Herders

Junie 19, 2009 at 6 : 02 157 Kommentaar

Ek was noudie dag by ‘n vergadering waar die verrigtinge deur gebed geopen is.  Ek het eerlik waar nie gedink mense doen dit nog nie.  Nie dat daar iets verkeerd is daarmee nie, dit is net iets wat ‘n mens nie juis meer teëkom nie.  Ek dink die laaste vergadering wat met gebed geopen is waar ek teenwoordig was, was op varsity gewees.

Die persoon wat die voorlesing en gebed gedoen het, was nog boonop ‘n pastoor.  Dit was terloops ‘n jaarvergadering van ‘n organisasie gewees; maw ‘n besigheidsvergadering.  Sy soort het ek laas op skool gesien.  Hy praat nie, hy het so ‘n hoogdrawende sing tipe toon wat hy handaf.  Veral toe hy gebid het.  Dit is hier waar ek my moes inhou om nie te lag nie, sou hy dit as sonde wees as hy soos ‘n normale mens praat of bid?  (Moet my nie verkeerd verstaan nie, in ons kerk “chant” die predikante soms, maar nie met daardie hoogdrawende singstem nie).

Ek moet erken dat my ervaring predikante baie vaag is.  Ek is nie een van daardie mense wat my elke Sondag in ‘n ander kerk (denominasie) bevind nie.  Tog was daar al daardie byeenkomste gewees wat deur ‘n predikant geopen is.  Mens gaan ook soms na troue en begrafnisse toe en daar is tye wat jy jouself as ‘n gas in ‘n ander  kerke bevind.  En ‘n mens kry beslis verskillende groepe predikante.   

Daar is die tipe wat ‘n mens in die versoeking lei om stilletjies weg te slip.  Soos Fiela Komoetie sal sê (oor bid):  “Hy loop haal daar van Adam af aan tot sy vir hom moes Amen sê.”  Dit gaan gewoonlik nie net so as hulle bid nie.  Hulle kan 3 ure lang preek oor een versie met 9 woorde.  Mense wat beslis van hulle eie stem hou.  Hulle is gewoonlik ook glad nie interessante predikers nie, mens skakel gewoonlik na die aanhef af.

Vir die volgende groep gaan ek weer tannie Fiela se woorde leen.  “Van die hel waarheen ons almal oppad is, weet hy alles.  Van die hemel, niks.”  Hulle is die doemprofete.  Wat die bederf en duiwel in alles raaksien.

Ek het geen respek vir die hansworstipes nie.  Met hanswors bedoel ek nie nou nie die wat soos ‘n nar aantrek vir een of ander kinderdiens nie.  Dit is daardie kaarttipes.  Hulle skree gewoonlik en raak sommer die pad heeltemaal duister.  En die liewe handgebare.  Hoe kan enige mens hulle ernstig opneem.

‘n Mens kry ook die intellektuele predikante.  Hulle skets gewoonlik vir jou die hele geskiedenis van die tyd van die teks, die hele aardrykskunde – gaan leen woorde by filosowe en heiliges.  Jy moet fyn luister om nie die punt te mis nie, maar dit kan baie opvoedkundig wees.  As jy nie iewers die afdraai gemis het nie.

Dan kry ‘n mens die mense-leraars.  Hulle probeer nie God in een of ander raaisel omskep nie.  Hulle praat op ‘n gewone manier, wat maklik is om te volg.  Hulle hou jou aandag gevange met ‘n grappie hier en ‘n fabel daar.  Hulle is die tipes wat die kerkbanke vol hou.

Hoe voel julle oor predikante?  Is daar ‘n groep wat ek dalk uitgelaat het?  Watter tipe predikante geniet jy en watter vermy jy soos die pes?

Blogvraag:  Wat was Desmond Tutu van beroep voordat hy teologie geswot het?

Blogantwoord:  Olga was reg met die Universiteit van Noord-Wes (Potch).

As dit Fluit-fluit gaan

Dit was ’n bitter dag vir my
   Die Sondag in die kerk;
Waar ons sit in die middelry,
   Word alles opgemerk.
 
Die dominee hou skielik op;
   Die ouderlings kyk om;
Rooi-skaam laat sak my ma haar kop,
   Want almal lyk verstom.
 
Wel, tuis het ek ’n pak gekry
   En huil my byna hees.
Maar dit was darem, glo vir my,
   ’n Lekker fluit gewees.

AG Visser

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Skoenmaker hou by jou lees Adam en Eva

157 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Junie 20, 2009 om 3 : 17

    Wat ruik so na poep? moet ou ds verskoor wees wat so gepoep het. ruik de ene vetterige slaptjips met cie asyn.

  • 2. Olga  |  Junie 20, 2009 om 3 : 21

    Wk, hoekom het jy so vroeg gebraai? nou moet ek self my peri peri flattie en boerewors braai. poetoe met tamatie smoor? briljant.

  • 3. Olga  |  Junie 20, 2009 om 3 : 24

    ai, tog wp breipatroon alweer.

  • 4. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 3 : 57

    Olga

    Ek kan die vuur wee tjop tjop aani gang kry. Gee my 15 min dan bring jy daai flêtti lat ek hom vi jou gaar maak

  • 5. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 3 : 59

    O ja…….. Is da veronnerstel om liekies inni post te wees😯

  • 6. Olga  |  Junie 20, 2009 om 5 : 21

    Ja, waar is die liekies? ek is wil sing en n akte tassie demolish.

  • 7. Wille Kjind Q  |  Junie 20, 2009 om 5 : 38

    Daas seke 4 gesange inni post

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: