ALWEER polisie brutaliteit

Junie 10, 2009 at 6 : 16 95 Kommentaar

Ek het twee seepkissies hier voor my en dit is nogal ‘n stryd om tussen die twee te besluit.  ‘n Soekterm het die keuse vir my gemaak, dus sal die ander een vir eers moet oorstaan. 

3rd degree van 9 Junie 2009 oor ‘n 69 jarige Alzheimers lyer wat ‘n sjokolade gesteel het en daarna in polisie aanhouding dood is.  Die voorval het in Shoprite Kriel gebeur.  Die diefstal is ‘n voortvloeisel van die toestand, hy het waarskynlik vergeet om vir die skyfie te betaal.  Shoprite het hom in ‘n kantoor toegesluit en aan ‘n kantoor vasgeboei.  (Ek het al in die verlede gekerm oor winkels se optrede betreffende winkeldiefstal.)

Dit was nie die einde van die ou man se mishandeling nie.  Twee fris polisie manne het hom kom haal.  Op die kamera wys dit hoe die een polisie man sy peppersprei skud en dan die ou man vol in die gesig daarmee gesprei.  Hy was besig om hulle so mak soos ‘n lammetjie te volg.  Volgens wet moes hy blykbaar dadelik deur ‘n dokter ondersoek gewees het.  Hy was egter vir 5 ure in ‘n sel toegesluit en sy familie mag hom nie gesien het nie.

Teen die tyd wat die dokter by hom uitgekom het, was hy al dood.  Vermoedelik aan ‘n hartaanval.  Die onafhanklike vervolgings gesag, die polisie en Shoprite het almal onafhanklik ondersoek ingestel.  Almal was hulle hande natuurlik nou in onskuld.  Die staats se nadoodse ondersoek se verslag verskil hemelsbreed van die foto’s wat die lyksbesorger van Brown geneem het.  Dit alleen laat my rot ruik.

Die beste van alles is die onderhoud wat met die polisie gevoer is.  Debora Patta het verwys na die sjokolade R8 kos.  Die superintendent antwoord haar toe vermakering dat die R8-50 is.  So al asof die 50c die brutaliteit regverdig.  Al wat die polisie as verklaring kan bied is dat hy geweldadig was.  Hulle kan nie sê wat hy gedoen het wat hom geweldadig gemaak het nie.  Ek sou beslis geweldadig gewees het nadat ek met peppersproei bygekom is (dit is egter ek, nie noodwendig die ou man nie).

Die hele storie laat seker ‘n wrang smaak in enige redelike mens se mond.  14 maande terug het ek nie ‘n antwoord gehad betreffende winkeldiefstal nie.  Vandag het ek.  Gebied die dief om vir die ware te betaal – hy het dalk regtig per ongeluk gesteel.  As hy nie kan  nie, laat hom iemand bel wat sal kan of bied hom die geleendheid om daarvoor te werk.  As hy nie kan nie, laat kom die polisie.  Winkeldiefstal is immers ‘n petty crime en die polisie het erger misdade om hulle mee besig te hou.  As dit ‘n tweede keer gebeur, verbied hom by die winkel.  Goedkoper, makliker en beter vir almal betrokke.

Watter wesenlike gevaar kon ‘n ou man vir twee gesonde mans wat geleer was om hulleself te kan handaf inhou?  Hulle kon hom gekeer het, sonder om self geweld te gebruik.  Mag ‘n polisie beampte nie goeie oordeel aan die dag lê nie?  Moet die sterkers nie hulle mag aanwend om die swakkeres te beskerm nie?  Die sterkers is nie veronderstel om die swakkers met hulle krag te onderdruk nie.

Laat ek dan die vraag vra wat Debora Patta vermy het.  As die ou man swart was, die winkel bestuurder en boelie beamptes wit, was daar nou ‘n groot bohaai oor ‘n rassistiese aanval.  Niemand noem nou eers ras nie, want die kleure is alles omgeruil.  Nou is dit net mense.

Hoe voel jy omtrent die aangeleendheid?  Het jy raad vir polisie brutaliteit?

Blogvraag:  Hoekom het Warner Bros hulle 25% aandeel in Etv in 2001 verkoop?

Blogantwoord:  Haaie is ovivivipaar.  Hulle eiers broei binne die ma uit, waar die sterker haaitjies die swakkeres eet voordat hulle gebore word.  Olga was reg.

Dankie aan Salome vir die gebruik van haar kaggel, maar ons sin is nou klaar!

fireplace 2

OBS of  coffee

En ‘n ietsie vir die keel natuurlik!

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Vaardigheids ontwikkeling Wanneer behoort jy jou hande te lig?

95 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 6 : 21

    Eerste

  • 2. Olga  |  Junie 10, 2009 om 6 : 28

    Omdat buitelanders net 25% in n tv stasie mag besit.

  • 3. Olga  |  Junie 10, 2009 om 7 : 05

    Arrestasies behoort rassisties uitgevoer te word. wit mag net wit arresteer en swart net swart. in die geval was bestuur by shoprite swart, sekuriteits wagte was swart. polisie was swart. die ou man sou gemakliker gevoel het in wit teenwoordigheid. en die wit polisiebeamptes sou weer simpatie met n deurmekaar, self geweldadige ou man gehad het.

    emil,
    was daar nie wetgewing in die verband in die vorige bedeling nie?

    shopritebehoort ook n kennisgewing te he dat hulle ONVRIENDELIK TEENOOR KLIENTE IS. VERAL TEENOOR WIT KLIENTE.

  • 4. WILLE KJINDQ  |  Junie 10, 2009 om 7 : 14

    Tweedeste?

  • 5. Girl van die Suburbs  |  Junie 10, 2009 om 8 : 43

    Allooooooooooooooooooo?

  • 6. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 8 : 55

    HALLO!

  • 7. WILLE KJINDQ  |  Junie 11, 2009 om 5 : 16

    More more!!!!!

  • 8. WILLE KJINDQ  |  Junie 11, 2009 om 5 : 21

    Sit solank julle special requests in virri liekies wat ek moet sing vandag! Bring ma jul kbersies saam want ek gat sing tot die dak lug. Julle gat lekka nat reën vandag.

    O ja…….. Ek het verlof ingesit vi Maandag so ek gat weer Willetuin toe die naweek

  • 9. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 6 : 59

    More julle – sjoe, dit reën nog een strook deur van gistermiddag af hier

  • 10. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 7 : 00

    Willes

    Jy was eerste hier, so jy moet die kaggel aansteek en die koffiewater opsit

  • 11. Beeld  |  Junie 11, 2009 om 8 : 15

    Druk artikel
    E-pos storie aan ‘n vriend

    Mnr. Gerrit van Zyl

    Susan Cilliers

    ’n Johannesburgse sakeman sê hy het “sy les geleer” nadat hy gister se bibberweer in ’n koue polisiesel moes trotseer omdat hy op die skouer van die pad gery het.

    Dít terwyl hy nog nooit eens ’n verkeerskaartjie gekry het nie, het mnr. Gerrit van Zyl (42), ’n sakeman van Midrand, gisteraand aan Beeld vertel toe hy eindelik terug by sy huis in Lonehill was. “Die eerste ding wat ek gedoen het, was om onder ’n warm stort in te klim.”

    Van Zyl en nog nege motoriste is gister omstreeks 08:00 by die kruising van Main- en Kyalamiweg in Kyalami vasgetrek. Hulle wou almal links in Kyalamiweg draai en het spitsverkeer probeer fnuik deur “kortpad” op die skouer van die pad te vat, het Van Zyl gisteraand erken.

    “Ek het gedink die verkeersman maak ’n grap toe hy sê ek is in arres en dat alles wat ek sê, teen my gehou kan word. Ons is toe in ’n konvooi, met een verkeersmotor voor en een agter, na die Midrand-polisiestasie geneem.”

    By die polisiekantoor is hy en die agt ander manlike bestuurders in een sel toegesluit. Die vroulike bestuurder is in ’n ander sel toegesluit.

    “Daar was ook vyf taxibestuurders. Ons het almal dieselfde gevoel: verstom. Die vrou was heel ongelukkig. Die frustrerendste was dat ons nie verstaan het hoe die proses werk nie. Alles behalwe ons klere is van ons weggeneem: skoenveters, gordels, horlosies, ringe, selfone, sleutels en geld.”

    Volgens Van Zyl het hulle maar die hele dag in die “vuil” sel sonder kos gesit en bibber en gesels totdat hulle gister kort voor 17:00 op borgtog van R500 vrygelaat is. Hulle verskyn môre in die hof in Midrand op klagte van roekelose en nalatige bestuur.

    “Ek weet ek het oortree en my les geleer, maar ek dink ’n boete sou dieselfde uitwerking gehad het. Vyf konstabels het seker drie ure sit en vorms invul. Dis ’n vermorsing van mannekrag en tyd vir iets simpels.

    “Ons het niemand se lewe in gevaar gestel nie. Die verkeer hoop verskriklik op by daardie kruising. Ons wou net links draai. Dit het die verkeersdruk verlig,” meen Van Zyl.

    Mnr. Sizwe Matshikiza, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, het gisteraand gesê die skouer van die pad is bedoel vir noodverkeer en dat mense wat daar ry, hulle skuldig maak aan ’n strafregtelike oortreding én lewens in gevaar stel.

  • 12. Beeld  |  Junie 11, 2009 om 8 : 17

    Hilda Fourie

    ’N Groep leerlingkonstabels het ’n pensioentrekker van Claremont, Pretoria, eergister glo aangerand deur hom te skop en te slaan nadat hy een van hulle met sy motor raak gery het.

    Mnr. Hans Grib, wat oor ’n paar weke 67 jaar oud word, het gister vertel hoe hy naby die Zandfontein-begraafplaas, in die weste van Pretoria, gery het toe hy die groep leerlingkonstabels in die pad gesien het.

    Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, het bevestig die groep was met fiksheidstoetse besig. ’n Deel van die toetse is om ’n ent te draf.

    Volgens Grib het hy die hele tyd vir die leerlingkonstabels, wat oor ’n groot deel van die pad gedraf het, toeter geblaas. Hy kon hulle nie verbysteek nie omdat die pad draai en daar ’n sperstreep is.

    In ’n stadium het sowat sewe van die leerlingkonstabels langs mekaar gedraf. Die een aan die regterkant het langs die pad se middelstreep gedraf.

    Grib het weer op sy toeter gelê. Toe die een aan die regterkant omgekyk het, het hy meer regs beweeg.

    Grib, wat besig was om die groep verby te steek, het die man getref.

    “Ek het ’n geluid gehoor. Toe ek in my truspieëltjie kyk, het ek gesien daar lê hy,” het Grib gesê.

    Grib het sy motor stilgehou, uitgeklim en na die man geloop.

    Op pad na die man het een van die leerlingkonstabels aan Grib gesê hy ry roekeloos.

    By die man het ’n ander leerlingkonstabel sy vinger in Grib se gesig geswaai.

    “Toe die eerste een my slaan, toe slaan almal. Dit was seker 30 van hulle,” het Grib gesê.

    “Ek het geval. Terwyl ek gelê het, het hulle my geskop.

    “Hulle het my hele lyf geskop en geslaan.”

    Grib het in ’n stadium sy bewussyn verloor. Toe hy sy bewussyn herwin, was die leerlingkonstabels steeds besig om hom te skop.

    Volgens Grib het die leerlingkonstabels wat agter gedraf het hom ook geskop soos wat hulle verbygekom het.

    Die leerlingkonstabels het in ’n stadium opgehou om hom aan te rand nadat ’n polisiebeampte, wat deel van die groep was, hulle uit mekaar gemaak het.

    Ná die voorval was Grib se regteroog toegeswel. Sy lyf is ook nog seer.

    Jansen het bevestig dat Grib ’n aanrandingsklag teen die leerlingkonstabels aanhangig gemaak het. Die leerlingkonstabels het weer ’n saak van roekelose en nalatige bestuur teen Grib aanhangig gemaak.

  • 13. Beeld  |  Junie 11, 2009 om 8 : 19

    Elise Tempelhoff

    Australiese rommel spoel op Suid-Afrikaanse strande uit.

    Dit is deel van die miljoene rommelstukkies wat jaarliks in die wêreld se oseane beland.

    Die Wêreldbewaringsunie (Unep) het daarom ’n beroep op regerings gedoen om so vinnig moontlik ’n algehele verbod op die vervaardiging van dun plastiek te plaas, veral dié waarvan sakkies gemaak word omdat dit die lewe in die see “doodwurg”.

    Luidens ’n verslag, “Marine Litter: A Global Challenge”, wat Maandag uitgereik is, het ’n peiling getoon dat daar tussen 1989 en 2007 25,4 miljoen sigaretstompies en byna 8 miljoen dun plastiek- en papiersakke in die wêreld se oseane rondgedobber het.

    Die opstellers sê hulle het sedert 1989 en 2007 die oseane in 12 streke opgedeel en ’n peiling gedoen van al die afval wat hulle in die see aangetref het.

    Hulle het onder meer stukke visgerei, polistereenkosbakkies en -koppies, plastiekmesse en -vurke, stukke tou, proppies, bierbottels en -blikke en hope strooitjies in die see gekry.

    Hulle het ook vasgestel afval wat aan die Australiese weskus gestort is, het aan die Suid-Afrikaanse ooskus uitgespoel.

    Mnr. Achim Steiner, uitvoerende direkteur van Unep en vise-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), het in ’n verklaring gesê afval wat in die see beland, is simptomaties van ’n groter ondeug: die morsige misbruik en wanbestuur van natuurlike hulpbronne.

    “Die plastieksakke, bottels en ander gemors wat in die see ophoop, kan drasties verminder word deur herwinning en afvalbestuur. Seediere soos seeskilpaaie versmoor wanneer hulle dun plastiek vir jellievisse, hul gunsteling-kos, aansien.

    “Dié soort plastiek moet so vinnig moontlik verbied word – daar is geen rede dat dit nog vervaardig moet word nie.”

    Mens mors dít in oseaan

    Die toptienlys van gemors wat tussen 1989 en 2007 in die see aangetref is:

    Sigaretstompies 25 407 457

    Plastiek- en papiersakke 9 711 238

    Plastiekproppe 9 398 977

    Koshouers van polistereen 9 191 575

    Eetgerei, koppies en borde van plastiek 7 426 964

    2F-plastiekbottels 5 684 718

    Bierbottels van glas 4 991 860

    Bierblikkies 4 796 554

    Strooitjies 4 508 085

    Stukke tou 2 215 329

    Totale hoeveelheid gemors 103 247 609 artikels

  • 14. Salome  |  Junie 11, 2009 om 8 : 27

    More Almal!!

    Oor die onderwerp – die ERGSTE is dat al hierdie dinge gegaan het “OOR “N FLIPPEN TJOKLIT”!!
    Was dit nou ‘n radio of ‘n till se laai geld, kon mens dit darem op ‘n manier regverdig, maar my magtag . . . ‘n blerrie tjoklit!!

  • 15. Beeld  |  Junie 11, 2009 om 8 : 34

    Johan Myburg

    Prof. Alexander Duffey, kurator van die Universiteit van Pretoria se Van Tilburg-museum, meen die Tretchikoff-skildery wat onlangs op die Brett Kebble-veiling verkoop is, ís die werk van Tretchikoff.

    Duffey het sy ondersoekverslag na dié omstrede werk gister bekend gemaak.

    “Volgens my kennis van Tretchikoff se styl, sy verf- en kleuraanwending, sy kenmerkende kort kwashale en die sorg waarmee hy voorwerpe geskilder het, is ek oortuig dat dié betrokke werk deur die kunstenaar geskilder is.

    “Dit is beslis nié die Lost orchid nie,” lui Duffey se verslag, “maar dit kan waarskynlik die werk met die titel After the party wees” – ’n Tretchikoff-werk waarvan geen afbeelding bekend is nie.

    Duffey maak in sy verslag egter geen melding van ’n forensiese ondersoek om te bepaal of die Kebble-werk dié van Tretchikoff is nie.

    Duffey is deur mnr. Graham Britz, afslaer van die veiling en eienaar van Graham’s Fine Art, genader om navorsing te doen oor dié werk wat Mei verkoop is vir R2,9 miljoen, ’n rekord vir ’n werk van dié Russies-gebore kunstenaar wat in 2006 in Kaapstad oorlede is.

    Volgens Graham’s Fine Art se veilingkatalogus het die werk wat verkoop is voorheen aan Mark Dawson, ’n Amerikaanse akteur, behoort. Dié inligting steun op die gegewens in Howard Timmins se gesaghebbende 1969-publikasie oor Tretchikoff se werk. Maar die werk wat in Timmins se boek afgebeeld is, verskil op plekke van die werk wat op die Kebble-veiling verkoop is.

    Die Lost orchid in die Timmins-boek het ’n gebrande vuurhoutjie op die trap, terwyl dit in die Kebble-werk ontbreek. Die druppel op die orgidee in die Timmins-weergawe ontbreek in die Kebble-weergawe. Van nader beskou, kom kleiner detail-afwykings ook aan die lig.

    Tretchikoff se naam kom deurgaans in sy werk voor met die -ff sonder die horisontale deurhaling. In die Kebble-werk is die -ff wel deurgehaal.

    Duffey se navorsing oor dié werk het hoofsaaklik uit ’n literatuurondersoek bestaan.

    Daarin steun Duffey grootliks op Tretchikoff se outobiografiese werk, Pigeon’s luck (1973), waarin die kunstenaar verwys na ’n werk met die titel After the party of After the ball wat hy geskilder het. “Geen afbeeldings van dié werk kon opgespoor word nie. Daar word aangeneem dat dit ooreenkomste het met Lost orchid,” lui Duffey se verslag.

    Kenner meen dis nie eg nie

    Mnr. Warren Siebrits, kunskenner wat verskeie Tretchikoff’s hanteer het toe hy vir Sotheby’s gewerk het, het die Kebble-werk onder oë gehad voordat Kebble dit van Jeremy Stephan Antiques gekoop het.

    “Dié betrokke werk is nie op ’n duur doek geverf nie. Tretchikoff het net die beste ingevoerde doeke en spanrame vir sy doeke gebruik.

    “Dis algemeen bekend dat die belangrikste inligting oor ’n skildery en sy oorsprong, egtheid en herkoms nie aan die voorkant gesoek word nie, maar juis aan die agterkant,” het Siebrits gesê.

    “Die agterkant van dié werk het my nie gerusgestel dat dit ’n oorspronklike Tretchikoff of ’n belangrike werk is nie.”

  • 16. Salome  |  Junie 11, 2009 om 8 : 42

    Willes – ons sal die wildbewaarders by die wille tuin moet begin opcheck, want ek ruik ‘n rot . . .

  • 17. Beeld  |  Junie 11, 2009 om 8 : 44

    Gugulethu (Gugu) Zuma, een van pres. Jacob Zuma se dogters, is eersdaags in die SABC3-sepie Isidingo te sien.

    Zuma (24) is die dogter van die president se voormalige vrou, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van binnelandse sake.

    Sy is van einde Julie as die karakter Lesedi Moloi te sien.

    Zuma het vir die rol onlangs saam met haar man, mnr. Wesley Ncube, van die Kaap af Johannesburg toe verhuis. Sy sê sy wou nog altyd baie graag in Isidingo speel.

    Ná twee vorige onsuksesvolle oudisies kon sy dit nie glo toe sy sowat 20 min. ná ’n derde oudisie ’n oproep van haar agente kry dat sy die rol gekry het nie.

    Zuma, wat ook as sers. Bhelu Mini in die SABC2-polisiedrama Interrogation Room te sien was, het aan The South African School of Motion Picture Medium and Live Performance in die Kaap gestudeer.

    Sy kan haar baie met haar Isidingo-karakter, wat ná sowat vyf jaar oorsee na Suid-Afrika terugkeer, vereenselwig.

    “Sy is hardkoppig, vasberade en weet wat sy wil hê, maar is ook partykeer ’n bietjie skaam. Sy het ’n sagte hart.”

    Zuma sê die rol verg baie en harde werk, maar met die ander akteurs se hulp kom sy vinnig in die sepie-roetine van ’n klomp dialoog per dag leer en lang ure werk.

    Sy glo nie om aktrise te wees is die paadjie wat haar pa in gedagte gehad het nie.

    “Politiek is nie in my bloed nie. Maar nie almal wat graag wil gee en ander wil help, is in die politiek betrokke nie. Daar is ander maniere om na mense uit te reik as om ’n politikus te wees.” – Sanri van Wyk

  • 18. Adrie  |  Junie 11, 2009 om 8 : 45

    More Almal

  • 19. Adrie  |  Junie 11, 2009 om 8 : 47

    BRRRRRR

    Daardie bouers moet klaar maak.

    Salome

    Ek sal later gou jou kaggel op sit. E

  • 20. Salome  |  Junie 11, 2009 om 9 : 03

    Ek maak solank Hot chocklit . . .

  • 21. Salome  |  Junie 11, 2009 om 9 : 07

    Die arme kinders by die skool – by die laerskool kry hulle nie die “boiler” aan die gang nie, so ons moes maar heaters van die huis af stuur om die arme goed net warm te hou.
    Al voordeel van hierdie nat weer is dat die seuns knus onder die komberse by die kaggel sit en dan noodgedwonge MOET leer, want daar is mos nie iets interressant op die TV om te kyk nie. Gelukkig is dit een van die dae vakansie.

  • 22. Adrie  |  Junie 11, 2009 om 9 : 39

    Die arme mense by die werk verkluim ook maar hulle asse af.

  • 23. Nats  |  Junie 11, 2009 om 9 : 47

    *skud stof van hande af* *Was hande*

    Sorry julle ek moes net gou ‘n bouer gaan wys het hoe ‘n mens ‘n baksteen lê… ek het sommer sy kop gebruik as die “baksteen” en wel sement gebruik vir sement.

    Ek dink die kaggel sal nog voor 11am klaar wees, want ek het gesê da is 11am weer ‘n “How to” klas.🙂

  • 24. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 9 : 47

    Arme terror moet nog padpatrollie staan ook nog – in die wind en weer en reën !

  • 25. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 9 : 55

    Arme kjinners!!!!!👿

  • 26. Adrie  |  Junie 11, 2009 om 9 : 58

    Tweeling

    Ek het sommer aangeneem dat dit ook eers teen 2010 gaan klaar wees.

    Sal jy vir ons ‘n foto opsit wanneer dit klaar is?

  • 27. Nats  |  Junie 11, 2009 om 10 : 20

    En da sit ek sonder krag!!!!

    Darem weer terug, af gewees net om ons rond te neuk veral met ons server!!

    Adrie
    Natuurlik, ek hou hulle dop – met my kamera op standby!

  • 28. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 10 : 29

    BBBBBBRRRRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 29. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 10 : 33

    Eish, ek is so besig dat ek nog nie eers tyd gehad het om koud te kry nie

  • 30. Lappies  |  Junie 11, 2009 om 11 : 04

    Oulike blog!!!!

    Die ironie van die saak is dat hierdie man Altzheimers gehad het en al die besighede op die dorp was deur sy familie in kennis gestel van sy siektetoestand.

  • 31. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 11 : 17

    Lappies

    True, ek bly in Kriel en was by my vriendin die dag na dit gebeur het en haar woorde was aan my ‘ek kan nie verstaan hoekom hulle dit gedoen het nie – ALMAL ken die oom’

  • 32. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 11 : 18

    O ja, sy het ook ‘n besigheid

  • 33. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 11 : 19

    My 3ling se Kloon

    Eks verbaas die Shoprite staan nog. Gelukkig bly ekki da nie anners het ek vandag inni tronk gesit met pepperspray inni oge

  • 34. Lappies  |  Junie 11, 2009 om 11 : 22

    Ek het snot en trane gehuil terwyl ek na die program gekyk het. Dit kon enige een van ons se ouer of oupa gewees het. Waar is die dae toe ons nog respek vir die ou SAP gehad het…nou is sekeres van hulle net ‘n klomp hooligans wat wil maak en breek….en nog wegkom ook daarmee.

  • 35. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 11 : 25

    Dit was ‘n lelike ding jong

  • 36. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 11 : 26

    @ Lappies

    Soos my 3ling gesê het……… Dit sou groot matata gewees het assi kleur omruil was. As daai oom swart was en die res vanni uhm…. mense wit was dan was da vandag oorlog in ons land

  • 37. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 11 : 29

    @ Lappies

    Net so by the way……. Eks self net 50% Boeremeisie ma dit maak my bombe…. bedoel de moe……. nee…… dit maak my %$^@$$%#$%#$!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!👿

  • 38. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 11 : 29

    Die blankes het vir baie lank Shoprite geboikot (maar met die menigtes van die ander het dit seker nie ‘n groot impak gehad nie) en die mense het eers weer daar begin koop toe die bestuur verander het

  • 39. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 11 : 30

    Wag! Miskien moet ek weer sing vandag solat die lied wee trug gat in my se hart

  • 40. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 11 : 30

    Willes

    Hoe is die gemoedstoestand vandag ?

  • 41. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 11 : 31

    @ My 3ling so kloon

    Kan ek dalk vi jou ‘n opbeur liekie sing?

  • 42. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 11 : 33

    @ *M*

    Ek het nie so vrolik opgestaan vandag nie. Maar ek het vroeër onthou dit was eintlik as gevolg van ‘n stjoepid droom wat ek gehad het. Nou smaile ek dam meer as 07h00 vanoggend

  • 43. Nats  |  Junie 11, 2009 om 11 : 37

    Terug vir 5min!

    Net gou kom sê die kaggel is klaar, ons moet net ‘n ding kry om voor die kaggel te sit… maar dit kan wag tot net nou, eks nou moet geskel en skree op die bouers!

  • 44. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 11 : 39

    Sing away !

  • 45. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 11 : 40

    Nats

    Ek sal vir tyd en wyl ‘n stuk conveyor daar sit

  • 46. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 11 : 49

    @ Nats

    Daai kaggel lyk shanana! Ek sien die mat wat ek gister gekoop het pas pragtig! My magtag! Ek het dam goeie smaak

  • 47. Adrie  |  Junie 11, 2009 om 12 : 00

    Dit is ‘n pragtige kaggel

    Ek hoop nie die ding tuimel in mekaar nie.

  • 48. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 12 : 05

    3ling

    Die besem langs die kaggel is joune……

  • 49. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 12 : 06

    Moet ons kies tussen die obs en koffie ?

  • 50. Giggel  |  Junie 11, 2009 om 12 : 07

    Dis wat ek v Debra Patta dink (mooning)

  • 51. Giggel  |  Junie 11, 2009 om 12 : 08

    ( mooning )

  • 52. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 12 : 08

    Hey giggel

    Hoe gaan dit ? Long time no see !

  • 53. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 12 : 09

    GIGGEL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 54. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 12 : 10

    WA VAL JY UIT MAAIKIE???

  • 55. Giggel  |  Junie 11, 2009 om 12 : 11

    (coffee)

  • 56. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 12 : 11

    En weg

  • 57. Giggel  |  Junie 11, 2009 om 12 : 12

    Die cap het ek verlede maand VROEG opgebruik anders was ek hier. Lekker warm in handskoene, kombers en elke ding

  • 58. Lappies  |  Junie 11, 2009 om 12 : 12

    @Wille Kjind @ 11.26

    Praat jy wat tanne het!!!!!!!!!!

  • 59. Giggel  |  Junie 11, 2009 om 12 : 13

    Wat beskinder julle alles behalwe die Seta’s.

    Skills development is seker die ideaal maar die klein maatskappye sukkel BAIE want die “subsidie” wat die staat aanbied is nie die moeitewerd nie so dan kan jy hulle nie motiveer om dit te doen nie.

  • 60. Giggel  |  Junie 11, 2009 om 12 : 14

    Lappies aangenaam

  • 61. Giggel  |  Junie 11, 2009 om 12 : 14

    (puke) :& :-& :=&

  • 62. Adrie  |  Junie 11, 2009 om 12 : 18

    Lappies

    Baie welkom. Ek hoop jy gaan in die toekoms nog lekker kuier.

    Onthou om asb die aansoekvorm te voltooi.

  • 63. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 12 : 28

    Kloon

    Waar lê jy weer hinderlaag ?

  • 64. Giggel  |  Junie 11, 2009 om 12 : 31

    tilla wat sê jy?

  • 65. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 12 : 32

    Ek raas nie baie nie

  • 66. Lappies  |  Junie 11, 2009 om 12 : 43

    Thanks!!!
    Re die aansoekvorm:
    Sal nog voor die world cup in 2010 daarby uitkom, belowe. :lol

  • 67. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 12 : 55

    Nuwe blog !!!

  • 68. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 1 : 39

    Nou waar is die nuwe blog nou en my comments op hom ?

  • 69. Lappies  |  Junie 11, 2009 om 1 : 57

    Seker my laaaaaaaang kommint wat als laat crach het.

    Thanx vir die chat, sal more weer hier kom loer.

  • 70. Lappies  |  Junie 11, 2009 om 1 : 58

    Oops “crach” moet crash wees, sorry.

  • 71. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 2 : 17

    @ Lappies

    Jy kan spel nes jy lus is

  • 72. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 2 : 23

    Hier praat ons soos ons wil !

  • 73. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 2 : 41

    Daai kaggel maak lekka warm……… of issit nou die OBS😯

  • 74. Nats  |  Junie 11, 2009 om 2 : 42

    Terug met sop!

    En nee dit kom nie uit ‘n pakkie uit nie – kom wel van Spar af!🙂
    Hulle soppe is heerlik!!!! Veral die butternut!

  • 75. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 2 : 59

    Butternut😕

    EEEUUUWWW!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 76. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 3 : 22

    Ek sal enige sop behalwe kool en blomkool en broccoli probeer

  • 77. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 3 : 47

    Toodles vir nou

  • 78. Nats  |  Junie 11, 2009 om 3 : 54

    Baai *M*

    Sjoe wee… sit almal voor die kaggel en slaap??

  • 79. Matahari  |  Junie 11, 2009 om 3 : 59

    Sad man blinking sad. Dood oor ‘n chocolate. En saddest is die police wat so brutal was. Di mense oq wie se beskerming ons moet vertrou. Het die 2 bullies al name gekry?

  • 80. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 4 : 13

    @ Matahari

    Ja hulle het ma ek gatti tronk toe oorlat EK dit gesê hetti

  • 81. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 4 : 14

    A very popular girl went to her doctor and found out that she was pregnant.

    The doctor says, “I know that you are not married! Do you know who the father of this baby is?”

    The girl thought and then asked, “Doc, if you ate a can of Baked Beans, would you know which bean made you fart?”

  • 82. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 4 : 15

    One day a completely naked young lady walks into a bar. Of course, the bartender stares at her as she walks up to his bar.

    “What?” says the young lass. “Haven’t you seen a naked lady before?”

    The bartender continues to stare at her.

    “Give me a beer,” she says. “And stop staring like a fool!”

    The bartender fetches her a brew and then answers her original question: “Of course I have seen naked ladies before! But I was just curious as to where you’ll pull the money from to pay for this beer.”

  • 83. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 4 : 17

    Ai jai jai! Lyk my ek moet wee sing!

  • 84. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 4 : 23

    En nou is ek pienk getiekel oori blog wat te naby die Bermuda Triangle was

  • 85. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 4 : 41

    HHHMMM………… VIER rooflesers

  • 86. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 4 : 50

    Is dit wa dai blog heen is ?

  • 87. Lappies  |  Junie 11, 2009 om 4 : 53

    Issie, net 3, die 4de een is ekke!!!!

  • 88. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 4 : 53

    Da was n berig ini Wtb nuus, sal hom more vi jule copy

  • 89. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 4 : 55

    Lappies – nou vir wat rooflees jy en gesels nie met ons nie ?

  • 90. Lappies  |  Junie 11, 2009 om 5 : 03

    Nee jong, uitbuiting van epidermiese preporsies deur sekere werkgewers.!!! Gou saam met my dogter CCMA en Mannekrag toe vir moral support en toe net gou kom loer wat julle gorrel. Sal weer more kom inloer. Tjaila tyd.Lekka aand vir julle.

  • 91. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 5 : 05

    Bye lappies – lekker aand

  • 92. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 5 : 13

    Al weer all by my lonesome

  • 93. *Mathilda*  |  Junie 11, 2009 om 5 : 16

    Ag, dan gaan ek maar weer

  • 94. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 5 : 35

    Hali! Hali! Ek dink ek gat ok nou huistoe

  • 95. Wille Kjind Q  |  Junie 11, 2009 om 5 : 36

    Check julle later as my Opera ha mini wil aantrek

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: