Groeiendevoetitis

Junie 12, 2009 at 5 : 44 67 Kommentaar

Ek dink ek het hierso iets beet wat my ‘n Nobel prys gaan besorg eendag.  En julle is in die bevoorregte posisie om van die eerstes te wees wat van die toestand lees.

Het julle al ooit gewonder hoekom net een sokkie in die was wegraak?  Hoekom die kondensmelk wat vir ‘n spesifieke doel gekoop is, soek is wanneer jy dit wil gebruik?  Wat word van al die spaar items wat jy weet jy een of ander tyd nodig gaan kry?  Ek praat van jou weggooiskeermesse, die spaar paar sykouse of die noodgloeilampie.  Daar is natuurlik daardie niebederfbare goed wat jy gekoop het toe dit op ‘n spesiale aanbieding is.  Jy weet jy het dit gekoop, maar die dag wat jy dit soek is dit weg.

Dit is dan wanneer jy jou bediende ernstig begin verdink.  Al daardie goed moet tog iewers heen gegaan het.  Dit is egter ‘n ander saak wanneer sy nie by die huis was wanneer jy jou inkopies weggepak het nie en dit 2 ure later nie kan kry nie.  Dit is wanneer enige gaste en huismense verdink begin word.  Tog, die meeste van ons ken nie mense met een voet nie.  Hoekom anders sal daar net 1 sokkie op ‘n slag verdwyn.

Daardie teorie hou ook nie water as jy op jou eie bly nie.  Jy kan nou dalk begin wonder of die buurman nie in jou huis kom inkopies doen nie.  ‘n Ander verklaring is dat spoke wel eet, maar ek kan nie sien dat hulle sokkies dra nie.  Sover as wat ek weet (al het ek nog nooit ‘n spook met die hand gegroet nie) het ‘n spook nie net een voet nie.

Daar is dus net een werklike rasionele antwoord daarvoor.  Die goed wat verdwyn is nie jou verbeelding nie.  Dit groei net voetjies wanneer jy nie kyk nie.  Kouse is maar bietjie skrikkerig, die een hou kywie terwyl die ander een groei.  Daarom ontsnap net een op ‘n slag.  Die ander een word gewoonlik daarna in ‘n laai gevange gehou.  Sykouse is weer baie slu, hulle ontsnap terwyl jy vir die verdwaalde sokkie se maat soek.  Kos en ander gebruiksartikels wil nie gebruik word nie, dit verkort hulle lewe.  Daarom groei hulle blitsig voete terwyl jou aandag elders is.

Natuurlik kan ek dit nog nie bewys nie, maar ek hou die kamera byderhand vir wanneer dit nodig word.  Wanneer ek daardie foto het en een op hederdaad betrap het, gaan ek my teorie publiseer.

Blogvraag:  Wat is ‘n tabi?

Blogantwoord:  Volgens die World Professional Boxing Federation  is daar 12 rondtes van 3 minute elk met 1 minuut rustyd tussenin.  In 1988 het die reëls is die 15 rondtes na 12 verander, om ernstige beserings te verhoed en omdat 12 rondtes binne ‘n uur op tv uitgesaai kan word.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wanneer behoort jy jou hande te lig? Die Shaft of Terror

67 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Junie 12, 2009 om 5 : 48

    eerste.

  • 2. Olga  |  Junie 12, 2009 om 5 : 51

    sokkie met n toonafskorting vir die groottoon wat met plakkies gedra kan word is ook n tabi.

  • 3. Girl van die Suburbs  |  Junie 12, 2009 om 6 : 16

    TWEEDESESTE

  • 4. Girl van die Suburbs  |  Junie 12, 2009 om 6 : 17

    Dit is TRADISIONELE JAPANESE Sokkies

  • 5. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 7 : 05

    HALLO

  • 6. Girl van die Suburbs  |  Junie 12, 2009 om 7 : 16

    Naand vanaf my bank met jellybeans hier langs my…..

  • 7. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 7 : 19

    Al klaar in kleure gedeel en in n reenboog gepak?😆

  • 8. Girl van die Suburbs  |  Junie 12, 2009 om 7 : 20

    LOL, nee ek doen dit net met smarties!

  • 9. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 7 : 26

    Kleure is kleure. Maak die beans jou dalk kleurblind.

  • 10. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 7 : 29

    As die jelly beans verdwyn, is dit nie groeiendevoetitis nie. Dit is die saadmonstertjies in jou floro se skuld.

  • 11. Girl van die Suburbs  |  Junie 12, 2009 om 7 : 29

    Nee…. Dalk oor dit nie my favouriste is dat ek nie moeite doen nie?!
    Ek is op Private property en soek bietjie… Jell daar is baie plekke te huur op die stadium

  • 12. Girl van die Suburbs  |  Junie 12, 2009 om 7 : 31

    Hey… ek het al panties so verloor. Ek glo die masjien sluk altyd iets in per was….. al wat dit kan wees

  • 13. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 7 : 37

    ek wag baie geduldig dat die huispryse soos klippe val.

  • 14. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 7 : 38

    Hoekom gee jy jou masjien ni kos nie?

  • 15. Girl van die Suburbs  |  Junie 12, 2009 om 7 : 43

    Hahahahaaa…. Nee ek het ‘n vet kat om te voer

  • 16. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 7 : 48

    Dalk is die kat into vroue onderklere . . .

  • 17. Girl van die Suburbs  |  Junie 12, 2009 om 7 : 50

    Man, dit sal nie ‘n skok wees nie. Dis my moffiekat!

  • 18. Klip  |  Junie 12, 2009 om 7 : 52

    Goeie naand almal

  • 19. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 7 : 53

    So daar is geen groeiendevoetitis by jou nie? Ek kan n gesonde porsie aan jou afstaan.

  • 20. Klip  |  Junie 12, 2009 om 7 : 53

    Die huispryse is mos nou baie laag in PTA , al die bulls ondersteuners is mos nog in die hemel

  • 21. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 7 : 54

    Hi, Klip

  • 22. Klip  |  Junie 12, 2009 om 7 : 54

    Little Mohamed entered his classroom in France.

    – What is your name? asked the teacher.
    – Muhammad…. answered the kid.
    – Here we are in France, there is no Mohamed.
    From now on your name will be Jean-Francois, replied the teacher.
    In the evening, Mohamed returned home.

    – How was your day, Mohamed? asked his mother.
    – My name is not Mohamed, I am in France and my name is Jean-Francois.
    – Ah, are you ashamed of your name, are you trying to disown your parents, your heritage, your religion? Shame on you .. and she beat him.
    Then she called the father and he too beat him savagely.

    The next day Mohamed returned to school.
    When the teacher saw him with all the bruises she asked:- What happened my little Jean-Francois.
    – Well Miss, just two hours after becoming French I was attacked by two Arabs

  • 23. Klip  |  Junie 12, 2009 om 7 : 55

    Ek is al weer nagskof , het so n bietjie leeg gele die week

  • 24. Girl van die Suburbs  |  Junie 12, 2009 om 8 : 00

    Naand ou Klippie

    LOL@ 22….

  • 25. Klip  |  Junie 12, 2009 om 8 : 00

    Hierdie bly maar oulik

    Graad 5 Afrikaans Eksamen

    1. Waarvoor word beesvelle gebruik?
    Om die bees binne te hou.

    2. Wat is outobiografie?
    Dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar.

    3. Noem 5 dinge wat melk bevat?
    Kaas, botter en 3 koeie.

    4. Wat is die verlede tyd van eet?
    Honger.

    5. Wat is die verkleinwoord van Oupa?
    Kleinseun.

    6. Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
    Kleinteef.

    7. Wat is die doel van die kies- en oogtande?
    Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk
    goed doen.

    8. Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas…
    Hoe groter haaspastei.

    9. Wat is die meervoud van kabeljou?
    Kabeljulle

    10. Maak ‘n sin met “ter aarde bestel…”
    Wie op ter aarde bestel so ‘n groot koek?

    11. Formule vir ‘n sirkel se omtrek:
    Paai straal kordaat.

    12. Wat is teenoorstaande hoeke?
    Hoeke wat vir mekaar kyk.

    13. Waarom is die seun in die verhaal gestraf?
    Omdat hy sy eie “virgin” van die volkslied gesing het.

    14. Wat is ‘n terminale siekte?
    As jy op die lughawe siek word.

    15. Vertaal in Afrikaans: “I beg your pardon?”
    Huh?

    16. Wat noem ons iemand wat velle looi?
    Onderwyser.

    17. Wat kry jy as jy jou melktande wissel?
    Pepermenttande.

  • 26. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 8 : 00

    Klip, sal ESKOM sonder jou op nagskof kan oorleef?

  • 27. Klip  |  Junie 12, 2009 om 8 : 01

    Nell is jy darem al oor die groot verkoue? , lyk my die verkoue het hom nou kom tuismaak hier by my

  • 28. Klip  |  Junie 12, 2009 om 8 : 02

    A3 om die waarheid te se ek glo nie💡

    Maar dit gee die klomp by die huis darem n breek

  • 29. Klip  |  Junie 12, 2009 om 8 : 03

    Ek en my vriend wie se seun laas week begrawe is werk saam vanaand, so ek het sommer baie nuus om op te vang oor die laaste verwikkelinge.

  • 30. Girl van die Suburbs  |  Junie 12, 2009 om 8 : 04

    Ek is op my derde kursus antibiotika Klip…… Vandag by dok gewees….. Infeksie wil nie wyk nie.

  • 31. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 8 : 07

    Klip, ek neem aan dinge gaan n bietjie beter daar by jou?

  • 32. Klip  |  Junie 12, 2009 om 8 : 07

    Ek werk eerder nagskof as dagskof, dan sien n mens heelwat mider van al die clowns

  • 33. Klip  |  Junie 12, 2009 om 8 : 09

    A3 ja dankie hoop maar dit bly so .

  • 34. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 8 : 10

    En daar is seker minder base ook.

  • 35. Klip  |  Junie 12, 2009 om 8 : 10

    Nell , miskien moet jy n ander dokter gaan sien😆

  • 36. Klip  |  Junie 12, 2009 om 8 : 11

    Ja hier is nie iemand wat rerig oor jou skouer loer nie , my bestuurder le ook heel nag en slaap

  • 37. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 8 : 13

    Werk jou bestuurder ook nagskof?

  • 38. Klip  |  Junie 12, 2009 om 8 : 14

    My laaste kursus was een van daai “once off” botteltjies antibiotika

  • 39. Klip  |  Junie 12, 2009 om 8 : 17

    Ja ons het n bestuurder op nagskof, nou nie dat dit iets beteken nie , sal maar sien hoe lank dit nog gaan hou . ons het n junior bestuurder op bystand, en ook nog n senior bestuurder , en as daar moeilikheid kom dan is dit omtrent n sirkus.

  • 40. Klip  |  Junie 12, 2009 om 8 : 20

    Enige iemand vir n lekker stomende beker hot chocolate:?:

  • 41. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 8 : 24

    ekke asseblief

  • 42. Girl van die Suburbs  |  Junie 12, 2009 om 8 : 27

    Ek was by die dokter Klip…. Maar al wat ek kry is antibiotika vir die ontsteking. En hoes medisyne om alles uit te hoes… Maar ek het raas gekry want ek eet nie gesond nie en dit is hoekom ek so sukkel om gesond te word.😦

  • 43. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 8 : 30

    Nell, dokters praat 90% van die tyd deur hulle nekke.

  • 44. Girl van die Suburbs  |  Junie 12, 2009 om 8 : 31

    Die bogger!

  • 45. *Mathilda*  |  Junie 13, 2009 om 1 : 49

    Hallo klip

  • 46. Klip  |  Junie 13, 2009 om 2 : 08

    Mathilda , slaap jy nog nie ?

  • 47. Klip  |  Junie 13, 2009 om 2 : 09

    Het gou eers al die nuus opgevang, en is dit vir die res van die nag om verby te gaan

  • 48. Klip  |  Junie 13, 2009 om 2 : 11

    My dieet bestaan 90% uit sinus drup

  • 49. Klip  |  Junie 13, 2009 om 2 : 33

    Hoe ongeskik van my

    Goeie more Mathilda

  • 50. WILLE KJINDQ  |  Junie 13, 2009 om 4 : 40

    More more!!!! Halfpad Willetuin toe en dis 4kieng kkkkkkkkkkoud

  • 51. WILLE KJINDQ  |  Junie 13, 2009 om 4 : 43

    Ek het virri kjinners elkeen ‘n lekka warmwater bottel gemaak voor ons gery het en nou wil hulle nie met ma deel nie👿

    Myne het mos voete gegroei……….

  • 52. WILLE KJINDQ  |  Junie 13, 2009 om 4 : 44

    Check julle later. Die myle gatti vanself oppi tjor spring nie.

  • 53. WILLE KJINDQ  |  Junie 13, 2009 om 7 : 12

    Dis nou die tweede keer wat ek deur mis gery het wat dikker as die yster gordyn is. Genade! Dis scary😯

  • 54. *Mathilda*  |  Junie 13, 2009 om 7 : 33

    Ag damn klip, da mis ek jou ! Ek dog toe jy snork ook n versie ! Ek het tot nou toe nie geslaap nie !

  • 55. *Mathilda*  |  Junie 13, 2009 om 7 : 35

    Willes, vir ons is dit snaaks as ons die dag nié die ystergordyn het nie !

  • 56. Sonkind  |  Junie 13, 2009 om 9 : 53

    Rus julle NOOIT op hierdie blog nie?😆

  • 57. *Mathilda*  |  Junie 13, 2009 om 10 : 04

    Son – wat is dit, sit mens dit op jou toebroodjies ?

  • 58. Adrie  |  Junie 13, 2009 om 12 : 49

    Son, ons het dalk nie stamina ontdek nie, maar ons het dit vervolmaak.😛

  • 59. WILLE KJINDQ  |  Junie 13, 2009 om 2 : 10

    Tilla

    True! Ma as jy nie elkedag deur dit ry nie dan issit skrikwekkend. Veral oppi N4 wa hulle (vir jare) nog bou. Daai pad kronkel so dat jy moet kophou soos ‘n dronk weerluis😕

  • 60. WILLE KJINDQ  |  Junie 13, 2009 om 2 : 11

    Son

    NOOIT!!!:mrgreen:

  • 61. WILLE KJINDQ  |  Junie 13, 2009 om 2 : 12

    Eks nou lus vi Nandos. Van alle dinge……….

  • 62. *Mathilda*  |  Junie 13, 2009 om 2 : 16

    Willes, weet jy wat is die ergste, as daar nie lyne opi pad issi, dit voel letterlik of daai mis jou insluk !

  • 63. WILLE KJINDQ  |  Junie 13, 2009 om 2 : 20

    Tilla

    Yip! Dit doen!

  • 64. WILLE KJINDQ  |  Junie 13, 2009 om 2 : 22

    Ek moet nou ry. Praat later. Al wat ek nou soek is ‘n bed. Enige bed sal nou doen😉

  • 65. *Mathilda*  |  Junie 13, 2009 om 2 : 23

    Baai

  • 66. WILLE KJINDQ  |  Junie 13, 2009 om 5 : 59

    ZZZZZZzzzzzzzzzz

  • 67. Salome  |  Junie 13, 2009 om 8 : 02

    Ek join die secret service lienies, om hierdie punt te help bewys, want hier by my huis is die “een sokkie” probleem nogal groooot.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: