Wanneer behoort jy jou hande te lig?

Junie 11, 2009 at 6 : 11 56 Kommentaar

My ma het my een Saterdagmiddag gestuur om ‘n brood te gaan koop.  Soos ek na die winkel toe stap, sien ek hoe ‘n man afhak en die vrou by hom een taai klap gee. Ek het baie geskok omgedraai, toe die man wat voor hulle parkeer was luiters uit sy motor uit klim.  Hy sluit so heel netjies die deur en stap rustig aan, na die paartjie.  So luiters, mens sal dink hy is ook oppad winkel toe.  Hy vel die luis met een vuishou neer en gaan klim weer heel rustig terug in die kar.

In die eerste plek dink ek net dat ploerte hulle sake met hulle vuiste besleg.  Ek kan nie eers aan ‘n woord dink om ‘n vrou te beskryf wat haar tot ‘n vuisgeveg wend nie.  Maar in my lewe sal ek nooit daardie middag vergeet nie en sal ek nooit daardie man kan kwalik neem nie.  Om die eerlike waarheid te sê, ek het die wêreldse respek vir hom gekry.  Soveel ander mans sou weggekyk het of op die meeste onderlangs gefrons het, maar niks gedoen het nie.  Hy het genoeg respek vir ‘n vrou gehad om op te tree.  Wat die storie nog meer interessant maak, is dat hy wit was en die paartjie swart.

Geweld is nie ‘n oplossing nie.  Tog wonder ek of daar nie ‘n tyd is waar jy bereid moet wees om jou hande vuil te smeer nie.  Selfverdediging is een van daardie kere.  Ek is nie gemaak om die ander wang te draai nie.  In so ‘n geval sal ek waarskynlik baie hard probeer om die situasie te ontlont, maar as jy jou hand lig, moet jy maar vat wat na jou toe kom.  ‘n Ander geval is wanneer jy in die bresse tree vir iets of iemand wat aangerand, afgeknou, mishandel, geboelie word wat hulleself nie kan verdedig nie.

Hierdie liedjie som dit vir my baie mooi op.

In watter gevalle sal jy fisies terug baklei?  Dink jy daar is ‘n plek vir baklei?  Moet ‘n mens eerder altyd die ander wang draai?

Blogvraag:  Hoeveel rondtes is daar in ‘n professionele boks geveg?

Blogantwoord:  Olga was reg dat ‘n buitelandse groep nie meer as 25% aandeel aan ‘n televisiestasie mag besit nie.  Warner Bros wou ‘n stasie ten volle besit het.

Baie geluk aan Coyote wat vandag (12 Junie) verjaar.  Ons hoop sy het ‘n baie goeie jaar wat wag.  Coyote, mag jy jou wildste verwagtinge oortref, uit die moeilikheid bly en groot suksesse behaal.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

ALWEER polisie brutaliteit Groeiendevoetitis

56 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 12 : 36

    Eerste

  • 2. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 12 : 51

    10 rondtes

  • 3. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 12 : 53

    Dis nou as daar nie ‘n uitklophou voor die tyd is nie, dis wanneer ‘n maat vir langer as 10 sekondes wat die ref tel besluit hy is nog moeg, ook nie as daar ‘n tegniese uitklophou is nie, dis wanneer een van die ouens te seer gekry het en die ref die geveg stop. En daar is tussen rondtes 1 tot 3 minute rustyd.

  • 4. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 1 : 03

    Ek dink ek het gelieg

    Dis vir mans 3 rondtes van 3 minute lank en vir vrouens 4 rondtes van 2 minute elk – dis nou van 1 Januarie 2009 af. En rustyd van 1minuut tussen rondtes

  • 5. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 1 : 12

    Testing

  • 6. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 1 : 13

    Praat – jy’s deur !

  • 7. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 1 : 14

    Ek gat net gou vinnig eet voor ek omkap van hommerte

  • 8. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 1 : 19

    Wat eet ons ?

  • 9. Lappies  |  Junie 11, 2009 om 1 : 45

    Jare gelede toe ek nog jonk en mooi was, hel ek is nog net mooi,😆 shop ek by OK Bazaar. Kom ‘n jong dame met haar 3-4 jarige verby my, maar die kind is omtrent moeilik…sal sy nie die kind ‘n moewiese klap teen die kop gee nie. Arme kind steier skoon teen die rakke vas.Kyk, ek vererg my net daar, was hoog swanger op daai stadium, storm op haar af, haak af en gee haar een snotklap en loop weg.Ek weet tot vandag toe nie wie van ons 2 was die meeste verbaas nie, ek oor my optrede en sy oor die klap….maar ek glo en vertrou sy sou nie sommer weer ‘n kind teen die kop geklap het nie. Ok, dit was daai tyd, sou dit vandag gebeur sou ek seer sekerlik met my allie in die selle beland het, swanger of te not.

    Waar man en vrou fight, hou jou uit. More is hulle weer liefie-liefie en jy wat wou help, is die vark inni verhaal.

  • 10. Olga  |  Junie 11, 2009 om 6 : 14

    15 rondtes.

  • 11. WILLE KJINDQ  |  Junie 11, 2009 om 6 : 24

    En die Bermuda Triangle was weereens ‘n klug!

  • 12. WILLE KJINDQ  |  Junie 11, 2009 om 6 : 27

    Hêppie bifday Coyote!

  • 13. maxie  |  Junie 11, 2009 om 9 : 38

    Ons leer die kind om in ‘n potensieel plofbare situasie eers te probeer redeneer met die ander party.
    Maar as hy geslaan word, mag hy maar terugslaan, en hard daarby.

  • 14. Salome  |  Junie 11, 2009 om 11 : 02

    Naand almal!!

    As iemand (vreemdeling) met my sukkel / aan my karring / my probeer oorrompel, gaan ek beslis nie soos ‘n mak lammetjie wag vir wat mag kom nie. Ek sal soos ‘n wille kat baklei tot hy my uit los. Kan nie verstan dat mense hulself kan laat oorweldig en nie terug baklei nie.

  • 15. Salome  |  Junie 11, 2009 om 11 : 05

    Ek stem saam met Maxi se stelling. Ons leer ok die seuns om nie onnodig te baklei nie, maar hulle weet darem om terug te baklei as dit nodig is. Voorbeeld; Oudste is baie rustig, maar een dag het ‘n kind hom van die trap af gestamp, hy het seer gekry, sonder om te dink die kind geklap, die kind se neus het gebloei en oudste is kantoor toe. daar het hy aan die hoof verduidelik wat gebeur het, die video’s is nagegaan en die ander kind het detensie gekry.

  • 16. Coyote  |  Junie 11, 2009 om 11 : 06

    Howdy julle danq willes danq A3 wardeer die heppy bday ek sal more oggend tjoklit koek indie k-buis los

  • 17. WILLE KJINDQ  |  Junie 12, 2009 om 5 : 36

    More more!

    Yippy!!!!! Tjoklit koek:mrgreen:

  • 18. WILLE KJINDQ  |  Junie 12, 2009 om 5 : 39

    Kaggel vuurtjie brand en koffie is gebou. Nou beter ek uit hierie bed uit spring en spark

  • 19. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 8 : 16

    More Almal

    Willes, hoe maak ‘n mens van jou bed af vuur?

  • 20. Beeld  |  Junie 12, 2009 om 8 : 21

    Elise Tempelhoff

    Die einde van die pad het vir Suid-Afrika se sowat 123 leeuboere en 3 000 “geblikte leeus” aangebreek.

    Dit volg op ’n uitspraak gister deur ’n regter van die Bloemfonteinse hooggeregshof dat dié halfmak diere eers 24 maande nadat hulle uit hul teelhokke in die natuur vrygelaat is, gejag mag word.

    Regter Ian van der Merwe het die regering in sy uitspraak gelyk gegee dat biodiversiteit beskerm moet word en dat die teel van leeus in gevangenskap met die uitsluitlike doel om hulle te jag (geblikte jag) dit nie bevorder nie.

    Van der Merwe het die leeuboere se aansoek dat die periode van 24 maande in die regulasies na “enkele dae” verander moet word met koste van die hand gewys.

    Mnr. Albi Modise, woordvoerder van die departement van waterwese en omgewingsake, het in ’n verklaring gesê die regering verwelkom die uitspraak.

    “Dit beteken nou dat die laakbare bedryf van geblikte jag beslis tot ’n einde gekom het.”

    Mnr. Carel van Heerden, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Roofdiertelersvereniging, wat die regering hof toe gevat het, het gesê hy betreur die uitspraak. “Dit voel of iemand my in die maag geskop het.

    “Die praktiese implikasies van die uitspraak is vernietigend vir ons bedryf en vir al die mense wat daarby betrokke is. Dit beteken 5 000 broodwinners sal binnekort hul werk verloor en sowat 3 000 (halfmak) leeus sal van kant gemaak moet word.”

    Die geldelike implikasies op die vereniging se lede en die skade wat dit die jag- en toerismebedryf in Suid-Afrika gaan berokken, is onberekenbaar, het Van Heerden gesê.

    “Ons bedryf ’n wettige sakeonderneming en sal aanhou om geregtigheid te soek.”

    Volgens Van Heerden sal die vereniging se regslui nou die hele uitspraak bestudeer en dan moontlik aansoek doen om daarteen te appelleer.

    Van die boere het glo gister gedreig om die regering te dagvaar weens die verliese wat hulle weens die wetgewing gaan ly.

    Van der Merwe het in sy uitspraak gesê leeuboere, wat tans ’n multimiljoenrand-bedryf aan die gang hou, is net bekommerd oor geld en die ekonomiese verliese wat hulle gaan ly as halfmak leeus eers twee jaar lank vry in die natuur moet rondloop voordat hulle gejag mag word.

    Leeuboere het mnr. Marthinus van Schalkwyk, destydse minister van omgewingsake en toerisme, sowat twee jaar gelede hof toe gevat omdat hy glo hul bedryf met die regulasies oor bedreigde en beskermde spesies wou “doodwurg”.

    Ingevolge die regulasies moet ’n leeu wat in gevangenskap geteel is, 24 maande lank selfversorgend wees (dus self jag) voordat hy gejag mag word.

    Die leeuboere het in hofstukke gesê dit sal hul ondergang beteken as dié diere so lank vrylopend moet wees. Hulle het Van Schalkwyk se besluit irrasioneel genoem.

    Modise het voorts gesê terwyl jag ’n stewige en positiewe bydrae tot bewaringsbestuur en die land se ekonomie lewer, moet die regering ook die hulpbron beskerm en seker maak die bedryf het ’n volhoubare toekoms.

    “Ons het ’n skoon jagbedryf nodig, vry van onaanvaarbare optrede wat die land se beeld skade berokken.”

  • 21. Beeld  |  Junie 12, 2009 om 8 : 25

    Thinus Ferreira

    Kaapstad. – Gesoek: ’n Jong, wit man vir regstellende aksie.

    Die swart jeugradiostasie YFM is op soek na ’n jong wit man wat Afrikaans of Engels is om platejoggie te word as deel van sy “regstellende aksie”.

    Die stedelike radiostasie, wat van Rosebank in Johannesburg uitsaai, het ’n luisteraartal van meer as 1,4 miljoen mense en kan landwyd op die DStv se radioboeket gehoor word.

    Met die moet-wit-wees-aanstelling sê YFM dié uitsaaier glo “in regstellende aksie”.

    “Ons verwerp egter tokenisme en soek na ’n vuurwarm wit seun.”

    Mnr. Tumelo Diaho-Monaheng, YFM-programbestuurder, sê die stedelike jeugkultuursegment wat die radiostasie se luisteraarskap uitmaak, is oorwegend swart, maar dat musiek nie volgens kleur gekategoriseer behoort te word nie.

    “Ons merk ’n ontluiking onder jong wit mense wat graag na ons radiostasie luister en ook na al ons partytjies toe kom. Maar die nuwe wit omroeper sal gekies word nie net omdat hy wit is nie, maar vanweë sy unieke talent en die vermoë om met die gehoor te skakel,” het Diaho-Monaheng gesê.

    Die nuwe omroeper moet tussen 18 en 25 wees en benewens Afrikaans en Engels ook ’n swart taal gedeeltelik kan praat.

    Mense kan by http://www.yworld.co.za gaan aansoek doen, maar sal by die swart omroepers moet kan kers vashou wanneer dit by die bespreking van aktuele swart sake kom.

    Aansoekers sal ook vier liedjies moet noem wat hy dink ideaal vir YFM se musieklys sal wees.

  • 22. Beeld  |  Junie 12, 2009 om 8 : 27

    Hilda Fourie

    ‘Ek het my kleuterskool opgegee sodat my man by die huis kan wees.”

    So het die vrou wie se man na bewering seuntjies by haar kleuterskool in die Pretoriase Moot seksueel aangerand het, gister in die Pretoriase landdroshof gesê.

    Die man (42), ’n werknemer van die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR), het aansoek gedoen om die wysiging van ’n borgtogvoorwaarde wat bepaal hy mag nie op sy woonperseel, waar die kleuterskool bedryf is, kom nie.

    Landdros Dawn Neethling het die aansoek toegestaan.

    Neethling het gesê die feit dat ’n kleuterskool nie meer op die perseel bedryf word nie, neem die rede vir die voorwaarde weg.

    Die man se vrou het getuig sy het verlede Vrydag die laaste drie ouers wie se kinders nog die kleuterskool bygewoon het kennis gegee dat dit gaan sluit.

    “Ek is ’n bietjie by my man op die plaas en ’n bietjie by my dogter by die huis,” het die vrou getuig.

    “Ek weet nie meer hoe om dit te hanteer nie. Ek wil hê hy moet terug huis toe kom dat ons ’n stabiele gesin kan wees.”

    Nog een van die man se borgtogvoorwaardes is dat hy nie die perseel van enige kleuterskool of bewaarskool waar minderjarige kinders is, mag betree nie.

    Volgens Neethling was die rede dat hy nie by sy huis mag bly nie omdat daar minderjarige kinders op die perseel was.

    Die landdros het die borgtogvoorwaarde gewysig sodat die man op sy perseel mag woon, maar bepaal geen kleuterskool of bewaarskool mag daar bedryf word terwyl hy daar bly nie.

    “As u vrou of skoonsuster besluit om selfs net na kinders op die perseel te kyk, dan pak u u tas en gaan terug Cullinan toe,” het Neethling gesê.

    Ingevolge die man se aanvanklike borgtogvoorwaardes moes hy by sy ouers in die Cullinan-omgewing bly.

    Die man is in April vanjaar in hegtenis geneem nadat een van sy beweerde slagoffers, ’n vierjarige seun, ’n volledige verklaring by die polisie afgelê het.

    Daar is nog seuns wat tans deur sielkundiges geassesseer word.

    Die man se skoonsuster (42) is in dieselfde tyd in hegtenis geneem omdat sy na bewering die kinders pornografie gewys het. Luidens die klagstaat word albei van verkragting en seksuele aanranding aangekla.

    Tot dusver kon niemand se name of die naam van die kleuterskool bekend gemaak word nie om die beskuldigdes en die slagoffers se identiteite ingevolge wetgewing te beskerm.

    Die saak is vir verdere ondersoek tot Augustus uitgestel.

  • 23. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 8 : 29

    Verskoon, maar 22 laat my kots

  • 24. Beeld  |  Junie 12, 2009 om 8 : 39

    Heindrich Wyngaard
    Kaapstad. – Me. Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, is opnuut in die spervuur oor uitlatings wat strydig met ANC- en regeringsbeleid is.

    Haar “oortreding” hierdie keer is dat sy gesê het sekere staatsondernemings sal dalk verkoop moet word as dit nie-winsgewend bly – presies die teenoorgestelde as wat op die ANC se Polokwane-konferensie besluit is.

    Die minister is gister hieroor skerp gekritiseer deur onder andere mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC. “Jy kan nie ’n ANC-minister hê wat beleid maak soos wat sy aanstap nie,” het hy die oggend op SAfm gesê.

    Mantashe het egter later by navraag geweier om hom uit te laat oor moontlike tugstappe teen Hogan: “Ek dink nie dit is ’n saak om met die media te bespreek nie.”

    Me. Mabel (Vytjie) Mentoor, voorsitter van die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings, het die minister se uitlatings as “geheel buite orde” bestempel.

    “Sy het nie met die portefeuljekomitee of die ANC oorleg gepleeg oor wat ’n algehele beleidsverandering is nie,” het Mentoor by ’n spesiale mediakonferensie ná die ANC se koukusvergadering gesê.

    Die National Union of Mineworkers (NUM) het Hogan daarvan beskuldig dat sy “die Demokratiese Alliansie se agenda bevorder”.

    Dr. Manie van Dyk, DA-skaduminister van openbare ondernemings, het gesê dit is jammer dat Hogan onder skoot kom oor haar “nuwe vars benadering”. Haar voorganger, mnr. Alec Erwin, “was as ’n uitgesproke kommunis ideologies gebonde daaraan dat die ondernemings deur die staat beheer moet word, maar dit is nie doeltreffend bestuur nie”.

    Hogan het haar in Maart vanjaar – toe sy nog minister van gesondheid was – ook die gramskap van die ANC-alliansie op die hals gehaal omdat sy uitgevaar het teen die regering se besluit om nie die Dalai Lama toe te laat om Suid-Afrika te besoek nie.

    Eergister het sy gesê: “Ons lewe in moeilike tye en kan nie die luukse bekostig om meer geld te bestee aan omdraaistrategieë wat hul tyd vat om resultate te toon nie.”

    Mantashe het gesê dit is juis die minister se taak om staatsondernemings winsgewend te kry. Mentoor het bygevoeg: “Die staatsondernemings is hier om te bly – selfs dié wat nie winsgewend is nie. Ons moet kyk na maniere om dit lewensvatbaar te maak.”

    Mnr. Frans Baleni, NUM-hoofsekretaris, het in ’n verklaring gesê: “Die Engelse uitdrukking sê as jy nie die hitte kan weerstaan nie, moet jy padgee uit die kombuis.

    “Dit sal moeilik wees vir (Hogan) om dit waaraan sy nie glo nie, in werking te stel.”

  • 25. Beeld  |  Junie 12, 2009 om 8 : 41

    Balfour. – ’n 40-jarige man wat sy agt honde na bewering aan ’n boom opgehang het om hulle dood te maak, het gister in die landdroshof hier verskyn.

    Volgens supt. Abie Khoabane, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het die man glo die honde doodgemaak omdat hulle Maandag vyf van sy hoenders gevreet het. Hy het glo die honde se karkasse in ’n puttoilet gegooi nadat hulle dood is. Iemand het dit eergister ontdek en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) daarvan laat weet.

    Die man is op waarskuwing vrygelaat om later weer op aanklagte van dieremishandeling in die hof te verskyn. – Sapa

  • 26. Beeld  |  Junie 12, 2009 om 8 : 43

    Susan Cilliers

    ’n Onderwyseres veg vandag in die Johannesburgse hooggeregshof om vir sewe gestremde kinders te kan skoolhou.

    Mev. Sharon Rowe het verlede jaar ’n huis daarvoor in Malanshof, Randburg, gekoop. Hulle was tot verlede jaar by haar skool vir jonger kinders, die Footprints Preparatory School, en gaan sedert begin vanjaar in die nuwe huis skool. “Hulle is nou tieners en kan nie meer saam met die kleiner kinders geleer word nie,” sê Rowe.

    Volgens haar het die kinders se ouers haar versoek om hulle verder te onderrig omdat min hoofstroomskole vir hulle voorsiening maak.

    Die skool vir jonger kinders word al vyf jaar wettig bedryf.

    Rowe is in die proses om goedkeuring vir die bedryf van die senior skool by die Johannesburgse stadsraad te kry. Sy het die aansoek in April ingedien. Op 14 Mei het sy ’n kennisgewing van die stadsraad ontvang wat gelas sy mag net tot 14 Junie in die huis skoolhou omdat die aansoek nog nie goedgekeur is nie.

    Sy het sedertdien sonder sukses twee vergaderings met die stadsraad probeer reël om ’n verlenging van die kennisgewing te vra. ’n Prokureursbrief aan die raad het glo ook onbeantwoord gebly. “Ek het geen ander heenkome vir die kinders nie.”

    Haar leerlinge het onder meer aandag-afleibaarheidsindroom, serebrale gestremdheid en Aspergersindroom en een is doof.

    Brittaney McCormick (12), een van haar leerlinge wat vyf jaar lank in haar juniorskool onderrig is, het gister aan Beeld vertel sy het Dinsdag die eerste keer self geloop.

    Brittaney is serebraal gestremd. “Dit het gevoel of ek uit ’n houer losbreek en skielik vry is. As dit nie vir Sharon was nie, sou ek nooit sover gekom het nie.”

    Brittaney se ma, mev. Anthea McCormick, sê haar dogter het baie ontwikkel sedert sy by Footprints skoolgaan. “Sy glo in haarself en wil eendag self die paadjie afloop kansel toe. Sy kry die regte onderrig vir haar spesifieke behoeftes, met die grootste liefde. Dit wat sy bereik het, moet voortgesit word. Ons kan nie haar drome wegneem nie.”

    Rowe se prokureur, mnr. Sean Ramsden, meen die stadsraad behoort diskresie aan die dag te gelê het.

    “Ons gaan die hof nou vra om daardie diskresie uit te oefen terwyl die onderwysstelsel nie behoorlik voorsiening maak vir gestremde kinders nie. Die stadsraad behoort eerder voorkeur aan Rowe se aansoek te gee sodat dit goedgekeur kan word.”

    Die stadsraad het teen druktyd nie kommentaar gelewer nie.

  • 27. Beeld  |  Junie 12, 2009 om 8 : 45

    Tom de Wet

    Welkom. – Die dobbelverslaafde ouerpaar van Welkom wat gearresteer is nadat hulle hul kind in die motor voor die casino in dié stad gelos het terwyl hulle gaan dobbel het, is gister aan kinderverwaarlosing skuldig bevind.

    Die kind se hoogswanger ma, me. Boitumelo Molahloe (35), het vier dae ná dié voorval die lewe aan haar tweede kind geskenk.

    Sy en die pa van die kinders, mnr. Albert Khatisa (35), het hulle ná die voorval by die dobbelraad aangemeld en is gevolglik verbied om ooit weer in ’n casino in Suid-Afrika te dobbel.

    Hulle is deur landdros T. Ramdeyal elk tot R5 000 of 5 jaar tronkstraf gevonnis wat voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is.

    Die voorval het op 15 November 2008 plaasgevind toe die paartjie, wat self erken dat hulle aan dobbel verslaaf is, die slapende kind in die motor voor die casino toegesluit en gaan dobbel het.

    ’n Veiligheidswag het hulle gekonfronteer, waarna Khatisa net die motor met die kind daarin oorkant die straat gaan parkeer het. Die polisie is ontbied en hulle is in hegtenis geneem. – Tom de Wet

  • 28. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 8 : 46

    Nogal heelwat.

  • 29. Nats  |  Junie 12, 2009 om 8 : 49

    Goeie more julle!!

    Nee kyk, ek sit soms en kyk hoe mense in hul motors baklei, dat ek maar net wonder of die ou nog op die pad kan konsentreer. Ek het darem nog nooit gesien hoe ‘n man sy hand vir ‘n vrou lig nie… want ek sal nie weet wat om te doen nie.

    My oom het altyd gesê as sy vrou ‘n klap nodig het, sal hy haar oor sy skoot trek en haar ‘n klap op haar gat gee – maar bygesê hy het darem nog nooit nie😉

  • 30. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 8 : 51

    More Tweeling

    Hoe gaan dit vandag met jou

    Wat het jou tannie gedoen as jou oom ‘n klap nodig gehad het?

  • 31. Nats  |  Junie 12, 2009 om 8 : 59

    22
    Skokkend!!!!

    27
    Nee kyk, ek is bly daai twee is gevang… maak nie saak hoe oud hulle is nie!

  • 32. Nats  |  Junie 12, 2009 om 9 : 03

    Adrie
    Gaan heel goed dankie! Sien uit na die lang naweek! Ek stuur Mr saam sy ouers see toe!🙂

    Nee jong, ek weet nie – hom seker ‘n klap gegee!🙂 Hy het mos nie gesê ‘n vrou mag nie aan ‘n man klap nie😉

  • 33. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 10 : 58

    Soos Sterretjie altyd gese het.

    Die Bybel se dat jy nie jou man mag vermoor of klap nie. Die Bybel se niks van skop nie.

  • 34. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 11 : 06

    Oor 22

    Ek wonder of die vrou die kleuterskool gesluit het vir haar man of omdat al die ouers hulle kinders uit kom haal het.

  • 35. Wille Kjind Q  |  Junie 12, 2009 om 11 : 34

    HALOHA KAZINS

  • 36. Wille Kjind Q  |  Junie 12, 2009 om 11 : 35

    Met 3 rooflesers behoort da meer gesels (of gesing) word!

  • 37. Wille Kjind Q  |  Junie 12, 2009 om 11 : 36

    Ek gatti eens mee vra of da enige special requests issi

  • 38. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 11 : 39

    Hier is uiteindelik lewe.

  • 39. Nats  |  Junie 12, 2009 om 11 : 53

    O ja wa is my maniere!

    Baie geluk met jou B-Day Coyote!!!
    ♪♪♪♪♪♪♪♪
    Hip hip hora!! Hip hip hora!!!

  • 40. Coyote  |  Junie 12, 2009 om 11 : 54

    Willes jy vra nooit nie sing maar

  • 41. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 11 : 55

    Regstelling

    Hier was lewe.

  • 42. Liewe Heksie  |  Junie 12, 2009 om 12 : 01

    Veels geluk Tannie Kojottels
    Omdat jy vervel
    Mag daar vir die maatjies
    baie rooi koeldrank wees
    en moenie die sweets vergeet nie
    anders hou ons nie partytjie nie.

  • 43. Wille Kjind Q  |  Junie 12, 2009 om 12 : 02

    Was klink so laaaank trug

  • 44. Wille Kjind Q  |  Junie 12, 2009 om 12 : 05

    LH!!!!!!

  • 45. Liewe Heksie  |  Junie 12, 2009 om 12 : 07

    Tannie Ousie

  • 46. Nats  |  Junie 12, 2009 om 12 : 10

    Ek wil huis toe gaan!!!!!

    En nou is ek boonop alleen op kantoor… dis boring hierso!

  • 47. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 12 : 18

    Dit is koud hier.

    Vroeg huistoe gaan klink vir my na ‘n blink plan.

  • 48. Nats  |  Junie 12, 2009 om 12 : 22

    Damn!!

    My Great Dane is nog steeds beskikbaar… maar sy het saam die ander Great Dane in gekom en hulle moet saam aangeneem word… da gaan daai droom!! Wats die kanse dat ek twee gaan mag kry!!!

    En boonop mag ek, want ons erf is groot genoeg – die ou sê hulle is lui honde, het net stappies nodig so ‘n plot is nie nodig nie!

  • 49. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 12 : 24

    Nats

    Hang die honde as gordyne op.

  • 50. Nats  |  Junie 12, 2009 om 12 : 31

    Tweeling
    Dis mos nou ‘n blink plannetjie!💡
    Twee vliee met een klap!

    Nou net vir Mnr gebel… hy begin gewoontlik raak aan die hele great dane storie, maar nie twee nie… maar dis darem ‘n begin! Hy het so ewe gesê ons sal nog vir my een kry🙂

    Dalk is hy net bang ek trek die naweek as ek nie ‘n hond kan kry nie!😆 So nou sweat talk hy my!!!😆

  • 51. Coyote  |  Junie 12, 2009 om 12 : 41

    LH het jy in die k-buis gekyk daar is allerande sweets en rooi koeldrank en koek jy moet ma eet want dit lyk ma stil hier en ons kannie mors nie

  • 52. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 12 : 42

    Ek weet net nie hoeveel die brakke daarvan gaan hou om opgehang te word nie.

    Of wat Wet Nose daarvan gaan se nie.

  • 53. Adrie  |  Junie 12, 2009 om 1 : 40

    En almal is vandag vroeg huis toe.

    Behalwe ek.

  • 54. Nats  |  Junie 12, 2009 om 1 : 54

    Ekke is nog hier… tot 5uur!!!!!

    Darem Maandag af!

  • 55. Wille Kjind Q  |  Junie 12, 2009 om 5 : 15

    Wanneer behoort jy jou hande te lig?

    Ek sou sê wanne da VIER rooflesers is en net een praat

  • 56. Adrie  |  Junie 17, 2009 om 6 : 14

    TJK

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: