Geagte SAUK

Junie 14, 2009 at 6 : 32 49 Kommentaar

Ek eien my die reg toe om te kla, want ek is nie ‘n roofkyker nie.  Vandat ek ‘n televisie gekoop het, het ek nog altyd my televisie lisensie betaal.  Stiptelik!  Nie omdat julle dit verdien nie, maar net omdat dit die regte ding is om te doen. 

Julle het my weer onlangs ‘n aanmaning gestuur.  Julle soek weer julle jaarlikse pond vleis of te wel, my R225 vir die jaar.  Die jaar is ek glad nie lus om dit te betaal nie.

Ek verstaan dat my R225 my nie die eienaar van die SAUK – ekskuus julle wil mos nou die SABC wees – maak nie.  Dit gee my nie eers ‘n tiende van ‘n aandeel aan die SABC nie.  Dit sal ook niks doen aan julle massas skuld op die oomblik nie.  Ek is een van miljoene en julle neem die massas in ag.

Dus het ek met die jare geleer om verlief te neem met verskeie dinge.  Soos dat daar baie min Afrikaanse programme op televisie is.  Die wat wel goedgunstelik deur julle vervaardig word se inhoudskwaliteit moet ek maar oorsien, dit is darem Afrikaans. 

 Ek moes ook maar aanvaar het dat julle verskeie goeie programme baie laat saans uitsaai.  Ek vermoed dat dit is om die plaaslike vervaardigde programme op ‘n tyd uit te saai wat almal dit kan sien.  Dit gee ook die borge waarde vir hulle geld.

Suid-Afrika is na bewering ‘n sportmal land.  Ek kan dit nog oorsien dat alles omver gegooi word om die groot sport byeenkomste uit te saai.  Ek is nie seker hoekom dit nodig is om elke liewe wedstryd uit te saai nie.  Ek neem aan die massas wil alles sien, nie net waar SA deelneem nie. 

Ek is maar net effens gefrusteerd met die tegniese probleme met die nuus.  Ek besef ek het nie die begin van televisie beleef nie.  Ek het wel dikwels van die 80’s af nuus gekyk.  Tegniese probleme het voorgekom, maar 1 of 2 keer ‘n jaar.  Nie ‘n paar keer ‘n week nie.

Wat my wel rooi onder die kraag het, is al die herhalings.  Die vorige reeks is nog vars in my gedagtes, maar dan word dit herhaal voor 2 begin.  Die kompetisie is skaars verby, dan wys julle dit weer.  As ek dieselfde fliek 10 keer ‘n jaar wil sien, koop ek die dvd. 

Ek oorweeg dit dus sterk om my kwitansie van verlede jaar te herhaal.  Ek dink dat dit net regverdig is.

Die uwe

Adriana Magrieta Swanepoel

Blogvraag:  Watter jaar is die SABC (SAUK) gestig om die African Broadcasting Corporation te vervang?

Blogantwoord:  Girls just wanna have fun – Cyndi Lauper (Olga & Maxie);  Joyride – Roxette (Olga); Candyman – Christina Aquillira (Baba Jana).  Bonuspunte: More and More – Joe Dolan (Olga); The Clicksong – Mirriam Makeba (Max); Right back where we started from – Maxine Nightingale (Max).

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die Shaft of Terror Anti-Vark

49 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Junie 14, 2009 om 6 : 42

    EERSTEEEEEE!!!!. 1936

  • 2. Olga  |  Junie 14, 2009 om 6 : 46

    Askies. ek het eerste girls just wanna have fun gehad.

  • 3. *Mathilda*  |  Junie 14, 2009 om 7 : 12

    Olga, jou antwoord was nie volledig nie, dis seker hoekom

  • 4. *Mathilda*  |  Junie 14, 2009 om 7 : 21

    Klip, laat jy weer ons liggies brand vanaand

  • 5. Olga  |  Junie 14, 2009 om 7 : 27

    Tilla, feit bly, soos maxie sal beaam, my halwe antw was eerste.

  • 6. *Mathilda*  |  Junie 14, 2009 om 7 : 42

    Die reël aan die begin was liedjie se naam EN kunstenaar, halwe antwoord is presies dit, jy kry ook ni in eksamen punte vir halwe antwoorde ni

  • 7. Adrie  |  Junie 14, 2009 om 7 : 42

    🙄

  • 8. Adrie  |  Junie 14, 2009 om 7 : 52

    As dit julle dan gaan gelukkig maak. n Halwe punt as die titel reg is en n halwe punt vir die een wat die lied se kunstenaar reg het. Geen punte vir n kunstenaar sonder n lied. Die rede is dat dit moeiliker is om die lied te spot as om die kunstenaar te google.

  • 9. Olga  |  Junie 14, 2009 om 7 : 58

    tilla
    In alle regverdigheid teenoor maxie, ek se nie dit is wat gebeur het nie, maar, sy kon opgekom het, my titel gesien het, die kunstenaar gaan google het, teruggekom het, en nadat sy geantw het, di post gaan lees het.

  • 10. Adrie  |  Junie 14, 2009 om 8 : 05

    Ek dink darem Max het net die eerste liedjie wat sy geEien net kom antwoord.

  • 11. Girl van die Suburbs  |  Junie 14, 2009 om 8 : 27

    Naand se

    A3, jy moet die clues nommer in die vervolg….

  • 12. Girl van die Suburbs  |  Junie 14, 2009 om 8 : 28

    Asseblief😆

  • 13. Adrie  |  Junie 14, 2009 om 8 : 57

    Nell

    That is not going to happen! Dit gaan al die pret uit die game uit haal. Kopkrap is goed om Alzheimers te beveg.

  • 14. maxie  |  Junie 14, 2009 om 9 : 34

    Olga

    Of daar alreeds comments was toe ek begin lees het, weet ek regtig nie. Want ek het nie gekyk nie.
    Ek het die post deurgelees maar eers nadat ek my antwoord neergepen het, het ek joune gesien.
    (My verbinding is regtig vrek stadig).
    Ja, jy het eerste die liedjienaam gehad (wat ek eers na die tyd gesien het).
    Skerp!
    No hard feelings? Ek speel regtig net teen myself.

    Adrie
    Goeie reel, die halfpunte, maak sin.
    En nee, moenie die leidrade nommer nie, asseblief.

  • 15. WILLE KJINDQ  |  Junie 14, 2009 om 9 : 51

    Ja swaer

  • 16. Olga  |  Junie 14, 2009 om 10 : 49

    Nou hard feelings max. ma ek moet golwe maak. anders gaan hulle dink ek is siek.
    wk, kuier jy nog leke in jou oom se tuin?

  • 17. Klip  |  Junie 15, 2009 om 12 : 32

    Goeie more almal

    Kyk wat is die tyd en ek kry nou eers kans om hier uit te kom. Meer stront gepraat tot nou toe as n mal mens in n jaar.

  • 18. Klip  |  Junie 15, 2009 om 12 : 34

    Mathilda , jong ek hoop net die liggies brand nog.

    Nou moet jy weet hoe voel ek as ek by die huis sit en die krag gaan af , ons het omtrent n klomp onderbrekings laas week daar by die huis gehad

  • 19. Klip  |  Junie 15, 2009 om 1 : 09

    AMAZINGLY SIMPLE HOME REMEDIES

    1. AVOID CUTTING YOURSELF WHEN SLICING VEGETABLES BY GETTING SOMEONE ELSE
    TO HOLD THE VEGETABLES WHILE YOU CHOP. (12 year olds are so gullible)

    2. AVOID ARGUMENTS WITH THE FEMALES ABOUT LIFTING THE TOILET SEAT BY USING
    THE SINK. (The tree outside the front door works well too)

    3. FOR HIGH BLOOD PRESSURE SUFFERERS ~ SIMPLY CUT YOURSELF AND BLEED FOR A
    FEW MINUTES, THUS REDUCING THE PRESSURE ON YOUR VEINS. REMEMBER TO USE A
    TIMER.

    4. A MOUSE TRAP PLACED ON TOP OF YOUR ALARM CLOCK WILL PREVENT YOU FROM
    ROLLING OVER AND GOING BACK TO SLEEP AFTER YOU HIT THE SNOOZE BUTTON. (Rat
    traps are excessive and effect daily productivity)

    5. IF YOU HAVE A BAD COUGH, TAKE A LARGE DOSE OF LAXATIVES. THEN YOU’LL BE
    AFRAID TO COUGH. (Otherwise use duct tape – for either)

    6. YOU ONLY NEED TWO TOOLS IN LIFE – Q20 AND DUCT TAPE. IF IT DOESN’T MOVE
    AND SHOULD, USE THE Q20. IF IT SHOULDN’T MOVE AND DOES, USE THE DUCT TAPE.
    (For heavy duty problems add cable ties)

    7. IF YOU CAN’T FIX IT WITH A HAMMER, YOU’VE GOT AN ELECTRICAL PROBLEM.

  • 20. Klip  |  Junie 15, 2009 om 5 : 57

    My “naweek” begin oor n uur…………

  • 21. Klip  |  Junie 15, 2009 om 5 : 58

    Hoop almal het n wonderlike blou Maandag , en n heerlike vakansie dag Dinsdag

  • 22. *Mathilda*  |  Junie 15, 2009 om 7 : 00

    More

  • 23. Salome  |  Junie 15, 2009 om 7 : 59

    More Almal!!

    Ek sal jou SABC brief co-sign. Ek sal net moet by voeg dat die Afrikaanse programme wat gewys word so vlak is dat dit vir enige Afrikaner ‘n belediging is. Ons Afrikaans sprekendes is rerig nie almal so platvloers en common nie.

  • 24. *Mathilda*  |  Junie 15, 2009 om 8 : 08

    More Saloom, wat eet ons ?

  • 25. *Mathilda*  |  Junie 15, 2009 om 8 : 14

    Ek dink daai Brenda van pateetlaan se dogter is daai Ciska girl

  • 26. WILLE KJINDQ  |  Junie 15, 2009 om 8 : 44

    *GAAP!!!!!!!!!!* More more

    Ek gat vandag maar skaars wees aangesien ek toergits speel oorlat ekki uitlanders bang gepraat het gisteraand. Liewe ouers! Die klomp is erger as ‘n spul 6 jare meisies

  • 27. WILLE KJINDQ  |  Junie 15, 2009 om 8 : 55

    Tilla

    Ek dink ôk daai ding van Ciska enni gastehuis antie

  • 28. *Mathilda*  |  Junie 15, 2009 om 9 : 34

    Jy wil mos ! Nou moet jy maar toergids speel

  • 29. WILLE KJINDQ  |  Junie 15, 2009 om 9 : 51

    Tsk! En hoe moes ek geweet het hy gat my ernstig opneem!? Kan jy jou indink dat grootmense sulke tjol sal opvreet! Wil jy nou meer

  • 30. *Mathilda*  |  Junie 15, 2009 om 1 : 04

    Drie ure later en hier gaan nogsteeds niks aan nie

  • 31. WILLE KJINDQ  |  Junie 15, 2009 om 1 : 14

    Meeste vanni mense het seke verlof gevat vandag

  • 32. *Mathilda*  |  Junie 15, 2009 om 1 : 29

    True – maar meeste van daai mense het opera

  • 33. WILLE KJINDQ  |  Junie 15, 2009 om 1 : 48

    Miskien vang hulle op met hul verlore beauty sleep

  • 34. WILLE KJINDQ  |  Junie 15, 2009 om 1 : 49

    Of miskien sulk hulle oorlat hulle wee Woensdag moet ga werk:mrgreen:

  • 35. WILLE KJINDQ  |  Junie 15, 2009 om 1 : 50

    Of miskien is hulle te gewyn…..

  • 36. WILLE KJINDQ  |  Junie 15, 2009 om 1 : 51

    Of hulle soek nog ‘n verlore harley wat sy eienaar vigeet het

  • 37. WILLE KJINDQ  |  Junie 15, 2009 om 1 : 52

    My magie is nou vol en my ogies wil net toeval

  • 38. *Mathilda*  |  Junie 15, 2009 om 2 : 04

    Het jy darem vir my ‘n happie gelos ?

  • 39. Salome  |  Junie 15, 2009 om 2 : 53

    More Mathilda – ek het eierbroodjies gemaak; met stroop op

    More Willes

    Ek het beslis nie vandag vakansie nie. Met almal by die huis het ek meer werk as ‘n gewone Maandag

  • 40. *Mathilda*  |  Junie 15, 2009 om 2 : 59

    Hey Saloom,

    Okay, dit was breakfast, wat is vir middagete ?

  • 41. *Mathilda*  |  Junie 15, 2009 om 3 : 00

    O en by the way – dis Middag – lankal !

  • 42. WILLE KJINDQ  |  Junie 15, 2009 om 3 : 52

    More!? Whuhahahahahaha!!!!!!!!!!!!!!

    Tilla

    Miskien is Saloom so deuri blare juis oorlat dit nie gewone Maandag is vi ha nie

    Saloom

    Ek hou van jou gevreetjie. Kan ek nou ma die anne een kry😉

  • 43. WILLE KJINDQ  |  Junie 15, 2009 om 3 : 55

    Ek gat nou ma wee die S100 roete ry en hoop om iets te sien. Check julle heelwat later

  • 44. Salome  |  Junie 15, 2009 om 4 : 38

    ‘skuus julle dames
    Middag
    Ek moes eers vir Moekie koffie maak.
    Willes, ek is nogal deur die blare, maar dit is van teveel dinge doen . . .

  • 45. Salome  |  Junie 15, 2009 om 4 : 39

    O ja, Willes jy mag maar my ander prentjie kry.

  • 46. Salome  |  Junie 15, 2009 om 4 : 42

    Ek gaan gou die prentjie link vir Willes soek

  • 47. Salome  |  Junie 15, 2009 om 5 : 09

    Hiers jou link Willes – met komplimente van Ouma Wip
    http://photobucket.com/images/butterflies

  • 48. Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld  |  Junie 19, 2009 om 7 : 36

    […] te bekostig. BAIE BLY. Daarom dink ek gaan ek soos met al die heruitsendings op die SAUK kanale, my kwitansie ook sommer […]

  • 49. perawatgaul  |  Junie 19, 2009 om 11 : 55

    i love u

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: