Skoenmaker hou by jou lees

Junie 18, 2009 at 5 : 58 93 Kommentaar

Ek het eendag iewers gelees dat Da Vinci alles denkbaar geweet het in die tyd wat hy gelewe het.  Nie dat ons vandag geintimideerd hoef te voel daarmee nie, die gewone gemiddelde mens vandag weet waarskynlik meer as hy.  As ons wel nie weet nie, kan ons binne sekondes wel uitvind.  Kennis opsigself is dus nie belangrik nie, maar hoe dit aangewend word wel.

Een van die groot verskille tussen Da Vinci en ons is dat ons kennis baie meer gespesialiseerd is as syne.  Sy kennis, daardie tyd revolusionêr, is vandag basiese algemene kennis.  Daar is dood eenvoudig nie tyd om al die klein, maar belangrike besonderhede, uit te krap en te verwerk nie.  Daarom is daar kenners in sekere gebiede en betaal ons hulle sodat ons nie self in die slaggate land nie.

Ek dink dit is veilig om ‘n neuroloog as ‘n hoogs opgeleide persoon te beskou.  Slim soos hy/sy ook al is, gaan ek hom/haar nie 5 c gee om my in ‘n hof te verteenwoordig nie.  Dit is bloot nie sy vakgebied nie en dus sal ek verwag dat hy beslis sal aanjaag.  Die prokureur, met ‘n LLB graad en jare se ondervinding gaan my dalk in die hof red, maar hy beter nie na my kar kyk nie.  Net ‘n opgeleide, goedgekeurde motorwerktuigkundige mag daaraan raak.

Met kleiner aangeleendhede gaan ons onsself help waar ons kan.  Ek kan dalk my eie belasting doen en kan nog matriekboekhouding doen.  Wanneer ek egter my swaarverdiende geldjies wil belê, gaan sien ek ‘n kundige op die gebied om my te help om die regte besluite te neem.  Dit is bloot net veiliger.  Hoe moeilik kan dit nou wees om een baksteen bo ‘n ander te lê?  Ek sal maar eerder nie uitvind nie, ‘n bouer sal heelwat minder drama veroorsaak.  Boonop kan ek hom agterna hof toe sleep as hy droogmaak.

Ek hoop julle verstaan die prentjie wat ek probeer skilder.  Die oomblik wanneer jy jou buite jou veld uit laat, is daar ‘n verhoogde risiko dat jy gaan aanjaag.  As jy nie met die gevolge van jou eie domheid wil saamlewe nie, laat jy dit eerder in ‘n kenner se hande.

So sluit my matriekrekeningkunde nie goed soos inflasieteikens, makrobeleid of randdevalusering in nie.  Ek kan dit natuurlik my besigheid maak om uit te vind, maar dit maak my nog steeds nie geskik of die Reserwe Bank te bestuur nie.  Of om vir die Tito Mboweni voor te sê nie.

Ek is seker dat die Metaalwerkers Vakbond alles van arbeidswetgewing af weet.  Die vraag is hoeveel weet hulle van ekonomie af?  Dieselfde geld vir Cosatu.  Ek het baie meer vertroue in Mboweni en Gordhan se oordeel as in hulle oordeel.

Blogvraag:  Van watter universiteit is Tito Mboweni die kansellier?

Blogantwoord:   Olga was reg met Johanna Malan.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Kinderhuishoudings en weeshuise Herders

93 Kommentaar Add your own

  • 1. Salome  |  Junie 18, 2009 om 6 : 33

    Jipeeee heeldag weg en nou is ek eeerste

  • 2. Salome  |  Junie 18, 2009 om 6 : 34

    Hallo al julle wonderlike mense!!!
    Ek hoop julle het ook ‘n lieflike dag gehad – gmph! net jammer ek sien nie die koffie en koekies wat ek vir Adrie gevra het om aan te dra nie

  • 3. Salome  |  Junie 18, 2009 om 6 : 37

    Ooooh sjoe! Adriana MAgrieta Swanepoel ek vra vreeslik verskriklik omverskoning. My bek was hopeloos te vinnig. Dankie dat jy die koffie aan gedra het!!

  • 4. Olga  |  Junie 18, 2009 om 6 : 39

    master of arts nogal. university of east anglia. uk.

  • 5. Salome  |  Junie 18, 2009 om 6 : 40

    Olga het jy gaan kyk of daar rerig erig so ‘n universiteit bestaan?

  • 6. Olga  |  Junie 18, 2009 om 6 : 43

    University of north west.

  • 7. Olga  |  Junie 18, 2009 om 6 : 45

    Ek dink hy het net by die eersgenoemde varsity geswot salome.

  • 8. Olga  |  Junie 18, 2009 om 6 : 48

    8 rooflesers. wow! dink jy ons gaan geselskap kry, salome?

  • 9. Girl van die Suburbs  |  Junie 18, 2009 om 7 : 10

    Naand dames!

    Jong A3, dink net wat sou Da Vinci alles kon bemag as hy vandag se tegnologie tot sy beskikking gehad het?

  • 10. Adrie  |  Junie 18, 2009 om 7 : 27

    Hallo, Hallo, Hallo

  • 11. Adrie  |  Junie 18, 2009 om 7 : 28

    Sy BA was darem in ekonomie.

  • 12. Adrie  |  Junie 18, 2009 om 7 : 28

    Nell

    Die vraag is eerder of ons ‘n wereld soos vandag sou gehad het sonder Da Vinci?

  • 13. Girl van die Suburbs  |  Junie 18, 2009 om 7 : 36

    Hmmmm… ja… dis ook waar.

    Ek staan en aartappel slaai maak… Ons braai more by die werk… Hoop net die weer speel saam!!!!!

  • 14. Adrie  |  Junie 18, 2009 om 7 : 41

    Dit reen al klaar. Ek hoop julle kan onderdak ook braai.

  • 15. Girl van die Suburbs  |  Junie 18, 2009 om 7 : 44

    Oi, ek sweer daai mans is simpel genoeg dat van hulle buite sal braai en dan eet ons net binne… Hulle het een moerse braai gebou buite in die tuin.

  • 16. Adrie  |  Junie 18, 2009 om 7 : 51

    Sodat hulle almal Maandag kan kla dat hulle griep het.

    Klink na ‘n slim plan.

  • 17. Girl van die Suburbs  |  Junie 18, 2009 om 7 : 56

    Ek het nou een van daai stupid quizes op FB gedoen… hoe my verloofring eendag moet lyk… Ek is nou so geinspireer ek google nou ringe… Sjoe daar is mooi goed! Bling-Bling!

  • 18. Adrie  |  Junie 18, 2009 om 7 : 59

    Watse quizzes kry ‘n mens dan nog?

  • 19. Girl van die Suburbs  |  Junie 18, 2009 om 8 : 01

    Ek het nou een gedoen… Hoe my trourok moet lyk… My vriendinne invite my na die weirdste stuff… Maar dis tog fun!

  • 20. Adrie  |  Junie 18, 2009 om 8 : 08

    Ek soek ‘n quiz wat voorspel hoeveel suiker ek in my tee drink. Daar is natuurlik ‘n vangplek.

  • 21. Girl van die Suburbs  |  Junie 18, 2009 om 8 : 10

    Hiehiehiehie…..

    Jy drink nie tee nie?

  • 22. Adrie  |  Junie 18, 2009 om 8 : 12

    Ja, maar moet dit net nie vir die Quiz mense se nie.

  • 23. Girl van die Suburbs  |  Junie 18, 2009 om 8 : 13

    LOL….. Nope….

    Ek sal later weer kom chat. Ek wil gou die slaai klaar maak, Aartappels is seker al afgekoel.

    Tot later

  • 24. Adrie  |  Junie 18, 2009 om 8 : 14

    Totsiens.

  • 25. Olga  |  Junie 18, 2009 om 10 : 26

    Ek hoop van harte dat die ancyl hier lees. huje wat op elke gebied wil voorse hoe die land bestuur moet en sal word. jack of all trades, master of none. moere. solank elke swart mens ten koste van n wit mens bevoordeel word sal hulle die land in sy moer ploeg. en fok max du preez en sy smartvraat etiket ook.

  • 26. Wille Kjind Q  |  Junie 19, 2009 om 5 : 26

    More more

  • 27. Adrie  |  Junie 19, 2009 om 7 : 20

    More!

  • 28. *Mathilda*  |  Junie 19, 2009 om 7 : 28

    More

  • 29. Klip  |  Junie 19, 2009 om 7 : 30

    More is niks , vandag is VRYDAG , en ek werk die naweek

    Hoop julle het lekker geslaap

  • 30. *Mathilda*  |  Junie 19, 2009 om 7 : 36

    More – wp vat sommer vroeg vroeg my hond !

  • 31. Beeld  |  Junie 19, 2009 om 8 : 32

    Daniëlla du Plooy

    ’n Man het gister sy kamera se flitslig vir beligting gebruik sodat ’n dokter sy vrou kon toewerk midde-in ’n kragonderbreking tydens ’n operasie.

    Die kragonderbreking het veroorsaak dat dele van die Flora-kliniek in Roodepoort langer as twee uur in donkerte gehul was.

    Mnr. Jo Prins, ’n redaksielid van Beeld, was in die hospitaal met sy vrou, Mariska Noble, vir die geboorte van hul kind.

    “Sy het ’n keisersnee gehad en net ná 10:00, midde-in die operasie, het die krag afgegaan. Die noodkrag het egter nie ingeskop nie.

    “Ek het my kamera se flitslig gebruik vir beligting en die dokter het my vrou só toegewerk. Daar was nie ’n krisis nie en almal was veilig, maar die krag het eers ná 12:00 op daardie vloer weer aangegaan.”

    Volgens Prins het hulle ook gehoor daar was ’n brand in die hospitaal.

    Me. Sharleen Stone, hospitaalwoordvoerder, het gesê daar was geen brand of noodsituasie nie.

    “Daar was ’n brandreuk, maar ons het vasgestel dit was nie ’n brand nie en tegnici het dit gaan ondersoek.”

    Stone wou egter geen kommentaar lewer op Beeld se navrae oor die krag wat af was in die operasiekamer nie.

    “Ons weet daar was ’n kragonderbreking in die hospitaal, maar die noodkrag hét aangegaan.”

    Prins het gister volgehou die krag wás af.

    “Die personeel het dit baie goed gehanteer, maar alles was af – ligte, masjiene, álles.”

  • 32. Beeld  |  Junie 19, 2009 om 8 : 37

    Die sanger Kurt Darren is van dié naweek af ’n radio-omroeper.

    Darren bied van Sondag af ’n weeklikse program genaamd Jukebox op Jacaranda 94.2 aan.

    Die program is ’n verlenging van sy program met dieselfde naam wat Sondagaande op kykNET uitgesaai word.

    Dit is ’n interaktiewe musiekversoekprogram. Luisteraars kan met versoeke en spesiale boodskappe vir geliefdes inbel.

    Darren ontvang ook luisteraars se boodskappe via sosiale netwerke soos Twitter en Facebook.

    Darren sal Sondae van 14:00 tot 17:00 regstreeks van Jacaranda se Montecasino-ateljee in die noorde van Johannesburg uitsaai, het me. Lizette Stokes, ’n woordvoerder van dié radiostasie, gesê.

    Sy het gesê Darren sal ook onderhoude met bekendes voer en vermaaknuus deel. – Sanri van Wyk

  • 33. Beeld  |  Junie 19, 2009 om 8 : 40

    inda de Beer

    Fochville. – Die skete van die ouderdom het sowat 300 bejaardes nie gister gekeer om drie straatblokke ver na dié dorp se landdroshof op te ruk nie.

    Me. Sarah Sindwa (96) was voor in die ry met haar kierie toe Merafong City se bejaardeforum ’n griefskrif aan ’n verteenwoordiger van die departement van justisie oorhandig het.

    Borgtog vir verdagtes wat van aanranding op bejaardes verdink word, ligte strawwe vir oortreders en uitgerekte verhore is van die sake waaroor Merafong (wat Carletonville insluit) se senior burgers ongelukkig is.

    “Sake waar oumense mishandel word, moet as dringend gehanteer word omdat hulle dikwels die fyner besonderhede van die voorval vergeet as die saak te veel uitgestel word,” het mnr. Mac Lion, forumvoorsitter, gesê. Die howe moet bejaardes volgens hom ook ontmoedig om sake onder druk van verdagtes terug te trek.

    Vir die optoggangers van Greenspark in Fochville was die hartseer oor die dood van ’n vriend, mnr. Johannes Modiboa (73), gister weer vlak. Modiboa is in Januarie dood nadat hy “pot-potblou geslaan is dat die bloed sommer so uit sy oë uit kom”, het mev. Elizabeth Visagie (65), wat ’n sopkombuis bestuur, gesê.

    Volgens Visagie loop “die mannetjie wat dit gedoen het” soos ’n vry man in die dorp rond. Hy is in hegtenis geneem, maar is op borgtog vrygelaat.

    “Jy moet onthou dit gaan nie net oor oupa Johannes nie. Ons is moeg vir die manier waarop die oumense behandel word.

    “Hul geld word deur hul kinders opgeëet. Hier is een ou vrou. Sy is net vel en been. Sy word verskriklik geabuse. Dan suffer die oumense nog onder die sjebien-queens ook. Hulle is onse oumense se kis se doodspyker,” het Visagie gesê.

    Me. Elizabeth Manamela (79) het Visagie se woorde beaam.

    Sy meen “die kinders speel met ons oumense”. Die sjebien-eienaars wag glo vir die bejaardes by die pensioenbetaalpunte. Hulle laat die ouer mense glo die hele maand op skuld drink en vat dan ’n groot deel van hul pensioen.

    Me. Pelaelo Leepile, ’n hofklerk wat die griefskrif namens die departement van justisie ontvang het, het gesê die howe probeer om bejaardevriendelik te wees, maar dit is moeilik om sake vinnig af te handel as prokureurs vir die verdediging geldige versoeke vir uitstel het.

    Supt. Hennie Maas, bevelvoerder van Fochville se polisie, het gesê die bejaardes dien dikwels nie klagte in teen die mense wat hulle aanrand of besteel nie omdat dit baie keer familie is.

    “My beamptes wat met maatskaplike misdaad werk, moedig hulle (die bejaardes) aan om die sake aan te meld sodat ons kan optree.

    “As ons daarvan weet, sal dit nag wees vir daai ou (die oortreder),” het Maas gesê.

  • 34. Beeld  |  Junie 19, 2009 om 8 : 41

    Cobus Claassen

    Oudpres. Nelson Mandela gaan hom nie by Paul Kruger op Kerkplein aansluit nie.

    Dít blyk uit ’n voorlopige verslag wat aanstaande week vir kennisname voor die Tshwane-metroraad gaan dien.

    Tshwane se tegniese komitee het die tussentydse verslag in Mei aan die burgemeesterskomitee voorgelê nadat hy ondersoek ingestel het na ’n geskikte staanplek in die hoofstad vir Madiba.

    Die ANC het die afgelope paar jaar gereeld voorgestel dat ’n standbeeld van Mandela op Kerkplein opgerig word, en het tot al gedreig dat oudpres. Paul Kruger se standbeeld in die proses die trekpas gaan kry.

    Dit lyk egter of dié voormalige ZAR-president se historiese waarde steeds hoog aangeslaan word.

    Daar word in die verslag aangedui die Ou Sinagoge, die Uniegebou, Kerkplein, Tshwane Kopanong (die Caledonian-sokkerstadion), die Leeu-brug by die kruising van Kerkstraat en Nelson Mandelarylaan, Marabastad, Lilian Ngoyi-plein en die Pretoria-stasie is aanvanklik vir dié doel geoormerk.

    Die tegniese komitee stel voor dat die standbeeld voor die Ou Sinagoge opgerig word “omdat dit hier is waar Nelson Mandela gedurende die Rivonia-hoogverraadverhoor van 1958 tot 1963 verhoor is”.

    Die komitee voer aan die Ou Sinagoge is boonop in Paul Krugerstraat geleë, wat belangrike bakens soos Kerkplein, die stadsaal en die Pretoria-stasie met mekaar verbind.

    “Dié simboliek word verder versterk met die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein, self ’n man wat vir vryheid geveg het,” lui die verslag.

    Die komitee sê Tshwane moet “uitstaande werk van Afrika-simboliek, pleks van Europese realisme” oorweeg – veral omdat ’n lewensgrootte standbeeld van Mandela reeds in Hammanskraal, noord van Pretoria, pronk.

    Hoeveel die standbeeld gaan kos, sal eers bekend gemaak word wanneer ’n finale verslag voor die raad dien.

    Die VF+ het die voorstelle gister verwelkom. Dr. Conrad Beyers, VF+-raadslid, het gesê Kruger en Mandela word tereg as vryheidsvegters beskou.

  • 35. Klip  |  Junie 19, 2009 om 8 : 44

    Three men were hiking through a forest when they came upon a large raging, Violent river. Needing to get to the other side, the first man prayed:

    ‘ God, please give me the strength to cross the river. ‘

    Poof! .. God gave him big arms and strong legs and he was able to swim across in about 2 hours, having almost drowned twice.

    After witnessing that, the second man prayed: ‘ God, please give me strength and the tools to cross the river ‘

    Poof! .. God gave him a rowboat and strong arms and strong legs and he was able to row across in about an hour after almost capsizing once.

    Seeing what happened to the first two men, the third man prayed: ‘ God,please give me the strength, the tools and the intelligence to cross the
    river ‘

    Poof! . He was turned into a woman. She checked the map, hiked one hundred yards up stream and walked across the bridge.

  • 36. *Mathilda*  |  Junie 19, 2009 om 8 : 47

    Twee blondines staan in die stort.
    Blondine nr. 1 : “Leen my jou sjampoe, asb”.
    Blondine nr. 2 : “Gebruik jou eie sjampoe”.
    Blondine nr. 1 : “Ek kannie — op die houer staan “VIR DROËHARE” — en
    my hare is nou sopnat! “

  • 37. *Mathilda*  |  Junie 19, 2009 om 8 : 47

    Twee blondines ry fiets.
    Die een hou stil en begin die lug uit haar fiets se bande te laat.
    “Wat maak jy nou?”
    “My saal is te hoog! ”
    Die ander blondine begin haar fiets se hanvatsels en saal om te ruil.
    “En wat maak jy nou?”
    “Jy’s te onnosel — ek het besluit om terug te ry huis toe! “

  • 38. *Mathilda*  |  Junie 19, 2009 om 8 : 48

    Twee blondines staar na die volmaan.
    “Dink jy daar’s lewe op die maan?” vra die een..
    “Moet wees — daar skyn dan ‘n lig! “

  • 39. *Mathilda*  |  Junie 19, 2009 om 8 : 49

    ‘n Blondine wil haar ou kar verkoop, maar hy’t reeds 250 000 km afgelê …
    Sy vra toe raad by ‘n vriend.
    “As jy bereid is om iets onwettigs te doen, weet ek van ‘n ou wat jou
    kilometers sal terugdraai,” stel die vriend voor. Die blondine volg
    die raad — en laat die kilometers terugdraai na 50 000.
    ‘n Week of wat later loop sy weer haar vriend raak.
    “Het jy toe jou kar verkoop gekry?” vra die vriend.
    “Is jy mal? Met net 50 000 km hou ek hom liewer self! “

  • 40. Beeld  |  Junie 19, 2009 om 8 : 49

    Susan Cilliers

    Die SAUK het geen regsgronde om te besluit Pretoria is Tshwane wanneer hy in TV-nuusuitsendings na dié stad verwys nie.

    Die uitsaaier verdraai die waarheid dat die stad Pretoria se naam nié Tshwane is nie en tree onbillik teenoor inwoners op vir wie dit ’n emosionele saak is, het prof. Marinus Wiechers, oud-professor in regte aan Unisa, gister voor ’n tribunaal van die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) in Johannesburg geargumenteer.

    Hy het opgetree namens AfriForum, wat appelleer teen die UKKSA se beslissing in April dat die forum se klag oor die gebruik van Tshwane in SAUK-nuusuitsendings nie verder oorweeg sal word nie.

    AfriForum maak kapsie teen die gebruik van die woord Tshwane wanneer oor die stad Pretoria berig word.

    Die munisipaliteit (waaronder Pretoria ressorteer) se amptelike naam is Tshwane, maar die stad Pretoria as pleknaam het nog nie verander nie.

    “Naamsverandering is ’n uitgerekte proses waaroor dikwels met groot debat beslis word.

    “Dis ’n gegewe dat Pretoria se naam nog nié amptelik verander het nie,” het Wiechers gesê.

    Die forum meen die SAUK diskrimineer teen Pretorianers deur net na die munisipale naam (Tshwane) en nié na die pleknaam (Pretoria) te verwys nie.

    “Daarenteen word gereeld na plekname soos Bloemfontein, Durban en Port Elizabeth verwys, pleks van die nuwe munisipale name waaronder dié stede ressorteer,” het mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

    Mnr. Fakir Hassen, bestuurder van uitsaai-nakoming en -beleid by die SAUK, het gesê die naam Tshwane word algemeen vir die stad Pretoria gebruik en dat die SAUK dus ook die reg het om dit te doen.

    “Ons het nie ’n enkele klag hieroor uit ander gemeenskappe wat die meerderheid Tshwane-inwoners insluit, gekry nie.

    “Die swyende massas keur ons gebruik van Tshwane dus goed.”

    Kriel het geantwoord wié kla is nie belangrik nie, maar wel die meriete van ’n klag.

    Wiechers meen die SAUK dwing die naam Tshwane op kykers af.

    “Pretorianers wat in dié stad skool gegaan, grootgeword het en daar woon, se reg en menswaardigheid om te kan sê hulle is Pretorianers, word weggeneem.

    “Pretoria het baie sterk gebruiksinslag. Die SAUK probeer juis algemene gebruik van die naam Tshwane skep deur dit te gebruik.”

    Kriel meen die Tshwane-metroraad se “ideologies-gedrewe pogings om die publiek te mislei dat die stad se naam nie meer Pretoria is nie”, word aangehelp deur die SAUK se foutiewe verwysing na Pretoria as Tshwane.

    Uitspraak word oor drie weke verwag.

  • 41. *Mathilda*  |  Junie 19, 2009 om 8 : 50

    “Seuntjies is geskape met sleuteltjies.

    Meisies is geskape met slotjies.. Net

    1 sleuteltjie word gemaak vir elke slotjie.

    Maar party bliksems het ‘n loper gekry”

  • 42. Klip  |  Junie 19, 2009 om 8 : 50

    GATIEP & MARAAI is moeg vir selfone en gebruik posduiwe.
    GATIEP stuur vir MARAAI ‘n duif sonder ‘n nota.
    MARAAI stuur terug “Wa’s die nota?”
    GATIEP sê “Jou MOEGOE , dis ‘n miss call!”

  • 43. Beeld  |  Junie 19, 2009 om 8 : 57

    ’n Student (21) is gister ernstig beseer toe ’n vragmotorbestuurder in Johannesburg beheer oor sy voertuig verloor en haar motor reg van voor getref het.

    Die bestuurder en drie passasiers in die vragmotor is lig beseer. Die ongeluk het in Beyers Naudérylaan by die Cresta-winkelsentrum plaasgevind.

    Mnr. Nick Dollman, Netcare 911-woordvoerder, het gesê die bestuurder het beheer oor die Pikitup-vragmotor verloor, deur die palmbome op die middelman gebars en die motor, wat in die teenoorgestelde rigting gery het, reg van voor getref.

    “Volgens ooggetuies het die vrag-motor toe oor die sypaadjie in die sentrum se parkeerterrein ingery voor-dat dit teen ’n muur tussen die sentrum en ’n motorhandelaar tot stilstand gekom het, sowat 50 m vanaf die student se motor.”

    Paramedici het die vyf beseerdes op die toneel behandel.

    Die student was op pad klas toe toe die ongeluk plaasgevind het. Sy was in ’n ernstige toestand en is vir verskeie beenbreuke in albei haar bene behandel. Nooddienswerkers het onder meer meganiese kake gebruik om haar motor se dak te verwyder en die paneelbord van haar bene af te haal.

    Sy en twee van die ander beseerdes is vir behandeling na die Netcare Milpark-hospitaal geneem. Dit is nie bekend waar sy studeer nie. – Daniëlla du Plooy

  • 44. Adrie  |  Junie 19, 2009 om 9 : 11

    Rome brand weer van vooraf.

  • 45. Adrie  |  Junie 19, 2009 om 9 : 19

    I’ve talk to the walls . . . .

  • 46. Nats  |  Junie 19, 2009 om 9 : 52

    Goeie more julle!!

    Dis lekker donker hier by ons… lyk soos reën! Maar darem nie so koud nie!

    Topic
    Ja nee kyk, hou jouself by dit wat jy ken – maar dan kry jy mos sekere mense wat dink hulle is ‘n Dr. en deel sommer net pille en medisyne uit asof dit uit die mode gaan!!

  • 47. Olga  |  Junie 19, 2009 om 10 : 51

    More, more.
    nats
    n mens kan nuwe goed geleer word. soos jy wat nou geleer word om die die boekhouding te doen.

    as ou mense op skuld wil suip by sjebiens, het hulle geen rede om te teef as hulle pensioen gevat word nie.

  • 48. Olga  |  Junie 19, 2009 om 10 : 54

    kyk net hoe lied agriforem. sauk en sy joernaliste en program aanbieders praat altyd van SWANIE. sover dit my betref, is pretoria PRETORIA. en harty vir party wat nie daarvan hou nie.

  • 49. Nats  |  Junie 19, 2009 om 10 : 58

    Olga
    Nee man! Ek sê nie jy mag nie nuwe goed leer nie – jy moet net nie dink jy is ‘n Dr. as jy nie een is nie. Soos ek wat nie ‘n boekhouer is nie, ek maak nie nou asof ek weet wat aan gaan nie, so glo my ek gaan nie vir ons CA gaan staan en vertel wat om te doen nie.

  • 50. Wille Kjind Q  |  Junie 19, 2009 om 11 : 40

    HOEZIT!??

    @ Nats

    Kan ek jou ‘n prozac aanbied:mrgreen:

  • 51. Nats  |  Junie 19, 2009 om 11 : 57

    Wille Q
    Ek dop jy gaan nooit offer nie!!!

    Gee my sommer ‘n hand vol! Ons mag dalk sonder water en ligte sit nadat City of Jhb vir ons ‘n R24 000.00 rekening gestuur het! So ja eks bietjie agro vandag… darem is dit Vrydag🙂

  • 52. Wille Kjind Q  |  Junie 19, 2009 om 12 : 21

    @ My 3ling se 2ling en my klein sus

    Nou vi wat betaal julle nie jul water en ligte rekening nie!? Ek moet sê ek is dam net so bly dis VRYDAG!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 53. Olga  |  Junie 19, 2009 om 12 : 26

    Ai, nats so rek by die werk of by die huis?

  • 54. Olga  |  Junie 19, 2009 om 12 : 29

    Waar is die ou gele met die groot ore vandag?

  • 55. Wille Kjind Q  |  Junie 19, 2009 om 12 : 31

    🙂

  • 56. Olga  |  Junie 19, 2009 om 12 : 31

    Werk seker nou vir n plek en n wen. dis mos vrydag. die hele week se werk moet mos vandag klaar kom.

  • 57. Wille Kjind Q  |  Junie 19, 2009 om 12 : 31

    😉

  • 58. Wille Kjind Q  |  Junie 19, 2009 om 12 : 32

    Olga

    Check ek jou skoon mis so met die smileys wat ek oefen. Huganit?

  • 59. Wille Kjind Q  |  Junie 19, 2009 om 12 : 33

    :-T

  • 60. Wille Kjind Q  |  Junie 19, 2009 om 12 : 33

    ;->

  • 61. Wille Kjind Q  |  Junie 19, 2009 om 12 : 34

    >:-<

  • 62. Wille Kjind Q  |  Junie 19, 2009 om 12 : 34

    Eish!

    :~/

  • 63. Olga  |  Junie 19, 2009 om 12 : 35

    goed dankie, wk. en jy?

  • 64. Olga  |  Junie 19, 2009 om 12 : 38

    Goed dankie, wk. en self?

  • 65. Wille Kjind Q  |  Junie 19, 2009 om 12 : 41

    Maggi kla nie dankie. Hol ma net my bene stomp af agter die clowns aan

  • 66. Olga  |  Junie 19, 2009 om 12 : 42

    Die history op my foon lyk so ietr. . . .
    wordpress error
    skoenmaker hou . . .
    worpress error
    wordpress error
    skoenmaker hou . . .
    wordpress error

  • 67. Olga  |  Junie 19, 2009 om 12 : 43

    bou vir hulle n drol.

  • 68. Olga  |  Junie 19, 2009 om 12 : 44

    Ag, ek meen n zol.

  • 69. Wille Kjind Q  |  Junie 19, 2009 om 12 : 45

    Ek druk ‘n propshaft op da wa die sonni skyn nie

  • 70. Olga  |  Junie 19, 2009 om 12 : 46

    Dan gaan hulle sing

    i was gonna go 2 wk motors 2 have a fite, but then i got high.

  • 71. Adrie  |  Junie 19, 2009 om 1 : 45

    Dit is weer een van daardie weke wat ek wonder hoekom ek enigsins ‘n kantoor her.

  • 72. Klip  |  Junie 19, 2009 om 1 : 49

    An Italian, named Luigi, is drinking in a New York bar when he gets a call on his cell phone. Luigi hangs up, grinning from ear to ear, and orders a
    round of drinks for everybody in the bar announcing his wife had produced a typical Italian baby boy weighing 25 pounds.

    Nobody can believe that any new baby can weigh in at 25 pounds,but Luigi just shrugs, “That’s about average back home, folks……like I said, my
    boy’s a typical Italian bambino.”

    Congratulations showered him from all around, and many exclamations of “WOW”….one woman actually fainted due to sympathy pains.

    Two weeks later Luigi returns to the bar. The bartender says,”Say you’re the father of that typical Italian baby that weighed 25 pounds at birth.
    Everybody’s been making bets about how big he’d be in two weeks. So how much does he weigh now?”

    Proud Luigi answers, “Seventeen pounds.”

    The bartender is puzzled, concerned, and a little suspicious.”What happened? He already weighed 25 pounds the day he was born!”

    Luigi takes a long swig of Sambuca, wipes his lips on his shirtsleeve,leans into the bartender and proudly says. “We had him circumcised.”

  • 73. Adrie  |  Junie 19, 2009 om 1 : 49

    Het bedoel

  • 74. Klip  |  Junie 19, 2009 om 1 : 53

    Scene: Husband and Wife in court getting a divorce. The problem was who should get custody of the child?

    Wife jumped up and said: “Your Honor! I brought the child into this world with pain and labor. She should be in my custody.”

    The judge turns to Husband and says: “What do you have to say in your defense?”

    The husband sat for a while contemplating then slowly rose.

    “Your Honor. If I put a dollar in a vending machine and a Pepsi comes out.
    Whose Pepsi is it? the machine’s or mine?”

  • 75. Klip  |  Junie 19, 2009 om 1 : 55

    One day a completely naked young lady walks into a bar. Of course, the bartender stares at her as she walks up to his bar.

    “What?” says the young lass. “Haven’t you seen a naked lady before?”

    The bartender continues to stare at her.

    “Give me a beer,” she says. “And stop staring like a fool!”

    The bartender fetches her a brew and then answers her original question: “Of course I have seen naked ladies before! But I was just curious as to
    where you’ll pull the money from to pay for this beer.”

  • 76. Klip  |  Junie 19, 2009 om 1 : 56

    A very popular girl went to her doctor and found out that she was pregnant.

    The doctor says, “I know that you are not married! Do you know who the father of this baby is?”

    The girl thought and then asked, “Doc, if you ate a can of Baked Beans,would you know which bean made you fart?”

  • 77. Klip  |  Junie 19, 2009 om 1 : 58

    A witness to an car accident was testifying.

    Lawyer: “Did you actually see the accident?”

    Witness: “Yes, sir.”

    Lawyer: “How far away were you when the accident happened?”

    Witness: “Seven metres, three hundred and eighty millimeters.”

    Lawyer (thinking he’d trap the witness): “Well, sir, will you tell the jury how you knew it was exactly that distance?”

    Witness: “Because when the accident happened I took out a tape and measured it. I knew some annoying arsehole lawyer would ask me that question.”

  • 78. Klip  |  Junie 19, 2009 om 1 : 59

    Ok Ok ek loop nou julle kan maar uitkom……….

  • 79. *Mathilda*  |  Junie 19, 2009 om 2 : 35

    Vandag is die dag wat ek my baas nog gaan fire !

  • 80. *Mathilda*  |  Junie 19, 2009 om 2 : 35

    Nee klip – kom terug !

  • 81. Olga  |  Junie 19, 2009 om 2 : 38

    Is amal al op naweek?

  • 82. Olga  |  Junie 19, 2009 om 2 : 39

    Ey tilla. hoe gaan dit?

  • 83. *Mathilda*  |  Junie 19, 2009 om 3 : 09

    A little boy was doing his maths homework.

    He said to himself,

    “Two plus five, the son of a b!tch is seven.

    Three plus six, the son of a b!tch is nine…”

    His mother heard what he was saying and gasped, “What are you doing?”

    The little boy answered, “I’m doing my maths homework, Mom.”

    “And this is how your teacher taught you to do it?” the mother

    asked.

    “Yes,” he answered.

    Infuriated, the mother asked the teacher the next day, “What are you teaching my son in maths?”

    The teacher replied, “Right now, we are learning addition.”

    The mother asked, “And are you teaching them to say two plus two, the Son Of a b!tch is four?”

    After the teacher stopped laughing, she answered, “What I taught them was, two plus two, THE SUM OF WHICH, is four.”

  • 84. *Mathilda*  |  Junie 19, 2009 om 3 : 10

    Besig – besig – baie baie besig !

  • 85. Adrie  |  Junie 19, 2009 om 4 : 43

    Ek sien ek het net mooi niks gemis vandag nie.

  • 86. Wille Kjind Q  |  Junie 19, 2009 om 4 : 44

    Busy busy busy BEE

  • 87. Olga  |  Junie 19, 2009 om 4 : 51

    Kry doom vir die dem by.

  • 88. Adrie  |  Junie 19, 2009 om 4 : 53

    Jip

    Netnou is jy nog allergies ook vir die ding.

  • 89. Adrie  |  Junie 19, 2009 om 4 : 59

    Of gaan soek net gou eers sy heuning.

  • 90. *Mathilda*  |  Junie 19, 2009 om 5 : 18

    Lo

  • 91. *Mathilda*  |  Junie 19, 2009 om 5 : 28

    Ek gaan sommer van vanaand af begin oefen vir Sondagaand se lang slaap

  • 92. *Mathilda*  |  Junie 19, 2009 om 5 : 54

    Ek is hommer

  • 93. Staan jou vrou!!! « Dorings en soms Rose  |  Julie 21, 2009 om 6 : 10

    […] ek al iets genoem van skoenmaker, hou jou by jou lees?  Cosatu, die Reserwe Bank is nie julle lees nie.  Los dit uit.  As julle die land se ekonomie […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: