Vaardigheids ontwikkeling

Junie 9, 2009 at 6 : 09 104 Kommentaar

Suid-Afrikaanse besighede wat meer as R500 00o aan salarisse spandeer, moet 1 % van die salarisse vir vaardigheids ontwikkeling oorbetaal.  Die doel is om daarmee meer mense op te lei wat dan tot werks skepping kan lei.  Daar is egter maniere waarmee besighede ‘n deel van die geld, of selfs meer as wat hulle betaal het kan terug kry.  Hulle kan self mense oplei, wat hulle dan self kan gebruik as dit hulle sou pas. 

Die meeste besighede doen wel opleiding, maar dit draai gewoonlik om vaardighede wat hulle reeds het.  Die mense is reeds in die arbeidsmark en hulle vaardighede word eerder verskerp as wat hulle nuwe vaardighede aanleer.  Dit strek tot voordeel van beide die maatskappy en die werker.  Tog raak dit nie die mense wat buite in die koue wag nie.  Dit lei nie tot nuwe werksgeleenthede nie.

Ek het onlangs ‘n artikel gelees oor Shark Watchers.  Dit is mense wat in Valsbaai aangestel is om die see dop te hou en te kyk vir haaie.  Tans, soos ek die artikel verstaan het, is hulle nog net in Kaapstad bedrywig.  Ek het die artikel in ‘n British Airways tydskrif gelees, verskoon maar as ek nie al die besonderhede onthou nie.  Ek kry ook nie juis bruikbare inligting op die internet daaroor nie.

Die hele idee het ontstaan toe ‘n branderplankryer sy selfoon en ‘n noot aan ‘n karnar oorhandig het.  Die karnar moes teen die berg vir haaie uitkyk terwyl die man branderplank gery het.  Hy moes bel as hy ‘n verdagte donker skaduwee sien.  Ek weet nie wie hy moes bel nie, ek is relatief seker dat ‘n mens nie met ‘n selfoon kan gaan branderplank ry nie. 

Vandag is daar bykans elke dag haai wagters aan diens.  Dit werk baie op dieselfde stelsel as lewensredders.  Die haai wagters werk in spanne van twee, een is op die berg en die ander op die strand.  Wanneer hulle ‘n haai gewaar, hys hulle die Haai vlag en laat die sirene afgaan.  Die swemmers en branderplankryers weet dan hulle moet die water verlaat.  Hulle teken ook die haai bewegings aan wat waardevolle inligting aan wetenskaplikes weer gee.  Nie net het hierdie stelsel werk geskep nie, maar dit is ook veiliger as haainette vir die haaie.

Wat my egter van die artikel beindruk het is die vaardighede wat die mense aangeleer word.  Enige iemand kan teen ‘n fooitjie op ‘n berg sit en kyk vir haaie.  Die mense word egter verder opgelei ook en hulle daarmee te kan ophef.  Hulle word natuurlik geleer om te swem en doen ‘n noodhulp kursus.  Hulle word ook geleer om te duik en word as duikafrigters opgelei.  Hulle kan ook as skippers en navigators opgelei word.  Die dag wanneer dit nie meer lekker is om na die see te staar nie, kan hulle op ‘n ander wyse hulle brood verdien.

Ek het nogal gedink dit is oulik wat die mense doen.  So eenvoudig, maar die wagters kry baie meer as net hulle daaglikse brood.  Die vraag is hoe kry ‘n mens dieselfde konsep in ander industrieë toegepas. 

Ek dink byvoorbeeld aan mynbou.  Destyds met die sluitings op Stilfontein was daar baie myners met geen hoop vir die toekoms.  Hulle was net myners, ‘n vaardigheid wat hulle nie met sukses in ‘n ander stelsel kon gebruik nie.  Myne word by die dag uitgeput, daar is nie noodwendig nuwe myne wat die oues vervang nie.  Dit is vandag baie mense se brood, maar wat van 10, 15, 30 jaar van nou?  Moet myners nie opgelei word met ander vaardighede vir die dag wat die myne hulle nie meer nodig het nie?

Wat dink julle van vaardigheid ontwikkeling?

Blogvraag:  Hoe plant witsdoodshaaie voort?

Blogantwoord:  Olga was reg met Jamie Uys.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Kunstefeeste ALWEER polisie brutaliteit

104 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Junie 9, 2009 om 6 : 23

    Op die gewone manier deur sex, neem ek aan. eerste.

  • 2. Olga  |  Junie 9, 2009 om 6 : 26

    Wit doodshaaie is ovoviviparous. wat meen die eier word ryp in die baarmoeder waar die kalf ontwikkel. hoe hulle gebore word, was nog nooit gesien nie. seker ook maar vaginaal.

  • 3. WILLE KJINDQ  |  Junie 9, 2009 om 6 : 26

    Tweedeste!!!

  • 4. WILLE KJINDQ  |  Junie 9, 2009 om 6 : 27

    Lo Olga

  • 5. WILLE KJINDQ  |  Junie 9, 2009 om 6 : 28

    Het jou gemis vandag

  • 6. Olga  |  Junie 9, 2009 om 6 : 31

    Eiers broei in die uterus uit waarna di kalf gebore word.

  • 7. WILLE KJINDQ  |  Junie 9, 2009 om 6 : 31

    Moet tog net nie wee sê ek moet sing nie. My stem is al hees gesing

  • 8. WILLE KJINDQ  |  Junie 9, 2009 om 6 : 33

    Interesting. Nooit geweeti

  • 9. *Mathilda*  |  Junie 9, 2009 om 7 : 53

    Elo

  • 10. *Mathilda*  |  Junie 9, 2009 om 8 : 13

    Eish, nadat di embrios die gele van die eiertjies geabsorbeer het begin hulle die eiers te eet en daarna ander embrios !

  • 11. Emil  |  Junie 9, 2009 om 9 : 01

    LOL @Olga. Die see is joune!

  • 12. Salome  |  Junie 9, 2009 om 9 : 06

    Kom ons sing Willes!!!

    Hallo Almal!!
    Het nou net die sjokolade koek klaar versier. Kan ek maar aan stuur?

  • 13. Coyote  |  Junie 9, 2009 om 9 : 12

    Hi almal Saloom dit gaan nou lekker af gaan met n lekker koppie koffie

  • 14. Salome  |  Junie 9, 2009 om 9 : 36

    Sjoe ,skuus Coyote – ek maak koffie. Verstom my nou eers aan die storie op 3rd Degree. Dis erg!! en dit op ‘n plek soos Kriel

  • 15. Coyote  |  Junie 9, 2009 om 10 : 02

    Ek het dit ok gekyk dit is erg ek het my somme vererg vir daai sup en shoprite

  • 16. Coyote  |  Junie 9, 2009 om 10 : 10

    Ok dan lekker doeks almal

  • 17. Salome  |  Junie 9, 2009 om 10 : 44

    Nag Coyote!!

    ♪♪Doedoe Kanienie, ons vee’s in die kraaaaaal
    almal ons skapies en booookies.
    As jy nie slaap nie kom more nie aaaaaan,
    dan kan jy nie lekker speeeel nie.
    Doedoooeee, doedooooeee♪♫

    {ja ek weet dis nie die regte woorde nie, maar die “kom mombak jou haal. Dan byt hy jou neus af en ore” stuk is darem net te grosse om vir iemand te sing

    Nag julle almal!! Trek maar die komberse hoog oor die ore.

  • 18. Salome  |  Junie 9, 2009 om 10 : 49

    Hoekom sou die ou mense in elk geval vir hulle kinders sulke bangmaak goed gesin het. Wat van ♪♫”trap op sy kop dan is hy dood”
    En in daai dae was dit so gitswart donker in die nag dat jy nie jou hand voor jou gesig kan sien nie, wat wou nog nodig hê dat iemand jou met Mombak moet bang maak . . . tsk

    Het enige van julle al die storie van “Brolloks en Bittergal gelees” dit is in een van Langenhoven se boeke. Weet nie so mooi of hy dit self geskryf het nie, maar dit is ok nie iets wat ek vir my kind sal lees voor slaaptyd nie.

  • 19. Salome  |  Junie 9, 2009 om 10 : 53

    ♪ Slaap my kindjie, slaap saaaag,
    onder rooose vannag.
    Eers jou armpies om my nek,
    en dan warmpies toe gedek.
    More vroeg as God wil, word my kindjie gewek.
    More vroeg as God wil . . .
    word my kindjie gewekkkkk ♫

  • 20. WILLE KJINDQ  |  Junie 10, 2009 om 5 : 19

    More more!

    Saloom
    :mrgreen:

  • 21. WILLE KJINDQ  |  Junie 10, 2009 om 5 : 23

    Mmmmmm lekka tjoklit koek vi brêkfis!!

  • 22. WILLE KJINDQ  |  Junie 10, 2009 om 5 : 25

    Is dit nog koud of moet ek vi nog 5 min inni bed bly en WEER laat wees😈

  • 23. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 7 : 17

    More maaikies

  • 24. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 8 : 13

    More

  • 25. Beeld  |  Junie 10, 2009 om 8 : 20

    Daniëlla du Plooy

    ‘Ek sal dit weer doen,” het ’n Johannesburgse man gesê wat sy eie lewe gewaag het om twee vroue en ’n seun (4) van ’n vlammedood te red.

    Hy kon nie anders nie, het mnr. Jason Joubert (29) van Ruimsig, Roodepoort, aan die Wes-Rand, gister gesê nadat hy die naweek ’n brandende meenthuis se deur oopgebreek en daar ingehardloop het om die kleuter, en dié se ma en tannie te red.

    Joubert en sy vrou, Tersia, het Saterdag omstreeks 22:30 gesit en TV kyk toe hulle iemand hoor skree.

    “Toe ons buite kom, sien ons een van die inwoners van ons meenthuiskompleks in die straat afhardloop,” het Joubert gesê. Dié man, mnr. Harold Mashiae, woon saam met sy vrou, Mbali, en hul seun Keagile sowat ses huise van hom af.

    “Van die ander bure het vir ons gesê Harold se huis brand. Ek het hom gevra waar sy gesin is, en hy het histeries geantwoord hulle is in die huis vasgekeer.”

    Mashiae het van die balkon af gespring om hulp te kry en is beseer.

    Joubert het na die huis gehardloop en die voordeur met ’n brandblusser oopgebreek.

    “Binne het ek die groot gasverwarmer gesien (wat glo ontplof en die brand veroorsaak het). Die vlamme het teen dié tyd al oor die grootste deel van die grondvloer versprei.”

    Joubert het besef hy sou ’n ander ingang moes gebruik om by die trappe te kom wat na die boonste verdieping lei.

    “Ek en van die ander bure het toe ’n venster by die agterdeur gebreek en ek is met die trappe op. Die rook was dig en ek het in al die kamers gekyk, maar niemand gesien nie.”

    Hy is terug ondertoe om by Mashiae te hoor of sy gesin nie dalk ook uit die huis gekom het nie, maar hy (Mashiae) het gesê hulle is beslis daar.

    “Ek is toe terug boontoe en het hulle eindelik buite op die balkon gekry, waar hulle van die rook probeer wegkom het.”

    Joubert het Keagile opgetel en me. Mashiae en haar suster beveel om hom te volg. “Almal het dit veilig na buite gemaak en ek is na my huis om ’n tuinslang te kry. Toe ek terugkom, was die boonste verdieping ook al in vlamme gehul, skaars vyf minute nadat ons uit is.”

    Volgens Joubert was hy by tye “baie bang”.

    “My vrou het ná die tyd vir my gesê sy is trots op my, maar ek moet dit nóóit weer doen nie. Maar hoe dan anders? Ek kon hulle nie net daar los nie en ek sal dit weer doen.”

    Me. Cherise Diedericks, woordvoerder en buurvrou van die gesin, het gesê Mashiae is in die Wilgeheuwel-hospitaal opgeneem. “Ons hoop hy sal die naweek ontslaan kan word. Hy is nie te ernstig beseer nie, maar ons vermoed sy hande het nogal gebrand.”

  • 26. Beeld  |  Junie 10, 2009 om 8 : 24

    Hillsboro (Oregon). – ’n Vrou het die buik van haar swanger vriendin (21) oopgesny, die baba uitgehaal en voorgegee die baba is hare, het ondersoekers eergister gesê.

    Die baba het ook gesterf, maar daar kon nie vasgestel word of hy nog geleef het toe me. Korena Roberts (27) hom uit me. Heather Snively se baarmoeder gehaal het nie, het die polisie van die Washington-distrik gesê.

    Roberts (27) is weens Snively se dood van moord aangekla en het eergister in die hof verskyn, maar is nie gevra om te pleit nie. Nooddienswerkers is Vrydag na Roberts se huis in Beaverton, ’n voorstad van Portland, ontbied.

    Die nooddienswerkers het bloed op die vloer gekry, sowel as Roberts se vriend wat die baba probeer bybring.

    Volgens ondersoekers het Roberts beweer die baba is hare.

    Ondersoekers het eergister gesê Roberts, wat twee kinders jonger as tien het, het maande lank aan vriende en familie vertel sy is swanger met ’n tweeling. By die ongevalle-afdeling het dokters, wat die baba vergeefs probeer bybring het, vasgestel Roberts het nie onlangs gekraam nie.

    Polisiespeurders het toe op Snively se lyk in Roberts se huis afgekom.

    ’n Patoloog het eergister gesê Snively is met skerp voorwerpe in haar buik gesteek en met stomp voorwerpe op haar kop geslaan en is aan dié beserings dood. Volgens die aanklaer sal ’n groot jurie die moordsaak aanhoor en as toetse bewys die baba het wel geleef, sal Roberts ook van sy moord aangekla word. – Sapa-AP

  • 27. Beeld  |  Junie 10, 2009 om 8 : 27

    Die poging van ’n 26-jarige man van Mamelodi, oos van Pretoria, om homself op te hang het misluk toe die tou gebreek het.

    “Die man het ’n selfmoordbrief geskryf waarin hy sy meisie van ontrouheid beskuldig het,” het konst. Mabel Sibanda, polisiewoordvoerder, gesê.

    “Hy het homself daarna van die dak opgehang. Die tou het gebreek en hy het geval en sy bewussyn verloor.”

    ’n Familielid wat sowat drie uur later op hom afgekom het, het eers gedink hy is dood. Die polisie en paramedici is ontbied.

    ’n Paramedikus het besef die man leef nog en hom hospitaal toe geneem, het Sibanda gesê. – Daniel Maluleke

  • 28. Beeld  |  Junie 10, 2009 om 8 : 36

    Magdel Fourie

    Personeel van die Charlotte Maxeke-hospitaal (voorheen die Johannesburgse Algemene Hospitaal) in Johannesburg span vandeesweek saam om sowat 70 agterstallige operasies op kinders binne vyf dae in te haal.

    Talle pediatriese operasies op die waglys hoop op weens beperkte mediese personeel en hulpbronne, het prof. Peter Beale, hoof van pediatriese chirurgie by dié hospitaal, aan Beeld verduidelik.

    “Daar is veral ’n tekort aan opgeleide pediatriese chirurge, asook narkotiseurs.”

    Dit veroorsaak dat kinders dikwels gereed vir hul operasies na die hospitaal kom, daarvoor uitgehonger word en dan later die dag hoor hulle moet teruggaan huis toe omdat daar byvoorbeeld te min narkotiseurs is.

    ’n Span van sowat 22 mediese personeellede, onder wie nagenoeg 14 narkotiseurs en twee chirurge van dié hospitaal het dié week daarom spesiaal opsy gesit om soveel as 70 kinderpasiënte te opereer.

    “Dié week, waarin ons mees?tal nie-ernstige pediatriese operasies inhaal, help geweldig. Anders sal die kinders tot vyf maande lank moet wag voordat ons hulle kan help,” het Beale gesê.

    Omdat private organisasies boonop gehelp het om onder meer narkosemiddels, verbande, handskoene en maskers daarvoor te borg, is dié volgens hom inderdaad “ ’n baie positiewe ervaring”.

    Beale het gistermiddag op die 15 maande oue Abongwe Zulu, wat ’n aangebore abnormaliteit aan sy geslagsorgane het, geopereer. Sy pa, mnr. Vela Zulu, het vertel hy wag al twee maande lank vir sy seun se operasie. Hy is in dié tyd een keer huis toe gestuur nadat hy sy seun per afspraak ingebring het vir ’n operasie. Daar was nie toe personeel beskikbaar nie.

    “Ek is bly hy word uiteindelik vandag (gister) geopereer. Ek wil hom graag oukei sien.”

    Me. Miriam Thabana opgewonde dat haar baba, Abdul Baasit (vier maande), se buikbreuk eindelik genees sou word. “Ek wil nie hê hy moet meer pyn hê nie.”

  • 29. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 9 : 09

    Dit gaan weer lekker hier vandag – almal is in ‘n flat spin – ons het ‘n fatal gehad ondergrond gisteraand !

  • 30. Nats  |  Junie 10, 2009 om 9 : 11

    Goeie more julle!!

  • 31. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 9 : 28

    Hallo Natsie

  • 32. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 9 : 41

    Howzit!

  • 33. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 9 : 43

    Sit almal se vingers nou wee vas?

  • 34. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 9 : 44

    Wat sing ek vi julle vandag?

  • 35. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 9 : 45

    Myne vries af

  • 36. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 9 : 45

    Met 2 rooflesers kan da net 1 anne persoon antwoord

  • 37. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 9 : 46

    En da antwoord die 1

  • 38. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 9 : 47

    More 3ling

  • 39. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 9 : 47

    Wat sing ek vi jou vandag?

  • 40. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 9 : 49

    Fire fire
    Fire fire
    Fire fire fire fire
    Can’t put it out with water

    Keeps on burning
    Keeps on burning
    Keeps on burning burning burning
    In my soul

  • 41. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 9 : 50

    Love is a burning thing
    And it makes a firy ring
    Bound by wild desires
    I feel into a Ring of fire.

    I feel into a burning Ring of fire
    I went down
    down
    down
    and the flames went highter
    and it burns
    burns
    burns
    The Ring of fire
    the Ring of fire.

    The taste of love is sweet
    When hearts like ours beat
    I fell for you like a child
    Oh
    but the fire went wild.

    I feel into a burning Ring of fire
    I went down
    down
    down
    and the flames went highter
    and it burns
    burns
    burns
    The Ring of fire
    the Ring of fire.

    I feel into a burning Ring of fire
    I went down
    down
    down
    and the flames went highter
    and it burns
    burns
    burns
    The Ring of fire
    the Ring of fire.

    I feel into a burning Ring of fire
    I went down
    down
    down
    and the flames went highter
    and it burns
    burns
    burns
    The Ring of fire
    the Ring of fire.

    And it burns
    burns
    burns
    The Ring of fire
    the Ring of fire

    the Ring of fire
    the Ring of fire ..

  • 42. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 9 : 52

    Vandag gat ekki blog aani brand sing met alli fire liekies….. Tot julle beginte praat natuurlik

  • 43. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 9 : 53

    En moet asseblief nie my tune volg nie want ek ken nie die tune nie😉

  • 44. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 9 : 54

    Horace andy
    You know that it would be untrue
    You know that I would be a liar
    If was to say to you
    Girl, we couldn’t get much higher

    Come on baby, light my fire
    Come on baby, light my fire
    Try to set the night on fire

    The time to hesitate is through
    No time to wallow in the mire
    Try now we can only lose
    And our love become a funeral pyre

    Come on baby, light my fire
    Come on baby, light my fire
    Try to set the night on fire

    The time to hesitate is through
    No time to wallow in the mire
    Try now we can only lose
    And our love become a funeral pyre

    Come on baby, light my fire
    Come on baby, light my fire
    Try to set the night on fire

    You know that it would be untrue
    You know that I would be a liar
    If was to say to you
    Girl we couldn’t get much higher

    Come on baby, light my fire
    Come on baby, light my fire
    Try to set the night on fire

    Try to set the night on fire
    Try to set the night on fire
    Try to set the night on fire
    Try to set the night on fire

  • 45. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 10 : 07

    Nou gat ek net gou my keel skoon maak want ek gat my pa se gunstelling liekie sing

  • 46. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 10 : 07

    Amazing Grace, how sweet the sound,
    That saved a wretch like me….
    I once was lost but now am found,
    Was blind, but now, I see.

    T’was Grace that taught…
    my heart to fear.
    And Grace, my fears relieved.
    How precious did that Grace appear…
    the hour I first believed.

    Through many dangers, toils and snares…
    we have already come.
    T’was Grace that brought us safe thus far…
    and Grace will lead us home.

    The Lord has promised good to me…
    His word my hope secures.
    He will my shield and portion be…
    as long as life endures.

    When we’ve been here ten thousand years…
    bright shining as the sun.
    We’ve no less days to sing God’s praise…
    then when we’ve first begun.

    Amazing Grace, how sweet the sound,
    That saved a wretch like me….
    I once was lost but now am found,
    Was blind, but now, I see.

  • 47. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 10 : 11

    En nous ek stoksiel al1

  • 48. Nats  |  Junie 10, 2009 om 10 : 21

    Skies moes gou vir ernstig werk vir 5 min

    Lo da *M*

    Julle my hanne vries af!

  • 49. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 10 : 23

    Ek is hier willes – moes nou net eers gaan restart het want die simpel ding het gevries en in die mean time dink ek julle wil nie met my praat nie

  • 50. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 10 : 34

    En daar is almal alweer weg

  • 51. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 10 : 36

    Hand op

  • 52. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 10 : 40

    Howdy

  • 53. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 11 : 02

    Ai tog

  • 54. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 11 : 04

    Ek mis die ou dae toe ons nog ‘n hele spul was wat lekka kon chat

  • 55. Salome  |  Junie 10, 2009 om 11 : 29

    HAAAALLLOOOO Willess!!
    Man almal was nou nie so gelukkig soos jy om bietjie met vakansie te gaan nie. Ons is nog op die voetsleep pad. En die koue help nie juis veel nie.

  • 56. Salome  |  Junie 10, 2009 om 11 : 29

    More almal!!
    Gaan ons pannekoek bak?

  • 57. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 11 : 37

    Saloom

    Jy verstaan verkeerd – jy bak – ons eet !

  • 58. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 11 : 37

    Dis al amper weer somer vandag

  • 59. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 11 : 56

    SALAMI !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 60. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 11 : 57

    TILLA !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 61. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 11 : 58

    EN WEG👿

  • 62. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 11 : 59

    Seke alli pannekoek opgeëet ok

  • 63. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 12 : 00

    Ek sal ook saam pannekoek eet.

  • 64. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 12 : 04

    Dis nou as da nog oor is

  • 65. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 12 : 05

    Ek dog Salome moet dan nog gaan bak.

  • 66. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 12 : 09

    Die blog kort ‘n kaggel, dringend ook.

  • 67. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 12 : 10

    En ‘n mat. Die teels is net te blerrie koud.

  • 68. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 12 : 12

    Gelukkig sal die dom heks die kaggel skoon maak.

  • 69. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 12 : 12

    Kan julle dink hoe lekker dit sou kon wees om die naweek iewers warm op te krul en die een Maasdorpboek na die ander te lees.

  • 70. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 12 : 13

    Daar is natuurlik net een vangplek.

    Exclusive books wag nog vir my reeks.

    GRRRRR

  • 71. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 12 : 40

    Sjoe! Eks trug. Net gou ‘n Belgotex mat gat koop. Die Van Dycks was nie mooi genoeg nie

  • 72. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 12 : 42

    3ling

    Jy moet net links staan virri konstruksie span om jou nie raak te slaan met die hammer nie. Hulles hie ommi kaggel te bou:mrgreen:

  • 73. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 12 : 49

    Hulle beter nie te veel raas of mors nie.

    Ons wil dalk nog vandag kuier.

  • 74. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 12 : 49

    Ek en die internet gaan vandag nog mekaar lelik verkeerd verstaan. Ek belowe julle dit.

  • 75. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 12 : 55

    Dis anyway so stil hier dat niemand sal agterkom nie

  • 76. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 12 : 57

    Moet ek vi jou sing my 3ling?

  • 77. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 1 : 21

    Wil jy dalk die volgende Idol word?

  • 78. Nats  |  Junie 10, 2009 om 1 : 27

    *GAAAAAAAPPPPP*

    Ek wil huis toe gaan!! En ek is hommer.

  • 79. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 1 : 43

    GRRRRR

    My goed hak vas. Orals

  • 80. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 1 : 50

    Ek HAAT die internet.

  • 81. Wille Kjind Q  |  Junie 10, 2009 om 2 : 01

    3ling

    Ek sing mooier as enige Idol want die lied is in my se hart

    My 3ling se 2ling

    Ek het Steers as jy wil hê. Die bouers is besig om ‘n ekstra kamer te bou wa jy lekka kan dux wanne jy moeg raak.

  • 82. Salome  |  Junie 10, 2009 om 2 : 12

    Willes – Hierdie plek is hot, hot, hot van jou gesingery. Sing nog biki toooooeeee!!

    Adrie – daar is nog pannekoek oor vir jou.
    Ons internet is net so vol tjol vandag. Liefie reken dis die digte wolke wat met die senders intefere . . .

  • 83. Nats  |  Junie 10, 2009 om 2 : 25

    Terug!
    Net gou gaan KFC koop – jip ‘n bowl!!!!

  • 84. Nats  |  Junie 10, 2009 om 2 : 27

    GRRRRRR!!!!!

    En nogmaals Grrrrrr!!!

    Hulle het nie mielies in gesit nie!!!!! Cheaters!!

  • 85. Salome  |  Junie 10, 2009 om 2 : 28

    Ek het ‘n kaggel vir die blog gekoop. Adriana moet hom net laat instaleer.

  • 86. Salome  |  Junie 10, 2009 om 2 : 29

    Nats – di bowls is nogal rerig lekker en veral die een met die mielies in.

  • 87. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 2 : 30

    Willes het klaar die bouers besig om gat te maak. Dit is hoekom dit nou so koud op die blog is.

  • 88. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 2 : 32

    Ek het nou die dag vis, tjips, calamari en prawns gekoop. Toe het die wetters wragtig van my prawns vergeet. Ek was boos gewees daaroor.

  • 89. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 2 : 35

    Ek moes vandag sommer by die huis gebly het.

  • 90. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 2 : 36

    Ek gaan koop sommer ook ‘n bowl.

  • 91. Salome  |  Junie 10, 2009 om 2 : 39

    Ek het baie simpatie met julle wat nie by julle se huise is nie. Ons moet soos in Europa maak (nou nie dat ons genoeg sneeu het daarvoor), maar as dit so koud is moet ons sommer vir die maand by die huis kan bly.

  • 92. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 2 : 45

    Die Europeers skrik hulle dood wanneer hulle eendag moet werk.

  • 93. Nats  |  Junie 10, 2009 om 3 : 13

    Salome
    Ja vryf dit in dat jy lekker by die huis sit… al wat jou red is dat jy darem vir ons alle lekker goedtjies bak!😉 So vir nou is jy vergewe!

    Adrie
    Ek dink ons moet aliens kry om die kaggel te bou, die klomp werk op afrika tyd en boonop dink hulle elke 5min is ‘n koffie en smoke break!

  • 94. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 3 : 30

    No S@X since 1955

    A crusty old Army Sergeant Major found himself at a gala event hosted by a local liberal arts college. There was no shortage of extremely young idealistic ladies in attendance, one of whom approached the Sergeant Major for conversation.

    “Excuse me, Sergeant Major, but you seem to be a very serious man. Is something bothering you?”

    “Negative, ma’am. Just serious by nature.”

    The young lady looked at his awards and decorations and said, “It looks like you have seen a lot of action.”

    “Yes, ma’am, a lot of action.”

    The young lady, tiring of trying to start up a conversation, said, “You know, you should lighten up a little. Relax and enjoy yourself.”

    The Sergeant Major just stared at her in his serious manner. Finally the young lady said, “You know, I hope you don’t take this the wrong way, but when is the last time you had s@x?”

    “1955, ma’am.”

    “Well, there you are. No wonder you’re so serious. You really need to chill out! I mean, no s@x since 1955! She took his hand and led him to a private room where she proceeded to “relax” him several times”.

    Afterwards, panting for breath, she leaned against his bare chest and said, “Wow, you sure didn’t forget much since 1955.”

    The Sergeant Major said in his serious voice, after glancing at his watch, “I hope not; it’s only 2130 now.”

    (Gotta love military time)

  • 95. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 3 : 43

    Tweeling

    En hulle stink so, geen mens kan hier asem haal nie.

  • 96. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 3 : 47

    My voete is dood. Ek hoop dit is ‘n groot kaggel wat ons bou.

    Het iemand al vir ons malvalekkers bestel?

  • 97. Nats  |  Junie 10, 2009 om 4 : 49

    Malvalekkers!!!

    Kom nou bouers… doen wat ons julle betaal om te doen!! BOU!!!! 👿

  • 98. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 5 : 02

    Ek is reg met die malvalekkers, wie gaan vuur maak ?

  • 99. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 5 : 04

    Ek kan dalk 1 van my gemmertjies ook afstaan vir die braai

  • 100. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 5 : 08

    Honderdste !

  • 101. Adrie  |  Junie 10, 2009 om 5 : 09

    Tilla

    Die een wat eerste in die oggend opdaag. Dalk kan ons die dom heks omkoop om vuur te maak.

    Ons moet sommer ‘n ketel kry vir die vuur ook. Dan sal daar dalk soggens koffie beskikbaar wees.

  • 102. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 5 : 32

    Klink na n plan, ons implementeer dit sommer van more af

  • 103. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 5 : 34

    5 Rooflesers !

  • 104. *Mathilda*  |  Junie 10, 2009 om 5 : 38

    Hulle soek seker die blogvraag se antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: