê
    moet jy weet jy het varkgriep !

  • 37. Klip  |  Junie 22, 2009 om 10 : 57

    Hierdie wat dit die kortste dag en langste nag was het my nou so deurmekaar, maar gelukkig kry ek nog steeds 12ure se betaling

  • 38. Klip  |  Junie 22, 2009 om 10 : 58

    WOW , ek het al begin skille eet, gewonder of dit dalk van die eerste simptome is ……nou weet ek

  • 39. Klip  |  Junie 22, 2009 om 11 : 00

    Die mense is opgepraat , dis nou soos in die bioskoop almal sit net en kyk

  • 40. Klip  |  Junie 22, 2009 om 11 : 05

    Bel die mense my nou om te se ek is soooo gelukkig ek het iets gewen ……….. my naam is getrek ….en toe ek haar vra wat jy dan nou kwansuis wen is dit n klomp goed en a naweek iewers…………….ek wil daai moer wat my naam vir hulle gegee het se orgaan afsny

  • 41. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 11 : 05

    Klip

    Whuhahahahaha

  • 42. Klip  |  Junie 22, 2009 om 11 : 07

    Net die mense wat holiday club punte het dink dis die moeite werd.

    Ek is seker dan maar n cheap skyt , maar die punte ding werk nie vir my nie

  • 43. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 11 : 07

    Ek het eendag vir die klomp gevra waar kry hulle mens se nommers toe sê sy vir my van besighede waar mens rekeninge en goed het – nou hoe konfidensieël is dit ?

  • 44. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 11 : 09

    Ek betaal ook maar eerder vir my vakansie, elke maand biki tot ek daar kom dan is alles klaar betaal, met die holiday club moet jy elke jaar daai fees betaal en moét jy dus weggaan of jy betaal verniet

  • 45. Klip  |  Junie 22, 2009 om 11 : 09

    Hierdie koekie se vir my dis n verwysing van familie of vriende , ek het nie familie nie , en ek begin al dink aan watter vriend dit kan wees

  • 46. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 11 : 11

    Ja van hulle is wel van vriende of familie wat jou nommer of mail adres gee, want hoe meer references hulle gee hoe beter is hulle kans om ook iets te wen

  • 47. Klip  |  Junie 22, 2009 om 11 : 11

    Maar die klomp leef mos op die belofte dat hulle tot oorse kan vakansie hou ……gits hulle kom nie eers by n plek hier in SA uit nie

    Vyfster verblyf kry jy n chocolatjie op die bed , nee wat ek koop sommer vir mev n boks en bly in n tent

  • 48. Klip  |  Junie 22, 2009 om 11 : 15

    Ek het my manager so n streep getrek , hy forward n email na my en 20 ander mense om sodoende n laptop te kry . Ek gaan koop toe vir my n pay as u go kaart en stuur vir hom n sms om te se hy moet net die vlg nr bel om sy laptop te kry , ek kies toe sommer n random nr maar gebruik net 9 syfers , hy glo nog steeds hy gaan n laptop kry

    F*K*en lekka stupid

  • 49. Klip  |  Junie 22, 2009 om 11 : 16

    Mag n duisend woestyn vlooie in sy hol nes maak

  • 50. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 11 : 18

    Whuhahahahaha

  • 51. Klip  |  Junie 22, 2009 om 11 : 22

    A3 moet ons so n bietjie meer vertel van daai towerkragte van organe …….

  • 52. Klip  |  Junie 22, 2009 om 11 : 26

    Dr Masaka wat al jou probleme kan oplos , hy ken blykbaar ook die lotto nrs , maar die fokker steel net ongelowige mense se geld en hy het nog nooit n lotto gewen nie.

    As hy drie Saterdae agtermekaar die lotto wen mag ek dalk glo hy weet iets

  • 53. Klip  |  Junie 22, 2009 om 11 : 28

    Adverteer al in die WTB nuus dat hy organe kan langer maak .

    Die een ou koop toe daarvan , nou het die moer lang vingers en kan nie ophou steel nie

  • 54. Klip  |  Junie 22, 2009 om 11 : 30

    Hy begrawe iets in jou tuin dan los dit al jou probleme op

    Al ou wat ek kan wat in die tuin geskyt het en n miljoen gewen het is daai Ferdi vent

  • 55. Klip  |  Junie 22, 2009 om 11 : 32

    Ek is eintlik nou besig om stront te praat , miskien is dit tyd vir n lekker espresso …….

    Enige iemand vir n espresso???

  • 56. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 11 : 44

    Klip, die ergste is dat daar idiote is wat ekle liewe woordjie glo wat sulke drolle kwytraak

  • 57. Olga  |  Junie 22, 2009 om 11 : 47

    vir my asb.

  • 58. Olga  |  Junie 22, 2009 om 11 : 48

    More, more.

  • 59. Olga  |  Junie 22, 2009 om 11 : 55

    Telebemarker bel my verlede week. wil my n paar vrae vra om vas te stel of ek kwalifiseer vir hulle wonderlike aanbod. nee, dankie se ek, ek stel nie belang nie. maar dis n goeie aanbod. ek druk foon dood. sal die vrou my wragtig weer bel. ek se weer mooi ek stel regtig nie belang nie. bel my wragtig weer. toe se ek luister, dit is teistering, bel my weer en ek kla jou by sapd aan vir teistering. *sug* sal die onnosele fatima my vra vir vriende en familie se nommers. ek was toe wragtig sprakeloos.

  • 60. Klip  |  Junie 22, 2009 om 12 : 23

    😆 dis presies wat die mense ook gedoen het,

    Kry ek toe n begeerte om vieslik met haar te praat maar bedink my toeself. As hulle so op n mens se privaatheid indring kan n mens hulle ook seker laat ongemaklik voel.

    Maar nou ja ek sal dit darem nou nie rerig doen nie

  • 61. Klip  |  Junie 22, 2009 om 12 : 24

    Prozac en redbull , dis wat ek nou nodig het

  • 62. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 12 : 38

    Daai peoples kan enige normale mens na drank dryf

  • 63. Nats  |  Junie 22, 2009 om 1 : 00

    Hello julle!

    Gaan mal hier – en ek is al die laaste 18min op die foon met Binnelandse sake – maar kry niks uirgerig nie – need I say more!👿

  • 64. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 1 : 01

    Binnelandse sake verduidelik al kklaar alles !

    Hallo Nats

  • 65. Nats  |  Junie 22, 2009 om 1 : 08

    Ons het eendag gaan watervalle ens kyk da in MP – By al die stalletjies om gegaan ens… my nefie was toe ‘n paar maande oud – sal een van die verkoops dames mos vir my tannie vra of sy nie dalk die seuntjie aan haar wil verkoop nie!!!

    Ons was BAIE vinnig daar weg!

  • 66. Nats  |  Junie 22, 2009 om 1 : 09

    Lo da *M*

    Wille Q
    Bietjie prozac sal vandag darem maar lekker afgaan! En sal wonders werk vir die volgende persoon se ore – dis nou as iemand gaan op tel!!!!!

    GRRR!!!

  • 67. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 1 : 18

    Dit lyk of daar ‘n hele paar van ons met ‘n ou Prozacie kan doen vandag !

  • 68. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 2 : 01

    Ek is hommer – nou eet ek maar cracker bread en maaskaas

  • 69. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 09

    Mathilda , spoeg uit daai goed is te gesond

  • 70. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 2 : 11

    Klip – dis al wat ek het, so ek sjarrap maar en eet !

  • 71. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 11

    Terug na die onderwerp

    Liggaam smouse…….asjy n hart oorplanting kry plant hulle die ander persoon se siel ook oor, al sy hartseer ens??

  • 72. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 2 : 12

    Gelukkig kom my suster se seuns van Vrydag af kuier – dit beteken net een ding – dis tyd vir gemmertjies gaarmaak !

  • 73. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 14

    Thanx ek sal maar net by die crackers bly , daai snaakse kaas kom nie oor my lippe nie .

    Dit laat my dink aan daai ad so tyd terug , van die middel van die maand snack en dan die einde van die maand snack

  • 74. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 2 : 14

    klip – goeie vraag

  • 75. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 15

    My vrou se suster het ook haar kinders met die gemmertjies bederf, hulle hou baie daarvan

  • 76. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 2 : 16

    Daai seuns eet behoorlik enigeiets wat hulle nie eerste eet nie – hulle is ‘n absolute plesier om voor kos te maak !

  • 77. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 17

    Gits ek wou nou iets se , maar dit gaan nie reg vertolk word nie

  • 78. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 2 : 19

    Sê maar klip – elkeen kan dit maar vertolk soos hy/sy wil !

  • 79. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 20

    Dan moet ek vir jou sommer nog n klomp respte aanstuur. Ek het hier “kampkos resepte” , wat n mens enige iemand se honger kan stil . Jy moet maar se dan stuur ek vir jou al die respte wat ek hier het .

    Party ouens laaik mooi karre , ek laaik lekker resepte ……dit klink nie reg nie !

  • 80. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 21

    Ek sal maar wag as ek weer nagskof is😆

  • 81. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 22

    Party respte is soos die “getaway” jy sien plekke en goed wat jy eintlik nooit by gaan uit kom nie

  • 82. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 24

    Dis altyd n plesier om ander te sien wat lekker kan eet .

  • 83. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 2 : 26

    Klip,

    Die wat die mooi karre like weet dis oor hulle dit nie kan bekostig nie – ‘n man wat like van kosmaak aan die ander kant is ‘n bargain en niks fout daarmee nie. ‘n Resep is vir my enige tyd welkom – ek love resepte

  • 84. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 30

    In Amerika het hulle nou die dag ‘n prostaatklier met ‘n vrou se borste gekloon.
    Die resultaat, ‘n prostituut.

  • 85. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 2 : 37

    En daai 3 laaities KAN weglê !

  • 86. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 2 : 38

    Whuahahahaha

  • 87. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 40

    Hulle is oppad !

  • 88. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 42

    Jou e-mail inbox gaan nou n koskas word😆

  • 89. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 2 : 45

    Nee nie regtig nie – elke reseppie wat deurkom het sy eie persoonlike plekkie waarheen hy skuif – maar niks anyway fout met koskas nie

  • 90. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 53

    Ek het baie lank terug n mission gehad om die resepte te “organise” maar het nog nooit by dit uit gekom nie.

  • 91. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 55

    Sal ek nie nou daarvan hou om n bees karkas onderstebo te laat hang nie en al daai liggaamsdele te bewerk nie!!

  • 92. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 56

    Nou kan ek net stew maak………….

  • 93. Klip  |  Junie 22, 2009 om 2 : 58

    Piet en Koos, ou skoolvriende, loop mekaar weer raak na twintig jaar.

    “Haai, ou Piet, jy lyk goed man. Wat het jy gaan doen na skool?” vra Koos.
    “Ek het Tale gaan swot op Tukkies en het my Honneurs gekry in Afrikaans. Daar ontmoet ek toe ook my vrou, wat gedigte en prosa skryf vir ‘n lewe. Sy het ‘n Meestersgraad in Letterkunde gekry voor ons eerste seun gekom het. My seun is ‘n konsertpianis in Amerika vir die Amerikaanse Philharmoniese orkes en my dogter is die hoofballerina in London se balletgeselskap. Julle moet een aand oorkom dan hou ons ‘n kultuur-aand.

    Wat van jou? Wat het jy met jou lewe gedoen Koos?”
    “Nee,” sê Koos, “ek was mos al op skool ‘n bietjie bakleierig en het na skool maar ‘n bokser geword. Daar ook my vrou ontmoet, die dogter van ‘n boks promotor, en in daai tyd kon vrouens mos nie boks nie toe begin sy met karate en sy het haar swart belt gekry voor ons eerste kind daar was. Ons seun het laas maand sy SA kleure gekry in stoei en my dogter verteenwoordig ons land in Judo. Julle moet een aand oorkom dan moer ons julle biekie”

  • 94. Klip  |  Junie 22, 2009 om 3 : 01

    Stew bad to eat

  • 95. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 3 : 11

    Ek wil nou huistoe gaan – genoeg is genoeg !

  • 96. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 3 : 19

    Stew is lekker

  • 97. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 3 : 19

    Ek kan darem alweer so hier en daar ‘n gevreetjie sien

  • 98. Klip  |  Junie 22, 2009 om 3 : 21

    Hier bom die sisteem ook kort kort uit , ek dink teen 2010 is ons weer terug by n regte posduif

  • 99. Klip  |  Junie 22, 2009 om 3 : 22

    Ek wil my kussing gaan afluister!

  • 100. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 3 : 22

    Ek het nogal gewonder of daai duif gesuip is

  • 101. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 3 : 24

    Is mev klip darem nou weer gesond ?

  • 102. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 3 : 35

    Ha ha – Bosberaad resepte !

    Thanx klip, die duif het sy pad gekry !

  • 103. Klip  |  Junie 22, 2009 om 3 : 43

    Ja sy brand alweer spierwit

  • 104. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 3 : 48

    He he ! Sy gaan vir jou uithaal ! En met jou dogter en bambino ?

  • 105. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 3 : 49

    Ek is op my pad – praat later op opera – toodles klip (kan nie sê maaikies nie want hier is nie maaikies nie – net I&J)

  • 106. Klip  |  Junie 22, 2009 om 3 : 56

    Op hierdie staduim ook sommer baie goed , dis nou bevestig dat dit n meisiekind is , en nou is daar nie einde aan allerhande pienk goedjies se aankoop nie

  • 107. Klip  |  Junie 22, 2009 om 3 : 57

    Ek bly maar sover as moontlik onder die vrouens se voete uit😆

  • 108. Klip  |  Junie 22, 2009 om 3 : 59

    Mathilda , jy is seker al op pad huistoe?

  • 109. Klip  |  Junie 22, 2009 om 4 : 05

    Solitaire, en prozac …….7uur is op pad

  • 110. Klip  |  Junie 22, 2009 om 4 : 07

    Dis een van my hoogtepunte om Solitaire uit te pak

  • 111. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 4 : 59

    Klip, so jy moet maar begin ammunisie bymekaar maak

  • 112. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 5 : 02

    Solank al 2 van hulle gesond is

  • 113. Olga  |  Junie 22, 2009 om 5 : 22

    Gooi weg die prozac. dit het te veel newe effekte.

  • 114. Adrie  |  Junie 22, 2009 om 5 : 28

    Ek kom nou eers op kantoor

  • 115. *Mathilda*  |  Junie 22, 2009 om 5 : 38

    Rather late than never

  • 116. Adrie  |  Junie 22, 2009 om 5 : 46

    Ek is so laat, dit was amper never nie.

  • 117. Olga  |  Junie 22, 2009 om 5 : 48

    Het jy alweer n man opgetel dat jy heeldag afwesig was.

  • 118. Olga  |  Junie 22, 2009 om 5 : 51

    Hells bells, klip moet n ander tandarts kry. as sy kleindogter opdaag en sy sien dit wat ons hier sien, skrik sx haar n seun.

  • 119. Adrie  |  Junie 22, 2009 om 5 : 54

    Mans op getel.

  • 120. Klip  |  Junie 22, 2009 om 6 : 07

    WOW A3 ……….

    Is jy nou “famous”😆

  • 121. Olga  |  Junie 22, 2009 om 6 : 08

    Sy is net famous in japan.

  • 122. Klip  |  Junie 22, 2009 om 6 : 17

    Wel as n mens famous is is jy famous ….

  • 123. Klip  |  Junie 22, 2009 om 6 : 19

    Sy het seker met liggams dele gaan smous

    Hulle eet mos enige ding in Japan

  • 124. Klip  |  Junie 22, 2009 om 6 : 21

    Geniet julle aand , mag die hot chocolate nooit opraak nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: