Adam en Eva

Junie 20, 2009 at 5 : 53 114 Kommentaar

In die begin van dae, was daar een man, een vrou, plante en diere.  Wat op aarde het hulle met mekaar aangevang?  Waaroor het hulle gepraat en wat het hulle gedoen?

‘n Mens kan net wonder of gesels natuurlik gekom het.  Hulle het mekaar van geen Adamskant af geken nie – verskoon die pun.  Maar hoeveel kan ‘n mens regtig gesels as jy nie juis ervaringe het om te deel nie.  Daar was geen nuuswaardige gebeurtenisse nie en daar was ook nie geskiedenis, wetenskap of geloof om oor te filosofeer nie.  Soos ek die storie verstaan was daar nie eers drank nie.  Van skinder was daar ook nie sprake nie, van wie moes hulle dalk skinder?

Dit is nou as ek aanneem dat die slang die enigste dier was wat kon praat.  Wat ‘n wilde aanname is, die ander diere kon seker ook praat.  Nader aan die waarheid, voor die sondeval kon Adam en Eva seker met diere kommunikeer.  Wat beteken dat hulle oor en weer kon skinder om die ledigheid te verdryf.  Wat was ‘n tipiese gesprek gewees? 

Eva:  “Ek kon nie gister aand ‘n oog op mekaar sit nie.”

Adam:  “Dit is darem rustiger vanaand, lyk my die leeu slaap vanaand.”

Eva:  “Jy beter plan maak of ek gaan.  Ek bly nie ‘n dag langer hier as wat nodig is nie.”

Adam:  “Ag liefie, ten minste is die werk nie te kwaai nie.”

Wie weet?  Dalk het Eva by die slang gaan kla oor Adam.  Onthou, sy het nie ‘n vriendin gehad waar sy kon gaan skinder nie. 

Eva:  “Daardie ruggraatlose vent.  Hy het geen ambisie nie.”

Slang:  “Dit is so vervelig hier.  Ek is seker as ons van DIE BOOM eet dat ons uit geskop sal word om die wêreld ons speelplek te maak.”

Eva:  “Kom ons doen dit.  Ek is so keelvol vir die eentonige bestaan.”

Slang:  “Adam sal slange vang as hy uitvind.”

Eva:  “Los hom vir my, hy sal lustig saam eet.  Solank hy nie self hoef te pluk nie.”

Die res is natuurlik geskiedenis.

Naskrif:  Dit is net ‘n bogstorie met Adam, Eva en die slang as karakters.  

Blogvraag:  Identifiseer die liedjies. 

Blogantwoord:  Tilla was reg met onderwyser.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Herders Liggaam smouse

114 Kommentaar Add your own

  • 1. maxie  |  Junie 20, 2009 om 5 : 59

    the lion sleeps tonight

  • 2. maxie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 05

    in the beginning – moody blues

  • 3. maxie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 06

    one man one woman – abba

  • 4. maxie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 08

    o ja – the tokens het lion sleeps tonight gesing

  • 5. maxie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 13

    the whole world is our playground – babyshambles

  • 6. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 16

    Hallo Hallo

  • 7. maxie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 19

    Grrr. Daar’s iets wat ek miskyk, soos laasweek se “Joyride”.
    Maar nou ja – ek’s klaar.

  • 8. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 19

    He! He! Eks heeldag hie en nes ek my rug draai om Olga se flêttie oppi kole te sit dan spring Mas die kat my voor. Slim vang sy baas

  • 9. maxie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 19

    Skies Adrie, naandse!
    Lekker gewees, goed geskryf!

  • 10. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 21

    Max

    Relax, vat jou tyd….. Die post gat nêrens

  • 11. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 21

    Ek hoop Olga deel haar flattie met my.

  • 12. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 22

    O ja

    Naand

  • 13. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 23

    Comment 8 moet wees MaX

  • 14. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 24

    Ek hoop sy deel met my ôk aangesien ekki ding braai

  • 15. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 25

    En weg

  • 16. Olga  |  Junie 20, 2009 om 6 : 25

    Die flattie is grøt genoeg vir ñs almal. dig in girls.

  • 17. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 26

    Ek hoop nie jy spoeg daarop nie.

  • 18. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 28

    Ek sal net op jou helfte spoeg

  • 19. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 29

    Olga

    Dis ‘n lekka flêttie. Het jy die garlic sous gesien?

  • 20. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 30

    Dan deel ek nie my steak nie.

  • 21. Olga  |  Junie 20, 2009 om 6 : 31

    Ek spoeg nie op kos nie. queen se princes of tie universe. nee, dit kan nie wees nie.

  • 22. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 31

    Ou Dudu moet net later die diesjas kom was. Eks pê van wasgud was

  • 23. Olga  |  Junie 20, 2009 om 6 : 32

    Heerlik wk. ek hoop nie die spoeg het gespat nie.

  • 24. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 32

    Ek het nog blou bul steak oor. Wiet jou steak verkool 3ling?

  • 25. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 33

    Olga

    *fluister* ek het ons helfte eers 1kant gesit

  • 26. maxie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 33

    Willes
    Die post gaan dalk nerens maar ek gaan, my pierinkie melk wag😉
    Sal later weer inloer

  • 27. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 34

    Grr

  • 28. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 34

    By spur

  • 29. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 35

    Adriana

    Nou dat ek da aan dink…….. Rita (of wassit Rina of Retha) gat wee sêg jy spot metti bybel

  • 30. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 36

    Tata Max

  • 31. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 37

    Arme Spur

  • 32. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 39

    Ek sal Mev Dominee wee moet inroep om orde te kom skep

  • 33. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 40

    Vyf rooflesers en almal verkeer vreetsaam

  • 34. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 43

    Willes, dan vang sy steeds vis in n pispot

  • 35. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 6 : 43

    Tra la la la la

  • 36. Olga  |  Junie 20, 2009 om 6 : 45

    The snake van r. kelly.

  • 37. *Mathilda*  |  Junie 20, 2009 om 6 : 50

    Lo chommas

  • 38. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 6 : 54

    Wie het poeding gemaak

  • 39. *Mathilda*  |  Junie 20, 2009 om 7 : 08

    Nie ek nie

  • 40. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 7 : 11

    Wat het jy dan vandag gedoen, kloon

  • 41. *Mathilda*  |  Junie 20, 2009 om 7 : 18

    Tot 1 uur in my bed gelê en my recordings kyk, vi tl gaan bad na sy ha pa gehelp aan sy kar werk het en rugby gekyk

  • 42. *Mathilda*  |  Junie 20, 2009 om 7 : 19

    O ja en my gewip oor jy ni vi my wou brêkvis maak ni

  • 43. *Mathilda*  |  Junie 20, 2009 om 7 : 22

    Dan gaan ek maar weer – toodles

  • 44. Olga  |  Junie 20, 2009 om 7 : 23

    One man one woman gsing deur ABBA

  • 45. Olga  |  Junie 20, 2009 om 7 : 24

    sorry max. ek het nie gesien jy het dit al gese nie.

  • 46. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 7 : 24

    Ek het vir jou breakfast gemaak, toe trek jy jou neus op daarvoor.

  • 47. *Mathilda*  |  Junie 20, 2009 om 7 : 26

    Dit wassi gemaak ni – net voorgesit uit n boks uit – met warm melk – yuk !

  • 48. *Mathilda*  |  Junie 20, 2009 om 7 : 31

    Dit was gn breakfast ni – plastic pap uit n boks uit met warm melk – yuk !

  • 49. Olga  |  Junie 20, 2009 om 7 : 32

    Ambition van iggy pop

  • 50. Olga  |  Junie 20, 2009 om 7 : 33

    Plastic pap is leke tilla. oatbran with honey met yoghurt.

  • 51. *Mathilda*  |  Junie 20, 2009 om 7 : 35

    Of nie ! As ek praat van breakfast is dit bacon, eiers, tamatie, varkworsies en toast. Ek doen nie plastic nie

  • 52. Olga  |  Junie 20, 2009 om 7 : 38

    M.a.w tilla soek homer ontbyt. hy is hondsiek. maar omdat dit saterdag is, het hy sy saterdag special gemaak.

  • 53. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 7 : 39

    Dan het jy high hopes.

    Ek moet se, hier kom liedjies uit waarvan ek nog nooit gehoor het nie. En dit is liedjies wat regtig bestaan. Lyk my ek ken bitter liedjies.

  • 54. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 7 : 40

    Lyk my Tilla oorskat my kombuis vermoeens. Ek kan nie eers eiers bak nie.

  • 55. *Mathilda*  |  Junie 20, 2009 om 7 : 42

    Kook ?

  • 56. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 7 : 50

    Nope.

    Ek kan net die ketel kook.

  • 57. *Mathilda*  |  Junie 20, 2009 om 7 : 50

    Dis n begin

  • 58. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 7 : 54

    Hello. Hello. Hello. Hello

  • 59. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 7 : 56

    Hallo Nell.

  • 60. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 7 : 59

    Hoe gaan dit A3.

  • 61. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 8 : 01

    Jong, ek voel of ek in ‘n gym is soos ek vir Tilla bakstene aandra

  • 62. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 8 : 04

    huh?

    Gepraat van oefen, ek het besluit ek wil ‘n bergfiets he vir my bday…. Ek dink dit moet ‘n lekker manier van oefen wees.

  • 63. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 8 : 06

    Dit sal jou Tannie Roer se absolute favourite mens maak. Ek dink weer dat dit baie seer moet wees om al jou tande uit te val.

    Bakstene, Tilla moet ‘n brug bou.

  • 64. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 8 : 09

    Ek moet iets doen om gewig te begin verloor en ek HAAT gyms! Het 5 jaar in hulle gewerk. Kan net pret wees!

    Wat het jy aan Tilla gedoen?

  • 65. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 8 : 10

    HEY!!!! 👿

    Vra eerder wat het sy aan my gedoen.

  • 66. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 8 : 11

    Het ek nou wragtag verkeerd getik?

    Wat het sy aan jou gedoen?

  • 67. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 8 : 18

    Sy het gedink dat EK gaan ontbyt maak? Waar het jy so iets al gehoor?

    En toe ek haar pap gee, trek sy haar neus op.

  • 68. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 8 : 21

    Maar pap IS ontbyt………..

  • 69. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 8 : 22

    Se ek mos ook. Veral as ek dit moes maak.

  • 70. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 8 : 24

    En dit is met liefde gedoen… tsk!

  • 71. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 8 : 26

    Nell

    Gaan jy en jou ongekoopte fiets by ‘n klub aansluit?

  • 72. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 8 : 30

    Nee…. dis te veel commitment vir my…

  • 73. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 8 : 31

    So

    Die fiets gaan jy laat stof vergader? 😆

  • 74. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 8 : 33

    Nee…. Ek is nie ‘n groepsmens nie… hou daavan om dinge op my eie te doen…. en besides ek sal eers moet sien of ek nog kan fiets trap…

  • 75. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 8 : 34

    Hulle se ‘n mens verleer dit nooit nie. 😉

  • 76. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 8 : 37

    As ek moet dan sal ek klein wieletjies aansit just for incase….. lmga… dink nou net hoe dit sal lyk? Hier in die strate af in jhb…

  • 77. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 8 : 41

    Kan ek kom foto’s neem?

    WHAHAHAHAHAHAHA

  • 78. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 8 : 43

    Ja….. Met helmit en elmboog en kniee pads….

  • 79. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 8 : 44

    As jy ernstig wil fietsry is ‘n helm nie juis opsioneel nie.

    Nogal ‘n handige verskoning. Jy ry nie fiets nie, want jy het nie ‘n helm nie.

  • 80. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 8 : 48

    Bwahahah!!!!

    Ek sal een of ander oefening moet begin doen en as ek so na my opsies kyk dink ek fietsry is die beter een van hulle almal. Ek het wel in die somer geswem…. Dis nou net ietwat koud… Wesrand is moer koud actually.

    Met die ophou rook (yeah, ek het nog nie weer begin nie) is my eetlus BAIE gesond… En ek kyk net vir kos dan hoop die kilo’s op.

  • 81. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 8 : 53

    Ek wil weer met karate begin, maar soek na die regte dojo.

    Sal natuurlik baie help as ek fiks is voordat ek begin.

  • 82. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 8 : 56

    Jislaaik! Karate?! Hoe ver het jy gegaan? Sal nogals interessant wees om jou in jou moeder T oufit te sien karate doen😆

  • 83. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 8 : 59

    Nog nie ver genoeg nie.

    Ek het darem ‘n wit belt saam met die karate pak gekry.

  • 84. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 9 : 01

    Bwahahahahahahaaaa…. Dan is ons in dieselfde bootjie met ons wens op die ene!

    Dis darem ‘n begin!

  • 85. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 9 : 02

    Die karate pak wag al 5 jaar lank in my kas.

  • 86. Girl van die Suburbs  |  Junie 20, 2009 om 9 : 04

    Het die motte dit nie al opgevreet nie?

  • 87. Adrie  |  Junie 20, 2009 om 9 : 05

    Jong, goeie vraag. Ek sal moet seker maak.

  • 88. *Mathilda*  |  Junie 21, 2009 om 7 : 17

    More maaikies.
    Vir al die ‘pappas’ op die blog – mag julle n baie gelukkige en geseënde vadersdag hê vandag en bietjie deur die mammas bederf word !

  • 89. Olga  |  Junie 21, 2009 om 8 : 27

    more, more. gelukkige vadersdag aan al die pappas.

  • 90. Olga  |  Junie 21, 2009 om 9 : 03

    Ai, nou net n vrou na jakaranda gebel wat haar oorlede skoonpa wou se dat hy nog onthou word. en andrew het dit uitgesaai. blykbaar word jakaranda in die hiernamaals uitgesaai. amazing.

  • 91. Olga  |  Junie 21, 2009 om 9 : 06

    Hoekom praat die omroepers van JACARANDA NINETYFOUR POINT TWO? ken hulle nie die afrikaans daarvoor nie? of mag hulle dit nie in afrikaans se nie?

  • 92. Rapport  |  Junie 21, 2009 om 10 : 04

    Johannesburg

    Mnr. Dirk Prinsloo (40) het ’n tak van die Belarus-bank in Baranowitsji, Belo-Rusland, probeer beroof omdat hy desperaat was vir geld, het die polisie daar aan Rapport bevestig.

    Terwyl hy die afgelope drie jaar voortvlugtend was, het Prinsloo homself geldelik probeer onderhou deur verhoudings met ’n string vroue aan te knoop. Uit die verhoudings is twee kinders – ’n seun (2) en ’n dogter (1) – by twee vroue gebore. Nie een van die kinders is amptelik in sy naam geregistreer nie.

    Prinsloo het geen kontak nie met sy seun wat hy by ene Swetlana het wat in die dorpie Soligorsk, sowat 132 km van die hoofstad Minsk, woon.

    Hy het wel die afgelope ses maande saam met ’n vrou genaamd Tatiana en hul dogter gebly in ’n woonstel in dieselfde straat (Parkstraat) as die bank wat hy wou beroof.

    Die polisie in Baranowitsji sê Prinsloo lyk nog presies soos op foto’s wat Rapport vir hulle gestuur het. Dit sluit in die laaste foto van hom kort voordat hy in Mei 2006 uit Suid-Afrika gevlug het – wat deur Interpol gebruik in hul soektog.

    “Hy is fris en gesond. Hy het drie maal ’n week gim toe gegaan. Die gim-instrukteur was ook sy enigste vriend hier. Hy was baie stil, het ’n lae profiel gehandhaaf en nie met sy bure gepraat nie,” het maj. Sviatslaf Bormotin, adjunk-polisiehoof in Baranowitsji, aan Rapport gesê.

    Hy sê Prinsloo het nooit ’n Russiese skuilnaam aangeneem nie en hy praat “ ’n klein bietjie Russies”.

    Die polisie was verras toe Rapport hulle inlig dat Prinsloo ’n advokaat is wat saam met me. Cézanne Visser tereggestaan het op 16 aanklagte van onder meer verkragting, onsedelike aanranding en die maak van kinderpornografie. Visser se verhoor duur voort.

    “Ek is geskok oor sy misdade in Suid-Afrika. Ek hoop dat hy vir so lank as wat jul wette dit toelaat, daar in die tronk sal bly (nadat hy sy vonnis in Belo-Rusland uitgedien het). Ek vertrou hom nie,” sê Bormotin.

    Die polisie is die afgelope week in dié voormalige Sowjet-republiek geloof omdat hulle Prinsloo so vinnig ná sy bisarre bankroof-poging op 10 Junie by ’n internetkafee in Minsk vasgetrek het. Hy was toe besig om ’n e-pos te stuur.

    Prinsloo was “baie verras” toe hy verlede Vrydagmiddag aangekeer is.

    Bormotin het Prinsloo die afgelope week drie keer ondervra in die polisiesel waar hy saam met minstens 20 mede-verhoorafwagtendes aangehou word.

    “Hy het die hele tyd om verskoning gevra. Hy het gesê hy is ’n eerlike mens en het erken dat hy die bank probeer beroof omdat hy geld nodig gehad het,” sê Bormotin. Volgens hom het Prinsloo ’n jaar lank in Rusland gebly voordat hy in 2007 na Belo-Rusland gevlug het. Hier het hy ’n jaar lank in Minsk gebly en toe is hy na Baranowitsji.

    In Belo-Rusland moet ’n mens registreer om ’n woonstel te huur, maar Prinsloo het sy woonstel onwettig gehuur. Sy houvrou, wat na hom omgesien het, het niks geweet van Prinsloo se bankroofplan nie.

    “Hy het nie geldelik bygedra tot die huishouding nie. Sy houvrou en hul dogtertjie het ook soms by haar ouers in Baranowitsji gebly omdat hulle baie gekant was teen haar verhouding met Prinsloo,” sê Bormotin.

  • 93. Rapport  |  Junie 21, 2009 om 10 : 09

    Kaapstad

    Blink en peperduur ampsmotors is uit. ’n Toyota vir die premier. Die ete-begroting is rietskraal. Koekies en tee vervang die duur geregte by hotelle waar Wes-Kaapse ministers hul begrotingsaankondigings doen. En ewe suinig met advertensies wat provinsiale ministers pleks van hul departemente bemark.

    Me. Helen Zille, Wes-Kaapse premier, het die Wes-Kaapse regering op ’n streng finansiële dieet geplaas deur in een week besparings van R3 miljoen teweeg te bring.

    Dit is in skerp teenstelling met ander provinsies, soos Gauteng, waar provinsiale ministers die eerste en beste geleentheid gebruik het om vir hulle splinternuwe ampsmotors teen amper R960 000 per motor aan te skaf.

    In die Wes-Kaap sny Zille egter die rieme dun. Weg is die weglê-etes by begrotingsaankondigings by spoggerige en duur hotelle. Dit word nou sommer in die ministers se konferensiekamer gehou.

    Haar span ministers kan ook vergeet van gou nuwe ampsmotors koop. Al Zille se ministers ry met die stokou vlootmotors van die staatsgarage wat deur die voormalige Wes-Kaapse ANC-regering gebruik is.

    Mnr. Theuns Botha, provinsiale minister van gesondheid, se Mercedes C230 het reeds 230 000 km op die klok terwyl sy kollega mnr. Anton Bredell se BMW 325 ook al byna 150 000 km afgelê het. Ook mnr. Lennit Max (gemeenskapsveiligheid) se BMW is een van die oupas in die vloot.

    Zille het eergistermiddag aan Rapport gesê: “Ek verkies ’n middelslag-motor soos ’n Toyota. Ek mis my Toyota Prius. My lyfwagte ry my nou in ’n Mercedes rond omdat hulle baie veiligheidsbewus is. Ek is egter van plan om vir my ’n gewone Toyota te kry.”

    Botha sê provinsiale ministers moet die voorbeeld stel deur goedkoper motors aan te skaf. “Die provinsiale ministers kan steeds ’n goeie motor aanskaf teen 50% minder as waarvoor daar voorsiening gemaak word. Ons het van die begin af gesê ons gaan nie onnodig geld uitgee nie.”

    Zille sê: “Ons het somme gemaak dat ons reeds minstens R250 000 per departement bespaar het aan onthale by begrotingsvoorleggings. Tien departemente beteken ’n besparing van R2,5 miljoen.

    “Dan moet ook onthou word dat ek minstens R500 000 bespaar het met die opening van die Wes-Kaapse parlement. Gewoonlik gaan dit met groot swier gepaard, maar ek het dit laat vaar.”

    Dit is egter Zille se etesbegroting wat van R270 000 tot R26 000 gesny is wat moeilik is vir die opposisie om te sluk.

    “Ons gaan almal lekker maer raak in die Kaapse wetgewer,” het Zille geskerts toe opposisie-lede kliphard gebrom het.

  • 94. Rapport  |  Junie 21, 2009 om 10 : 19

    Pretoria

    Die mooi Lené Cornelius (20) sit vandag met ’n lang litteken op haar linkerwang – omdat haar ekskêrel glo nie wou aanvaar dat hul verhouding iets van die verlede was nie.

    Mnr. Daneel Uys het Cornelius na bewering ’n maand of wat gelede in ’n Pretoriase kuierplek met ’n glas in die gesig geslaan toe sy toevallig in hom vasgeloop het.

    Cornelius sê Uys het haar sedert sy die verhouding in middel 2007 verbreek het steeds probeer kontak, maar sy het nooit verwag hy sou iets aan haar doen nie. Maar toe hulle mekaar op 1 Mei vanjaar die eerste keer weer raakloop, het hy haar glo aangeval.

    Die snymerk op haar wang strek van onder haar linkeroog tot by haar ken. Teen haar linkerslaap en op haar ken is nóg snymerke.

    Die voorval het haar lewe verander. “Dis die eerste ding wat mense raaksien,” sê sy. Glassplinters wat dalk agtergebly het, moet nog in ’n operasie uitgehaal word.

    Dié Tukkie-student in B.Com. (Finansiële Bestuur) praat moeilik oor wat gebeur het.

    Sy en Uys (23) het aan die einde van haar matriekjaar begin uitgaan. Ná sowat nege maande het sy die verhouding verbreek.

    Maar hy het aanhou bel en SMS en haar probeer kontak deur Facebook en MXit. ’n Slag het hy glo gebel en gesê: “Jy is mý meisie”. Hy wou haar ook gaan oplaai het waar sy was.

    Verlede jaar het sy in ’n stadium begin bang raak, maar tog nooit gedink hy sou haar fisiek aanval nie.

    Sy sê toe hulle uitgegaan het, was daar kere wat hy baie kwaad geword het wanneer hulle verskil het. ’n Slag het hy glo die handrem opgeruk terwyl sy bestuur het.

    Middel verlede jaar het hy in e-pos aan haar pa, Leon, met wie hy ’n goeie verhouding gehad het, vertel hoe seer sy hom gemaak het. Hy het toe glo aan Cornelius se pa gesê hy sou haar “iets aandoen” indien hy haar sou raakloop. Hy het ook geskryf hy haat haar en weet nie wat om met sy gevoelens vir haar te doen nie.

    Cornelius sê sy het sekere kuierplekke doelbewus vermy sodat sy nie dalk in hom sou vasloop nie.

    Op 30 April vanjaar het sy en vriendinne een se graad gaan vier. Hulle is toe kort voor eenuur die volgende oggend na ’n kuierplek in Hatfield.

    Sy het ’n groep bekendes gesien en het een gaan groet. Toe sy omdraai, was Uys voor haar.

    Volgens een van haar vriendinne het hy haar gevloek. Sy is só hard met ’n glas geslaan dat dit gebreek en sy geval het. Sy onthou dat sy meer as een keer geslaan is.

    Uys, wat byna klaar is met sy ingenieursgraad aan Tukkies en reeds begin werk het, is later dieselfde dag in hegtenis geneem. Hy word aangekla van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy is op borg vrygelaat.

    Volgens sy regsverteenwoordiger, mnr. Johan Rhoodie, wil hulle nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie.

    Mnr. Walter Niedinger, Cornelius se prokureur, sê ’n dagvaarding vir ’n siviele eis is reeds uitgereik en sal op Uys beteken word.

    Cornelius eis R700 000 vir mediese uitgawes, insluitend toekomstige uitgawes, pyn en lyding en trauma.

    Sy sien ’n sielkundige en het ’n beskermingsbevel gekry wat Uys verbied om haar te dreig, aan te rand, in haar huis in te gaan of haar op enige wyse te probeer kontak.

  • 95. Rapport  |  Junie 21, 2009 om 10 : 24

    Nelspruit

    Die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad in Mpumalanga het ’n 48-jarige man van Acornhoek in hegtenis geneem nadat hy opgekapte menslike liggaamsdele van ’n wit vrou aan ’n tradisionele geneser probeer verkwansel het.

    Toe hy met die liggaamsdele by die geneser aankom, het die geneser onmiddellik die polisie gebel en die man besig gehou tot die polisie opgedaag het.

    Die man het onder meer ’n vrou se een bors en haar een hand probeer verkoop. Die verdagte het aan die tradisionele geneser en die polisie vertel hy het die liggaamsdele by ’n lykshuis in Mashising (Lydenburg) gekry.

    Die polisie vermoed egter die vrou wie se liggaamsdele dit is, is dalk vermoor en dat haar liggaamsdele nie van ’n lykshuis kom nie.

    Volgens ’n polisiewoordvoerder, kapt. Leonard Hlathi, is die liggaamsdele “in ’n goeie toestand” en die polisie glo die oorledene is baie onlangs dood. Die naels aan die hand wat te koop aangebied is, is glo ook “baie goed versorg”.

    Hlathi sê die polisie meen die vrou is dalk begrawe sonder dat haar naasbestaandes haar uitgeken het en hulle is dalk nie bewus van haar dood nie.

    Die vrou se liggaamsdele is na ’n staatslykshuis naby Acornhoek geneem en die polisie-ondersoek duur voort.

    Die man wat aangekeer is se identiteit is nog nie bekend gemaak nie omdat hy eers hierdie week in die hof verskyn.

    Hlathi vra dat enigiemand wat enige inligting oor die voorval het, of wat ’n familielid vermis, hom bel by 082 462 0804.

  • 96. Rapport  |  Junie 21, 2009 om 10 : 38

    W ie sou kon dink dat 15 jaar ná ons eerste demo- kratiese verkie- sing ons nog steeds met mekaar sal vuisslaan oor nasionale en sportsimbole?

    Die Springbok bly vrywild, die naam Pretoria is in die visier en net die ander dag was daar weer wekroepe dat die swaai van die ou Suid-Afrikaanse vlag by sportbyeenkomste verbied word.

    Magsbehepte politici spring graag saam op die lawaaiwa en skroom nie om namens “die meerderheid” te praat, te lieg en te veralgemeen nie.

    Hierdie base en hul meelopers wil die res van ons wysmaak dat “die mense” in opstand is oor die ou vlag, die Springbok en “Boerename”. Die massa vind hierdie “apartheidsimbole” glo aanstootlik.

    Dit is reeds in 1993 as ’n blatante leuen ontmasker.

    In die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) se landwye ondersoek na nasionale en nasionaal-belangrike simbole in die oorgangstyd is steekproewe en ander soort navorsing gedoen. Ons as navorsers was verras oor die uiters gematigde gevoelens van veral die swart respondente.

    Die meeste het gevoel dit gaan hulle bloot nie aan nie. ’n Nasionale vlag was slegs ’n lap wat by polisiekantore gehang en wat niks met hulle te doen gehad het nie. Hulle sou nie eens Die Stem kon herken nie. Die staatswapen was in elk geval iets amptelik wat nog nooit in ’n polemiek betrokke was nie.

    Plekname was destyds nog geensins ’n gevegsterrein vir die ANC nie. In ons navorsingsverslag het ons min aandag daaraan gegee.

    Wat het intussen verander, behalwe dat militante linkse groeperings soos die ANC-alliansie se kabaal al hoe luider gehoor word? Ene Khaya Dlanga skreeu in sy blog dat die ou vlag verbied moet word. Hoe gek kan ’n mens wees?

    Kom ons verbied voor die voet alles wat aanstootlik is!

    Wat van die rooi vlag met die hamer en sekel, die ANC-vlag met ’n assegaai en gebalde vuis?

    Wat van die president se masjiengeweerliedjie?

    Navorsing het in 1993 gewys dat almal, wit en swart, meer as gereed is vir die invoer van nuwe simbole. Die groepie wit regses wat aan die ou simbole wou vasklou, was nie ’n faktor nie.

    Ek kon persoonlik aan voorlopers soos Roelf Meyer en Niel Barnard die versekering gee dat ons navorsing toon daar is geen basiese probleme met die aanvaarding van nuwe simbole nie.

    Min simbole het sedertdien soveel vir nasiebou gedoen as die nuwe vlag en volkslied. Ook die pragtige nuwe staatswapen is baie goed ontvang.

    Nasionale simbole het ten doel om ’n nasie saam te snoer deur middel van visuele, woordelikse of ikoniese verteenwoordiging van die burgers se waardes, doelstellings en geskiedenis.

    Die nuwe simbole het dit ?triomfantelik gedoen. Almal waai die vlag en sing of prewel die saamgeflanste volkslied.

    Heraldiese maatstawwe bepaal dat ’n nasionale vlag so eenvoudig moet wees dat selfs ’n kind dit moet kan teken. Japan se vlag is ’n rooi kol op ’n wit agtergrond; Kanada s’n ’n esdoringblaar.

    Ons ontwerp het heeltemal afgewyk en basies ’n ANC-vlag van swart, groen en geel soos ’n pyl in die ou vlag van oranje, wit en blou ingeskiet. Nogtans is dit ’n baie gewilde simbool van die veelgeroemde Reënboognasie.

    Navorsing wys dat multikulturele gemeenskappe se volksliedere ook heelwat ingewikkelder as monokulturele gemeenskappe s’n is. Vir ons s’n is ’n kombinasie van verskeie lirieke en toonsettings met vier tale gebruik.

    Almal sing in die taal waarin hulle tuis is, of leer die hele volkslied.

    Volgens Carl Jung is ’n beeld of woord simbolies wanneer dit meer inhou as wat ’n mens met die eerste oogopslag kan herken.

    Ware simbole verg die waarnemer se meelewing; ons almal leef deur simbole.

    In sy Lexicon der Symbole verwys Gerd Heinz-Mohr ook na die “Symbolfremdheit” van die moderne Westerling, ’n vervreemding wat ingetree het omdat dieper simboliese dimensies soos die noue verband met die natuur verlore gegaan het.

    Politici buit hierdie vakuum van vervreemding onbeskaamd uit deur simboliek vir mag te manipuleer.

    Toe hulle niks aan die insluiting van Die Stem kon doen nie, het hulle die Springbok getei-ken.

    Madiba en die Wêreldbeker- rugbytoernooi in 1995 het die Bok gered, maar selfs ’n tweede Wêreldbeker-oorwinning was nie genoeg om die magsvrate se groot mae te vul nie.

    Die Bok moes van die linkerkant skuif en selfs heeltemal van die baadjie verdwyn. Ander sportsoorte mag nie meer Springbokke hê nie.

    Plekname was ’n ander tei- ken – in besonder Pretoria met sy talle simboliese konnotasies.

    Die vorige betrokke minister, dr. Pallo Jordan, was uitgesla- pe genoeg om nie ’n besluit te neem nie, maar dit is duidelik net ’n kwessie van tyd voor die naam amptelik verander word.

    Dit met ’n geraamde koste van R1 miljard. Wie gee nou eintlik om oor “the people” in Tshwane wat nie brood het nie?

    Die ongevoelige magsdronkes het in elk geval al “City of Tshwane” op alle amptelike dokumente ingesmokkel en “His Master’s Voice” die SAUK kef soos die bekende brakkie voor die grammofoon lustig saam.

    Die aanslag op monumente en beelde het ’n dramatiese hoogtepunt bereik toe die Strijdom-beeld in Pretoria juis op Republiekdag misterieus dwarsdeur tot in die parkeerterrein gestort het. Die nuwe Lilian Ngoyi-plein is ’n kaal oppervlak wat deur enige toeris vermy sal word.

    In die RGN-ondersoek het dit geblyk dat dit die enkele prominente monument is wat wel vir nie-Afrikaners ’n doring in die vlees is.

    Plekname is die maklikste teiken vir enige hooggeplaaste wat selfs in die kleinste dorpie ’n magstempel met lukraak gekose name wil afdruk.

    Hulle hou aan om die wil van “the people” te verkondig, sonder dat dit deur enige navorsing gesteun word.

    Madiba is bowendien nie meer die waghond nie.

    Wat is volgende? Die standbeelde by die Uniegebou?

    Oom Paul op Kerkplein?

    Wag maar en kyk wat gebeur sodra die naam Pretoria van alle kaarte verdwyn.

    Magswellus het nooit ’n einde nie.

    * Charles Malan was die projekleier van die RGN-ondersoek na nasionale simbole .

  • 97. Adrie  |  Junie 21, 2009 om 10 : 49

    Olga

    Goeie vraag.

    Wat my ook opval is hoe hulle Pretoria vermy. Dit is mos nou die Jakaranda stad. Dalk net vir bemarking.

  • 98. Adam & Steve  |  Junie 21, 2009 om 11 : 27

    More se aan al die bloggers

    Ons bederf mekaar vandag!!😳

  • 99. Adam & Steve  |  Junie 21, 2009 om 11 : 29

    Lyk my ons het op rapport se blog beland

  • 100. Adam & Steve  |  Junie 21, 2009 om 11 : 32

    Julle meisies moet n heeerlike dag he

  • 101. Wille Kjind Q  |  Junie 21, 2009 om 12 : 16

    Dankie Tilla en Olga. Volgens T is ek amtelik moeder EN vader. Ek het tot ontbyt inni bed gekry:mrgreen:

    Aan alli anne pappas en natuurlik ook pappas wat in my groep val…….. Hêppie Vadersdag!!!

  • 102. Olga  |  Junie 21, 2009 om 12 : 57

    Welkom op die rapport dag in dorosieland, madam en steve.

  • 103. Olga  |  Junie 21, 2009 om 12 : 59

    Het jy darem n vadersdag geskenk ook gekry wk?

  • 104. Olga  |  Junie 21, 2009 om 1 : 07

    liewe rapport. sover dit die master’s voice betref: al agter gekom dat elke nie blanke omroeper en of of joernalis van his master’s voice na swannie of swanie verwys as hulle van PRETORIA praat. die enigste mens wat van twsane praat is riaan cruywagen, een van diebitter min wit mense wat ons nog op tv sien.

    ek het al dikwels gewonder, as die kinders of uitlanders vra, wat gaan die anc, his masters voice of die mense verantwoordelik se, wie de moer was die swanepoel?

    vriendelik gegroet

    olga.

  • 105. Olga  |  Junie 21, 2009 om 1 : 09

    ag, nou toe nou. ek het dit. natuurlik. ADRIANA MAGRIETA SWANEPOEL, die herriemerrie.

  • 106. Olga  |  Junie 21, 2009 om 1 : 26

    Hulle moes van die begin af met PRETORIA se naam gesmokkel het. dit kon dinge interessant en magshonger mae gevul gehou het. dink net, Pretoria kon al
    1. mount madiba
    2. thabotown
    3. kgalema’skraal
    4. jacob’s jive
    gewees het.

  • 107. Wille Kjind Q  |  Junie 21, 2009 om 1 : 34

    Jacob’s Jive😯

    WHUHAHAHAHAHAHAHAHA!!!!!!!!!!!

  • 108. Wille Kjind Q  |  Junie 21, 2009 om 1 : 37

    Olga

    Ek het onbyt, blomme en kaartjies gekry. Die beste geskenk was M wat sy naam self geskryf het sonner hulp. My nagte se swoeg en sweet dra nou vrugte

  • 109. Adrie  |  Junie 21, 2009 om 2 : 23

    Olga

    Hoe lank bly ‘n hond op hitte?

  • 110. Olga  |  Junie 21, 2009 om 2 : 40

    hond bly sowat 18 dae op hitte.

  • 111. Adrie  |  Junie 21, 2009 om 2 : 43

    Dankie

  • 112. Olga  |  Junie 21, 2009 om 2 : 44

    dis n wonderlike geskenk, wk.

  • 113. Wille Kjind Q  |  Junie 21, 2009 om 3 : 13

    Drieling

    Wat voer jy nou wee inni mou?

  • 114. Veearts  |  Junie 21, 2009 om 5 : 36

    n Hond bly op hitte tot jy die stoof afsit

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: